Skip to main content

Bloemfontein Online Co. – 16 Desember 2021

Page 1

"Balans is belangrik." - Casper Bosman (bl. 2)

Man se "hand" saam met skootrekenaar gesteel (bl. 14) Feestelike Kersfeesbolletjies (bl. 40)

NEW BEGINNINGS

BLADSY 23 SAAM KAN ONS 'N VERSKIL MAAK UITGAWE NO. 18 | 16 DESEMBER 2021


Bladsy 1

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

NUWEJAARSVOORNEMES | DROME Dit is hierdie tyd van die jaar wanneer almal Nuwejaarsvoornemes begin maak. My lysie is lekker lank! Het jy al begin werk aan joune? Of is dit iets wat jy nié doen nie?

Caria

Ek het verlede jaar soveel Nuwejaarsvoornemes gemaak, maar by baie min gehou. Dan maak jy kennis met mense soos die fotograaf Rudi Steenkamp wat daagliks iets doen wat jy jouself belowe het jy meer in 2021 sal doen, en jy onthou weer hoe jy voel oor jou drome. Sonder dat jy dit besef, raak dié droom van jou dan weer deel van jou Nuwejaarsvoornemes. Die lewe is kort! Ek het besluit dat ek in die nuwe jaar aan AL my ou vergete drome, wat al stof opgegaar het, gaan werk. Ek hoop jy, liewe leser, het in dié jaar ook van 'n ou vergete droom onthou.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 2

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Casper Bosman: Mode-ontwerp, lewe, passie MODE | STYL | SPRINGLEWENDIG Casper Bosman, bekende mode-ontwerper van Bloemfontein, gesels met ons oor sy handelsmerk, die bekende gesigte vir wie hy al ontwerpe gedoen het en die lekkerste en ook die uitdagendste deel van wat hy doen. Casper vertel hy het in 2007 van die Kaap na Bloemfontein verhuis en homself én sy handelsmerk in die Rosestad gevestig. “Ek geniet Bloemfontein vreeslik, want dit bied ‘n kleindorpie-gevoel en die mense hier is altyd so vriendelik en bereid om te help!”

Casper Bosman, besig om te doen wat hy die meeste geniet

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Een van Casper se ongelooflike ontwerpe


Bladsy 3

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

“My ontwerpe is al gedra deur mense soos Rolene Strauss, Demi-Leigh Nel-Peters, Melinda Bam, Claudia Henkel, Tatum Keshwar, Liesl Laurie, Pearl Thusi, DJ Zinhle en Thando Thabethe, om net ‘n paar te noem.”

Casper vertel hy is van kleintyd af baie kreatief en die modewêreld het nog altyd sy belangstelling geprikkel. “My ma het my ook altyd aangemoedig om iets te skep, en so het my liefde daarvoor gegroei.” Casper vertel oor sy besluit om hom in Bloemfontein te vestig. “Ek wou my handelsmerk met die fokus op sentraal SuidAfrika vestig. Die mark vir nuwe ontwerpers in Kaapstad en Johannesburg was uitgeput. Dus het dit vir my sin gemaak om in Bloemfontein my naam te kom bou.” Casper se span bestaan uit sewe persone wat verskillende afdelings van sy besigheid bestuur. “Ons het ‘n afdeling vir kliëntediens, admin, ‘beading’, ‘sewing’ en ‘patterns’. Casper, wat ‘n diploma in modeontwerp en tegnologie verwerf het aan die Pretoria Technikon, vertel hy het al die voorreg gehad om met baie bekende en interessante persoonlikhede te werk.

Nog een van Casper se ontwerpe Foto: Christoff Durr

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 4

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Die jare in die bedryf het vir Casper soveel goeie herinneringe daarmee saam. “Daar is soveel mooi rokke en goeie herinneringe wat my altyd sal bybly!”

'n Pragtige ontwerp deur Casper se talentvolle hande

Die feit dat daar in die modebedryf altyd iets nuuts en interessants gebeur, is vir Casper die lekkerste deel van sy werk. “En dit is so met elke kliënt en projek – of dit vir ‘n skoonheidskoningin of ‘n bekende persoon vir die rooi tapyt is.” “Daar is nooit ontwerpe of idees wat hulleself herhaal nie.” Wanneer Casper nie besig is om sy kliënte op hulle beste te laat lyk nie, geniet hy dit om ‘n bietjie stoom af te blaas in die gim. “Oefen is vir my baie belangrik. Ek glo ‘n mens moet ‘n balans handhaaf tussen werk en ontspanning. As ek nie in die gimnasium is nie, kuier ek saam met my naaste vriende.” Casper sê as hy een ding in die wêreld kon verander, sou dit die manier wees waarop mense sosiale media sien. “Baie mense lewe vir die vals realiteit wat deur sosiale media geskep word.” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 5

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

“Ek sou graag wou hê dat mense meer kwaliteittyd saam spandeer en in die oomblik lewe.” Sy raad aan ander jong, opkomende mode-ontwerpers is om nié op net een veld van mode te fokus nie. “Brei eerder uit in dagdrag, aanddrag, juwele of bykomstighede. Só verseker jy altyd jou plekkie in die mark.

Casper Bosman

Foto: André Verhoef Model: Nicole Rodrigues Grimering: Lané Pannell Renaldo Schwarp

Casper Bosman

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 6

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Hy vertel van die uitdagende modebedryf wat altyd propvol nuwe giere en ‘n vloei van inspirasie is. “Ek glo dat ek heeltyd besig is is om te verbeter op van my vorige ontwerpe – dit maak dit moeilik om ‘n gunstelingontwerp te kies!”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 7

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Langenhovenparkbuurtwag: ‘n Vrou voel soveel veiliger Anton Botha (42) is al vir drie van sy 13 jaar in Bloemfontein by die AfriForum-struktuur betrokke. Hy vertel die Rosestad is nie net sentraal vir sy besigheid nie, maar die vriendelike mense maak dit maklik om in te skakel. Die Langenhovenpark-buurtwag is in 2015 gestig en bestaan uit twee bene, een vir veiligheid en een vir omgewingsake.

Ons gesels met Anton oor die veiligheid (buurtwag), hoe hulle ‘n ongelooflike verskil in soveel inwoners se lewens maak, hulle veilig laat voel en ook seker maak dat betreders of diewe nie sommer weer hulle voete in dié buurt sit nie. Die Langenhovenpark-buurtwag het 600 lede, wat oë en ore is, wat enige sake wat aandag nodig het soos verdagte voertuie, onreëlmatige bewegings of persone, aan die reaksiespan kan rapporteer.

Van die lede bymekaar

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 8

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Die reaksiespan bestaan uit 23 lede wat dan die nodige reaksie uitvoer om vas te stel of daar enige verdere optrede nodig is. Anton gebruik ‘n voorbeeld. “As tannie Dora byvoorbeeld ‘n verlate motor of ‘n voetganger voor haar hek opmerk, sal sy ‘n boodskap op ons WhatsApp-groep stuur. Gewoonlik sal meer as twee lede van die reaksiespan dan gaan ondersoek instel en só bepaal of daar versterkings nodig is. Gewoonlik is dit sommer om die booswig die skrik op die lyf te jaag, maar as dit ‘n betreding of huisbraak is, sal die polisie in kennis gestel word.”

'n Foto vanuit die lug

Cat van der Merwe sê: “‘n Vrou voel tog veiliger as sy weet daar is ‘n buurtwag wat agter haar man staan soos een ‘army’. Almal bly agter slot en grendel in die gemak van hul eie huise… En vergeet soms wat dit is om buurtelik te wees en saam te staan vir ‘n veiliger buurt.” Anton vertel hulle maak ook gebruik van ‘n gespesialiseerde hommeltuig om lugbystand te verleen. Dié hommeltuig het die nodige infrarooi-toestelle en kameras, met ‘n opgeleide loods wat 24 uur per dag beskikbaar is. “Ons het al reuse sukses met die hommeltuig bereik, insluitend na veediefstal van 120 skape wat die volgende dag uit die lug, 22 km verder, gekry is.” AfriForum Langenhovenpark het ook ‘n goedgekeurde en 24 uur bemande radionetwerk. Anton vertel die beheerkamer het direkte toegang tot die polisie, alle sekuriteitsmaatskappye en ook nooddienste deur middel van ‘n aparte radionetwerk wat deur AfriForum bedryf word.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 9

Desember 16, 2021

Bloemfontein Online Co.

Hy vertel dan van die suksesverhale wat hulle al gehad het. “Op 1 November vanjaar het ons veiligeidsbystand by al die stemlokale gebied. Ten tye van die stemmery het ons ‘n noodoproep ontvang van ‘n inbraak in Antjie Krog-straat. Na verdere ondersoek was daar reeds by vier ander huise ook ingebreek. Op ons kameras het ons die verdagte by een van die huise gesien.” Anton sê die boodskap is, saam met die verdagte se klerebeskrywing, na die reaksiespan gestuur. Die verdagte is deur een van die lede gewaar en te voet agternagesit. “Minute later was daar 13 lede op die toneel en die verdagte is in ‘n erf

';n Vrou voel soveel veiliger as sy weet daar is 'n groep mans wat soos 'n weermag agter haar man staan."

vasgetrek waar hy probeer wegkruip het. Hy is met die gesteelde beursies in sy besit gevind, gearresteer en aan die polisie oorhandig.” Anton sê hulle doen minstens een patrollie per week op verskillende dae en tye, selfs tussen 02:00 en 06:00 die oggend. “Hier word die hommeltuig ook baie gebruik om die oortreders se bewegings vas te vang.” Tydens beurtkrag is die lede se teenwoordigheid in die buurt ook sigbaar, aangesien 90% van die buurt dan weerloos is teen aanvalle. Verder bied hulle ook bystand vir mediese personeel in gevaarlike of onsekere scenario’s en ook verkeersbystand soos nodig in tye van ongelukke. “Ons befonds ons eie brandstof vir die gemiddelde 1 200 km se patrollies per maand, dit sluit nie reaksies in nie. Ons word nie vergoed vir enige optrede nie, dit is vrywillig. Die fondse wat Afriforum hef, is deur middel van donasies van die lede, van R100/maand tot enige bedrag soos wat lede goeddink. Die donasie gee jou toegang tot al die dienste.” Langenhovenpark-inwoners kan Anton direk skakel by 082 781 5672 of hulle Facebook-blad hier besoek vir meer inligting BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 10

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Beste kliëntediens: Arstel Stainless Studio

'Hulle is opgewonde om jou te help." Arstel Stainless Studio, wat op die been gebring is toe twee persone in 2013 uit hulle motorhuis begin werk het, is vandag as een van die beste besighede in Bloemfontein genomineer.

Christelle en Arno van Staden

Christelle van Staden en Arno van Staden is mede-eienaars van dié besigheid wat spesialiseer in moderne vlekvryestaalglas en staalbalustrades, handrelings, trappe en nog vele meer.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 11

Desember 16, 2021

Bloemfontein Online Co.

“Ons het in 2013 begin werk uit ‘n enkelmotorhuis en het baie hard gewerk om te kom tot waar ons besigheid vandag is. Behalwe vir alle moderne ‘stainless steel’, glas en staalbalustrades,

Christelle, administratiewe en finansiële bestuurder, gesels met ons. Arno is die projekbestuurder.

LOVE LOCAL

handrelings en trappe, maak Arstel Stainless Studio ook pasgemaakte hekke.” “Ons verstaan om huis te bou of ‘n konstruksieprojek aan te pak, baie duur en stresvol kan wees, maar dit is ook ‘n baie opwindende en spesiale tyd in iemand se lewe. Ons doelwit is om dit vir ons kliënte so maklik en lekker as moontlik te maak deur die beste diens te gee en om kwaliteitwerk te lewer. Ons kan met trots sê dat meeste van ons projekte kom van vorige kliënte wat ons verwys en aanbeveel het.” Christelle vertel hulle is baie dankbaar vir die geleentheid. “Ons voel opreg geëerd en ons waardeer dit baie! Baie dankie aan al ons lojale kliënte wat ons ondersteun.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 12

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Rambler’s Club: One of the most historic buildings in Bloemfontein

HISTORIC | RAMBLERS | BLOEM The ground now known as the Rambler’s Club was first vested in three trustees as a recreation ground by the Town Council of Bloemfontein in 1888. In 1890 an iron pavilion was erected with money being raised by private subscription through the cricket club.

Bea tydens die opname van haar twee snitte

On 18 July 1896 a meeting to propose the formation of a new club was attended by 130 people. Mr. CG Fichardt outlined the proposals and donated one thousand two hundred pounds, Mr. C Newberry added two hundred and fifty pounds and Mrs. Newberry donated fifty pounds. The building committee was elected and it was resolved that the club be named “The Rambler’s Club”. The club was used as a private military hospital named the Langman during the Boer War from 2 April 1900. The club was destroyed by fire on 7 November 1903, the cause stated to be a flash of lightning. In 1985 fire again caused havoc and a large section of the club was destroyed. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 13

Desember 16, 2021

Bloemfontein Online Co.

Through the fortitude and hard work of stalwart members, Ramblers was once more rebuilt as we see it today. The Ramblers lawn has hosted numerous historic sporting events. In 1891 South Africa played cricket against Australia and in 1903 the club hosted a soccer match between Corinthians and O.R.C.

Collegians Rugby Team was established at Ramblers Club in 1902 and is still standing strong.

The oldest members who are still actively involved at Ramblers Club are: Mr. AA Sorour, former chairman from 1982 – 1985. H joined in 1948 as Jnr. B Member, and Mrs. E Stephens joined in 1976. Ramblers Club had their own monthly newsletter which was called the “The Rambler” in which all sporting activities and achievements were mentioned. The building boast with high detailed ceilings and a beautiful main hall with crystal chandeliers, conference room and a pergola which is covered with a 118 old wisteria. The garden and balcony on the first floor can carry 150 people. Cricket games were watched from the balcony when the club was established (1896). The dress code was smart. The Ramblers Club is currently one of the most historic buildings in Bloemfontein.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 14

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Sakeman se “hand” saam met skootrekenaar gesteel

‘n Sakeman van Bloemfontein, Dewald Moller, se “hand” is Donderdag saam met sy skootrekenaar uit sy bakkie in sy erf in Gardania Park gesteel.

Dewald in die hospitaal na sy operasie

Dewald, wat die Donderdagaand kort na 23:00 by die huis gekom het, vertel hy was in die bad toe sy krag vir ‘n paar minute afgegaan het. “Ek het niks daarvan gedink nie en het gaan slaap. Toe ek die volgende oggend wakker word, het ek besef my bakkie se ruit is uitgeslaan en my skootrekenaar se sak, waarin my prostese was, is gesteel.” Dewald sê sy hek was gesluit en die diewe moes deur die heining breek om by sy bakkie uit te kom. Dewald, die direkteur van sy eie veiligheidsmaatskappy, vertel die diewe het nie eers die vier kameras wat onder die sak gelê het, gesteel nie. “En dié kameras is baie meer werd as die skootrekenaar.” Dewald se prostese, wat spesiaal van Amerika af ingevoer is, is ongeveer R40 000 werd en hy het dit slegs twee maande gehad. Hy het nié versekering vir die prostese gehad nie, omdat dit R1 800 per maand kos.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 15

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Hy het egter ‘n ekstra prostese wat hy nou gebruik en wat hy gedra het voor hy die nuwe titanium prostese gekry het. “Die prostese wat die diewe gesteel het, help my om baie meer fyn motoriese bewegings uit te voer. Omdat dit van titanium gemaak is, kan dit ook nie sommer breek nie. Ek het hom gebruik om mee te werk.” Dewald vertel die twee prosteses werk op min of meer dieselfde manier, maar dat die voorpunte net verskil en die titanium prostese meer gehark is. “Daar is niks wat die diewe met die prostese kan doen nie. Dit sal seker maar by ‘n skrootmetaalwerf opeindig, nie dat ek dink titanium op die oomblik enigiets werd is nie.” Dewald sê hy sal nou maar gereeld by die skrootmetaalwerwe in die omgewing gaan hoor of sy prostese nie miskien daar beland het nie.

Dewald, wat sy voorarm, hand en twee vinges in 'n fratsongeluk verloor het

Sy ongeluk het in Julie 2020 gebeur. Hy was besig om met ‘n hidrouliese hyskraan veiligheidskameras vir boere in Carltonville te installeer, toe ‘n kragdraad met sy kop kontak gemaak het. Krag van 11 000 volt het deur sy liggaam gegaan. Dewald se linkervoorarm en twee vingers aan sy regterhand moes afgesit word. Hy het ook ‘n opening in sy skedel wat hy sê hopelik volgende jaar toegemaak sal word.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 16

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

"Dit was aan die begin maar ‘n redelike aanpassing om te leer hoe om met prostese te werk te gaan." "Dit help baie wanneer jy eers besef die prostese is eintlik maar soos ‘n duim en indeksvinger.” Dewald kan nou ongeveer 85% van die funksies verrig wat hy voor die ongeluk kon doen. “Ek bestuur my eie handratbakkie, kan my skoene vasmaak en my ander hand se naels knip.” Dewald sê hy het besluit om die saak nie by die polisie aan te meld nie, omdat hy nie dink dat dit die moeite werd is nie.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 17

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 16, 2021


Bladsy 18

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Rudi Steenkamp, agtpotige diertjies en sy makro-foto’s Rudi Steenkamp, spinnekopkundige wat wêreldwyd geloof word vir sy makro-foto’s van spinnekoppe en ander insekte, gesels ‘n bietjie met ons oor waar sy liefde vir fotografie vandaan kom, die heel eerste spinnekoptoer wat onlangs in Bloemfontein plaasgevind het en die VYF keer wat hy al deur ‘n spinnekop gebyt is.

Rudi Steenkamp

Die koekoekwesp voor Rudi se lens Foto: Rudi Steenkamp

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 19

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Die 41-jarige Rudi is al sedert 1990 in Bloemfontein en het ook intussen drie jaar in Engeland en Suid-Korea gewoon. Rudi, wat in 1999 begin foto’s neem het, vertel hy het ses jaar gelede sy eerste DSLR-kamera gekry en toe ‘n jaar later sy eerste makro-lens. Sedertdien hou agtpotige diertjies hulle lyfies model voor sy lens. Hy het aanvanklik sommer met sy mik-en-druk-kamera foto’s van alles geneem, maar het besluit om te begin spaar vir die spesiale lense toe sy liefde vir spinnekoppe begin het. “Ek wou veral springspinnekoppe met hulle groot oë afneem.”

'n Vlieg blaas 'n borrel Foto: Rudi Steenkamp

“My liefde vir spinnekoppe het begin toe ek uitvind hoe divers en interessant (en onskadelik) hulle eintlik is. Ek het begin om foto’s op The Spider Club of Southern Africa (SCSA) se Facebook-blad te plaas, en die mense daar het altyd iets interessant oor hulle te sê gehad. So het hulle my belangstelling geprikkel, en hoe meer ek van hulle geleer het, hoe meer het ek vir hulle lief geword. Ek probeer mense se houding oor spinnekoppe verander deur foto’s en interessante inligting daar te plaas. Baie mense se liefde vir spinnekoppe het op soortgelyke spinnekopgroepe begin. Sodra hulle sien hoe baie die kleure, patrone, vorms, ens. van spinnekoppe verskil, en hoe meer hulle makro-foto’s sien van iets wat lyk soos ’n spikkel met agt bene, hoe meer stel hulle in spinnekoppe belang. Dit was hoe ek agtergekom het watter groot rol makro-fotografie in opvoeding speel – sodat mense kan sien hoe daardie spikkel eintlik lyk, en hoe mooi en uniek dit is.” BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 20

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Rudi sê hulle beplan beslis om nog soortgelyke toere in Bloemfontein aan te bied. Die spinnekoptoer wat vir die eerste maal in Bloemfontein gehou is, word gewoonlik in Gauteng gehou. Rudi vertel dié toer behels dat mense bymekaarkom en met die hulp van nette, stokke en siwwe na spinnekoppe soek. “Natuurlik soek ons ook met die hand deur klippe en stompe te lig, deur gras te soek, op boomstamme, ens. Soos wat ons die spinnekoppe kry, vertel ons mense meer oor hulle, hul gedrag, hoe hulle jag, en so meer.” Rudi vertel baie mense wat die toere bywoon, is reeds spinnekopkenners en -liefhebbers, terwyl ander mense kom omdat hulle meer oor spinnekoppe wil leer. Sommige mense doen dit selfs vir die opwinding omdat hulle bang is vir spinnekoppe!” Die spinnekoppe wat op die toer gevang word, word gewoonlik afgeneem en dan weer vrygelaat, maar die Bloemfontein-toer was uniek, omdat hulle ‘n permit vir versameling het en die volwasse spinnekoppe aan die Universiteit van die Vrystaat se entomologiedepartement geskenk het.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 21

Desember 16, 2021

Bloemfontein Online Co.

Hy sê dis onmoontlik om sy gunstelingfoto te kies. “As ek egter my onlangse gunsteling moet kies, sal hierdie foto van ’n Rhene konradi springspinnekop bo -aan die lys wees. Nie net wys dit die spinnekop in haar natuurlike habitat en in haar nes nie, maar dit lyk ook of die spinnekop glimlag.” Rudi vertel hy is al vyf keer deur ‘n spinnekop gebyt. “Die meeste mense word nooit gebyt nie, alhoewel dokters dikwels spinnekoppe blameer vir ‘n veltoestand, wat soms nie eers deur enige dier veroorsaak is nie, maar dalk deur ’n virus of bakterie. Al vyf byte het plaasgevind omdat die spinnekop per ongeluk vasgedruk is of in situasies was waaruit hulle nie kon ontsnap nie. In al die gevalle was die simptome baie gering (brand en jeuk).” Rudi verkies om spinnekoppe in hulle natuurlike habitat af te neem, maar sê as mens hulle versamel, is dit nie altyd moontlik nie. “In sulke gevalle sit ek hulle in ’n groot bak (’n blou katsandbak) met ’n klomp klippe, blare, takke, ens.

'n Springspinnekop Foto: Rudi Steenkamp

'n Pelikaanspinnekop Foto: Rudi Steenkamp

in, en dan wag ek vir die spinnekop om iewers stil te sit. Sommige spinnekoppe sit egter glad nie stil nie, en dan vat dit baie geduld en ’n goeie hand en oog om hulle af te neem.”

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 22

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 16, 2021


Bladsy 23

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 16, 2021


Bladsy 24

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 16, 2021


Bladsy 25

Bloemfontein Online Co.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.

Desember 16, 2021


Bladsy 26

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Van onderwysstudent na professionele fietsryer Madelaine le Roux (24), wat pas haar finale jaar as onderwysstudent aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het, gaan nou in 2022 professioneel in Europa fietsry as deel van die UCI World Cycling Centre se vrouespan. Madelaine vertel sy het sedert sy in Augustus 2020 regtig aan fietsry begin aandag gee het, saam met die Sandton City-span van Johannesburg gery. “So het Jo-Anna van der Winkel, wat saam met my gery het, my sportCV en my profiel aan Ashley Moolman aangestuur. Dit was die Maandagaand. Die Donderdagaand het ek ‘n epos gekry en hulle het vir my gesê daar is plek vir my in die span.”

Madeleine in aksie

SPORT

Madelaine vertel sy is baie opgewonde oor wat in 2022 vir haar voorlê. Sy gaan saam met ‘n groot groep fietsryers van verskillende lande woon en aan verskeie wedrenne deelneem. “Dit sal die eerste keer wees wat ek in Switserland is! Ek was met die universiteit se driekamp-toernooie al land uit, maar nog nie in Switserland nie.” Sy vertel hoe sy kort voor dié aanbod as onderwysstudent nog op soek was na ‘n onderwyspos vir volgende jaar. BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 27

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

“Ek het al my CV begin uitstuur, maar ek het nog niks gekry nie. Ek het dit later eers uitgestel om te kyk of iets anders nie sal gebeur nie, want ek was so bang as ek voltyds werk, my droom om fiets te ry nie sou realiseer nie.” Madelaine sê sy gaan heeltemal alleen deur, maar dat sy tog positief is. “Ons akkommodasie, verblyf, klere en selfs ons fietse word voorsien. Ek gaan alleen, maar omdat ek saam met so baie ander fietsryers van ander lande gaan wees, gaan ek ook nie heeltemal alleen wees nie. Ek sien baie uit na die klimmery in Switserland,” skerts sy.

