Donderdag, 22 Mei 2025
Tel: 023 347 0968


Donderdag, 22 Mei 2025
Tel: 023 347 0968
Inwoners van Ashton slaak ’n groot sug van verligting ná jare van onsekerheid oor die toekoms van die inlegfabriek, Langeberg and Ashton Foods. Tiger Brands het aangekondig dat hy ’n ooreenkoms aangegaan het om die fabriek aan ’n konsortium plaaslike vrugteprodusente te verkoop.
Dit beteken dat 3000 permanente en seisoenale werksgeleenthede nie verlore sal gaan nie – iets wat ’n enorme impak op Ashton, met sy rapsie meer as 13000 inwoners, sou gehad het. Sowat 250 plaaslike vrugteprodusente lewer hul vrugte aan die fabriek, wat in 1940 gestig is.
Die fabriek, wat ingelegde vrugte onder die handelsnaam Koo aan Tiger Foods verskaf, word as ’n lopende saak vir R1 aan die nuutgestigte NewCo verkoop. As deel van die verkoop sal Tiger Brands R150miljoen aan ’n gemeenskapstrust bewillig, wat tot die voordeel van die groter Langeberg-gemeenskap bedryf sal word, het die maatskappy gesê. Dié trust sal uiteindelik ’n belang van 10%-aandeelhouding in NewCo besit, met die balans van die ekwiteit wat aan NewCo behoort.
fabriek nie tot niet gaan nie, groot. Marletta Munday van die Montagu-Ashton Toerismevereniging sê die sluiting van die fabriek sou ’n rimpel-effek op ondernemings en toerisme in die Langeberg gehad het.
“Sy bestaan verseker goeie werk en investering in die omgewing In ons gebied is toerisme baie suksesvol, maar baie daarvan is agri-toerisme, wat deur die sluiting geraak sou word. Die fabriek het ’n uitwerking op die gemeenskap van ons omgewing en danksy dit word ons dorp goed en mooi onderhou en is ons dorp ’n toerisme-aantreklikheid,” sê sy. Fritz Breytenbach se pa en oom was van die eerstes wat in die 1950’s met perskes aan Ashton se kant van die berg begin boer het. Hy haal vanjaar op 85-jarige ouderdom sy 65ste oes af.
Inwoners is verlig ná die nuus dat Langeberg en Ashton Foods oorgekoop gaan word.
Benewens Koo-vrugte het
NewCo bestaan uit vrugteprodusente van die Ashton Fruit Producer’s Co-operative, wat in 2020 deur boere in Roberston, Ceres, die Breederivier en Klein-Karoo gestig is nadat Tiger Brands in daardie jaar aangedui het hy wil onttrek. ’n Instelling wat ontwikkelingsfinansiering doen en ’n mandaat vir werkskepping het, is ook deel van NewCo.
Daardie gunsteling-blikkie Koo- ingelegde vrugte sal steeds op winkelrakke pryk, met ’n ooreenkoms dat NewCo steeds aan Tiger Brands sal verskaf.
Langeberg and Ashton Foods geblikte vrugte en purees vir Tiger Brands se uitvoermarkte vervaardig – wat meer as 80% van sy werksaamhede behels het.
Die gemeenskap het oor die jare swaar gesteun op die fabriek wat die grootste werksverskaffer in die omgewing is Volgens ’n verklaring deur Tiger Brands is vrugte van sowat 250 plaaslike vrugteprodusente, wat almal GAP-geakkrediteer (goeie globale landboupraktyke) is, aangekoop.
Deur Langeberg and Ashton Foods is verskeie projekte aangepak om die gemeenskap te ondersteun, soos die skenk van maandelikse kospakkies aan
arm gesinne, en sopkombuise. Skole in die omgewing is deel van Eduplant, Tiger Brands en Food and Trees for Africa se projek om voeding deur middel van groentetuine by skole te verbeter. Die Tiger Brands-stigting se nasionale skoolontbytprogram is by laerskole in die omgewing aangebied. Die maatskappy het R1miljoen geskenk vir die ontwikkeling van ’n opleidingskombuis by die nuwe Ashton Vocational Academy. Kragopwekkers van meer as R1miljoen is voorheen aan die plaaslike munisipaliteit geskenk om te help met watervoorsiening aan die dorp gedurende kragonderbrekings. Die burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, die
raadsheer Schalk van Eeden, het die nuwe eienaars alle voorspoed toegewens.
“Die fabriek is lank reeds ’n pilaar in die plaaslike ekonomie wat werk aan duisende mense verskaf en groot bydraes maak. Die skep van ’n gemeenskapsfonds van R150miljoen wys dat hy toegewyd is om sosio-ekonomiese probleme in die Langebergstreek die hoof te bied,” het Van Eeden gesê
“Die munisipaliteit bly toegewyd daaraan om saam met alle rolspelers te werk om te verseker dat plaaslike ekonomiese ontwikkeling tot voordeel van ons mense kan groei.”
Wat sê die inwoners?
Onder inwoners en sakelui is die verligting dat die inleg-
“Of die fabriek suksesvol gaan wees, moet ons nog sien, maar sy sluiting sal ’n enorme invloed op die gemeenskap hê Sou ek die inmaak-vertakking van my boerdery tot niet moes maak, sou die helfte van my werksmag sonder inkomste wees. As boere die perskes sou uitpluk en met wingerde vervang, gaan hulle heel moontlik meganiseer, wat ook werksgeleenthede sal kos. Dit neem etlike jare voordat ’n wingerd winste sal inbring,” sê hy “Nog ’n bekommernis is dat die woonbuurte waar die werkers woon, al groter word, maar al hoe minder werk beskikbaar is Waarvan gaan die mense leef? Die boere is onder groot druk – van ons herstel nog van verlede jaar se vloedskade en bekommer ons oor die impak wat die Amerikaanse president, Donald Trump, se invoertariewe op ons produkte gaan hê. ’n Mens sien al meer plase wat in die mark gesit word,” sê hy
Enrico Claassen
Geregtigheid het uiteindelik vir ’n jong vrou van Worcester geskied toe haar laerskoolonderwyser, wat haar in Februarie 2020 – toe sy 13 jaar oud was – in sy klaskamer verkrag het, lewenslank tronk toe gestuur is.
Die veroordeelde kinderverkragter is die 38-jarige Jeremy Claasen van Worcester. Claasen het ten tyde van die voorval ’n beheerliggaampos by die meisie se skool beklee. Hy was haar lewensoriënteringonderwyser. Die meisie was ten tyde van die voorval in gr.8. Luidens die klagstaat was die meisie in gr.7 toe Claasen op sosiale media met haar begin kommunikeer het. Dit was kort nadat sy by die skool aangesluit het. Claasen het ’n vertrouensverhouding met die meisie opgebou en haar liefde gewen tot op ’n punt waar sy gemaklik rondom hom begin voel het.
Op die dag van die voorval (7 Februarie 2020) het die meisie na Claasen se klaskamer gegaan om haar selfoon te herlaai. Hy het die klaskamerdeur agter haar toegemaak en haar aangesê om in een van die skoolbanke te sit. Hy het by haar begin aanlê, waarna hy haar verkrag het – ten spyte van die feit dat sy weerstand gebied het.
Die meisie een van haar maats drie dae ná die voorval daarvan vertel. Die maat het toe ’n onderwyser vertel, waarna dié die skoolhoof van die voorval in kennis gestel het
Claasen is in hegtenis geneem nadat die skoolhoof die polisie oor die voorval ingelig het. Sy verweer was dat hy nie die misdryf kon gepleeg het nie omdat hy by die hof was om ’n verkeersboete te betaal. Die hof het sy alibi bo redelike twyfel as onwaarskynlik en vals bevind
Die meisie is voorts aan hewige kruisondervraging onderwerp.
Die waarnemende streekhofaanklaer, Cornelius Prinsloo, het aangevoer dat Claasen se alibi ’n onlangse versinsel was omdat dit nooit in kruisondervraging aan die staatsgetuies gestel is nie.
Die hof het voorts aangedui dat die staat korrek aangevoer het die meisie was ’n geloofwaardige en betroubare getuie.
Prinsloo het ter verswaring van vonnis betoog dat Claasen sy posisie van gesag en vertroue manipuleer het en die meisie in ’n omgewing waar sy veronderstel was om veilig te voel, geskend het.
Volgens Prinsloo het Claasen die kind se fundamentele regte op menswaardigheid, liggaamlike integriteit en basiese onderwys geskend.
Prinsloo het geargumenteer dat – gegrond op Claasen se roofsugtige optrede teenoor die meisie – die besluit nie op die ingewing van die oomblik geneem is nie.
Volgens hom is dit duidelik dat hy die meisie reeds vroeg geteiken het en net gewag het vir die regte geleentheid om sy perverse behoeftes te bevredig
Prinsloo het gesê op grond van Claasen se getuienis bestaan daar geen wesenlike en dwingende omstandighede om af te wyk van die voorgeskrewe minimum
Twee nuwe transformators sal geïnstalleer word om kragtoevoer na die Transhex-behuisingsprojek te verseker. Foto: Facebook: Breedevallei-munisipaliteit
Die aflewering van die eerste elektriese transformators dek die tafel vir verdere ontwikkeling van die Transhexbehuisingsprojek langs die Robertsonpad in Worcester
Die Breedevallei-munisipaliteit het verlede Woensdag (14 Mei) die eerste van twee 16-ton-transformators ontvang
Dié transformators is ontwerp om in die verwagte elektriese behoeftes van die behuisingsprojek te voorsien Die projek sal sowat 8 000 wonings, insluitend 680 eenhede spesifiek vir maatskaplike behuising, behels
Die eerste 44 huise is reeds in 2023 aan inwoners oorhandig
Die Breedevallei-munisipaliteit het gesê die tweede transformator sal ’n week later in ontvangs geneem word
Wanneer die transformators in werking is, sal dit deel wees van die
algehele elektriese infrastruktuur wat die elektriese kapasiteit sal verhoog en meer huise in die omgewing kan bedien
Dit sal bydra tot die munisipaliteit se pogings om meer volhoubare en inklusiewe woongebiede te vestig
“Die transformator verseker dat begunstigdes in hierdie behuisingsontwikkeling toegang tot veilige en betroubare kragtoevoer sal hê – ’n basiese reg en die grondslag vir waardigheid,” het Heinrich Schreuder, die senior tegnikus in die munisipaliteit se elektriesedienste-afdeling, gesê
Die tweede transformator sal parallel met die bestaande infrastruktuur werk, wat die elektriese netwerk sal versterk
Die verwagting is dat die kontrakteur reeds verlede week met die aansluitingsproses sou begin het en die projek binne die komende paar maande sal afhandel
Ronél van Jaarsveld
Die groot verhoog wink! Sestien gehoorgestremde leerders van die De la Bat-skool vir Dowes in Worcester sal Saterdag (24Mei) Shakespeare se The Taming of the Shrew by die District Six Homecomeing Centre as deel van die Suid-Afrikaanse Shakespeare-skolefees opvoer.
Dit is die agtste jaar dat die skool se toneelgroep aan die fees deelneem. “Die kinders is baie opgewonde hieroor en het ’n 2018 “Toe was, kinders fantastiese verhoog maniere in verstaan, linge in ons oorgeskryf dit ook keer die en
Got a camera or smartphone? Love South Africa’s awesome landscapes? Here’s your chance to shine! WWF South Africa has just kicked off a super cool photo competition called “Our country, through your lens” that’s all about showing off the incredible natural beauty around us.
Let’s face it – South Africa is dropdead gorgeous. We’ve got it all: stunning wildlife, breathtaking landscapes, and natural wonders that’ll make your jaw drop. That’s exactly what WWF wants everyone to capture and celebrate TV personality and heartthrob Masego ‘Maps’ Maponyane is backing the campaign all the way.
“Look around us,” Maps says. “We’ve got fynbos you won’t find anywhere else on the planet, wide open spaces packed with unique critters, oceans full of amazing sea life, and communities with deep connections to nature. But hey, none of this is guaranteed to stick around forever.”
With climate change throwing punches at our environment, this photo competition comes at just the right time. It’s calling on all South Africans – whether you’re a pro with a fancy camera or just love snapping pics on your phone – to document what makes our country so special.
WWF’s top boss, Dr. Morné du Plessis, gets pretty passionate about it: “We’re choosing to believe things can get better
not because we’re wearing rose-colored glasses, but because we’re already seeing positive changes happening. From fixing up rivers in the Drakensberg to boosting rhino numbers and creating green jobs for young people, the good stuff is already happening!”
“This is all about getting people to
hit pause on their busy lives and really see the amazing stuff around them,” he adds “Whether it’s a kid planting a tree or a gorgeous sunrise over the beach – if it makes you feel hopeful, snap it and share it!”
How to join the fun:
• When? May 12 – June 6, 2025 (that’s less than a month, so get snapping!)
• How? Super easy! Just post your photo as a comment on WWF South Africa’s Facebook page or upload it to Instagram or TikTok – tag @WWFSouthAfrica and use #BelieveInBetter.
A panel of photography hotshots –including an internationally published photojournalist, a humanitarian storyteller, and an award-winning creative director – will pick 20 standout images Then from June 9 to 27, everyone gets to vote for their favorites. Winners will be announced on July 2, followed by a public exhibition showcasing the best shots The goodies up for grabs:
• Main prize: An incredible two-night luxury photo safari for two at Madwaleni River Lodge in the Babanango Game Reserve (KwaZulu-Natal). You’ll get meals, accommodation, and daily game drives with a pro photographer by your side!
• Runners-up: Four lucky people will each score a large Recycled Buddy Backpack from Sealand Gear, worth R2 695. Maps puts it perfectly: “Your camera has way more power than you think. It shows what matters to you And if we don’t tell our own story, who will?” So what are you waiting for? Grab your camera, head outdoors, and start capturing what makes South Africa so special!
For more details, check out WWF South Africa’s website ( https://www. wwf.org.za/) or their social media pages.
Agri’s Got Talent (AGT) is terug vir die 12de seisoen – en inskrywings is nou amptelik oop! As jy in die vrugte-, wynof sitrusbedryf werk en ’n passie vir sang het, is dit jou kans om te skitter AGT is nie net ’n sangkompetisie nie – dit is ’n lewensveranderende reis van selfontwikkeling, selfvertroue en gemeenskapsbemagtiging. Die projek is in samewerking met Hortgro, die Sitrus-kwekersvereniging, SA Wine, Suid-Afrikaanse Tafeldruifvereniging en die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Enige landbouwerker wat in die sagtevrugte-, tafeldruif-, sitrus- en wynbedrywe werk, voltyds of seisoenaal, oor Suid-Afrika heen, kan inskryf. Hoekom moet jy vir AGT 2025 inskryf? Finaliste ontvang professionele stemen sosialemediavooropleiding, woon selfontwikkelingswerksessies by, kry “make-overs” en neem deel aan ’n opleidingsweek van 14-19 September in die Wes-Kaap. Dit alles lei tot ’n skouspelagtige AGT-gala-eindronde waar die top-10 op die verhoog voor ’n beoordelaarspaneel en gehoor optree. Baie voormalige deelnemers het persoonlik, kreatief en professioneel gegroei op maniere wat hulle nooit sou kon voorsien nie – danksy hul deursettingsvermoë en die platform wat AGT bied.
Victor Fredericks, ’n produksievoorman op die plaas Speenvlei in Wolseley, is gebore met ’n pen in sy hand. Hy is nou ’n gepubliseerde skrywer en liedjieskrywer wie se literêre werk sy debuutdigbundel Ons stryd was ook in Afrikaans (2001), Voetpad oor Witzenberg (2020), en Laat Pa vertel (2022) insluit. Hy was ’n Top 10-finalis in AGT 2018 en ’n uitgeligte kunstenaar by AGT se 10-Jaar Reünie-konsert in 2023 by die ikoniese Afrikaanse Taalmonument-amfiteater. Sedertdien het Victor by die ATKVMentorskapprogram aangesluit en enkelsnitte opgeneem, insluitend “Boland Blues” en “Blackberry Juice & Jin” (uitgereik op 2 Mei). Op 16 Mei het hy saam met Corlea Botha, Eulanda Wagner en Riku Lätti by die Daisy Jones Teater opgetree.
Inskrywings sluit 31 Julie. Om in te skryf, stuur ’n stemboodskap (maksimum drie minute) via WhatsApp na 082 372 1577 of e-pos jou opname na info@agrisgottalent.com met jou volle naam, geboortedatum, selfoonnommer, naam van jou plaas / kelder / pakstoor, posbeskrywing, hoe lank jy daar werk, naaste dorp, toesighouer se naam en selfoonnommer en waar jy van AGT gehoor het. Besoek www.agrisgottalent.com vir nog inligting.
John Anthonie, hoof van Touwsrivier Primêr, (tweede van links), ontvang die tjek van Wendy Williams, groepsbestuurder van WesKaapse Bakkerye By hulle is Nafeez Amod (links), Worcester Bakkery se verkoopsbestuurder, en Kenosi Hlongwane (regs), Sasko se Wes-Kaapse handelsverteenwoordiger.
EnricoClaassen
Die Primêre Skool Touwsrivier is ’n hele R30000 ryker nadat hy verlede week Vrydag (16 Mei) as die nasionale wenner in Sasko se Siyasizana (Ons bou saam)-gemeenskapsprogram aangewys is.
Dié program is daarop gemik om die
het nasionaal in die derde plek geëindig Die skool het ook ’n tjek vir R30000 van Sasko ontvang nadat leerders altesaam 45641 plastieksakke ingesamel het
Die skool het ook tweede geëindig in die Worcester Bakkery-gebied, wat Worcester, die Suid-Kaap en die N7-roete insluit Kevin Sass, die skoolhoof, sê hy is baie trots op die skoolgemeenskap wat die projek so mooi gedryf het Volgens hom ver
Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal met sy eie gedenkmunt wat die geskiedenis leef en vier
Nou, ’n eeu nadat hy amptelik as een van die land se tale erken is, vier Afrikaans sy eeufees op gepaste wyse – deur ’n eksklusiewe insiatief; die Afrikaans is 100®-gedenkmunt
Afrimunt (Edms ) Bpk stel, in vennootskap met Bassani- afslaers en iTickets, die Afrikaans is 100®-gedenkmunt bekend
Hierdie unieke munte stel Suid-Afrikaners in staat om ’n stukkie geskiedenis simbolies én tasbaar in besit te neem Dit is nie bloot ’n muntstuk nie – dit is ’n huldeblyk aan ’n taal, ’n kultuur, ’n gemeenskap en ’n volk se reis oor honderd jaar
“Die idee agter hierdie munt is om iets te skep wat ’n taal en sy mense vier – iets wat nie net mooi is om te besit nie, maar werklike waarde het,” sê Landon Coleske, die projekbestuurder van die gedenkmunt en lid van die Bassaniafslaers se bestuur
“Elke element van die ontwerp dra betekenis en elke metaalkeuse dra ’n ander storie van waarde ”
Die Afrikaans is 100®-munt is ’n simboliese eerbetoon aan Afrikaans se amptelike erkenning in 1925, en getuig van die taal se groei, veerkragtigheid en die onuitwisbare uitwerking wat dit op geslagte gehad het Elke munt word beskikbaar gestel in een van drie edelmetale – goud, silwer of brons – en word in ’n stylvolle houer met ’n sertifikaat van egtheid gehou, sê Coleske
Hierdie gedenkmunt is deel van ’n groter veldtog om bewusmaking te skep oor die waarde van kultuurerfenis en om die nuwe generasie aan te moedig om hul taal en geskiedenis te vier en te bewaar, voeg Coleske by Die amptelike bekendstelling van die gedenkmunt vind
Afrikaans se 100ste bestaansjaar word met ’n goue munt gevier.
binnekort plaas by ’n spoggeleentheid wat die ryk nalatenskap van Afrikaans sal vier Dié viering sluit bydraes in van Springbok-bekendes asook optredes deur geliefde Afrikaanse kunstenaars vir ’n kombinasie van nostalgie, kultuur en viering As ekstra bederf ontvang die kopers van die 100 goue munte elk twee kaartjies vir die presidensiële losie vir die Afrikaans is 100 Jaar Groot- konsert Dié kaartjies is R10000 werd en die konsert sal op 20September by die DHL-stadion in Kaapstad plaasvind – ’n musiekkonsert soos min
“Die een-ons- goue munt word van 99,999%- suiwer goud vervaardig – ’n standaard wat selfs die Krugerrand oortref,” sê Coleske “Vir versamelaars en beleggers beteken dit jy koop nie net geskiedenis nie, jy dra dit oor – saam met waarde wat kan groei ”
Ter viering van Afrikaans se 100ste verjaardag bied die Bassani-afslaers ’n eksklusiewe reeks van 99,999% suiwer goudmunte aan, volledig geakkrediteer deur SAAND – South African Association of Numismatic Dealers (https://www.saand.co.za/). Die persdrukvorm word vernietig ná vervaardiging, wat hierdie ’n eenmalige belegging maak
Slegs 100 goue munte is beskikbaar –elkeen met ’n unieke reeksnommer
Belangstellendes word uitgenooi om via iTickets of die Bassani-afslaers (www bassani co za) te registreer om op 29Mei aan die veiling vir hierdie unieke versamelstuk deel te neem Silwer- en brons munte gaan ook binnekort beskikbaar wees
Section27, ’n menseregte-organisasie wat poog om wesenlike gelykheid en sosiale geregtigheid in Suid-Afrika te bewerkstellig, het die Grondwethof se eenparige uitspraak verwelkom in die saak Blind SA teen die President van Suid-Afrika, waarin die hof beveel het dat artikel 19D van die Wysigingswetsontwerp op kopiereg (WOK) onmiddellik in die Outeurswet gelees moet word – totdat die wysigingswetsontwerp amptelik in wetgewing omgeskakel is
Hierdie mylpaalbeslissing bring groot verligting vir mense wat blind of siggestremd is en wat al vir dekades gebuk gaan onder ’n akute tekort aan leesmateriaal in toeganklike formate Dié tekort het hul regte op gelykheid, waardigheid, basiese onderwys en deelname aan kulturele lewe ernstig geskaad
Die beslissing spruit uit ’n saak wat in 2022 deur Blind SA, met regsverteenwoordiging deur Section27, aanhangig gemaak is Blind SA het toe die Grondwethof genader oor die 1978-Outeurswet, wat dit strafbaar gemaak het om materiaal in toeganklike formate om te skakel sonder die kopiereghouer se toestemming Die hof het toe ten gunste van Blind SA beslis en aan die parlement 24 maande gegee om die wet reg te stel.
Terselfdertyd het die hof ’n tydelike uitsondering – bekend as die “13A-uitsondering” – in die wet ingevoeg Hierdie uitsondering het dit moontlik gemaak vir blinde en siggestremde mense om leesmateriaal wettig in toeganklike formate om te skakel, terwyl die parlement gewerk het aan die wetswysiging
Op 29 Februarie 2024 het die parlement die Wysigingswetsontwerp op kopiereg goedgekeur en na die president gestuur vir ondertekening Hierdie wetsontwerp bevat
spesifiek artikel 19D, wat voldoen aan die hof se oorspronklike opdrag en ’n breër uitsondering skep vir alle persone met gestremdhede
Maar teen die sperdatum van 21 September 2024 was die wetsontwerp steeds nie onderteken nie Die 13A-uitsondering het gevolglik verval en regssekerheid het daarmee saam verdwyn Sonder hierdie raamwerk kon Suid-Afrika ook nie die Marrakesh-verdrag bekragtig nie – ’n internasionale ooreenkoms wat toegang tot duisende toeganklike leesbronne wêreldwyd sou bied
In Oktober 2024 het Blind SA weer na die Grondwethof teruggekeer met ’n dringende aansoek om die president te dwing om óf die wetsontwerp te onderteken óf die 13A-uitsondering weer in werking te stel Kort daarna het die president self die wetsontwerp na die Grondwethof verwys, waarna Blind SA versoek het dat die uitsondering in plek bly tot die wetsontwerp in wetgewing verander word
Op 13 Desember 2024 het die hof ’n tussentydse bevel gemaak wat die 13A-uitsondering bekragtig het
Onlangs het die hof sy finale uitspraak gelewer en artikel 19D van die WOK is onmiddellik in die Outeurswet ingelees –totdat die wetsontwerp amptelik wet word
Die hof het artikel 19D beskryf as “’n meer robuuste en regsvolhoubare raamwerk
Die struktuur daarvan strook met moderne beginsels van gestremdheidregte en Suid-Afrika se internasionale verpligtinge
Dit bied essensiële buigsaamheid, volhoubaarheid en duidelikheid vir betekenisvolle verligting ”
Die hof het ook bevind dat die president alleenlik oor die bevoegdheid en inligting beskik het om die litigasie te verhoed, en daarom is hy beveel om Blind SA se regskostes te betaal
Alver Uys
Hulde is Maandag (12Mei) by die Worcester-museum by Kleinplasie, wat deur verskeie oud-skoolhoofde en hul families asook ander belanghebbendes en verskeie sprekers bygewoon is, by ’n geselligheid aan die rol wat opvoeders en veral skoolhoofde suid van Durbanstraat dikwels moes vervul om opvoeding in Worcester tot sy reg te laat kom, gebring.
Hierdie inisiatief is gedryf deur die oud-opvoeders Christopher Cox, Cliffie September en Dan Dirks en ’n oud-leerder van die Hoërskool Breërivier, Pat Steenkamp. Dit is baie goed ontvang en nadat ’n skatkis vol herinneringe opgeroep is, is besluit om ’n opvolg-vergadering te roep waar elkeen sy/haar ervarings kan neerpen sodat dit in boekvorm aan elkeen uitgedeel kan word.
Ná die opening met gebed deur Max Strauss, self ’n oud-skoolhoof, het die twee programdirekteure van die dag, Dirks en Steenkamp, dinge lekker laat vloei en die gehoor met hul staaltjies uit hul skooldae aan onderskeidelik Esselenpark en Breërivier lekker laat lag.
Dirks het onder meer vertel van ’n bloutjie wat hy as skoolhoof in Ceres met ’n destydse skoolinspekteur geloop het. Noel Petersen, ’n direkteur van die Kaapse Wynland-onderwyssentrum, het statistieke oor matrieks onder sy beheer en die uitdagings wat opvoeders in die gesig staar, gedeel Hy het ’n geraamde sertifikaat van waardering aan Joey Stynder, oud-hoof van die destydse Worcester Junior Sekondêr (later Worcester Sekondêr) oorhandig, wat dit namens al die baanbreker-hoofde en oud-opvoeders in ontvangs geneem het. Dit sal by die Worcester-museum uitgestal word om hulde te bring vir hul rol in die opvoeding van leerders, veral in die Apartheidsera en gepaardgaande aparte ontwikkeling.
Die oud-burgemeester Clarence Johnson het ’n kort oorsig gegee oor die ontstaan van die onderskeie laer- en hoërskole in die dorp, asook die rol wat ’n opvoedingsbron soos die destydse plaaslike opleidingskollege gespeel het. Hy het in sy toespraak ook hulde gebring aan Jamie Issel en sy rol as gemeenskapsaktivis. Dr. Julian Kritzinger het namens die plaaslike munisipaliteit in sy toespraak ’n gewag gemaak van die invloed van onderwys in die samelewing
asook die rol van Worcester as ’n Sorgstad met die verskeie inrigtings en skole wat hier in die dorp geleë is Wilma Barry het haar oorlede vader, JJ Barry, se bydrae tot die ontwikkeling van leerders in ’n landelike omgewing geprys, terwy-m dr Vivienne Wilson haar pa, wyle Ali Wilson, se rol as skoolhoof van RK Primêr, asook haar oorlede moeder, Dinah, se rol as opvoeder en stigterslid van Worcester se eerste kleuterskool, Sonnestraal, uitgebeeld het. Sammy Louw het staaltjies gedeel as skoolhoof by Riverview Primêr, terwyl Zan Africa namens haar drie oorlede ooms – Abe Arendse, Buks September en Tommy Abrahams, wat al drie in ’n stadium hoof van Esselenpark was, staaltjies gedeel het. Cliffie September, ’n komiteelid en oud-hoof van Aan de Doorns, het ’n paar klappe uitgedeel oor die destydse onderwysstelsel, terwyl die uwe as skolesportjoernalis oor die rol van sport as brugbouer besin het. Hy het ook hulde gebring aan Fanie Otto, wat gesorg het dat De Wet ’n goedtoegeruste sportkompleks bekom het, asook wyle Thomas van Noi wat uiteindelik vir sy rol in skolesport vereer is deurdat Esselenparkstadion se pawiljoen na hom vernoem is
Ronél van Jaarsveld
Hy kon van kleintyd af woorde aanmekaar vleg om stories te vertel. Dit is juis met hierdie talent wat hy wil seker maak dat die mense van Robertson se stories behoue bly.
Jeff Lakay (81) se groot liefde vir sy mense is in sy digbundel getiteld Bo-dorp se mense – my kanniedood- volk, neergepen. Hierin skryf hy van die juffrou, die prediker, die paartjie wat op pad is om te trou – almal Robertson se mense.
Dié bekroonde skrywer het oor dekades heen foto’s, staaltjies en nuusberigte versamel van die mense wat die gemeenskap gehelp bou het en sal graag wil hê dié uitstalling moet vir die publiek beskikbaar wees.
“Ek wil nie hê ons mense se stories moet vergeet word nie,” sê hy.
Die digter Jeff Lakay met een van sy bundels in sy sitkamer Agter hom is ’n deel van die uitstalling van die bo-dorp se mense se geskiednis.
staan vandag nog daar ”
titeld Ontheemdes – Breedevallei Dichters
Roberston lê in Lakay se bloed Hy’s hier gebore en getoë en het ná sy studies in Oudtshoorn as onderwyser by die Laerskool De Villiers in sy tuisdorp begin werk. Benewens “Meneer” in die klas moes die onderwysers ook by die Sondagskool, begrafnisse, jeuggroepe en die kerkkoor diens doen.
“In daardie jare was die onderwysers sommer ’n all-in-one,” vertel hy. Sy grootwordjare was moeilik, soos vir talle ander in sy gemeenskap. “Gedurende die Apartheidsjare is bruinmense aan die anderkant van Van Zylstraat gedwing om na die bokant toe te trek. Dit is waar die naam ‘bo-dorp se mense’ vandaan kom Ek het arm grootgeword – in ’n tweevertrek-huisie met ’n misvloer – en moes van jongs af inspring om skoolvakansies te werk. Daardie huise
Die skryfgogga het hom vroeg gebyt. Op nege het hy sy eerste gedigte geskryf en as tiener het sy vriende gesien sy liefdesbriewe is meer suksesvol as hulle s’n. “Hulle wou my briewe gebruik om vir hul meisies te stuur.”
As jong onderwyser het hy artikels vir die Huisgenoot gestuur en is sy eerste rubriek, “Die Poolster”, in ’n plaaslike koerant gepubliseer. Hy het begin om die bruinmense se geskiedenis neer te pen, maar dit was moeilik om uitgewers te kry wat sy werk wou publiseer
Saam met ander skrywers en digters, soos Floris Brown van Worcester, het hulle die Breedevallei Dichters gestig en die deure het op ’n skrefie oopgegaan Hul gedigte is in ’n bloemlesing opgeneem Een van sy hoogtepunte is dat sy werk in ’n bundel saamgestel deur die bekende Lina Spies en Floris Brown, ge-
Poëzie Nacht van die Muse, opgeneem is Lakay het by verskeie geleenthede as spreker opgetree en TV-insetsels oor sy werk is ook gemaak.
“Dit is reeds soveel jare sedert die nuwe bedeling aangebreek het, maar steeds is daar min van ons bruin mense se geskiedenis opgeteken en in museums te sien. Ek sal graag wil hê dit moet verander en ons mense se stories moet vertel word voordat dit verlore gaan. Nêrens word vertel van die man wat jare lank slange met die kaal hand gevang het nie en mense wat baie gedoen het om ons gemeenskap te versterk nie.” Hy droom daarvan dat Roberston ’n uitstalling oor die geskiedenis van die bo-dorp se mense kan hou en eendag dalk selfs ’n
Op
is
’n Groot dankie aan almal wat verpleeg
Verpleegpersoneel van die Montagu-hospitaal het verlede Dinsdag (13 Mei) Nasionale Verpleegstersdag, wat op 12Mei was, by die werk gevier Kerse is aangesteek en suster Elizabeth van Zyl, die matrone van die Montagu-hospitaal, het ’n kort bemoedigende toespraak gelewer Die verpleegsters het ook by dié geleentheid hul Verpleegstersdiensbelofte herbevestig. Konst. Esmarelda Philander (agter, heel regs), misdaadvoorkomingsbeampte van die plaaslike polisiekantoor, was die gasspreker Ná afhandeling van die formaliteite het almal heerlike verversings geniet en elke verpleegster het ’n spesiale lekkergoedpakkie ontvang. FOTO: Norman Evertson
Internasionale Verpleërsdag word jaarliks op 12 Mei waargeneem om die onskatbare bydrae van verpleërs te eer en te vier. Met vanjaar se tema
“Ons verpleërs Ons Toekoms Die ekonomiese krag van sorg” – fokus die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand (WKDGW) nie net op dankbaarheid vir verpleërs nie, maar beklemtoon ook die ondersteuning wat nodig is vir gesonder verpleërs as ’n organisatoriese belegging.
Verpleërs, as die fondament van die gesondheidstelsel, is dikwels die eerste kontakpunt met pasiënte en word die mees konstante vorm van kontak gedurende ’n pasiënt se gesondheidsreis Met sulke onwrikbare toewyding ervaar verpleërs egter spanning – fisiek, geestelik en emosioneel Verpleërsdag dien ook as ’n dag om voorspraak te maak vir die bemagtiging en welstand van verpleërs
“In die werkplek tref ons ’n aantal voorsorgmaatreëls om gesond en veilig te bly, maar wanneer ons die hospitaal of kliniek verlaat, moet ons ons welstand ’n prioriteit hou,” sê suster Minette Lingenfelder wat
ondersteuning in beroepsgesondheid en veiligheid aan die departement se personeel in die Breede-vallei, Witzenberg en Langeberg bied “As verpleërs wy ons ons tyd aan die versorging van ander Ek het gevind dat ‘'ek-tyd’ en oefening my help om my beste te lewer vir my familie, kollegas en pasiënte ”
Om na die welstand van verpleërs om te sien is nie net ’n verpligting nie, maar ’n belegging Gesonde verpleërs lewer ’n beter gehalte van pasiëntsorg, wat ons gesondheidsorg doeltreffendheid verbeter
Dit is ook ’n sistemiese belegging, aangesien die welstand van ’n verpleër ’n direkte skakel is met die gehalte van sorg wat aan pasiënte gedurende hul gesondheidsreis gebied word ’n Verpleër by een van die departement se vennote, Boland Hospice, is só lief vir verpleging dat sy ’n paar jaar ná aftrede na die beroep teruggekeer het Suster Ina van Eck sê sy het haar welstand verbeter deur aktief betrokke te wees in die gemeenskap en tyd met goeie vriende deur te bring “Ek het baie vriende en ek bly besig Ek
is deel van die Maria Stofberg VLV, asook my kerk se sorggroep Ek is ook deel van ’n kruiegroep en geniet aktiwiteite wat deur die aftreeoord waar ek woon, aangebied word,” sê Van Eck
“Die WKDGW beklemtoon welstand as ’n omvattende benadering vir ons verpleërs deur aanmoediging te bied deur ons ‘Welstand begin by my’-veldtog, wat fokus op die fisieke en geestelike welstand van ons verpleërs, insluitend ander kategorieë personeel in die departement,” lui die departement se verklaring
“Ons Wes-Kaap oor Welstand (WoW)inisiatief ondersteun en verseker dat die bevordering van welstand op die voorgrond van ’n gesond lewe staan. Ons glo wanneer ons verpleërs die voorbeeld stel om hul welstand te prioritiseer, hul pasiënte en gemeenskappe ook hul welstand sal prioritiseer, wat ’n gesonder arbeidsmag vir die Wes-Kaap moontlik maak
“Elke dag staar verpleërs enorme uitdagings in die gesig Die aanspreek van dié uitdagings begin by ons, en die vestiging van ’n veiliger, respekvolle en meer ondersteunende werksomgewing wat fokus op die welstand van verpleërs om gehaltegesondheidsorg vir almal te voorsien ”
Chris Koopman, ’n sanger van Worcester en wat voorverlede jaar die verhoog tydelik vaarwel moes toeroep nadat hy onverwags baie siek geword het, is reg om sy sangloopbaan te hervat
Die 36-jarige Koopman, wat op ’n passasierskip as vermaaklikheidster gewerk het toe hy pankreatitis opgedoen het, was maande lank in die hospitaal Hy was eers in Amerika in ’n hospitaal en het na sy ouerhuis in Worcester teruggekeer om aan te sterk
“Ek het baie gewig verloor en was baie swak Ek kon vir lank nie op my eie woon nie,” vertel hy Hy is van ’n hospitaalbed na ’n rolstoel en het in Desember sy laaste groot operasie gehad Hy is baie dankbaar teenoor sy ouers, Chris en Nolene Koopman, en sy versorgers, Myrtle Pietersen en Theresa Schröder, wat hom weer op die been gehelp het
“Ek is so bly dat ek weer 100% gesond is en geen medikasie meer hoef te gebruik nie ”
Deesdae woon hy weer op sy eie en het sy buiging vroeër vajaar by die Nekkiesmusiekfees gemaak
Stuurinskrywingsna: info@worcesterstandard com Deadline/Spertyd: Mondays/Maandae12:00 30-31MEI
DisweertydvirdieWynland-ekspo,aangebied deurdieKaapseWynland-distriksmunisipaliteit Die feeswordopdieHoërskoolMontanasesportterrein gehouengaangewisbaievermaakvirdiehelegesin biedsowelas’nreusagtigeverskeidenheiduitstallings vanalswatdieWynlandtebiedhettesamemet lekkereet-en-drinkgoed BydieopeningopVrydag 30MeitreeonderandereDiePiesangskilleenEarly BopenSaterdagkanBokvanBlerkenLolosenKurt Darrenopdieverhooggesienword,omnet’npaar vandieglanskunstenaarstenoem Kaartjiesisnouby WebticketsbeskikbaarteenR100virvolwassenesen R40virtieners(13-18jaar) Onder12’swatsaammet hulouersis genietgratistoegand 3 d T
“Sing bly my groot liefde,” sê hy “Nadat ek beter begin voel het, wou ek net weer begin sing en het aan karaoke en wat ek ook al kon, deelgeneem Ek het begin oefen en gym en selfse fiets begin ry om my asemhaling reg te kry ”
Koopman het vroeër vanjaar as ’n dankie aan die gemeenskap wat hom ondersteun, ’n vertoning vir hulle aangebied
“Ek het net weer besef hoe genadig die Here was dat ek weer op ’n verhoog kan staan,” sê hy
“Nekkies was ’n ongelooflike lekker ervaring – veral om so tussen van ons musieklegendes te staan Dit was ’n voorreg om Jonathan Butler te kon sien optree en Jamali en Mafikizolo te ontmoet Die professionaliteit en reëlings was uit die boeke ”
Koopman het groot planne vir die toekoms en gaan sy eie musiek skryf Hy sal graag met ander kunstenaars wil saamwerk Op die vraag of die groot water en die verhoë op passasierskepe hom weer roep, lag hy net Daaroor moet hy nog besluit, maar vir nou sing hy op eie bodem
lendamGolfClub Allproceedsmadewillgotowards afencefundfortheDrostdyMuseum 19-21JUNIE
DieWoester-Avontuur-BraaiFeesis’nbraaikookkunservaringenalleswatgepaardgaanmetbraai–lekkermusiek,lekkeraktiwiteite,drankiesensamesyn Diekoservaringgaanallesuitbeeldwatbraailekker maak OfditnouBosveld-pap-en-sousis,dieKaroo seskaapsterteofdiebesteboereworswaarmee onsplaaslikeslaghuisevorendagkankom–jygaan ’nfeesmaalbraaiervaar Diefeesstrekoordriedae enwordbydiepragtigeKarooNasionaleBotaniese tuineinWorcestergehou Hierdiefeeshetverskeie elementeoordietydperk,soos’npretloopvirdiehele gesinasook’n10-km-en25-km-wedloop,diegewilde fopdosserTolliePartontreeopen’ntienersokkieen “stilledans”wordookgehou Ennatuurliksaldaarbaieopdiebraaispyskaartwees Houhulfacebookbladdopvirverderebesonderhede DieKunssentrumHugoNaudebiedaan‘n Sopdagop19Junievanaf14:00-18:00 Kaartjiesis tekoopbyhuladministrasiekantoorteenslegsR40
Enrico Claassen
“When you can laugh at yourself, you know that you’re okay with life. That is something I want everybody to understand.. that you have to become okay with life and all the things that come with this journey.”
So says renowned South African performer Alistair Izobell about his stand-up one-man show WTF (What the f*ck) Was That in association with nevCproductions on 27 and 28 June at Die Kleinteater in Russell Street, Worcester
Describing the show in an exclusive interview with Standard Breederivier Gazette, he said: “The entire show speaks about me confronting my WTF moments We all have WTF moments in our lives
“When we are older we reflect on it and how we got to this place, but when you are comfortable enough with where you find yourself, then you can look at it satirically and laugh at it and go, ‘WTF was that?’.”
According to Izobell the show is about all the decisions he has made in life, all the thoughts turned into actions all the moments he did not think through that came back to haunt him and all the things he was experiencing now as he got older.
It is about being able to laugh at the little things in life that happen to one as one gets older at this stage
He said the show is about gracefully accepting age and all the things that go along with it.
Izobell said the inspiration for his show came from finding himself chuckling at personal experiences and going “WTF was that?”
“Just laughing at it alone was significant enough. I went through a very serious three-year-long depression and
Supervisor oversees all aspects of poultry production, ensuring e�icient operations and the well-being of the birds. They manage teams, monitor performance, address issues, and maintain biosecurity and animal welfare standards.
Key Responsibilities:
• Supervising and training sta�:
• Monitoring poultry health and welfare:
• Managing facility and equipment:
• Ensuring compliance:
• Maintaining production records and reporting:
• Addressing production problems:
• Communicating with management and stakeholders:
• Managing budgets and resources:
• Ensuring a safe and e�icient working environment:
Must have matric and previous experience
I am a suicide-attempt survivor I am never going to be healed completely but I am okay with life
“I now can get back on stage and be creative again because those three years of depression took away all my creativity. The inspiration was about personal experiences. My book Broken to Heal was literally born from this.”
According to Izobell he got another chance at life and this show enabled him to self-explore and make the necessary connections between his depression and the significant moments of his life that led up to it.
Although he describes the show as funny and hilarious, it’s also about deep introspection and finding oneself in a space where one can say, “I am alone in this space because this journey was given to me alone ”
He said the play is about looking at life and a very funny version of it, so it is definitely not a “heavy play”.
According to Izobell people need to come and watch the show so that they can reference themselves and be okay with where they find themselves in their lives right now.
“Where they find themselves in their lives now, they should be happy, content and accepting of it and be like ‘You know what, I’m cool’.”
As for the most fundamental lesson in the show: “It’s all going to be okay and you belong here.”
Tickets for the show cost R180 per person and are available from Valley FM in Grey Street, Worcester, Victoria Park Primary School, Riverview Primary School and DRC Practising Primary (Oefenskool) and from Avignon restaurant in Church Street.
More enquiries about ticket sales or the show itself can be directed at Neville Wentzel on 082 859 6405.
We are in search of Electrical Contractors within the Matjiesfontein, Central Karoo District Municipality (Western Cape) to assist with a project.
Required Experience: Electrical and PV Installation, with electricians, wiremen licences and Healthy and Safety employees.
Required Documents: Company Profile, Contact details and CIPC Certificate
Qualifying enterprise would be sub-contracted on site for the required/ stipulated period of the project and be subjected to continues medical fitness testing. Should be able start immediately
Please forward documents to hrtshep@gmail.com
Donderdag, 22 Mei 2025
NormanEvertson
ASHTON - Anrich Nelson, die heelagter van Ashton United (Unies), het byna eiehandig Villagers Montagu, of Sesdium, se ondergang bewerkstellig.
Dié vlugvoetige heelagter het die afgelope Saterdag (17 Mei) in dié twee spanne se eersteronde-Grootuitdaagbekerkragmeting op die Cogmanskloof-sportterrein uitstaande spel gelewer Nelson het twee drieë gedruk en ook twee strafdoele sowel as twee doelskoppe deur die pale gestuur vir ’n persoonlike bydrae van 20 punte en sy span gehelp om Sesdium ore aan te sit Nelson het vroeg in die wedstryd met twee strafdoele geslaag en sy span op die voorvoet geplaas
Sesduim het met ’n onverdoelde drie deur sy agsteman, Ulfred Terblanché, teruggeslaan en die telling 6-5 gemaak
Hierna het Ashton egter sy voorsprong met ’n verdoelde drie vergroot, wat die telling na 13-5 geneem het Maar Liam Pekeur, die besoekers se heelagter, het met ’n suksesvolle strafdoel die telling 13-8 gemaak en sy span in die wedstryd gehou
Met die aanbreek van rustyd was die tuisspan egter stewig in die saal Die telling was toe 20-8 nadat Ashton nog ’n verdoelde drie aangeteken het
Nadat die spanne kante geruil het, het die tuisspan sy greep op die wedstryd met ’n onverdoelde drie verstewig en die telling na 25-8 geneem
Sesduim wou nie bes gee nie en het met ’n drie deur Ashley Monk (buitesenter) wat deur Pekeur verdoel is, teruggeslaan en die telling 25-15 gemaak
Ashton se bonuspuntdrie hierna het egter die wind uit Sesdium se seile gehaal
Hoewel die besoekers nooit tou opgegooi het nie, het die tuisspan sy houvas op die wedstryd enduit behou – 30-15 in sy guns
Die Stoep van Panorama, Robertson, het hul buurspan Pen-United met ses paaltjies in die Rosku-T20-eindstryd verslaan Pen-United het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en is vir slegs 60 lopies uitgehaal Die boulers Rhuwano-lee Arendse (3/5 in 4 boulbeurte)en Vicky Benjamin(2/9 in 4 boulbeurte) het vir die wenspan toegesien dat hul teenstanders in hul kolfbeurt onder druk bly Die Stoep het vroeg twee paaltjies verloor en die kolwers Justin Geduld (17), Amre Konstable (17 nie uit nie) en Inzaman Matthys (14 nie uit nie) het verseker dat die wenspan die 61 lopies in 18 boulbeurte bereik Die Stoep het die T20 steeds onoorwonne beklink
Boetie Hattingh
Die Alberts RVK moes Saterdag (17Mei) op Bolandpark in Worcester as voorloper in die kompetisie alles uithaal om ’n begeesterde Primrose met 15 punte teenoor 10 te klop. Primrose het afgeskop. Alberts het ontvang en verligting gebring met ’n lynstaan wat hy gewen het. Sy pak voorspelers het pragtig gedryf, maar hanteerwerk het hulle in die steekgelaat. Primrose het dit uitgebuit en aangeval. Primrose het ’n strafskop gekry, maar die poging pale toe was mis. Ná die inskop het Alberts die bal aangeslaan. Primrose het die skrum gewen en sy agterlyn weggestuur. Shameeg Williams het deur die verdediging gesny en is kort voor die doellyn gestuit. Ná die skrum het Primrose weer die bal gekry, maar oordeelsfoute het Alberts verligting gebring.
In die eerste 20minute van die wedstryd was dit rof en
grof soos die manne mekaar die stryd aangesê het. Alberts het sy vernuf gewys en hoekom hy onoorwonne boaan die punteleer is met ’n strafskop wat tussen die pale deur is en die telling op 3-0 vir Alberts te staan gebring het. Primrose het weer afgeskop en Alberts het weer ontvang, maar Primrose het hom weer by die kantlyn uitgedwing. Primrose het die lynstaan gewen en aangeval, maar ’n strafskop gekry, weer aangelê pale toe, maar ook dié poging was mis.
Hy het egter die druk daar gehou toe hy weer die bal in die hande gekry het en ’n derde strafskop gekry, wat tot almal se verbasing weer mis was.
Alberts het weer ingeskop en Primrose het uitgeskop vir ’n lynstaan. Primrose se dissipline het egter teleurgestel en hy het talle strafskoppe afgestaan. Die rustydtelling was steeds 3-0. Die tweede helfte het begin toe Alberts afskop. Primrose het danksy vars bene van die bank
af met meer vuur gespeel. Net ná ’n skrum het Alberts egter sy agterlyn weggestuur en ’n onverdoelde drie gedruk (telling 8-0 vir Alberts).
Primrose het weer ingeskop en Alberts het ontvang, deur Primrose se verdegiging gebreek en sy tweede drie gedruk. Die doelskop het geslaag en die telling was 15-0 vir Alberts. Primrose het egter nie gaan lê nie en veggees getoon. Edwid Scholtz (vleuel) het gaan druk en Julian Filander was seker met die doelskop (telling 15-7 vir Alberts).
Pragrugby is opgedis, met Alberts wat taktiese rugby gespeel het. Primrose het ’n strafskop gekry toe Alberts fouteer, maar dié keer het Filander seker gemaak met die skop pale toe, met die telling 15-10 vir Alberts. Ná die inskop het Alberts alles in sy vermoë probeer om punte aan te teken, maar tevergeefs. Primrose se verdediging het gehou, en die eindtelling was steeds 15-10 in Alberts se guns.
Young Hamiltons kom Saterdag voor een van sy grootste karaktertoetse te staan wanneer die span die huidige Boland-kampioen, Robertson Town, in die Esselenpark-stadion pak.
Die kragmeting behoort duisende ondersteuners na die stadion te laat stroom aangesien dit altyd ’n reusestryd is.
Robertson beklee wel die eerste posisie op die Breëlangeberg-Grootuitdaag-punteleer, maar is terdeë bewus van Hammies se vermoë om ’n reuse-opskudding te kan opdiep. Albei spanne het gehaltespelers wat enige tyd die gang van ’n wedstryd kan bepaal en aan individuele briljantheid gaan daar geen tekort wees nie. Hammies sal swaar leuen op Ussiel Langeveldt, Larren Buys, Jovelian de Koker sowel as Garth Jacobs
en Claudio Matolla terwyl Cullen Benjamin, Shaurick Blom en Lethan de Bruin voorlangs hul als behoort te gee. Robertson-sterre soos Lincoln Eksteen, Collen Willemse en die gevaarlike Marco Jones sowel as die vleuel Leighton Davids behoort die dam te besoek. Rugbygeesdriftiges kan hulle dus regmaak vir ’n titaniese liplekker-stryd soos net dié twee reuse kan opdis. Hammies het Saterdag Mcgregor met 52-36 geklop en so sy derde plek op die punteleer behou
Hammies B het 35-10 gewen en die C-span 38-05. Saterdag se kaartjies is by Spar in Q Sqaure te koop. Geen kaartjies word by die hek verkoop nie. Ondersteuners moet vroeg kom om die beste sitplek te kry.