Skip to main content

Bloemfontein Online Co. – 24 Februarie 2022

Page 1

Ons gesels met Mev. Heelal SuidAfrika Nuus saam Rosestad Marmite, biltong & cheese muffins

'N LIEFDE VIR

DIERE UITGAWE NO. 28 | 24 FEBRUARY 2022


Bladsy 2

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

INSPIRASIE VIR DIE WEEK

HET JY 'N 'DUVET DAY' NODIG? “Mental health” is op almal se lippe. Jy moet na jouself kyk. Na jou angs. Depressie. Veral na die afgelope twee jaar wat net mal was, sukkel mense om weer aan te pas.

Maar hoe gemaak as jy kinders het, ‘n werk, ‘n baas wat oor jou skouer loer en uitsnuffel as jy jok dat jy siek is? Jy kan ook nie elke week ‘n duvet day vat nie!

Dalk moes jy by die huis werk en nou is jy terug by die kantoor. Dalk hou jy aan by die huis werk. Dalk het jou verhouding nie die inperking gemaak nie of jy sukkel ewe skielik met een of ander gesondheidskwessie.

België het nou ‘n vierdagwerksweek ingestel. Of dit gaan werk, weet geen mens nie. Want wat doen jy ook later met jouself?

Somtyds is alles net te veel. Soms voel jy oorweldig en dan kort jy ’n duvet day. Dis een dag wat jy vir jouself neem, om net niks te doen nie. Jou foon af te sit. Te verf. Te lê. Episodes van Friends te kyk. Dis een dag wat jy nie aan iemand anders hoef te antwoord nie. Wat jy nie verantwoordelikhede het nie. Wat jy nie hoef kos te maak of reg te staan vir iemand nie.

Hoe dit ookal sy, probeer vir jou ‘n duvet day skeduleer. Laat iemand na jou kinders kyk vir daai dag. Reël vir hulle maatjies. Praat met jou vriendinne en gee mekaar ‘n breuk. Wees eerder eerlik en neem ‘n verlofdag as wat jy ‘n siekdag neem. Vat ‘n duvet day sonder enige skuldgevoelens en 'claim' dit vir jouself! Ons het almal soms nodig om net af te skakel.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 3

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

MOYA #datafree BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 4

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

24 Februarie 2022


Bladsy 5

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Uyleta Nel-Marais MISS UNIVERSE | SUID-AFRIKA Uyleta Nel-Marais is op 17 Februarie in Pretoria as Mev. Heelal Suid-Afrika gekroon. Die 31-jarige prokureur sê sy is bitter trots op haar prestasie. “Ek het regtig hard gewerk hiervoor. Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het net my beste gedoen en gehoop vir die beste.” Vir Uyleta was hierdie haar heel eerste skoonheidskompetisie en dit het haar lewe verander. Sy het ook ses wonderlike vriendinne in die ander deelnemers bygekry. “Hulle is so spesiaal. Ons is regtig ‘n "sisterhood" en ondersteun mekaar deur alles.” Sy sê as sy die Mev. Heelalkompetisie, wat in Suid-Korea gehou word, wen, sal sy haar inisiatief One Nation: Our Women and Children (against GBV) wêreldwyd wil uitbrei. “Geslagsgeweld is ‘n pandemie wat nasionaal en internasionaal beveg moet word.” Oor vyf jaar sal sy graag wil sien dat haar inisiatief al sy doelmerke bereik het en ‘n verskil gemaak het in slagoffers se lewens. Sy wil ook graag haar eie handelsmerk hê en ‘n kindjie of

Dus fokus ek op goeie beplanning en prioritisering.” Uyleta het ook ‘n fantastiese ondersteuningstelsel. “Ek is een van die gelukkiges en ek is so dankbaar! My man, Stephan Marais, my ouers Reginald en Lucille Nel, my broer en susters,

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 6

Bloemfontein Online Co.

Raven, Nadine en Amia. Hulle is almal so wonderlik en so bly saam met my. My werk ondersteun my ook baie.” Of sy ‘n rolmodel is of nie, sy sê: ”Ek glo ek is en probeer my bes om een te wees.” Haar raad aan ander vrouens wat ook groot drome het, is om aan te hou aan hulleself te werk en te groei. “Verbaas jouself daagliks en wees trots op wat jy elke dag bereik. Jy is meer as goed genoeg en kan enigiets bereik.” Die belangrikste ding wat sy geleer het, is om nie so te stres oor alles nie. “Haal asem en weet God is in beheer.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

24 Februarie 2022


Bladsy 7

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

‘Ek het nog altyd 'n konneksie met diere gehad’ DIERE | PASSIE | KONNEKSIE Die Bloemfonteinse dierekommunikeerder Hettie Richter (47) vertel sy het nog altyd ‘n konneksie met diere gehad. “Dit was altyd vir my swaar dat mense diere nie op dieselfde manier as ek sien nie. Toe my dogter in 2005 gebore is, het ek besluit dat dit is wat ek gaan doen, al eet ek brood en drink ek water.” Hettie help verskeie diere soos perde, honde, katte, selfs beeste en skape, met gedragsprobleme en siektes of hulle algemene welstand. “Diere het basiese emosies. Hulle raak ook deurmekaar. Maar hulle is vir ‘n rede in jou lewe.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 8

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Sy vertel dat die hond- en kat-ouers in Bloemfontein aan die begin van haar beroep as dierekommunikeerder baie goed was vir haar. Sy het baie diere in dié tyd gehelp met hul algemene welstand. “Tot ek besef het ek kan dieselfde met net ‘n foto doen!” Die eienaar van ‘n dier sal byvoorbeeld vir Hettie ‘n foto stuur, en sy sal deur die dier se liggaamstaal vasstel wat fout is of pla. Hettie het selfs op Dierepraters verskyn, ‘n program wat handel oor die vele maniere wat daar is om diere te help. “Ek het vreeslik lank gewik en weeg of ek op Dierepraters moet verskyn, omdat dit vreemd is vir mense en hulle dit nie verstaan nie,” vertel sy. “Maar juis om daardie rede het ek besluit om dit te doen. As iemand sy persepsie oor diere kan verander, dan help dit die diere.” “Kom uit jou kop en terug na jou hart, dis waar diere jou aanraak. En dis uit jou hart wat jy met ‘n dier kommunikeer.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 9

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 10

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 11

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

‘n 105 nuwe werkers aangestel by Mangaung metro wat na bewering niks doen nie

‘n Bykomende las van R2,5 Miljoen per maand is by die reeds bankrot Mangaung Metro se salarisekening gevoeg nadat ‘n 105 nuwe werkers aangestel is in die politieke kantore van Mxolisi Siyonzana, die Burgemeester, Stefani Lockman-Naidoo die Speaker, asook in die hoofsweep, onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid se kantore. Netwerk24 berig dat die Speaker Lockman Naidoo gesê het dat geen mensehulpbronne prosesse gevolg is met die aanstellings nie. LockmanNaidoo sê dit is bloot korrupsie en politiek wat aan die gang is. Sello More, voormalige waarnemende stadsbestuurder het na berig word vir die aanstellings geteken. Lockman-Naidoo sê die nuwe mense sit heeldag en niks doen en sommiges daag nie op vir werk nie. Siyonzana het gesê politici raak nie betrokke by aanstellings, en navrae na die metro se woordvoerder verwys Hierdie nuus is deur Rosestad 100.6FM aan jou gebring.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 12

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

In die Laer – Kom eet saam Tradisionele geregte soos kerrie-afval, bobotie, lewerkoekies, wildspastei met pampoenpoffers, gestoofde perskes, koringslaai en melktert en koeksisters as nagereg wag op 19 Maart 2022 op besoekers aan In die Laer in Kimberley. Ongeveer twintig geregte soos deur die Voortrekkers voorberei in die waens gedurende die Groot Trek word vanjaar vir die Voortrekker-ete voorberei. Varsgebakte brood met tuisgemaakte konfyt en lewerpatee en kaiings sal as voorgeregte beskikbaar wees terwyl heerlike yskoue gemmerbier die dors sal les. Die Voortrekker-ete is deel van laeraktiwiteite van 18 to 20 Maart 2022 waartydens ‘n volledige Voortrekker-laer met waens en osse ontplooi word by 8 Myl buite Kimberley. Vanjaar word ‘n span osse voor die wa ingespan en besoekers kan ‘n rit op die ossewa geniet terwyl hulle die natuur bewonder. Verskeie aktiwiteite soos brood bak, botter karring, melktert op die vuur, lopers giet, die vuur van voorlaaiergewere en die maak van skoene en kerse sal vanjaar vertoon word. Uitstallings van volledige ossewaens met al die toebehore en gereedskap en demonstrasies oor die gebruik daarvan sal die lewe in die laer uitbeeld.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 13

