Skip to main content

Kuruman Online Co. 14 Januarie 2022

Page 1

Kapers buite Kuruman vasgetrek Ons maak heerlike pampoenmuffins

Geleende tyd vir my sonskyn Luca - Marisa Barnard UITGAWE NO. 1 | 14 JANUARIE 2022


Bladsy 1

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

INSIGGEWEND | NUUT | OPWINDEND Kuruman Online is hier! Wat ’n ongelooflike voorreg is dit nie. Die ou spreekwoord lui wanneer een deur toe gaan waai daar gewoonlik ’n ander een oop. Baie inwoners is bekommerd oor die voortbestaan van gedrukte media. Alhoewel dit darrem nog in ons geweste bestaan is daar heelwat lesers wat nie toegang het tot ’n plaaslike koerant nie. Wel, nou is dit vir almal beskore. Kuruman Online Co. is die derde toevoeging tot Dottry Media Pty Ltd se stal en vorm deel van die Find It Nuusagentskap. Lesers kan na hartelus vir ons nuus rakende Kuruman en Kathu stuur, organisasies kan ons inlig oor hulle doen en late en ons sal sorg dat die plaaslike dienslewering organisasies op sy tone gehou word.

Natasha vertel ons meer oor haar koekbak-stokperdjie, NKS kry 'n gesteelde foon terug, kapers word net buite Kuruman gevang en vele meer! Voortaan kan jy jouself gereed hou vir kraakvars gemeenskap nuus. Vertel my wat julle dink, waaroor wil julle lees en raak betrokke. Ek nooi jou uit om jou storie met ons te deel. Hoop julle geniet ons eerste uitgawe. charnevandermerwe44@gmail.com

Charne

Adverteerders kry ook die geleentheid om hulle produk en dienste teen sakpas pryse en ’n mededingende platform van meer as ’n miljoen lesers landwyd te deel. Weet julle dat jy teen slegs ’n derde van die prys kan adverteer? Ons eerste uitgawe praat ons met Marisa oor haar seuntjie se seldsame siekte, KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 2

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Geleende tyd vir my sonskyn Luca GLO | HOOP | VERTROU Die tweejarige Luca Barnard se ouers is in ‘n wedloop teen tyd. Hulle benodig dringend fondse vir behandeling om hul seun se lewensverwagting te verleng. Op sewe maande het Luca se ouers, Christiaan (35) en Marsia (35) Barnard, opgemerk dat hy nie sy ontwikkelingsmylpale bereik soos verwag word nie. Nadat hulle ‘n pediater besoek het, is daar bevind dat Luca ‘n vergrote lewer het. Die Barnard-egpaar met drie Mi van hul vier kinders

KURUMAN ONLINE CO.

Luca op die strand


Bladsy 3

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

"Ek weet die Here het 'n plan met alles" Op ‘n jaar en ses maande is hy met ‘n baie seldsame en dodelike, genetiese siekte genaamd Acid Sphingomyelinase Deficiency (ASMD), wat ook verwys na Niemann-Pick Disease gediagnoseer.

Luca laat hom nie onderkry

“Sy lyfie maak nie die nodige ensieme wat vet afbreek nie en dit veroorsaak dan dat oortollige vet om sy organe pak. Dit laat sy lewer, milt en brein vergroot. Dit veroorsaak die verlies aan spiertonus, mislukking om te floreer en 'n moontlikheid van neurodegenerasie - 'n siekte waar selle van die sentrale senuweestelsel laat ophou werk," vertel Marisa. Volgens navorsing het kinders met hierdie siekte ‘n lewensverwagtingstydperk van slegs drie jaar. Na sy diagnose was dit ‘n baie moeilike pad vir die Barnardegpaar. Hulle het geen kennis oor die rare siektes gehad nie, en hoe meer navorsing hulle gedoen het, hoe groter het hul vrees geword.

Marisa en Luca KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 4

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

As gevolg van die siekte, is Luca se immuniteitstelsel nie baie sterk nie en word hy baie vinnig siek. Hy doen nie baie goed in sosiale situasies nie en word nie baie uit die huis geneem nie, aangesien hy nie goed uit sy roetine vaar nie. Luca is ook op ‘n spesiale dieet en kry elke dag fisioterapie-oefeninge. Marsia vertel dat daar tot dusvêr nog geen medisyne vir hierdie genetiese afwyking in Suid-Afrika nie, maar eksperimentele medisyne is oorsee beskikbaar. "Ongelukkig is die Olipudase Alfa-medikasie van Sanofi, wat gebruik word in die ensiemvervangingsterapie wat Luca benodig, net in die VSA beskikbaar. Ons probeer ons bes om hierdie behandeling na Suid-Afrika in te voer." Die behandeling is egter baie duur. Die medikasie op sy eie word geraam op R184 000 per maand, of R2,2 miljoen per jaar.

Die Barnard-kinders: Lisa, Daniel, Luca en Mille.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 5

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Intussen het die egpaar Luca, wat in Maart drie word, laat goedkeuring gekry om ‘n hom nie deur die siekte onderkry eksperimentele-ensiemnie, en hoewel hy nie kan loop of vervangingsmedikasie van praat nie, skuif hy op sy boude rond Amerika in te voer. en speel te lekker met sy boetie en sussies, Daniël (7), Lisa (8), en Millé Hierdie medikasie sal na (1). verwagting die simptome van sy nek af ondertoe beter maak. Dit is Marsia se grootste wens vir haar ongelooflik duur en hy moet elke sonskyn kind is dat hy saam met sy tweede week in Bloemfontein boetie en sussies kan speel en opgeneem word om dit deur ‘n rondhardloop. “Hulle verstaan hy is drip te ontvang. Ons hoop om siek en spesiaal. Hulle is baie lief vir binnekort daarmee te begin. hom. “Dit sal weer nuwe uitdagings “Ons hele lewe het verander na sy bring, maar ek vertrou die Here diagnose en ek was baie om te voorsien,” sê Marisa. depressief,” erken Marisa. “Maar ons het ‘n briljante ondersteunings Die egpaar het onlangs ‘n opelug- netwerk en ek weet die Here het ‘n restaurant, Oppi Dam, in Kuruman plan en ‘n doel hiermee.” geopen. Die doel is om 'n permanente inkomste te skep en sodoende geld in te samel. Die gesin het ook 'n Gogetfundingfondsinsameling begin om Luca te ondersteun.

"Ons probeer ons bes om die behandeling in te voer"

Christiaan met Luca

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 6

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

BAK EN BROU LIEFDE VIR BAK | LEKKER | MOOI Koekbak is deesdae ’n kuns omdat daar byna niks is waarvan daar nie ’n koek gemaak kan word nie. En baksters gebruik nogal hul kreatiwiteit wanneer dit by dié tydverdryf kom. Natasha Eales (27) het nog altyd ‘n liefde vir kosmaak en koekbak gehad en sy gee glad nie om om ure agter die koekpanne of kospotte deur te bring nie. Sedert sy haar eerste koek vir haar susterskind se verjaarsdag gebak het, het vriende en familielede haar begin vra om vir hulle ook te bak en haar stokperdjie het baie vinniger uitgebrei as wat sy beplan het.

KURUMAN ONLINE CO.

Natasha Eales


Bladsy 7

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Natasha, wat op Kuruman grootgeword het, het vroeg in 2020 koeke en kolwyntjies in haar vrye tyd vir spesiale geleenthede begin bak. Met geen professionele opleiding nie het sy haarself met YouTubevideo's en Google touwys gemaak en vandag kan sy enige koek bak en met tradisionele botterversiersel asook met fondant versier. Die koekbakkery is nie altyd net maanskyn en fondantrose nie en hoewel sy nog “under construction” is, sê sy nooit nee vir ‘n lekker uitdaging nie. "Dit is vir my ongelooflik lekker om nuwe dinge te leer van bak asook 'n tegniek te bemeester. Ek dink die kreatiwiteit wat mens kan uitbeeld op 'n koek of kolwyntjie het my van die begin af geïnteresseer. Elke bestelling verg iets wat ek nog nie voorheen gedoen het nie! “Dis altyd lekker om te hoor my kliënte is tevrede en gelukkig met hulle bestelling."

Leopard print-koek KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 8

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Bak is vir haar vervullend, maar die lekkerste van als is die opgewondenheid van 'n kind. “Elke kind verdien ‘n spesiale koek op sy of haar verjaarsdag en dit gee my 'n sence of euphoria om te sien hoe helder ‘n kind se gesiggie op. Dit maak beslis al die lang aande en min slaap die moeite werd.” Hot Wheels-koek

All the pretty colours-koek

Sprinkles-koek

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 9

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

KAPERS BUITE KURUMAN VASGETREK Ses kapers is Saterdag 8 Januarie 2022 net buite Kuruman in hegtenis geneem. Drie mans en drie vroue tussen die ouderdomme van 17 en 31, is omstreeks 09:25 in die Bankhara-dorpie in hegtenis geneem nadat hulle 'n maklike slagoffer met 'n onbekende voorwerp op die bors geslaan, sy hande en voete vasgebind, hom in ’n bakkie gesit en met hom weggejaag het. Volgens kapt. Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder,

was die manlike slagoffer besig om uit sy wit VW Polo te klim na hy by vriende gekuier het toe die kapers op hom toesak. Volgens die slagoffer is hy glo tussen Kuruman en Kathu uit die voertuig gegooi. 'n Onbekende persoon het hom na die Kuruman-polisiestasie geneem om die voorval aan te meld. Lede van die Kurumanmisdaadvoorkomingseenheid sowel as Car Tracker-personeel het daarin geslaag om die gesteelde voertuig in Bankhara op te spoor.

Die slagoffer se Polo. KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 10

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Kuruman se Oog Die geskiedenis van Kuruman is 'n fassinerende een. Blykbaar is die naam van die dorp afgelei van die hoofman genaamd Kudumane wat in die omgewing gewoon het. Die Oog, wat deur Samuel Daniel tydens die Truter Somervilleekspedisie in 1801 ontdek is, is die rede hoekom Kuruman vandag as ’n dorp bestaan. In 1826 het Robert Moffat, Skotse sendeling, die Oog as die "fontein van die Christendom" beskryf. Moffat het bekend geword daarvoor dat hy die eerste persoon was wat die Bybel in plaaslike Afrikatale vertaal het, en die Christelike geloof in die gebied bevorder het. MARIA EN TWEE DAMES WAT WOENSDAGOGGEND SAAM MET HAAR GEBID HET

Die Oog was honderde jare lank 'n voor die hand liggende plek vir reisigers om te ontmoet. 'n Sendinggenootskap het die Moffat-kerk in die vroeë 19de eeu naby die bron gestig.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 11

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Die Oog, een van die min natuurlike waterbronne in die dorre Kalaharistreek beskikbaar, is 'n natuurlike fontein wat daagliks ongeveer 20-tot 30 miljoen liter kristalhelder water lewer, wat omliggende plase, die Kurumanrivier en twee 7 km-besproeiingskanale voed. “Volgens beskikbare inligting is Die Oog die grootste natuurlike fontein in die Suidelike Halfrond. In die vroeë jare het die Tswana-mense hierdie fontein Gasegonyane gedoop, wat “klein waterkalbas met borrelende water” beteken.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 12

Kuruman Online Co.

KURUMAN ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 13

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

GIMNASTIEK IS IN SY BLOED PASSIE | MENSE | INISIATIEF

Stiptelik, professioneel, vriendelik en altyd tyd vir ‘n grappie, is sommer net ‘n paar karaktereienskappe van Jaco Cloete, Kuruman se nuwe gimnastiekafrigter.

Jaco Cloete

Gimnastiek is een van die mooiste sporte om na te kyk. Die meisies verstom mens as hulle so grasieus en al dansend hulle vloeroefeninge doen. En mens snak keer op keer na jou asem as hulle hulself so fyntjies op die balk balanseer terwyl hulle wawiele, flikflakke en ander toertjies doen wat meeste mense nie eens op die grond kan doen nie! Die ouens verras jou met hul absolute krag en koördinasie. Jaco wat op die ouderdom van drie met gimnastiekklasse begin het, is in Bloemfontein gebore, maar het die grootste deel van sy lewe in Kimberley gebly waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het In 2021 verhuis hy Kuruman toe waar hy die geleentheid gesien het vir ‘n gimnastiekklub en met jare se ondervinding as vlak 1-afrigter, vlak 2beoordelaar en streeksvoorsitter, het hy in bietjie meer as ‘n jaar en drie maande die klub, waar hy op die oomblik 70 seuns en meisies afrig, vinnig op dreef gekry.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 14

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Wanneer jy vir Jaco vra hoekom Kuruman, kom sy antwoord vinnig: “Die mense”. En hoekom gimnastiek, kom sy antwoord maklik: “Gimnastiek ontwikkel jou spiere, jou balans, veerkragtigheid en soepelheid. Dit is ook ‘n individuele sport, so konsentrasie verbeter aansienlik. Gimnastiek ontwikkel kinders se hele liggaam, juis omdat jy jou eie gewig moet dra en elke spiersoort moet gebruik. Om ’n goeie gimnas te word, is getroue, gedissiplineerde oefening noodsaaklik.” Kom maak gerus 'n draai - jou eerste klas is gratis!

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 15

Kuruman Online Co.

KURUMAN ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 16

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

NKS LEWER PUIK DIENS Riaan Jonker (38), ‘n jarelange inwoner van Kuruman, is op 11 Januarie 2022 voor Kuruman Photolab in Boschstraat beroof.

Te danke aan Ettienne Louw (45) van die sekuriteitsmaatskappy NKS het Jonker nog dieselfde dag sy foon teruggekry.

Jonker vertel hy het ongeveer 16:10 sy vrou by die werk opgetel en uit die motor geklim terwyl sy besig was om te sluit.

Nadat hy NKS gebel het, was twee wagte binne ‘n paar minute daar en het dadelik die taxistaanplek begin deursoek.

“Ek het met my foon in my hand uitgeklim omdat ek in daardie stadium in ‘n zoom-vergadering was toe ‘n man my foon uit my hand uit gryp.”

Volgens Louw het hulle die foon versteek in een van die badkamers se dakke by die taxistaanplek gekry. “Ons het al deur die jare geleer dat gesteelde items gewoonlik daar weggesteek word.”

Jonker het die man agternagesit met die hoop om sy foon terug te “Ek wil graag vir Louw van NKS en kry, maar is deur ‘n medepligtige sy mense bedank vir hul vinnige gepootjie. optrede,” sê Jonker.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 17

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Pampoenmuffins Janene Eales weet van bak en brou en haar heerlike pampoenmuffins is maklik, vinnig en goedkoop. Dit sal jou laat wens dat jy sommer die resep dubbel aangemaak het.

Bestandele Sif: 1½ koppie koekmeel ½ t bakpoeier Meng saam: 1 koppie (250 g) pampoen, gekook ½ koppie olie 2 groot eiers 1¼ kop suiker ½ t kaneel ¼ t fyn gemmer ⅛ t fyn naeltjies ⅛ t neutmuskaat ½ t sout ½ t koeksoda Kaneelsuiker (om oor die muffins te strooi) KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 18

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Metode Strooi kaneelsuiker oor muffins Bak vir 20-25 min. Laat muffins vir 5 min. in pan afkoel voor dit uitgehaal word

Bak en Brou

Kook pampoen sag, druk fyn en laat dit afkoel Verhit oond tot 180 C Spuit muffinpan sodat muffins nie vassit nie Sif koekmeel en bakpoeier saam Meng die res van die bestanddele saam Meng nat en droë bestanddele saam, moenie te veel meng nie Skep mengsel eweredig in muffinpanholtes

KURUMAN ONLINE CO.

Janene Eales


Bladsy 19

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. Pa wat glo baba vermoor, doen aansoek om borg Hy het ’n rukkie later teruggekom en die komberse wat hy gebruik het om die baba toe te maak aan die ma oorhandig.

Twee sussies in die hospitaal na hulle amper verdrink Netcare 911 het Dinsdagmiddag om 15:28 gereageer op ’n oproep oor ‘n verdrinking op uMdloti South Beach, Durban.

Vrou ontsnap nadat eks haar glo martel, verkrag Daar het hy haar glo met ’n tou probeer verwurg, petrol oor haar uitgegooi en haar verkrag.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 20

14 Januarie 2022

Kuruman Online Co.

Man van Middelburg gevangenisstraf opgelê ná hy vrou doodry Malinga is in Oktober 2021 in die streekhof in Middelburg skuldig bevind op ’n klag van strafbare manslag.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 21

Kuruman Online Co.

14 Januarie 2022

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 22

Kuruman Online Co.

OUR TEAM

14 Januarie 2022

Kuruman Online co. Issue no. 1 14 JANUARIE 2022 Cover Image LUCA BARNARD Editorial Charne van der Merwe Editor Una Elbrecht Deputy Editor Advertising Charne van der Merwe Charnevandermerwe44@gmail.com 082 479 3006 find-it.co.za/boc facebook.com/kurumanonlineco instagram.com/kurumanonlineco Contact Kuruman@onlinecosa.co.za 064 514 1285 Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of brands such as FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newsnatch. Dottry Media is also the publishers of community online newspapers Kuruman Online Co, Kimberley Online Co and Bloemfontein Online Co.

KURUMAN ONLINE CO.


Bladsy 23

Kuruman Online Co.

KURUMAN ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook