



AlidaBuckle
Met die Joshlin Smith-appèlsaak van Kelly Smith, Boeta Appolis en Steveno van Rhyn, wat nou weer in die kollig is, sal die polisie moet bontstaan om weer allerhande “nuwe” inligting wat vorendag kom, op te volg
Soos verlede Vrydagmiddag (25 Julie) toe die ondersoekspan in die saak onder leiding van kapt Wesley Lombard weer die Middelpos- informele nedersetting in Saldanha ingevaar het om nuwe leidrade op te volg
Dit is intussen bekendgemaak dat dit Kelly was wat dié sogenaamde “leidrade” verskaf het
Volgens die kantoor van die provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap het die polisie “inligting” opgevolg oor die verdwyning van die sewejarige Joshlin Smith in Februarie 2024
Die gemeenskap van Middelpos en die naburige Diazville se vuisvoos gemoedere is weer eens omgekrap omdat elke soektog tog maar weer hoop bring
Polisiespanne onder leiding van die speurders van die honde-eenheid, soek- en reddingspanne en die Saldanha-polisie, het ’n geïdentifiseerde gebied in Middelpos, waar Joshlin verdwyn het, deursoek, maar niks gekry nie
Die polisie het benadruk dat hulle ’n verpligting het om alle inligting wat onder hul aandag gebring word, op te volg en te ondersoek Die polisie het die versekering gegee Joshlin se spoorlose verdwyning geniet steeds voorkeur en die ondersoek is nog nie gesluit nie
Gemeenskapslede met wie Weslander gesels het, meen dit maak hulle radeloos
Die uitgerekte hofsaak, wat van Maart tot Mei in die Veeldoelige Sentrum in White City ten aanskoue van plaaslike inwoners aangehoor is, het hulle met meer vrae as antwoorde gelos
Smith, Appolis en Van Rhyn is skuldig bevind op aanklagte van ontvoering en mensehandel, waarvoor regter Nathan Erasmus hulle lewenslange tronkstraf opgelê het
Hul appèlsaak is vir Dinsdag en Woensdag 12 en 13 Augustus in die Kaapse hooggeregshof op die hofrol
AlidaBuckle
Stappe wat al in die Weskus geneem is om ernstige tekortkominge in die gesondheidsorgstelsel aan te pak is uitgelig by die Weskus-sakekamer se swartdas-galageleentheid op Vrydag 25 Julie by die Blue Bay Lodge in Saldanha
Die eregas, Mireille Wenger, Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Gesondheid en Welstand sedert Junie 2024, het gesê sy het eerstehands gesien onder watter druk die gesondheidsorgstelsel verkeer – die hoë aanvraag, die beperkte hulpbronne en die toenemende druk op die voorste linie van Sakekamer-bestuurslede
Dr Joseph Joshua is returning to the West Coast for a series of free dental clinics from Monday 4 August to Saturday 16 August Patients looking to visit the clinic bring their identity documents and children’s clinic cards From Monday to Friday, 4-8 August, the dental clinic will be at the Dial Rock Hall in Saldanha, from Monday to Wednesday, 11-13 August, at Steenberg’s Cove Hall in St Helena Bay, and Thursday to Saturday, 14-16 August, at the Laaiplek Noordhoek Civic For more information send an email to info@tpnieuwesteen nl or WhatsApp to 062 426 0793
Die bekamping van kabeldiefstal is noodsaaklik Afriforum ontwikkel tans ’n opleidingsmodule om buurtwaglede met die kennis om hierdie misdaad doeltreffend aan te durf, te bemagtig
Volgens Jacques Broodryk, hoofwoordvoerder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is kabeldiefstal ’n landwye probleem – ook in die Wes-Kaap Infrastruktuur wat geraak word, sluit in spoorlyne, Eskom-lyne, munisipale infrastruktuur en nywerheidsgebiede Strukture naby veral informele nedersettings word geteiken Kabels word ook by munisipaliteite, plase en fabrieke gesteel
Diewe steel koperkabels omdat dit ’n hoë herverkoopwaarde het
Minder aluminiumkabels word gesteel, terwyl kabels in telekommunikasielyne ook gesteel word Die ekonomiese invloed van kabeldiefstal is reusagtig Eskom meld jaarliks meer as R2miljard
se verlies aan, terwyl Transnet in 2022 meer as R1,6 miljard se verlies weens kabeldiefstal aangemeld het Meer as 20000 gevalle word elke jaar landwyd aangeteken Sulke kragonderbrekings raak ondernemings, huishoudings, hospitale en skole
Treinverkeer word verlam en nywerhede stagneer
Die verbranding van kabelhulsels veroorsaak lugbesoedeling en kabeldiefstal kan weens elektriese skokke tot lewensverlies lei
Broodryk glo die meeste kabeldiefstal word deur georganiseerde sindikate uitgevoer
Hulle het voertuie, toerusting en vermom hulself dikwels selfs as kontrakteurs
Dié sindikate steel kabels in samewerking met korrupte amptenare en skrootwerwe
Die gesteelde koper word dan plaaslik of internasionaal verkoop
Navorsing wys China is die grootste koper van skrootmetaal
uit Suid-Afrika en sowat 85% skrootmetaal (wettig én onwettig verkry) kom uit Suid-Afrika Sommige sindikate is ook gewapen en bied selfs “sekuriteit” tydens diefstalle
Die gesteelde kabels word dikwels verbrand om die plastiekomhulsel te verwyder Dit veroorsaak ernstige lug- en grondbesoedeling Daarna word die gestroopte kabels – sonder die nodige dokumente – aan skrootwerwe verkoop In sekere gevalle word die kabels gesmelt en as herwinde produkte verkoop, terwyl dit in ander gevalle as afvalmateriaal by informele skrootwerwe eindig
Die polisie het spesiale taakspanne op die been gebring en doen ook inspeksies by skrootwerwe Buurtwagte vervul ’n aktiewe rol in die bekamping van dié en ander misdade Transnet se filiaal Transnet Freight Rail beskik oor sy eie veiligheidsgroepe, terwyl Eskom GPS-
‘Misdaad in bedwang, maar afpersing, bendes pla nog’
Noluvu Ludidi
Die Vredenburgse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het verlede Dinsdag (23 Julie) vergader.
