
Boodskap van die voorsitter: Renier van der Berg
Geagte Spelers, afrigters, ondersteuners....
Ons staan op die vooraand van die 2024 rugby seisoen Hierdie jaar speel ons in die Super B liga en ons sien uit na die groot uitdaging Die Jan du Toit Rugbydag is dus vir ons n goeie begin tot die nuwe seisoen Ons verwelkom alle spanne by ons en glo dat almal die dag by ons gaan geniet Ons moedig almal aan om vriendskapsbande te smee, nie net op die veld nie maar ook langs die veld Mag alle wedstryde in goeie gees gespeel word en mag sportmangees die oorwinnaar van die dag wees
Ons bedank almal wat betrokke is om hierdie dag suksesvol aan te bied
Rugby groete
Renier vd Berg
Kates-Strofes
Die jaarlikse Jan Du Toit rugbydag wat deur die klub aangebied word het sy ontstaan te danke aan wyle Jan Du Toit, wat vir donkie jare (1977 tot 1999) die klub se wedstryd-sekretaris was Jan was n passievolle Kraai, wat die klub gedien het tot met sy vroeë dood in 1999 (Hy was toe55) Ek was bevoorreg om destyds die voorsitter te wees, en het toe aanbeveel dat die rugbydag na hom vernoem moet word Dit was eenparig aanvaar deur die bestuur
Wyle Jan het sy liefde vir die klub omtrent uitgeleef Niemand mag ooit iets sleg sê van die klub nie, dan was Jan dadelik vies en wys die skuldige op die positiewe van die klub! Hy wou nooit eers erken as die Kraaie n afdag beleef het nie. Altyd gesê dit was die “ref” se skuld, of dat die span kwaai ontwrig is met beserings. In sy 22 jaar op die bestuur, het die Kraaie, volgens hom, nooit swak gespeel nie. Sy eggenoot, Petra, is tot vandag toe nog n stoere Kraai, en woon gewoonlik, indien moontlik, jaarliks die rugbydag by. Die Du Toit egpaar het drie pragtige dogters, Helena, Theresa en Janelle. Natuurlik, soos dit hoort, is al drie met Kraaie getroud.(Helena met Werner Koch,Theresa met oud kaptein G t B dt J ll t R er Thompson)
Leon (Kattes) Kruger
Erelid






This tournament was proudly brought to you by OffsideSport. We are a family owned business that does anything sport. From getting you supplemated match kits to organizing a sports festival. We do anything sports.
Feel free to click the links below to Like and Follow our socials.

OffsideSport Facebook page
OffsideSport
Driven by passion.

OffsideSport Instagram Page