Skip to main content

Bloemfontein Online Co. – 23 Desember 2021

Page 1

Liewe Kersvader Kersfeeskoekstruif perfek vir Kersnagereg

Liggiefees by die DBV WOORDSOEKSPELETJIE & INKLEURPRENTJIES VIR DIE JONGSPAN

UITGAWE NO. 19 | 23 DESEMBER 2021


Bladsy 2

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

KERSTYD | FAMILIE | VAKANSIE As kind sien jy soveel uit na Kersfees by jou ouma-hulle. Jy is gewoonlik al die tweede dag tamatierooi van die son, die swem en die speel. Jy gaan slaap op Oukersaand so vroeg as moontlik sodat Kersdag nou net kan kom. Die hele vakansie slaap jy saam met jou niggies en nefies op die groot Krismisbed in die sitkamer, gesels tot laataand en eet Kersfeeskoekies dat die hele bed vol krummels raak.

My wens vir jou, liewe leser, is dat jy dié jaar lag, kuier en speel soos wat jy oor Kerstyd gemaak het toe jy nog klein was. Geseënde Kersfees!

Caria

Die opgewondenheid om Kersgeskenke oop te maak broei die hele Desember al in jou hart. Soos mens ouer raak, besef mens dat Kersfees eintlik gaan oor familie en samesyn, en jy besef die beste geskenk is gesondheid, vrede en liefde. Daar is egter niks daarmee verkeerd om die Kerstyd steeds soos 'n kind te geniet nie. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


GESEËNDE

Kersfees & GELUKKIGE NUWE JAAR

VAN DIE SPAN BY BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 4

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Liewe Kersfeesvader KERSVADER | NICK | HULDEBLYK Nick van Jaarsveld, wat vir jare lank ‘n bekende Kersvader-gesig in Bloemfontein was en op die ouderdom van 69 oorlede is, sal vir nog jare voortleef op foto’s wat in gesinne se huise hang. Johnny le Roux, Nick se halfbroer, vertel hoe Nick van ‘n karwag na die oulikste oom vir vele kinders verander het.

Nick by een van Johny se kleinkinders

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Nick, die geliefde Kersvader


Bladsy 5

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

"Eendag toe sit ons in ‘n koffiewinkel en drink koffie. Daar was ‘n kind wat saam met sy ma verby ons geloop het. Selfs in sy gewone klere het die kind Nick herken. Hy het vir sy ma gesê: ‘Mamma, daar is Kersvader!'” “Nick het in sy lewe op ongeskiktheidspensioen gegaan ná hy aanvanklik ‘n probleem met die bloedsomloop in sy bene ontwikkel het,” vertel Johnny. “Hy kon nog redelik beweeg. Hy was ‘n karwag iewers en eendag het iemand hom gekontak en gesê ‘n man het dié oom met die hewige bos baard raakgesien, en dat hy met hom wou praat.” Dié besigheidsman het toe met Nick in kontak gekom en hom gevra of hy nie vir daardie jaar die Kersvader sou wees nie. “Dit was iewers aan die Weskus,” sê Johnny. “Hulle sou sy vervoer, blyplek en kos vir hom betaal die tyd wat hy daar was. En dis hoe dit begin het!” Die daaropvolgende jaar het iemand anders hom genader om sy rooi pak aan te trek en by ‘n inkopiesentrum tussen Kuilsrivier en Stellenbosch kindertjies én volwassenes te gaan vermaak. “Hy het sommer vir so tien dae aaneen daar gaan sit. Hy het natuurlik sy eie baard gehad!” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 6

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Nick het in die jare daarna vir glimlagte op vele gesiggies gesorg toe hy by kleuterskole, inkopiesentrums en selfs ‘n vrouevereniging as Kersvader opgetree het.

Nick by een van Johny se kleinkinders

“Hy het soveel kinders se harte gewen. Hy het altyd vir my gesê dit gaan nie vir hom oor die geld wat hy daarvoor kry nie, maar hy doen dit ter wille van die kinders.” Johnny vertel van een van die goeie herinneringe wat hy saam met Nick het. “Eendag toe sit ons in ‘n koffiewinkel en drink koffie. Daar was ‘n kind wat saam met sy ma verby ons geloop het. Selfs in sy gewone klere het die kind Nick herken. Hy het vir sy ma gesê: ‘Mamma, daar is Kersvader!'” “Daar was ook ‘n voorval met ‘n baba van twee maande oud. Die baba het vreeslik gehuil, maar sy ma wou graag ‘n foto van hom saam met Kersvader gehad het. Die oomblik wat daai babatjie in sy arms gesit is, het hy opgehou huil.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 7

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Nick het nooit getrou nie, maar het tog in sy lewe die kans gehad om ‘n “kleindogter” te hê. Jodine Coetzee, ‘n dogtertjie wat Nick as haar oupa aanvaar het, het ‘n baie nou verhouding met hom opgebou. Haar ma vertel Nick het motors opgepas by ‘n funksie by ‘n skool in Bloemfontein. “Jodine het vir my gesê die oom lyk nés Kersvader. Toe sê hy vir haar: ‘Ho, ho, ho’. En van daar af het hulle mekaar gevind.” Nick het by Jodine se kleuterskooltjie as Kersvader opgetree. “Sy het so lief geraak vir hom. Sy het hom Oupa Kersie-op-die-koek genoem. Dié twee het begin om elke aand vir mekaar stemboodskappe te stuur. As hy verjaar het, het ons ook vir hom koek en ‘n geskenkie gevat. Hy het later soos familie geraak.”

Nick en Jodine

Johnny vertel Nick se gesondheid het maar agteruitgegaan en hy het in ‘n stadium selfs met krukke geloop. Hy het in die laaste vier jaar baie verswak en was ‘n inwoner by versorgingshuise waar na hom omgesien is. “Hy was geliefd onder so baie mense,” sê Johnny. “Sy hand was altyd oop vir mense. Selfs al was dit tot sy eie nadeel, hy sou ander steeds help.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


IN LOVING memory of

(OOM) NICK, JY WAS ‘N GEWILDE GESIG OP VERSKILLENDE VELDE. OVALTRACK, BRANDWEER, KERSVADER. MET JOU AFSTERWE HET SOVEEL MENSE LAAT WEET HULLE KEN DIE GESIG VAN ÊRENS. SELFS SKOOLVRIENDE. JY IS VIR SEKER ‘N LEGENDE. DIS LEKKER OM STAALTJIES TE HOOR UIT VERKILLENDE OORDE EN TE WEET JY WAS GELIEFD. JY HET JOU SIEKTE MET SOVEEL WAARDIGHEID GEDRA EN AMPER NOOIT GEKLA NIE. JY HET ELKE KUIERTJIE WAARDEER EN ALTYD UITGESIEN NA DIE VOLGENDE KEER. JOU OË HET NOG BOEKDELE GESPREEK MET ONS LAASTE BESOEK. EN EK WEET JY WOU SO GRAAG MET ONS GESELS. EN DIE WAARDERING IN JOU GESIG OM JOU BROER NOG ‘N LAASTE KEER TE KON SIEN, AL WAS DIT PER VIDEOOPROEP, WAS GENOEG VIR MY OM TE WEET JY WAS TEVREDE. JY IS NOU OP DIE BESTE PLEK WAARVOOR ENIGE IEMAND KAN VRA. EN AL HET EK GEHOOP DAT JY HIER OP AARDE SOU GENEES, WEET EK JY SAL DIT VIR NIKS VERRUIL OM TE HUPPEL EN SING BY ONS HEMELSE VADER NIE.


Bladsy 9

23 Desember 2021

Bloemfontein Online Co.

Liggies skitter helder by DBV se liggiefees Die liggiefees by die DBV in Bloemfontein lok talle gesinne, ouers wat vir hulle kinders die liggies wil wys, of selfs paartjies wat in die gees van Kersfees sommer ‘n bietjie onder die liggies wil wees. Reinete Meyer van die BloemfonteinDBV sê dié oulike

Liggiefees

inisiatief het vier jaar gelede by die DBV ontstaan. “Ag, in die Kersfeesseisoen is almal mos maar in ‘n vrolike bui. Ons het die een dag in die kantoor gesit en gepraat oor hoe ons geldinsamelings kon doen. Die idee vir ‘n liggiefees het by dié vergadering opgekom en so het ons vier jaar gelede, met baie min, dié tradisie begin.” Reinete vertel die DBV probeer elke jaar verskillende motiewe met die liggies ontwerp om dit so interessant moontlik te hou. “Ons het ‘n lekker kreatiewe span wat dit moontlik maak!”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 10

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Behalwe vir die liggies wat jou sal laat voel asof jy in ‘n feëverhaal is, is daar boonop ook ‘n oulike Kersvader én sy elf-helpertjies.

Jy kan foto’s neem saam met Kersvader, vir hom selfs ‘n briefie in ‘n regte ou posbus gooi of saggies vir hom sê wat jy vir Kersfees wil hê… Werner Botha, opleidingsinspekteur by die DBV, is vanjaar vir die tweede keer Kersvader by dié liggiefees. Hy sê hy geniet hom gate uit. “Die lekkerste deel daarvan is die gelukkigheid van soveel families te sien wat bymekaarkom. Ons is almal soms so gefokus op die geskenke, maar vergeet soms waaroor die feestyd regtig gaan. Familie.” Hy lag en vertel sommige van die jongspan is maar bang om sommer op Kersvader se skoot te kom sit. “Ek groet hulle maar net baie vriendelik, en waai sommer al van ver af vir hulle. En as hulle na my toe kom, begin ek met iets soos ‘n ‘vat vyf’ of gesels met hulle oor die skool waarin hulle is en wie hulle juffrou is.” Werner sê dis vir die span by die DBV lekker om ook as Kersvader en sy span (elfies) op te tree. “Die area van werk waarin ons is, is nie altyd baie lekker nie. Dis lekker om as kollegas saam hierdie ding te doen.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 11

23 Desember 2021

Bloemfontein Online Co.

‘n Groot gedeelte van die geld wat die DBV by die liggiefees insamel, gaan vir die diere se mediese sorg. “Mens onthou nie altyd dat baie van die diere deur wrede dinge was en mediese hulp nodig het nie.” Sy boodskap as Kersvader: “Mense moet onthou waaroor dié tyd van die jaar gaan. Ons besef nie altyd hoe gelukkig ons is dat ons as familie gesond en in liefde bymekaar kan wees nie. Onthou om sag met mekaar te wees en eerder liefde as geskenke uit te deel.” Die liggiefees sal tot vanaand om 21:00 nog vir die publiek beskikbaar wees.

'Mense moet onthou waaroor dié tyd van die jaar gaan. Ons besef nie altyd hoe gelukkig ons is dat ons as familie gesond en in liefde bymekaar kan wees nie.'

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 12

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 13

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Kersfees by Huis Vreugde

HUIS VREUGDE | ATHALIA Johan Kapp (62), huisbestuurder van Huis Vreugde by Athalia, vertel vir ons hoe Kersfees by die aftreeoord gevier word, hoe hulle dit spesiaal maak vir inwoners en wat die spesiale Kersete vir inwoners beteken.

Versierings by Huis Vreugde (Linda en Pieter Snyman)

Johan is al sedert 2013, slegs ‘n paar maande na Athalia gestig is, by dié aftreeoord. Hy vertel baie van die inwoners het geen familie wat by hulle kom kuier nie, en dat hy sy bes probeer om Oukers- en Kersdag vir die inwoners spesiaal te maak. “Huis Vreugde begin al vroeër in die jaar met herwinning om op dié manier geld in te samel. Ons versier dan my huis mooi, met liggies, ‘n Kersboom, geskenkies en allerhande versierings.” Hy sê al die inwoners kry ‘n geskenkie, selfs al is dit nie ‘n duur geskenk nie. “Soms is dit sommer benodighede soos ‘n sepie of ‘n onderarmdingetjie. Soms maak ek self vir die dames juwele, ‘n armbandjie of ‘n hangertjie en ander kere kry ons dit by donateurs.” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 14

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 15

Bloemfontein Online Co.

Johan vertel die onderwyseresse by Primêre Skool Brandwag, waar hy administrasie doen, het ‘n hart vir Athalia. “Dié jaar het een van die graad 1-onderwyseresse 15 pakkies opgemaak vir die inwoners! Hulle het dit nog nie oopgemaak nie, maar juffrou Lelanie het sommer trane in haar oë gekry toe sy alreeds ‘n briefie van ‘n tannie af gekry het om dankie te sê.” Hy vertel opgewonde van dié jaar se planne en die spyskaart. “Op 24 Desember eet ons ‘n lekker groot ‘brunch’. Die aand gaan ek allerhande vingerhappies soos gevulde eiers en toebroodjies maak.” Johan lag en sê sommige van die inwoners bly nie altyd wakker tot 12:00 nie en dat hulle partykeer sommer net daar in hulle stoele aan die slaap raak. “Op Kersdag eet ons ‘n gewone ontbyt. Vir dié jaar het ons ‘n lekker spyskaart met ‘n mossel-, garnaal- en tunavoorgereg, ‘n gepekelde tong met mosterdsous, soutvleis, gammon en dan slaaie soos ‘n rysslaai, geelperskeslaai en ertjies-enpereslaai.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 16

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 17

23 Desember 2021

Bloemfontein Online Co.

Vir nagereg beplan Johan ‘n uitgeholde waatlemoen gevul met ‘n verskeidenheid van vrugte en ook roomys wat ‘n predikant dié jaar vir hulle geskenk het. “Ag, party van die inwoners het werklik nie familie wat by hulle kan wees nie. Sommige van hulle het regtig niemand nie.” Om op sy manier Kersfees vir die inwoners spesiaal te maak, beteken vir Johan baie.

Die Kersversierings in die sitkamer. (Ben Voster, Barend Mombergur, Heater Gordon, Magda Strydom)

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 18

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 19

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 20

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 21

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 22

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 23

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

n i e t n o f m e o l B my Day e k a B CLASSIC + QUICK + EASY

Kersfeeskoekstruif

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 24

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Kersfees-koekstruif Die kombinasie van sagte smake en kleure in die heerlike Kersfeeskoekstruif is baie spesiaal! Met dié resep van Marlene Schoeman, kookboekskrywer van die Vrystaat, gaan jy vir seker jou gesin dié feestyd beïndruk. Dis maklik, vinnig en lyk ook vrolik vir die Kerstafel. Neem ‘n klaargemaakte rolkoek, Madeira-koek of enige ander koek en sny dit in skywe. Pak die koek onder in ‘n mooi glasbak. Maak kersiejellie aan en gooi oor die koek sodat dit intrek. Sny vars aarbeie of geblikte vrugte bo-oor. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 25

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Neem nou botterkaramel Klop room styf en sit dit in ‘n (butterscotch) of sjokolade spuitsak om bo-oor die vla te kitspoeding en maak dit aan. spuit. Gooi dit bo-oor die vrugte en Versier met vars aarbeie, plaas in die yskas om bessies, kersies of fyngekapte heeltemal te stol. sjokolade. Maak vla of gebruik boksie- Die resep is lekker en so min vla en gooi bo-oor. moeite, veral vir mense wat koekstruif sonder alkohol verkies.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 26

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

n a v a d n i r a M & Jan g r e b n e r e g Log

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Lesers deel Kersboom-foto's

Leatitia Fourie


Bladsy 27

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Anne-Marie de Kock BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Lesers deel Kersboom-foto's

Ronel van der Merwe


Bladsy 28

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

l e z i h S s i r r o M KIMBERLEY ONLINE CO.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Lesers deel Kersboom-foto's

Leoni va n Niekerk


Bladsy 31

23 Desember 2021

Bloemfontein Online Co.

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Vakansiegangers Duisende vakansiegangers sak toe op Durban-strande

Kroegeienaar in hof Pierré Bellingham, bekende kroegeienaar in Bloemfontein, het in die hof verskyn na hy glo 'n 17-jarige seun by sy huis met tik ingespuit het.

Kleuter skiet pa ’n Pa van Georgia is per ongeluk in sy huis deur ‘n kleuter doodgeskiet.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 32

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Springkasteel-tragedie ‘n Sesde kind wat Donderdag tydens die springkasteeltragedie seergekry het, is Sondagmiddag oorlede.

Hond byt kind dood “Die hond is verskeie kere deur ‘n inwoner gesteek in ‘n poging om die dogtertjie te red. Sy het verskeie bytwonde aan haar nek en haar gesig gehad."

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 33

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 34

23 Desember 2021

Bloemfontein Online Co.

WOORDSOEKSPELETJIE Soek en omkring die woorde.

S T O C K I N G O

A R I R A F F E R

N E T O Y S Y L N

T E N F O M C V A

Santa

stocking

Rudolph

star

elves

tree

A S L E I G H E M

S T A R W I E S E

P R E S E N T N N

snow

cookies

present

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

C O O K I E S O T

R U D O L P H W W toys

ornament sleigh


Bladsy 35

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

inkleurprentjies

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 36

Bloemfontein Online Co.

Graad 1 Afrikaanse klas

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

23 Desember 2021


Bladsy 37

Bloemfontein Online Co.

23 Desember 2021

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 38

Bloemfontein Online Co.

OUR TEAM

23 Desember 2021

Bloemfontein Online co. Issue no. 15 2 Desember 2021 Cover Image Shaun Heining Editorial Caria van der Merwe Editor Una Engelbrecht Sub-Editor Chane van der Westhuizen Writer Advertising Chane van der Westhuizen chane@onlinecosa.co.za 081 505 6702 find-it.co.za/boc facebook.com/bloemonlineco instagram.com/bloemonlineco Contact bloem@onlinecosa.co.za 064 514 1285 Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co. YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemfontein Online Co. – 23 Desember 2021 by Dottry Media - Issuu