Avivasubstasie ontplof
Hoe oorleef enige mens
NGO – Shaine Griqua Advice and Development
beurtkrag? Ons
wys
jou hoe!
Centre ONS GUNSTELING BEURTKRAGRESEPTE
UITGAWE NO. 45 | 01 JULIE 2022
Bladsy 2
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 3
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
INSPIRASIE VIR DIE WEEK Die lewe maak soms vreemde draaie met 'n mens. Soms dink jy een deur maak toe en dan gaan 'n venster oop wat jy nooit verwag het nie. Dis so waar dat daar seisoene is en soms moet jy deur 'n spesifieke seisoen gaan om weer die lig te sien. Dis soms nodig om afstand te doen van iets wat vir jou baie belangrik is sodat jy die groter prentjie sien. Groei en verandering is nooit maklike nie. Dis nie iets wat ons. as mens van hou nie en daarom skram ons weg van dit. Gee jouself kan - soms, net soms sien jy weer die lig.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 4
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Elektrisiteitsvoorman met ernstige beserings in hospitaal na substasie ontplof Die Sol Plaatje-munisipaliteit se elektrisiteitsvoorman is tans met ernstige beserings in die hospitaal in Bloemfontein opgeneem na die Aviva-substasie gister in Kimberley ontplof het. Kimberley Online Co. was Woensdag op die toneel na die substasie in Avivaweg in Hillcrest ontplof het. Thoko Riet, munisipale woordvoerder, sê drie van die Sol Plaatje-werknemers was besig om ‘n stroombreker aan die substasie te vervang toe die boks ontplof het.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 5
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Die elektrisiën, Faik Adams, was saam met twee leerlingselektrisiëns toe die voorval plaasgevind het. “Adams is tans in die hospitaal in Bloemfontein opgeneem, maar is stabiel,” het Riet Donderdagoggend bevestig.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 6
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 7
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 8
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
W. Camieldien, een van die leerlingselektrisiëns, het ligte beserings opgedoen en is steeds by ‘n plaaslike hospitaal opgeneem. P. Molefe, die ander leerlingselektrisiën, het nie beserings opgedoen nie, maar ontvang nou behandeling vir die skok. “Sy sal ook sielkundige berading moet ontvang vir die trauma wat sy moes ervaar.” Inwoners in die area was ook sedert die ontploffing sonder elektrisiteit. “Die herstelwerk aan die kragboks is vanoggend om 02:00 voltooi,” sê Riet. “Werkers het deurnag gewerk om die herstelwerk klaar te maak sodat inwoners weer elektrisiteit kon hê.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 10
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Alweer beurtkrag? Hier is jou oorlewingsgids Baie Suid-Afrikaners is keelvol vir beurtkrag en dit kan soms te veel raak wanneer jy sukkel om alles betyds gedoen te kry voor die krag (weer) afgaan. Hier volg ‘n paar wenke om beurtkrag ‘n bietjie makliker te maak. Maak seker jy het genoeg kerse en vuurhoutjies/aanstekers, en sit dit iewers waar dit maklik bereikbaar is wanneer dit donker is. Moenie ‘n kers laat brand as jy nie in ‘n vertrek is nie. Blaas dit eerder dood en steek die kers weer aan wanneer jy weer in die vertrek besig is. Moenie jou yskas gereeld oop en toe maak nie. Die inhoud sal langer koud bly as jy die yskas minder oopmaak. Jy kan ook 2l-waterbottels vries en in jou yskas of vrieskas hou om die inhoud langer koud te hou. Laai jou selfoon en skootrekenaar betyds voor die krag afgaan. Skaf vir jou ‘n kragbank (powerbank) of twee aan sodat jy jou selfoon kan herlaai selfs wanneer die krag af is. Kry ‘n selfoonlaaier wat jy in jou motor kan gebruik.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 11
