Skip to main content

Bloemfontein Online Co. – 9 Desember 2021

Page 1

"Ek was maar nog altyd passievol oor stories vertel en mense."Renaldo Schwarp Bea de Klerk neem op 17 twee snitte op Vrugtekoek vir die feesseisoen

WEN 'N WEGBREEK! BLADSY

32

LAASTE KANS

UITGAWE NO. 17 | 9 DESEMBER 2021


Bladsy 1

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

KERSTYD | VRIENDE | FAMILIE Kerstyd is 'n rowwe tyd. My dogtertjie moet vandag rooi klere na die kleuterskool toe aantrek, werknemers sien uit na die bietjie verlof wat vir hulle voorlê, jaareindfunksies word beplan, Kerskoekies word gebak, almal jaag om vakansieplanne in plek te kry en winkelsentrums loop oor van mense wat na die perfekte Kersgeskenke soek.

Caria

Almal is só haastig om seker te maak dié Kerstyd is spesiaal. Maar soms vergeet ons van dit wat belangrik is. Ons familie en vriende. My pa sê altyd twee dinge vir my. Alles is 'n gejaag na wind en soms moet 'n mens net "stop & smell the roses". Elke dag is 'n geskenk, elke uitdaging 'n leerproses. Vat hierdie Kerstyd en vakansie wat voorlê dinge saam met my 'n bietjie stadiger. Kom ons probeer om die mense, blomme, wolke en dinge rondom ons raak te sien. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 2

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Outeur van ‘Skeef ’ vertel van sy boek, dokkie en gay-wees PASSIEVOL | VEERKRAGTIG | JY Renaldo Schwarp (29), skrywer van die boek “Skeef”, TV-aanbieder en -vervaardiger en ook radio-omroeper, gesels met Bloemfontein Online Co. oor sy boek, sy lewe as ‘n gay persoon in Suid-Afrika en sy pad na roem. Renaldo het in April 2021 na Bloemfontein verhuis. Hy vertel Bloemfontein-inwoners het die skuif van Pretoria so maklik gemaak. “Almal is uiters vriendelik en ek’s mal oor die algehele sin van gemeenskap wat Bloem het.

Renaldo Schwarp

Renaldo het aan Hoërskool Centurion in Pretoria gematrikuleer en het daarna by die Universiteit Stellenbosch gaan studeer. Renaldo se film en boek “Skeef” het aan soveel mense ‘n bietjie perspektief gegee oor die onderwerp van gay-wees. “Ek was 17 jaar oud toe ek vir die eerste persoon vertel het ek is gay. Dit was n universiteitsvriendin. Sy het my ondersteun en ‘n veilige spasie vir my gebied, aangesien sy kon sien dat dit iets is waarmee ek geworstel het. Sy het my ook aangemoedig om my ouers te vertel.” "EK SUKKEL OM STIL TE SIT," LAG HY.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 3

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

"Ek was maar nog altyd passievol oor stories vertel en mense, so die projekte het maar redelik natuurlik ontstaan, of dit nou op radio, TV, aanlyn of selfs skryf is."

Om sy ouers van sy seksualiteit te vertel, was vir Renaldo sekerlik een van die grootste struikelblokke. “Dit was moeilik aan die begin en dis iets waaroor ons nie gesels het totdat die dokkie uitgekom het nie. My ouers was maar nog altyd my grootste ondersteuners, maar my seksualiteit was wel iets waarmee hulle gesukkel het." "Die onderwerp is nou na die boek en dokkie-film nie meer so ongemaklik nie.”

Renaldo Schwarp

Renaldo vertel na afloop van die aanvanklike dokkie “Skeef” het hy gesit en gewonder hoe hy die werk wat daarmee geskep is, kon voortsit. “Ek het aan die begin van 2020 ‘n idee gekry om ‘n boek oor LGBTQIA+-ervaringe te skryf."

Klik hier om jou kopie van Skeef aanlyn te bestel of besoek jou gunsteling boekwinkel.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 4

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

"So toe die inperking begin het, het ek begin skryf en skaaf aan die boek. In 2021 tot so voor publikasie in September, het ek en Lapa Uitgewers aan die manuskrip geskaaf.” Die boek het heel tydig vir Pride-maand uitgekom. Renaldo het sy dramagraad in 2012 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, waar hy gespesialiseer het in media (TV en radio). “Op kampusdae was ek ook heel doening by die kampus se radiostasie. My eerste radio-gig was by SMILE 90.4 FM in Kaapstad en daarna by Capetalk as aanbieder van my eie weeksaand geselsprogram. Tydens laasgenoemde het ek ook my debuut op TV in 2017 gemaak as aanbieder en vervaardiger van VIA TV se insetselprogram, GONS. In 2018 het ek terug na Pretoria verhuis om by Jacaranda FM aan te sluit as naweekomroeper en later daardie jaar het ek by die span op kykNET & Kie se aktualiteitsprogram, KLOP, as veldaanbieder aangesluit.” Toe ons vir Renaldo vra waar sy belangstelling in soveel verskillende rigtings vandaan kom, lag hy en sê dat hy daarmee sukkel om stil te sit.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 5

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

"Ek was maar nog altyd passievol oor stories vertel en mense en so die projekte het maar redelik natuurlik ontstaan of dit nou op radio, TV, aanlyn of selfs skryf is."

“Ek was maar nog altyd passievol oor stories vertel en mense, so die projekte het maar redelik natuurlik ontstaan, of dit nou op radio, TV, aanlyn of selfs skryf is. Mense en hulle stories staan maar sentraal in al die laasgenoemde en dis wat my hierna aantrek. Ek’s ook bly dat ek, veral in ons huidige medialandskap, my professionele portefeulje so wyd kon diversifiseer. Ek dink dis nogal belangrik vir mediamakers.“

Renaldo Schwarp

Uit die lang lys van bekende sterre met wie Renaldo al kon gesels, noem hy Tannie Evita, Bonang Matheba, Nataniel en Claire Johnston Renaldo Schwarp onder die name wat vir hom uitstaan. “En veerkragtigheid is die een ding wat in elkeen se storie uigestaan het. Dis sekerlik een van die wonderlikste eienskappe van ons as mens. Ek’s mal daaroor en ek dink dis ‘n eienskap wat nogal baie onderskat word. En beslis iets wat meer ‘gehighlight’ moet word en ook gevier moet word.” Renaldo vertel vir die LGBTQIA+-gemeenskap in Suid-Afrika is die versoening tussen ons grondwet en die geleefde ervaring van persone wat deel is van die beweging die grootste uitdaging. “Daar is steeds te veel haatmisdade wat die gemeenskap affekteer. En dis iets wat dringend en op n praktiese manier aangespreek moet word.” Renaldo het ook in November afgeskop met ‘n nuwe, opwindende vermaakprogram vir kykNET, wat vanuit Bloemfontein vervaardig word. “Hierdie en my radiowerk is vir eers top-prioriteit, maar ek voel daar is nog n boek wat binne my lê… Wanneer ek hom gaan aanpak, dit moet nog besluit word.” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 6

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Mangaung-metro waarsku: Moenie in die lokval trap nie! Die Mangaung-metro waarsku persone teen vals werksposte wat die rondte doen en om versigtig te wees om nie geld aan enigeen wat ‘n “pos” adverteer, te stuur nie. Qondile Khedama, hoof van die Mangaung-metro se kommunikasieafdeling, sê dit is weereens onder die metro se aandag gebring dat daar bedrog aan die gang is binne die grense van dié metro.

Qondile Khedama

“Ons het ook opgelet dat die persone wat by die bedrogspul betrokke is, verskeie name van amptenare in die stad gebruik om geld te vra van diegene wat werk soek. Ons wil inwoners waarsku om nie geld vir enige besigheid of persoon te stuur wat voorgee om ‘n werwingsagentskap te wees nie.” Khedama waarsku dan verder om versigtig te wees vir enigiemand wat geld vra om jou van ‘n werk te verseker. “Werwing vir indiensneming in die stad word gedoen deur advertensies en interne menslike hulpbronne-prosesse. Ons doen ‘n dringende beroep op persone wat werk soek om nié in die lokval te trap nie, en as jy met só ‘n aanbod genader word, die saak by jou naaste polisiestasie te rapporteer.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 7

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Beste kliëntediens: Spitskop Pale in Bainsvlei

'Hulle is opgewonde om jou te help." Kobus Pietersen (55) van Spitskop Pale in Bainsvlei is genomineer as die besigheid in Bloemfontein wat onlangs ‘n baie goeie diens gelewer het. Magriet Erasmus het dié besigheid genomineer. “Ek nomineer Spitskop Pale in Bainsvlei. Ek het baie jare laas ‘n besigheid teëgekom wat presies weet waar is wat en elke vraag kan beantwoord met antwoorde wat sin maak. Dis lekker om besigheid te doen met iemand wat opgewonde is om jou te help.”

Die span by Spitskop Pale

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 8

Desember 9, 2021

Bloemfontein Online Co.

Kobus vertel hy en Danie Fourie is direkteure by dié besigheid. Spitskop Pale bestaan al vir 21 jaar en verskaf sedert sy begin in 1999 ‘n wye verskeidenheid van behandelde houtpale en gesaagde hout, gestruktureerde hout sowel as gradering-planke.

LOVE LOCAL

Bo en behalwe dit, kan Spitskop Pale jou voorsien van enige benodighede vir die bou van ‘n lapa. Spitskop Pale het onlangs ook uitgebrei en kan nou ook help met drade en sifdrade vir byvoorbeeld boere se heinings. “Wat ons baie onlangs by ons besigheid gevoeg het, is die besigheid wat ons oorgeneem het wat weerligafleiding doen,” vertel Kobus. “Ons werk ook baie ver. Ons het juis Maandag twee maste in Postmasburg gedoen.” Kobus vertel goeie kliëntediens is vir hulle belangrik, omdat ‘n klient maar “die hart is van die besigheid”. “Sonder ‘n kliënt het jy nie ‘n besigheid nie. Daarom moet jou kliënte tevrede gehou word en regtig na gekyk word. Of ‘n kliënt ‘n herhaalde besoeker of ‘n eerstekeer-kliënt is, hy moet vriendelik ontvang word en ‘n goeie kwaliteit produk én ook goeie diens kry.” Kobus sê dis vir hulle ‘n voorreg om genomineer te wees. “Dis onverwags, maar dis ‘n voorreg. Ons is dankbaar dat die Here ons regtig so lei in hierdie moeilike tye om nog steeds ons besigheid goed te kan bedryf.” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 9

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Sommernet-kiekies uit Bloemfontein se geskiedenis Nico Moolman, skrywer van die boek “Boer Whore”, deel met ons ‘n paar unieke foto’s met onderskrifte uit Bloemfontein se geskiedenis.

Foto: Nico Moolman

Dulcie Andrews van Bloemfontein en haar “ou” by sy mousterbaaik gedurende die 1930’s tydens ‘n uitstappie. Dit was destyds nie baie betaamlik vir ‘n dame om agter op die gevaarte nie! Kyk nate die ry skade wat die vloede berokken het

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 10

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Bloemfontein se kampioen-kiekievatter van President tot kneg op die draai van die 19de eeu. Mister Deale.

Foto: Nico Moolman

Toe ‘n mouster se pluks en pinte nog nat geword het as jy ver in diep water ry. Een van my “lekkerste” ou Bloemfontein-kiekies. Deur mister Deale self geneem reg voor sy chambers en studio na groot reën.

Foto: Nico Moolman

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 11

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Twee snitte op 17 opgeneem

MUSIEK | SOLOSANG | PASSIE Bea de Klerk, graad 11-leerling aan Oranje Meisieskool in Bloemfontein, het op die ouderdom van 17 jaar twee snitte, 'Le Charmé' en 'The Time Of Snow', opgeneem en gesels met ons oor wat haar toekomsplanne inhou.

Bea tydens die opname van haar twee snitte

Bea vertel musiek was maar nog altyd deel van haar familie. “Veral aan my pa se kant is daar ‘n klomp mense wat in die musiekbedryf is. My oupa was ook ‘n groot musikant, so mens kan maar sê musiek is in ons bloed.” Bea was self nog altyd baie lief vir musiek en het van kleintyd af daarvan gehou om te sing en aan allerhande konserte deel te neem. “Vandat ek by Oranje is, het ek ‘n bietjie meer begin oefen en sing.” Werner Stander is Bea se solosangmeneer vandat sy by Oranje Meisieskool is. Vandat sy in graad een was, neem sy solosanglesse en oefen en verbeter sy haar tegnieke. Sy het vanjaar graad 6 in Solosang by ABRSM voltooi. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 12

Desember 9, 2021

Bloemfontein Online Co.

Die Royal Schoolseksamen waaraan Bea vanjaar deelgeneem het en met 87% spog, is internasionaal en die leerlinge wat daar die beste in elke provinsie gedoen het, is genooi om by die High Scorers Concert te gaan sing.

“Ek neem ook musiek as ‘n vak by die skool en ons onderwyseres reël altyd konserte vir almal wat dit as vak het, om te oefen.” Bea vertel dat sy hoop om deur middel van haar sang vir ander mense te wys watter groot invloed musiek op lewens kan hê. "Hard work pays off. Met harde werk kan jy regtig enige plek in die wêreld kom.”

Bea vertel daar was dié jaar net twee leerlinge wat gesing het en die ander het klavier en ander instrumente bespeel. Oor die twee snitte wat sy opgeneem het, vertel Bea: “Dit het eintlik so vinnig en uit die bloute gebeur. Meneer Werner het die voorstel gemaak dat ek die liedjies opneem en so het ons dit binne ‘n week gereël.” Werner het Bea op die klavier begelei en Zita Olinger van Zita Films het die opname gedoen. Bea beplan om ná haar matriekjaar by Universiteit Stellenbosch te gaan studeer. “Ek is oortuig die geleenthede wat ek daar vir my sang sal kry, sal baie goed wees. Ek wil regtig graag in die musiekrigting beweeg. Musiek is my lewe!”

Bea en Werner

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 13

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Getooi op die grondpad: ‘Going nowhere slowly’ Ernie Luyt (46), wat volgende jaar vir die eerste keer deel is van die Nuts & Bolts-toer in Bloemfontein, vertel van dié projek wat namens CANSA begin is. Ou voertuie word opgetooi om op ‘n “toer” op grondpaaie te gaan vir bewusmaking van kanker en vir die “samehorigheid” wat onder die toergangers heers wanneer die ou kar op die pad probleme gee.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Die versierde Toyota


Bladsy 14

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Die motors word opgebou en omgebou na elke persoon se smaak en behoefte. Ernie en sy vrou, Karen, het drie kinders – Niël, Martin en Linka. Ernie is in Bloemfontein gebore en woon sy lewe lank al hier. Die plattelandse gevoel, met voordele van ‘n stad, is wat vir Ernie uitstaan van die Rosestad. “Bloemfontein is die hartklop van die Vrystaat en as ons almal saamwerk, kan ons Bloemies weer die trots van die Vrystaat maak.”

Die versierde Toyota

Kenny Williams, wat ook deel is van die Bloemfontein-toere, sê die groot Nuts & Bolts-toere vind ses keer per jaar plaas, maar dat die Bloemfonteiners sommer soms die ritte op hulle eie doen. Ernie vertel die motors wat vir die rit gebruik word, mag slegs tussen +- R20 000 en +-R40 000 kos en dit moet ook ‘n model ouer as 30 jaar wees. “Die motors word opgebou en omgebou na elke persoon se smaak en behoefte. Of dit nou ‘n motor is wat in jou agterplaas staan, en of jy hom op ‘n veiling opspoor en die projek aanpak, is jou keuse.”

Ernie en Emiel by die Toyota

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 15

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Slegs voertuie onder R30 000 Hy vertel die persone wat die motors koop, is enige persoon wat lief is vir en die geduld het met ouer voertuie. Dis ‘n persoon wat omgee vir sy medemens en nie terugstaan om hand by te sit nie en iemand wat sosiaal kan verkeer terwyl daar op agterpaaie gereis word. Hy vertel die moontlikheid dat ‘n motor dalk op die grondpad kan probleme gee, wakker die element van avontuur en uitdaging tydens die toer aan. “Die ouens bied ook kranig hulp aan indien ‘n voertuig onklaar raak. Dit bring nie net samehorigheid onder die groep nie, maar sorg ook dat elke reis nie gou vergeet sal word nie.” Die motor wat Ernie en Emiel Jonker versier het en in hulle “rally”motor omskep het, is ‘n 1984 Toyota Corolla 1200 paneelwa. “Die voertuig is in 1991 op ‘n veiling aangebied en vir R12 000 aangeskaf. Dis gebruik as ‘n afleweringsvoertuig en vir onderdele vir Bakkie Sentrum. Bakkie Sentrum is die eienaar van die voertuig en mede-eienaar van die onderneming, Emiel Jonker, het meeste van die werk aan die voertuig verrig. “Ons amptelike toetsrit het glad verloop en tot groot vermaak van die kinders moes hulle as passasiers die rit meemaak en evalueer.”

Die binnekant van die Toyota Corolla

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 16

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Hier is ‘n kans vir wegbreek buite ons normale raamwerk.” Dan deel Ernie ‘n staaltjie van hoe sy gesin ook deur die projek geraak word. “Ek was besig om ‘n paar finale toebehore aan die voertuig aan te bring, toe ek besluit het om vir Linka met die “rally”-kar by die skool te gaan oplaai. Behalwe vir die spitsverkeer was die parkeerterrein oorweldig met nuuskierige oë van beide ouers en laerskooltjokkers wat onophoudelik na die versierde voertuig gestaar het. Om sake te vererger, het Emiel dit goed gedink om ‘n koddige sirene met ‘n rooi lig op die dak as deel van die Toyota se uitrusting te maak. Ek het natuurlik ruim gebruik gemaak hiervan tussendeur die verkeer en seë van kinders. Groot was Linka se verbasing toe sy besef dié is haar “lift”. Sy het probeer wegkruip, maar moes helaas die posisie van passasier inneem. Sy het egter haar masker aangehou met net twee oë wat uitsteek tot by die huis.”

Ernie sê alhoewel hulle families ons nie noodwendig op die Nuts & Bolts-ritte gaan vergesel nie, is die lekkerste vir hom om hulle deel te maak van die beplanning en die versiering en die komiese bedraes wat gelewer is. “Dit alles maak dat die tog wat ons beplan groot opgewondenheid in die hele huisgesin vestig.” Die voertuig se amptelike eerste Nuts & Bolts-rit sal volgende jaar plaasvind. “Ons het nog net ‘n toetsrit of twee gedoen in en om Bloemfontein, en daar sal nog vele wees voor amptelik die langpad aanvat. ' “Die nuwe uitdagings, reis, interessante mense ontmoet en ‘n kuier saam met ou vriende – dit terwyl jy ook bedra tot iets groters (soos die projek agter Nuts & Boltstoere), maak van die hele ervaring ‘n avontuur. Mens word maklik vasgevang in jou daaglikse lewe van roetine en struktuur. Hier is ‘n kans vir wegbreek buite ons normale raamwerk.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 17

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 18

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

WE WOULD LIKE TO THANK EACH AND EVERYONE OF OUR DEVOTED READERS! Sjoe, ek huil so deur die trane met hierdie ongelooflike mooi berig, wat julle so mooi gedoen het. So professioneel. Sjoe, baie mooi dankie vir die gedig met sy foto agtergrond. Dis ongelooflik mooi. Baie dankie, woorde is te min.

Ons Lesers

Dankie jy het só mooi geskryf! Dankie vir jou harde werk hiermee dis só waardevol! Ek hoop dit bring hoop vir die Boere wat ook onlangs geaffekteer is deur die verwoestende brande. Mag die Here jou werk ook seën!

Ons Lesers

WE LOVE HEARING FROM YOU! CLICK TO LEAVE A REVIEW

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 19

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 20

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 21

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 22

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 23

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Derde plek in bikinikompetisie slegs maande ná ernstige ongeluk Sammy van der Walt, wat al vir 10 jaar in Bloemfontein woon en vroeër vanjaar in ‘n ernstige ongeluk was, het ná haar ongeluk besluit dat sy vir die eerste keer aan ‘n bikinikompetisie wil deelneem. Sammy sê die lekkerste deel van Bloemfontein is vir haar die “plattelandse gevoel” wat mens in dié stad kry. “Dis nie te groot nie, maar hier is alles wat jy nodig het.” Sy het in November aan haar tweede bikinikompetisie deelgeneem en het tussen die ander deelnemers uitgeblink. Sy het derde gekom tussen 10 meisies wat aan die Bikini Modelkategorie by die WFF PRO AM deelgeneem het.

Sammy by die kompetisie

SPORT

Sammy vertel dis die eerste maal wat die WFF PRO AM in Bloemfontein gehou is. “Die geleentheid was ‘n reuse sukses en die federasie het baie moeite gedoen!” Sammy, wat saam met haar persoonlike afrigter, Nicole Daamen, voorberei het vir die kompetisie, vertel sy het 12 weke voor die kompetisie begin met voorbereiding.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 24

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

"Hierdie sport het my soveel geleer oor myself." “Dit was nie elke dag maklik nie, en dit verg harde werk, maar dit is beslis die moeite werd. My afrigter is nogsteeds Nicole Daamen. Daar is niemand anders wat ek sal vertrou om die pad saam met my te stap nie. Dan vertel Sammy van die herstelproses wat sy steeds stap na haar ongeluk op 9 April. “Die herstelproses na die ongeluk is ongelooflik. Ekself is verbaas oor alles wat ek kan vermag en ek voel baie goed!”

Sammy beplan om in 2022 weer deel te neem. “Ons beplan om in Mei reg te wees om ‘n oefen- en eetplan te volg vir die seisoen.” “Ek glo en hoop om ‘n rolmodel vir mense te kan wees. Ek wil mense inspireer en wys dat harde werk beloon word. Hierdie sport het my soveel geleer oor myself en ek besef net elke dag hoe ‘n groot voorreg dit is om dit te kan doen.”

Sammy in aksie by die kompetisie

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 25

Bloemfontein Online Co.

Desember, 9 2021

Get your starter pack now!

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 26

Desember, 9 2021

Check out these amazing deals!

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 27

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

n i e t n o f m e o l B my Day e k a B CLASSIC + QUICK + EASY

Vrugtekoek vir die feesseisoen

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 28

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Vrugtekoek Wat is die feesseisoen sonder ‘n smullekker, klam vrugtekoek? Marlene Schoeman deel dié week met ons ‘n resep vir die perfekte vrugtekoek waarmee jy jou geliefdes dié Kerstyd kan bederf.

Bestandele 1 kg droë kerskoek-vrugte (rosyne, sultanas en lemoenskil) 250 g gekapte neute 250 g versuikerde kersies 250 g gesnipperde dadels 2 t koeksoda 500 g botter/margarien 12 groot eiers 5 k koekmeel 2 k suiker 1 e gemengde speserye 1 t sout

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 29

Bloemfontein Online Co.

Metode Meng droëvrugte en neute en gooi 1 k brandewyn of sjerrie oor en los oornag om te trek. Neem gesnipperde dadels en 3/4 koppie water en kook in potjie. Sodra dit kookpunt bereik, haal van hitte af en gooi die 2 t koeksoda by, laat staan om heeltemal af te koel. Meng botter, eiers en suiker. Voeg meel, sout en gemengde speserye by. Voeg die dadelmengsel by en klits deeglik. Voeg laaste die vrugte-enbrandewynmengsel by.

Desember 9, 2021

Neem drie middelslag panne, spuit en voer dit uit met bakpapier. Bak vir omtrent 1 uur op 140°C. Stel oond dan af na 120°C vir nog ‘n halfuur. Toets of dit gaar is met toetspennetjie, anders kan dit langer ingehou word. Oonde se hitte verskil. Sodra dit uit die oond kom, kan daar genoeg brandewyn of sjerrie oorgesprinkel word terwyl dit nog in die panne is. Laat afkoel in die panne voor jy uithaal. Jy kan die volgende dag weer brandewyn oorgooi indien jy die koek natter wil hê. Versier soos verkies. (Ek hou daarvan om koek te smeer met appelkooskonfyt, oor te trek met marsepein en dan met fondant.)

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 30

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Douglas-ma Douglas-ma lyk in September nog gelukkig op foto's

Onderhoudgeld Pa vier jaar agter tralies oor agterstallige onderhoud

Noodkeiser Baba met noodkeiser gebore vir pa om te ontmoet voor hy sterf

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 31

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Matrikulante sterf Drie matrikulante sterf op pad na matriekvakansie

Polisielid skiet vrou Springbok-polisielied skiet sy vrou, haar vriend, toe homself

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 32

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 33

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

TOP 25 BESTSELLING CARS, TRUCKS AND SUV'S

2021

Did you wonder which car sold the best so far this year? Keep on reading for the most updated stats on the top selling cars in the world at the moment, according to caranddriver.com. 25. Nissan Sentra (110,821 units sold) 24. Ford Escape (111,791 units sold)

19. Tesla Model Y (132,400 units sold, est.) 18. Mazda CX-5 (137,343 units sold)

23. Honda Pilot (114,667 units sold) 22. Hyundai Tucson (116,047 units sold)

17. Chevrolet Equinox (151,110 units sold 16. Honda Accord (157,988 units sold) 15. Ford Explorer (160,174 units sold)

21. Subaru Outback (122,978 units sold)

14. Jeep Wrangler (164,709 units sold)

20. Subaru Forester (132,254 units sold)

13. Jeep Grand Cherokee (189,727 units sold)

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 34

Bloemfontein Online Co.

12. GMC Sierra (191,186 units sold) 11. Toyota Tacoma (200,631 units sold) 10. Toyota Highlander (207,564 units sold) 9. Honda Civic (216,575 units sold) 8. Toyota Corolla (217,727 units sold) 7. Nissan Rogue (234,647 units sold) 6. Toyota Camry (256,769 units sold 5. Honda CR-V (290,140 units sold) 4. Toyota RAV4 (313,447 units sold) 3. Chevrolet Silverado (407,266 units sold) 2. Ram Pickup (434,772 units sold) 1. Ford F-Series (534,831 units sold)

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 35

Desember 9, 2021

Bloemfontein Online Co.

So presteer jou besigheid! Kloppers Bloemfontein Safari 4x4 Zastron Cooling Solutions

Bloemfontein Online Co. het ‘n peiling gedoen om die beste besighede in Bloemfontein te identifiseer. Van naeltegnikusse tot haarkappers, hierdie is die top besighede wat ons lesers gekies het. Bloemfontein Online Co. besef die ondankbare werk wat elke entrepreneur soms moet ervaar.

Ons glo ook dit is nodig om goeie diens te beloon.. Hierdie is jou platform om ’n verskil te maak. Ons gaan voortaan elke week kleinsakeondernemings erken vir goeie diens gelewer. Jy as verbruiker en leser het die invloed om daardie besigheid te erken. Hier is die week se toppresteerders.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 36

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 37

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Bloemfontein deur die oë van 'n leser . e i f f u B s i m a a s n i d y t i M u l s e b t e h k d e n a m En e ni n E . k e r a my pa a w g e w y m t . va e i n s i g i l i e v e n i a l E a s e r The r e h s U

Die Welk omiete v ra waar daar nog is so 'n mo oi parkie sien. En te ek spog te lekker HIER IN . NET BLOEM! - Clarice Claassen

No word s neede d! Barbara Sehanni e

My pleeg ouers he t vir die Bloemfon eerste ke tein kom er in kuier en plek as N wat 'n be aval Hill ter o m h mooi van ulle die m Bloemfon ooiste tein te ga Billy Ble an wys eker & G ideon va n Nieker k

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 38

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 9, 2021


Bladsy 39

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Carel du Toit Spesiale Skool Bloemfontein gaan sirkus toe! Carel du Toit Spesiale Skool Bloemfontein gaan sirkus toe! Carel du Toit Spesiale Skool, ‘n skool vir leerders met ‘n gehoorgestremdheid, het verlede week hulle jaarlikse Kerskonsert gehou. Die tema van dié jaar se konsert was die sirkus. Carin Taute, skoolhoof by Carel du Toit, vertel die jaarlikse konsert is altyd ‘n spoggeleentheid wat deur kinders in die skool se ouers, borge en verteenwoordigers van die departement van onderwys bygewoon word.

Die graad 00-klassie

SKOLE

'n Klompie van die personeel

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 40

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

“Daar was perde, hondjies, olifante, Carel du Toit se leerlinge dra almal dansers, apies en natuurlik ook ‘n gehoorapparate of het ‘n kogleêre inplanting. Almal het dus toegang paar narre!” tot klank. “Ons doen glad nie Carin vertel elke klas het ‘n paar gebaretaal nie, maar leer hulle liedjies gesing en selfs gedans. Al praat,” vertel Carin. “Ons is ook die die personeel van die skool was enigste skool in die Vrystaat wat soos narre aangetrek en het hierdie diens aan leerders bied.” spookasem en springmielies aan al Die skool is geleë op die gronde die gaste uitgedeel. van die Nasionale Hospitaal in “Na die konsert het elkeen ‘n Rothlaan in Bloemfontein en present van Vader Kersfees gekry. leerders van so vroeg as drie jaar Die geskenke is geborg deur oud woon elke dag die skool by. National Real Estate en Elmien Lombaard.” Graad 1 Afrikaanse klas

Die graad R-klassie

Die graad en 3-leerlinge

Die graad 3-leerlinge

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 41

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 42

Bloemfontein Online Co.

OUR TEAM

Desember 9, 2021

Bloemfontein Online co. Issue no. 15 2 Desember 2021 Cover Image Shaun Heining Editorial Caria van der Merwe Editor Una Engelbrecht Sub-Editor Chane van der Westhuizen Writer Advertising Chane van der Westhuizen chane@onlinecosa.co.za 081 505 6702 find-it.co.za/boc facebook.com/bloemonlineco instagram.com/bloemonlineco Contact bloem@onlinecosa.co.za 064 514 1285 Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co. YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 43

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Good Knight Bedding

YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 44

Bloemfontein Online Co.

Desember 9, 2021

Good Knight Bedding

YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook