Juffrou Jeanni los 'n groot leemte
Boxing in the Northern Cape
Jingle Juice-resep
Ons gesels met die Spec-Saversbroers
IS A JAGUAR RIGHT FOR YOU? UITGAWE NO. 24 | 10 DESEMBER 2021
Bladsy 1
Kimberley Online Co.
BRIEF VAN DIE REDAKTEUR
INSIGGEWEND | NUUT | OPWINDEND Vir meeste mense is hierdie die lekkerste tyd van die jaar. Die geskenke, familie en partytjies. Dit is die seisoen van vreugde, maar so ook is dit veronderstel om die seisoen van vrede te wees. 'n Tyd wanneer geliefdes saamkom, saam tyd spandeer, saam lag en net gelukkig kan wees. Soms is mens so besig om daai vakansie te beplan of inderhaas inkopies te doen laat mens nie eers besef jou vrede is by die deur uit nie. Probeer die Kersseisoen bietjie rustiger te raak en die vrede te voel. Spandeer tyd saam met jou geliefdes in plaas daarvan om rond te hardloop en alles perfek te probeer maak. Lag, gesels en wees lief vir mekaar.
Tania
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 2
Kimberley Online Co.
‘Opvoedkunde vloei deur ons are’ INSPIRASIE| PASSIE | DROME Jeanni Marx (29), onderwyseres by Laerskool Eureka, sê opvoedkunde vloei deur haar familie se are. Jeanni verhuis die week na Pretoria en gaan ’n baie groot leemte in die harte van kinders en onderwysers los. Gebore in Kemptonpark, het sy in 2001 saam met haar familie na Kimberley verhuis. Jeanni het ’n tweelingsussie, Theani Groenewald, en die twee is dogters van die bekende kindersielkundige, Sandra Barkhuizen. Sy het haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Diamantveld voltooi en is in April hierdie jaar getroud. Die paartjie het nog nie kinders nie. “My oupa en tannie was skoolhoofde en daar is ’n aantal onderwysers in ons familie en so vloei daar ’n lyn van lief wees vir mense en ’n passie vir kinders. Van kleins af het ek en my tweelingsussie ‘juffrou- juffrou’ gespeel met ons poppe. Ek sou sê dat die opvoedkunde vloei maar deur ons are.” Jeanni het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en verhuis nou saam met haar man, Noël Marx, na Pretoria. Sy het vir sewe jaar by Laerskool Eureka skoolgegee.
KIMBERLEY ONLINE CO.
JEANNI EN NOËL
Bladsy 3
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 4
Kimberley Online Co.
"Om myself met opvoeding en onderrig van kinders uit te leef, gaan steeds deel daarvan wees. Ek het nog gans te veel juffrou hier binne my om nou op te hou.”
“Ek is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in ons lewe. ’n Wonderlike geleentheid het oor my en my man se pad gekom. Om myself met opvoeding en onderrig van kinders uit te leef, gaan steeds deel daarvan wees. Ek het nog gans te veel juffrou hier binne my om nou op te hou." Sy sê ook Kimberley is nie nou in die verlede nie. “Ek probeer altyd positief kyk na nuwe uitdagings en gelukkig is Kimberley nie iets van die verlede nie. "My familie, skoonfamilie en natuurlik my tweelingsussie (my ander helfte) en haar man woon hier. Ek groet nie vir Kimberley finaal nie, ek sal definitief dikwels terugstap op my ou paaie. Ralph Waldo Emerson sê dit so mooi: “Do not go where the path may lead, go instead where there is no path and leave a trail'.” Jeannie vertel sy geniet dit om te sien hoe elke kind verskillend ontwikkel.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 5
Kimberley Online Co.
"Alle kinders ontwikkel verskillend." “Ek dink die wonderlikste van ’n juffrou wees in gr.1 is om te sien hoe elke maatjie op verskeie vlakke ontwikkel en dit net in een jaar. " "Aan die begin van die jaar is hulle leë boksies en aan die einde van die jaar lees en skryf hulle en
“Solank dit in die natuur is, is ek op my gelukkigste. Soos almal my ken, is ek gebore met baie woorde (mal oor gesels). Ek hou van sosialiseer met vriende.” “My ma is vir seker my rolmodel. As ek eendag net die helfte van ’n ma soos sy kan wees, dan het ek in my lewensdoel geslaag.”
doen somme laat dit klap. Dit is so ‘n selfbevredigende werk! Vir elke maatjie is sy gr.1-juffrou die grootste rolmodel op aarde. Ek dink elke mamma het al gehoor: ‘Mamma, my juffrou het gesê…' Ons as onderwysers moet altyd besef watter impak ons posisie en optrede in elke kind se lewe kan hê.” Sy is ook baie lief vir draf, fietsry en ski.
JEANNI EN THEANI
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 6
Kimberley Online Co.
10 stappe om ’n geskenk perfek toe te draai Dit is feestyd en almal wil nou Kersgeskenke toedraai om onder die boom te sit. Hier is wenke om daardie geskenk perfek toe te draai. Die enkele belangrikste faktor om ’n geskenk netjies toe te draai, is om met ’n korrekte grootte stuk geskenkpapier te begin.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 7
Kimberley Online Co.
Rol jou geskenkpapier af met die “gesig” na onder en plaas jou geskenk bo-op. As jou geskenk byvoorbeeld ’n reghoekige boks is, pas die langer kante van die boks om parallel aan die einde van die rol te wees. Vou die end van die papier op en oor die geskenk totdat dit die boks heeltemal toevou. Maak ‘n merk met ‘n potlood op die papier en voeg 2.5 cm by. Dit dui die breedte van jou papier aan.
Maak seker dat die boks nog in plek is. Vou dan die boonste rand van die geskenkpapier op om net meer as halfpad teen die kant van die boks te meet. Byvoorbeeld, as jou boks ongeveer 15 cm hoog is, wil jy hê dat die papier ongeveer 9 cm moet meet. Doen dieselfde vir die onderste rand van die boks en knip die papier die verlangde grootte.
Knip nou langs die merk van onder na bo. Jy behoort nou ’n stuk geskenkpapier te hê wat breed genoeg is om heeltemal oor jou geskenk te vou, maar wat te lank is.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 8
Kimberley Online Co.
Jy behoort nou ’n stuk geskenkpapier te hê wat die perfekte grootte het om jou geskenkboks mee toe te draai. Van links na regs moet die papier heeltemal om die boks vou. Van bo na onder moet die papier halfpad teen die kante van die boks kom.
Vou die linker- en regterkante van die papier op en oor die boks om in die middel bymekaar te kom. Plak dit met kleefband vas. Op die boonste oop punt, vou die papier oor en om die hoek soos op die foto en plak dit op die boks vas.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 9
Kimberley Online Co.
Weereens, vou die papier soos op die foto.
Herhaal aan die teenoorgestelde kant en voila, ‘n prentjiemooi geskenk! Voeg ’n lint, strik of kaartjie van jou keuse by.
Vou die twee gevoude punte in soos op die foto. Vou die onderste flap netjies op en plak dan vas.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 10
Kimberley Online Co.
Kimberley eens New Rush Kimberley, die Diamantstad, eens genoem New Rush, is ’n stad wat ’n mens waarlik boei wanneer jy in die geskiedenisboeke begin rondkrap. ’n Mens begin dan verstaan waarom die inwoners meer en meer saamstaan om Kimberley weer tot sy volle glorie te herstel. New Rush het ontstaan in 1871, toe daar op ’n nabygeleë plaas, Vooruitzicht, diamante gevind is. Die dorpie van toe het sy naam, Kimberley, gekry as gevolg van die Britse sekretaris, Lord Kimberley.
Kimberley Stadsaal
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 11
Kimberley Online Co.
Die Kimberley-klub is in Augustus 1881 gestig. Onder sy meer roemryke vorige lede tel Cecil Rhodes, Charles Dunnel Rudd, Barney Barnato en Harry Oppenheimer.