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Laai ‘n gepaste toep af van PlayStore of AppStore en bly op hoogte van die verskillende beurtkrag-fases. MyEskom of EskomSePush is goeie voorbeelde. As jy kan, druk die rooster uit en plak dit op die yskas, sodat jy en jou gesin kan voorberei vir wanneer die krag afgaan. Maak ‘n lekker groot fles vol kookwater sodat jy steeds ‘n koppie koffie of tee kan geniet. Oorweeg dit om ‘n gasstoof te koop, sodat jy steeds kan kosmaak en water kook (al is dit ook by kerslig). Indien jy ‘n elektriese hek of deur by jou huis het, hou die nodige batterye in voorraad sodat jy nie uit die huis gesluit word wanneer die krag afgaan nie. As jou begroting dit toelaat, belê in ‘n kragopwekker. As jy reeds een het, maak seker dat jy genoeg brandstof het om dit aan die gang te hou. Sonpanele is ook ‘n moontlike langtermyn-oplossing; jy sal nie meer so afhanklik van Eskom wees nie. Jy kan ook ligte wat met sonpanele werk, aanskaf. Dié ligte herlaai deur die dag en kan in die aand vir jou lig verskaf. Onthou dat wanneer verkeersligte af is, jy dit soos ‘n vierrigtingstop moet hanteer. En laastens… Wanneer jy en jou gesin klaar geëet het en ‘n koppie koffie sit en drink, gemaak met die warm water in die fles, sit en geniet mekaar se geselskap of luister ‘n bietjie na die radio.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 12
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 13
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 14
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Huis vir hawelose hondjie In die omgewing van Go Carters Road (Hillcrest) vulstasie is ‘n rondloper hondjie wat volgens die inwoners al soos familie is. Drinie de Boer voer hom en almal ken die hondjie. Iemand het hom op ‘n wrede manier probeer vang deur ‘n draad om sy nek te probeer kry. Die draad sit nou om sy nek vas, het styfgetrek en die hondjie se gesiggie is geswel. Nadat almal vir dae lank na hom gesoek het om hom by die veearts te kry, is hy uiteindelik gevind. Hy het gelukkig niks oorgekom van die ysige koue nie. Die hond is nie ‘n ‘huishond’ nie, dit was moeilik om hom te vang, maar hulle het dit uiteindelik reggekry deur middel van ‘n vanghok. Hy is tans by die veearts en dié is vol moed dat die hond dit sal oorleef. Een inwoner het gesê sy glo dat as Kimberley saamstaan kan hulle ‘n gelukkige einde skryf vir die hondjie se storie en vir hom ‘n liefdevolle huis kry.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 15
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 16
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
NGO – Shaine Griqua Advice and Development Centre Shaine Griqua is die direkteur en die stigter van die Advice and Development Centre in die Kimberley- en Ritchie-gebiede en die doel is om gemeenskappe te ontwikkel deur bemagtigingsprogramme. "Ons het 250 vrywilligers in Kimberley wat by verskeie instansies help, dit wil sê ouetehuise en skole in die omgewing wat opgeknap moet word. Hulp word verleen deur skoonmaak en enige ander vorm van bystand en dit verbeter die program van gemeenskapsontwikkeling. Ons hoop om die erwe van bejaardes skoon te maak en straatname op die hoeke van strate te verf. Asook huisnommers op huise wat nie die jeug uit die straat hoef te hou oor die skoolvakansie nie."
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 17
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Die organisasie is reeds sedert 2014 besig om kwessies van geslagsgebaseerde geweld-, middelmisbruik- en menseregte-kwessies aan te spreek, asook 'n klere- en voedselbank waar hulle kos en klere van enigiemand vra om te help. "Ons kry baie versoeke vir skooldragskryfbehoeftes - kospakkies en beddegoed. Ons bedryf ook 'n sopkombuis afhangende van die skenkings wat ons kry. Ons doen ook 'n oornagskuiling vir mishandelde vrouens, mans en kinders waar ons hulle verwys vir verdere hulp - ons doen ook berading en ondersteuningsgroepe vir dwelmverslawing - mense wat met MIV leef en die LGBTIQA. Lys van benodighede as enige iemand bereid is om te help: Tee, suiker en koffie Klere en skoene Verf en kwaste Komberse en matrasse Sportballe Grawe of harke Matte "Ons wil 'n verskil maak die skoolvakansie en die jeug uit die strate hou. Ons wil help waar ons kan met dit wat ons het. Met baie dankbaarheid van die Shaine Griqua Advice and Development Centre."
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 18
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 19
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 20
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 21
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Seuntjie (3) van Jan Kempdorp vermis Die polisie op Jan Kempdorp is dringend op soek na ‘n driejarige seuntjie, Buti, wat Dinsdag vermis geraak het. Lt.-kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Botlhale Lyolo Gedene (3) het Dinsdagmiddag om 14:00 nog saam met sy driejarige niggie voor hulle huis in Valspan op Jan Kempdorp gespeel. “Die voorval is Woensdag 29 Junie aan die polisie gerapporteer en die polisie, gemeenskapslede en ander relevante rolspelers is tans op soek na die seun.” Buti het ‘n swart-en-grys baadjie, ‘n maroen T-hemp en ‘n blou denim aangehad. Enigiemand met inligting kan die polisie by 078 032 5291 kontak.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 22
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 23
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 24
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 25
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Man gesoek wat kan help met ontvoerde, vermoorde Kby-man se saak Die polisie in die Noord-Kaap bied ‘n beloning aan vir enige inligting wat kan lei tot die opsporing van die man in die foto. Die polisie sê dié man kan help met inligting oor die moord op die 40jarige Danyaal van Niekerk wat op 18 Junie plaasgevind het. Die man het glo vier onbekende mans ontmoet om oor besigheid te praat. Sy liggaam is twee dae later in die veld gevind.
‘n Kimberley-man (40), wat vroeër dié maand in sy rooi Corsa-bakkie ontvoer is, se liggaam is 'n week terug om 07:20 in ‘n veld naby die Samaria-pad net buite Kimberley gevind. Lt.-kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man se liggaam is deur ‘n verbyganger gevind. Volgens Kock is die man se bakkie twee dae na die ontvoering gevind. “Die slagoffer het glo vier onbekende mans vir besigheid ontmoet, toe die mans skielik skote op die man begin vuur het en met hom en sy bakkie weggery het.” Die bakkie is naby dié toneel gevind. Die polisie is steeds op soek na die vier verdagtes. KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 26
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 27
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 28
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 29
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 30
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 31
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 32
Bloemfontein Online Co.
24 Junie 2022
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. ‘Varkgriep is erger as Covid,’ sê Steve Steve Hofmeyr, wat vroeg dié week in die hospitaal opgeneem is vir toetse vir varkgriep, sê varkgriep is vir hom erger as Covid-19.
Dis hoekom muskiete so lief is vir jou Het jy al opgelet hoe muskiete feesvier op sommige mense se bloed, terwyl hulle ander mense ooglopend ignoreer?
Jongste slagoffer van taverne-tragedie maar 13 jaar oud Sewentien van die minderjariges se liggame het in die taverne gelê. Twee ander is by ‘n plaaslike kliniek oorlede. Nog een is in ‘n hospitaal dood.
Taverne-tragedie: Koolstofmonoksied in slagoffers gevind Koolstofmonoksiedvergiftiging was die waarskynlike oorsaak van die dood van 21 tieners Sondag by Enyobeni-taverne in Scenery Park, Oos-Londen, berig News 24.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 33
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 34
Bloemfontein Online Co.
24 Junie 2022
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.
Kleuter onverwags dood ná gesig glo ‘gebyt’ is ’n Gesin van Ramotse, Hammanskraal, is steeds geskok nadat hul tweejarige seuntjie twee weke gelede onder vreemde omstandighede in sy slaap gesterf het.
Fase 8: 48 uur sonder krag oor vier dae kom dalk, sê Eskom Eskom se bedryfshoof het nie die moontlikheid van Fase 8-beurtkrag in die volgende paar dae uitgesluit nie, aangesien nywerheidsoptrede by Eskom dreig om die land op sy knieë te dwing.
Vir meer nuus, volg
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 35
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 36
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Ons gunsteling beurtkrag-resepte MAKLIK + VINNIG + SMULLEKKER
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 37
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Die lekkerste resepte vir wanneer die krag af is METODE
Die krag is af, dis Woensdagaand en almal is honger. Dis nie nodig om wegneemetes te bestel nie, dis moontlik om tydens
Kies watter kaas jy wil gebruik, kies jou eie speserye. Vat jou toeknyp-roorster. Spuit Spray
beurtkrag jou gesin se
& Cook op of smeer met botter.
hongerpyne te stil.
Sit die eerste stuk skilferkorsdeeg op onderste deel van die rooster.
Braaipaai
Sit helfte van die rou spinasie op. Sit die vleis op, dan die uie en spek.
BESTANDDELE
Pak rou sampioene op, dan speserye.
2 rolle skilferdeeg – ontdooi en
Sit nou verskillende kase op.
uitgerol
Eindig met ander helfte van spinasie
1 pak spinasie of ‘n vars bossie
Plaas ander rol skilferkos bo-op –
Gaar hoender (gevlok of in
knyp toe aan die kante. Verf eier of
blokkies) of enige ander oorskietvleis
melk bo-oor en aan die onderkant van die skilferkors. Knyp rooster toe en braai hoog op vuur tot gaar en
250 g spek (gaar) 1 geelrissie, 1 rooirissie & 1 ui
goudbruin. Draai gedurig om.
1 pak sampioene in skywe gesny Feta, Cheddar, Mozzarella, of Gouda
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 37
24 Junie 2022
Kimberley Online Co.
PASTASLAAI
WENKE
1 pakkie pasta
Wenk: Jy kan ‘n stuk van die skilferkorsdeeg bêre en vir nagereg met karamel, sjokoladestukkies of malvalekkers vul en braai.
2 k kersietamaties, gehalveer 1 pakkie swart olywe, gehalveer 1 rooi ui, fyn opgesny 2 wiele feta, gekrummel
Wenk: Kook die ketel net voor die krag afgaan en gebruik daardie kookwater om kitsnoedels soos two minute noodles gaar te maak. Jy
2 k komkommerblokkies Plaas alles in n groot slaaibak en meng deur. Vir die slaaisous:
kan worsies daarin opsny en kaas oor rasper.
¼ k rooiwynasyn ½ k olyfolie
Wenk: Maak ‘n redelike hoeveelheid
sout na smaak
pasta of rys gaar wanneer die krag
½ t suiker
aan is, sodat jy dit later in ‘n rys-
swartpeper na smaak
of pastaslaai kan omskep.
1 t Dijon-mostert 1 knoffelhuisie, fyngedruk
RYSSLAAI
Plaas alles in ‘n glasflessie en skud baie goed. Giet oor die slaai en
3 k gaar rys
meng deeglik deur. Geur met nog
½ k blatjang
sout en peper indien nodig
½ k rosyntjies ½
k
gemengde
1 t gedroogde Italiaanse kruie
gaar
groente
(opsioneel) 1 k mayonnaise 1 e kerriepoeier 25 ml fyngekapte uie Meng alles saam en roer goed. Maak liefs ‘n dag voor die tyd sodat die geure kan ontwikkel.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 38
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 41
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 42
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Business directory PLAASLIK | BESIGHEID | KIMBERLEY
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 43
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
24 Junie 2022
Bladsy 44
Kimberley Online Co.
OUR TEAM
24 Junie 2022
Kimberley Online co. Editorial Caria van der Merwe - Editor Una Engelbrecht - Sub-Editor KARA LATEGAN - WRITER Advertising 066 122 8594 bloem@onlinecosa.co.za Contact 065 984 5937
Published By Dottry Media (Pty) Ltd
Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co.
We hope you enjoy this edition! YOUR COMMUNITY NEWSPAPER
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 45
Kimberley Online Co.
24 Junie 2022
Follow us on Facebook
Follow us on Instagram
Join our Telegram group
Join our WhatsApp group
Send us an email
Visit our website
KIMBERLEY ONLINE CO.