Madelaine

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 28

Bloemfontein Online Co.

Desember, 16 2021

Get your starter pack now!

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 29

Desember 16, 2021

Check out these amazing deals!

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 30

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

n i e t n o f m e o l B my Day e k a B CLASSIC + QUICK + EASY

Feestelike Kersfeesbolletjies

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 31

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Feestelike Kersfeesbolletjies Versier jou Kerstafel vanjaar met dié heerlike, feestelike Kersfeesbolletjies, ‘n resep van Marlene Schoeman.

Bestandele 200g bruin baksjokolade 50g botter 180g malvalekkers 100g Coco Pops Rice Crispies 100g Oreo-koekies in klein stukkies gekap 100g rooi glanskersies in stukkies

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 32

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Metode Smelt botter en baksjokolade in mikrogolfoond of in ‘n dubbelkoker. Voeg malvalekkers by om ook te smelt. Roer Coco Pops, stukkies Oreo-koekies en glanskersies saam.

Maak hande nat, maak bolletjies en plaas op wasof bakpapier. Koel af in yskas. Smelt ‘n bietjie wit sjokolade, drup oor bolletjies en versier met fondantkersversierings. Siedaar! Die lekkerste Kersfeesbolletjies.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 33

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Ma vermoor dogters Nadat sy haar dogters vermoor het, het sy in die huis rondgestap voordat sy die meisies gesoen en omhels het .

10 jaar oor R798 ’n Vrou is 10 jaar tronkstraf opgelê nadat sy in Oktober vanjaar klere ter waarde van R798.40 gesteel het.

Gesin se lyke gevind Die verbrande en ontbindende liggame van ‘n familie van vyf is Maandag in Richmond gekry ná die familie op 16 November vermis geraak het.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 34

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Moontlike inperking Die moontlikheid van strenger inperkings wink vir SuidAfrikaners...

Cyril het Covid-19 Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag positief getoets vir Covid-19 en is tans in isolasie.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 35

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

TOP VERKOPER

STYLVOL EN DOELGERIG

MODERN STYLVOL GEMKALIK

FORD ECOSPORT

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 36

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

FORD ECOSPORT Stylvol en doelgerig. Dit is maar net twee van die vele byvoeglike naamwoorde wat een van Suid-Afrika se topvoertuie beskryf. Dit is geen ander voertuig as die Ford EcoSport nie. Wanneer jy gaan oplees oor hierdie motor of selfs een toetsbestuur, of as jy gelukkig is om een te besit, dan besef jy gou hoekom dit een van die topverkopervoertuie van 2021 is. Enige huisvrou, student en ja, selfs besigheidsman se droom. Hierdie skoonheid bied jou as eienaar soveel en nog meer. Intelligente vierwiel-dryf en ‘n sportiewe prestasie wat dit ideaal maak vir sorgvrye alledaagse bestuur. Stylvolle binneruim en tegnologie wat ontwerp is om jou te help om verbind te bly met die wêreld terwyl jy bestuur. Wil ek een hê? Ja, asseblief! Sit die “spotlight” op jou met beligting of laat die wind deur jou hare waai met die “moonroof”.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 37

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Waarheen ookal jy op pad is, die EcoSport sal vir seker die koppe laat draai. Jy sal vol selfvertroue wees en heeltemal in beheer voel agter die stuurwiel van hierdie spogmotortjie. Stylvol en doelgerig. Dit het ook ‘n BLIS (blind spot information system) met ‘n “cross-traffic alert” wat dit ‘n droom maak om hierdie Kersseisoen daardie verpeste parallelle parkering te doen by die besige winkelsentrums. Nie net ry die EcoSport so sag soos bababoudjies nie, maar is ook baie ekonomies in terme van onderhoud en petrol- en dieselverbruik. In my opinie is die Ford EcoSport een van 2021 se beter gebeurtenisse.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 38

Desember 16, 2021

Bloemfontein Online Co.

So presteer jou besigheid! Bloem Wheel Alignment B-U Recover Couching

Bloemfontein Online Co. het ‘n peiling gedoen om die beste besighede in Bloemfontein te identifiseer. Van naeltegnikusse tot haarkappers, hierdie is die top besighede wat ons lesers gekies het. Bloemfontein Online Co. besef die ondankbare werk wat elke entrepreneur soms moet ervaar.

Ons glo ook dit is nodig om goeie diens te beloon.. Hierdie is jou platform om ’n verskil te maak. Ons gaan voortaan elke week kleinsakeondernemings erken vir goeie diens gelewer. Jy as verbruiker en leser het die invloed om daardie besigheid te erken. Hier is die week se toppresteerders.

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 39

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 40

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Bloemfontein deur die oë van 'n leser 1 2 0 2 y b n y u a e w s d e e "My p S k r a s p t s o r n t a r m e e p o u h S . Sc t n e v n e e l d w n o a b v e s a o n R a J " ! m o op h Berg

"Die gron d is te ha rd vir m y kop." - David W atts

"Pers kom bers oor my tuin. Jakarand a blomm etjies ora - Anita J l." oan du P reez

"As ding e rof is, is daar niks bet er as om bietjie kleur te rug te k ry en wat is b eter as r ose in jou tuin? " - Rina Els

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 41

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Grey-skoolhoof op sy laaste dag verras Mnr. Deon Scheepers, wat vir nege jaar skoolhoof by Grey Kollege in Bloemfontein was, is op sy laaste dag by die skool verras deur die Sentrum vir Leeren Ondersteuningsdienste met ‘n besonderse geskenk! ‘n Gedenkplaat met die woorde “Grow into your blazer”, uit Mnr. Scheepers se laaste toespraak aan die seuns, is opgesit by die sentrum, aangesien dit sy droom was om professionele ondersteuning op kampus aan die Grey-seuns te bied. Dié droom is op 1 Februarie 2015 met die opening van die sentrum verwesenlik.

Mnr. Scheepers

SKOLE

'n Klompie van die personeel

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 42

Bloemfontein Online Co.

“Met hierdie plaat wil ons Meneer hartlik bedank vir die stigting van die sentrum. Dankie vir die nalatenskap. Ons gaan Meneer se visie uitleef deur elke seun waarmee ons werk te help om die beste weergawe van homself te word en hul te help om in hul baadjies in te groei”, sê Heinrich van Wyk, sielkundige by die sentrum.

Desember 16, 2021

Mnr. Scheepers was uit die veld uit geslaan. “Ek waardeer hierdie wonderlike gebaar en sal dit altyd koester.” Die sentrum het ook hul nuwe voorkoms bekendgestel nadat die opknappingswerk afgehandel is.

Graad 1 Afrikaanse klas

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 43

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 44

Bloemfontein Online Co.

OUR TEAM

Desember 16, 2021

Bloemfontein Online co. Issue no. 15 2 Desember 2021 Cover Image Shaun Heining Editorial Caria van der Merwe Editor Una Engelbrecht Sub-Editor Chane van der Westhuizen Writer Advertising Chane van der Westhuizen chane@onlinecosa.co.za 081 505 6702 find-it.co.za/boc facebook.com/bloemonlineco instagram.com/bloemonlineco Contact bloem@onlinecosa.co.za 064 514 1285 Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newssnatch. Dottry Media is also the publisher of community online newspapers: Kimberley Online Co. and Bloemfontein Online Co. YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 45

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Good Knight Bedding

YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Bladsy 46

Bloemfontein Online Co.

Desember 16, 2021

Good Knight Bedding

YOUR COMMUNITY NEWSPAPER BLOEMFONTEIN ONLINE CO.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook