FNB Classic Clashes: DHS vs HNK Items gekoppel aan dwelmgebruik by skool gevind Beplande wateronderbreking vir Kimberley
UITGAWE NO. 38 | 13 MEI 2022
Bladsy 2
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 3
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Diamantveld HS vs Noord-Kaap HS Diamantveld Hoërskool (DHS) en die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) pak mekaar hierdie Vrydag en Saterdag op die hokkie- en rugbyveld, asook die netbalbane. Kan DHS dié jaar die bordjies teen HNK verhang? Noord-kaap se rugbyspan draf Saterdag as oortuigende gunstelinge teen Diamantveld op die jaarlikse FNB Classic Clashes uit. Die twee rugbyspanne van die Noord-Kaap provinsie speel Saterdag in Kimberley, wat nie net ’n liga bepalende wedstryd is nie, maar ook vir die voorreg om weg te stap met die kroon as top rugby skool in Kimberley. Die twee spanne het verlede jaar in Augustus laas kragte gemeet.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 4
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
HNK was op die dag oortuigende wenners met 28-17. Beide skole het so vroeg as verlede naweek nog op die Absa Wildeklawer sporttoernooi deelgeneem en beide skole sal wil bewys dat hulle wel as een van die top skole in die land gereken behoort te word. Albei die spanne was verlede naweek nog betrokke by proewe vir die jaar se kies van Griekwaland-Wes se Cravenweek en akademiese spanne. HNK se gevaarpunte lê beslis op die aanval en oudergewoonte sal die span se agterlyn baljaar met die hoeveelheid balbesit wat sy 8-tal beskikbaar stel. Die span in groen sal baie staatmaak op hulle losskakel wat heel moontlik reeds sy plek in die jaar se Cravenweek bevestig het. Elridge Jack, die vlugtige 10 met hope talent sal sy agterlyn aan die gang hou met onvoorspelbare dartel lopies en goeie aangee wat sy spanmaats in die vorm van Kiante Pienaar en Fuzludean Saim op die punte beslis in drieë sal omskep. DHS, met kaptein JP Vorster aan die voorpunt, sal op sy 8-tal staatmaak om sy span op die voorvoet te hou. Die pak het tot dusvêr meeste van sy opponente voorlangs oorheers met hulle fisieke spel en brute krag waarmee hulle eerste-fase besit in punte omskep. JP Senekal, die lenige slot wat vroeër vanjaar nog op senter uitgedraf het, is beslis ’n gevaarpunt wat HNK fyn sal moet dophou. Dié jong speler het reeds sy plek in dié jaar se Cravenweekspan verseker en hy sal Saterdag wil bewys dat hy daar hoort. Sewe van DHS se pak behoort hierdie jaar Akademie of Cravenweek te verteenwoordig. Agterlangs speel Diamantveld se skrumskakel, Marco Mathewson, van sy beste rugby in jare en die buksie sal oudergewoonte met sy skopskoen en sterk aangee sy teenstanders aan die raai hou.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 5
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 6
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Diamantveld se binnesenter, Ruan Watts, het na ’n afwesigheid van vier jaar op die rugbyveld – soos sy pa en oud Griekwaspeler van die 90’s, Gideon Watts – gewys hoe dik rugby in hulle are vloei. Watts behoort vir die Cravenweek span op 13 uit te draf. Saterdag sal egter nie bepaal word deur hoeveel seuns in Craven of Akademie spanne opgeneem is nie, maar liewers wie met die beker as hierdie jaar se top span gekroon sal word. Klik hier vir die program vir die naweek.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 7
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 8
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Classic Clashes: HNKskoolhoof se brief Twee van Kimberley se topskole pak mekaar die naweek met rugby, netbal en hokkie tydens die Clasic Clashes tussen Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noord-Kaap. Owen du Toit, Hoërskool Noord-Kaap se hoof, deel hier sy brief vir die naweek. Die Groen-familie is weereens opgewonde om met Hoërskool Diamantveld op die sportveld mee te ding. Eerstens wil ons vir mnr. Victor, sy skoolbestuur en organiseerders sterkte toewens met die reëlings en organisering van hierdie spoggeleentheid. The learners of Northern Cape High School are very excited and enthusiastic to participate in the Classic Clashes after being deprived of competing in front of supporters. I would like to encourage all players to demonstrate their abilities and talents in honour of their school’s name, badge, ethos and their Creator. Ek vertrou dat mooi herinneringe, goeie verhoudinge en pragtige sport die wenners van die dag sal wees. ‘Remember the race is not to the swift, nor the battle to the strong, but time and chance happen to them all... let’s not take it for granted... but utilize the opportunity to enjoy and give our very best.’ Trots Groen!
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 9
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Classic Clashes: DHSskoolhoof se brief Mnr. Leon Victor, skoolhoof van Diamantveld Hoërskool, het dié boodskap voor die FNB Classic Clashes: Dit is vir die Hoërskool Diamantveld weereens ‘n besondere voorreg om vanjaar deel te wees van die jaarlikse FNB Classic Clashes teen Hoërskool Noordkaap. Welkom aan mnr. du Plooy, skoolhoof van Hoërskool Noord-Kaap, onderwysers, ouers, afrigters en leerders van die twee skole. Ek hoop julle geniet die dag! Tradisioneel lewer hierdie dag opsigself besonderse sporthoogtepunte vir beide skole en ‘n mens kry opnuut bewondering vir elke kind se Godgegewe talent en die passie waarmee hy of sy die talent uitleef. Dae soos hierdie leer ons kinders op die sportveld en selfs op die pawiljoen om eie belang ‘n slag eenkant toe te skryf en ter wille van die saak betrokke te wees. Immers haal kompetisie die beste uit enige individu. Dit is juis vanweë hierdie strewe van twee spogskole om elk in eie reg ons leerders ten beste toe te rus vir die toekoms wat op hulle wag. Baie dankie aan FNB CLASSIC CLASHES en al die ander borge vir hul belegging in skolesport. Baie dankie aan almal wat hard agter die skerms gewerk het om die dag moontlik te maak: ouers, onderwysers en afrigters. Ons waardeer dit opreg! Don’t aspire to be the best on the team. Aspire to be the best for the team.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 10
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 11
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
FNB Classic Clashes: 0.19 A rugby-kapteine JP speel al van gr. 1 af rugby. “Ek sien baie uit na die naweek se titaniese stryd. Al ons voorbereiding is in plek en die gees is reg, so ons is gereed! “Ek sien uit om die naweek vir Hoërskool Diamantveld op die veld te ontmoet en vir my span wil ek sê sterkte en speel julle harte uit. Ons het die afgelope twee jaar besef waarop ons uitgemis het en watter voorreg dit is om aan sport deel te neem.”
JP Vorster, kaptein vir die 0.19 A-rugbyspan vir DHS
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 12
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Bokang speel al 10 jaar lank rugby. “Ek is baie opgewonde oor die Clashes. Ons het genoeg voorberei en ek dink my span is gereed. Vir die manne in die wit en groen, wil ek net sê om alles te gee en te glo in mekaar, ook in ons afrigters. “Vir Diamantveld se kaptein wil ek baie sterkte toewens vir hierdie naweek se groot Clash. Mag dit een vir die boeke wees! Ek is baie opgewonde, want in die tyd waar ons nie aan sport kon deelneem nie, was dit moeilik om myself werklik uit te leef.”
Bokang Mutsi, kaptein vir die 0.19 Arugbyspan vir HNK
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 13
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Laerskool Eureka-juffrou neem deel aan Brug-naberg 2022
Carli Beukes is al vir twee jaar lank ‘n juffrou by Laerskool Eureka. “Ek was self daar op skool en dis vir my ‘n groot voorreg om ook daar te kan skoolhou.” Sy is ‘n graad 3-juffrou en gee Afrikaans, Engels, wiskunde en LV. “Ek geniet al daardie vakke, maar ek sou sê ek geniet wiskunde die meeste. Dis so lekker om kinders se liggies te sien aangaan as ek vir hulle iets verduidelik wat hulle nie verstaan nie.” Vir Carli is die lekkerste ding van skoolgee die kleintjies. “Ek geniet hulle baie. Hulle het baie oulike sêgoedjies. Die heel lekkerste is om te weet ek maak elke dag ‘n verskil in ‘n kind se lewe. Kinders is baie beïnvloedbaar as hulle jonk is, dis vir my belangrik om te weet ek maak ‘n impak op hulle lewe. En vir ten minste ses ure elke dag is jy in hulle omgewing en spasie, en hulle in joune. So ‘n mens leer ook baie van jouself.” “Ek sou nie sê daar is iets sleg aan skoolgee nie, dit is wel tydrowend. Na skool is dit toetse merk en vraestelle opstel. Dit is nie sleg nie, ek sien dit as die moeite werd. Dit wat wel sleg is vir my is as ek weet kinders se huislike omstandighede is nie lekker nie, en ek stuur hulle huis toe en ek kan hulle nie by my hou en versorg nie. Dit is ‘n uitdaging van skoolgee.” Sy sê sy het eers ‘n week voordat Brug na Berg sou plaasvind daarvan gehoor. Hulle het 07:00 die oggend weggespring in Kimberley by John Dory’s en die 115 km na Hopetown afgelê tot by die padstal. “Toe ek hoor van Brug na Berg, het ek eers nee gesê. Ek het gedink ek gaan dit nie maak nie, ek het glad nie hard genoeg geoefen daarvoor nie. Al die geld wat gemaak is, was vir liefdadigheid.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 14
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Ek ry nou al twee jaar fiets en het baie hard geoefen vir die Argus in Maart. Ongelukkig kon ek toe weens onvoorsiene omstandighede nie deelneem nie. Ek het probleme gehad met my fiets. Alhoewel ek nie spesifiek vir Brug na Berg geoefen het nie, dink ek ek sou beter gevaar het as ek langer en harder geoefen het. Carli sê sy kon dit rêrig nie doen sonder haar kêrel nie, hy is haar nommer 1-ondersteuner. “Hy is ‘n groot fietsryer in die Kaap. Hy help my baie met my oefenprogram en wat ek moet eet. Hy motiveer en help my regtig baie. Alle eer aan my Hemelse Vader by wie ek al my krag kry. Ek het baie gebid op die pad. Ek het regtig vir die Here gesê ek is baie moeg en gevra Hy moet my asseblief krag gee, en Hy het dit regtig vir my gegee. Ek is baie dankbaar vir my talent om te kan fietsry.” Carli was algeheel eerste in die vroue-kategorie vir gravel bikes.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 15
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 16
13 Mei 2022
Kimberley Online Co.
FNB Classic Clashes: 0.19 A dogtershokkie-kapteine Kimlyn has been playing hockey for nine years. “I’m excited for the challenge but somewhat emotional in realizing that it’s my last clashes. “Looking at all the hard work, dedication and perseverance the team has put into this season so far, I believe we are more than ready to put up a good fight for clashes. “Ladies, this is moment where all our hard work will pay off, this is the moment we’ve been waiting for. Always remember it is what we make out of what we have, not what we are given that separates one another. It’s been an honor to captain this team. I couldn’t have been prouder of all you girls. Just remember to enjoy yourself. “It’s good to be back with all the spectators that’s now allowed as they spur us on. “I want wish all Northern Cape High teams all the best for clashes. Proud to be green!”
Kimlyn Bartlett, kaptein van die 0.19 hokkiespan van HNK
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 17
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Nadine speel al hokkie vanaf gr. 3 en vanaf gr. 8 vir Diamantveld se eerste span. “Ons het baie hard gewerk en ons wag nou al ‘n hele rukkie, so ons gaan meer as alles op daai hokkie veld los. Ek kan met sekerheid sê my span is gereed. “Ek wil net vir my girls sê dat ons hét die, dié is ons jungle, ons huis en Noord Kaap gaan nie in ons huis binnekom nie. Saam met ons Coach, Coach Steve en ons Manager, Juffrou Ramona, gaan ons die sterre bereik en vir NoordKaap wen op pad soontoe.” Vir HNK wil sy sê sterkte, geniet dit. “Gee julle bes, want ons gaan beslis.” Die twee jaar wat sy nie kon hokkie speel tydens Covid-19 nie, het gemaak dat sy met meer passie en liefde as voorheen die sport geniet. “Al daai vuur van twee jaar se hokkie wat ons gemis het, gaan ons hierdie jaar uitblaas. Bewaar die span wat in ons pad staan!”
Nadine Venter, kaptein vir die dogtershokkie 0.19 A-span
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 18
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 19
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
FNB Classic Clashes: 0.19 A seunshokkie-kapteine Jason has played hockey since age 5. “I am very positive for the Clashes this weekend and quite excited. We have been preparing very long so I’m confident about our team playing. Just believe in yourself and each and every one of your teammates, hard work always pays off. “I’m very excited to be playing hockey again and that is why I’m making the best out of the opportunity I have.”
Jason Snyman, 0.19 seunshokkie-kaptein vir die Hoërskool Noord-Kaap
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 20
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Jovan het op die ouderom van sewe begin hokkie speel. Hy het in gr.5 opgehou toe hulle getrek het en weer in gr. 8 by Garsfontein begin speel. “Ek het aanhou speel tot ek in gr. 9 Diamantveld toe gekom het.” Hy is positief oor die naweek. “Ek voel goed. Ons het hard gewerk en ek glo ons gaan die vrugte daarvan die naweek pluk. Ons het alreeds voorbereiding gedoen toe ons voorheen teen DHS gespeel het.” Vir sy span sê hy: “Doen jou bes en God doen die res. Julle moet net uitgaan die naweek en julle beste gee en julle harte uitspeel. En ek aan HNK wil ek net sê expect the unexpected!”
Jovan Crause, 0.19 seunshokkiekaptein vir Diamantveld Hoërskool
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 21
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 22
13 Mei 2022
Kimberley Online Co.
FNB Classic Clashes: 0.19 A netbal-kapteine Melaine speel al van gr. 1 af netbal. “Ek is baie opgewonde oor die naweek se Clashes en sien vreeslik uit om die gees en sportmanskap tussen ons twee buurskole weer te ervaar!” Sy glo haar span is gereed en elke meisie is reg om haar hart uit te speel. “Ons is reg om te wys waarvan ons Diamonds gemaak is. Ek dink elke speler het die adrenalien en sport gemis die afgelope twee jaar. So ook die gees en afwagting voor ’n groot wedstryd. Aan HNK kan ek net sê, sterkte en ons sien julle op die baan!” Sy haal dié aanhaling van Grantland Rice aan: “For when the One Great Scorer comes to write against your name, He writes – not that you won or lost – But HOW you played the Game.” “Aanhouers wen. #houbydieblou!”
Melaine Visagie, DHS se 0.19 Anetbalkaptein
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 23
13 Mei 2022
Kimberley Online Co.
Kaylin speel al netbal vandat sy agt jaar oud is. “Ek is baie positief en opgewonde oor die Clashes. Ek dink ons is gereed. Ons het hard geoefen en ons gaan net ons beste gee. Jou mindset is alles en geniet die wedstryd. Netbal bly ‘n sport en die doel daarvan is om dit te geniet en uit wen en verloor iets te leer. Ek is opgewonde om weer te kan speel en my liefde en passie vir die sport uit te leef.”
Kaylin Badenhorst, HNK se 0.19 Anetbalkaptein
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 24
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 25
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Soek jy jou skolenuus gratis op een van SuidAfrika se grootste nasionale platforms? Stuur al jou skolenuus aan ons as jy wil hê jou skool moet ook in een van Suid-Afrika se grootste aanlynkoerante geplaas word. As jy ‘n ouer is, vra jou skool om namens jou kind dit te doen, sodat jou kind erkenning kry. FiND iT publiseer in Afrikaans of Engels, daagliks. Bou jou skool se webtuiste deur goeie “SEO” en verhoudinge. Om deel te word, stuur ‘n e-pos aan nuus@find-it.co.za en ons vertel jou hoe. FiND iT het 1 miljoen lesers en is ook die enigste Afrikaanse nuusverskaffer aan die super-app, Moya, met 6.5 miljoen lesers DATA VRY.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 26
Kimberley Online Co.
`13 Mei 2022
Polisie neem verskeie items af by skool in Galeshewe Die polisie in Galeshewe het Dinsdagoggend ‘n skool in Galeshewe besoek. Tydens dié besoek het die polisie glo verskeie items wat aan dwelmgebruik gekoppel kan word, by die leerlinge gekonfiskeer. Die polisie sê die skoleveiligheid-afdeling het verskeie probleme by die skool geïdentifiseer. Die Kagisho-polisie het ook die probleme by die skool aangespreek. “Die spanne het die leerlinge en die klasse deursoek en ‘n verskeidenheid items gekonfiskeer wat daarop dui dat van die leerlinge by die skool dwelms gebruik.” Die leerlinge by wie die items gekonfiskeer is, sal volgens die skoolprotokol aangespreek word. Die skoolhoof het die polisie bedank vir die inisiatief. Die polisie het ook met die leerlinge gepraat oor die gevare om te rook, dwelms of alkohol te gebruik en die impak wat dit op hulle toekoms kan hê.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 27
Kimberley Online Co.
`13 Mei 2022
Kniediep in die rioolwater ná jare se verwaarlosing Die DA, wat vanoggend die N31 net buite Kimberley, die N12 by Elizabeth Conradie en Southridge besoek het, eis dat die nasionale regering ingryp in dié gebied waar die rioolwater al kniediep op en langs die paaie lê. Die situasie het al so agteruitgegaan dat die R31 heeltemal gesluit is vir die publiek, en die N12 is kort op sy hakke. Cilliers Brink, DA skaduminister van samewerking regering en tradisionele sake, het vanoggend saam met Delmaine Christians, NCOP-lid, en Harold McGluwa, provinsiale leier, en ander DA-raadslede van Sol Plaatje dié paaie besoek. Brink sê die agteruitgang kan aan twee dekades se verwaarlosing toegeskryf word. “Ons is gekeer om uit te kom waar die oorspoelings plaasvind, aangesien die pad weens veiligheidsredes heeltemal toegemaak is,” sê Brink. “Sedert 2004 veroorsaak die rioolwater-lekke van die Gogga-pompstasie en varswater-lekke van die Riverton-pyplyn ‘n pan wat stadig maat seker volgeloop het en regoor die R31 strek.” “Provinsiale regering het gekyk hoe dié krisis ontvou, maar het niks gedoen om dit te keer nie, tot vroeër die jaar wat R32 miljoen beskikbaar gestel is om die geaffekteerde deel van die pad te lig.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 28
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Brink sê enige geld wat beskikbaar gestel is, sal gemors word indien die regte persone nie die eintlike oorsaak van die oorspoelings kan vasstel nie. Die water styg tans met 40 mm per dag weens die waterlekke en Brink waarsku dat die N12 binnekort ook heeltemal oorspoel sal wees, indien daar nie aandag gegee word aan die saak nie. Brink sê die DA sal met adjunk-president David Mabuza oorleg pleeg. Delmaine Christians sal hom vra om saam met haar na die geaffekteerde gebiede te gaan. “Kimberley is besig om te verdrink in Sol Plaatje se ongeërgdheid teenoor die instandhouding van die infrastruktuur. Die Noord-Kapenaars verdien beter.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 29
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 30
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 31
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 32
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Toneel en kultuur kry soms gans te min erkenning, maar Hoërskool Diamantveld poog dié jaar om dit te verander met nie een nie, maar twee toneelstukke wat hulle op 18-19 Mei op die planke bring. Toneel 1, Die Maan en Sterre, handel oor die liefde - en hoe moeilik dit is om die liefde as tiener te vind. Toneel 2, ‘n Doodgewone Tiener, vat die essensie van tienerwees verder met ‘n reis deur die brein van ‘n doodgewone, normale tiener. Teen slegs R40 ‘n kaartjie vir beide toneelstukke, is hierdie beslis nie iets wat mens wil misloop nie! KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 33
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 34
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 35
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 36
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
onthou van die beplande wateronderbreking Die Sol Plaatje-munisipaliteit herinner inwoners aan die beplande wateronderbreking wat dié naweek sal plaasvind. Die wateronderbreking sal vir die hele stad geld en sal van Donderdag 12 Mei tot Sondag 15 Mei geïmplementeer word.
