2 minute read

Diamantsmouse, Eureka, Tariomix, Likwidateurs

Pieter Steyn en Johan Eybers

Die een is ’n veroordeelde Ponzi-baas en die ander word deur honderde beleggers daarvan beskuldig dat hy hul geld gevat het.Albei het ’n verbintenis met Namakwaland, is boonop persoonlike vriende en word terselfdertyd deur die likwidasie van hul onderskeie maatskappye in die gesig gestaar. Die diamantsmous Louis Liebenberg (58) en die vrotmelkkoningAdriaan Nieuwoudt (77) het ’n besige hofweek agter die rug.

Advertisement

Liebenberg se saak was in die hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes, om te probeer om die voorlopige likwidasiebevel teen sy maatskappyTariomix tersyde te stel. In die hooggeregshof in Kaapstad is Nieuwoudt se “wit enklawe”, Eureka, voorlopig gelikwideer. Nieuwoudt is in 1990 skuldig bevind op aanklagte van diamantsmokkel en is tot 11 jaar tronkstraf gevonnis. Liebenberg het in die verlede herhaaldelik gesê hy het miljoene rande bestee om Eureka by te staan. Liebenberg se prokureur, Walter Niedinger, verteenwoordig ook vir Nieuwoudt. Regter Patric Gamble het onder meer bevind

Nieuwoudt het ’n onwettige interne aandelebeurs – waarna hy as ’n “verhandelkamer” verwys het – bedryf.

Hy het bevind daar is meriete in die klaer se bewering dat Eureka insolvent is en dat likwidateurs aangestel word om te ondersoek wat Nieuwoudt, onder die vaandel van Eureka, met die miljoene rande gedoen het wat glo daarin belê is. Eureka se voortbestaan word deur ’n tweede hofproses bedreig. Die Kammiesbergmunisipaliteit, wat Garies insluit waar Eureka geleë is, is sedert 2018 besig met ’n hofsaak om die huise en geboue plat te slaan. Eureka is geleë op ’n plaas wat vir landbou gesoneer is en het nie dorpstatus nie. In 2021 is die munisipaliteit se aansoek van die hand gewys, maar die munisipaliteit het intussen aansoek gedoen om verlof tot appèl. In reaksie op die hofuitspraak het Niewoudt aan Rapport gesê hulle hoop om geld te kry om die voorlopige likwidasiebevel teen te staan. “Indien hierdie Eurekamense (80% is afgetrede mense) nie die geld bymekaar kan kry om die saak teen te staan nie, sal die maatskappy gelikwideer word. Hierdie uitspraak bewys maar net weer dat die blanke ras van SuidAfrika op enige moontlike wyse uit ons vaderland gedwing word,” het Nieuwoudt laat weet. ) Liebenberg se aansoek om die voorlopige likwidasiebevel tersyde gestel te kry, is Vrydagmiddag aangehoor RegterTebogo Djaje het die saak tot 12April uitgestel. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het hom intussen gevoeg by die aansoekers om die likwidasiebevel tersyde te stel. In sy verklaring sê Hilton Hope, SAID-ondersoeker, Tariomix is reeds sedert Junie 2021 onder kuratorskap geplaas. Hope voer aan Tariomix se bates is reeds onder ’n bewaringsbevel van ’n hof. Sean Newman, Liebenberg se woordvoerder, sê die SAID se verklaring wat by die hof ingedien is, wys daarop dat die likwidateurs “die hof mislei het” en “cowboy-taktieke” gebruik het om opTariomix toe te slaan en op sy bates beslag te lê.

Adv. Vaughn Victor, een van die likwidateurs wat by die voorlopige likwidasie van

Tariomix betrokke is, het egter ook ’n voorlopige verslag by die hof ingedien wat daarop wys dat Tariomix insolvent is. Volgens dié verslag toonTariomix se finansiële verslae dat dit ’n verlies van nagenoeg R880 miljoen het. Volgens Victor was die likwidateurs nie daarvan bewus datTariomix in 2021 onder kuratorskap van die SAID geplaas is nie. Hy sê nie die SAID, die kurator, Liebenberg of Niedinger (sy regsverteenwoordiger) het ooit hierdie feite behoorlik aan die publiek bekend gemaak nie. Hy bevraagteken ook waarom die SAID toegelaat het datTariomix kon voortgaan met sake waar duisende JVvennote in “pakkies” diamante belê het ná die aanstelling van die kurator “Die kurator moes die direkteurskap oorneem van Tariomix en die besigheid moes onder sy toesig bedryf word. “Volgens die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom is Liebenberg en Ronelle Kleynhans steeds mededirekteure.” Zaheer Cassim, wat deur JanTaks as die kurator vanTariomix aangestel is, het nie op Rapport se navrae gereageer nie.

This article is from: