2 minute read

Upington Lions Klop Kenhardt Northern Lions Krieket

Upington Lions het Saterdag 28 Januarie 2023 die pad gevat om teen Kenhardt Northern Lions in Kenhardt te gaan speel in die ZFMT20 liga. Dit was vroeg reeds warm en soms het daar 'n paar verlore wolke oor die krieket veld gehang.

Upington Lions het die 1ste naweek van die ZFMT20 liga vas geval teen College en wou regmaak waar dinge verkeerd gegaan het.

Advertisement

Upington Lions wen die loot en besluit om 1ste te kolf. Jacques Steenkamp 6(6) & Riaan Von Waltzleben 32(17) open die beurt vir Upington Lions.

Upington Lions verloor hulle 1ste paaltjie met die telling op 9/1 na 1.4 beurte. Jaco Beukes 43(36) sluit hom by Riaan Von Waltzleben aan. Riaan & Jaco slaan die bal die veld rond en vind die grens met mooi krieket houe. Hulle 2 is ook betrokke in 'n 64(26) lopie vennootskap. Upington Lions verloor hulle 2de paaltjie met die telling op 73/2 na 6 beurte,Nielbert Kitching 35(26) kom in op nr 4. Nielbert en Jaco is betrokke in 'n vennootskap van 61(35) lopies om die 3rd paaltjie en het aangegaan met die kolf beurt lopie tempo waar Riaan & Jaco opgehou het. Upington Lions verloor hulle 3rd paaltjie met die telling op 143/3 na 11.5 beurte.

Chris Voges 36*(22) kom in op nr 5 , Chris jaag die bal die veld rond,hardloop vinnig tussen die paaltjie en vat die wedstryd heel weg van Kenhardt Northern Lions. Upington Lions eindig met hulle telling op 205/5 na 20 beurte. Dit is die 1ste keer dat Upington Lions meer as 200 lopies in 'nT20 slaan.

Na die breuk het Upington Lions veldwerk gaan doen. Jaco Beukes & Marius Goussard open die boulwerk vir Upington Lions en het Kenhardt vroeg in die moeilikheid gehad met hulle telling op 17/6 na 5.3 beurte. Met baie goeie boul & veldwerk deur

Upington Lions beperk hulle Kenhardt tot 60/10 in 14 beurte. Boulers wat goed doen was Marius Goussard 4 beurte - 15 lopies - 4 paaltjies, Jaco Beukes

3 beurte - 10 lopies - 2 paaltjies , SJ Becker 2 beurte - 7 lopies - 1 paaltjie, Chris Voges 2 beurte - 7 lopies- 1 paaltjie & Johan Deetlefs 1 beurt - 0 lopies - 1 paaltjie.

Upington Lions wen met 145 lopies en is op die bord in die jaar se ZFMT20 liga.

Dankie Kenhardt vir die lekker wedstryd en die goeie gees waarin dit gespeel was. Is altyd lekker om daar by julle te kom speel.

Upington Lions Krieket Klub se beste kolwers:

1. Jaco Beukes 43(36)

2.Chris Voges 36(22)

3.Nielbert Kitching 35(22)

4.Riaan Von Waltzleben 32(17)

Upington Lions Krieket Klub se beste boulers:

1. Marius Goussard 4 beurte -15 lopies - 4 paaltjies

2.Jaco Beukes 3 beurte - 10 lopies - 2 paaltjies

3.SJ Becker 2 beurte - 7 lopies1 paaltjie

4. Chris Voges 2 beurte - 7 lopies - 1 paaltjie

5. Johan Deetlefs 1 beurte - 0 lopies - 1 paaltjie

Upington Lions Krieket Klub man van die wedstryd:

Kolwer: Jaco Beukes 43(36)

Bouler: Marius Goussard 4 beurte - 15 lopies - 4 paaltjies

Baie geluk manne, julle het julle goeie spel van verlede naweek voortgesit met goeie kolf en boulwerk in die wedstryd hou so aan.

This article is from: