Avontuur en die reis na ouerskap Kaasbordwenke & die perfekte nagereg Ons Desemberliefdesverhaal WAT IS DIE NUUTSTE OEFEN"TREND" VIR 2022? UITGAWE NO. 20 | 30 DESEMBER 2021
Bladsy 2
30 Desember 2021
Bloemfontein Online Co.
BRIEF VAN DIE REDAKTEUR
JAAREIND | WENSE | NUWEJAAR Ek weet nie van jou nie, maar as daar nou een ding is wat ék hierdie jaar geleer het, is dit dat ek 'n gemiddelde temperatuur van 36°C het... Wat sê 'n mens oor 'n jaar soos 2021? Van virusse, variante, golwe, maskers, saniteermiddel, inperking, 'n aandklokreël en inentings tot wateren kragonderbrekings en plaaslike verkiesings. Ons het as essensiële werkers (joernaliste) steeds dwarsdeur die pandemie gewerk en so ook het baie hulle werke verloor.
My brief is nou net so deurmekaar soos wat hierdie jaar was, maar wat ek eintlik wil sê is dat ek dankbaar is. Dankbaar is dat ons almal deur hierdie dol jaar is. Dankbaar dat ons 'n vakansie kon geniet om te herlaai voor 2022. Dankbaar vir familie, vriende en lesers soos julle. Voorspoedige nuwe jaar!
Caria
As jy ook van die huis af gewerk het, sit jy dalk ook nou met 'n ekstra paar rolletjies en is een van jou Nuwejaarsvoornemes om daarvan ontslae te raak. Volgende jaar is die gimnasiums weer Januarie tjok-enblok vol en oor 'n paar maande sit mense met gimkontrakte waaroor hulle baie spyt is. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 3
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Paartjie opgewonde oor 'avontuur' en die reis na ouerskap GESIN | GELUK | OPGEWONDENHEID Suné (26) en Johan van der Merwe (29) brand van opgewondenheid om in Februarie 2022 hulle babaseuntjie, Ethan, in die wêreld te verwelkom. Suné gesels met ons oor haar babatjie, hoe opgewonde hulle is en hoe sy haar swangerskap sover tydens die pandemie ervaar. Die paartjie, ‘n onderwyseres en sagtewarefasiliteerder, bly al so lank as wat hul kan onthou in Bloemfontein.
Foto: Leani Photography
Foto: Leani Photography
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 4
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
“Die lekkerste deel van Bloemfontein is om te weet dat niks té ver is nie, maar daar is ook genoeg lekker plekke om te kan te gaan stap of uit te kom sodat jy nie so vasgedruk voel nie!” Baba Ethan, wat Suné op 10 Februarie verwag, is dié paartjie se eerste babatjie. Suné vertel hulle het lank geneem om Ethan se naam te kies. “Ons wou graag ‘n naam kies wat vir ons baie beteken. Johan se naam en doopname hardloop ook al ‘n paar generasies en ons het nie kans gesien vir nóg ‘n Johan nie,” skerts sy. “Ons het toe besluit op die naam Ethan, wat ‘n kombinasie van Johan se ma en oorlede pa se name is. Etta en Johan. Ethan beteken ook sterk, solied, ferm en blywend.”
Foto: Leani Photography
Die paartjie het ‘n intieme geslagsonthullingspartytjie gehou saam met hulle naaste vriende en familie. Suné sê daar is ‘n klomp seuntjies in die familie en hulle het gedink dat hulle babatjie die eerste dogtertjie gaan wees. “Ek het eintlik van die begin af geweet dit gaan ‘n klein seuntjie wees. Dit was ‘n groot oomblik toe ons die blou rook sien en weet dat dit werklik so is. Dit was vir ons baie spesiaal om dit met ons geliefdes te kon deel.”
Foto: Leani Photography
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 5
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Dis nie net Suné en Johan wat opgewonde is oor klein Ethan se koms nie, maar hulle ouers is net so opgewonde oor hul kleinseun.
Foto: Leani Photography
Suné sê hulle het Johan se ma, wat ver bly, oor ‘n video-oproep vertel. “Ons het ‘n paar baba-items in ‘n boksie gepak. Ons het vir haar gesê dis ‘n pakkie wat ons vir haar gaan koerier en dat ons haar graag wil wys wat binne-in is. Sy het eers gedink ons maak ‘n grap, maar was in ekstase toe sy ons uiteindelik glo. Sy het lank geskimp vir 'n kleinkind!” Vir Suné se ma en haar man het die paartjie ‘n boksie met ‘n paar stapskoentjies in gegee. “Sommer omdat hulle ook baie lief is vir die natuur. Ons het in die boksie geskryf: ‘Ouma en Oupa, hou solank my stapskoene tot ek kan kom kuier.” Suné se haar ma het natuurlik ‘n traan gepik en is baie opgewonde. Dan vertel Suné hoe hulle hul vriende van klein Ethan vertel het. “Ons naaste vriendekring is regtig ons familie. Ons is almal saam die ‘wolfpack’ en deel regtig al die goed en sleg in die lewe.”
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 6
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
“Die mans het vir hulle almal hemde laat maak en ons het toe skelm op 'n lyfbroekie ook laat druk: ‘Newest member of the pack coming soon’. Voordat die paartjie geweet het dat Suné swanger is, het hulle ‘n nuwe huis gekoop en sy vertel hoe hulle by hul laaste aand by hul vorige huis gekuier het. “Die mans het vir hulle almal hemde laat maak en ons het toe skelm op ‘n lyfbroekie (babygrow) ook laat druk: ‘Newest member of the pack coming soon’. Johan het die hemde uitgedeel en heel laaste die lyfbroekie uitgehaal. Dit was ‘n groot oomblik en skok vir almal oor die eerste baba in die vriendekring!”
Foto: Leani Photography
Behalwe vir die spanning en onsekerheid wat daarmee gepaard gaan om in die middel van 'n Covid-19-pandemie swanger te wees, het Suné ‘n rustige swangerskap. “Die eerste ruk van swangerskap het defnitief sy ‘scary’ oomblikke gehad toe Ethan ons baie bekommerd gehad het,” vertel sy. Suné het ook gedurende haar swangerskap positief getoets vir Covid-19. “Dit het die bekommernis nog groter gemaak! Maar ons was gelukkig gereeld vir skanderings en kon elke deeltjie van Ethan se groei sien, wat baie kosbaar was.”
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 7
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Suné sê Johan is net so opgewonde. "Johan is absoluut my steunpilaar. Hy is die een wat in alle situasies kalm en rustig bly." "Hy is baie opgewonde en betrokke en loer gereeld deur die dag in om te hoor hoe dit gaan met my en ons seuntjie. Hy help ook deur meer takies in en om die huis te doen, maar kosmaak is nog nie deel van die pakket nie,” skerts sy.
Foto: Leani Photography
Suné sê sy weet nie of hulle werklik voorbereid kan wees op dit wat kom met ‘n eerste baba nie, maar dat hulle soveel rustiger voel met die mense wat in hulle lewens is. “Ons is definitief ‘n kombinasie van alle emosies, bang en op ons senuwees, maar terselfdertyd is ons so opgewonde en kan ons nie wag om ouers te word en ‘n nuwe fase binne te gaan nie. Verder dink ek ons sal elke dag vat as ‘n nuwe avontuur en elke oomblik probeer inneem en geniet!”
Foto: Leani Photography
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 8
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Outydse poskaarte & Nuwejaarswense
GESKIEDENIS | POSKAARTE Die poskantoor uit die laat 1800’s het nie op Kersfees en Nuwejaar teruggestaan nie, maar eerder groot gegaan tydens dié feestye. Kyk hier na poskaarte uit Pretoria in 1892/1893. Foto’s: Nico Moolman
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 9
30 Desember 2021
Bloemfontein Online Co.
‘Sal jy met my trou?’, 17 jaar later Colleen en Callie Brits het hulle huweliksherdenking dié jaar op ‘n baie spesiale manier gevier. Dié egpaar is al vir 17 Colleen, Callie en hulle dogters jaar getroud. Colleen (41) wou Callie op ‘n unieke manier verras deur ‘n ring aan sy vinger te glip op die dag wat hulle 17 jaar gelede verloof geraak het. Colleen en Callie (42) het mekaar op Wesselsbron ontmoet. Colleen giggel soos sy vertel van hoe hulle twee mekaar ontmoet het.
Die liefde blom steeds
“Ek is in 2001 na Wesselsbron verplaas. Ek het in die finansiële afdeling by die maatskappy gewerk en ek moes mense bel wie se bankrekeninge oortrokke was met bankkostes.” Sy vertel sy moes toe met twee Callie’s praat. “Dit was die eerste keer wat ek hom gesien het. My hart het sommer so gebons toe ek hom die eerste keer gesien het! Hy het nie veel gepraat nie, sommer net sy kop ja of nee geskud.”
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 10
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Toe Colleen later ‘n DVD gaan uitneem, het sy besef hierdie rooi karretjie agtervolg haar. “Ek het die vrou by die DVD-winkel gevra wie die mannetjie is wat my so agtervolg. Ek’t vir hom ‘n SMS gestuur en gevra wat hy wou hê.” Só het Colleen en Callie vir die eerste keer saam koffie gedrink. “Hy het daardie aand seker 10 koppies koffie gedrink, want hy wou nie huis toe gaan nie!” Dié was in Augustus. September daardie jaar het Callie Colleen gevra of sy sy meisie sou wees en op Oukersaand het hy haar gevra om te trou. Die egpaar het drie kinders, Carli (15), Charné (12) en Caraleigh (11). Hulle het die afgelope 17 jaar se huweliksherdenkings maar spesiaal probeer maak deur spesiale etes te hou of sommer net deur blommetjies of briefies vir mekaar te wys hoe lief hulle mekaar nog het. Dié jaar het Colleen met ‘n oulike idee vorendag gekom. Sy wou vir Callie ‘n spesiale ring, wat hy graag wou hê, gee. “Ek het dit nie eintlik beplan nie, maar ek was so opgewonde om dit vir hom te gee. Ons het toe sommer net daar in die sitkamer die selfoon opgestel vir ‘n video en so het ék hóm, 17 jaar later, gevra om met my te trou.”
Colleen en Callie, nog net so verlief soos op dag een
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 11
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Wat is die 'in-ding' in 2022 in die oefenwêreld?
GESONDHEID | OEFENING Is ‘n gereelde besoek aan die gimnasium een van jou Nuwejaarsvoornemes? Hier is goeie nuus! Jy hoef nie die hele dag in die gimnasium deur te bring om gewig te verloor nie. ‘n Goeie eet- én oefenprogram, wat hoofsaaklik uit gewigsoefeninge (‘weight training’) plaasvind, is al wat jy nodig het. Micheal Vosloo, ‘n persoonlike afrigter by Taaiseun Personal Training Studio, gesels met ons oor hoekom gewigsoefeninge dié gang is om te gaan in 2022.
Micheal glo gewigsoefeninge is die beste manier om die beste weergawe van jouself te word.
“Ons as mense wil alles gewoonlik so vinnig en so maklik as moontlik laat gebeur,” vertel Micheal. “Om ‘n gesonder en sterker liggaam te bekom, is ongelukkig nie ‘n maklike en vinnige ding nie. ‘n Gesonde liggaam kom nie uit ‘n pil, ‘n poeier of ‘n koffie nie.” Micheal sê 90% van die mense wat hy afrig, het gewoonlik nie tyd nie. “Wanneer jy nie tyd het nie, is fietsry, draf en aanhoudende kardiovaskulêre oefeninge een van die goed wat jy nie doen nie. Jy bly nie op daardie manier in beheer nie, want hoe fikser jy raak, hoe verder kan jy gaan en hoe langer neem dit jou liggaam om moeg te raak.” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 12
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Daarom sê Micheal gewigsoefeninge is die beste. “Aan die begin is jou liggaam seer en moeg, maar soos wat jy daarmee aanhou, begin jy later in beheer raak van jou liggaam. Soos wat jy sterker raak, kan jy jou liggaam verder uitdaag deur met swaarder gewigte te oefen.” Micheal sê dat dié oefenprogram natuurlik gepaard gaan met ‘n gesonde en gebalanseerde dieet. “Ons is nie onfiks omdat ons nie ‘n gimnasiumkontrak het nie, ons is onfiks as gevolg van ons leefstyl.” Micheal gee ‘n paar voordele van gewigsoefeninge. “Dit bevorder selfdissipline. Dit is dan absoluut in jou werksplek en in jou verhoudings met ander mense sigbaar. Jou respek teenoor mense en teenoor jouself verbeter ook. Dis ‘n lewensstylverandering. Jy voel beter, jy lyk beter, jy raak sterker. Dit gaan nie altyd oor hoeveel gewig jy verloor nie.” As jy ‘n beginner is, stel Micheal voor dat jy professionele hulp kry.
Hy sê baie mense stap by die gimnasium in en het nie regtig ‘n idee van watter tipe oefeninge om te doen nie. “Veral die jongspan. Jong mans wat begin oefen, stap by die gimnasium in en wil dadelik die grootste gewigte begin gebruik. Ek sê altyd die grootste gewig sonder die regte bewegings en manier van oefen, beteken niks. ‘n Kleiner gewig met die regte aksies en repetisies doen al die werk.” Werk dus vir jou ‘n program met al die regte oefeninge en repetisies uit en raak so die beste weergawe van jouself!
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 13
Bloemfontein Online Co.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 14
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
2021 in 'n neutedop Vasvra vir die langpad Hoe ingelig is jy oor wat in dié dol jaar gebeur het? Kyk of jy en jou gesin die volgende antwoorde kan regraai. 1. In watter volgorde het die Covid-19-variante uitgebreek? 2.Wie het die Curriebeker gewen? 3. Wat is Facebook se nuwe naam? 4.Op watter datum was die verkiesing? 5.Wanneer het die Tafelberg-brande uitgebreek? 6.Watter oudpresident is toegesluit? 7.Watter oudpresident is oorlede? 8.Watter aktrise wat bekend was vir haar rol in 7de Laan, is oorlede? 9.Watter land het die Omikron-variant ontdek? 10.Watter sosialemediaplatforms was vir byna 'n dag buite werking?
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 15
Bloemfontein Online Co.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 16
Bloemfontein Online Co.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 17
Bloemfontein Online Co.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 18
Bloemfontein Online Co.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 19
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Hou jou dier kalm tydens vuurwerke en klappers dié feestyd Honde-eienaars sien op na die chaos wat elke jaar se feesvieringvuurwerke in buurte saai. Baie honde en ander troeteldiere raak bang, paniekerig en soms hardloop diere weg as die geraas te veel raak. Die DBV in Bloemfontein gesels met ons oor hoe jy dié jaar jou vierpoot kan beskerm. Die beste is om jou troeteldier binneshuis te hou gedurende hierdie tyd. Sit ook die radio aan met kalmerende musiek. Dit help ook om die dier kalm te hou. Gee vir jou troeteldier sy/haar gunsteling peuselhappie om aan te kou. Dit help om hulle aandag af te trek. Kry by jou veearts kalmeerpilletjies om vir jou hondjie in te gee. Dit maak hulle kalm. Streel jou troeteldier en praat hom/haar op ‘n kalm manier. Bind ‘n verband oorkruis om die hondjie se lyf en om die voor- en agterlyf. Dit laat hulle veilig voel.
DIERE
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 20
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
s g n i r b g n i h t o N e together l p o e p good food! e k li SMULLEKKER + VINNIG + MAKLIK
Idees vir jou Oujaarsaand -kaasbord & die perfekte nagereg
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 21
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Idees vir jou kaasbord Jy het nie tien verskillende soorte kase nodig om vir die jaar se Oujaars-kaasbord ‘n indruk te maak nie. Drie is heeltemal genoeg. Om die kaas te kies Dis belangrik om minstens drie soorte kaas te kies en seker te maak dat die tekstuur, kleur, smaak en geur verskil. Harde kase (cheddar, pecorino) pas goed by droë rooiwyn of ‘n ryk Chardonnay. ‘n Soetwyn komplementeer die ligter, romerige blou kase, maar nie Deense blou of gorgonzola nie. Brie en Chardonnay gaan lekker saam. Camembert en ‘n goed verouderde rooi. Gewürztraminer, Chiraz of soetwyn is lekker met gerookte kaas. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 22
Bloemfontein Online Co.
Die kaasbord ‘n Rolletjie roomkaas of chevin met kruie, neute of sade, vars vrugte, soos druiwe, vye, ryp pere of pruime. Sit hierby ‘n paar stukke gemarineerde of gerookte mozzarella of ‘n stuk goudakaas en miskien ‘n paar volgraanbeskuitjies voor. Hier is voorbeelde van wat jy vir Oujaarsaand op jou kaasbord kan pak. Cheddar en Mosterdkaas pastrami druiwe beskuitjies met sesamesaad biltongkaas swartwoud ham gammon tamatie, roket en olyfstokkies hoemoes Chorizo-worsies bosbessies rys kraakbeskuitjies mini worteltjies babamielies vars aarbeie Wenke van www.foodloversrecipes.co.za
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 23
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Die perfekte nagereg Ná jou indrukwekkende kaasbord is die smullekker skokoladebruintjies van Marlene Schoeman die perfekte nagereg. Bestanddele: ½ k botter ¾ k witsuiker ½ k bruinsuiker 2 groot eiers 1 e olie 2 t vanieljegeursel ¾ k koekmeel ½ t kakao ½ t sout
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 24
Bloemfontein Online Co.
Metode: Voeg gesmelte botter by die wit en bruinsuiker. Meng met ‘n menger op medium spoed. Voeg die eiers een op ‘n slag by terwyl jy meng. Voeg die olie en vanieljegeursel by. Meng die meel, kakao en sout saam. Voeg bietjie op ‘n slag by die mengsel terwyl jy steeds klits. Plaas in ‘n 20 cm x 20 cm-pan. Bak vir 30 minute by 180°C. Koel af op ‘n afkoelrakkie. Gooi gesmelte sjokolade bo-oor en versier met ‘n paar sjokoladeballetjies.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
30 Desember 2021
Bladsy 25
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
'By die see pas tot blommetjies op swembroeke en blokkieshemde!' - Tilla Nel
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Lesers deel vakansie-foto's
'Ek kuier by my kinders in Dullstroom, Mpumalanga.' - Christolene Abbott Hodgson
Bladsy 26
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
n i e s s e l g u l 'V r i v g r u b s e n n a h Jo ' ! s e e f s r Ke r e w u r B a n s i r a M BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Lesers deel vakansie-foto's
'Of dit nou reen of nie... Braai sal on s braai.' - Peet Kr uger
Bladsy 27
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.
16-jarige vermis Die 16-jarige Annelize is sedert 19 Desember vermis.
Driejarige heldin Spotlightstories berig hulle het die lyke van beide ouers, die getraumatiseerde dogtertjie en haar vier maande oue boetie in die huis gekry.
Pophuis-wens vervul 'n Dogtertjie se Kerswens is vervul toe sy 'n dag na Kersfees opgespoor is en die pophuis van haar drome gekry het.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 28
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Seun se selfdoodbrief “Ek is jammer. Asseblief vergewe my. Ek is so lief vir julle almal.”
Pa en seuns sterf 'n Pa en sy twee seuns is dood toe 'n kortsluiting in hulle Kersboomliggies plaasgevind het.
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 29
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 30
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Follow us on Facebook
Follow us on Instagram
Join our Telegram group
Join our WhatsApp group
Send us an email
Visit our website
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 31
Bloemfontein Online Co.
OUR TEAM
30 Desember 2021
Bloemfontein Online co. Issue no. 15 2 Desember 2021 Cover Image Shaun Heining Editorial Caria van der Merwe Editor Una Engelbrecht Sub-Editor Chane van der Westhuizen Writer Advertising Chane van der Westhuizen chane@onlinecosa.co.za 081 505 6702 find-it.co.za/boc facebook.com/bloemonlineco instagram.com/bloemonlineco Contact bloem@onlinecosa.co.za 064 514 1285 Published By Dottry Media (Pty) Ltd
Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co. YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 32
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 33
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 34
Bloemfontein Online Co.
30 Desember 2021
Vasvra-antwoorde 1. Alpha, Beta, Gamma, Delta en Omicron 2. The Vodacom Bulls 3. Meta 4. 1 November 5. 18 April 6. Oudpres. Jacob Zuma 7. Oudpres. FW de Klerk 8. Themsie Times, bekend vir haar rol as Maria 9. Suid-Afrika 10. Facebook, WhatsApp en Instagram
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.