Kyk na die verlede
Kimberley was die tuiste van Suid-Afrika se eerste aandelebeurs wat op 2 Februarie 1881 amptelik in Ebdenstraat deur burgemeester Moses Cornwall geopen. In Desember 1882 is die gebou deur ‘n brand verwoes en die kantore het tydelik na die Craven Hotel verskuif.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 12
Kimberley Online Co.
In September 1882 word Kimberley die eerste dorp in die suidelike halfrond wat elektriese straatligte kry. Van hierdie oorspronklike straatligte kan vandag nog buite die stadsaal gesien word. Suid-Afrika se eerste Skool vir Mynwese is in 1896 in Kimberley geopen en het later na Johannesburg verskuif. Generaal Van der Spuy-rylaan is die ligging van Suid-Afrika se eerste vliegskool. Vlieëniers van die SuidAfrikaanse Lugvaartkorps, later die Suid-Afrikaanse Lugmag, is in 1913 hier opgelei. ’n Replika van die Compton Paterson afrigter-tweedekker is te sien by die Pioneers of Aviation Museum. Die oorspronklike stadsaal was uit sink gebou. Dit is waar Jan Smuts sy intreerede in 1895 gehou het. Die elegante room-en-wit stadsaal in die Romeinse Korinthiese Styl gebou en ontwerp deur die Skotse argitek Fergus Carstairs Rogers, is steeds ‘n sieraad Kimberley kan trots wees om een van die mees outentieke historiese bestemmings in Suid-Afrika te wees. Met verskeie besienswaardighede wat eksklusief en uniek aan Kimberley is, is dit ons verantwoordelikheidKimberley kan trots wees om een van die mees outentieke historiese bestemmings in Suid-Afrika te wees. Met verskeie besienswaardighede wat eksklusief en uniek aan Kimberley is, is dit ons verantwoordelikheid om die jonger geslag op te voed oor dit wat ons voorouers opgebou het.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 13
Kimberley Online Co.
Promote boxing in the Northern Cape
Kagiso King Hlungwani (32), a professional and licensed boxer, says more should be done to promote boxing as a sport in the Northern Cape. Born in Mpumalanga, he moved to Kimberley in 2006. He is married and has two children. “I remember the first time I was introduced to boxing, I was invited to a tournament. I remember thinking that I can beat these guys. That is when I joined a boxing club and was beaten every day for the first week. I stayed away for a week before I went back. That is when I learned that boxing is a very disciplined sport.”
Kagiso is not only a professional boxer and personal trainer, he also works as an asset verification officer at the Department of Agriculture.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 14
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 15
Kimberley Online Co.
representing our country. Even after I won my first international fight, it was not acknowledged. We need to shed some light on boxing in the Northern Cape. People have lost hope.” Kagiso’s advice for young boxers is to get themselves out there.
Boxing is a disciplined sport
“Get yourself out there. Social media is here to assist us. Post your skills. Post your sparring. Post it everywhere you can. Make sure people can reach you. Stay disciplined. Don’t drink and smoke.”
“The best thing about boxing is that it teaches you patience that you can translate into your everyday life. It teaches you when to counter and when not to counter.” Kagiso has been a boxer for six years and says the achievement he is most proud of, is that he is the only active professional boxer in the Northern Cape as well as winning his first international fight. “The government needs to do more to support boxing as a sport in the Northern Cape. When we do international fights, we need to look like professionals as we are KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 16
Kimberley Online Co.
Noord-Kaap wen Mej. Rolstoel SA
BAIE GELUK TAMELYN Tamelyn Geneview Bock (25) van die Noord-Kaap is as die eerste Mej. Rolstoel SA gekroon en sal die land in Oktober 2022 by Mej. Rolstoel Wêreld in Mexiko verteenwoordig. Die eerste Mej. Rolstoel SAkompetisie het op Vrydag 3 Desember 2021 op die Internasionale Dag van Gestremde Persone by die Kunstekaap-teater plaasgevind. Nokuthula Yonke (20) van die WesKaap is as eerste prinses en Maureen Mokgele (24) van die Noord-Wes as die tweede prinses aangewys.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 17
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 18
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 19
Kimberley Online Co.
Webstockstraat se gat irriteer inwoners ’n Gat wat op die sypaadjie in Webstockstraat weens ’n waterlek deur die munisipaliteit oopgegrawe is, is ’n groot irritasie vir die inwoners van Monument Hoogte. Ansa Francis, ’n inwoner van die gebied, sê die gat is oopgegrawe en net so gelos. “Dit lyk baie lelik met die oop gat en om nie eers te dink dat ’n kind of iemand daar kan inval nie.” Kimberley Online Co. het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 20
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 21
Kimberley Online Co.
Só spog mens met krieket Deandré Jacobs, ’n leerder van Hoërskool Diamantveld, is gekies vir die o/16 dogters provinsiale krieketspan. “Diamantveld spog nie net met vier seuns wat ingesluit is in die provinsiale krieketspanne nie, maar ook 'n baie talentvolle dogter. Ons is baie trots op jou,” het Hoërskool Diamantveld gesê .
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 22
Kimberley Online Co.
Kimberley-koffie wen Cafe Community Awards
Toekenning | Gemeenskap | Nomineer Bliss Coffee Roastery het verlede naweek Coffee Magazine se Cafe Community Awards 2021 as die beste koffiewinkel gewen. Hierdie toekenning word as die Grammy of Oscars van die koffie-industrie beskryf. Dit is ’n nasionale kompetisie waar 48 professionele koffiekenners koffiewinkels regoor die land vir sekere kategorieë nomineer. André Smith, die eienaar van Bliss, sê dit was ’n belewenis.
DIE SPAN BY BLISS COFFEE
“Ons het selfvertroue gehad dat ons dit kan wen, want ons werk regtig hard, maar ek moet sê toe ons in Sandton was vir die toekenning en ons sien al die groot koffiewinkels van Johannesburg, Kaapstad en Durban, toe wonder ons nogal ’n bietjie. Dit was wonderlik om ons naam te hoor en te besef ons is een van die bekendste koffiewinkels in die land. Ons is baie opgewonde.” KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 23
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 24
Kimberley Online Co.
Spec-Savers: Die Brand-broers BESIGHEID| DRYFKRAG | HARDE WERK
Darryn (35) en Griffin Brand (31), optometriste by Spec-Savers in die stad, sê hulle wou albei na skool in die mediese rigting studeer het. Darryn, eienaar van Spec-Savers North Cape Mall, was in Boys High Skool in Kimberley en is al vir ses jaar met sy vrou, Ilze, getroud. Sy is ook ’n oogkundige by Spec-Savers en die paartjie het twee kinders, Connor (3) en Aiden (1). Griffin, eienaar by Spec-Savers Diamond Pavilion Mall, was in Hoërskool Noord-Kaap en is nog nie getroud nie, maar wel in ’n verhouding.
Beide is in Kimberley gebore en het hier grootgeword. “Spec-Savers is Suid-Afrika se vooraanstaande oogkunde-groep wat toegewy is om die beste oogsorg teen die beste prys te lewer. Die groep het in Mei 1993 in Port Elizabeth begin en dit het ’n groot sukses geword. Teen Augustus 1995 het Spec-Savers al na 24 winkels gegroei. Van daar af het Spec-Savers net van krag tot krag gegroei en staan nou op oor die 250 praktyke landswyd asook praktyke in Namibië, Lesotho en Botswana.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 25
Kimberley Online Co.
“Die sukses van die groep is gebaseer op ’n dinamiese besigheidskonsep. SpecSavers is toegewy om ’n kombinasie van professionele standaarde en kwaliteit oogsorg wat beskikbaar is teen bekostigbare pryse aan die publiek te verseker, sonder om te kompromitteer op ons standaarde.”
Twee broers, een beroep
Familietyd is vir die twee baie belangrik, maar oor naweke sal jy vir Darryn op die krieketveld en vir Griffin op die skietbaan en jagveld vind. “In ons praktyke lewe ons volgens die motto: ‘Customers may forget what you said but they will never forget how you made them feel.’ Ons streef altyd daarna om ’n pasiënt beter te laat voel wanneer hulle uitstap, as wat hulle gevoel het toe hulle instap. Kliëntediens is natuurlik die belangrikste element van enige besigheid.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 26
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 27
Kimberley Online Co.
Resepte
JINGLE JUICE-RESEP
Met of sonder alkohol WAT IS ’N KERSPARTYTJIE SONDER ’N SKEMERKELKIE?
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 28
Kimberley Online Co.
Jingle juice-resep Wat
is
’n
Kerspartytjie
skemerkelkie?
Probeer
sonder
gerus
’n
hierdie
maklike resep vir Jingle Juice. ’n Egte Kersfeesdrankie. Bestanddele vir Jingle Juice: 2 koppies bosbessie- en granaatsap 1 e strooisuiker ⅓ koppie lemoenlikeur 750 ml bottel vonkelwitwyn, verkoel 8 koppies ysblokkies 1 klein lemoen, in 8 dun skywe gesny ⅔ koppie gevriesde granaatpitte Vars kruisementblare, om voor te sit Metode vir die resep: Plaas die sap en die suiker in ’n klein kastrol oor medium hitte. Kook en roer vir 2 tot 3 minute of totdat suiker opgelos het. Sit eenkant om heeltemal af te koel. Meng sapmengsel, likeur en vonkelwyn in ’n groot beker. Verdeel ysblokkies en lemoenskywe in 8 x 470 ml glase. Gooi sapmengsel in glase. Versier met granaatpitte en kruisementblare. Bedien.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 29
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 30
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 31
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 32
Kimberley Online Co.
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.
LIEFDESDRIEHOEK Polisielid skiet sy vrou, haar vriend, toe homself
TERUG IN SA Graham Dickason terug in SA – deel foto’s van jag
VERLAM Verlam drie dae ná Pfizerinenting, sê man
STAAN SAAM Gemeenskap staan saam na Gideon ernstig seerkry in motorfietsongeluk KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 33
Kimberley Online Co.
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.
BABA VROEGGEBORE Baba met noodkeiser gebore om pa te ontmoet voor hy sterf
PA TRONK TOE Pa vier jaar agter tralies oor agterstallige onderhoud
TRAGEDIE Douglas-ma lyk in September nog gelukkig op foto’s
DRIE STERF Drie matrikulante sterf op pad na matriekvakansie
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 34
Kimberley Online Co.
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het.
OSCAR PRETORUIS ‘Oscar moet sy vonnis uitdien’
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 35
Kimberley Online Co.
IS A JAGUAR RIGHT FOR YOU?
A JAGUAR IS ALWAYS THE ANSWER
Each Jaguar has its own unique character, whether that be the purity of the coupé, or the freedom and carefree attitude that comes with the convertible. The question is – is a Jaguar right for you?
BLOEMFONTEIN ONLINE CO.
Bladsy 36
Kimberley Online Co.
The swept-back headlights are elongated and melt into the car’s aerodynamic lines. Animated Directional Indicators glide across the ‘J’ blades, adding to the sense of theatre. At the rear the LED tail lights wrap around to the wheel arches, emphasizing the car’s muscular stance. The interior is an exciting place to be. The lightweight seats are a snug fit. Controls are intuitively accessible. Instruments are clear and simple. The performance seats are 12‑way adjustable, so you can settle into your own personal sweet spot. Plus, there’s the option of heating or cooling for even greater comfort. The Jaguar is powered by the most thrilling of petrol engines, all of which feature innovative technologies for improved fuel consumption and CO2 emissions, without compromising on performance. All models, from the 300PS 4‑cylinder to the 575PS V8, feature an Active Sports Exhaust System. Choose to make this switchable, so you have the option of releasing the thrilling rumble at all engine speeds. There is no wrong choosing your Jaguar.
answer
when
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 37
Kimberley Online Co.
SO PRESTEER JOU BESIGHEID Beste koffiewinkel: Seattle Coffee Beste salon : Scarlet Rose Beste eetplek: Mohawk Spur
Kimberley Online Co. het ‘n peiling gedoen om die beste besighede in Kimberley te identifiseer. Van naeltegnikusse tot haarkappers, hierdie is die top besighede wat ons lesers gekies het. Kimberley Online Co. besef die ondankbare werk wat elke entrepreneur soms moet ervaar.
Ons glo ook dit is nodig om goeie diens te beloon. Hierdie is jou platform om ’n verskil te maak. Ons gaan voortaan elke week kleinsakeondernemings erken vir goeie diens gelewer. Jy as verbruiker en leser het die invloed om daardie besigheid te erken. Hier is die week se toppresteerders.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 38
Kimberley Online Co.
Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 39
Kimberley Online Co.
Moenie vasgevang word tussen vier mure nie
Klik hier ! Wil jy / enige jongmens nie tussen mure werk en gevangene word in die stad se limiete en oggend en middag spitsverkeer nie? Dalk is hierdie vir jou... Impala bestaan al 21 jaar suksesvol waar ons streef om vir jong mense te help 'n toekoms skep. Dis nie net opleiding in die natuur nie. maar ook opleiding vir wat in die groot wêreld daar buite wag. Ons goeie naam en reputasie help studente om vinniger werk te kry. Selfs nou, tydens die moeilike Covid tyd waardeur ons gaan is die oorde vol bespreek omdat mense moeg is om in hul huise vasgekeer te wees, so daar is steeds baie opsies, poste en geleenthede beskikbaar.
Ons hoofkursus is die Veldgidskursus, waartydens jy 'n NQF 2 Nasionale kwalifikasie verwerf en al die ander kursusse is om dit gebou om n student veeldoelig te maak, 'n beter kans om werk te kry en vir hom/haar 'n toekoms te skep en nie net 'n vas te kyk in gidswerk nie, maar te streef na meer. Ons as instrukteurs is uitstekend gekwalifiseer en het tussen ons so 35 jaar se ondervinding in die bedryf. Opleiding is in 'n oulike boskamp, tussen Warmbad en Thabazimbi met uitstappies na verskeie oorde vir verskillende kursusse. Voorbeelde van kursusse: Veldgids, Wildplaasbestuur, Jaggids, Lodgekos, Spoorsny, Anti-poaching, Perdegids, Noodhulp, Diere Noodhulp, Slanghantering, Kruger Wildtuin, en nog baie meer.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 40
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 41
Kimberley Online Co.
Local is mos lekker!
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 42
Kimberley Online Co.
OUR TEAM
Kimberley Online co. Issue no. 24 10 Desember 2021 Cover Image Jeanni Marx Editorial Tania Smith Editor Una Engelbrecht Sub-Editor
Advertising Yolandi West yolandi@onlinecosa.co.za 066 122 8594 find-it.co.za/koc facebook.com/kimonlineco instagram.com/kimonlineco Contact tania@onlinecosa.co.za 064 506 7622 Published By Dottry Media (Pty) Ltd
Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of brands such as FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newsnatch. Dottry Media is also the publishers of community online newspapers Kimberley Online Co and Bloemfontein Online Co. YOUR COMMUNITY NEWSPAPER
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 43
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 44
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 47
Kimberley Online Co.
Pirates Toutrek Klub Jaarlikse Prysuitdeling 2021
Beste Opkomende Trekkers 2021 Die prysuitdeling het op 4 Desember 2021 te Pirates Toutrek Klub plaasgevind. Kaalvoete Dominique Maritz Junior Meisie Nadine Janse van Rensburg Junior Seun Drico Fouchè - Ruan Strydom Senior Dame Blanche Swanepoel Senior Man Danavan Schoeman Positiewe Gesindheid
Jacques & Madelene Loots
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 46
Kimberley Online Co.
Pirates Toutrek Klub Jaarlikse Prysuitdeling 2021
Sport Man - Sport Vrou 2021 Kaalvoete Dogter Gizelle Britz Kaalvoete Seun Janco Strydom Junior Sportvrou Danè Jooste Junior Sportman Declain Fouchè Senior Sportvrou Charmaine van Rhyn Senior Sportman Dawie Swanepoel Anton Groenewald, Kobus Louw en Tienie Struwig het die pryse oorhandig.
KIMBERLEY ONLINE CO.