Worcester Standard & Breederivier Gazette E-Edition 24 April 2024

Page 1


Donderdag, 24 April 2025

Tel: 023 347 0968

Musiekfees derfeestebyNekkie

derfeestebyN

vereer

Feesgangers het seer voete en warm harte gehad ná ’n suksesvolle Nekkies Easter Music Festival die afgelope naweek.

Die musiekfees het vir vier dae van onvergeetlike musiek deur nuwelinge sowel as bekendes in die bedryf gesorg. Die aansteeklike energie van die kunstenaars het besoekers dansend op hul voete gehou.

Die uitvoerende burgemeester, Antoinette Steyn, en die munisipale bestuurder, David McThomas, het feesgangers bedank vir hul bywoning en die ondersteuning van die fees wat ’n finansiële inspuiting vir die dorp bring. Een van die groot hoogtepunte was die optrede deur die internasionaal bekende dr. Jonathan Butler.

Steyn en McThomas het ’n eresertifikaat aan hom oorhandig ter erkenning van sy merkwaardige bydrae tot musiek

wat oor verskeie dekades strek. Dié sertifikaat is ’n inisiatief van die mu sipaliteit om musieklegendes te vereer. Dr. Butler het die fees op ’n hoogtep afgesluit met ’n gehoor wat aan sy lippe gehang het

van muniom te vereer. het die fees op ’n hoogtepunt met ’n gehoor aan sy

Tot groot verrassing van die gehoor is Dr. Victor & The Rasta Rebels se optrede onderbreek toe die popgroep Jamali vir Dr. Victor onverwags met sy verjaardag gelukgewens het. Dit het bygedra tot die feestelike atmosfeer. Zwelenthemba se eie DJ Xolani Faas, bekend as Xzito op die verhoog, het ook vir goeie musiek gesorg

Die ikoniese Suid-Afrikaanse groep Mafikizolo Africa het die gehoor op hul voete gehad met hul vuurwarm verto- ning. Die groep het verlede jaar ook hier opgetree. Bongo Maffin het ook musiekliefhebbers van ver af getrek. Die plaaslike groep, Worcester Legends, is ook met ’n eresertifikaat vereer.

As ons wye reeks kwaliteit, geïnspekteerde motors nie aan u spesifikasies voldoen nie, vertrou ons om die voertuig te kry wat u verlang.

Ons is vaardig om finansies deur al die groot banke te reël. Ons reël finansiering met alle groot banke. Ons verkoopspan is gereed om jou by te staan en finansieringsopsies van die meeste finansiële instellings te bespreek.

Die gehoor is meegevoer tydens die musiekfees by Nekkies
Gesinne het die vier dae lange musiekfees by Nekkies terdeë geniet
Die Kaapstad gebaseerde saksofoonspeler, Don Vino Foto’s: Luciano du Toit
Dr. Jonathan Butler

Inwoners hoor oor moontlike begroting

Die Breedevallei-munisipaliteit se reeks gemeenskapsvergaderings oor die begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) het verlede week ten einde geloop Die laaste vergadering vir wyke 5, 6,7 12 en 15 is Woensdag 16 April in die stadsaal gehou.

Die munisipaliteit het die voorlopige begroting op die vergaderings aan inwoners voorgelê en verduidelik Hulle het ook verduidelik watter inwoners korting op tariewe kan kry Die inwoners het die geleentheid gehad om amptenare met vrae te peper Die vyf topprioriteite in elke wyk is ook met die inwoners bespreek

Inwoners het tot 25 April geleentheid om kommentaar op die voorlopige begroting te lewer Dit sal daarna aan die munisipale raad voorgelê word vir aanvaarding

Van die wyksprioriteite wat op die laaste vergadering bespreek is, was onder meer die oordrag van eienaarskap van huise in wyk 6, verkeerskalmering en die ontwikkeling van ’n opelug-gimnasium in

John Bulani van die Breedevallei-munisipaliteit op die geïntegreerde-ontwikkeling-vergadering in Zwelenthemba. Foto: Facebook/BVM

