Weslander Saldanha Rewinding & Services - 14 August 2025

Page 1


Al 25 jaar ‘n leier met ‘rewinding’

Die suksesvolle onderneming Saldanha Rewinding & Services het 25 jaar gelede ’n klein werkswinkel in Saldanha op die pad na Sea Harvest in ’n motorhuis begin. Die eienaar, Johan Smit, vertel dat kontantvloei in die beginjare ’n groot uitdaging was. Namate hulle egter bekendheid vir uitstekende diens verwerf het, het sy klantebasis begin groei.

“Ons was van die begin af gefokus op diens,” sê Johan.

Johan het in Noordwes grootgeword, waar sy pa ’n herwikkelingsonderneming besit het. Herwikkeling (rewinding) is die proses om die elektriese windings – gewoonlik van koper- of aluminiumdraad

– in ’n elektriese motor te vervang of te herstel. Hierdie windings is noodsaaklik vir die opwekking van die magnetiese veld wat die motor aandryf. Johan het ná skool meganiese ingenieurswese aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (destyds die Pretoria Technikon) met ’n Sasol-beurs gaan studeer. Daarna het hy vier jaar by Sasol en Natref in Sasolburg gewerk. Natref is die enigste binnelandse ruolieraffinadery in SuidAfrika. Gedurende dié tyd het hy sy vrou, Alida, die liefde van sy lewe, ontmoet. Ná drie jaar se werk by Smit’s Rewinding in Brits, het die jong egpaar na die Weskus op soek na ’n nuwe uitdaging verhuis. “Aanvanklik was dit net om te oorleef en ’n diens te verskaf, maar later het die fokus verskuif na die uitbreiding van

SMOOTHER PERFORMANCE,

LIFESPAN. G-Box (Gearbox) Repairs YOUR BACKUP POWER—READY WHEN IT MATTERS. Generator & Alternator Repairs

die onderneming sodat mense nie Kaap toe hoef te gaan nie,” verduidelik Johan.

Saldanha Rewinding & Services herstel elektriese motors, dompelpompe (submersible pumps), vervoerbandratkaste (conveyor gearboxes), kragopwekkers, alternators en transformators. Die onderneming beskik tans oor 14 permanente werkers wat almal aan uitmuntende dienslewering glo.

Volgens Johan was twee van die grootste uitdagings die afgelope 25 jaar gewis die sluiting van ArcelorMittal Saldanha en die grendeltydperk tydens die Covid-19-pandemie. “Beide uitdagings het ons in April 2020 tegelyk getref.” Die onderneming het egter vinnig aangepas en nuwe werkgeleenthede elders gaan soek.

“Deesdae lewer ons diens van so ver as Lutzville in die noorde tot Grabouw in die

suide.”

Johan is uiters trots dat die onderneming ná 25 jaar steeds ’n waardevolle diens aan die Weskus en omliggende gebiede lewer. Hulle bied ’n 24-uur-diens aan die visbedryf.

Oor die jare het insetkoste aansienlik gestyg en die invoer van goedkoper produkte het die onderneming genoop om nuwe werkswyses te ontwikkel en alternatiewe produkte aan klante te bied.

“Ek is ook baie bevoorreg dat my seun Cornel aktief by die onderneming betrokke is en met vars idees en voorstelle vorendag kom,” sê Johan. Johan en sy span is vol vertroue dat die komende jare groot uitdagings én geleenthede gaan inhou – veral met die beplande ontwikkelings aan die Weskus.

Cornel Smit (Saldanha Rewinding & Services), Lesvin April (Lucky Star), Bartlett Barnard (Van Dyk Steengroewe), Johan Smit (Saldanha Rewinding & Services) en Melvin Cloete (Sea Harvest). Foto: Stefan Kolver
Trevor Apothecary (Origen Oil), Johan Smit (Saldanha Rewinding & Services), Hans Dietrich (WEG), Niël Beneke (WEG) en Cornel Smit (Saldanha Rewinding & Services).
At Saldanha rewinding, we build trust, quality, and long-lasting relationships. Saldanha Rewinding & Services
Saldanha Rewinding &

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.