Skip to main content

Bloemfontein Online Co. – 30 September 2021

Page 1

BROUGHT TO YOU BY DOTTRY MEDIA

SKOLENUUS

BLOEMFONTEIN online co.

Covid-19: 70 dae in die hospitaal

“Dis verskriklik. Ek was nou wel in ‘n isolasiesaal, maar ek kon steeds hoor hoe die mense om my sukkel om asem te haal. Hulle het gesoebat vir asem.”


REDAKTEURSBRIEF

BRIEF VAN Ek het skielik net besef dat ek, ons

DIE REDAKTEUR

almal, voluit moet leef en waardeer wat ons het en nié in 'n hopie moet sit

Toe ek dié week se uitgawe weer

oor ons situasies as daar ander is wat

deurlees en ek sien hoe positief

wens om te hê wat ons het nie.

Johannie Cloete bly ten spyte van die feit dat sy beide haar bene moes laat amputeer, hoeveel sy ander met haar verhaal inspireer en hoe dit haar motto is om vir haar kind te wys dat ALLES moontlik is, kon ek nie help om myself in haar situasie in te dink nie.

Ek wonder hoe dit sou voel om daardie besluit te moet neem, hoeveel "guts" dit moet vat om deur so 'n situasie te kom, hoe lank ek sou neem om te moes leer om alles, wat ek my lewe lank al doen, nou skielik sonder bene te moet doen.

Caria


Covid-19: 70 dae in die hospitaal

VOORBLAD

Izak du Plessis (65), wat by gesondheidsdienste in die staatsdiens gewerk het en nou vir sewe jaar afgetree is, vertel van die 70 dae wat hy in die MediClinic-hospitaal in Bloemfontein se intensiewesorgeenheid deurgebring het ná hy longontsteking en toe Covid-19 opgedoen het.

“Dis verskriklik. Ek was nou wel in ‘n isolasiesaal, maar ek kon steeds hoor hoe die mense om my sukkel om Foto: Izak du Plessis

asem te haal. Hulle het gesoebat vir asem.”

Izak en sy vrou, Ina (65) was Sondag 40 jaar getroud en Izak vertel hoe hulle in dié tyd wat hy in die hospitaal was en hy nie sy alledaagse takies kon doen nie, besef het hoe belangrik dit is dat Ina ook toegang het tot dit wat sy nodig het om alles aan die gang te hou.

Izak is in Junie met ernstige longontsteking hospitaal toe, toe hy benoud begin voel het en gedink het

hy het Covid-19 opgedoen. “Ek is in die hospitaal getoets, maar my toets het negatief teruggekom.”

Izak was weens die ernstige longontsteking aan ‘n ventilator gekoppel tot hy uiteindelik, na 41 dae, van die ventilator gespeen is. “Ons het planne gemaak sodat ek rehabilitasie kon ondergaan, want ek kon nie loop of staan nie, omdat ek so lank gelê het.”


Op Izak se 60ste dag in die hospitaal,

VOORBLAD

het hy positief getoets vir Covid-19 en hy is vir 10 dae in die hospitaal gehou

Hy het wel nou al sy eerste dosis van

om sy isolasietydperk te voltooi. “Mens

die inenting gekry. Izak se raad aan

lê daar in daai bed,” vertel hy. “Jy weet

ander wat ook met Covid-19

nie of dit dag of nag is nie en jy hoor

gediagnoseer word, is om so gou as

net om jou hoe mense sukkel om

moontlik die nodige mediese hulp te

asem te haal. Ek was toe redelik

kry en nie te lank te wag nie.

moedeloos, juis oor ek reeds so lank in die hospitaal was met die

“Die rede waarom relatief baie

longontsteking. Ek het gevoel net nie

jongmense aan die virus sterf, is omdat

dit ook nog nie.”

hulle glo hulle is sterk en kan die virus sommer by die huis bestry. Kry so gou

Izak het ná hy positief getoets is vir

as moontlik die nodige mediese hulp.

Covid-19, behandeling met groot

Wees eerder oorversigtig.”

hoeveelhede anti-retrovirale middels wat gebruik word om virusse te

Izak vertel hy raak summier ontsteld as

bestry, kortisoon en ACC 200 gekry.

hy hoor dat mense nie vir die Covid19-inenting wil gaan nie en voel ons

Hy is ook met ‘n bloedverdunner

moet doen wat ons kan om die virus

behandel om bloedklonte te voorkom.

te beveg.

Izak vertel hy sukkel nou nog met smaak- en reukverlies ná hy Covid-19

“Ek glo vandag dat ons ‘n groot God

gehad het. Sommige mense se

dien. By Hom is niks onmoontlik nie. Hy

smaak en reuk is gou terug, terwyl

het gebede verhoor en my uit die kake

ander weer vir maande na die tyd nog

van die dood gered. Alle eer aan ons

daarmee sukkel. Isak word ook

groot God. Dankie aan almal wat deur

gereeld moeg, moontlik ‘n nadraai van

gebede en meelewing gedurende dié

Covid-19. "Voordat ek so siek geraak

tyd vir ons as gesin bygestaan het. Ek

het, wou ek al gaan vir die Covid-19-

glo vandag in wonderwerke, want ek is

inenting,” vertel Izak.

‘n wandelende voorbeeld.”


MUNICIPALITY

Bloemfontein potholes:

An emotional burden Mqaba Meshack Thabang shares his comical and light-hearted view on the potholes in Bloemfontein and we look at a few pictures he took in Tau Street in Bloemfontein.

"The pothole issue in Bloemfontein has now become a hugely emotional burden for me. I watch these potholes grow up and become big, I see them smash tyres to bits but every now and then, completely without notice, one gets filled in and I never see it again. With tears in my eyes I always convince myself it's all grown up now and gone off to college, smashing tyres among the pothole elite."


Naamsverandering:

MUNICIPALITY

South Park Cemetery Road Die Mangaung-munisipaliteit in Bloemfontein het op 20 September inwoners van Bloemfontein in kennis gestel van die voorlopige besluit om South Park Cemetery Road in Bloemfontein na Bophelong Road te verander.

“Hiermee gee ons kennis dat, in lyn met die Public Places and Street Naming Policy, die Mangaungmunisipaliteit die voorstel om South Park Cemetery Road te hernoem, goedgekeur het.”

Lede van die publiek word aangemoedig om enige klagtes oor dié naamsverandering in te handig.

Enige besware oor dié naamsverandering kan per e-pos aan motseki.seutloai@mangaung.co.za of nolukhanyo.smit@mangaung.co.za gestuur word.

Die sluitingsdatum vir besware is 15 Oktober 2021.


SAKENUUS

Beste kliëntediens:

Van Der Boons Bakery Van Der Boons Bakery in Bloemfontein is genomineer as een van die besighede in Bloemfontein wat in die afgelope tyd ’n baie goeie diens gelewer het.

Ons gesels met Hardy en Elisabeth Otto, eienaars van die bakkery, wat ook al meer as 35 jaar getroud is, oor hoekom dit vir hulle belangrik is om ’n goeie diens te lewer, wat dit vir hulle beteken om iets vir die gemeenskap te beteken en hulle vertel ons van Lizelle, een van hulle werkers, wat vir beste kliëntediens genomineer is. Foto: Lizelle, bestuurder by Van Der Boons


Van der Boons Bakery bestaan al vir

SAKENUUS

meer as 60 jaar in Bloemfontein. Die patriarg van die bakkery was oupa Henk van der Boon wat twee jaar gelede oorlede is.

“Ons het die bakkery in 2007 oorgekoop en gaan sedertdien van krag tot krag,” vertel Hardy. “Ons kwaliteitdiens en ons kliënte is vir ons die heel belangrikste en ons het natuurlik die heel beste pryse.”

Hardy vertel Van Der Boons Bakery het meer as 20 werkers wat daagliks hard werk om al hulle produkte vars te bak vir die volgende dag.

Van Der Boons Bakery spesialiseer in fyngebak soos soutigheid, soetgebak, toebroodjies, “platters” en alle soorte Foto: Hardy,

vars broodrolletjies, beskuit, pasteie en vele ander spesialiteitsprodukte.

eienaar van Van Der Boons


“Ons heerlike ‘donuts’ is ’n moet vir elke geleentheid!”

Lizelle, wat as die bestuurder wat baie goeie diens lewer, genomineer is, werk ook al sedert 2008 vir Van Der Boons.

Die bakkery is ook bekend daarvoor dat hulle verskeie organisasies wat minderbevoorregte persone help, ondersteun. “Ons staan die gemeenskap ook daagliks by met gratis kos.”

Van Der Boons is geleë in Hamilton, Bloemfontein.

SAKENUUS


GESKIEDENIS

Rosestad: Hoe Bloemfontein

sy naam gekry het Het jy geweet die letterlike betekenis van die naam Bloemfontein is van die Duitse woord vir “fontein van blomme” afkomstig? Daarvandaan ook die naam Rosestad of “die stad van rose”.

Die jaarlikse Roosfees in dié stad is ook daarom baie gewild. Daar is in die Kings Park-tuine meer as 4 000 roosbome geplant.

Die stad se Sesotho-naam is Mangaung, wat “plek van die jagluiperds” beteken.


Bloemfontein was oorspronklik

GESKIEDENIS

Johannes Nicolaas Brits (gebore 21 Februarie 1790) se plaas, wat toe die plaas aan majoor Henry Douglas Warden verkoop het.

Alhoewel Bloemfontein histories ‘n oorwegend Afrikaner-nedersetting was, is Bloemfontein amptelik in 1846 gestig as ‘n fort deur die Britse leërmajoor Henry Warden.

Foto: Bloemfontein, Tripadvisor

Tot in 1994 was dié stad die enigste geregtelike hoofstad van SuidAfrika.


HOOP

Positief

na ek altwee bene verloor Johannie Cloete (48), mamma van Bloemfontein, deel haar lewensverhaal met ons, hoe sy haar bene en toe ook haar werk verloor het en hoe sy deur alles positief bly.

Johannie is op vierjarige ouderdom met diabetes gediagnoseer en moes haarself van toe af daagliks met insulien inspuit.

“Ek was maar siek as kind. In daai stadium het mense nie soveel geweet van diabetes nie. Ek het altyd gesê ek gaan nooit trou nie, maar toe het ek my man, Hannes,

Foto: Johannie en

ontmoet.

haar seun, Nathan


Hy het twee kinders, Ruben en Bianca, gehad wat ek soos my eie

HOOP

grootgemaak het.”

Johannie vertel sy en haar man wou bitter graag hulle eie kinders gehad het, maar dat sy by die dokters moes hoor dat dit nooit gaan gebeur nie.

Johannie het, as gevolg van diabetes, eers twee van haar tone verloor, reuse oogoperasies ondergaan en ook ’n beroerte gehad. “Na die beroerte, wat 13 haar gelede was, moes ek baie hard werk daaraan om weer reg te kom. Ek moes spraakterapie kry en weer leer om my arms te gebruik.”

Johannie, wat in ’n ortopeed se spreekkamer gewerk het, vertel hoe sy siek geraak het.

Foto: Johannie, haar man en haar seun, Nathan


“Ek hou nie vreeslik van dokters nie,

HOOP

maar ek was toe na ’n homeopaat toe. Hy sê toe na ‘n lang ruk vir my

Johannie was reeds 30 weke

dat hy vermoed dat ek ’n abses op

swanger en omdat sy toe eers van

my dikderm of dikdermkanker het

haar swangerskap uitgevind het, het

en dat ek vir ’n sonar moes gaan.”

soveel mense vir haar gesê dat daar fout gaan wees met haar baba,

Die suster het aanvanklik gedink die

omdat sy “alles gedoen het wat sy

rede vir Johannie se siek-wees is ’n

nie moes doen nie”.

galsteen, maar Johannie het vinnig vir haar gesê dat dit nie die oorsaak van

Sy lag en vertel hoe sy en haar man

haar seer kan wees nie.

in die sewe weke na sy uitgevind het Foto: Johannie, haar man en

sy is swanger, vir Nathan ’n naam haar seun, Nathan

“Sy vra toe vir my wat ek sou sê as

moes uitdink. “Ons wou hom eers

ek moes utivind ek is swanger?! Ek

Dikderm genoem het! Maar toe

het vir haar gelag, want op daardie

besluit ons op Nathan, wat beteken

stadium was ek 42 en my man 53.

“Geskenk van God”.

Maar so is my wonderwerkbabatjie, Nathan, toe gebore.”

Foto: Johannie, haar man en haar seun, Nathan

“Die liewe Vader het hom vir my


gestuur vir nou. My kind is saam met

HOOP

ons in hierdie hele nuwe ding. Hy is nou ses en hy verstaan en hy help so baie. Sonder hom sou ek lankal ten gronde gegaan het. Ek voel ek moet vir hom wys dat dit nie saakmaak wat in die lewe met jou gebeur nie, maar dat jy bo KAN uitkom.”

In Maart 2020 het Johannie met hulle babahondjie gespeel en toe die hondjie haar op haar voet stukkend gekrap het, het dit “ontplof”, vertel sy. “Die seerplek het net groter en groter geraak, maak nie saak wat ons gedoen het nie.” Foto: Johannie se seun, Nathan

Toe Johannie uiteindelik by die kliniek in Universitas kon uitkom, is sy

Kort voor lank het Johannie se ander

dadelik opgeneem. Sy was vir drie

been ook ’n seerplekkie opgedoen

weke in die hospitaal. “Dit was ’n

toe sy dit teen die rolstoel gestamp

reuse wond. My been het so

het en so het die wond ook groter

gryserig begin raak. Toe sê hulle vir

geword.

my daar is nie genoeg bloedtoevoer nie en dat hulle my been moet afsit.”

“In Augustus het ek vir my man gesê

Haar been is bokant haar knie afgesit

dis nou tyd om te gaan. Almal het

en sy het huis toe gegaan en met

probeer help, maar ons kon net nie.”

haar lewe voortgegaan. Ek het met die ander been aangegaan,

So is Johannie se ander been in

wasgoed opgehang en net seker

Augustus vanjaar ook afgesit.

gemaak ek hou balans!”

“En ja, hier sit ek nou!”


HOOP

Johannie sê sy was nog altyd ’n positiewe mens en haar geaardheid is die rede dat sy deur alles so positief bly. “Daar is ‘n rede vir alles wat met ’n mens gebeur. Alles berei jou voor vir dit wat in die toekoms gaan gebeur.” Sy vertel ook die klein goedjies wat ander mense vir haar doen om te help, gee haar moed om hulle (en haarself) nie teleur te stel nie.

“Om in ’n hopie te gaan sit en huil, gaan nie help nie. Want as jy daar opstaan, is jy nogsteeds in dieselfde situasie. So maak die beste van wat jy het. Ek lewe elke dag asof dit my laaste is.”

Haar raad aan ander wat miskien deur dieselfde situasie gaan, is:

“Gaan aan met jou lewe. Moenie net stilstaan nie. En jy kry wel af dae. Moenie jouself kwalik neem as jy ‘n af dag het nie. Huil, kry jouself jammer, maar kom weer uit daai gat uit. En moenie skaam wees om te sê as jy nie uit die kar kan uitklim nie.”

Foto: Johannie en haar seun, Nathan


MENSE

Bekende Bfn-leraar

verloor stryd teen kanker Dr. Gert Horak (77), ‘n bekende leraar van Bloemfontein, het Saterdag sy stryd teen limfoom-maagkanker verloor.

Hy is in die Life St. George’s-hospitaal in Gqeberha oorlede ná hy na Gqeberha gereis het sodat hy die toewyding van sy dogter, Melissa Horak, se dogtertjie Kaylee in die kerk by pastoor Deon van der Merwe kon doen.

Melissa sê haar pa het by Hoërskool Diamantveld in Kimberley gematrikuleer en het daarna aan die Universiteit van Suid-Afrika teologie studeer. Hy het

Foto: Dr. Gert Horak en sy vrou, Jean

daar ook sy doktorsgraad verwerf.

Dr. Gert was vir 46 jaar by die

Dr. Gert laat sy vrou, Jean, sy dogter,

Bromtonweg-gemeente voor hy

Melissa, sy seun, Etienne en kleinseun,

afgetree en in Mei 2016 die Endeo-

Cornu, agter.

gemeente gestig het. Archeline Nel het op Facebook ‘n Sy begrafnis vind vandag om 12:00 plaas en daar sal ook ‘n skakel op YouTube wees vir mense om na die diens te kyk.

boodskap aan dr. Gert opgedra.


“Vandag het ‘n groot seder geval! Dit

MENSE

is so hartseer. Ek dank die Here vir dr. Gert Horak se inspraak in my lewe. Hoe hy die Woord kon oopbreek, die Woord wat hy gebring het, sy

en sy hartsbegeerte om soos 'n beeld van God siele te wen vir Sy troon van ewige lewe.

Woordskool wat hy aangebied het. Ek sal nooit kan sê ek het nie geweet nie. Hy het my geleer! Hy het by sy Vader gehoort en nou is hy by sy Vader. Dok, jou plek is leeg, maar jou nalatenskap sal voortleef!”

Koester herinnering: Sy eerlikheid, en altyd met geen ontevrede of bitterheid dat hy altyd sê vir ons as gesin en almal wie hy aanraak - God weet, jy sluimer of slaap nie, dis vir God om te oordeel voor die oordeelstroon nie vir hom, hy en

Etienne Horak

almal anders moet liefhê sy naaste soos ons deur die bloed van Jesus vir ons

My pa: Gert Horak was vir baie mense 'n geestelike pa gewees, maar ek het die voorreg gehad dat hy my persoonlike pa was. Hy was iemand waarop mens altyd kon staat

sonde gesterf het aan die kruis om die ewige lewe te hê, dat ons God se werk in vreugde en liefde te doen, en dié wie jou te na kom vergewe, dis wat God van ons verwag.

maak. Hy was altyd daar om ons te ondersteun en uit die moeilikheid te help. Hy was 'n rolmodel in elke opsig. My pa is 'n verlies vir die aarde, maar 'n aanwins vir die hemele. Geniet pa se rus tot ons weer sien.

Jean Horak

My Man: Sy getrouheid teenoor sy gemeente - 'n Kerk van Christus

Foto: Dr. Gert Horak


Melissa Horak

MENSE

My pa: Die wonderlikste oop glimlag

Koester herhinnering: Ure wat

met verwelkoming deur goeie en

spandeer was in sy kantoor en al sy

slegte dae hy altyd 'n grappie en 'n

boeke, die lewenslesse, verhale en

mooi Bybelvers gedagte jou troos

advies en bystand hy ons as gesin

met hoop, môre is 'n nuwe dag deur

getoon het en 'n man met altyd 'n

God se genade Hy ons nog 'n dag

plan, 'n vers soos in die Bybel moenie

spaar. Sy getrouheid en leefwyse

die kinders van my af weg hou en

elke dag soos 'n sonsopkoms

straal liefde elke dag na jou

gestraal het uit hom en almal altyd

medemens met hulp waar hul

met ope arms ingelaat het of hy jou

benodig en hou jou geloof sterk en

geken het of nie sou hy 2 uur

hef jou oë op na die hemel en glo en

oggend kar klim en ry om daar te

vertrou soos 'n kind, met

wees vir die hom nodig gehad het, al

onvoorwaardelike liefde.

was hy kere self siek.

Foto: Dr. Gert Horak, Jean en hulle kleinkinders


RESEP

Rooifluweelkoek –

Marlene Schoeman Marlene Schoeman, kookboekskrywer in die Vrystaat, deel met ons ‘n heerlike resep vir rooifluweelkoek. Probeer dit gerus en bederf iemand spesiaals in jou lewe.

Bestanddele:

ℓ (2 k) koekmeel

500 m

ℓ (1 t) koeksoda 5 mℓ (1 t) bakpoeier 5 mℓ (1 t) sout 30 mℓ (2 e) kakao 500 mℓ (2 k) suiker 250 mℓ (1 k) olie 5m

2 eiers

ℓ (1 k) karringmelk

250 m

ℓ (2 t) vanieljegeursel 5 – 10 mℓ (1 – 2 t) rooi jelkleursel 5 mℓ (1 t) witasyn 125 mℓ (½ k) sterk warm koffie 10 m


RESEP

Metode:

‫ﹾ‬

Voorverhit die oond tot 180 C. Meng die meel, koeksoda, bakpoeier, sout en kakao. Meng die suiker en olie.

Meng die eiers, karringmelk, vanieljegeursel en rooi kleursel by die suikermengsel.

Voeg die asyn en koffie by. Meng die droë bestanddele bietjie vir bietjie by.

Skep die beslag in gesmeerde koekpanne en bak dit in die voorverhitte oond – ongeveer 27 minute vir die 20 cm-lae en 25 minute vir die 15 cm-lae. Toets met ’n toetspen vir gaarheid.

As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom. Laat dit effens afkoel in die panne.

Keer dit dan op draadrakkies uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.


SPORT

Eunice-hokkiespan kom

tweede by Top Schools-toernooi Hoërskool Eunice se hokkiespan

“Baie geluk aan ons hokkiespan! Ons

het tweede gekom in die Top

is geweldig trots op hulle,” skryf die

Schools o/17-toernooi.

skool op sy Facebook-blad.

AGTER: Ellen Meyer (bestuurder), Taheera Augousti, Zenobia Slabbert, Megan Pelser, Chris-Mari Alexander, Cara Katzke, Solange Jacobs, Trusten Barnard, Chris-Lea Potgieter, Dulce Lopez Del Rey, Nika Coertzen (afrigter) VOOR: Georgia Kambanis, Nyakallo Tladi, Monique de Gouveia, Taryn Adams Isabella Myburg, Callista Dunn, Anebel Venter


MOTORS

Discover a new kind

of luxury: The new C-Class Sedan The Mercedes-Benz C-Class Edition 6.

Limited-edition model coming soon.

Introducing an extravagantly unique

Notable features:

• AMG line • AMG 19” wheel • AMG body styling • Panoramic Roof • AGILITY CONTROL suspension

statement car, to be released alongside the new Mercedes-Benz

Safety highlights:

C-Class, the C-Class Edition 6. A

Driving Assistance package

limited number of 400 will go into

PRE-SAFE® Plus

production, so secure yours and be

Active Stop-and-Go Assist

among the few to enjoy the luxury

Centre airbag

and elegance of this exclusive

DIGITAL LIGHT with projection

model. Pre-orders are now open.

function


Comfort highlights:

The new head-up display ENERGIZING packages Memory package

Get yours at Oliver Tambo Street 270,

Bloemfontein - Hamilton

MOTORS


VERBRUIKERS

So presteer jou besigheid! Bloemfontein Online Co. het ‘n peiling gedoen om die beste besighede in Bloemfontein te identifiseer. Van naeltegnikusse tot haarkappers, hierdie is die top besighede wat ons lesers gekies het.

verskil te maak. Ons gaan voortaan elke week kleinsakeondernemings erken vir goeie diens gelewer. Jy as verbruiker en leser het die invloed om daardie besigheid te erken. Hier is die week se toppresteerders.

Bloemfontein Online Co. besef die ondankbare werk wat elke entrepreneur soms moet ervaar. Ons glo ook dit is nodig om goeie diens te beloon. Hierdie is jou platform om ’n

Beste skool: All My Children ECD

Beste salon: Salon Lucinda

Beste naeltegnikus: Chrissie Gericke

Beste hondesalon: Underdog Wash & Brush

Beste apteker: Annari Smith

Beste haarkapper: Rudi Nienaber


NUUSOORSIG:

MENSE

Indien jy dit gemis het... Top stories die afgelope week:

‘Isabella, dit was ‘n voorreg om jou oupa te wees’

‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

Oom Bushy Oliver op 88-jarige ouderdom oorlede

Noord-Kaap-brande: Hoe Kimberley nou vanuit die lug lyk

Vrou dood na motor oor rand van Hartbeespoortdam stort


FOTO'S

Remembering our loved ones we lost

Dr. Gert Horak

5 September 1944- 25 September 2021

"At the blueness of skies and in the warmth of summer, we remember them." Het jy iemand onlangs aan die dood afgestaan? Stuur 'n foto van jou geliefde, die geboortedatum en sterfdatum na bloem@onlinecosa.co.za.


LESERS DEEL FOTO'S

FOTO'S

Ernst van Rensburg se seuntjie, saam met sy hond, Jax, probeer by Tom's Place 'n vis vang. - Ernst van Rensburg

High Tea by CUT se hotelskool Letitia Venter Rolo

'n By wat "my heuning by Airborne gedeel het." - Sandra Pelser


FOTO'S

"My dogtertjie wat vir die eerste keer 'n kameelperd sien op Naval Hill." - Esli Cornelissen

Behind the scenes at a music video in the making for Rokein band. - Joline Scheepers Photography


FOTO'S

Kultuurdag by SMASH - Madelaine Christou

Kultuurdag by SMASH Elzaan en Byron - Natasha Vorster

- Madelaine Christou


Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448


SKOLE

Oranje-onnie se leerlinge

blink uit in Olimpiade Ilse Olivier (43), onderwyseres by Oranje Meisieskool in Bloemfontein, gee al vir 21 jaar lank skool en is vir die laaste 14 jaar ‘n onderwyseres by OMS. Ilse en haar man, Neil Olivier, het twee pragtige kinders, Riley (10) en Mila (5).

Ilse sê haar motto in die lewe is om elke dag voluit te leef en die beste van elke dag te maak.

Ilse gee rekeningkunde as ‘n vak vir graad 8 tot 12, EBW vir graad 8 tot 9, ekstra klasse in ekonomie en is ook die departementshoof van al die handelsvakke by die skool.

Ilse het ná skool rekeningkunde gaan studeer omdat sy “nie regtig geweet het wat sy wou doen nie”.

Foto: Ilse Olivier


“In my derde jaar het die Here

SKOLE

my gelei in my keuse om my onderwysdiploma te gaan doen en ek het so onderwys begin

Foto: Ilse en haar man, Neil

studeer. Ek voel dit is my roeping.”

Twee van Ilse se leerlinge, Chané Nel (graad 12) en Lara Potgieter (graad 10) het aan vanjaar se Proverto EMS Olimpiade deelgeneem. Shané het ‘n tweede plek landwyd verwerf en Lara het nasionaal eerste gekom in haar afdeling. Ilse sê sy is baie trots op die leerlinge en die feit dat hulle so hard werk, is vir haar ook baie belangrik.

“Die prestasie maak al die tyd wat ons insit, die moeite werd. Dit maak ‘n mens so trots.”

In haar vrye tyd verkies Ilse om te hekel, tyd saam met haar familie en vriende deur te bring en het sy ook ‘n deeltydse verkoopbesigheid. “Ek lees ook soms wanneer ek ‘n tydjie kry.”

Foto: Ilse en haar twee kinders, Riley en Mila


Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website


REDAKTEUR

ADVERTENSIES

Caria van der Merwe

071 86 7200 of 076 163 3746

REDAKSIESPAN

KONTAKBESONDERHEDE

Tania Coetzee Elbeth Marais Meryke Bekker Lelanie Swanepoel SUBREDAKTEUR

Una Engelbrecht

bloem@onlinecosa.co.za GEPUBLISEER DEUR

Dottry Media (Pty) Ltd

DIE SPAN


084 828 0319


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemfontein Online Co. – 30 September 2021 by Dottry Media - Issuu