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Vrydagaand word ‘n In die Laer-storie- en musiekaand aangebied met stories en musiek uit die ossewa-era. Saterdagaand se hoogtepunt is ‘n Voortrekker-ete proe-aand met meer as 20 geregte wat uit die wakombuis voorberei was. Vir die jeug is daar verskeie speletjies en aktiwiteite uit die Voortrekkerera om aan deel te neem met pryse aan die wenners. Sondag word afgesluit met ‘n In die Laererediens. Kaartjiebesprekings vir die Voortrekker-ete open 18 Februarie 2022 en die koste is R150 per volwassene en R80 vir kinders onder 10. Die etekaartjie sluit gratis toegang tot die terrein op Saterdag in. Toegang tot die terrein op Vrydag en Saterdag is R50 per volwassene en R20 per kind. Sondag is gratis. Geskiedenis en kulturele erfenis is besig om verlore te raak vir die jonger geslag. Die bewaring van kultuurgebruike en geskiedkundige gedenkwaardighede is van kritiese belang vir die voortbestaan van ons kultuurerfenis. Die Rapportryerbeweging, Voortrekkers, Afriforum en die Landsdiens beywer hulle om die Afrikaner-kultuurerfenis te bewaar en te bevorder. Die doel van die geleentheid is om fondse vir die bewaring en instandhouding van monumente by Magersfontein, Paardeberg, Modderrivier en Kimberley in te samel. Vir meer besonderhede besoek https://indielaer.co.za of skakel vir Marius Nagel by 083 778 9179 om kaartjies te bespreek.

1.7 Meter BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 14

Bloemfontein Online Co.

, e t i m r a M eese h c &

24 Februarie 2022

g n o t l bi s n i f f u m

EASY + QUICK + DELICIOUS

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 15

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Marmite, biltong & cheese muffins Ingredients: 150 g biltong, finely chopped 3 tbsp butter, melted 2 cups cake wheat flour 2 tsp baking powder 2 tbsp sugar 2 eggs 1 cup milk 1 cup Cheddar cheese, grated 3 tbsp Marmite Handful of chopped fresh chives Instructions: 1. Heat your oven to 190° and butter up your muffin tins. 2. Mix the melted butter and chives together and set aside to cool slightly. 3. In a bowl, add the flour, baking powder, sugar and salt and mix with a spoon. 4. In a separate large bowl add the eggs, milk and Marmite and give a light whisking, then add the butter and chive mixture, the grated cheese and chopped biltong pieces. Give it a good mix to combine. 5. Add the flour mixture to the egg mixture and stir with a spoon in a folding motion until combined. 6. Fill the muffin tins to 2/3 full and bake until golden brown (about 20 minutes). Remove them from the tins and allow to cool on a wire rack.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 16

Bloemfontein Online Co.

17 Februarie 2022

Soek jy jou skolenuus gratis op een van SuidAfrika se grootste nasionale platforms? Stuur al jou skolenuus aan ons as jy wil hê jou skool moet ook in een van Suid-Afrika se grootste aanlynkoerante geplaas word. As jy ‘n ouer is, vra jou skool om namens jou kind dit te doen, sodat jou kind erkenning kry. FiND iT publiseer in Afrikaans of Engels, daagliks. Bou jou skool se webtuiste deur goeie “SEO” en verhoudinge. Om deel te word, stuur ‘n e-pos aan nuus@find-it.co.za en ons vertel jou hoe. FiND iT het 1 miljoen lesers en is ook die enigste Afrikaanse nuusverskaffer aan die super-app, Moya, met 6.5 miljoen lesers DATA VRY.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 17

Bloemfontein Online Co.

17 Februarie 2022

#nuusflitse

Skietery by Meqheleng, verdagtes word gesoek

Omstreeks 21:00 Vrydagaand is ses mense in die Vrystaat by 'n plaaslike taverne geskiet. Een persoon is dood. Na bewering het drie onbekende verdagtes die taverne binnekom, een persoon doodgeskiet, en verder skote in die taverne afgevuur. Vyf mense is beseer. Die polisie vra enigiemand met inligting om lt.-kol Kgolanyane by 0823019578 te kontak.

Polisie op soek na vermiste man Mea John (76) was laas op Valentynsdag by sy huis saam met familie gesien voor hy vermis geraak het. Die polisie sê John het nie vir sy familielede gesê waarheen hy gaan nie. Hy het 'n kaki-hemo en kakibroek met bruin skoene aangehad. Enigiemand met inligting kan sers. Tshidisi Salman by 082 455 6164 kontak.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 18

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

NICD waarsku oor tifuskoors Die NICD het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrekings in die Wes-Kaap en nog ‘n uitbreking in Noordwes.

My man sal ‘n wonderwerk wees

“As jy iets abnormaal op jou lyf ontdek, gaan sien dadelik ‘n dokter. My man het ses maande gelede iets ontdek, dit gelos, en vandag wag ons vir hom om dood te gaan.”

‘Sy wens is om by die huis te sterf’ “Die dokter het gesê daar is niks meer wat hy vir Kyle kan doen nie. Sy wens is om hy die huis te sterf.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 19

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. ‘Sy is onskuldig’

Die 22-jarige Ashley Oosthuizen is nou in Thailand lewenslange tronkstraf opgelê vir ’n misdaad wat sy volgens vriende en familie nie gepleeg het nie.

Dissiplinêre aksie vir leerlinge wat by skool drink, rook Vyf leerlinge is glo geskors ná ‘n video waarin dit blyk dat hulle by die skool bier drink en rook, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het.

Dogter laat pa skaterlag in ‘skoolvideo’ Die video van Schalk Steyn en sy dogter, Anneri, of “Pinnochio”, is al meer as agtduisend keer op Facebook gedeel en Suid-Afrikaners kan hulle lag nie hou nie.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 20

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 21

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Groot groep diere uit ‘haglike’ omstandighede by sangoma se huis gered Die Bloemfonteinse DBV het onlangs ‘n groot groep diere, onder andere ape, hoenders, ‘n skilpad en honde, uit “haglike” omstandighede by ‘n sangoma se huis in Bloemfontein gered. “Ons het ‘n klagte van die publiek ontvang van ‘n sangoma wat vyf apies in ‘n motorhuis aangehou het. Ons het vinnig reageer om die huis te gaan besoek, maar die eienaar het ons toegang geweier,” sê die DBV. “Voor ons weer geloop het, kon ons sien dat die diere in ‘n baie slegte toestand is.” Die DBV het eindelik ‘n lasbrief gekry om die eiendom te betree. “Toe ons die motorhuis se deure oopmaak, was ons geskok. Die apies het so geskrik vir die sonlig, omdat die motorhuis se deur altyd toe is en daar geen lig in die motorhuis is nie. Die motorhuis was ook baie warm.” Die DBV sê die hok waarin die apies gehou was, was vuil en met feses en uriene oortrek. “Dit het brandmerke aan die apies se hande en agterstewe veroorsaak.” ‘n Skilpad was volgens die DBV aan ‘n baie kort ketting vasgemaak, sonder enige water of skuilplek. “Die skilpad se dik vel was rou van die warm grond en hy het probeer om te ontsnap, maar die ketting het hom gekeer.” So ook was die hondjies aan baie kort kettings, BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 22

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

DIEREMISHANDELING | GRU | KETTINGS sonder enige water, vasgebind, sê die DBV. “Die pit bulls was swak en ondergewig.” Die diere is ten einde uit die woning verwyder en ‘n saak van dieremishandeling is teen die eienaar geopen.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 23

Bloemfontein Online Co.

17 Februarie 2022

Netbalspanne raak van roes ontslae Spanne het Dinsdag by die OMS-netbalaandreeks die kans gekry om van die roes ontslae te raak, proefnemings te doen, skerp te raak vir die seisoen wat voorlê en natuurlik lekker netbal te jol. Foto's: Hoër Oranje Meisieskool

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 24

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

Business directory PLAASLIK | BESIGHEID | BLOEMFONTEIN

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 25

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

24 Februarie 2022


Bladsy 26

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

24 Februarie 2022


Bladsy 27

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

DEUR ONS LESERS SE OË n a v n se n a J Mara g r u b s Ren

Jacque

s Mouto n

Suzette

Davidtz Wernich

Celeste C oetzee

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 28

Bloemfontein Online Co.

24 Februarie 2022

DEUR ONS LESERS SE OË Penny

g r u b s vRen

J Louw

Sharon

Keogh

Chere S trydom

Jacques

Steinman

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 29

Bloemfontein Online Co.

OUR TEAM

24 Februarie 2022

Bloemfontein Online co. Editorial Caria van der Merwe - Editor Una Engelbrecht - Sub-Editor KARA LATEGAN - WRITER CHANE VAN DER WESTHUIZEN LAYOUT DESIGNER Advertising 066 122 8594 bloem@onlinecosa.co.za Contact 065 984 5937

Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co.

We hope you enjoy this edition! YOUR COMMUNITY NEWSPAPER

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 30

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

24 Februarie 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook