Skip to main content

Bloemfontein Online Co.

Page 1

'Jy kan enigiets bereik as jy jou hart daarop sit.' - Anri Powell

Gebedsgroep kom vir byna drie jaar elke dag bymekaar Ons maak lekker malvalekkers

WEN 'N WEGBREEK! BLADSY

36

SKRYF NOU IN! UITGAWE NO. 16 | 2 DESEMBER 2021


Bladsy 1

Desember 2, 2021

Bloemfontein Online Co.

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

INSIGGEWEND | NUUT | OPWINDEND Bloemfontein Online Co. wag vir niemand nie. Selfs Januarie moes tweede in 'n ry staan vir Desember.

Caria

Met die hulp van ons fantastiese span het ons dit reggekry om in 'n bitter kort tydjie 'n vars uitleg vir die koerant te ontwerp. Ons het in die laaste paar dae baie hard gewerk en is bitter opgewonde om dié nuwe "look" aan julle voor te stel. Laat nagte, koppies en koppies koffie en baie insette van verskeie rolspelers stel ons in staat om 2022, 'n bietjie vroeg, maar met 'n vars gemoed in te stap. Soos ek in my heel eerste redakteursbrief in Augustus gesê het, ons fokus is en sal altyd julle, ons lesers bly. Dis vir julle wat ons aanhou verbeter en seker maak dat elke week se uitgawe boeiend, insiggewend en interessant is. Ons hoop dat julle net so opgewonde is oor dié uitgawe soos ons. Lekker lees! BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 2

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Anri Powell Ace Models meer as net 'n mooi gesig SELFVERTROUE | PASSIE | DROME Anri Powell (45), eienaar van die Bloemfontein-tak van Ace Models, vertel Ace Models is vir die afgelope nege jaar een van die grootste akademies in die land. Powell is met die oud-Vrystaat rugbyspeler, Jimmy Powell, getroud en hulle het twee kinders, Caylyn (15) en Jaeden (13). Sy woon al 27 jaar in Bloemfontein en het in Bethlehem gematrikuleer.

Model: Louanne Jacobs

Ná matriek het sy haar diploma in bemarking aan die technikon van die Vrystaat verwerf. Ace Models is 17 jaar gelede in Mosselbaai begin deur Joani Johnson. Johnson is nou hoof uitvoerende beampte by Ace Models. Powell vertel hoe Johnson die naam wou uitbou. “Joani het in 2012 besluit sy wil die naam uitbrei en ek het haar eerste franchise in Bloemfontein gekoop.” MY PASSIE WAS NOG ALTYD JONGMENSE

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 3

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

“Die Ace Models-akademie roem daarop om met al die aspekte van lewensvaardigheid en persoonlike ontwikkeling te werk en dan ook die modelle bloot te stel aan die industrie en om al die aspekte van modelwerk vir hulle te leer.”

Powell vertel Ace Models werk baie nou saam met agentskappe in Johannesburg en in Kaapstad en dat dat modelle soms haar akademie met 'n agentskap verwar. Powell vertel haar passie was nog altyd om met jongmense te werk. “Jongmense en om hulle te laat verstaan dat jou waarde net deur jouself bepaal kan word en nie deur mense om jou nie. Ek glo daarin dat as jy jou eie waarde kan ontdek, jy enigiets in die lewe kan aanpak!” Vir Powell is selfvertroue baie belangrik.

Anri Powell

“Selfvertroue is een van die grootste aspekte waaraan ons moet werk. Sodra jy dit gevestig het, kan jy van daardie fondasie af werk om enige mens te laat verstaan en help wat sy/haar doel is en ook hoe om daar uit te kom.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 4

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

By Ace Models word ‘n wye verskeidenheid model-aspekte gedek, onder andere fotografie, loopwerk, openbare toesprake, skoonheidskompetisies, lewensvaardigheidsontwikkeling, selfvertroue, CV’s en onderhoude.

Daar is meer as 500 modelle wat regoor Suid-Afrika deel is van die Ace Models-akademie en net in Bloemfontein alleen is tussen 100 en 150 modelle wat jaarliks aan hulle programme deelneem.. Ace Models het in September vanjaar weer ‘n jaarlikse internasionale konferensie bygewoon waar al 25 Ace Modelstakke saamgetrek het. Daar was vanjaar 230 modelle.

Powell vertel die Bloemfontein-tak het in baie kategorieë by dié saamtrek in verskillende ouderdomsgroepe pryse verower. Hulle het ook in drie kategorieë die Algehele Model van die Jaartoekenning gewen.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 5

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

'Ons het julle gehoor, dienslewering sal geskied,' sê burgemeester Die nuutaangestelde burgemeester vir die Mangaungmetro, Mxolisi Siyonzana, sê hy het die Mangaung-inwoners gehoor en dat dienslewering soos vullisverwydering bo-aan die metro se prioriteitslys sal wees.

agenda wees. Julle gaan nie alleen beweeg nie, ons gaan saam met julle beweeg,” het hy op ’n raadsvergadering gesê. “Ons gaan as partye saamwerk. Ons gaan saam met almal in hierdie raad werk.”

“Ons het julle gehoor. Ons belowe Verder het Suyonzana gesê probleme soos vullisverwydering probleme soos water is uitgelig en en slaggate sal bo-aan ons dat hy voel dit moet bespreek word.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 6

Bloemfontein Online Co.

‘Ons gaan saamwerk om die lewens van ons mense te verbeter. Ons gaan die aandeelhouers se interaksie verbeter. Ons gaan hoor wat ons mense wil hê.” Johan Pretorius, DA-raadslid, sê as die amptelike opposisie gaan hulle die ANC verantwoordelik hou.

Desember 2, 2021

“Ons sal die vrae vra deur Reël 38’s en ons sal selfs met die mensteregtekommissie, die Groen Skerpioene en die Openbare Beskermer in verbinding tree om druk op hulle te sit om dienslewering te laat geskied.”

MUNISIPALITEIT

Mxolisi Siyonzana

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 7

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Stylvolle inisiatief bou ’n wenproduk

STYLVOL | NUUT | INISIATIEF Jana Grobbelaar, groepsredakteur van Dottry Media (Pty) Ltd. sê somtyds is die pas so vinnig, jy klou maar net vas en fokus op die wind in jou hare. Sy het spesifiek uitgebrei oor die nuwe uitleg van Bloemfontein Online Co. en wat tot dié vinnige opgradering gelei het. “Bloemfontein Online Co. het al ’n paar ‘feathers geruffle’. Ek weet nie of dit is omdat ons ‘n nuwe speler in die stad is of omdat ons by die lesers self uitkom nie. Vanaf die eerste uitgawe, met Jeani Meyer op die voorblad, wat Bloemfontein aan die gons gehad het, het Caria van der Merwe, redakteur, raakgevat.

Jana Grobbelaar

“Elke week word ons oorval deur boodskappe van lesers wat dankbaar is oor erkenning, of net lekker saamgelees het oor dinge en mense in die Rosestad. Die pas met ’n weeklikse koerant is vinnig. Sommige dae gaan in ’n waas verby en moet jy mooi dink wanneer het wat gebeur. So ook het ons nuwe uitleg, wat jy vandag lees, so vinnig gebeur. “As jy ’n aanlynkoerant uitgee, stel jy jou vreeslik bloot vir kommentaar, terugvoer, kritiek. Ons platforms stel ons oop vir kommentaar en dit is hoe ons leer, verbeter, vir lesers gee wat hulle wil hê. Ons skryf vir jou, nie vir onsself nie. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 8

Bloemfontein Online Co.

Ons is al gewoond daaraan en weet as jy by Dottry Media werk, moet jy ’n dik vel hê. “Die ander kant van die speelpark wat ons digitale media noem, is dat ons vryheid het om kreatiwiteit uit te leef. Om nuwe idees te probeer. Om met rolspelers in die gemeenskap hande te neem en iets uit niks uit te skep. “So het Caria van die eerste uitgawe self met nuwe idees vorendag gekom. Met Chané van der Westhuizen, ons verkoopskonsultant, het die kreatiwiteit omtrent gevloei. Die twee het saam gekonkel en een oggend uit die bloute, lê Chané ’n volledige nuwe koerant aan my voor. Ek wil sê ek was verbaas, maar ek was nie. Ek verwag sulke inisiatief.

Desember 2, 2021

Ek verwelkom nuwe denkwyses, vars ontwerpe en is mál daaroor dat ons ’n span het wat buite die boks dink. Wat besef om boedels, testamente, kennisgewings te publiseer aanlyn, kort daar ’n bietjie ekstra dinkwerk, sodat jy almal gelukkig hou. “Ek is baie trots op Caria en haar span vir hierdie uitgawe. Dit lees maklik, dis stylvol, tydloos en iets om te hou! “Ons hoop jy geniet die uitgawe net so baie soos ons dit geniet het om aan jou voor te stel. Asseblief laat hoor van jou. Gee jou kommentaar, los ‘n ‘review’, kom soek ons op Facebook, Instagram, WhatsApp, LinkedIn of stuur ‘n gewone e-pos. “Lekker lees!”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Jana


Bladsy 9

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Beste kliëntediens: Skinlogix Bloemfontein

"Sy is die gaafste vrou." Chelyn Bezuidenhout (36) van Skinlogix in Bloemfontein is deur Bloemfonteiners genomineer as een van die besighede in wat die laaste ruk ‘n baie goeie diens gelewer het. Monique Shennan skryf: “Ek nomineer Skinlogix Trusted Beauty Specialists. Chelyn is die beste in wat sy doen en sy is ook die wêreld se gaafste vrou. Sy is ‘n ervare velspesialis en sy besit Skinlogix wat in Dan Pienaar geleë is.”

Marchell Muller en Chelyn Bezuidenhout

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 10

Desember 2, 2021

Bloemfontein Online Co.

Chelyn, wat eienaar van dié salon is, vertel die salon bestaan al vir 11 jaar. By Skinlogix bied hulle span ‘n wye verskeidenheid van skoonheidsdienste aan, onder andere die mooiste permanente grimering, tatoeëerverwydering, wimperverlenging, “microneedling” en naels.

LOVE LOCAL

Chelyn vertel sy is ook ‘n instrukteur by Premier Beauty. “Goeie kliëntediens is vir ons belangrik. Ons wil elke kliënt spesiaal én welkom laat voel en wys dat ons werklik omgee. Sodoende bou ons ‘n spesiale verhouding met elkeen wat ons met hulle skoonheid vertrou. Sonder ons kliënte sou ons beroep nie moontlik gewees het nie!” Chelyn sê dis vir hulle ‘n groot seën en ‘n voorreg om genomineer te wees.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 11

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Foto's: Sommernetkiekies uit Bloemfontein Die volgende foto’s kom uit Nico Moolman, skrywer van die boek “Boer Whore” se ongelooflike versameling foto’s van Bloemfontein se geskiedenis, onder andere die Bloemfontein-vloede, interessante foto's van geboue of sommer net inwoners. Foto: Nico Moolman

Sonny du Toit van Bloemfontein gooi kole teen die nekbreek-randjie uit naby die stad waar die jonges Sondae smiddae kom uithang het. Die kiekie in die Kyk na is die skade wat 1930's geneem. die vloede berokken het

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 12

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Die pad van 'n aangenome kind

LIEFDE | VERWERPING | AANNEMING Zané Melony Steyl (25) gesels met ons oor die pad wat sy as aangenome kind gestap het, hoe dit haar en haar aanneemouers se lewens verander het en gee ook raad aan ander wat moontlik deur dieselfde gaan. Zané is as 11 dae oue baba aangeneem en het by haar aanneemouers in Bloemfontein gaan woon. Die gesin woon al vir 25 jaar in Bloemfontein. Haar aanneemouers het vir 10 jaar gesukkel met behandeling om ‘n kind van hul eie te hê en was vir lank op ‘n waglys vir ‘n babatjie voor hulle haar aangeneem het.

Zané en haar aanneemouers

Ná skool het Zané gaan studeer om ‘n elektrisiën te word. Sy werk tans as ‘n persoonlike assistent. Sy beskryf haarself as ‘n “Jack of all trades” en lag as sy sê dat sy eintlik maar alles doen. Zané vertel dat sy van ‘n jong ouderdom af al geweet het dat sy aangeneem is. “Ek is grootgemaak met die wete dat ek aangeneem is." BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 13

Zané se aanneemouers

Zané sê sy het tydens haar grootwordjare maar met baie vrae geworstel en deur baie fases gegaan. “Daar is maar ‘n fase waardeur jy gaan en voel jy is ‘n mislukking

Desember 2, 2021

Bloemfontein Online Co.

"Ek is maar baie op laerskool gespot. Kinders het vir my dinge gesê soos dat my ma my nie wou hê nie.”

Zané en haar aanneempa

Zané en haar aanneemma

"Die letsel wat jy op jou hart dra dat jou eie ma jou nie wou hê nie, bly vir altyd met jou."

want niemand wou jou eers as ‘n pap babatjie gehad het nie. Verwerping is ‘n baie moeilike ding – oor die algemeen, selfs in verhoudings en nou as grootmens. Die letsel wat jy op jou hart dra dat jou eie ma jou nie wou hê nie, bly vir altyd met jou.” Zané sê sy het op hoërskool begin bang raak dat haar ma haar gaan kom steel, maar kon deur haar maatskaplike werker gerusstelling ervaar toe sy uitgevind het haar ma woon nie in Bloemfontein nie. “Om die kersie op die koek te sit, ná al die verwerping en goed in my lewe, is ek gay. So dit maak dit nou nog moeiliker, want mense sê dis as gevolg van die feit dat ek ‘n aangenome kind is. Maar dis nie die geval nie.” Zané het tydens haar 18de verjaardag matriekeksamen geskryf. Sy het besluit dat sy nie met haar eksamen wil inmeng nie, en dat sy haar ma vroeër wou ontmoet. “Aan die begin van 2014 het ek en my biologiese ma eers briewe aan mekaar geskryf. Ek het in dié briewe agtergekom dat daar oor sekere dinge vir my gejok word. In April het die ontmoeting plaasgevind.” Zané sê wat die moeilikste van daardie dag was, is dat haar maatskaplike werker voor die tyd vir haar ma gesê het om haar nie vas te gryp wanneer sy haar sien nie, omdat sy nie regtig ‘n mens is wat hou van fisiese kontak as sy iemand nie ken nie. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 14

Bloemfontein Online Co.

“My broer het ingekom en my met die hand gegroet. My ma het my vasgegryp en geskree ‘My kind, my kind’. Dit is ‘n emosie wat ek aan niemand kan beskryf nie.” Op 18-jarige ouderdom het Zané uitgevind dat haar biologiese pa oorlede is toe sy 13 was, sonder dat hy ooit van haar geweet het. “Sy droom was om ‘n kind van sy eie te hê en hy het doodgegaan sonder om sy enigste kind te ken. Ek was baie kwaad daaroor dat hy dit nooit geweet het nie en dit was ‘n teer punt in my lewe.

Desember 2, 2021

Dis erger om iemand te mis wat jy nie ken nie, omdat daar nie herinneringe is waaraan jy kan vasklou nie. Dis net vrae.” Zané vertel sy het ‘n baie goeie verhouding met haar biologiese pa se familie. Zané kan vandag bevestig dat sy 'n goeie lewe het. “As dit nie vir my biologiese ouers was nie, het my aanneemouers nooit ‘n kind gehad nie.” Sy vertel hoe sy van jongs af met meisies gepraat het wat gewonder het of hulle hul babatjie vir aanneming moet opgee.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 15

Bloemfontein Online Co.

“Ek het hulle altyd aangemoedig om dit te doen, want die babatjie het dan altyd ‘n kans op ‘n beter lewe. As jy in ‘n situasie is waar jy nié die beste vir ‘n kind kan gee nie, gee die kind op vir aanneming.” Zané sê alle aangenome kinders ervaar egter nie die proses dieselfde nie en dat almal maar deur ‘n rebelfase gaan. “Jy het soveel dinge in jou wat jy moet uitklaar. Iemand wat nie deur so iets gaan nie, sal nie kan getuig van wat jy ervaar nie.”

Desember 2, 2021

"Aanneming is ‘n tweede kans op die lewe.” Zané sê sy is tog bly dat sy haar ma kon ontmoet en dat sy kon besluit of sy haar deel wil hê van haar lewe of nie. Haar hart is seer oor haar pa en sê sy sou hom tog graag wou ken. “My aanneemouers is baie ondersteunend. Hulle verstaan dat bloed dikker is as water. Tog sal ek hulle in my lewe nooit vir enigiets of enigiemand verruil nie. Hulle het soveel vir my opgeoffer en my grootgemaak as hul eie. Ek is so dankbaar daarvoor. Hulle is my ouers.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 16

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

“Aanneming is ‘n tweede kans op die lewe.” “Ouers wat kinders wil aanneem, moet net weet daar gáán vrae kom. Daar gaan tye wees wat die kind wil weet waar hy of sy vandaan kom. Jy as ouer moet verwag dat vrae voorlê.” Zané voel ook dat dit beter is om ‘n aangenome kind van die begin af die waarheid te vertel, omdat hulle in ‘n latere stadium in hulle lewe moeiliker die nuus sal kan aanvaar. “En as jy kinders van jou eie het, moenie dat jou aangenome kind uit voel nie, moenie dat hy of sy aan die kortste end trek nie.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 17

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 18

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Gebedsgroep bid daagliks pligsgetrou vir SA, polisie en mekaar

Die 49-jarige Maria Ramaksaghani is al vir twee jaar lank deel van ‘n gebedsgroep wat elke oggend getrou by die ingang van die buurt Langenhovenpark bid voor elkeen in sy eie rigting beweeg en die dag aanpak. Maria vertel sy het in 2019 in Langenhovenpark begin werk en moet soggens van ‘n busdiens

gebruik maak om by die werk te kom. “Ag, aanvanklik het ons in die bus op pad werk toe gesing en iemand sou uit die Bybel uit preek. Toe begin ons om wanneer die bus gestop het en ons uitgeklim het, weer bid voor ons almal werk toe gaan.” Inwoners van dié buurt en ook die res van Bloemfontein het die groepie al baie maal gewaar en

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 19

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

“As ons net bid, is alles moontlik. Bid vir mekaar.” bewonder die pligsgetrouheid waarmee die groepie elke dag bid. Maria vertel hulle bid maar oor alles. “Ons bid vir enigiets. Ons bid vir Suid-Afrika, vir die polisiediens, vir ons land, en vir mekaar. Dit beteken vir my so baie om deel te kan wees van die groepie.” Maria vertel dat sy voel dié gebedsgroep ‘n werklike verskil in haar lewe gemaak het. “Dit voel Maria en twee dames wat Woensdagoggend saam met haar gebid het soms vir my of sommige van my probleme net opgelos word wanneer ek daaroor bid. As ek enige bekommernisse oor my situasie by die huis, my kinders of by die werk het, bid ek daaroor. Dan raak alles sommer beter.” Maria sê die groepie was aanvanklik groter, maar weens Covid-19 en omstandighede moes baie lede van die groep op ander plekke gaan werk of het hulle werk verloor. “Ons is op die oomblik so sewe of agt mense wat saam bid.” “As ons net bid, is alles moontlik. Bid vir mekaar.” Die gebedsgroepie in 2018 (Foto: Charles Smith, Facebook)

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 20

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

WE WOULD LIKE TO THANK EACH AND EVERYONE OF OUR DEVOTED READERS! Sjoe, ek huil so deur die trane met hierdie ongelooflike mooi berig, wat julle so mooi gedoen het. So professioneel. Sjoe, baie mooi dankie vir die gedig met sy foto agtergrond. Dis ongelooflik mooi. Baie dankie, woorde is te min.

Ons Lesers

Dankie jy het só mooi geskryf! Dankie vir jou harde werk hiermee dis só waardevol! Ek hoop dit bring hoop vir die Boere wat ook onlangs geaffekteer is deur die verwoestende brande. Mag die Here jou werk ook seën!

Ons Lesers

WE LOVE HEARING FROM YOU! CLICK TO LEAVE A REVIEW

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 21

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 22

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

WHAT IS THE COLOR OF AIR? WHO OWNS THE RIGHT TO BREATHE?

Ace Models Year End Show

“Please stop running from the truth and listen! Another death is everyone’s fault.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 23

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Ace Models Year End Function SATURDAY 27 NOVEMBER

Saturday night at five, we were fortunate enough to join Ace Models for their year-end show. The show was hosted at the Kovsies Church on the UFS campus. Parents, fashion designers, photographers and the general public, all took their seats. The show completely exceeded the expectations of everyone in the audience. By the end, people were wiping off their tears, applauding and cheering for the young men and women who walked the stage.

“What is the colour of air? Who owns the right to breathe? Why are we so afraid of each other?” Ace models took the platform they had available and used it to do so much more than just “put on a show”. While models were taking the stage, spoken-word clips started playing, talking about racial discirimination, police brutality, the pandemic, the harm of social media and climate change. “Is there justice for all here? What is the vaccine for this pandemic?”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 24

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

"I CAN'T BREATHE" “Please stop running from the truth The models were dressed in many and listen! Another death is different outfits, each fitting the everyone’s fault." unique message, lighting and music of their walk. Beautiful red and pink “Broken hearts still beat, never ever ball gowns, green natural capes and again, will a brother scream, ‘I can’t all black outfits all played a part in breathe’.”’ Dramatic music had making this showcase such a everyone sitting on the edge of success. their seats. Two models took the stage, in beautiful tribal wear, Anri Powel and her team of costanding back to back. workers and models definitely put on a night to remember! Behind them more and more If you would like to view the models started taking the runway, showcase, Keep an eye on our lining up back to back. The social media to watch models take audience felt the tension, everyone the stage, and walk with purpose! understood the message and you could see the effects of models, lighting, music and costume working in unison to create this amazing atmosphere.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 25

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 26

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 27

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 28

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Harold Verster tree uit, Cheetahs in goeie hande by Ross van Reenen Harold Verster, wat vir 28 jaar aan die stuur was by die Cheetahs, het aan die einde van November uitgetree as die besturende direkteur van die Cheetahmaatskappy. Ross van Reenen, bekende sakeman en voormalige Vrystaat-speler, het op 1 Desember die leisels oorgeneem as hoof uitvoerende beampte. Jerry Segwaba, president van die Vrystaatse Rugby-unie, en Ryno Opperman, voorsitter van die Cheetahs-raad, het die besluit aangekondig. Harold sal in ‘n adviserende hoedanigheid beskikbaar bly.

Harold het in September 2020 sy aftree-ouderdom bereik, maar hy is gevra om op ‘n maand-tot-maand basis te help terwyl daar besluit is wie sy opvolger gaan wees. Ross was reeds by fondsinsamelingsprojekte van die Cheetahs betrokke en met die planne dat die Cheetahs weer na internasionale rugby terugkeer, het hulle iemand nodig gehad wat ‘n finansiële en fondsinsamelingsbaanrekord het. So het Ross homself beskikbaar gestel vir dié posisie.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

SPORT


Bladsy 29

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Ek kan nie aan ‘n beter man dink as Ross van Reenen om die teuels oor te neem nie. Ross het ‘n BA Honneursgraad, ‘n hoër opleidingsdiploma en ‘n MBA-graad wat hy met ‘n onderskeiding aan die Oxford Brookes-universiteit in Londen behaal het. Sy topverkoperboek, From Locker Room to Boardroom, wat handel oor rugbytalent wat in besigheidsukses verander, het hy geskryf om rugbyspelers voor te berei vir ‘n professionele of besigheidsberoep na sport, en sy passie en mentorskap vir jong talent is duidelik.

Harold Verster

Ross van Reenen

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 30

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

“Net dié met binnekennis sal weet dat Vrystaat Rugby die laaste ruk deur die moeilikste tyd in sy 126 jaar van bestaan is,” sê Segwaba. “Verster het deurentyd vir die Cheetahs se regverdige plek in Suid-Afrikaanse en internasionale rugby baklei. Hy het nie net vir Vrystaat Rugby gewerk nie, maar sy hele lewe het daarom gedraai. Hy was ‘n pilaar van wysheid en krag.” “Ons verwelkom Ross van Reenen hartlik terug in die Vrystaat en by die Cheetah-familie. As ‘n gebore Vrystater het hy ‘n vol sirkel gemaak om weer na sy wortels terug te keer.”

Ryno Opperman, voorsitter van die raad, sê Verster het die veggees van die Cheetahs verpersoonlik. “Hy het ons gelei tot by baie hoogtepunte en oorwinnings, maar ook deur ons moeilike tyd.” “Ross neem oor met ‘n stewige fondasie wat deur Harold gelê is om die Cheetahs op ‘n pad van groei te lei,” sê Opperman. “Hy het ‘n passie vir die span, die provinsie en jong professionele persone. Ons is dankbaar en opgewonde dat hy dié uitdaging aanpak.”

Verster het die raad en die unie vir hulle erkenning en ondersteuning bedank. “Die afgelope twee jaar was die moeilikste van my betrokkenheid by Vrystaat Rugby. Ek is egter dankbaar dat ons meeste van die uitdagings kon oorwin met die ondersteuning van die Unie en die raad en ons ongelooflike ondersteuningsnetwerk regoor die land en die wêreld.” “Ek kan nie aan ‘n beter man dink as Ross van Reenen om die teuels oor te neem nie.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 31

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

n i e t n o f m e o l B my Day e k a B CLASSIC + QUICK + EASY

Coconut Marshmallows NOTHING GIVES THE IDEA OF THE FESTIVE SEASON LIKE FLUFFY WHITE MARSHMALLOWS AND WHITE COCONUT FLAKES!

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 32

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Malvalekkers Marlene Schoeman, bekende kookboekskrywer in die Vrystaat, deel dié week met ons ‘n baie maklike en goedkoop resep vir die heerlikste malvalekkers. “Dit lyk dalk ‘n bietjie ingewikkeld, maar dis so eenvoudig en vinnig om te maak. En dis die lekkerste malvalekkers wat jy in jou lewe sal eet!”

Bestandele 4 k suiker 1 k water 4 e gelatien ½ k kookwater ½ t sout 1 t vanieljegeursel

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 33

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Metode Kook die suiker en die 1 k water saam tot dit kook. Meng ½ k kookwater, gelatien, sout en vanieljegeursel saam in ‘n mengbak. Gooi kookmengsel ook by en klits met klitser tot wit en styf. Gooi in gesmeerde oondpan of ander plat bak en plaas in yskas. Wanneer styf, sny in blokkies met ‘n mes wat

jy aanhoudend in ‘n koppie water druk sodat dit nie vassit nie. Rol die blokkies direk in die gebakte klapper. Die oorblywende klapper kan in ‘n plastiekbakkie gebêre word om weer te gebruik. Jy sal nooit weer malvalekkers in die winkel wil koop nie!

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 34

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Tannie Maryna Theuns Jordaan se ma sterf kort na sy begrafnis

Theuns se dood Juanita du Plessis se hart stukkend oor Theuns

Nuwe variant Nuwe Covid-19-variant ook by ingeënte individue opgetel

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 35

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

'Koebaailied' Steve Hofmeyr se roerende 'koebaailied' vir Theuns Jordaan

Dozi Dozi het ook harte geroer tydens sy emosionele vertoning van Grassade by Theuns se begrafnisdiens

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 36

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 37

SPECIAL EDITION

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

2022 LAND ROVER DEFENDER V8 BOND EDITION

Die nuwe Land Rover Defender verskyn in die James Bond-film “No Time To Die” wat in Oktober vanjaar vrygestel is. Land Rover het ‘n spesiale Defender V8 Bond Edition van dié gewilde voertuig bekendgestel wat geïnspireer is deur die Defenders in die fliek.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 38

Bloemfontein Online Co.

DEFENDER V8 BOND Daar word slegs 300 van die Land Rover Defender V8 Bond Editions in die hele wêreld vrygestel. Soos die naam aandui, sal almal gebaseer wees op die V8-aangedrewe Defender, sonder enige dryfkrag. Land Rover sluit jou egter in die 110-bakstyl toe – geen tweedeur-90’s hier nie. Dié spesiale Land Rover-voertuie sluit ‘n klompie Bond-verwante ekstras in, soos ‘n Defender 007-wapen, ‘n 007 “puddle lamp” en 007- verligte vensterbankplate. Die voertuie het ook 22-duim blinkswart wiele. “One of 300” sal ook aan die binnekant van elke 007 Defender ingeëts wees. ‘n Unieke 007-aansluitingsanimasie sal ook speel elke keer wat jy in dié motor klim. Die Land Rover sal jou $115,95 (R1 835 645) uit die sak jaag.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 39

Desember 2, 2021

Bloemfontein Online Co.

So presteer jou besigheid! Skinlogix Bloemfontein Spitskop Pale Bainsvlei EconoFoods

Bloemfontein Online Co. het ‘n peiling gedoen om die beste besighede in Bloemfontein te identifiseer. Van naeltegnikusse tot haarkappers, hierdie is die top besighede wat ons lesers gekies het. Bloemfontein Online Co. besef die ondankbare werk wat elke entrepreneur soms moet ervaar.

Ons glo ook dit is nodig om goeie diens te beloon.. Hierdie is jou platform om ’n verskil te maak. Ons gaan voortaan elke week kleinsakeondernemings erken vir goeie diens gelewer. Jy as verbruiker en leser het die invloed om daardie besigheid te erken. Hier is die week se toppresteerders.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 40

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 41

Desember 2, 2021

Bloemfontein Online Co.

Bloemfontein deur die oë van 'n leser s i s e e w d n i k t n s a l E "W a in R " . lekker

"Pragtig e sonso nderga Bloemfo ng in ntein." Marche lle Corneli ssen

"Blessin gs are a ll around us, you just need to look dee per with fait h!" - Jea neMarie C laassens

"Ouma se klein pri nsessie, Imke." - A nsie Rau lstone

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 42

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 2, 2021


Bladsy 43

Bloemfontein Online Co.

Hoofleiers

Desember 2, 2021

2022

Leiers van môre Goeie leierskap is van kardinale belang in enige skool wat op hulle beste wil presteer en die nuwe jaar aanpak. Die volgende hoofleiers is deure hulle skoolmaats verkies.

Manello Moletsane, Felisba Black, Jordan Goodman en Mfelo Mkhondo

Nialize Cronje

Hoërskool Bloemfontein

Hoërskool Sentraal

Ané Janse van Vuuren, Jana Rheeder en Didi Nel

jan Harm van der walt

Hoër Meisieskool Oranje

Hoërskool Sentraal

Skolenuus BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 44

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 45

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

QR Scanners available all over Bloemfontein

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 46

Bloemfontein Online Co.

OUR TEAM

Desember 2, 2021

Bloemfontein Online co. Issue no. 15 2 Desember 2021 Cover Image Shaun Heining Editorial Caria van der Merwe Editor Una Engelbrecht Sub-Editor Chane van der Westhuizen Writer Advertising Chane van der Westhuizen chane@onlinecosa.co.za 081 505 6702 find-it.co.za/boc facebook.com/bloemonlineco instagram.com/bloemonlineco Contact bloem@onlinecosa.co.za 064 514 1285 Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co. YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 47

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Good Knight Bedding

YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 48

Bloemfontein Online Co.

Desember 2, 2021

Good Knight Bedding

YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemfontein Online Co. by Dottry Media - Issuu