Skip to main content

Kimberley Online Co. 14 Januarie 2022

Page 1

Eureka eers Hadisonpark

Cassandra ervaar rioolprobleme Rita se Cremoratert KAN JY JOU KIND SE SKRYFBEHOEFTES BEKOSTIG?

UITGAWE NO. 27 | 14 JANUARIE 2022


Bladsy 2

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 3

14 Januarie 2022

Kimberley Online Co.

BRIEF VAN ONS REDAKTEUR

NUWE JAAR | NUUT | OPWINDEND Ek sit hierdie week in my ma se huis, sommerso by die kombuistafel, met ’n glas Oros in die hand. So asof ek nog ’n kind is. Ons gesels oor dinge van die lewe. Spesifiek oor foute.

Tania

Jis kyk, as daar nou iemand is wat kan foute maak, is dit ek. Van verkeerde keuses kan jy my niks vertel nie. Ek dink wel dit is belangrik om foute te maak. Hoe anders gaan jy weet wat dit is wat jy werklik in die lewe wil hê? Dit is net hoe die lewe is. Daar is niemand wat eerlik kan sê hy of sy het nog nooit ’n fout gemaak nie. Mense steek dit net goed weg. Ek is nie iemand wat daarvan hou om goed onder die mat in te vee nie. Ek sal eerder erken as ek ’n fout gemaak het en dan my bes doen om aan te beweeg. Foute maak die lewe interessant. Dink net hoe vervelig sou dit wees om elke liewe dag die regte ding te doen. Dit is egter hoe jy te werk gaan om dinge reg te maak nadat jy ’n fout gemaak het, wat tel. Hoe jy opstaan en aangaan. Hoe jy kies om môre beter te wees as wat jy vandag is en ook, om nie weer dieselfde fout te maak nie. Ek hoop julle geniet die week se uitgawe. Lekker lees.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 4

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

LAERSKOOL EUREKA EERS LAERSKOOL HADISONPARK SKOOL | LEERDER In 1969 is die eerste stene van die gebou vir Laerskool Eureka opmekaargesit. Die skool was in daardie stadium nog nie Laerskool Eureka nie, maar Laerskool Hadisonpark. Op 11 September 1971 is dié skool eers na Laerskool Eureka hernoem. Laerskool Hadisonpark het amptelik sy deure in Januarie 1971 geopen met mnr. Louis Pienaar aan die stuur as die heel eerste skoolhoof.

In daardie stadium was daar 186 leerders en vyf onderwysers. Die volgende jaar in 1972 is daar 260 leerders ingeskryf en die skoolfonds het R4.00 per maand beloop. Na net drie jaar het die leerdertal na 292 leerders gestyg. Daar het dan ook in 1974 groot opgewondenheid by die skool geheers toe die eerste skoolbus by die skoolhek ingery het.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 5

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 6

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Slegs die beste Na 15 jaar in 1987 het mnr. Louis Pienaar die leisels aan mnr. Koos Lochner oorgegee. In 1991 het Laerskool Eureka sy 21ste verjaarsdag gevier. Mnr. Hermie van der Merwe was toe Eureka se derde skoolhoof en die getal leerders was reeds 529.

In 2022 sal alle Gr.R- en RRkleuters gratis Playball asook gratis arbeidsterapiesessies ontvang.

Na ‘n baie suksesvolle termyn van baie harde werk het mnr. Daan du Toit die stuur by mnr. Hermie van der Merwe oorgeneem. As die vierde skoolhoof van Laerskool Eureka het hy die eer gehad om op die 30ste Augustus 1997 die skool se splinternuwe klubhuis in te wy. In 2010 het die skool afgeskop met 813 leerders en mnr. Manie Verrynne het by mnr. Daan du Toit as die skool se vyfde skoolhoof oorgeneem. Met die skool wat volgende week vir die jaar 2022 begin, is mnr. Manie Verrynne steeds aan die stuur en verwelkom hulle juf. Monique Vermeulen en juf. Kirsten Clarke by Gr. RR. KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 7

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 8

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

STOKPERDJIE IN DIE FEESTYD

STOKPERDJIE| GENIET | LEKKER Baie mense het tydens die feestyd meer vrye tyd gehad en het so ’n nuwe stokperdjie begin beoefen of selfs ’n ou stokperdjie afgestof. Elfreda Baartman is een van die mense wat in die feestyd ’n nuwe stokperdjie begin het toe sy per ongeluk daarop afgekom het.

“Ek het op die internet gekyk vir positiewe quotes om in die kinders se kamers te hang. Toe kom ek af op die ‘Mandala colouring pages’. Ek het sommer verlief geraak. Ek het toe ’n hele paar uitgedruk en begin inkleur, een bladsy ’n dag. Dit was so kalmerend. Ek het eers die kinders se inkleurpotlode gebruik, toe koop ek penne en toe koop ek glitter gel penne.”

Sy is al 16 jaar met haar man, Gavin Baartman, getroud en die paartjie het twee kinders saam. Elfreda is Elfreda vertel sy geniet die inkleur oorspronklik van Kaapstad, maar vreeslik. woon al vir 18 jaar in Kimberley. “Ek hou daarvan om die verskillende kleure te kombineer. Stokperdjie Ek sien altyd uit na die eindproduk. “Ek werk vir Outisme SA. Ek is die Sommige mense wil dit koop; ek streeksbestuurder, verantwoordelik ‘post’ altyd op sosiale media, maar vir opleiding en bewusmaking. My dit is regtig net ‘n stokperdjie.” dogtertjie is outisties.” Sy sê ook die stokperdjie is nie Sy vertel haar stokperdjie het heel duur nie. toevallig begin. KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 9

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 10

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

“Dit is nie rêrig duur nie, maar die gel penne raak so vinnig klaar, so dit kan nogal ’n uitgawe raak. Ek probeer om klaar te kom met wat ek het, tot ek weer geld het om nuwe penne te koop.”

Tydver dryf

Elfreda se kunswerk

Sy vertel sy gaan steeds genoeg tyd hê om haar stokperdjie te beoefen, al is die feestyd verby. “Ek gaan definitief tyd hê om dit te doen. Ek werk van die huis af en beheer my eie ure.”

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 11

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 12

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 13

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

s ' y e l r e b m i K my Day e k a B MAKLIK + VINNIG +LEKKER

Rita se Cremoratert

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 14

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Rita se Cremoratert Onthou jy nog die smaaklike Cremoratert uit jou kinderdae? Hier deel Rita Smit haar heerlike en maklike Cremoratert-resep.

Bestanddele: 250 g Cremora 1 blikkie kondensmelk 250 ml suurlemoensap 250 ml kookwater 1 pakkie Tennisbeskuitjies 125 ml botter of margarien

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 15

Kimberley Online Co.

Metode vir Cremoratert: Smelt die botter in die mikrogolf en kap die Tennisbeskuitjies fyn. Hou bietjie van die beskuitjies eenkant om bo-oor die tert te strooi. Die res meng jy met die botter om die tertkors te maak. Spuit ’n tertbak met Spray & Cook en druk die krummels met die botter gemeng in die bak vas. Meng die Cremora en kookwater totdat dit glad is – laat dit afkoel.

14 Januarie 2022

Klits die kondensmelk en die suurlemoensap totdat dit begin styf word. Klits nou die Cremoramengsel by die kondensmelkmengsel. Skep uit in jou tertbak en strooi die koekiekrummels bo-oor. Sit die tert in die yskas en laat dit vir twee ure stol.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 16

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

CASSANDRAINWONERS VERLEDE WEEK IN RIOOL GEDOMPEL INWONERS | MUNISIPALITEIT Inwoners van McHardystraat in Cassandra se erwe was verlede week in riool gedompel toe Sol Plaatje-munisipaliteit vir dae nie op klagtes reageer het nie. Marinda Snyman het aan Kimberley Online Co. gesê die rioolprobleem was vir twee weke lank nie uitsorteer nie. ’n Buurman het so moeg geraak vir die reuk sowel as die water wat enkeldiepte in sy erf lê, dat hy ’n pomp gekry het en die rioolwater straat-af gepomp het. Riool loop straat-af “Die probleem was net dat die water wat straat-af geloop het, net weer in ander erwe ingeloop het.” Die probleem is menige male by die munisipaliteit aangemeld, wat net verwysingsnommers gegee het, maar nie op die klagte reageer nie. KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 17

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 18

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

PROBLEEM UITSORTEER Kimberley Online Co. het navraag by Sello Matsi, sowel as Thoko Riet, munisipale woordvoerders, gedoen en ’n span is dieselfde middag uitgestuur om die probleem uit te sorteer. “Hulle het net so na vier opgedaag en die probleem uitsorteer. Hulle het ’n hele spul plastieksakke-en bottels, sowel as stukke van ’n babakombersie uit die drein uitgehaal. Dit gebeur gereeld in Cassandra. Dit is nie die eerste keer nie.”

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 19

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 20

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

SKRYFBEHOEFTES VIR SKOOL ONBEKOSTIGBAAR? Met die skool wat volgende week heropen en die pandemie tesame met werkloosheid en salarisse wat gesny is, sukkel meeste ouers om skryfbehoeftes vir hulle kinders te bekostig. Skryfbehoeftes vir die laerskool is nie net meer die gewone potlood en liniaal nie, maar ’n lang lys van benodighede word aan die einde van elke jaar vir ouers gestuur. Dit sluit nie die oortrek van boeke, skooltasse, kosblikke, skoene, klere en sportklere in nie.

Kimberley Online Co. het hierdie week vir ons lesers gevra of hulle hul kinders se skool se skryfbehoeftes kan bekostig. Hier is wat hulle geantwoord het:

Skryfbehoeftes te duur?

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 21

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 22

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Jakkie Grobbelaar het op Facebook gesê: “Het al gedink koop vir die kind ‘n tablet met portable printer/scanner. Sou baie goed koper uitwerk. Wat het geword van net ‘n liniaal, potloot, uitveër, skerpmaker en kleurkryte? Nou is dit al lêers, en kleurpenne, seep, tissues, inkleurboeke, skryfboeke, handboeke ensovoorts.” Althea Saunders het gesê: “My oudste is in gr. 9 hierdie jaar, middel een gr. 6 en die kleintjie in kleuterskool. Dis maar moeilik en verskriklik duur, maar ek glo en vertrou dat hul als sal hê voor die skole heropen. Ek het nie ’n ander keuse as om dit maar so stuk-stuk aan te koop nie.” Leona Voigt het op Facebook gesê: “Gelukkig het ek klaar gekoop. Wat my help, is dat ek deur die jaar ekstra basiese skryfbehoeftes by my maandelikse shopping sit en bêre. Gelukkig is die hoërskool se skryfbehoeftelys nie juis baie nie, maar die skoolfonds wel.” Yolande Botha sê: “Daai seilsakkies wat enigiets van R50 en op kos, wat jy vir elke vak moet hê. Ek het twee kinders, dis 20 sakkies.. En dis dan net sakkies.” Daleen Dolla Esterhuizen sê: “Ek koop nie meer die hele lys van die jaar nie. Koop net genoeg vir kwartaal een en vul net aan as daar tekort kom. Dan vat ons maar kwartaal twee as hy aanbreek. Skryfbehoeftes het bitter duur geword en dit sluit skooltasse in.”

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 23

14 Januarie 2022

Kimberley Online Co.

Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.

Rekening Restaurantrekening van R1.3 miljoen skok sosialemediagebruikers

Horse stuck Horse stuck in the middle of Vaal River

Moord . Suid-Afrika se top moorddorpe

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 24

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Baba lewe ‘Doodgebore’ baba toe lewend gevind met voorbereiding van begrafnis

Selfdood Ouers pleeg selfdood, baba wees

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 25

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

DIE PYN VAN ’N KIND VERLOOR

OUERSKAP | HARTSEER Nicolene Smith (57) gesels die week met Kimberley Online Co. oor die hartseer en pyn van ’n ouer wat ’n kind aan die dood afstaan. Gebore is Kaapstad, het sy saam met haar ouers Kimberley toe getrek toe sy 14 jaar oud was. Sy is met haar man, Izak Smith, getroud en sy het drie kinders uit ’n vorige huwelik.

Eddie, Rita en Nico

KIMBERLEY ONLINE CO.

gebroke


Bladsy 26

Kimberley Online Co.

Nicolene se oudste seun, Nicolas Smit (37), is verlede jaar in ’n motorongeluk oorlede. “Nico se swaer het sy broer, Eddie, geskakel en hy het weer my man geskakel om die nuus aan my oor te dra. Nicolas het aan die slaap geraak agter die stuur van sy bakkie en van die pad af gery. Hy het na-ure kettingwinkels in die NoordKaap gesaniteer. Hy het drie dae na mekaar van Upington na Springbok en Alexanderbaai gereis.

14 Januarie 2022

Hy het in die hospitaal op Alexanderbaai gesterf.” Nicolene vertel die pyn van ’n ouer wat ’n kind verloor, is ondraaglik. “’n Kind moenie voor ’n ouerr doodgaan nie. Daar is nie woorde om te beskryf hoe groot die impak was nie. Ek lewe daagliks in vrees as my kinders êrens ry en veral as ek nie van hulle af hoor nie. My jongste seun trou sonder sy broer aan sy sy.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 27

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 28

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

RAAD| MOED | HOOP Nico was ook Eddie se vertroueling. Hulle het elke dag gepraat. Hy was sy suster, Rita, se 'gentle giant'.”

Nico sou op 18 Januarie 2022 sy 38ste verjaarsdag gevier het.

Sy sê sy kon dit eers nie aanvaar dat haar seun oorlede is nie. “In die begin kon ek dit nie aanvaar nie, die skok was te groot. Ek kon nie afskeid neem nie. Dit is ses maande later en ek sukkel nog om heeltemal afskeid te neem. My geloof en vashou aan ons Hemelse Vader dra my deur elke dag. Onthou, dit is ’n deel van my hart, my DNA en wese wat weggeskeur is van my, dit kan nooit herstel nie. Ek kan darem al oor hom praat sonder om die heeltyd in trane uit te bars.” Nicolene se raad aan ander ouers is om kwaad te wees wanneer jy so voel. “My raad aan ouers wat deur dieselfde gaan, is: huil, skreeu, wees kwaad, moenie dit binne hou soos ek aan die begin het nie. Niemand kan ’n tydperk op rou sit nie. God verstaan woede en hartseer. Gryp sy hand vas en bly in die lig, dit is al manier hoe die donker jou nie insluk nie.” KIMBERLEY ONLINE CO.

Nico en Izak


Bladsy 29

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 30

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

PAARTJIE IN MOGHULPARK AANGEHOU, AANGERAND EN BEROOF BEROOF | AANHOU | AANRAND ’n Paartjie is op 20 Desember 2021 in hulle huis in Moghulpark deur vier gewapende mans en een vrou aangehou, aangerand en beroof. Lt. kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die eienaar en sy vrou is glo omstreeks 08:00 deur die rowers wakker gemaak en erg aangerand voordat hulle vasgebind is. Die rowers het glo die eienaar se vuurwapen en ’n aansienlike bedrag kontant uit die kluis geneem voordat hulle van die toneel gevlug het. Die buurtwag en die vermeende rowers het in kruisvuur betrokke geraak. Een manlike rower (35) en ’n vroulike (30) omstander is beseer tydens die kruisvuur wat in die straat, naby die perseel, plaasgevind het. Albei die beseerdes is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling, maar die manlike verdagte is later oorlede. Nog ’n 24-jarige vroulike verdagte is in hegtenis geneem. ’n Manlike Malawiese burger (37) is op 11 Januarie 2022 in Troystraat, Johannesburg in hegtenis geneem en in besit gevind van ’n motorvoertuig wat na bewering onlangs in die Oos-Kaap gekaap is. Die verdagte moet binnekort in die Kimberley-landdroshof op aanklag van huisroof verskyn. KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 31

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 32

14 Januarie 2022

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY OUERS DEEL BABAS SE PRAGFOTO'S

Henry Douglas Alexander Brooks. Een jaar oud.

CJ Swanepoel. Vyf maande oud.

Ilané Struders. Drie jaar oud

Karel Janse van Rensburg. Twee en 'n half jaar oud.

Alysa Yalias. Sewe maande oud.

Mienke Kriek. Vier jaar oud. KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 33

14 Januarie 2022

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY OUERS DEEL BABAS SE PRAGFOTO'S

Elissa Fraser. Drie jaar oud.

Mienke Oosthuizen. Vier jaar oud.

Juané Fourie. Drie jaar oud.

Mar-Louise Fourie. Ses jaar oud.

Marlené van Niekerk. Drie maande oud.

Caelum Griessel. Tien maande oud. KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 34

Kimberley Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.

14 Januarie 2022


Bladsy 35

Kimberley Online Co.

OUR TEAM

14 Januarie 2022

Kimberley Online co. Issue no. 26 24 Desember 2021 Cover Image Zamani Saul Editorial Tania Smith Editor Una Engelbrecht Sub-Editor

Advertising Yolandi West yolandi@find-it.co.za 066 122 8594 find-it.co.za/koc facebook.com/kimonlineco instagram.com/kimonlineco Contact tania@onlinecosa.co.za 064 506 7622 Published By Dottry Media (Pty) Ltd

Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of brands such as FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newsnatch. Dottry Media is also the publishers of community online newspapers Kimberley Online Co and Bloemfontein Online Co.

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 36

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Digital is cheaper!

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 37

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Check out these deals!

KIMBERLEY ONLINE CO.


Bladsy 38

Kimberley Online Co.

14 Januarie 2022

Follow us on Facebook

Follow us on Instagram

Join our Telegram group

Join our WhatsApp group

Send us an email

Visit our website

KIMBERLEY ONLINE CO.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook