KIMBERLEY. – Hierdie week se uitgawe van Kimberley Online Co, Kimberley se eie gemeenskapskoerant is nou beskikbaar!
Ons gesels die week met Yente Lee Labuschagne wat genomineer is as Kimberley se gunsteling prokureur. Ons gesels met ’n suksesvolle bankier en ’n jong, passievolle skaakspeler.
Die week beloof om jou geboei te hou met egte Kimberley-nuus. Propvol fantastiese Kimberley-mense en inspirerende stories.
Hou ook dop vir elke uitgawe wat op Vrydae beskikbaar is.
Geniet dit en lekker lees!