Skip to main content

Kimberley Online Co. 13 Augustus 2021

Page 1

BROUGHT TO YOU BY DOTTRY MEDIA

KIMBERLEY online co.

Tandheelkunde en ’n liefde vir kinders

Add a little bit of body text


BRIEF VAN DIE REDAKTEUR Wanneer ek die woorde “sterk

En ja, ek glo vroue kan dit alles

vrou” hoor, dink ek altyd eerste

doen. Dit is in ons ingeprent. Dit is

aan my ma. Ek het as jong meisie

in ons wese om te voed, versorg en

gesien hoe sy vir haarself opstaan

ondersteun.

en haarself bo 'n situasie uitlig wat haar maklik kon breek. Ek het

So lig ’n glasie op sterk vroue, mag

gesien hoe sy vir jare alleen

ons hulle ken, mag ons hulle wees

sukkel. Hoe sy haar lewe herbou.

en mag ons hulle grootmaak.

Haar pa verloor, toe sy glad nie reg was daarvoor nie en onlangs ook haar ma. Maar steeds altyd bereid was en is om almal te ondersteun en hulle probleme te fix.

Dan dwaal my gedagtes na 'n paar goeie vriendinne. Wat uit huwelike gestap het toe dit bitter seer was. Wat besighede met geen geld nie, van die grond af opgebou het. Die gee-mense. Dié wat vir jou bid wanneer hulle nie eers vir hulleself kan bid nie. Dié wat net suksesvol is in alles wat hulle doen. Die goeie mammas en die fantastiese lewensmaats.

Een ding is seker - vroue is sterk, uniek en pragtig. Ons kan elke dag by hulle leer.


053 492 0058


’n Tandarts 1000

Ons het saam besluit vir my om in

Annarie Grebe (33), of dr. Pretorius, soos

tandheelkunde te studeer, sou die beste

meeste mense haar ken, leef haar liefde en

opsie vir my wees.”

passie vir kinders in haar beroep as ’n tandheelkundige uit.

Annarie is al vir nege jaar getroud met dr. Carlo Grebe (36), ook ’n tandarts. Die

Annarie is in Kimberley gebore, maar het op paartjie het twee kinders van vyf en Oudshoorn grootgeword. Haar ouers was

twee jaar oud.

jare gelede albei onderwysers by skole in Kimberley. Annarie het aan die Universiteit

Hulle het op universiteit ontmoet toe

van die Wes-Kaap gestudeer.

Annarie in haar eerste jaar was en Carlo in sy vierde jaar.

“Ek het altyd geweet ek wil in die mediese rigting ingaan en ek het op ’n punt gekom wat ek ’n besluit moes maak oor wat ek wou doen. Ek onthou nog goed hoe ek en my pa lysies gesit en maak het oor die pro’s en con’s van ’n dokter of ’n tandarts wees.

“Ek is nie een dag spyt oor die beroep nie. Ek geniet dit vreeslik baie. Dit is ’n skeppende werk. Dit is elke dag iets nuut. Ek geniet dit ook om mense mooi te maak.”


Sy vertel alhoewel sy ’n algemene

werk en weet hoe om kalm in enige

tandarts is, lê haar hart en passie by

situasie te bly. Annarie is ook lief vir die

kinders. “Daar is niks so lekker soos om

buitelewe en oefen. Sy draf gereeld en

met kinders te werk en ’n kind se

sien dit as haar tyd om met die Here te

vertroue te wen nie.”

gesels.

Haar passie vir kinders gaan verder as net Sy sê ’n sterk vrou is vir haar iemand wat die tandartsstoel. Sy leef ook haar passie

mooi na haarself kyk. Nie net na die

uit om by Destiny House te help. Sy help

uiterlike nie, maar ook na die innerlike.

met fondsinsameling en doen ook

“Wanneer jy respek en liefde vir jouself

ondersoeke vir hofsake waarby kinders

en jou liggaam het, veral in ’n tyd waar

betrokke is en herstel dan die kinders se

sosiale media jou ’n wanindruk gee van

tande. Sy help ook ander kinderhuise en

wat vroue moet wees, sal dit uit jou

plekke van beskerming deur aan vroue

uitstraal.“Vroue is definitief tot baie meer

en kinders tandheelkundige sorg te

in staat as waarvoor hulle krediet kry.” -

verskaf.

Tania Coetzee

“Die vraag is, wat kan jy doen? Waar kan jy betrokke raak? Dit is my manier om my passie uit te lewe en ook n bietjie vir die gemeenskap terug te gee.” Annarie vertel die beroep is nie altyd so maklik nie en sy kry soms pasiënte wat onbeskof kan wees.

“Ek hanteer altyd almal met respek en probeer altyd ’n probleem so mooi as moontlik uit te sorteer.”

Sy sê sy het ook al alles wat met tandheelkunde kan verkeerd loop, gesien. Sy kan egter goed onder druk


Liefde is my motivering

Tonne groente uitdeel, sopkombuise bedryf, die herstel van huise vir diegene in nood en die versorging van oumense en kinders is alles wat Christopher en Michelle Snyders uit liefde doen.

Bekend aan lede van die gemeenskap as pastoor, is Christopher (46) ’n gebore Kimberliet en werk al vir 27 jaar by die Sol Plaatje-munisipaliteit. Hy het twee jaar gelede ’n pastoor geword, maar was sy hele lewe lank nog betrokke by die


kerk en die bediening.

so veel as vier ton uit."

Christopher en Michelle is al vir 20 jaar getroud en het vyf kinders en

Die gemeentelede het ook gehelp

een kleinkind. Die paar het ook ’n

om ’n vrou met ’n gestremde kind

broerskind ingeneem wat nou by

se huis te herstel. Hulle het ook

hulle bly.

aan die einde van laasjaar vir oumense en kinders van die

“Ons het in 2017 met die

gemeenskap ’n jaareindfunksie

sopkombuis begin en gaan tans

gehou. Hulle gee ook daagliks

steeds aan daarmee. Dit was in

middagetes aan skoolkinders van

inperking vlak vier baie moeilik,

die gemeenskap.

want ons mag nie sop uitgedeel het nie. Ons het een week al die

Christopher sê hulle wil mense

permitte en papiere by die polisie

bemagtig en help. Hy sê Moeder

gekry en kon toe sop uitdeel. Die

Teresa en Bob Marley se leuse

opeenvolgende week is ons ingelig

inspireer hom om voort te gaan

ons sal in hegtenis geneem word

met wat hy doen.

as ons dit weer doen. Al die sop was reeds gemaak en ons kon nie

“If you can’t feed a hundred

laat die mense honger ly nie. Ons

people, then feed just one.” –

het dit in foamalite-bakkies gesit

Moeder Teresa.

en so skelm-skelm uitgedeel.” “The greatness of a man is not in Hulle kry ook groente wat deur

how much wealth he acquires, but

Wildeklawer geborg word. Hulle

in his integrity and his ability to

gaan haal die groente self en deel

affect those around him positively.”

dit dan vir mense in die

– Bob Marley.

Roodepan-gemeenskap uit. Hulle versprei dit so ver as moontlik en

“Dit is verkeerd en hartseer

help ook gesinne wat nie kos het

hoeveel mense net anderkant toe

nie. “Die projek het eers net met

kyk terwyl daar kinders is wat

agt pakkies begin en ons gee nou

swaar kry.


Die bietjie wat ons het om mee te help, maak ’n verskil. Dit is net met die Here se genade wat ons kan voortgaan om te doen wat ons doen.

Soms is dit moeilik en het ons nie altyd die finansies om byvoorbeeld brandstof in te gooi om die groente te gaan haal nie, maar die Here sorg en op een of ander manier kry ons altyd als gedoen.”

Indien jy jou hulp wil verleen, kan jy vir Christopher by 065 500 0222 of 069 588 2930 skakel. - Tania Coetzee


EASY & CREATIVE WAYS TO SPICE UP YOUR G&T Here are a few alternative gin & tonic recipes for you to try at home.

Strawberry & Black Pepper Gin & Tonic

3-4 peach slices and a sprig of fresh

You’ll need three strawberries, freshly

thyme. Pour your gin and tonic over ice

ground black pepper, 45 ml gin and tonic

and add your peach slices. Garnish with a

water. After you’ve washed and hauled

sprig of thyme. For a stronger peach

your strawberries, slice them in half or

flavour, blitz the fruit in a blender and strain

quarters. Muddle the berries with a good

it into the glass before adding your other

twist of freshly ground black pepper in a

ingredients, stirring until the drink infuses

shaker, then pour into an ice-filled glass.

with the juice.

Stir in the gin and top with tonic. Garnish with a strawberry and enjoy!

Roasted Pineapple Gin & Tonic

You’ll need 2 pineapple wheels, 50 ml gin, Peach & Thyme Gin & Tonic

70 ml pineapple juice, tonic water and 1

You’ll need 50 ml gin, 125 ml tonic,

lime. Griddle, grill or BBQ the


pineapple wheels for 5 minutes before turning them over. Continue grilling until they are browned, smoky and caramelized. Cut one pineapple wheel into wedges and muddle it into your cocktail shaker. Add gin, ice and juice. Shake for two minutes and strain into a glass with ice. - Caria van der Merwe


MK8 Diamond Security gee om oor jou veiligheid.

MK8 Diamond Security bied plaassekuriteit, mynsekuriteit, privaat sekuriteit, beweging van jou bates, sekuriteit by ‘n funksie, sekuriteit by jou winkel, graad A-C wagte en gewapende wagte, alarminstallasies, alarmmonitering,

CCTV-installering, CCTV monitering, 24/7 gewapende reaksie

Maak seker jy skakel vir Mynhardt by 082 958 5891 of Ria by 081 533 3224 om jou weer veilig en verseker te laat voel. Add a heading


VOORTREKKERS BEWAAR

“Op 31 Julie 2021 het 33

KULTUURHISTORIESE

verteenwoordigers van die organisasies en

ERFENISSE IN KIMBERLEY

lede van die publiek die Konsentrasiekamp Monument by Hertzogplein en die

Die jeug vorm ‘n belangrike deel van

Herdenkingsmonument by die Weseinde-

die toekoms en daarom sien die

begraafplaas in Kimberley skoongemaak.

Voortrekkers dit as hulle taak om

Die volgende skoonmaak- en

kultuurhistoriese erfenisse vir hulle

instandhoudingsprojek is op 21 Augustus

nageslagte agter te laat.

2021 by die Burgermonument te Magersfontein.”

“Die onlangse skoonmaakprojek is deur die Danie Theron Rapportryers

Marius vertel die verrigtinge begin om

van Kimberley gekoördineer en lede

09:00 en voorligting oor die Slag van

van die Voortrekkers, Landsdiens en

Magersfontein sal na afloop van die

Afriforumjeug het aan die projek

skoonmaakaksie gelewer word. Lede van

deelgeneem. Die doel met die projek

die publiek is ook welkom om by die aksie

is om kultuurhistoriese erfenisse soos

betrokke te raak. - Elbeth Marais

monumente en gedenkwaardighede te onderhou en vir die nageslag te bewaar.

Volgens Marius Nagel, voorsitter van Danie Theron Rapportryerkorps, het al die betrokke organisasies die bewaring van ons land se erfenis as ‘n prioriteit en beywer hulle om kultuurerfenisterreine in stand te hou. Kultuurerfenisterreine speel ‘n belangrike rol in die vorming van die jeug se identiteit en herinner aan die herkoms en geskiedenis van die omgewing.


A passion for fashion


Kimberley’s ‘fashionista’

insecurities about myself, so in a nutshell I’d say Denzil Pillay Designs support

Self-taught fashion designer and make-up

body positivity.”

artist Denzil Pillay says he’s always been a “fashionista”, but never really thought of

He started his kiddies line in 2021 and so

persuing his dreams until he started in 2017.

far it has been a huge success. His new kiddies range will be launched in

“I started off doing fashion runway shows

September 2021.

to showcase my work as it helped me gain more knowledge within the fashion

He says the favourite project he has

industry. I then made it my goal to do some

ever worked on, was in 2017. “I

research on the making of garments. I took

showcased my first clothing collection

a few sewing classes and it took me a year

which was held at the Kenilworth Race

to perfectly know what to do.”

Course in Cape Town. For me it was a very proud moment to see what I can

Denzil, who has his own brand, says he caters for all body types. “Growing up I had

achieve with hard work and dedication.”


The event was aimed as a giveback charity program to raise funds for the homeless.

Denzil’s plans for the future include expanding his business and make it a known brand. “I am excited to announce that by the end of August my online store will be up and running.”

To other young designers, his advice is to have faith in your abilities. “I firmly believe that you don’t have to be rich to achieve a goal.” - Caria van der Merwe


‘ Van huishulp tot in die bediening

“Ek moes haar versorg, bad, aantrek

Ellen Greef (59) het vir 35 jaar as ’n

en voer. Die vrou van die huis het

huishulp gewerk voordat sy haar werk

ook baie siek geraak met

gelos het om in die bediening in te

nierversaking en ek het haar ook

gaan.

versorg.”

Sy is vir 35 jaar met haar man getroud

Ellen het ook self bitter siek geraak

en hulle huwelik was kinderloos, maar

en moes ’n histerektomie kry. Sy het

die Here het haar op ander maniere

na die operasie in die hospitaal gelê

met kinders geseën.

en dokters het nie hoop gehad nie. Hulle het vir haar gesê sy is besig

Sy het as 18-jarige by haar eerste

om dood te gaan. Hulle het ook

werk as huishulp begin. Sy het vir 22

vermoed sy is HIV-positief. Sy het

jaar as huishulp by een familie gewerk.

die infeksie vermoedelik deur ’n

Sy moes na die familie se verstandelik

bloedoortapping opgedoen. Terwyl

gestremde dogter omsien.

sy gewag het vir die uitslae,


CALL HEINE RUDMAN AT 082 945 2759 TO OWN YOUR DREAM HOME! Visit them at 37 Jan Van Zyl Street in Monument Heights.


het sy besef niks in haar lewe is in

“Ek het nooit een aand honger

orde nie en dit is in hierdie

gaan slaap nie.”

oomblikke wat sy tot bekering gekom het.

Soos in almal se lewe, was daar ook vir haar baie donker tye.

“Ek het met die Here begin praat en dit is net daar wat ek tot redding

“Ons moes deur die feit werk dat

gekom het. Hy het my aangeraak en

ons nooit kon kinders kry nie. Dit

my gesond gemaak. Ek het ’n nuwe

was bitter moeilik. My man het

mens by die hospitaal uitgestap.”

ook in ’n drankverslawing verval.

Haar toetse het as HIV-negatief

Met gebede en die Here se

teruggekom.

genade het hy dit oorwin.”

Ellen het daarna vir 13 jaar by ’n

“Ek is wel geseën met soveel

ander familie as huishulp gewerk en

kinders. Ek het my broer se

het in daardie stadium by die

kinders grootgemaak nadat hy en

bediening betrokke begin raak. Sy

sy vrou binne ’n week uit mekaar

het haar storie van genesing vertel.

gesterf het. Ek het ook die

In hierdie tyd het die Here mense

voorreg gehad om my broer se

wonderbaarlik aangeraak en genees

dogter se kinders, wat nou nog

.

saam met my leef, groot te maak.

“Hy het hulle genees, want Hy het

Ek is so gebless met soveel

my genees.”

kinders. Vroue wat my dogters geword het, met wie ek ‘n

Sy is daarna deur ’n kerk genader

wonderlike verhouding het.”

om voltyds in die bediening te staan en het uit haar werk bedank.

Ellen sê vir haar is ’n sterk vrou iemand wat haar familie,

Sy moes ewe skielik sonder ’n

gemeenskap en die Here se werk

salaris klaarkom, maar vertel die

op die hart dra. Sy glo vroue kan

Here het op bonatuurlike maniere vir

werklik alles doen. Sy het heeldag

haar gesorg.

gewerk, skoongemaak,


gekook, kinders versorg, gehelp met huiswerk en steeds tyd gemaak om by die kerk uit te kom.

“Vroue kan als doen met die krag wat die Here vir ons gegee het. Dis net in ’n vrou in. Ek dink dit is wonderlik om vir my mense te kon sorg. Dit beteken ek het ’n vol lewe gehad en het steeds ’n vol lewe. Ek het ’n tevredenheid binne my hart. Baie mense dink die lewe gaan oor geld, maar eintlik is rykdom in verhoudings.”

Ellen se raad aan moedelose vroue is om te bid.

“Ek was ook moedeloos. Om by die Here te bly en te wees, verander verhoudings. Ek het ook al gevoel ek wil moed opgee, maar ek kan die eer aan die Here gee dat Hy my daardeur gedra het.”

- Tania Coetzee


Vervang self ’n kragprop!

2. Verwyder die skroef en plaas dit op ’n veilige plek,

Moeg om vir ’n man te wag om

sodat jy dit nie verloor nie.

vir jou ’n kragprop te vervang?

Maak die prop oop en sit die

Tydens Vrouemaand wil ons

deksel aan die een kant.

vroue bemagtig. Hier is hoe jy

3. Jy sal nou sien dat die

self ’n kragprop kan vervang.

prop drie penne het – ’n lang pen bo-op en twee kortes

Wat jy gaan nodig hê:

onderaan die prop. Elke pen

’n Driepuntprop

het ’n skroef aan die kant

’n Sterskroewedraaier

wat ’n gat in elke pen bedek.

’n Platpuntskroewedraaier

Hierdie gate is waarheen jy

’n Draadstroper

jou bedrading kan koppel. 4. Neem nou die

Hier is hoe jy dit doen:

platpuntskroewedraaier en

1. Maak eers die skroef los in

draai die skroewe wat in elke

die middel van die prop deur

pen is, los. Wees versigtig

die sterskroewedraaier te

om die skroewe nie

gebruik.

heeltemal los te skroef nie. Draai dit net genoeg


af sodat jy duidelik deur die gat in elke pen kan sien.

NEUTRAAL en LEWENDIG. 8. Die groen en geel gestreepte

5. Soek die twee plastiekomhulsels

draad word verbind met die lang

onder in die middel van die prop en

pen in die middelste bokant van die

verwyder dit. Dit sal dit vir jou

prop. Neem jou geel draad en steek

makliker maak as jy die bedrading

dit in die gat van die pen wat met ’n

aan die penne moet koppel.

E gemerk is, en draai dan die skroef

6. Gebruik die draadstropper om 1

vas wat teen die draad sal trek en dit

cm van die plastiek van die 3 drade

in die pen hou.

af te verwyder om die koperkabels

9. Verbind die bloudraad met die

binne te ontbloot.

linkerpen wat met ’n N gemerk is en

7. As jy na die prop kyk, sal jy sien

skroef dit vas soos bo genoem.

dat daar vir die twee kort penne

10. Verbind die bruin draad met die

merke op die prop is wat aandui

regterpen wat met ‘n L gemerk is en

watter drade met watter pen

skroef dit ook vas soos bo genoem.

verbind moet word. As jy die

11. Nadat jy dit gedoen het, kan jy die

bedrading aan die verkeerde penne

twee plastiekomhulsels weer in

koppel, kan dinge lelik verkeerd loop.

posisie plaas. Dit hou die drade nou

As jy na die drie drade kyk wat jy

veilig vas en voorkom dat dit per

gaan verbind, is die algemene reël

ongeluk uit die penne getrek word.

dat dit in drie verskillende kleure is:

12.Jy kan nou die propdeksel weer

blou, bruin en groen met ’n geel

op die prop sit en die

streep daarin of soms net groen.

sterskroewedraaier gebruik om weer

Hierdie drie gekleurde drade is baie

vas te skroef om die prop toe te

belangrik vir die aansluiting van die

maak.

prop. Op die prop is die drie merke

13. Jou prop is nou gereed om

wat jy sien, soos volg: waar die

gebruik te word.- Tania Coetzee

sentrale lang pen geleë is, is daar ’n E, aan die linkerkant onderkant van die klein pen is daar ’n N en aan die regterkantse klein pen is daar ’n L. Hierdie 3 letters staan vir AARDE,


Stappe 7 tot 12


Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448


Belinda se liefde vir verekinders

Elke vrou is sterk, uniek in wat sy

‘Belinda is ‘n tuisteskepper en

doen en wat haar passie is.

spandeer drie keer ‘n dag twee ure

Belinda Prinsloo, ‘n vriendelike

aan haar voëls. Sy gee hulle baie

vrou, is bekend in Kimberley vir

liefde en aandag en versorg hulle

haar liefde vir voëls. Sy huisves

van kleins af tot sy hulle in’ n

baie voëls en is selfs al gebel

liefdevolle huis kan plaas.

deur Kimberliete wat raad soek as hulle voëltjies iewers optel.

“Die lekkerste deel van alles is om hulle te voer en te vertroetel.”

Sy verwys na haar verekinders as

Belinda se Facebook getuig van

haar “babas”. Belinda sê haar

haar liefde vir hierdie gediertetjies.

liefde vir voëls het van jongs af

Video’s en foto’s wys hoe die klein

begin. “Toe ek nog in die huis

voëltjies sonder vere in pragtige

was, het ons kokketiele en

gesonde voëls met elk sy eie

budgies gehad.”

persoonlikheid groei.


Belinda sê die swaarste deel van hierdie proses is wanneer die voëls na hulle nuwe huise toe gaan.

Belinda se man van drie jaar, Marius Prinsloo, sê hy is net so lief vir die verekinders soos sy vrou.

Op die oomblik het Belinda 14 voëls wat haar eie is. Sy sê sy geniet ook ander aktiwiteite soos visvang, maar sy geniet haar verekinders die meeste.

Belinda se raad aan mense wat ‘n voël wil aanneem, is om deeglike navorsing te doen oor die tipe voël wat jy wil hê. “Jy moet navorsing doen en inligting by kenners kry oor watter tipe voël die beste by jou huishouding sal aanpas.”

- Meryke Bekker


Ons wil meer as gemeenskapslede wees!

"’n Groep individue wat meer as gemeenskapslede wou wees en

uit 23 onbaatsugtige mense wat genade aan ander wil betoon.

toe word ons familie.” Dit is hoe Monique Phillander en Monique

“Het jy al ooit laat in die aande in

McDillon hulle span beskryf.

Kimberley se strate gery en jong dogtertjies gesien stap? Honger,

’n Groep mense wat besluit het

dors, met kortmouklere aan? Jou

genoeg is genoeg. Hulle wil ’n

eerste reaksie sal wees, waar is

wêreld skep waar woorde van

die ouers?” Dit is Monique se

bemoediging ’n ander se

vraag aan die publiek.

oorlewing is. Hulle sien niemand as arm nie en voel dat as mens

Monique meen ook dat dit die

ryk is in die gees, is mens ryk. Dit

realiteit is dat daar soveel kinders

is wat hulle daagliks probeer

is, nie net in Kimberley nie, wat

doen, om ten minste een

sonder ouers of selfs ’n rolmodel

persoon se lewe positief te

grootword en dit is waar hulle

beïnvloed. Hierdie span bestaan

inkom, sê sy.


Hulle beweeg van area na area en

is. Help ons om hulle lief te hê en te

help waar hulle kan.

koester. Help ons om hulle te leer en om bo hul omstandighede uit te styg. Kinders

“Ons tree in, ons gaan in ons

het nie nodig om deel te wees van ons

gemeenskappe in en gee ’n helpende

land se statistieke nie.”

hand. Liefde kos niks, ook nie die basiese menslike etiket nie.”

Monique en haar span hoop om almal aan te moedig en te inspireer. Vir enigeen wat ook genade wil betoon, skakel gerus die span by 074 546 2012.

“Ons glo dat die kinders ons toekoms

- Landi West


Noord-Kaap Diamonds-netbalspan blink wéér uit

Die Noord-Kaap Diamondsnetbalspan neem vanjaar wéér deel aan die Telkom National League (TNL).

Die TNL gaan vanjaar weer in ‘n biologiese veilige omgewing (bio

Die tweede deel van die

bubble) plaasvind. Dit beteken alle

kompetisie vind plaas in Sun City,

maatreëls sal gevolg word om

Rustenburg, vanaf 9 Oktober tot 17

atlete veilig en gesond te hou. Die

Oktober.

eerste deel van die kompetisie skop by die Pretoria Heartfelt-

Ons ontmoet vandag die laaste 8

arena af. Dit sal vanaf 5 September

spelers van die span:

tot 12 September plaasvind.


Eureka Mentoor (33)

Roxanne Jassmin Bonani (19)

Hebeth Roodt (28)

Juance Coetzee (25)

Bianca Pienaar (19)

Zandra Smit (23)

Micke Engelbrecht (21)

Stephanie Hanekom (21)


My beste belegging ooit!

“Invest in yourself, your health is your wealth. Die belegging in myself was en

beter te voel. “Ek het ook baie draaie met verskillende kitsdiëte geloop en tot ’n dieetkundige gaan sien.”

is die beste besluit ooit en ek sal nie een dag spyt wees nie.”

En toe byt die gogga…. Sy het elke oggend voor skool geoefen en net

Jame Hansen (30) spreek nie net hierdie woorde nie, sy leef dit elke liewe dag.

“Jesus-kosse” begin eet. Jesus-kosse is alle kossoorte wat Jesus geëet het, met ander woorde, alle onverwerkte kos. Sy het op hierdie manier 10 kg verloor in 12

Jame het grootgeword op Hopetown,

maande en soos ’n miljoen rand gevoel.

Noord-Kaap. Haar reis as persoonlike afrigter het begin as jong, mollige meisie wat versot was oor die televisieprogram The biggest Loser en tydskrifte soos Fitness Magazine. Sy onthou hoe sy altyd oorgroot hemde gedra het om

“Ek wou bitter graag ’n aktrise word, maar toe die reg eet en oefen deel word van my daaglikse lewe, het ek sonder twyfel geweet dit is wat ek wil doen vir die res van my lewe.”


Haar man, Helgard Hansen, is ook ’n

“Soetgoed was my go-to cheat, maar dit

persoonlike afrigter, van sy vrou ook. Hul

het altyd in een groot gemors geëindig. Ek

albei werk by Virgin Active in Kimberley en

het besef ek moet dit heeltemal net

is soos baie ander hard geslaan met die

vermy.”

Covid-19-pandemie. Jame se raad aan ander is dat wanneer jy “Hierdie pandemie het ons gedwing om

begin met ’n plan vir gewigsverlies/ in-

buite die boks te dink, kreatief te raak.

shape kom, dan MOET jy dit doen wat jy

Daarom het ons online training begin

jouself sal kan sien doen vir die volgende 10

aanbied. Die oomblik toe dit toelaatbaar

jaar. As jy nie gaan kan volhou nie, dan

was, het ons ook die geleentheid om

moet jy nie daarmee begin nie. Sy sê ook

kliënte by hul huise af te rig, met albei

dat sy op die harde manier geleer het dat

hande aangegryp. Dit gaan ’n lang pad

wanneer iets te goed klink om waar te

wees, maar ons sal herstel.”

wees, dan is dit heel waarskynlik nie waar nie.


Jame het in 2019 begin om deel te

volhoubare en gesonde manier.

neem aan bodybuilding-

Sonder om verbode middels of

kompetisies. Haar eerste

kitsoplossings te gebruik. Ek wil

kompetisie was op Kathu, LFBB

ook graag my aanlyn besigheid

Federasie – bikini-afdeling. Haar

laat groei en laaste, maar nie die

tweede was hierdie jaar in

minste nie, ek wil uit my hart uit

Johannesburg. Sy het die top 10 in

doen dit wat Jesus van my

die Muscle Mulisha NPC

verwag.”

Federasie se bikini-afdeling gehaal.

Jame Hansen, ’n vrou met ’n lyf wat lyk of dit uit goud gegiet is,

“Ek dink baie min mense verstaan

maar sonder twyfel ’n vrou met ’n

die sport, of het dalk ’n

hart wat kosbaarder is as enige

wanvoorstelling daaroor. Daar is

edelgesteente op aarde. - Landi

soveel verskillende afdelings en

West

federasies. Dis ’n sport met diepte en bitter baie sweet en trane. Ek leer ontsettend baie met hierdie sport.”

Haar man is dalk merendeels verantwoordelik vir haar sweet, want hy sit saam met haar die ure in deur haar af te rig en met voorbereiding te help.

Op die vraag wat haar toekomsplanne is, het sy sonder twyfel geantwoord: “Ek wil soveel as moontlik mense help om ’n gesonde leefstyl te leef, op ’n


Die poppekastannie sê alle vrouens is sterk en uniek

Carine Beylefeld (59) is in

“As model en skoonheidskoningin

Kimberley bekend as Minnie Muis

in my jong dae was ek soos enige

of die poppekastannie. Carine is

jong meisie geïnspireerd om my

lief daarvoor om kinders te bederf

droom uit te leef. As jong mamma

deur vir hulle poppekas te hou en

36 jaar gelede, was dit ideaal om

stories te vertel.

‘n model juffrou te wees. Ek het baie modevertonings en

“Van kleins af het ek gesê dat ek

skoonheidskompetisies

‘n juffrou wil wees, naweek

aangebied.”

modelwerk wil doen en vakansie in flieks speel.” Carine is ‘n trotse

Carine is ook bekend vir haar

mamma van ‘n seun en ‘n dogter

uitstekende fotografie. Carine is

en sê haar kinders het vir haar elk

steeds in die

twee slim kleinkinders gegee.


vermaaklikheidsbedryf, maar as

dames in vandag se Suid-Afrika is:

gevolg van die Covid-19pandemie is alles nog nie op dreef

“Dames moet net hulleself wees.

soos dit moet wees nie.

Die meisies van vandag is vir my

Volgens Carine is alle vrouens

verskriklik mooi en baie van hulle

uniek en sterk op hulle eie manier.

is baie natuurlik. Ek wil amper sê moenie ‘n rolmodel hê nie, wees

“Ek dink alle vroue is uniek, het ‘n

net jouself vir dit wat die hemelse

doel in die lewe, is sterk – fisies.

Vader jou gemaak het en geskape

Party doen net meer ‘cross fit’ as

het. Ek sal die jong meisies van

ander. Ek kan net aan die vrou van

vandag ook aanbeveel om ‘n

Spreuke 31 vers 10 tot 31 dink en

sjarmekursus by te woon. Soms

koning Esther!”

ervaar ek dat dit miskien net daai grasie is wat party kort.” - Meryke

Carine het ‘n passie vir alles waarvan sy hou en elke dag kom daar net nog meer passies by. Vir haar toekoms wil Carine “elke Godgegewe oomblik voluit lewe in dankbaarheid, en hoop om binnekort weer honderde kindergesiggies te kan laat lag met lekker stories en poppekaspret.

Sy wil ook graag in die toekoms ‘n oulike koffiewinkel oopmaak vir “coffee lovers, coffee snobs, coffee fans, coffee freaks en coffee chatters“.

Carine se boodskap aan jong

Bekker


‘Nooit te oud om te leer,’ sê Sol Plaatje-student

KIMBERLEY. – “Mens is nooit te

“Ek het eerste openbare bestuur

oud om te leer nie. Jy kan nie sit

by ‘n TVET-kollege gestudeer.

en wag vir iets om te gebeur nie,

Daarna, terwyl ek gewag het vir

jy moet elke geleentheid aangryp

my diploma, het ek ook erfenis

om ekstra lewensvaardighede by

studeer. In 2018 het ek besluit om

te leer.”

my graad in kuns te doen. Daar is baie deure wat sal oopgaan sodra

Dit is die woorde van Chandre

ek my graad het. Baie

Wilkinson (27), ‘n student aan die

moontlikhede.”

Universiteit van Sol Plaatje wat vanjaar haar graad in die kunste

Chandre sê haar eintlike doel is

(BA) verower. Chandre vertel sy

om ‘n sielkundige te word. Sy

kan nie stil sit nie en hou daarvan

vertel entoesiasties hoe sy mense

om haarself besig te hou.

wil help


en leer. Onderwys, volgens Chandre, is ook ‘n beroepskeuse wat sy sal oorweeg. Vir eers fokus sy op haar studies en werk hard om goed te presteer. "Aan die begin van die pandemie het ek gedink om van die huis af te leer kan net voordele inhou. Ek het wel later besef daar is soveel meer stres. Ek bly saam met my ouma en twee boeties. My ouma het onlangs ‘n kind verloor en om ander mense rondom jou te sien wat emosioneel ly, is erg. Veral in hierdie tyd. Soms moet jy net jouself regruk en oortuig dat jy alles onder beheer het.”

Alhoewel baie sou dink om ‘n student te wees, veral in hierdie tyd, is stresvol sê Chandre sy voel die mense wat klaar studeer het en elke oggend moet opstaan om hulle geld te verdien, het meer stres. Sy geniet dit om te leer en sien haarself as ‘n persoon wat geleenthede benut soos dit opduik. Haar raad aan huidige en toekomstige studente is om God eerste te stel. “Jy is nooit te oud om te leer nie. Wees altyd toegewyd.” - Elbeth Marais


Entrepreneurskap tydens ‘n pandemie

Dit verg baie van ‘n mens om jou eie besigheid in die middel van ‘n pandemie te begin. Die 32-jarige John Hayes gee die Covid-19-pandemie die skuld dat hy sy besigheid vroeër moes begin as wat hy beplan het. John is in Augustus 2020 by sy werk afgelê en het dadelik skouer aan die wiel gesit en sy besigheid, Garage71, begin.

John sê karre is sy passie en sy besigheid is verantwoordelik vir verstellings en veranderings aan jou motor, die diens van motors sowel as ander pasgemaakte werk, wat 3D-drukwerk en ook staalwerk soos afdakke insluit.

“Dit is mos maar in ‘n man se DNA om te jaag en te bou. Van kinderdae af was dit motorfietse en karre en ek wou self leer hoe alles werk, sodat ek myself kan help. Dit het gegroei tot op daai punt waar ek nou ander kan help.”

John sê dit verg baie van jou om jou eie besigheid te begin en daar is soveel opofferinge.

“Die geld wat inkom, gaan meestal net so terug in die besigheid in. So die ekstra


geld vir vakansies ensovoorts word alles

die gewoonte van ‘n vaste inkomste wat

uitgesit om die besigheid te help groei en

weg is en ook die wipplank van besige en

van die grond af te kry.”

stil tye. “Jy besef jy kan nie hardop oor jou baas kla nie,” lag hy.

“Jou tyd is nie meer jou eie nie. Veral in ons huidige ekonomie is dit ekstra moeilik;

John vertel dat hy sy besigheid aan die

almal draai hul sente om.”

gang hou tydens die pandemie deur veelsydig te wees. Hy doen goed vir sy

Alhoewel dit moeilik is, is dit steeds lekker

kliënte wat nie sommer deur enigiemand

om die vrugte van jou werk te pluk. John

gedoen kan word nie. “Al is dit hoe klein,

vertel Garage71 het sy leefstyl verander.

saam vul dit ‘n groot leemte.”

“Ek werk nou elke dag met goed wat ek geniet en wat my passie is.” Hy sê nog ‘n

“Goeie maniere en goeie morele waardes

positiewe aspek is die feit dat hy sy eie

sal jou baie help indien jy ‘n besigheid wil

baas is en hy sien elke dag as ‘n

begin. Jou ambisie en vermoë om

geleentheid om te werk vir dit wat hy wil

probleme in geleenthede te omskep, is

hê.

wat jou oor die wenstreep kan help.”

John se toekomsplanne vir sy besigheid

John se boodskap aan ander jong

sluit in om werksgeleenthede te skep en

entrepreneurs is om altyd hul doelwit in

so ook ander mense te help om kos op

die oog te hou.

die tafel te sit. “Ek sal baie graag wil uitbrei tot op ‘n punt waar ek in staat is om werk

“As jy in die bevoorregte posisie is om jou

te verskaf vir ‘n hele klompie mense en

toerusting en ervaring deeltyds op te bou,

hulle weer te kan help om te leer om

is daar geen beter tyd om te begin as

brood op die tafel te sit. Die einddoel is

dadelik nie. Doen jou navorsing deeglik en

om herhaaldelik werk van topgehalte te

bou goeie bande met verskaffers en

kan bied sodat ons as van die beste in die

mense in dieselfde bedryf. Vra die dom

land gesien kan word.”

vrae, dit is nie so dom as wat jy mag dink nie. Gaan met oop oë en ‘n oopkop in dit

John sê een van die slegste dele van jou

in. Hou jou doelwit in die oog.” - Meryke

eie besigheid ewe skielik te moet begin, is

Bekker


Add a little bit of body text


Babas gebore tydens die Covid-19-pandemie

Alhoewel die Covid-19-pandemie 'n verwoestende effek op ons almal het, het hierdie brawe mammas met pragtige babas tydens die pandemie huis toe gegaan. Kyk net hoe mooi is die bondeltjies vreugde!

Kiara Maritz

RJ Le Roux

Jianna Ferreira

31/03/2021

14/03/2021

20/08/2020

Hennie Havenga

Christi-Grace Schoeman

Mia-Né Buys

13/04/2021

08/02/2021

11/09/2020

L.P Avenant

Marlie Hattingh

Alexander

20/12/2020

02/06/020

25/02/2021


God dink jy is ‘to die for’

“God dink ek en jy is to die for en dit is ook presies wat Hy vir my, ’n sondaar, gedoen het. Hy het sy lewe vir my gegee!”

gekry om verder te gaan studeer vir ’n pastoor. Hy het die kans gevat en ingeskryf en vandag vyf jaar later is hy besig met sy Baccalaureus-graad. “’n Mens moet God se Woord tydig en ontydig verkondig, want ’n mens

Frank Fox (49), takbestuurder van Renttech hier in Kimberley, se droom was nog altyd om eendag ’n predikant

weet nooit wie dit nodig het, of die impak wat dit kan maak op ’n persoon nie.

te word, maar die lewe het gebeur en sy droom het vervaag, maar is nooit vergeet nie.

“’n Storie wat my altyd sal inspireer, is die een van ’n dogtertjie wat op ’n nat, koue, reënerige dag pamflette oor

Frank en sy vrou, Alta, het drie kinders saam en sal op 9 Desember 2021 hulle 21ste huweliksherdenking vier. “Sy is my beste vriendin, sy maak my dag, elke dag. My mooiste prinses

Jesus loop en uitdeel het. By die laaste huis het sy aangekom en geklop, maar niemand het geantwoord nie. Sy het aanmekaar ’n stem hoor sê klop weer, so sy het maar geduldig aanhou klop.

saam met wie ek steeds honeymoon hou,” is hoe Frank sy vrou beskryf. As gevolg van sy bemarkingswerk deur die jare is hy 90% van die tyd op die pad, wat gelei het tot ’n erge ongeluk waarna hy vir meer as ses maande flenters was en dis ook hier waar sy lewe omgedraai het. “Ek het net daar en dan besef dat God my ’n tweede kans gee en dat ek ’n groter doel het.” Tydens ’n gesprek met ’n ou vriend ’n paar jaar gelede het hy inligting

“Uiteindelik het ’n ou tannie die deur oopgemaak en sonder om te wag, want sy was nat en koud, het die dogtertjie gesê: “Jesus het jou lief Tannie, nes jy is.” Sy het die pamflet in die ou tannie se hand gedruk en al huppelend weggeloop. Die ou tannie het gaan sit, die pamflet deurgelees en net daar haar hart vir die Here gegee.


“Die Sondag daarna in ’n nabygeleë

"Dit was die dogtertjie met die

kerk, het die pastoor na die diens aan

pamflet. ’n Dogtertjie wat op ’n baie

die gemeente gevra of iemand ’n

ontydige tyd net vir haar ’n pamflet

getuienis wou lewer. Die einste ou

wou gee en sê dat Jesus haar, ’n ou

tannie het opgestaan en haar storie

vrou, ’n sondaar, iemand wat nie meer

vertel. Kortliks was sy op pad om haar

wou leef nie, lief het. Die dogtertjie het

eie lewe te neem, die tou was reeds

onwetend die tannie se lewe gered.

om haar nek, sy moes net die stoel onder haar voete uitskop. Daar was ’n

“God se genade is groot, so groot dat

aanhoudende klop aan haar voordeur

nie eers die slimste professor, met al

en na die vyfde klop het sy besef dat

die grade in die wêreld, dit gaan kan

die persoon nie gaan weggaan nie en

vaslê op papier nie. En net daarom is

sy het maar die tou (vir eers) van haar

God se genade genoeg vir my!”

nek afgehaal en gaan oopmaak.

– Landi West


Coach Rassie: Roekeloos of berekend?

Twee dinge sal vir altyd ’n feit bly as dit

noodwendig van Nienaber ’n swak afrigter

kom by die afrigter van die nasionale

nie, maar dit sê beslis baie van Erasmus.

Springbokspan.

Ek kan nie anders as om te dink dat Erasmus selfs die besluit baie berekend

Die ou spreekwoord wat lui: ‘"n koning

en met deeglike oorsig geneem het nie.

word nie in sy eie land vereer nie” sal

Om die strategiese besluite van Erasmus

ongelukkig op Jaques Nienaber van

te verstaan moet ons sy werkswyse beter

toepassing wees.

leer ken. Dan ook natuurlik kan jy geen van sy besluite as die norm of

Met alle respek gesê Nienaber het nog

vanselfsprekend beskou nie. Elke besluit

nooit ’n provinsiale of nasionale span

word haarfyn beplan. Min mense weet

afgerig nie. Nienaber het nog nooit op

byvoorbeeld dat die nasionale span reeds

sy eie kon funksioneer sonder die

sewe dae voor die volgende toets

bestuur, beheer en uitgeslape afrigting

gefinaliseer word, dan op die Maandag

van Rassie Erasmus nie. Sê ook vir my

voor die volgende toets word die span

jy was nie uit die veld geslaan met die

met die groep gedeel en die media word

aanstelling van Nienaber nie?

eers op die Donderdag in kennis gestel.

Daarmee saam, maak dit nie


As jy terugkyk na die span wat Erasmus

Boonop was die Springbokspan se

tot Currie Beker-glorie gelei het in 2005,

tegniese spel uiters power en die alewige

genaamd die Vodacom Cheetahs, was

geskop van balbesit het alle

sy verhouding met die media een van die

ondersteuners die harnas in gejaag.

deurslaggewende tegnieke wat hy

Erasmus was selfs in sy eie land gekruisig

deurentyd gebruik het. Nou, enigiemand

as verbeeldingloos en een-dimensioneel.

wat die Volksblad lees sal weet as die Cheetahs op ’n Saterdag verloor met

Dit was alles natuurlik deel van sy plan en

vyftig punte, kon die sportskrywers die

die finaal was skouspelagtig. Weereens

verhaal so oorvertel op ’n Maandag, jy

was sy vermoë totaal onderskat.

sou dink dit was naelbyt tot die bitter einde.

Met die Britse en Ierse Leeus se aankoms in Suid-Afrika is daar groot lawaai gemaak

Erasmus het juis in 2005 volgens my die

van die spulletjie. Gatland, afrigter van die

media gebruik om die beeld te skep dat

Leeus, was baie oortuigend dat hulle hier

hy nie eintlik ’n wafferse span het nie en

wou speel en dat hulle hier wou wen. Sou

heelwat aandag getrek met sy kleurligte

die toetsreeks op tuisbodem of selfs

sisteem om sekere spelpatrone van die

elders in die Suidelike halfrond plaasvind

dak van alle tuiswedstryde te flits.

en die B&I Leeus klop die Bokke, was die scenario wel dat die Leeus dit nie sou kon

Die uiteinde was ’n Currie Beker-

regkry in Suid-Afrika nie, daarom het

oorwinning wat die Cheetahs vir meer as

Gatland aangedring dat die reeks hier in

29 jaar ontduik het.

leë stadions beslis word.

Heyneke Meyer, afrigter van die Bulle, het

Na afloop van die eerste toets was

in daardie wedstryd erken dat hulle die

Erasmus briesend met die Franse

Cheetahs onderskat het.

skeidsregter Nic Berry se eensydige beslissings. Alhoewel sy hanteer van die

“Fast forward” na 2019, was dit volgens

wedstryd half op dowe ore geval het, het

alle kenners ’n feit dat die Springbokke,

Erasmus ’n video-opname gemaak wat

onder leiding van Erasmus, nie die semi-

eintlik net vir sy familie, tegniese span en

finale van die Wêreldbeker sou haal nie.

bestuur bedoel was.


Nodeloos om te sê, weer het die media in

Erasmus het die video gemaak, daarvan

dié geval ’n reuse impak gehad saam met

is ons seker, maar het hy dit versprei?

alles wat daarna gevolg het.

Dalk nie so maklik om te bewys nie.

Die opname was wêreldwyd versprei.

Einde laas het die All Black-afrigter

Natuurlik haarfyn beplan. Daar word

skertsend gesê dat die laaste en

verneem dat die Internasionale Rugbyraad

beslissende wedstryd tussen die Bokke

nou teen Erasmus gaan optree, maar of

en die Leeus so vervelig was hy het aan

daar ’n saak uitgemaak is, sal ons maar

die slaap geraak. Ek het baie simpatie

moet kyk wat gebeur. Die res is

met hom, ek het net so gevoel na die All

geskiedenis. Rassie het met sy roekelose

Blacks vir ’n 3de plek in die 2019

optrede eintlik ’n berekende skuif gemaak

Wêreldbeker gespeel het.

en daarmee saam die Leeus gemaklik met 2-1 geklop.

Tot volgende week.

- Rudi Ferreira


TEAM ADVERTISING

EDITOR 071 86 7200 or 076 163 3746

Tania Coetzee CONTACT

EDITORIAL TEAM kimberley@onlinecosa.co.za

Caria van der Merwe, Elbeth Marais Meryke Bekker Lelanie Swanepoel SUB-EDITOR Una Engelbrecht

PUBLISHED BY Dottry Media (Pty) Ltd ONLINE ARCHIVE https://www.onlinecosa.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kimberley Online Co. 13 Augustus 2021 by Dottry Media - Issuu