Jansenstraatpark Omgewingsbeligting en nog ’n ingang na die gholfbaan is ook bespreek In wyk 7 is kommer uitgespreek oor asblikke wat weg-raak Die munisipaliteit het aangedui dat hy moontlik in die toekoms gebruik gaan maak van ’n skyfie wat geskandeer kan word om asblikke te merk ’n Voorstel oor die gebruik van die ou Burgerspark-woonwapark vir behuising einde Mei is ook geopper om voor die raad te dien

Die munisipale huureenhede sal opgeknap word met ’n diensverskaffer wat reeds aangestel is Die werk sal in Mei begin indien geen besware aangeteken word nie

Die munisipaliteit sê hy sal nie in een jaar aan al die eenhede aandag kan gee nie

Van die kwessies waaroor inwoners vrae gevra het, was die kleur van die drinkwater Hulle is verseker dat dit wel drinkbaar is Vrae is ook geopper oor hoekom die omgewing steeds onder beurtkrag deurloop ten spyte van die battery-aanleg wat Eskom geïnstalleer het Die munisipale bestuurder, David McThomas, het verduidelik hulle het lang samesprekings met Eskom gevoer Dit blyk egter dat die Breedevallei nie voordeel daaruit sal trek gedurende beurtkrag nie omdat dit gebruik word om elektrisiteit na ander gebiede ook te versprei – nie net plaaslik nie

Inwoners het die munisipaliteit aangemoedig om diegene wat nie hul rekeninge betaal nie, vas te vat sodat hulle nie gefinansier word deur diegene wat wel betaal nie Die munisipaliteit is ook aangemoedig om vooruit te beplan om te keer dat dit agteruitgaan soos dorpe in die noorde van die land Vrae is gevra oor watter planne ingestel is om die munisipaliteit se ekonomie te laat groei

Gesteelde muur om begraafplaas herstel

Die muur rondom die Moslembegraafplaas in Fairbairnstraat in Worcester is onlangs deur die Breedevallei-munisipaliteit herstel nadat vandale van die panele gesteel het.

Volgens die raadslid dr. Julian Kritzinger het die munisipaliteit se afdeling vir siviele werke onlangs 19 panele wat uit die Vibracrete-muur in die deel oorkant Bolandpark gesteel is, vervang.

“Elke keer as ’n mens daar verbygery het, het jy gesien dat booswigte net weer nog ’n paneel gesteel het. Dit is tragies om te dink dat daar diegene onder ons is wat geen respek vir die dooies het nie,” het Kritzinger gesê Hy het verduidelik hoewel die begraafplase in Kerkhofstraat en Fairbairnstraat soos een begraafplaas lyk, dit 23 verskillende persele is wat aan verskillende instansies en gemeentes behoort. Hiervan is slegs drie munisipale begraafplase, met die res wat aan

verskillende gemeentes behoort. Elke gemeente is verantwoordelik vir sy eie perseel se instandhouding

Van die uitdagings is dat van die gemeentes nie meer bestaan nie of nie geld het om die instandhouding te doen nie. Die munisipaliteit help gereeld om die instandhouding te doen. “Wyk 7 se wykskomitee het voorheen sy wyksgebaseerde finansiering aangewend om die begraafplase van die NG Moedergemeente, die Apostoliese kerk en die Lutherse kerk se straatfronte mooi netjies te omhein nadat alle mure en draadheinings gesteel is.”

Die Moslem-begraafplaas se Vibracrete-mure kon nog gered word. Kritzinger het versoek dat die gemeenskap saamwerk en dit dadelik aanmeld as hulle sien dat iemand die panele weer steel Hulle kan die 24-uur-inbelsentrum by 0860 121212 of ssc@bvm.gov.za kontak sodat wetstoepassers onmiddellik ontbied kan word.

Kontak ons/Contact Us: Kantoor 023 347 0968

Redaksie/Editorial: Nuusnommer 081 218 1581 (info@worcesterstandard.com)

Advertensies/Advertisements: Juliette Kotze: 023 348 5115 (juliette.kotze@novusmedia.co.za)

Ken Mcintyre: 082 773 7551 (ken mcintyre@novusmedia.co.za) Geklassifiseerd/Classifieds: Charlrica Julies: 079 649 0308 (charlrica.julies@novusmedia.co.za)

Jaydene Sampson: 071 434 6474: (jaydene.sampson@novusmedia.co.za) Verspreidingsnavrae/Distribution queries: 079 649 0308 (stefan.kolver@novusmedia.co.za)

Redakteur/Editor: Lise Beyers (lise.beyers@novusmedia.co.za)

Joernalis/Journalist: Ronel van Jaarsveld (ronel vjaarsveld@novusmedia.co.za)

Uitgewer/Publisher: Stefan Kolver (stefan.kolver@novusmedia.co.za)

NM10009268-BW240425

W

Afrikaans van reeds spreektaal mense groepe lands meer maar deftige en in geword dus Nederlands

geskrewe en skap gespeel op bliseerde boekvorm boek Dit Arabiese Romeinse LH tusschen Jan gegaan

Inskrywings vir jongboerstryd oop

Inskrywings is reeds oop vir die Agri Wes-Kaap-/Santam- Jongboer van die Jaar-kompetisie 2025

Agri Wes-Kaap nooi met trots die jongboere in die Wes-Kaap om in te skryf vir die Agri Wes-Kaap-/SantamJongboer van die Jaar-kompetisie 2025 Hierdie toekenning, wat die uitnemendheid en vindingrykheid van jongboere bekroon, bied ’n uitstekende platform om erkenning te kry vir bestuursvernuf en tegniese vaardigheid sowel as blootstelling in die landbousektor

Die kompetisie is oop vir boere tot die ouderdom van 40 jaar wat op die inskrywingsdatum reeds minstens een jaar ’n opbetaalde lid van hul plaaslike landbouvereniging was

Deelnemers kan onafhanklik boer, in vennootskap wees of as plaasbestuurder optree, mits hulle spesifieke bestuursverantwoordelikhede hanteer wat beoordeel kan word

Die beoordelingsproses fokus op sleutelgebiede soos die volgende:

• Bestuursfilosofie en -vaardighede;

• Finansiële bestuur en rekordhouding;

• Tegniese bevoegdheid in boerderypraktyke;

• Bemarkingsfilosofie en -praktyke;

• Gemeenskapsbetrokkenheid en deelname aan georganiseerde landbou

Die provinsiale wenner sal outomaties kwalifiseer as finalis in die nasionale kompetisie waar hulle teen ander jongboere van oor Suid-Afrika heen om die gesogte Toyota SA- / Agri SA- Jongboer van die Jaar-titel sal meeding

Die wenner ontvang nie net erkenning vir sy of haar uitsonderlike prestasie nie, maar ook waardevolle pryse en blootstelling binne die bedryf

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 April

Stuur ’n e-posboodskap aan elandri@ awk co za of skakel 021 860 3801 vir nog inligting

Dis weer tyd vir wyn en olywe op jaarlikse Nuyvallei-fees

Wynliefhebbers, hul gesinne, families en vriendekringe kan weer uitsien na die jaarlikse Nuyvallei-fees, wat Saterdag 10Mei plaasvind. Hierdie gewilde fees vier die wyn- en olyfoes in een van die Wes-Kaap se mees skilderagtige gebiede –’n versteekte juweel.

Die Nuyvallei, slegs 13km van Worcester op die Robertsonpad (R60), is bekend vir sy pragtige berge, wingerde, bekroonde wyne en wêreldklas-olyf-

produkte – alles met ’n ouwêreldse sjarme wat besoekers altyd betower. Vermaak vir die hele gesin

Die gewilde fees word aangebied deur vier bekende landgoedere in die vallei: Die Nuy-wynlandgoed by Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery en Lions Creek Olive Estate.

Besoekers kan uitsien na ’n verskeidenheid aktiwiteite

vir jonk en oud, onder meer musiek in lewende lywe, wynen olyfproeë, tradisionele Duitse geregte, flyt-bier asook buitelugavonture.

Een van die hoogtepunte is die Nuyvallei Express – ’n trekker-warit deur die wingerde en olyfboorde en wat besoekers tussen die feesvenues vervoer. Die trekkers met waens en die wynverkope sal van 09:00 tot 17:00 beskikbaar wees.

Kaartjies is reeds aanlyn te

koop. Volwassenes aanlyn: R230 (tot 9 Mei); Volwassenes by die hek: R250; Ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekker-ritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle musiekopvoerings by venues en toegang tot sommige kinderaktiwiteite

Kaartjie vir aangewese bestuurder: R150 (geen glas of alkohol);

Tieners (12-17 jaar): R50; Kinders (11 jaar en jonger): gratis

Besoekers kan verseker wees van ’n buitengewone ervaring in die pragtige vallei. Volg die fees op sosiale media om op hoogte te bly van die hoogtepunte. Moenie die pret misloop nie – kom geniet ’n heerlike dag in die Nuyvallei waar bekroonde wyn, heerlike landelike kos en gesinspret wag •Kaartjies by Webtickets.

Inskrywings is oop vir die Agri Wes-Kaap / Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie 2025

’n Begin op Kerkplein

Die Bloubakkie, ’n bekende winkel in Kleinmond waar mense van oor die Boland heen gaan om hul vars groente en vrugte te koop, se oorsprong lê in Worcester

Volgens Johan Olivier, die eienaar van dié gewilde winkel in Kleinmond, is hul deure vanjaar al 19 jaar oop en gaan hulle van krag tot krag Hy vertel met ’n tikkie nostalgie om die winkel destyds te open, was nie soseer vir hom ’n besluit nie, maar ’n doel “Ek onthou hoe my pa elke Vrydagaand by oom Jenty van High Street Fruiterers in Worcester vars vrugte en groente vir ons gesin gekoop het Oom Jenty se aansteeklike entoesiasme, sy uitgebreide kennis en die voortreflike gehalte van sy produkte het ons keer op keer laat teruggaan Vir ons kinders was dit nóg meer spesiaal, want ons het nooit daar weggestap sonder ’n lekker of twee in die hand nie Ek dink dit is waar die saadjie geplant is vir dit wat moes volg,” vertel Johan Ná die voltooiing van sy BComHons-graad en talle teleurstellende werksaansoeke, waar hy óf as te onervare óf as oorbekwaam beskou is, het hy hom in 2005 uit nood op Kerkplein in Worcester bevind “Daar het ek begin om groente en vrugte van die omgewing uit ’n bakkie te verkoop –eers met ’n geel bakkie, en later met ’n blou Hilux Die eenvoudige begin het my in staat gestel om ’n inkomste te skep, die plaaslewe

van nader te beleef en my bemarkingsvaardighede prakties toe te pas Die plaaslike gemeenskap het my hier op die hande en in die hart gedra ” Kleinmond was vir hom ’n tweede tuiste Sy gesin hou sedert 1975 elke jaar in Kleinmond vakansie en dis een van die redes waarom Kleinmond nou die “huis” van Die Bloubakkie is

“Die stil tye in Worcester oor Kersfees totdat die skole weer begin het, het my ’n geleentheid gegee om waatlemoen, spanspek en ander somervrugte na Kleinmond aan te ry, daar te verkoop en terselfdertyd ook vakansie te hou Wat begin het as ’n enkele vrag om brandstofgeld te dek, het drie of vier vragte geword ”

Die pad wat Die Bloubakkie van Worcester na Kleinmond gestap het, was nie altyd net maanskyn en rose nie Johan vertel die lewe as straatverkoper was soms uitdagend, met groot risiko's, baie verliese en dikwels blootstelling aan die elemente

‘MOEITELOSEOPTIMISME’

“Aan die een kant het Die Bloubakkie uit sy nate gegroei – tot so ’n mate dat dit dikwels moeilik was om alles te hanteer Aan die anderkant het ek ’n lewe begeer met groter gerief en minder bekommernis vir my gesin Die Bloubakkie het sy deure op Kerkplein in Worcester in 2002 gesluit en ek het die volgende hoofstuk aangepak deur ’n rekenaarkursus in webontwikkeling in Kaapstad te volg ”

Ná die kursus het hy toesig by die matriekeindeksamen van HTS Drostdy gehou, waarna die hoof hom die geleentheid gegee het om as rekenaarstudieonderwyser by die skool aan te sluit

“Die vier jaar wat gevolg het, was ’n besondere ervaring – ’n tyd waarin ek die voorreg gehad het om deel te wees van jongmense en ouers se lewe en om op my manier ’n positiewe verskil te maak Tog het ek met verloop van tyd besef ek was nie opgewasse vir die uitdagings wat die onderwys bring nie, en so het die soeke na my ware doel voortgeduur ”

In 2006 het alles perfek reg verloop, insluitend ’n geskikte perseel Die Bloubakkie het sy deure in November langs Oupa se Boekwinkel in Kleinmond geopen En, soos hulle sê, die res is geskiedenis!

“Ons was van die eerste dag af besig en almal se ondersteuning het gehelp om Die Bloubakkie te laat groei en gou van perseel te laat verwissel

“Ons het in 2018 teruggeskuif na die huidige Allerlei-perseel, wat my broer en sy vennoot intussen gekoop en vir ons doel ingerig het Die winkel is diep gewortel in die gemeenskap se ondersteuning en personeel wat omgee Klante het familie geword ‘Kastimmers’ en Die Bloubakkie het steeds nie brieke nie ”

Stap jy die winkel in, groet Johan jou altyd, stop ’n lekker of vrug in die hand en knoop ’n geselsie aan Met sy positiewe gesindheid stap jy met ’n glimlag,

en klomp inkopies, uit Johan sê om optimisties te wees, is vir hom moeiteloos

GROOTKOOP-EN-KUIER-PLANNE

“Ons het die voorreg om in ’n pragtige omgewing te woon, met die natuur letterlik op ons voorstoep Dit is ’n ongelooflike eer om deel van ander se lewe te kan wees en om mense se hartlikheid en omgee te ervaar wanneer hulle hul vreugdes, maar ook hul hartseer, met ons deel Ons winkel is afhanklik van die oorvloed van die natuur, die toewyding en harde werk van die boere en hul plaasmense, ons personeel sowel as die lojale ondersteuning van ons klante. Alles is in Sy hande en alles is net genade,” sê hy Die Bloubakkie is alombekend en wanneer mense Kleinmond besoek, is dit een van die eerste winkels waar hulle aanklop

“Hier was al ’n paar bekendes in die winkel, onder wie Kobus van den Berg, wat verskeie rolprente gemaak het en ook ’n inwoner is Hy kom ondersteun ons gereeld en ry dan sommer bekendes in sy outydse blou

Peugeot-bakkie saam, soos Deon Meyer, Arnold Vosloo, Jak de Priester, Tim Theron, Leandie du Randt Dan is Sandra Prinsloo en Pierre van Pletzen (Oubaas ) ook gereelde ‘kastimmers’ Joanie Combrinck, Neels van Jaarsveld, Marciel Hopkins, Dana Snyman en ander bekendes was al hier ” Johan se langtermyndoelwit iets vir sy gereelde klante om na uit te sien

“Ons beplan om groter te gaan in Kleinmond, om dit geriefliker en ’n meer gesellige koopkuierondervinding vir ons klante te maak, maar nie te groot nie, om steeds ’n persoonlike diens te lewer Daar is ook die geleentheid om Die Bloubakkie in die jare wat kom, na meer plekke uit te brei

“Die meeste van ons voorraad kom van plase in die Klein-Karoo, Boland en omliggende gebiede Ons wil graag naby ons aankoop-omgewing ons volgende Die Bloubakkie oopmaak Daar is reeds ’n paar goed gereed, soos ’n stoor, koelkamer en stelsels As dit suksesvol is en ons ons lesse geleer het, kan ons dalk Die Bloubakkie as franchise uitbrei ”

Die span van die Bloubakkie se wortels lê in Worcester.

Vryheidsdag, maar wie vier saam?

Op 27 April vier Suid-Afrika Vryheidsdag – ’n dag wat die einde van apartheid en die begin van ’n demokratiese bestel in 1994 simboliseer. Dit is ’n tyd van herdenking en viering, maar ook van besinning Vryheidsdag is veronderstel om ’n viering van demokrasie en gelykheid te wees – ’n dag om ons vryhede te vier wat met groot opoffering gekom het. Ons is dalk vry van politieke onderdrukking, maar is ons regte as ’n meertalige nasie werklik gewaarborg?

Een van die kernvrae wat ons op hierdie dag moet vra, is: Het alle tale werklik gelyke vryheid in ons demokrasie? Of is ons steeds vasgevang in die hegemonie van Engels as die dominante taal van openbare en amptelike kommunikasie?

Hoewel ons ’n Grondwet het wat 11 amptelike tale erken, sien ons ’n groeiende tendens waar Engels die enigste taal van mag en status word. Dit is die taal van regeringskommunikasie, van akademiese vooruitgang en van korporatiewe sukses. Dit blyk ook dat

in meertaligheid in die praktyk dikwels plek maak vir ’n stilstand waarin Engels de facto die enigste werkende taal in verskeie sektore is – van onderwys tot regstelsels en besigheidskommunikasie.

Ander tale, onder meer Afrikaans en die inheemse Afrikatale, word toenemend gemarginaliseer.

Onlangs was daar redes tot kommer oor taalregte, veral in die konteks van Afrikaans. Die afskaffing van Afrikaanse nuusbulletins op die SABC en verminderde ondersteuning van hierdie taal in onderwysinstellings is konkrete voorbeelde. Die ironie lê in die feit dat apartheid ’n onregverdige voorkeur vir Afrikaans geskep het, en nou ondermyn

magtige invloedsyfers sy voortbestaan. Afrikaans het self ’n komplekse geskiedenis – dit was die taal van onderdrukking vir sommige, maar ook ’n moedertaal wat deur miljoene gepraat word, veral deur die bruin gemeenskap. Vandag is Afrikaans onder druk aan universiteite en in openbare instellings, terwyl sprekers van Afrikatale dikwels geen toegang tot dienste in hul eie taal kry nie Hoe kan ons werklik van gelykheid praat as sekere tale uitgesluit word?

Vryheid moet beteken dat mense die reg het om in hul moedertaal te leer, te werk en met die staat te kommunikeer As ons Vryheidsdag vier, moet ons ook vra: Wie se vryheid vier ons regtig? Is dit vryheid vir almal, of net vir dié wat Engels magtig is?

Dit is tyd om die belofte van 1994 ernstig op te neem en werklik ruimte te maak vir alle tale in ons samelewing

Taal is nie net ’n kommunikasiemiddel nie – dit is identiteit, kultuur en ’n bewys van ware vryheid

Ironies genoeg was die nuwe demokrasie veronderstel om alle tale se regte te beskerm en te bevorder. Tog sien ons hoe ander inheemse tale, soos Xhosa en Zulu, ook sukkel om erkenning en promi-

nensie in openbare en ekonomiese sfere te kry. Die wanbalans in taalregte laat vrae ontstaan oor die ware omvang van taalgelykheid en inklusiwiteit. As ons werklik die vryheid van 1994 wil vier, moet ons krities nadink oor hoe ons tale in Suid-Afrika behandel word. Dit verg bewustheid, beleidsverandering en ’n aktiewe poging om meertaligheid as ’n bate eerder as ’n las te sien Afrikaans, saam met al die ander inheemse tale, verdien om erken en beskerm te word – nie net in wetgewing nie, maar ook in die praktyk. Vryheid behoort nie net ’n politieke konsep te wees nie. Dit moet ook kultureel en taalkundig betekenisvol wees ’n Ware demokratiese samelewing is een waar alle tale ruimte kry om te floreer –nie net Engels nie. Vryheidsdag herinner ons aan hoe ver Suid-Afrika gekom het. Maar dit herinner ons ook aan die werk wat nog gedoen moet word. Taalregte is ’n onlosmaaklike deel van ons vryheid, en dit is ons kollektiewe verantwoordelikheid om te sorg dat geen stem – hoe klein ook al – onderdruk word nie • Merlyn van Rheede is die noordelike streeksbestuurder van die Afrikaanse Taalraad.

ATKV-betrekkings

ATKV-Goudini Spa

Kliëntediensbeampte

Die ATKV is 'n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het 'n vakature vir 'n ervare kliëntediensbeampte by sy vakansieoord, ATKVGoudin Spa

Die ATKV volg 'n gelyke-indiensnemingsbeleid

Vereistes

'n Graad 12-sertifikaat.

• Goeie taalvaardigheid en kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels

Moet kan swem

Moet selfgemotiveerd wees en selfstandig kan funksioneer

Moet onder druk kan funksioneer

• Moet goeie menseverhoudings kan handhaaf. Moet bereid wees om oortyd en skofte te werk.

Vernaamste verantwoordelikhede

• Toegangsbeheer, ontvangs en lewering van kliëntediens by die hoofhek (voertuie en gaste).

Toesigbeheer by die swembad en ontspanningsarea volgens skofrooster

• Skakeling me alle afdelings binne die oord

• Rapportering van veiligheidsrisiko's en sekuriteitsaangeleenthede

Toepassing van oordreëls en -regulas es

As jy graag vir so 'n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV

aan: Madelyn Brundyn by GOBetrekkings@atkv.org za

Adres: Posbus 47 Rawsonville 6845

Aansoeke kan ook by die MHB-kantoor ingehandig word.

Sluitingsdatum: 5 Me 2025 voor 12:00

Gebruik asseblief GDKD01 as verwysing

Geen behuising word op die oord verskaf nie.

As jy vier weke ná die sluitingsdatum nog nie van die ATKV gehoor het nie,

was jou aansoek onsuksesvol.

Skoonveld, wat de mernis Maandag son veiligheidshonde. jarige by Nederlandse plaas het die

BREEDEVALLEI MUNISIPAL KENNISGEWING: 2024/2025 FINANSIëLE JAAR

AANSUIWERINGSBEGROTING 17 APRIL 2025: TOEKENNING BEFONDSING

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finan 2003 (Wet No 56 van 2003), saamgelees met van die Munisipale Begrotings en Ve Regulasies 2008 dat die Raad addision befondsing goedgekeur het op 17 Apri Raadsresolusie 131/2025.

Ingevolge artikel 21A van die Wet op Mun 2000 (Wet No 32 van 2000), stel Breedevallei hiermee die plaaslike gemeenskap in kenn A p r i l 2 0 2 5 d i e g e n o e m d e R a a d s gepaardgaande dokumente beskikbaar sal w die volgende biblioteke gedurende normale asook op die munisipale webwerf: www.bvm.gov

Biblioteke: Waterloo (Worcester), Esselenpark, A Zwelethemba, Rawsonville De Doorns Steenvliet (Touwsrivier)

D Mc Thomas MUNISIPALE BESTUURDER

Donderdag, 24 April 2025

VillavierdeinPaastoernooi

Robertson haal eindstryd in George

Hamiltons SP (Seepunt) is as die nuwe Saldanha-Super-8-Paastoernooikampioen gekroon.

Hamiltons het Maandag (21 April) in die eindstryd die Northern Rhinos met 36-12 afgereken. Hamiltons het die toernooi met ’n goeie oorwinning oor Tygerberg begin en daarna was daar eenvoudig geen keer aan die span nie.

Hammies, soos die die oudste klub in Suid-Afrika bekendstaan, het in die tweede ronde die voormalige Boland-

kampioen, Worcester Villagers, behoorlik met 55-5 vir sy plek in die eindstryd afgeransel.

Rhinos, van Limpopo, het ook sy plek in die eindstryd verseker met ’n 46-12oorwinning oor Blanco

Villagers het op dag een die gasheer, Saldanha, in ’n naelbyter met 43-40 geklop Die gasheer het een van sy swakste vertonings by die toernooi gelewer en kon slegs een wedstryd wen om in die sewende plek te eindig.

Tygerberg het ook Saterdag sout in die gasheer se wonde gevryf toe hy maklik met 43-26 baas oor Saldanha was. Tygerberg het met sy 32-31-oorwinning oor Evergreens in die vyfde plek geëindig

Villagers het vierde geëindig toe hy in sy uitspeelwedstryd Maandag 23-40 teen Blanco United verloor het. Die stryd om die titel was in die tweede helfte eenrigtingverkeer vir Hammies. Hammies het ten spyte van weerstand van die Rhinos gewys hoekom hy een van die topklubs in die WP is en het ook die winderige toestande beter tot sy voordeel gebruik.

in die openingswedstryd van die Saldanha-Super-8-Paastoernooi.

Rhinos moes in die tweede helfte die meeste van die verdediging doen terwyl die kampioenspan aangeval het.

Die toernooi het op die laaste dag ’n groot finansiële inspuiting vir volgende jaar gekry. Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns en kultuur, het tydens rustyd in ’n onderhoud met SuperSport gesê sy departement gaan volgende jaar R1miljoen tot die toernooi bydra Hy het die organiseerders geprys vir die goed georganiseerde toernooi.

“Die toernooi bied ook jong spelers die geleentheid om hul merk te maak. Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sal gewis dié toernooi moet bywoon omdat

hy dalk talent hier kan ontdek,” het McKenzie gesê

•Robertson Town het die streek se naam hoog gehou nadat hy in die Ebrahim Patel-gemeenskapsbeker in George die eindstryd net-net met 29-27 teen Gardens-rugbyklub verloor het. Van die begin van die toernooi af het die span van Robertson goed vertoon. Die bestuur het op sy Facebookblad die spelers, afrigters en bestuurspan bedank vir hul deelname aan die Paastoernooi.

“Aan ons spelers – woorde kan nie ons trots beskryf nie. Julle het elke ondersteuner trots gemaak. Wees trots op julself en hou jul koppe hoog.”

Thurlow Marsh-toernooi 'n maatstaf vir toekoms

LucianoduToit

Die afgelope Thurlow Marshrugbyfees, wat in die Boland-stadion in Wellington aangebied is, het 'n lekker maatstaf vir Hammies van Worcester geskep waarop vorentoe gewerk kan word

Young Hamiltons het Donderdag (17 April) teen PA Hamlet in die eerste wedstryd van die toernooi gespeel en 58-38 gewen in 'n wedstryd waarin Hammies se verdediging lekker getoets en baie vrae deur Hamlet se aanvallende spel gevra is. Hammies, wat in die wedstryd deurentyd gerieflik voor was, kon

geensins op sy louere rus nie soos wat Hamlet veral sy middelveld aangeval en byna geskeur het In Saterdag se groot halfeindstryd teen Roses is Hammies weer voorlangs oordonder en hul spoed by die afbreekpunte is deur meedoënlose verdediging deur Roses gekortwiek en hoewel Hammies in dié senutergende wedstryd terugbaklei het, het hul dissipline in veral die losgemale kommer gewek en hulle is genadeloos deur die skeidsregter gestraf Agterlangs het Ussiel Langeveldt en Larren Buys uitgeblink terwyl Shaurick Blom voorlangs als gegee het en goed bygestaan is deur Rowydill Martin en

die haker, Lorenzo Jacobs Hammies het uiteindelik met 36-28 verloor nadat Roses rustyd al 23-07 voor was Maandag het Hammies in die Plaateindstryd teen Abbotsdale goeie rugby opgelewer Die slot Theuns du Toit het tot voor sy besering die oog gevang terwyl die heelagter, Aqeel Adendorph, met sy skitterspel as die Speler van die Wedstryd aangewys is Ussiel Langeveldt het vanweë sy deurlopende harde werk die Agterspeler van die Toernooi geword met die kaptein, Yushwin Hattingh, wat in die eerste wedstryd Speler van die Wedstryd" was Die plaasvervanger-skrumskakel Marquin Swarts

het in die laaste stryd sy waarde beklemtoon, terwyl die binnesenter, Algernan Otto, ook gewys het hy kan met die grotes saamgesels Hammies kan homself egter skop dat hy met vyf minute speeltyd oor en die telling op 35-34 in sy guns nie pale toe geskop het om die wedstryd te beklink nie Die bal is in die skrum daarna deurgeskop, wat tot 'n strafskop vir Abbotsdale 'gelei het

Die eindtelling was 37-35 Hammies reis Saterdag na Montagu om teen Montagu-klub te speel Busse vertrek om 11:30 vanaf Esselen Tavern en ondersteuners moet vroeg opdaag om plek te verseker

Die heelagter Aqeel Adendorp is in Maandag se wedstryd teen Abbotsdale as Speler van die wedstryd aangewys. Die losskakel Ussiel Langeveldt is as agterspeler van die toernooi aangewys

Worcester Villagers en Saldanha pak mekaar Donderdagaand (17 April)
Foto: Bernadette Louw Sport Photography
Girshwin Joubert van Worcester Villagers maak agter die skrum skoon. Foto: Mark Ward

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Worcester Standard & Breederivier Gazette E-Edition 24 April 2024 by Novus Media - Issuu