Skip to main content

Kimberley Online Co. - 10 Junie 2022

Page 1

MORNÉ BREDENHANN, KIMBERLEY SE NUWE VOORTREKKERLEIER

DOMINEE GROET KIMBERLEY NUWE LEWE WINK Studentesjef in Bloem wen silwer in Dubai

HEUNING & KNOFFELHOENDER

UITGAWE NO. 42 | 10 JUNIE 2022


Bladsy 2

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 3

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Dominee groet Kimberley - nuwe lewe wink Santie Nel was vir 9 en 'n halwe jaar die geliefde predikant van NG kerk Harmonie. Sy en haar gesin het van die Kaap af na Kimberley toe getrek. "Baie mense het vir my gese, 'n mens huil twee keer: wanneer jy in Kimberley aankom, en wanneer jy hier weggaan. Ek het daardie tyd gedink dit sal gebeur nie, maar ek het gehuil toe ek uit die Kaap hiernatoe getrek het. Ek was so omarm en omvou deur die mense van Kimberley se omgee, opregtheid en liefde." Santie se sy het beleef dat Kimberley se mense 'mense-mense' is. "Ek was benoud toe ek uit die Wes-Kaap in die Noord Kaap kom, oor hoe hulle 'n vroue-predikant gaan aannvaar in hulle midde, ek het gedink meeste plattelandse gebiede is baie konserwatief. My belewenis was egter regtig dat ek omarm is en aanvaar is as predikant in my gemeente. Veral ook in die groter kringe van die gemeenskap. Ek en my gesin was hartlik en warm ontvang." Wat Santie die meeste gaan mis van Kimberley is die mense, en ook die kleuterskool waar haar jongste tans is. "Ek was betrokke by die oprigting van Patroontjies kleuterskool. Ek weet wie is die mense wat met my kind werk, ek weet wat leer hulle daar, ek het 'n hand in dit alles gehad. Ek is baie spyt dat my kleinste nie die kans gaan kry om by die kleuterskool klaar te maak voordat sy oorgaan na die groot skool toe nie." Sy se die mense wat sy gaan mis is almal wat diep in haar hart ingeklim het. "Dis interessant dat as jy 'n predikant is, kry jy so baie met mense te doen en jou gemeentelede, hulle moeet half 'nice' wees met jou want jy is die dominee, maar ek het beleef dat hulle gaaf is met my omdat hulle vir my lief is! Hulle is elkeen sulke kosbare mense wat diep spore in my en my kinders se lewe getrap het. Dis wat ek die meeste gaan mis, die mense en definitief nie die gate in die pad nie!" KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 4

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Vir Santie is daar maar effense onsekerheid oor die nuwe pad wat voorle, maar tog ook opgewondenheid in hulle harte. "Ek is hartseer om weg te gaan by die gemeente. Daar is so baie wat ek nog wou doen en nog kon doen. Harmonie was 'n gemeente wat my gedra het, maar as ek dink aan wat voorle dan is ek opgewonde. Een van my vriende het my gevra: Santie, glo jy dat die Here jou en Langebaan se pad met mekaar gekruis het? En ek glo dit. Hy het weer gevra; Glo jy dat die Here iets 'amazings' vir Kimberley en Harmonie beplan wat jou nie insluit nie? En ek glo dit ook. So saam met die stukkie hartseer, wel ook opwinding vir dit wat vorentoe wag." "Ek het geleer by Harmonie dat jy jouself kan wees. Daar is ruimte vir wie jy is. Ek is baie dankbaar vir my kollega, om saam te werk is lekker, want julle kan mekaar aanvul. Een mens kan nie alleen in die liggaam van Christus werk nie. Elke liewe deel van die liggaam is regtig nodig, dit maak nie saak hoe groot of klein jou rol is nie. Toe ek hier begin het, het ek 'n groot, helderkleurige blokkieskombers uitgehaal. Ek het vir die mense gese dat elkeen van hulle 'n blokkie in 'n kind se lewe en die gemeente is. As daar een blokkie weg is, is daar 'n gat." Santie se die eerste ding wat sy gaan doen as sy in Langebaan kom is om haar kinders strand toe te vat, sodat hulle as 'n gesin hulle nuwe omgewing kan inneem. Sy wil dan ook graag saam met haar nuwe gemeente kuier en al hulle stories wil hoor. Santie is 'n gebore Pretorianer en het besluit om 'n predikant te word sodat sy 'n stem vir jong mense en kinders in die kerk kan wees. Sy wil ook op verskillende vlakke, in kinders en mense se lewens geestelik arbei en bou. "My bedieningsmotto is 'it is easier to build strong children than to repair broken men."

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 5

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 6

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 7

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Morné Bredenhann, Kimberley se nuwe Voortrekker-leier Morné Bredenhann, gebore op Krugersdorp, is op 9 Mei as leier van die Voortrekkers se Rocco Knobel-kommando verkies. Dié 42-jarige is 'n gebore Voortrekker in murg en been en was deel van die Voortrekkers vanaf sy laerskooldae. Hy het weer in 2015 aktief as offisier met 'n gr. 2klassie by die Voortrekkers by Rooihuiskraal-kommando betrokke geraak." Morné is werksaam as 'n opererasionele- en onderhoudsbestuurder op 'n herwinbare kragopwekkings-aanleg. Morné vertel die ervaring van leier wees van 'n span "wat vrywillig sonder enige vergoeding werk om ons kinders te leer en te ontwikkel" is opwindend omdat die span baie kreatief moet wees om met min beskikbare befondsing soveel as moontlike vaardighede en kennis oor te dra.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 8

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

"Dit kan ook soms uitdagend wees om die span se belange en ouers se bekommernisse met die veiligheid van hulle kinders te balanseer," sê Morné. Hy glo daaraan dat 'n mens jou moet omring met 'n dinamiese span volwassenes wat regtig 'n passie en hart het vir kinders, want dit is 'n wenresep. "Jou span moet inkoop in jou plan, dan is dit maklik om te fokus op jou verpligtinge wat die welstand van die offisiere, kinders en kommando aanbetref." Die Voortrekkers het 'n passie vir ons kultuur "Wat vir my uitstaan van die Voortrekkers, is die passie van die volwassenes om te werk, te kamp, te leer en te bou saam met die kinders om hulle beter toegeruste grootmense te maak. Ek is voorwaar trots om myself 'n Voortrekker te noem omdat ons glo in 'n God Drieenig, ons leef en herdenk ons kultuur en leer die kinders (en offisiere) regtig goeie praktiese vaardighede met soveel pret as moontlik. Die volwassenes wat betrokke is, het regtig 'n sterk dryfkrag en is elkeen 'n kundige op sy of haar gebied.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 9

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

My span is almal jonk van gees en kan in 'n veilige atmosfeer onder my leiding, (en soms ek onder hulle leiding) met vrymoedigheid tyd saam die kinders spandeer en die kind ontwikkel en selfs dissipline op 'n prettige manier leer. Morné se visie vir Rocco Knobel-kommando is vir elke span om hulle eie offisier en 'n helpende heemraad te hê. "En ook vir die kommando om ons eie vervoer in die vorm van n bussie (of twee) te hê om die kinders op kampe en na aangeleenthede te kan vervoer. En om ook finansieel sterk genoeg te raak dat ons self die kinders kan huisves in die kommando en kampe wie se ouers dalk nie 'n werk het nie." Hy sê sy visie is regtig om 'n gesonde span offisiere te hê sodat die jeug kan toegerus word vir môre.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 10

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 11

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Studentesjef in Bloem wen silwer in Dubai Dillen Kruger is 'n 20-jarige student in Bloemfontein by die Food and Beverage Institute (kortweg bekend as FBI). Hy is in Welkom gebore en het skool klaargemaak in Kimberley. "Ek studeer om 'n gekwalifiseerde sjef te wees." Die kompetisie waaraan hy deelgeneem het, is die African Culinary Cup. Hy het in die tweede plek geëindig en het silwer gekry. "Elke nasie wat deelgeneem het, moes iets van hulle land gemaak het wat eg is aan hulle kultuur, of moes geure gebruik wat meestal voorkom in hulle tradisionele kookkuns." Daar was verskeie riglyne wat ook gevolg moes word. Die hoofgereg moes hoender bevat. "Ek was die 'pastry'-lid op die span en het al die bak-en-brouwerk vir ons span gedoen. Ek het n lieflike donker Chocolate Marquise gemaak met 'n 'maize' sponskoek en nartjieroomys, met vars nartjieskyfies en ook nartjieskil en stroop en 'n klein bietjie ment. Ons het twee maande voor die tyd in Johannesburg as 'n span begin oefen.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 12

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Dillen het laasjaar aan 'n kompetisie om deel te wees van die South African National Junior Squad deelgeneem. "Sewe mense, waarvan ek een was, is gekies om deel te vorm van die span. Van die sewe was vier van ons gekies om deel te neem aan die kompetisie in Dubai, waar ons in die top drie was." Dillen is nog besig met sy studies by die Food and Beverage Institute. Daarna gaan hy internasionaal of plaaslik werk. Hy sê hulle volgende kompetisie is in Singapoer in die jaar wat voorlê, maar hulle het nog nie veel inligting daaroor nie. "Ek sal graag weer op so 'n vlak wil kompeteer." Dillen is die eerste student by die FBI-skool wat dié geleentheid gekry en so 'n prestasie behaal het.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 13

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Ongeluk verander lewe Jolandy Dimond het op die 20ste Mei niksvermoedend van die werk af op pad huis toe gery toe sy in ‘n vreeslike ongeluk betrokke was. Sy het iemand gaan aflaai by Monument Spar. “Van daar af het ek links ingedraai in McDougallstraat (Diamond Pavillion Mall se kant toe). Dit het gereën, dus was my spoed 40 km/h. By die groot draai by NJ Heyns het ‘n dame van Diamond Pavillion Mall se kant af gekom en beheer verloor oor haar kar en my kar geslaan.” Jolandy sê sy onthou ongelukkig nie daardie deel van die ongeluk nie. “Ek het bygekom toe twee dames deur my voorruit met my gepraat het. Die een se naam was René en die ander een was Jackie. Ek weet ek het my foon vir Jackie gegooi en vir haar gesê hoe om my man, my skoonouers en my ouers te bel. Emer-G-Med het gekom en moes my uit die kar lossny en my met die ambulans Lenmed toe neem. Die 44-jarige Jolandy is by Lenmed in die ER opgeneem en moes ‘n CT-skandering en X-strale laat neem. “Hulle het bevind ek het ‘n gebreekte nekwerwel, ‘n been gebreek in beide skouers, my borsbeen was gebreek, sowel as ribbes, my pelvis was gebreek op twee plekke, my regterheup ontwrig en dan was my regterbeen op twee plekke gebreek vanaf die middelbeen tot in die enkel.”

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 14

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 15

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Geliefde egpaar groet Kimberley Poelie en Lizette van Vreden het besluit om na 64 jaar in Kimberley na Kleinbaai in die Overberg te verhuis. Poelie is in Maart 1958 in Kimberley gebore. Hy het daar skoolgegaan en in 1976 by die Spoorweë se sweiswinkels in Landbouweg begin werk. Daar het hy na 45 jaar diens op die ouderdom van 63 afgetree. Sy vrou, Lizette, wou Kimberley verlaat net nadat Poelie afgetree het. “Maar ek het altyd gesê ek sal nooit Kimberley verlaat nie, omrede ek nog nooit in my hele lewe getrek het nie. Ek is van my ouers se woning na my eie woning toe, waar ek vir 43 jaar gebly het. Om die jare se vriende agter te laat, was vir my te veel gevra. Ek het altyd geglo as mens eers Kimberley se water gedrink het, bly jy daar. Ek is jammer om te sê Kimberley se agteruitgang het my tot die besluit gebring om tog eerder te verhuis. Kimberley se drinkwater (as daar die dag is) was nie meer dieselfde nie. Dit is hartseer om jou geboortedorp so te sien tot niet gaan. Dit maak mens magteloos om te weet dat dit vir seker een van die duurste plekke is om in te bly wat elektrisiteit betref. Om net te dink aan die gemors wat in die woongebiede gestort word omdat die publiek te bang is om stortingsterrein toe te gaan omrede hulle daar aangeval word. Om nie eers te praat van die slaggate nie. Kimberley word ook nou as een van die dorpe met die hoogste misdaad en inbrake beskou.” Poelie sê dis regtig hartseer en hy wil nie sy ou geboortedorp afkraak nie, maar feite is feite. “Ek is en sal altyd lief bly vir Kimberley, want altwee my ouers is daar begrawe in daai vuil begrafplaas waar, as lyke kon, hulle hulle kis sou gevat en met hom geloop het.”

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 16

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Poelie was nie seker of hulle die regte ding doen om te verhuis nie. Hy was om sy huis in die mark te sit en het gedink dit sal maande neem voor hy verkoop sal word. Dit sou hulle genoeg tyd gee om almal te gaan groet. “Tot my skok daag ‘n kontantkoper die eerste week in Mei op en sê hy vat die huis op een voorwaarde: ek moet einde Mei uit wees, want hy wil 1 Junie intrek. Lizette het amper die stuipe gekry en moes begin pak. Ons het ‘n erfie gekoop op Kleinbaai in die Overberg en is besig om vir ons ‘n plekkie te bou. Daarom wil ek hier vir Kimberley en sy pragtige, vriendelike mense sê: Tot wedersiens! Ons gaan julle ieder en elk mis. Dankie FiND iT ook vir al julle jare se nuus en op hoogte bly van wat om ons aangegaan het. GOD BLESS!”

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 17

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 18

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 19

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Krap en Kry Megan Lang, die eienaar van Krap En Kry Help-U-Sell, het agtergekom hoe baie mense swaar kry. Sy verkoop klere, skoene, meubels, elektroniese toestelle en enigiets wat mense wil verkoop. “Dis toe ek mense se klere en skoene begin verkoop, wat ek agtergekom het hoe baie van ons swaar kry. Ek het duisende boodskappe van mense af gekry wat my vra of ek nie enige klere en skoene het vir hulle nie. Ek het onlangs ook begin boodskappe kry van mense wat kos nodig het.” Megan probeer help waar sy kan. Sy kry op die oomblik net ‘n persentasie van al die items wat sy verkoop. “Ek wil graag ander mense help. Ek het op die oomblik meer as 13 families wat hulp nodig het met basiese goed soos kos, klere, skoene en krag.” Megan is geleë in 19de straat 8 Homelite Kimberley 8301. Sy het ‘n Facebook-blad “Krap, Kry En Gee Weg Ongewenste Klere En Goedere” begin. As enigiemand haar kan bystaan op enige manier, kan hulle haar by 0766480961 kontak.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 20

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 21

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 22

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 23

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Rolanda le Roux – kleindorpse skrywer Rolanda le Roux, gebore in Carletonville, woon nou met haar man en twee tienerdogters in Randfontein. Sy sê groot seer het haar laat besluit om ‘n boek te skryf. “My seuntjie is na nege daggies begrawe en ek het baie vrae gehad: Heer sien U my, wie is ek, het ek ‘n rede vir my bestaan, wat is my doel?” Haar boek se naam is “Voetstoots”. “Soos ek met vrouens praat, is daar meer as een wat soos tweede beste voel. Die wêreld laat ‘n vrou nie goed genoeg voel oor wie sy is nie. Ek wil sê dat die Here sê kom nes jy is, voetstoots. Hy vat jou nes jy is en Hy sal jou gebruik nes jy is. Jy is Sy eerste keuse. Jy is deel van Sy plan, want jy is vrou van God, raak stil en ervaar jou roeping deur net oor te gee.” Rolanda sê sy wou nie nog altyd skryf nie, maar daar was ‘n ruk in haar lewe wat sy te onwaardig gevoel het om te bid. “Ek kon net voor die Here skryf en deur my liefde en vasberadenheid om op ‘n manier met God te kommunikeer, het skryf ‘n liefde geword.” Haar beroep is huisvrou en mamma en sy geniet dit om uit te help waar sy kan. “Vriendinne is my passie, ek wil daar wees vir hulle, ek wil bemoedig en ‘n drukkie gee en ‘n traan afdroog sonder om ‘n woord te sê. “Ek het ‘n pragtige gesin. My man, Billy le Roux, luister na al sy vrou se drome en droog trane af. My man is my grootste ondersteuner en ek het twee pragtige dogters wat my naaste vriendinne geword het. Hulle is mamma se ‘cheerleaders’ – Justine (19) en Christine (16).” Rolanda sê haar boek is vir daai vrou agter in die hoek van die kerk, ‘n funksie of by die werk wat nooit genooi word nie. Vir daai vrou op wie mense neerkyk en dink “Skattie, jy kan beslis nie die of daai doen nie”. “Vir die vrou wat soos die tweede keuse voel: jy is God se eerste keuse. Jy kan, nes jy is, kom en God sal jou toerus en gebruik volgens Sy wil en Sy weg. Laat God se liefde jou verander.” KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 24

Kimberley Online Co.

Gaan besoek gerus die Facebook-groep Voetstoots.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 25

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 26

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 27

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 28

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 29

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 30

Bloemfontein Online Co.

10 Junie 2022

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. ‘National shutdown’ vir Vrydag beplan Ja, die stories oor die nasionale protesaksie (national shutdown) wat Vrydag in Suid-Afrika gaan plaasvind, is waar.

‘Ek betaal vir my fout,’ sê kletsrymer na hy helfte van sy skedel verloor ‘n Kletsrymer wat helfte van sy skedel tydens ‘n fratsongeluk verloor het, sê hy “betaal nou vir sy fout”

Hykie Berg en Gerridene verwag ‘n baba Die akteur Hykie Berg en sy vrou, Gerridene, het opgewonde die nuus van ‘n babatjie op Hykie se Facebook-blad gedeel.

‘National shutdown’ – Wat jy moet weet Na aanleiding van sprake van ’n nasionale shutdown op Vrydag 10 Junie 2022 die volgende:

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 31

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 32

Bloemfontein Online Co.

10 Junie 2022

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Marno nié oorlede, sê bronne Marno Muller wat tans in die hospitaal opgeneem is na ‘n fratsongeluk by ‘n kleuterskool, is nié dood nie.

Gemeentelede met kaal kinders betrap Ses gemeentelede is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering kaal met 11 kinders betrap is.

Vir meer nuus, volg

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 33

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 34

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Vyf-bestanddeel hoendermaaltye: Heuning-knoffelhoender MAKLIK + VINNIG + SMULLEKKER

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 35

10 Junie 2022

Kimberley Online Co.

Heuningknoffelhoender Daar is soveel maklike en vinnige hoendermaaltye wat jy kan maak met net vyf bestanddele. Vandag kyk ons na ‘n resep vir heuning-knoffelhoender. Dit neem net vier bestanddele om die heerlike soet-en-sout marinade te maak; heuning, knoffel, rysasyn en sojasous.

METODE oorverhit die oond tot 180°C. Plaas aluminiumfoelie op ‘n bakplaat. Sit hoender met die velkant na bo op die voorbereide pan. Geur met sout en peper aan alle kante. Klits heuning, knoffel, rysasyn en sojasous in ‘n klein bak. Verdun met water, soos nodig. Skep ongeveer die helfte van die sous oor die hoender en smeer mildelik op elke stuk. Sit oorblywende sous opsy.

Bestanddele: 1 kg hoenderdele (borsstukke, dye, hoenderboudjies of ‘n kombinasie)

Bak, onbedek, vir ongeveer 50 minute tot een uur, of totdat die hoender gaar is en die vel bros en goudbruin is. Terwyl die hoender gaar word, drup

½ koppie heuning 2 eetlepels fyngedrukte knoffel 2 eetlepels rysasyn 2 eetlepels sojasous 2 eetlepels water sout en peper na smaak

KIMBERLEY ONLINE CO.

die orige sous daaroor.


Bladsy 36

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 37

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 38

Kimberley Online Co.

10 Junie 2022

Business directory PLAASLIK | BESIGHEID | KIMBERLEY

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 39

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 40

Kimberley Online Co.

OUR TEAM

10 Junie 2022

Kimberley Online co. Editorial Caria van der Merwe - Editor Una Engelbrecht - Sub-Editor KARA LATEGAN - WRITER CHANE VAN DER WESTHUIZEN LAYOUT DESIGNER Advertising 066 122 8594 bloem@onlinecosa.co.za Contact 065 984 5937

Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co.

We hope you enjoy this edition! YOUR COMMUNITY NEWSPAPER

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 41

Kimberley Online Co.

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 42

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Bladsy 43

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

10 Junie 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kimberley Online Co. - 10 Junie 2022 by Dottry Media - Issuu