
1 minute read
So Maak Mens Die Lekkerste Namakwabrood
from Hadeda News 10 Maart
by Dottry Media
Jy knie mos nou jou deeg met suurdeeg, dan laat staan jy die skittle deeg op warmwater laat dit lekker kan rys.As dit gerys het, dan knie jy dit weer terug. Dan laat staan jy die deeg weer do n bietjie laat dit weer kan rys. In die meantime smeer jy jou panne lekker botter of jy kan n bietjie olie gebruik.
Dan loop tel jy n paar “krummels” op soos mamma goed mos altyd gesê het.
Advertisement
Julle wat nie geweet het nie, donkiemis of perdemis kan ook gebruik word...my ouma grootjie goed het dit altyd gebruik...my straat se hele minse gebruik dit mos hoeka al die jare.
Dan soak ons so twee ou lelike lappe in water

Ons gaan dit later gebruik om die oond toe te maak.
Dan maak os mos nou die oond lekker skoon, krap dai ou as uit, en dan maak maak jy die vuur
Dan sit jy jou panne in die oond vir so n uur lank. Hou jou tyd dop.

Terwyl die hout brand, dan kom sit jy solank jou deeg in die panne. Dan laat staan ons weer die panne deeg do n bietjie. Dan gooi jy so bietjie melk bo oor die deeg laat die brood nie Swart brand nie.



Dan haal jy dit onmiddelik uit en dan smeer jy dit so n bietjie botter...sommer so warm-warm laat dit kan dag raak...anders is die brood kliphard buitekant.


Dan maak jy die oond toe met die een nat lap, dit help laat daar nie wind in die oond in kom nie.
Na 50 minute kan jy kom check hoe lyk die brood.