Die munisipaliteit sê daar sal aan waterlekke op die 965mm-pyplyn naby Gogga en die 600mm-pyplyn naby Roodepan gewerk word. Watertenks sal ook in verskeie areas beskikbaar gestel word.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 37
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 38
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 39
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 40
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 41
Bloemfontein Online Co.
13 Mei 2022
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. Baba Liané sterf: ‘Jy het hard baklei, my engel’ Baba Liané Roux wat in duisende SuidAfrikaners se harte ingekruip het, is Saterdag oorlede.
Die grootste styging in brandstof nóg kom in Junie Suid-Afrikaners sal twee keer moet dink voor hulle paaie aandurf, met die skrikwekkende stygings in brandstofpryse wat volgende maand verwag word.
Stephen Hawking se laaste navorsingstuk voorspel die einde van die heelal Net twee weke voor Stephen Hawking se dood het hy ‘n navorsingstuk ingehandig wat die einde van die wêreld voorspel.
Bekende sakeman van Bloemfontein wreed vermoor ‘n Bekende sakeman van Bloemfontein se liggaam is Maandagaand om 21:45 by sy huis in Bloemfontein gevind na sy motor vroeër die oggend verlate in die Namibië- informele nedersetting gevind is.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 42
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 43
Bloemfontein Online Co.
13 Mei 2022
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.
‘n Padda in my McDonald’sburger… Willem Bezuidenhoudt se dogter het net ‘n paar happe van haar McDonald’s-burger geneem toe sy ‘n padda se pootjies aan die ander kant van haar burger sien uitsteek …
Vrou wat hardloop met ‘n afgesnyde koeikop gekroon as ‘Looter of the year 2022’ ’n Vrou is die titel van “Plunderaar (looter) van die jaar 2022″ gegee nadat sy afgeneem is waar sy hardloop met ’n afgekapte koeikop, geplunder van ’n vragmotor wat in ’n ongeluk betrokke was.
Vir meer nuus, volg
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 44
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 45
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 46
Kimberley Online Co.
r e d n e o h l e t t o k s n e E ereg (met min g l e on ed kottelgoed) s MAKLIK + VINNIG + SMULLEKKER
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 47
13 Mei 2022
Kimberley Online Co.
Eenskottel-hoender-noedelgereg (met min skottelgoed) Hierdie resep is PERFEK vir jou gesin vir die naweek wat Kimberley sonder water gaan wees. ‘n Heerlike eenskottelhoender-noedelgereg met min skottelgoed. Bestanddele: 1 gaar hoender in stukkies 1½ koppie noedels (gaar en gedreineer) 100 ml mayonnaise 1 groot pak Simba-skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak) 50 ml vars gekapte pietersielie 2 eiers geklits
METODE Metode: Meng hoender, noedels, mayonnaise en die helfte van die skyfies. Skep in oondskottel. Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor. Strooi nou die ander helfte van die skyfies bo-oor. Bak 20/25 min by 190 grade C tot gaar en goudbruin. Resep: Kreatiewekosidees.com
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 48
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 49
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 50
Kimberley Online Co.
13 Mei 2022
Business directory PLAASLIK | BESIGHEID | KIMBERLEY
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 51
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022
Bladsy 52
Kimberley Online Co.
OUR TEAM
13 Mei 2022
Kimberley Online co. Editorial Caria van der Merwe - Editor Una Engelbrecht - Sub-Editor KARA LATEGAN - WRITER CHANE VAN DER WESTHUIZEN LAYOUT DESIGNER Advertising 066 122 8594 bloem@onlinecosa.co.za Contact 065 984 5937
Published By Dottry Media (Pty) Ltd
Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co.
We hope you enjoy this edition! YOUR COMMUNITY NEWSPAPER
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 53
Kimberley Online Co.
Follow us on Facebook
Follow us on Instagram
Join our Telegram group
Join our WhatsApp group
Send us an email
Visit our website
KIMBERLEY ONLINE CO.
13 Mei 2022