Worcester Standard & Breederivier Gazette E-Edition 8 May 2025

Page 1


Pyn by die pompe

nou effens minder

Die pyn by brandstofpompe is sedert gister, Woensdag 7 Mei, effens minder, met brandstofpryse wat gedaal het.

Dit is die derde agtereenvolgende maand dat brandstofpryse gedaal het.

Die departement van mineralebronne en energie het ’n verlaging van 22c per liter in die prys van petrol (beide 93 en 95) sowel as 42c (500ppm) en 41c (50ppm) per liter diesel aangekondig.

Dit beteken dat 95-oktaanpetrol nou R21,40 per liter in die binneland kos en R20,57 per liter aan die kus. Diesel kos R18,90 per liter in die binneland en R18,07 per liter aan die kus.

Parrafien se grootmaatprys daal met 31c per liter.

Die prys van brandstof het in April vanjaar ook gedaal –met 58c per liter vir 93-oktaan, 72c per liter vir 95-oktaan en 83,80c en 85,80c per liter vir die twee soorte diesel.

Die prys van gas styg ongelukkig met 46c, wat so voor die winter slegte nuus is

Die hernuwing van motorlisensies gaan heel moontlik ook styg. Die Wes-Kaapse regering nooi inwoners om voor aanstaande Saterdag (17 Mei) kommentaar te lewer op die beoogde 4,5% verhoging in tariewe. Die nuwe tariewe sal op 1 Augustus vanjaar in

Met die brandstofprys wat daal, kan die naald weer uit die rooi wees!

werking tree.

Die voorgestelde styging wissel van 3,9% tot 4,8%.

Kleiner motors, wat tussen 750kg en 1000kg weeg, sal –indien die verhoging aanvaar word – R408 kos teenoor die vorige bedrag van R390.

Groter voertuie, soos nutsmotors wat tussen 2000kg en 2250kg weeg, se lisensiekoste styg van R1104 tot R1152. Die provinsiale regering het gesê die goeie toestand van die provinsie se paaie kan daaraan toegeskryf word dat hy die inkomste van motorlisensies gebruik om die paaie in stand te hou en op te knap •Stuur e-pos na Robyn.Titus@ westerncape.gov za om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies

Eie talent mik hoog

Twee stemme uit eie bodem gee hierdie week hul eerste tree in die musiekbedryf met die vrystelling van hul enkelsnitte.

Eulanda Wagner en Victor Fredrick, wat albei aan die ATKV se Crescendo-kompetisie deelgeneem het, tree op 16 Mei saam met die gevestigde kunstenaars Riku Lätti en Corlea Botha in die Daisy Jones-teater buite Stellenbosch op Eulanda (40), oorspronklik van Worcester, is ’n enkelma Sy werk as toesighouer by ’n hoërskool, maar het in 2024 besluit om vir die ATKV-Crescendo se mentorskapprogram in te skryf en is as een van tien finaliste aangewys Haar enkelsnit “Nou of nooit” is in Maart opgeneem

Dit is nie net die naam van ’n liedjie nie, maar ook haar lewensfilosofie

As ma van ’n 24-jarige dogter en ’n agtjarige outistiese seuntjie moes sy leer om elke dag moed te hou Sy wil met hierdie lied ’n baken van hoop skep vir ander enkelouers en vir almal wat soms twyfel aan hul eie pad. Die inspirerende popliedjie het invloede van jazz, funk en R&B en is tydens die ATKV-Crescendo se mentorskapprogram geskryf

“Die lied het my deur moeilike tye gedra Ek moes leer om op my instink te vertrou, myself opnuut lief te hê en die geraas van die wêreld stil te maak,” het sy gesê

Ander liedjies uit haar pen is “Phattyboomboom”, ’n lawwe liedjie waarin sy meisies met ’n

voller figuur bemoedig en “Nie verlore” oor die Covid-19pandemie

Eulanda is deel van Expression Session se Worcester-tak Hierdie inisiatief ontwikkel plaaslike talent en bied ’n platform vir kreatiewe selfuitdrukking Sy het al by die Nekkies-Paas-musiekfees opgetree en kan ook by die Golden Valley Casino gesien word Victor Fredericks se wortels lê diep geplant in die plaaslewe van Wolseley, waar hy ’n produksievoorman op ’n vrugteplaas is Hy is een van vanjaar se oudste finaliste Victor is ’n storieverteller in murg en been Hierdie liedjieskrywer, digter en sanger het sy liefde vir woorde en musiek by sy ouers geleer Sy ma was ’n sopraan in die kerkkoor en sy pa was baie lief vir Afrikaanse radio en het hom jonk reeds aan die krag van klank en liriek blootgestel Sy musiek word beskryf as rou, eerlik en emosioneel eg Of dit

nou in die vorm van blues, ballades of alternatiewe Afrikaanse snitte is, dra Victor se klank altyd die spore van sy storie – die plaas, die pad, die liefde en die verlange Victor is in 2018 as een van Agri’s Got Talent se finaliste aangewys en in 2022 verskyn sy debuutenkelsnit “Boland Blues” Hy is verlede jaar as ’n toptienfinalis vir die ATKV-Crescendo se mentorskapprogram gekies In hierdie tyd het sy liedjie “Blackberry Juice en Gin” ontstaan Hy is ook ’n bekroonde skrywer en dramaturg Sy digbundel Ons stryd het in 2001 verskyn, gevolg deur Voetpad oor die Witzenberg in 2020 en Laat Pa vertel in 2023 Laasgenoemde is ’n roerende huldeblyk aan sy pa Victor het verskeie dramatekste geskryf, waaronder “Ons moet klaar praat, Ma” en “Laat ons praat daaroor”, wat temas van gesinsdinamiek, jeug en genesing ondersoek

Een van die hoogtepunte van sy loopbaan was toe die oud-Worcesteriet, die skrywer dr Diana Ferrus, hom gevra het om haar internasionaal bekende gedig “Ek’s hier om jou huis toe te neem” oor Sara Baartman te toonset •ATKV-Crescendo is reeds sedert 1974 die wegspringplek vir talle bekende kunstenaars soos Rina Hugo, Anneli van Rooyen,Randall Wicomb, Karin Hougaard, Anna Davel en Jak de Priester •Die koste vir Eulanda en Victor se vertoning is R150 Kaartjies kan by Quicket gekoop word Die vertoning begin om 19:00

Eulanda Wagner

Reuseletters vier Afrikaans as taal

ChantélleHartebeest

Die feesvieringe rondom Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal in Suid-Afrika het hierdie week in die Paarl begin.

Afrikaans is vandag (8 Mei) 100 jaar gelede as ’n amptelike taal in die land erken Ter viering van die mylpaal het die Solidariteit-beweging reuseletters, wat Afrikaans uitspel, kunstig versier, op ’n vragmotor gelaai en van Pretoria tot in die Paarl daarmee gereis

“Ons as ’n organisasie wat in die noorde van die land is, wou graag deel van die feesvieringe in die suide wees,” verduidelik Carien Bloem, hoof van onderwysprojekte by AfriForum en die projekleier van die Afrikaans Amptelik 100-lettertoer

“Ons het nie geweet hoe ons dit gaan doen nie, maar ons wou iets doen wat visue l t klik i i i b i wat v kaan en ge die re bewe wat e Afrik tee H inges illust

“D die S met d voorg inges het n daar Die

Solidariteit, Maroela Media, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Sol-Tech, Akademia, die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en Helpende Hand.

Verlede week het die Afrikaans Amptelik 100-span saam met die reuseletters in die pad geval en 1400km afgelê Met hul reis na die Afrikaanse Taalmonument het hulle by ’n paar plekke aangedoen – Kroonstad, Bloemfontein, oornag in Gariep en toe Beaufort-Wes en Laingsburg Die span was ongeveer 16 ure aan die ry op die pad

“Die rede hiervoor is dat ons nie met die vragmotor baie vinnig kon ry nie en dit was by tye senutergend, want ’n mens is altyd bang iets gebeur, soos ’n letter val dalk om of skuif rond Ons is regtigwaar baie dankbaar en geseënd dat ons veilig hier aangekom het en dat die letters nog in een stuk is,” sê Bloem “Dit was baie l kk di l lik k t

Talle struikelblokke voordat

Afrikaans

Willem Botha

100 jaar oud word

Afrikaans is vandag 100 jaar gelede – op 8 Mei 1925 – as ’n amptelike landstaal verklaar. Maar, soos hieronder aangewys, is die taal se wortels eintlik baie ouer as 100 jaar:

Die Unie van Suid-Afrika het op 31 Mei 1910 tot stand gekom met Nederlands en Engels as amptelike tale. Afrikaans is in 1914 in laerskole ingevoer en in 1919 as vak- en voertaal in hoërskole. Hierin het CJ Langenhoven ’n groot rol gespeel.

De Burger is in 1915 as ’n Nederlandse koerant in Kaapstad gestig. Teen 1919 het berigte in Nederlands én Afrikaans in De Burger, die grootste nie-Engelse koerant, verskyn.

In die loop van 1919 lewer verskeie predikante die eerste Afrikaanse preke.

Van 1922 af is Die Burger volledig in Afrikaans gepubliseer. Dit het groot uitdagings aan joernaliste gestel en baie Afrikaanse terme moes geskep word.

Prof J.J Smith, die eerste professor in Afrikaans, die eerste redakteur van De Huisgenoot (later Die Huisgenoot en tans Huisgenoot) en die eerste redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en Louis Hiemstra van Die Burger was van die baanbreker-skeppers van Afrikaanse sportterme. Onder hul skeppings tel loskop, vaskop, vervyf, drie, strafskop, skepskop (rugby) en skoonveld, ruveld en putjie (gholf) Sommige sportterme het spontaan ontstaan: Op ’n dag sit die vermaarde sportjoernalis Herman Steytler en Paul Roos – later rektor van Paul Roos Gimnasium en kaptein van die eerste Springboktoerspan na Europa – langs die Wilgenhof-rugbyveld op Stellenbosch en rugby kyk. Herman mymer toe oor “wat

ons die speler agter die skrum en die een langs hom kan noem” Paul Roos sê toe: “Hulle is mos die skakels tussen die voor- en agterspelers” “Dis hom!” roep Herman uit: “Dis die skrumskakel en die losskakel!”

’n Berig in Die Burger van Mei 1922 lui nog: “Die senter volg die skoppie goed op – try onder die pale!”

Afrikaans saam met Engels het op 8Mei 1925 die amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika geword. Tegnies was daar toe drie amptelike tale omdat die wet bepaal het dat Afrikaans by Nederlands ingesluit sou word.

Die invoer van Afrikaans was nie oornag nie, omdat al die regerings-, kerk-, hof- en opvoedkundige dokumente steeds slegs in Nederlands was. Dit moes alles in Afrikaans vertaal word en duisende Afrikaanse terme moes geskep word.

Die wet van 1925 het egter ’n stertjie gehad: ’n Groot Afrikaanse woordeboek moes met staatsteun saamgestel word. Die volgende jaar, 1926, is die werk aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal in Keeromstraat, Kaapstad, begin. Hierdie reuse-taak verloop tans streng volgens plan en sal teen einde 2028 voltooi wees.

Afrikaans (1925), moderne Hebreeus (1948) en Wallies (1993) is die enigste tale wat in die 20ste eeu tot moderne tale ontwikkel het en daarna amptelike tale in hul onderskeie lande geword het. Afrikaans is waarskynlik ongeveer 250 jaar oud en het ontstaan as gevolg van kontak tussen die Nederlandse seevaarders en die inheemse Khoi-Khoiinwoners aan die Kaapse kus • Dr Willem Botha is ’n onderwys-, woordeboek- en radioman van die Paarl.

Die reuseletters wat Afrikaans uitspel, is tot Sondag (11 Mei) by die Afrikaanse Taalmonument te sien Foto: Chantélle Hartebeest

Kom vier fees in lieflike Nuy-vallei

Wynliefhebbers en hul gesinne kan uitsien na die jaarlikse Nuy-valleifees wat Saterdag (10Mei) plaasvind. Hierdie gesogte gebeurtenis vier die wyn- en olyf-oes in een van die WesKaap se mees skilderagtige versteekte juwele.

Die Nuy-vallei, slegs 13 km van Worcester op die Robertson-pad (R60), is bekend vir sy pragtige berge, wingerde, bekroonde wyne en wêreldklas- olyfprodukte – alles met ’n ouwêreldse sjarme wat besoekers betower – met vermaak vir die hele gesin.

Die gewilde fees word aangebied deur vier bekende landgoedere: Nuy-wynlandgoed by Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery, en Lions Creek Olive Estate.

Besoekers kan uitsien na ’n wye verskeidenheid aktiwiteite vir jonk en oud, insluitend musiek, wyn- en olyfproeë, tradisionele Duitse geregte, vlyt-bier asook buitelugavonture.

Een van die hoogtepunte is gewis die Nuy-vallei Express – ’n trekkerwa-rit deur die wingerde en olyfboorde wat

Dagboek | Diary

Stuur inskrywings na: info@worcesterstandard com Deadline/Spertyd: Mondays/Maandae 12:00

15 MEI

 Die Robertson-geskiedenisgilde nooi inwoners uit na sy maandelikse byeenkoms om 18:00 vir 18:30 in die NG kerk-sysaal by Paul Krugerstraat 39 Adv Jan C Heunis SC (seun van oudminister Chris Heunis) is die gasspreker en hy gesels oor “Binnekring - Skermstories: FW, Cyril, ens” Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar Die koste is R50pp en is beskikbaar by die Robertson-museum tussen 09:30 en 13:00 (bel Dianne by 023 626 3681), by The Book Shop, Reitz-straat van 08:30 tot 17:00 (bel Mich by 074 446 8444) en by Wyona Ramsauer by 082 740 7532

16 MAY

The very first Wolseley Watershed Festival will be held this Friday and Saturday

The festival is organised by Laerskool Wolseley and Wolseley Tourism and visitors can enjoy the beer tent, food stalls, carnival rides and artists such as DJ Fano, Burger, Byron Minie and Band, and Fran and Kie For more information, email info@wolseleytourism co za

A golf day in aid of the blind takes place at Worcester golf course Entries are R3000 for a

Hang jou baadjies aan bome

Mense moenie verbaas wees as hulle hierdie winter op ’n boom of drie afkom waaraan baadjies of ander warm kledingstukke hang nie.

Dit is alles deel van die landwye Baadjies aan bome-projek, waardeur duisende kledingstukke aan behoeftige mense in ’n unieke omgee-gebaar geskenk word. Die inisiatief is gestig deur Madeleen van den Berg, die bestuurder van die projek in Suid-Afrika.

Van den Berg, wat in die finansiële wêreld werk, het tydens die Covid-19-pandemie-inperking op sosiale media gesien hoe ’n kind van Turkye sy baadjie uittrek en aan ’n boom hang sodat iemand wat koud kry, in die winter warm kan wees. Sy is daardeur geraak en het dadelik daaraan begin werk om so ’n projek in Suid-Afrika te begin

In Engels staan dit as “Free on a Tree” bekend en die beweging het in 2018 begin toe Oliver Edwards van Tasmanië, Australië, as deel van ’n skoolprojek besluit het om hawelose mense te help. Hy het ou baadjies geneem, dit aan bome

gehang en ’n boodskap daarby gelos sodat mense geweet het hulle kon dit vat as hulle dit nodig sou hê

Die projek het dadelik in Suid-Afrika het vlamgevat. Verlede jaar is sowat 25000 kledingstukke in verskillende veldtogte landwyd aan bome gehang. Op tuisbodem het Worcester Lions en Boland Boudjies saamgespan om die Baadjies aan bome-projek te ondersteun Hulle benodig skenkings – bestanddele vir sop en brood, sowel as produkte (enige klere, komberse ens.) wat hulle vir dié doeleinde aan bome kan hang. Worcester Lions en Boland Boudjies sal op 30Mei ’n groot geleentheid by die Worcester Lions-klub, Kluestraat 50, Hospital Hill, Worcester, aanbied waartydens behoeftiges gehelp gaan word. Die publiek word genooi om dit tussen 12:30 en 14:00 by te woon en te ondersteun deur skenkings soos kledingstukke en komberse te bring Behoeftiges kan dan kledingstukke kom haal en ’n sopkombuis sal ook vir hulle gehou word. •Kontak Mieke by 0823761707 vir navrae en skenkings

besoekers tussen die feesvenues vervoer. Die trekkers met waens en wynverkope sal van 09:00 tot 17:00 in werking wees. Kaartjies is nou beskikbaar:

•Volwassene kaartjie-prys: R230* (tot 9 Mei);

•Volwassene kaartjie-prys: R250* (by die hek)

•Aangewese-bestuurder-kaartjie: R150

(geen glas of alkohol)

(*Ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekker-ritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle musiek in lewende lywe by venues en toegang tot vandie kinderaktiwiteite.).

•Tieners (12-17 jaar): R50

•Kinders (11 jaar en jonger): Gratis

Besoekers kan verseker wees van ’n buitengewone ervaring in hierdie pragtige vallei. Volg die fees op sosiale media en sy webwerf om op hoogte te bly van die dag se hoogtepunte.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kom geniet ’n heerlike dag in die Nuy-vallei waar bekroonde wyn, fyn landelike kos en gesinspret wag!

Kaartjies is te koop by Webtickets.co.za

four ball and includes a breakfast box, goody bag and dinner

Format is 4 ball alliances with preferred drive on par 4 and 5

Sponsors are invited to support the day For more info, phone 023 342 6313 19-21 JUNIE

Die Woester-Avontuur-BraaiFees is ’n braaikookkunservaring en alles wat gepaard gaan met braai – lekker musiek, lekker aktiwiteite, drankies en samesyn

Die koservaring gaan alles uitbeeld wat braai lekker maak Of dit nou Bosveld-pap-en-sous is, die Karoo se skaapsterte of die beste boerewors waarmee ons plaaslike slaghuise vorendag kan kom – jy gaan ’n feesmaalbraai ervaar

Die fees strek oor drie dae en word by die pragtige Karoo Nasionale Botaniese tuine in Worcester gehou

Hoekom ’n Braaifees?

Vuur en braaivleis is by uitstek deel van elke Suid Afrikaner Ons geskiedenis het diep wortels as dit kom by braaivleis – dit is multi-kultureel en die een ding wat ons reënboognasie in gemeen het: Ons BRAAI! Hierdie fees het verskeie elemente oor die tydperk, soos ’n pretloop vir die hele gesin asook ’n 10-kmen 25-km-wedloop, die gewilde fopdosser Tollie Parton tree op, en ’n tienersokkie en stille dans “word ook gehou En natuurlik sal daar baie op die braaispyskaart wees Hou hul facebookblad dop vir verdere besonderhede

Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual), in samewerking met Worcester Standard & Breederivier Gazette, nooi lesers om deel te neem aan ons jaarlikse soektog na die groot legendariese inwoners wat 'n invloed op die lewe van mense in ons gemeenskappe gehad het, of steeds het

Vanjaar vereer ons nie net uitsonderlike individue van die Breedevallei nie, maar brei uit om die Langebergstreek in te sluit. Ou Mutual wil graag erkenning gee aan diegene wat 'n beduidende invloed op die lewe van mense in ons gemeenskappe gehad het, of steeds het

Hierdie inisiatief moedig alle inwoners aan om hul deel te doen om ons samelewing te versterk Vorige wenners sluit in name soos Francois du Toit, Anthony Hall, Pietie Beukes, Idie Louw, Eddie Nortier, Lizette Kloppers, Bertie van der Merwe, Boetie Kriel, Charles Beukes, Ken McIntyre, Elza Jordan, dr Eugene Moore, Kosie Koopman en Frans Wiesie.

Wie se naam sou ons lesers graag by dié lys name wou voeg?

Benoemingsriglyne:

• Die benoemde kandidaat

moet in die gebied van die Breedevallei- of Langeberg-munisipaliteite woon;

• Só iemand moes 'n betekenisvolle ekonomiese of maatskaplike invloed op die gemeenskap gehad het;

• Kandidate kan uit verskeie sektore –onderwys, sake, sport, landbou of ander gemeenskapsdienste - kom; en

• Die benoemde moet ouer as 50 jaar wees.

Stuur die volgende inligting:

• Volledige naam en kontakbesonderhede van die benoemde;

• 'n Kort beskrywing van die kandidaat; en

• 'n Duidelike motivering wat verduidelik watter invloed die benoemde op die gemeenskap as legendariese inwoner van die vallei gehad het

Stuur e-pos na jghallpa1@oldmutual.com of lewer die benoeming af by Ou Mutual PFA se kantoor in Baringstraat 29, Malan-huis, Worcester Die sluitingsdatum vir benoemings is 21 Mei.

Bel Elsophie Hill by 023 348 7915/1 met navrae. Die suksesvolle kandidate sal in Junie op 'n glansdinee by die Worcester-gholfbaan vereer word.

Ondersteun vnjaar se Baadjies aan Bome-projek van Worcester Lions en Boland Boudjies om harte warm te maak hierdie winter
Kom kuier hierdie naweek vir ’n heerlike naweek in die Nuy-vallei by die Nuy-vallei-fees

Robertson vereer sy kriekethelde

Die Robertson-krieketklub het sy jaarlikse bekeruitdeling op Vrydag 25April by die Callie de Wetsportsentrum in Robertson gehou.

Warren Davids het vanjaar met die gesogte Sportman van die Jaar-toekenning weggestap Hy was ook die voorste lopiemaker in die Boland-premierliga se T20-kompetisie met ’n hoogste telling van 98 lopies nie uit nie. Hy het ook op 39-jarige ouderdom weer eens die Boland- plattelandse span gehaal wat die titel in George verower het. Davids eet en drink krieket en verdien die titel oor en oor. Hy is regtig ’n voorbeeld waarna oud en jonk kan opkyk.

Die ander toekennings vir die A-span het aan Jupeter Hopp behoort – hy is soos rooiwyn; hoe ouer, hoe beter. Hy is as die beste A-span-speler aangewys, asook as die spelers se Speler van die Jaar en die beste A-span-bouler. Albertus van der Merwe is as die beste A-span-kolwer aangewys.

•Warren Davids het die Boland- plattelandse span in George verteenwoordig; •Haindrick Fortuin het die SA Dowe span in Indië verteenwoordig; en •Leolan Davids het die Boland o.19-Cokespan gehaal.

Christopher Lekay en Matthew Lekay het diplomas as KSA Vlak 1-skeidsregters ontvang. Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat Lekay een van die jongste skeidsregters in die land is

Die voorsitter van die Robertsonkrieketklub en ook ’n direkteur by Boland-krieket, Cecil Fielies, wil graag almal bedank vir die seisoen wat verby is Hy bedank sy bestuur, afrigters, lede en spelers.

Die B-span se toekennings is as volg: Spelers se speler: Ryan Jansen; Beste B-spanspeler: Jermaine Buys, die kaptein; Beste B-span-kolwer: Clinton Geduld; Beste B-span-bouler: Brizano Pietersen

Die C-span se toekenings is opgeraap deur ’n jongeling wat nog op skool is – niemand anders nie as Jadey Lekay Hy is as die spelers se speler, beste C-span-speler en beste kolwer aangewys.

By die vrouespan het Danelle Fortuin met amper al die toekennings weggestap Sy is aangewys as die beste speler, die spelers se speler en die beste kolwer

Meg Crushen Siljeur het die toekenning as die beste bouler ontvang Sertifikate vir verdienstelikheid is aan die volgende mense oorhandig:

“Ons wil aan ons borge ook baie dankie sê – [borge] wat altyd agter die span staan En die breër gemeenskap, want ons spelers kom nie net uit

Robertson nie; ons skep ’n platform waar ons talent ontwikkel en geleenthede bied vir jong manne en vroue Ons visie vir 2025/’26 is om weer die liga te wen.”

Die hoofafrigter, Zahir Abrahim, het gesê hy beplan om reeds Junie met voorseisoense fiksheid te begin.

Joshlin verteenwoordig ’n spieëlbeeld van ons samelewing

Die verdwyning van Joshlin Smith met haar kenmerkende blou-groen oë het Suid-Afrika se hart en siel aangegryp Hierdie kind het vanuit ’n klein sinkhuisie in Saldanha aan die Weskus spoorloos verdwyn en ’n jaar later heers steeds meer vrae as antwoorde Noudat die drie beskuldigdes verlede week in die Kaapse hooggeregshof aan mensehandel en ontvoering skuldig bevind is, wil almal steeds weet – waar is Joshlin?

Oor die afgelope twee maande het ’n verhaal wat meer hartverskeurend is as wat enigiemand hom of haar sou kon voorstel, in die hof ontvou. Onder meer het Joshlin se ma, Kelly en haar ma se kêrel tereggestaan op aanklagte oor haar verdwyning. Ooggetuies het Kelly glo gesien waar sy haar dogter in ’n motor gelaai het – met ’n vreemde vrou agter die stuur Getuienis dui daarop dat Kelly meer besorg was oor haar verhouding as haar kinders se welstand en op die dag van Joshlin se verdwyning was sy boonop onder die invloed van dwelms.

POST SCRIPTUM - Lise Beyers

Die tragedie van Joshlin se storie lê egter nie net in haar verdwyning nie, maar in die omstandighede wat daartoe gelei het Dit is ’n verhaal wat daagliks in duisende huishoudings, waar armoede en werkloosheid die norm is, herhaal word.

Die klein sinkhuisie waarin Joshlin en haar sibbe gewoon het vertel sy eie verhaal van verwaarlosing en gebrek. Dit is ’n ruimte wat nooit bedoel is vir kinders om in groot te word

nie – ’n plek waar warmte geborgenheid en stabiliteit net woorde sonder betekenis is.

Wanneer ons kyk na gevalle soos dié van Joshlin, is dit maklik om die vinger te wys en veroordeling uit te spreek. Tog dwing dit ons om dieper te kyk na die stelselprobleme in ons samelewing.

Wat dryf ’n ma om haar kind aan ander oor te gee? Watter omstandighede lei daartoe dat dwelms ’n uitweg uit ’n harde werklikheid bied? Hoekom is daardie maatskaplike toelaag, hoe skraal ook al soms die enigste bron van inkomste vir ’n gesin?

Die hartseer werklikheid is dat duisende Joshlins oral bestaan – kinders wat gebore word in omstandighede waar hul basiese behoeftes – voedsel, klere, liefde, ondersteuning – daagliks in gedrang kom; kinders wie se toegang tot geleenthede beperk is deur die blote toeval van waar en aan wie hulle gebore is.

Die gedagte dat Joshlin dalk verkoop is aan ’n gesin wat haar ’n beter lewe kan bied, is inderdaad kompleks. Dis ’n gedagte wat

ontstaan uit ’n plek van desperaatheid – ’n wens dat hierdie kind êrens daar buite ’n warm bed het, drie maaltye per dag geniet en omring is deur mense wat haar lief het en ondersteun. Maar dit ignoreer die trauma van ontvoering en die wetteloosheid wat dit verteenwoordig.

Die werklike vraag wat ons as samelewing moet vra is: Hoekom laat ons toe dat kinders in sulke omstandighede grootword? Hoekom bestaan geen voldoende stelsels om gesinne te ondersteun voordat hulle by sulke kritieke punte kom nie? Elke kind verdien liefde, veiligheid en geleenthede – ongeag die ekonomiese status van sy/haar gesin of familie Elke kind verdien ’n samelewing wat omgee en wat nie net reageer wanneer tragedies soos dié van Joshlin gebeur nie maar proaktief werk om die omstandighede te voorkom wat daartoe lei

Die werklikheid van ’n geslag wat “bakhand staan” is nie die gevolg van inherente luiheid of ’n gebrek aan ambisie nie – dit is die produk van ’n siklus van armoede,

waar toegang tot behoorlike onderwys, gesondheidsorg en werksgeleenthede beperk is Dit is die gevolg van ’n verlede wat steeds sy skaduwee oor die toekoms werp Terwyl ons wag om te hoor waar Joshlin is en wat met haar gebeur het, moet ons ook besef dat haar storie ’n spieëlbeeld van n groter probleem is. Dit vra van ons om verder te kyk as die hofverskynings en koerantopskrifte Dit vra ware empatie – nie net vir Joshlin nie, maar vir die duisende kinders wat in soortgelyke omstandighede vasgevang is. Dit vra vir ’n samelewing wat bereid is om na die ongemaklike waarheid te kyk en verantwoordelikheid vir al ons kinders te neem. As Joshlin se verdwyning ons enigiets leer, is dit dat ons nie kan bekostig om weg te kyk van die werklikheid van armoede en die uitwerking daarvan op gesinne en families nie Die werklike tragedie sou wees as ons toelaat dat nog ’n geslag kinders soos Joshlin grootword sonder die ondersteuning, hulpbronne en geleenthede wat hulle inderdaad ook verdien.

Notice is hereby given in terms of Section 49(1) (a) (i) of the Local Government: Municipal Property th Rates Act, 2004 (Act No. 6 of 2004), hereinafter referred to as the “Act”, that the 5 Supplementary Valuation Roll for the nancial years 2024 - 2025 is open for public inspection at the Local Municipal Ofces, libraries, and website from 2 May 2025 to 10 June 2025 The objection forms are also available at the above-mentioned stations and on the website: www.bvm.gov.za

An invitation is hereby made in terms of Section 49(1)(a)(ii) of the Act that any owner of a property or any other person who so desires should lodge an objection with the municipal manager in respect of any matter reected in or omitted from the Valuation Roll within the above-mentioned period. th All owners of the properties that are on the 5 Supplementary Valuation Roll will be contacted in writing at the postal address which reects on the Municipality's data base.

Attention is specically drawn to Section 50(2) of the Act that an objection must be in relation to a specic individual property and not against the th5 Supplementary Valuation Roll as such

The completed objection forms must be placed in the sealed boxes which will be available at the libraries and Municipal Ofces or can be submitted electronically to valuations@bvm gov.za

Only objections on the prescribed forms will be considered The closing date is 10 June 2025.

Enquiries may be directed to Mr. D. Wagner at 023 348 2662 / 2672 during ofce hours or at email valuations@bvm.gov.za

D. Mc Thomas Municipal Manager

OPENBARE KENNISGEWING WAARMEE INSPEKSIE VAN DIE VYFDE AANVULLENDE WAARDASIEROL VIR DIE 2024 – 2025 BOEKJARE UITGENOOI WORD.

Kennis word hierby in terme van Artikel 49(1) (a) (i) van die Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting Wet, 2004 (Wet Nr. 6 van 2004), hierin verwys na die “Wet”, gegee dat die 5de Aanvullende Waardasierol vir die boekjare 2024 - 2025 vanaf 2 Mei 2025 tot 10 Junie 2025 oop is vir openbare inspeksie by die plaaslike munisipale kantore, biblioteke en op die webblad. Die beswaarvorms is ook beskikbaar by bogenoemde standplase en op die webblad: www.bvm.gov.za

In terme van Artikel 49(1)(a)(ii) in die Wet word hiermee 'n uitnodiging gerig, dat enige eienaar van 'n eiendom of ander persoon wat so verlang binne bogenoemde periode 'n beswaar by die munisipale bestuurder kan indien vir enige aangeleentheid in die 5de Aanvullende Waardasierol weergegee of weggelaat.

Alle eienaars van eiendomme vervat in hierdie 5de Aanvullende Waardasierol sal skriftelik in kennis gestel word by hul posadres wat tans op die munisipaliteit se databasis verskyn.

U aandag word spesiek daarop gevestig dat in terme van Artikel 50(2) van die Wet 'n beswaar teen 'n spesieke individuele eiendom ingedien word, en nie teen die 5de Aanvullende Waardasierol in sy geheel nie.

Die voltooide beswaarvorms moet in die verseëlde bokse wat by die biblioteke en munisipale kantore beskikbaar sal wees, geplaas word. Besware kan ook elektronies ingedien word by valuations@bvm gov.za

Slegs besware op die voorgeskrewe vorms sal oorweeg word. Die sluitingsdatum is 10 Junie 2025. N

valuations@bvm.gov.za

D. Mc Thomas Munisipale Bestuurder

By die Robertson-krieketklub se jaarlikse prysuitdeling was (van links): Novin Rossouw (sekretaris), Clinton Geduld, Brizano Pietersen, Danelle Fortuin, Jadey Lekay, Warren Davids, Jermaine Buys eb Cecil Fielies (voorsitter)
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 10 Mei 2025 om 09:00 by Crotzstraat 119 en om 10:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk, Parkerstraat. Rus in vrede liewe mamma Van jou kinders, kleinkinders, skoondogters en agter kleinkinders

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Worcester Standard & Breederivier Gazette E-Edition 8 May 2025 by Novus Media - Issuu