Onder andere het Vredenburg se polisiebevelvoerder, kol. Lindie Marx, meer gedeel oor die stand van misdaad en aktiwiteite in die dorp.
Vir die tydperk April, Mei en Junie sê Marx was daar taamlik afpersingsvoorvalle in veral die boubedryf Met bendegeweld was daar ook ’n toename in moord en poging tot moord. Marx het
ook gedeel dat ’n toename in huisbrake voorgekom het, maar met samewerking van rolspelers is talle van hierdie misdadigers in hegtenis geneem.
Vir Julie meen Marx die misdaad in die dorp lyk “glad nie sleg nie”.
“In al ons misdaadafdelings is ’n werklike daling bespeur en die polisie werk baie hard.”
Die tye en dae wat meeste die misdaadaktiwiteite voorkom, is tussen 15:00 en 03:00 en veral tussen Vrydae en Sondae. Marx het alle rolspelers wat bereid is om te help om misdaad te bekamp, bedank.
Noluvu Ludidi
Tussen Saterdag 26 en Dinsdag 29 Julie is drie vroue in Vredenburg aangeval. Volgens Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is ’n 31-jarige vrou van Betterlife Saterdag in Vredenburg in haar salon deur ’n onbekende man oorval.
“Die man het die vrou met ’n vuurwapen gedreig. Hy het haar van haar selfoon beroof en gevlug. ’n Sakeroof word ondersoek.”
Nog ’n voorval het op Sondag 27 Julie plaasgevind toe nog ’n 31-jarige vrou in die skouer geskiet is in Kanzistraat,Vredenburg. “Die slagoffer het ’n emmer water buite uitgegooi toe sy gekonfronteer is deur ’n onbekende man, geklee in ’n pienk japon en met ’n serp oor sy gesig. Die verdagte het op die slagoffer gevloek toe sy wegloop, waarna hy haar in die skouer gewond en gevlug het.”
In die vroëe oggend-ure van Dinsdag 29 Julie omstreeks 03:20 het sewe verdagtes die deur van ’n 63-jarige vrou in Adelaarstraat, Witteklip, afgeskop “Terwyl sy op die foon was met die polisie, het die verdagtes een skoot gevuur en haar beroof,” het Helfrich gesê Volgens Norman van Wyk, ’n gemeenskapsleier en aktivis, is daar baie voorvalle wat nie gerapporteer word nie. “Ons hoef nie meer stil te bly nie en ons hoef nie meer hulpeloos te voel nie. Ons moet begin om die polisie te vertrou. Kennis is krag As ons die gemeenskap toerus met die kennis van dié soort dinge, en hulle bemagtig deur hulle deur hierdie prosesse te lei, dan kan ons help om vertroue in ons wetstoepassingsagentskappe te herstel.”
Van Wyk meen die oorlog teen misdaad kan gewen word, maar vertroue moet eers herstel word sodat die slaggoffers veilig sal wees.
opsporing en -alarms op sekere kabelroetes ingestel het om hierdie misdaad hok te slaan Sommige metropolitaanse munisipaliteite, soos die Stad Kaapstad, het ook hul eie spesialiseenhede op die been gebring Ongelukkig word kabeldiewe nie altyd suksesvol vervolg nie
Die skuldigbevindingskoers vir kabeldiefstal is laag Die howe is oorlaai en ondersoekspanne het nie altyd toegang tot die nodige forensiese hulpbronne nie Baie oortreders word op borgtog vrygelaat of die minimum straf opgelê ’n Paar suksesverhale in die vervolging van kabeldiewe kan wel vertel word: In een geval is ’n kabeldief in Junie vanjaar 15 jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van meer as 400 kg koperkabels in Kraaifontein Dié en soortgelyke suksesse kom hoofsaaklik danksy die werk van gespesialiseerde vervolgingseenhede
Foto ter illustrasie deur
| Unsplash
Broodryk stel die implementering van streng regulasies vir die skrootmetaalbedryf sowel as ’n verbod op kontanttransaksies vir die verkope van koper voor “Daarbenewens moet intelligensie aangaande kabeldiefstal sentraal gekonsolideer word om inligting van Eskom, die polisie, Prasa, Transnet en plaaslike veiligheidstrukture soos buurtwagte byeen te bring ”
NoluvuLudidi
’n Inwoner van Hopefield is keelvol vir die slegte toestand van paaie in die dorp Volgens dié inwoner is sy en ander inwoners van Kerkstraat en Rivierstraat, noord van Hopefield, moeg vir die toestand van hul pad Die inwoner meen baie mense woon al langer as nege jaar daar en versoek die munisipaliteit al sedert 2016 om die pad reg te maak Slaggate, grondpaaie en modderige toestande maak dit onmoontlik om daar te ry “Aangesien dit ’n residensiële pad is, het ons al ’n petisie ingestuur en so ook al talle kere met die verantwoordelike mense in die Vredenburg- en Hopefieldmunisipaliteite oor die pad in verbinding getree Hulle het in 2016 gesê hulle sal na die pad kom kyk en het wel die pad kom meet en met groot beloftes gekom, maar niks verder nie. Van toe af word die pad net so nou en dan geskraap en verder niks Elke jaar word foto’s en e-posse aan al die betrokke amptenare gestuur, maar [ons hoor] steeds niks van die munisipaliteit se kant af nie ”
Die inwoner sê water loop in hul erwe juis omdat daar geen stormwatersloot of -pyp is wat die water kan weglei nie “Om nie eens te praat van Rivierstraat onder ons nie, wat elke jaar onder water is en die inwoners hul voertuie bo moet kom parkeer net omdat hul nie uit hul
eie erwe kan kom nie
“Dié deel van die dorp word altyd agtergelaat ”
Wat nog meer onstellend vir die inwoner is, is ’n straat in die dorp, wat nie soveel probleme ervaar soos inwoners in Kerk- en Rivierstraat nie, onlangs geteer “Genoeg is nou genoeg; ons is moeg gesukkel Ons betaal ook munisipale rekenings en belasting Ons het ook die reg op geteerde paaie sonder gate ” Volgens Tereza Burger, ’n woordvoerder vir die Saldanhabaai-munisipaliteit, is die versoek geregverdig om die paaie (Kerk- en Rivierstraat aan die noordekant van Hopefield) struktureel op te gradeer en dit sal na die munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan verwys word
“Die ontwerp van en bouwerk aan Kerk- en Rivierstraat sal dienooreenkomstig na die toepaslike munisipale kapitaalbegrotingsplan vir goedkeuring en implementering verwys word Dié stappe is deel van ’n langer-termyn-oplossing Diée strate is grondpaaie met ’n lae verkeers- lading Die toestand van die oppervlakte word as redelik beskou, maar ongelukkig met ’n baie lae padvlak en swak dreinering ” Burger sê wat die bestaande, korter termynoplossing betref, is die skraapwerk en onderhoud deel van’n voortgesette padinstandhoudingsprogram
Noluvu Ludidi
’n Inwoner van die Weskus het sy kommer uitgespreek oor die los gruis tussen die TR8501- en OP538-paaie, op die pad tussen Jacobsbaai en Middelpos. Volgens hom het hy dit al onder die plaaslike en provinsiale verkeersowerhede se aandag gebring, maar geen optrede het gevolg nie. Wat die inwoner veral bekommer, is dat die los gruis ongelukke kan veroorsaak. Vermoedelik was dit die oorsaak van ’n onlangse ongeluk op dié pad “Dit is onveilig vir motoriste en kan
groot skade veroorsaak,” sê hy Volgens Stephen Heyns, woordvoerder van die departement van infrastruktuur, het die padonderhoudspan sedert Woensdag 23 Julie alle kruisings en toegange tussen die TR08501 en MR00538 geïnspekteer om te verseker dat die pad skoongemaak, veilig en toeganklik is “Ons sal voortgaan met inspeksies om die pad te monitor. Indien daar herhaalde probleme is met oorblyfsels wat deur vragmotors by die kruisings gestort word, sal ons die saak met die onderskeie grondeienaars opneem,” sê hy
Kinders van oor die hele land het reeds rou, dapper en diep persoonlike refleksies ingestuur vir die Hold My Handkreatiewe kompetisie.
Wat dié kinders en tieners oor Suid-Afrika heen sê, is onmoontlik om te ignoreer, meen Lebo Motshegoadie, die kommunikasie- inhoudbestuurder.
Die Hear Me Out-kompetisie tesame met sy tieneruitgawe, Keready to Ringa, het ’n golf eerlike storievertelling van jongmense van 18 jaar en jonger ontsluit. Die gevolg is ’n groeiende nasionale argief geleefde ervarings – ongefilter, ongesensureer.
Meer as 700 voorleggings het in die vorm van stemnotas, gedigte, raps, briewe, video’s en kunswerke gekom. “Elkeen dra die emosionele gewig van wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika jonk te wees – van stories van verlies en oorlewing tot geestesgesondheidsprobleme, gesinsdinamika, drome vir ’n beter land en eise vir volwasse verantwoordelikheid Die land se kinders en tieners praat met duidelikheid en moed,” sê Motshegoa.
Een 15-jarige skryf: “Ek is nie ’n kind nie; nie ’n volwassene nie – net ek Om dit uit te pluis – hard, morsig en eg.”
’n Ander praat oor hoe haar pa sy laaste asem uitblaas nadat hy vermoor is toe sy slegs sewe was en hoe daardie oomblik haar reis deur hartseer, woede en genesing gevorm het. ’n Kragtige gedig, getiteld “Laat My Praat Sonder Om Afgesluit Te Word”, beskryf ’n meisie se pleidooi vir volwassenes om eenvoudig te luister sonder om te oordeel: “Ek het nie raad nodig nie. Ek het nie ’n lesing nodig nie. Ek’t net iemand nodig om te
sê: ‘Ek hoor jou’.”
Van die Keready tot Ringa-tienerinskrywings is die boodskappe ewe rou –terugblikke oor afsprake en hartseer, die stigma van geestesgesondheid, kulturele stilte oor identiteit en hoe gesinskonflik en streng ouerskap tieners dikwels verder in afsondering stoot. Een jong skrywer vra: “Waarom skree ouers voordat hulle luister? Waarom word ons stories altyd kortgeknip?”
’n Ander een sê: "Ek wens ek kon praat oor wie ek werklik is maar soms is die huis die een plek waar ek die meeste misverstaan voel.”
“Hierdie jong stemme vra nie net vir sigbaarheid nie – hulle eis dit. Hul woorde openbaar ’n kollektiewe oproep tot begrip, veiligheid en respek asook die reg om oor hul lewe te praat sonder vrees om verwerp te word. Hul boodskap is duidelik – as Suid-Afrika ernstig is om ’n beter toekoms te bou, moet hy begin deur te luister – werklik te luister – na die mense wat daardie toekoms sal leef,” meen dr. Katlego Selikane, die Keready-leier.
Die kompetisie is steeds oop. Inskrywings sal tot Vrydag 8Augustus aanvaar word, met verskeie weeklikse pryse van R2000 elk vir uitstaande inskrywings. Kinders en tieners onder 18 jaar kan inskryf via WhatsApp by 0600411111 (Hear Me Out) of 0600190000 (Keready to Ringa).
Enige kreatiewe formaat is welkom – van tekeninge en briewe tot poësie, video’s of stemnotas. Inskrywings kan ook op sosiale media geplaas word met behulp van #KereadytoRinga en #HoldMyHandSA.
ThysLouw
Kinders het van nature ’n besondere aantrekking tot diere, of dit nou ’n hondjie, ’n kat of ’n voëltjie is – iets in diere wek kinders se nuuskierigheid, empatie en vreugde.
Hierdie interaksie werk egter nie net in een rigting nie
Daarom is dit noodsaaklik dat ons kinders van kleins af leer om sag te wees in woord, in daad en in hart wanneer hulle met troeteldiere werk
VORMINGSJARE
Die eerste lewensjare van ’n kind is wanneer karakter gevorm word Op hierdie ouderdom leer hulle van reg en verkeerd, hoe om hulself uit te druk en hoe om ander mense én diere te hanteer
Kinders wat blootgestel word aan diere, het dikwels ’n verhoogde vermoë tot empatie Hulle begin verstaan dat diere ook gevoelens het en vrees, pyn, honger, eensaamheid en ook vreugde ervaar
Wanneer ’n kind leer om sagte hande te gebruik, sag te praat en te wag vir ’n dier om nader te kom, ontwikkel hulle selfbeheersing en respek Dit gebeur nie vanself nie
Ouers, onderwysers en versorgers speel ’n sleutelrol in hoe hierdie gedrag vorm aanneem ’n Hondjie is byvoorbeeld nie ’n speelding nie As ’n kind leer om nie aan ’n slapende dier te pluk of op ’n kat se stert te trap nie, word daar ’n basis gelê vir respekvolle interaksie met alle lewensvorme
HOEKINDERGEDRAGDIEREBEÏNVLOED
Diere, veral troeteldiere soos honde en katte, in huishoudings waar kinders rof speel, skree of onvoorspelbare bewegings maak, kan angstig raak of selfs aggressie begin toon uit vrees
In baie gevalle word hierdie diere later as “problematies” of “gevaarlik” bestempel, hoewel hul gedrag slegs ’n reaksie op voortdurende spanning of mishandeling is Diere wat met liefde en sagtheid behandel word, toon egter meer selfvertroue, beter sosialisering en is oor die algemeen gelukkiger en gesonder ’n Kind se daaglikse interaksie met ’n troeteldier – of dit nou die voer van kos is, die borsel van ’n pels of net rustige tyd saam – dra by tot die dier se algemene welstand Dit leer die kind terselfdertyd verantwoordelikheid, roetine en versorging
OUERSISVOORBEELD
Kinders leer wat hulle sien As volwassenes hardhandig, ongeduldig of onverskillig teenoor diere is, sal kinders dieselfde gedrag navolg
As hulle egter sien hoe volwassenes sag praat, diere troos, seer pote behandel of kos uitdeel met sorg, vorm dit ’n
op die welstand van troeteldiere Foto: Unsplash
positiewe model
Die belangrikheid van voorbeeld in opvoeding kan nie genoeg beklemtoon word nie
In baie huishoudings het ouers of versorgers nie altyd toegang tot opvoedkundige bronne oor dierewelsyn nie, maar dit beteken nie die waarde van ’n goeie voorbeeld is afwesig nie Selfs eenvoudige dade laat ’n indruk, soos om vir ’n dors hond vars water te gee Gemeenskapsinisiatiewe wat kinders betrek by diereversorging speel dus ’n kritieke rol om langtermyn-empatie te kweek
SKOLEKANHELPMETBEWUSMAKING
Skole is ’n ideale plek om kinders in te lig oor diere se behoeftes Kunsprojekte oor diereversorging, klasbesprekings oor hoe om diere te hanteer, of selfs besoeke van dierewelsynorganisasies kan kinders help om te verstaan dat diere voel en ervaar Sulke kinders sal waarskynlik nie ’n hond met ’n klip gooi of ’n voël “vir pret” vang nie Hulle sal leer dat elke dier se lewe waarde het Onderwysers kan lewensvaardigheidslesse inkorporeer wat fokus op vriendelikheid, empatie, versorging en sagtheid Dit is alles waardes wat nie net tot voordeel van diere is nie, maar ook interpersoonlike verhoudings versterk
SAGMETDIERE,SAGMETMEKAAR Deur kinders te leer om sag en verantwoordelik met diere om te gaan, bou ons nie net ’n kultuur van dierewelsyn nie, maar ook van medemenslikheid Dié kinders word volwassenes wat hul omgewing met respek hanteer Hulle beskou nie diere as blote gebruiksvoorwerpe nie, maar as lewensmaatjies wat ook liefde en versorging verdien
Laat ons dus die saad van sagtheid in ons kinders plant, dit natlei deur ons voorbeeld, en die vrugte daarvan pluk in gelukkiger diere én gelukkiger mense
nou weer oop
Alida Buckle
Die klank van harmonieuse koorsang het die Weskus Mall met sy perfekte akoestiek gevul nog voordat die klankstelsel vir die Cancervivedeurnagstap aangeskakel is
Die gees was groot, met spanne wat die afgelope Saterdag (26 Julie) in hul liggies, hoede, tutu’s en bedrukte spanhemde nie kon wag om die roete vir tien ure lank deur die winkelsentrum te stap nie. Die idee is soortgelyk aan die ou deurnagstaptogte wat gewoonlik om ’n rugbyveld plaasgevind het. Die roete deur die Mall het ook twee stelle trappe ingesluit om die uitdaging vir moeë bene net so effens moeiliker te maak. Oud en jonk het aan Elfrieda Engels, die plaaslike Cancervive-sameroeper en kankeroorwinnaar, se kankerbewusmakingsveldtog, kom deelneem. Engels het Weskussers genooi om aan ’n oornagstap deur die Weskus Mall deel te neem.
Die winkelsentrum se personeel Joanne Bester en Wendy Bezuidenhout het vir die groep kankeroorwinnaars medaljes en ’n geskenkpakkie gegee voordat hulle die eerste rondte – ’n gedenkrondte – met waardigheid alleen gestap het.
Noluvu Ludidi
Die Initiative for Community Advancement (ICA) in Piketberg het ’n mylpaal bereik toe hy verlede Woensdag (23 Julie) sy 15de bestaansjaar gevier het. Vieringe het by PPC De Hoek plaasgevind en is deur verskeie gaste en rolspelers bygewoon Volgens Jeremy Maarman, die direkteur van ICA, is die 15de bestaansjaar ’n belangrike mylpaal wat getuig van die organisasie se volhoubaarheid, gemeenskapswortels en die uitwerking van sy werk oor tyd “Dit weerspieël ’n dekade en ’n half van gemeenskapsgedrewe ontwikkeling, die opbou van vennootskappe en die versterking van plaaslike leierskap. Hierdie oomblik gee geleentheid vir refleksie, viering en hernuwing van die organisasie se verbintenis tot sosiale geregtigheid en plaaslike filantropie ” Volgens Maarman is ICA is gestig weens ’n behoefte om ’n plaaslike platform te skep wat gemeenskappe bemagtig om hul eie ontwikkelingstrajekte te bepaal. Die organisasie se missie is om gemeenskapsgedrewe ontwikkeling te bevorder deur die kapasiteit van burgerlike strukture, jong leiers en plaaslike organisasies te versterk. “Die ICA werk om ’n kultuur
Die volgende oggend omstreeks 05:00 is al die wenners aangewys – die individu en die span wat die meeste rondtes
voltooi het, die span met die beste gees en die span met die mooiste uitrustings Groter bewustheid van kanker
ge n, bloedsuiker getoets. Die Harcourts-span het vir springmielies en ’n springkasteel vir die kleinspan gesorg. Plaaslike musikante het vir vermaak gesorg.
Noluvu Ludidi
A total of 20 unemployed youth from the West Coast recently completed web design- and development-skills training through Techways NPO.
Graduating on Thursday 24 July was a big milestone in the lives of the young people These young individuals are now equipped to build professional websites and are stepping into the digital economy with confidence.
The graduation ceremony celebrated their journey, showcasing their work and highlighting the importance of digital upskilling for youth empowerment and economic participation
because he had a passion for technology and creativity.
“I wanted to learn new skills that could help me build my own path in the future. I felt Techways gave young people like me a fair chance to grow and access opportunities we don’t always get in our communities.”
van aktiewe burgerskap, deursigtigheid en samewerking te vestig – met die uiteindelike doel om ’n regverdiger, meer inklusiewe en selfstandiger samelewing in die Bergriviermunisipale gebied en die breër Weskus-distrik te help vorm.”
Maarman is trots om met sy span te werk en meen wat hulle uniek maak, is hul diepgewortelde verbintenis tot die gemeenskap, hul uiteenlopende vaardighede en hul kollektiewe benadering tot besluitneming en probleemoplossing.
“Die span werk met empatie, vasberadenheid en ’n sterk sin vir doel.”
Die gaste het heerlike samesyn by die vieringe geniet.
Maarman voeg by dat die ICA se reis van 15 jaar nie sonder die aktiewe deelname en vertroue van die gemeenskappe waarin hulle werk, moontlik sou gewees het nie.
“Die organisasie is dankbaar vir die ondersteuning van vennote, skenkers, plaaslike owerhede en organisasies sonder winsoogmerk. Die toekoms word met hoop en doelgerigtheid benader, met die wete dat volhoubare gemeenskapsontwikkeling slegs moontlik is deur inklu- siewe prosesse, plaaslike kennis en langtermynbeleggings in mense en hul organisasies.”
Techways believes this milestone is not only a celebration for the participants but also a positive move for the broader community, a source of inspiration
Rowan May (24) from Saldanha said he had decided to participate in these programmes
Cecil Jooste (30), from Vredenburg, who also took part in the programmes, said as someone who has always had a passion for technology and creative solutions he was looking for a way to develop his skills and build a future for himself.
“When I heard of the web-de-
velopment programme I immediately realised it was a unique opportunity not only to learn, but discover a whole new direction for my career and life. This opportunity changed my life.
“The training not only taught me technical skills in web design and user experience, but also gave me the confidence to start my own business. This training has not only opened doors; it has opened up a whole new world for me I firmly believe that with the foundation I have received here I will reach even bigger platforms in future, inspire other young people and create opportunities for others.”
The 10th annual Winter Warmth Campaign hosted by the St Helena Bay Islamic Centre welcomed over 100 participants to two uplifting workshops.
This took place on Saturday 19 July at the centre The first focused on empowering Laingville’s youth, highlighting their worth, roles and the importance of dreaming big for a brighter future. Community leaders, youth forum members, church leaders and parents all actively joined the discussions. The youth expressed the need for academic support, additional tutoring, youth-centred programmes, and access to self-study facilities, such as computer labs, to enhance learning opportunities. The second workshop emphasised cultivating community pride by encouraging cleanliness, environmental
stewardship and collective responsibility. Participants pledged to promote environmental awareness through a play and informational workshops in local schools, inspiring greater pride and care for Laingville The campaign also distributed 2500 meals and some warm blankets to those most in need, providing vital relief during the cold winter season Has-
san Sattar, secretary of the St Helena Bay Islamic Centre said this event not only strengthened community bonds, but also energised Laingville’s younger generation with hope and inspiration.
The St Helena Bay Islamic Centre warmly thanks all volunteers, leaders, and attendees who made this impactful and heartwarming event possible
H pWaarom samelewing ander? mense in se is, ander digdebank reurs bevoordeling “klasse” alle
op keer, die diegene, wat nie
skans “ekonomiese kus, liegedrag helikopter plaaslike besluit en tuurerfenisgebied almal die boelies ongelukkig
Weskus Media behou die kopiereg op gepubliseer in Weslander en niks mag skriftelike toestemming gebruik word n
Kantoor
SMSlyn
Uitgewer
Redakteur
022 713 1251 (t) 022 713 2487 (f) 32510
Stefan Kolver stefan.kolver@novu Alida Buckle alida.buckle@novusm Redaksie
Noluvu Ludidi
Alida Buckle Nuuswenke noluvu.ludidi@novusm alida.buckle@novusm nuus@weslander co.za Advertensies
Madelie van Tonder madelie.tolken@novus Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.z Sirkulasie: On the Dot
Algemene navrae: 087 353 1300 (Tel)/0 (WhatsApp) ntekenare@med a24 Joernalis aan diens/Nuuswenke
Alida Buckle 082 576 0453
Contact
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee ons elke week ’n kleurryke beskrywing van ongewone Afrikaanse woorde of idiomatiese uitdrukkings
Wil jy dalk ’n woord in die WAT, of selfs een wat nog nie in die WAT is nie, koop of borg?
Besoek WAT by www wat co za Dit is ook ’n geskikte geskenk
Wat is jou mening?
Stuur ’n WhatsApp na 0825760453.
Ons hoor graag van jou!
Paarl Post nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storieidees met ons te deel. Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer, of weet van iets nuuswaardig wat in jou gemeenskap gebeur – ons hoor graag van jou! Stuur ’n WhatsApp na 066 484 3728 of stuur jou brief per e-pos na edit@ paarlpost.co.za Jou stem maak saak. Help ons om Paarl ingelig te hou
We'd love to hear from you!
Paarl Post invites all our readers to share their thoughts, feedback and story ideas with us. Whether you have an opinion, want to comment on local issues, or know of something newsworthy in your community – we’d love to hear
Following this week’s announcement that she will be joining Mrs South Africa’s Top 30 Finalists for 2025, Verusca Franzman, a local resident, is now setting her sights on the upcoming finals in November, while preparing for an intensive schedule of workshops, photoshoots, mentoring sessions, and charity engagements over the coming months.
Since entering the Mrs South Africa programme earlier this year she has remained focused on achieving her goals as a teacher “I carry a deep responsibility; to show my little ones that they can be anything they want to be ” Her commitment and
determination have now paid off, earning her a prized spot among the Top 30 Finalists The road to the Top 30 began in earnest during Mrs South Africa’s semi-finals week, held from Wednesday 2 until Friday 4 July at Hotel Sky in Sandton Over three demanding days of prep, personal growth, learning and further networking semi-finalists worked through leadership roundtables, special mentorship sessions, interviews and the spectacular on-stage semi-final showcase that saw the Theatre of Marcellus buzzing with excitement and hopeful nervous energy Saturday 5 and Sunday 6 July were then dedicated to workshops led by experts in media relations, business
and social responsibility Finalists also participated in their first professional photo- and video shoot to help support their personal branding and social media efforts going forward “This Mrs SA experience has been far more than a personal endeavour,” said Franzman, “it’s been a journey of growth that’s empowering me to open doors for others I’m proud to show the West Coast that our potential knows no bounds; we can step forward, rise with purpose, and inspire right where we are Going forward, she will host a charitable event to raise funds for official charities Mrs South Africa supports To vote for Franzman, SMS Verusca Franzman to 47587
Sielskos! Hierdie resep vir heerlike pampoenkoekies vat ’n mens sommer terug na ouma se kombuis toe Boonop is dit redelik maklik en vinnig
Pampoenkoekie-beslag:
1 koppie gekookte pampoen
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 eier
2 eetlepels stroop
1/4 koppie melk
1/2 teelepel kaneel
’n knippie sout
Karamelsous:
2 eetlepels botter
1/2 koppie goue stroop
3/4 koppie suiker
1 teelepel vanielje
’n knippie sout
Hier is weer twee Sudoku-kopkrappers om die breinspiere mee te kielie
Metode:
Meng al die bestanddele vir die pampoenkoekiebeslag goed saam Verhit dan genoeg olie om die koekies diep te braai in ’n pot of braaipan. Skep lepels vol beslag in die warm olie Braai tot jou koekies lekker goudbruin is Dreineer nou die koekies op kombuispapier en hou hulle eenkant
Meng al die karamelsousbestanddele saam en verhit in ’n potjie op die stoof
Kook die mengsel vir sowat 10 minute Hou maar ’n ogie en roer sodat dit nie oorkook nie
Gooi nou die karamelsous oor die pampoenkoekies en bedien •Resep: Minkie se Kombuis
Die een raaisel is van ’n hoër moeilikheidsgraad terwyl die ander meer op beginnersvlak is Die antwoorde van hierdie week se Sudoku-raaisels sal ‘n volgende keer in Weslander ver-
skyn
Weslander, na gelang van plek, poog om elke week twee nuwe Sudoku-raaisels te plaas Regs is die antwoorde van verlede week se kopkrappers
Janke Jansen, a resident of Langebaan, recently participated in Talent America in New York. She did exceptionally well and won in all her divisions: Singing vocal (Broadway ages 12-14)
Singing (Open category ages 12-14)
Divisional winner( ages 1214) Vocal open Jansen was also scouted by New York Film and Acting Academy for kids camps and workshops and received a 25% scholarship Jansen will participate in the Wes-Boland Eisteddfod in August and Show Your Talent Cape Town again in September
Kom toets jou musiekkennis teen dié van ander Weskussers by die Musiekpret-aand ten bate van die St.HelenaSandveld-hospies.
Re/Max aan die Weskus bied elke jaar ’n geldinsamelingsbyeenkoms ten bate van die hospies aan. Hulle belowe ’n aand van groot pret, lag, laf wees en raai wat die naam van jou gunstelingliedjie is.
Die aand word gelei deur ’n professionele aanbieder, soortgelyk aan die immergewilde en bekende televisiereeks Noot vir Noot
Die byeenkoms vind op Saterdag 23Augustus in die Skilpadsaal in Vredenburg plaas en begin om 18:30. Die liedjies is vir oud en jonk.
Die St. Helena-Sandveld-hospies is ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat na sterwende siek mense in die gerief van hul eie huis omsien Hulle staan die pasiënte in die laaste paar dae van hul
lewe by.
Die diens is gratis en die hospies maak staat op skenkings om hierdie onbaatsugtige diens aan gemeenskappe in die Weskus te kan lewer.
Re/Max daag ander sakeondernemings uit om elk ’n tafel vir die geleentheid te bespreek.
Bring ’n mandjie met jou gunstelingverversings en kom deel in ’n aand van onskuldige pret.
Vir die ernstige rugby-ondersteuners sal daar ’n groot televisieskerm wees om na die Bokke se wedstryd van 17:00-19:00 te kyk.
Die byeenkoms sal in alle erns daarna begin
Pryse vir die mooiste tafel, die tafel met die beste gees en die tafel wie se mense die mooiste sing, is op die spel
Kaartjies kos R250 per persoon.
•Bel Kim by 0835604492 of stuur e-pos na sales@remaxweskus.co.za vir nog inligting.
Maak gereed vir drie dae se musiek en samesyn saam met die Koningin van Rock, Karen Zoid Haar vertonings is beroemd vir die stories en staaltjies wat sy saam met al jou gunstelingliedjies sing en vertel
Op Vrydag 8 Augustus begin die vertoning om 19:00, Saterdag 9 Augustus om 17:00 en Sondag 10 Augustus om 12:00 Kaartjies kos tussen R230 and R414 Om te bespreek, besoek www diekoelkamers com
Die Skuur bied ‘n Mandjiedans aan op Saterdag 16 Augustus by die Weskusskool op Saldanha Dis outydse mandjiedanse soos uit die kinderjare waar kinders onder die tafels slaap terwyl ma en pa dans Goeie vermaak vir die hele gesin Mense bring hul eie mandjies met eet- en drinkgoed Toegang kos R60 per persoon Vir meer inligting bel of WhatsApp 064 685 6630
Donderdag 25 September 2025
Die lente is hier en na die lang winter laat die weer ons uiteindelik toe om weer 'n bietjie herstelwerk aan ons huise te doen.
Gesinne wat wil bou, of aanbou, begin gewoonlik nou boukontrakteurs aanstel, en die boubedryf begin optel
Tuine geniet ook nou meer aandag, want plante groei met nuwe lewenskrag.
Met dit in gedagte, publiseer Weslander ‘nA4, glansboekie wat Donderdag 25 September in 10 000 Weslanders ingevoeg gaan raak. Hierdie boekie gaan ook in ons elektroniese weergawe.
Met ons redaksionele inhoud gaan ons poog om ons lesers op hoogte te bring van 'n verskeidenheid onderwerpe rakende die bouen dekorbedryf, sowel as hul tuine.
Gebruik die geleentheid en adverteer jou eiendomme, argitekdienste, boukontrakteursdiens, loodgietersbykomstighede en -diens, houtwerk, teëls, tuindienste, dekoritems, meubels, ens., om jou besigheid onder die aandag van huiskopers en -eienaars te bring.
Spertyd vir besprekings: 13Augustus 2025 voor 13:00
Siyabonga Care Village invites all women to join its Women’s Day fundraiser on Friday 8 August. The event is in aid of abused women, children and people with disabilities, and the guest speaker for the day is Retha McPherson She is a well-known speaker and New York Times bestselling author of Message from God It will be a morning of inspiration and connection with tea, coffee, a light meal, gifts for every guest and prize draws. The event will take place at the Dutch Reformed church Akkerdyk in Vredenburg from 10:00 to 12:00. Tickets, priced at R160 per person, are available at the Siyabonga Care Village or the Koop en Krap shop in Vredenburg. For more information call 022 713 5730. Retha McPherson
E-pos: weslander@novusmedia co za Dagboekinskrywings is gratis Inskrywings moet voor 17:00 op ’n Maandag ontvang word
SATURDAY 2 AUGUST
Bergrivier Tourism is hosting a Women’s High Tea at Russells on the Port in Port Owen, Velddrif, starting at 11:00 Decorate your table with your special tea sets and enjoy lucky draws, canapés, petit fours as well as a welcome drink and tea Corkage fee for own drinks The speaker of the day will be the clinical psychologist Sanché Nel Tickets cost R250 per person Contact Chevon on 022 783 1821 or send an email to velddrif@ bergriviertourism co za for more information Saldanha indoor craft and food market will take place from 09:00 until 14:000 at Dial Rock Hall, Albatros Street,Saldanha Everyone is welcome
Car Boot Market: If you are looking for an outlet to sell your unwanted goods or farm fresh produce, join the Car Boot Market at the Catholic church grounds in Suffren Street, Langebaan, from 08:00 to 12:00 Call or send a WhatsApp to 083 779 5127 to book your spot
SATERDAG 9 AUGUSTUS
• Kom kry op Vrouedag ’n “brandstofinsputing” vir jou vrouehart om 10:00 by The Daily Coffee Café Ligte verversings sal voorsien word Skakel 022 703 6900 vir nog inligting
VRYDAG 15 AUGUSTUS
André Schwartz se Gesigte kom na Die Koelkamers Die werk van die internasionaal bekroonde portretkunstenaar André Serfontein word in die multimediaproduksie Gesigte deur die digitale kunstenaar Seun tot lewe geroep Elke lewenstorie van André Schwartz word verbeeld deur unieke gesigte op die skerm Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos tussen R207 en R322 Besoek www diekoelkamers com vir besprekings
SONDAG 17 AUGUSTUS
• Elzabé Zietsman|Papalellekoors kom na Die Koelkamers Wat gee jou papalellakoors en wat
verklap dit van jouself?
Elzabé Zietsman (regs) het – baie teësinnig – lank in die spieël gekyk op soek na ’n openbaring Sy soek nog Papelellekoors is ’n tong-in-die-kies-kykie na irritasies, konsternasies en frustrasies met – of sonder – grasie! Maak seker jy loop dit nie mis nie Die vertoning begin om 12:00 en kaartjies kos tussen R161 en R322
DONDERDAG 21 AUGUSTUS
• RAAF - ’n Fees van hul jongste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank ná hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe! Lourens en Esté RAAF bring die musiek van hul splinternuwe album Prediker asook ou gunstelinge na Kapstadt Brauhaus in Langebaan Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies kos R195 en meer Besoek www quicket co za om te bespreek
SONDAG 31 AUGUSTUS
• Abdullam Worship Centre presents “Tested by life, sustained by grace” on Sunday 31 August Join to hear the powerful testimony of a mother and her children as they share their journey through the challenges of drug addiction It will take place at 8 Bokmakiere Street in Louwville at 10:00
SATERDAG 6 SEPTEMBER
Die VGK Vredenburg (A) se Sondagskool nooi almal na sy Lentedans Pak jou piekniekmandjie en kom dans lekker saam Die geleentheid vind van 19:00 tot laat by die Karitas Skool se saal plaas Kaartjies kos R120 per persoon Om ’n prys te wen dra ’n
SATURDAY 18 OCTOBER
20 20 years jaar
Ná 35 jaar van onbaatsugtige diens en toewyding by die Langebaan Primêre Skool het Cornelia Erasmus uit die onderwys getree.
Volgens Melbourne Davids, skoolhoof van Langebaan Primêr, was Erasmus nie net ’n onderwyseres nie, maar ’n ware staatmaker en ’n perfeksionis wat altyd gesorg het dat alles op die regte manier gebeur.
“Haar toewyding, harde werk en sterk gees het ’n blywende indruk op kollegas, ouers en honderde leerders gelaat. Dankie aan haar familie wat haar deur al die jare ondersteun het. Jul rol was onmisbaar.
“Ons sê met groot waardering baie dankie vir alles, Juffrou Erasmus. Geniet hierdie nuwe hoofstuk van rus, vrede en verdienstelike vreugde,” voeg Davids by
Giving it all pays off
Saldanha Primary School is
Chamielo Smith, ’n leerder aan Eden Primêre Skool, het die afgelope skoolvakansie aan die Boland-o 13-Cravenweek-toernooi deelgeneem. Die skool bedank sy borge, PadlangsZA en Cupido Welding and Fabrication, wat in die opheffing van die jeug deur sport en onderwys glo, asook dat Smith se borgskap hul voortgesette verbintenis weerspeël om terug te gee en in die toekoms van hul gemeenskap te belê. By die talentvolle Smith (middel) is sy afrigter, Macneil Baron (links), en die skoolhoof , Robert Blaauw (regs).
’n Groep landloopatlete van Diazville Primêre Skool het na die Boland-landloopkampioenskap deurgedring, wat op Saterdag 9 Augustus by Dal Josafat gaan plaasvind Die skool is baie trots op dié atlete
JT Mdabuli, ’n leerder aan die Hoërskool Piketberg, het vanjaar by die Interdistrikte-netbaltoernooi in Riversdal as skeidsregter gedien Hy het vir die o 11en o 18-ouderdomsgroepe geblaas Die skool is baie trots op hom.
Die Hoërskool Porterville is trots om aan te kondig dat een van sy leerders, Jayde Waanar (gr 10B), die nuutverkose leerder is om saam met Jan Thys Basson by die uitruilprogram tussen die Bergrivier-munisipaliteit en die Belgiese dorp, Heist op den Berg, betrokke te raak. Die skool glo hy sal die Hoërskool Piketberg puik verteenwoordig en ’n baie positiewe ervaring hê skeidsregter gedien by die Interdistrikte netbaltoernooi in Riversdale Hy het vir die o 11 en o 18-ouderdomsgroepe geblaas Die skool is baie trots op hom
Drie netbalspelers van die Hoërskool Porterville het van Donderdag 17 tot Saterdag 19 Julie Weskus-netbalspanne by die Wes-Kaapse interdistrikstoernooi in Riversdal verteenwoordig Van links is Jacqlin Visagie (o.16) wat ’n sesde plek behaal het, Micay Lewis (o 14) en Zoé Josephus (o.11), wat vyfde plekke behaal het Josephus is ook as onderkaptein van haar span gekies Die skool is baie trots op al drie
Tel nr.: 02271 31241
22 Hout Street, Vredenburg
E-Mail: ckadmin@cecilkilpin co.za
Noluvu Ludidi
Die Langebaan-atletiekklub bied op Saterdag 23 Augustus ’n halfmarathon aan. Deelnemers kan kies om die 5-km-, 10-km- of 21-km-wedloop aan te pak. Volgens Christopher Rodgers, die wedloopdirekteur, kan atlete uitsien na pragtige uitsigte en ’n heerlike roete reg deur Langebaan “Hierdie wedloop dien ook as geldinsameling vir die Langebaan-atletiekklub, wat sal help met vervoer, toere, gesonde voeding, gimnasiumgeld, prysuitdelings, maatskaplike verantwoordelikhede in die gemeenskappe en soveel meer.”
Die totale prysgeld is R45000, wat onder die wenners in hul ouderdomsgroepe verdeel sal word. Die skool met die meeste inskrywings sal R2500 asook ’n trofee ontvang.
Alle atlete is welkom om deel te neem, maar moet volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek hardloop. Deelnemers aan die 21-km-wedloop spring om 07:00 weg, die 10-km-wedloop begin om 07:30 en die 5-km-wedloop om 08:00. Die prysuitdeling vind omstreeks 10:30 plaas.
Die inskrywingsgeld: Vir die halfmarathon beloop dit R190 vir gelisensieerde atlete en R275 vir ongelisensieerdes (sluit ’n tydelike lisensie van R85 in). Deelname aan die 10-km-wedloop kos R110 gelisensieerd en R170 ongelisensieerd (sluit ’n tydelike lisensie in; seniors betaal R60 en juniors R40). Deelname aan die 5-km-wedloop kos slegs R40. Inskrywings sluit Sondag 10 Augustus.
•Besoek entryninja.com om in te skryf.
•Bel Leroy Jacobs by 083 928 9827 of stuur e-pos na Langebaanac12@gmail. com vir nog inligting.
Vredenburg-gholfklub
Woensdag 23 Julie 2025
Individuele Stableford: Goue oues (Golden Oldies)
1 Barry van den Heever 37
2 George Coomer 36
3 Joop Luus 34
4 Mossie Moolman 34
Two Clubs: Barry van den Heever 2 Alan Durant 18 Geen Jackpot
Nuni: Lynn Smith
Saterdag 26 Julie
Medal: Bekker-vleispryse
1 Philip de Kock 68
2 Ockie Schoeman 69
3 Nick Delport 71
4 Edgar Hockly 73
5 Jackie Thurling 73
Two Clubs: Dawie Joseph 5
Geen Jackpot
Nuni: Alan Durant
Getye: Saldanhabaai (Langebaan-strandmeer +40 minute)
Met nog net ’n paar wedstryde oor in die Weskus-Grootuitdaagbeker-kompetisie stuur Weskus-rugby beslis op ’n drama af
Die liga begin Saterdag (2 Julie) met die opbou na ’n onvermydelike klimaks en die kompetisie raak al hoe meer opwindend
Hierdie rugbyverhaal is op ’n mespunt Terwyl die laaste wedstryde nader kom, neem die spanning toe – elke wen, elke telling, elke flater kan die uitkoms laat kantel Die vraag bly: Wie gaan die twee topspanne wees?
Die genoemde spanne kan die volgende vier weke die uitslae alles verander en die Grootuitdaag se finale hoofstukke omskryf:
• Saldanhabaai is die voorloper en het die afgelope naweek seker gemaak dat hy in die eerste plek bly deur St Helenabaai met 37-36 te klop Komende Saterdag sal hy die wedstryd tussen St Helenabaai en Vredenburg met valkoë volg, want sy volgende teenstander is Vredenburg op hul tuisveld op Saterdag 9 Augustus Sy voorlaaste wedstryd is 16 Augustus teen Goedverwacht Alle oë sal egter op sy laaste wedstryd teen Young Hearts op Saterdag 23 Augustus op hul veld wees Sou Saldanhabaai al sy wedstryde wen, kan hy moontlik op 82 punte eindig
• Velddrif, wat in die tweede plek staan, het twee wedstryde oor Hulle kan op 75 punte eindig as hulle ’n voltal bonuspunte kry deur Langebaan op Saterdag 2 Augustus tuis en Young Hearts op Saterdag 16 Augustus te klop
• Vredenburg kan op 80 punte eindig as hy sy oorblywende drie wedstryde wen
• St Helenabaai is ook nog in die wedloop vir ’n topplek op die punteleer Met drie wedstryde uitstaande teen Vredenburg, Goedverwacht op 9 Augustus (weg) en Piketberg op Saterdag 16 Augustus (tuis) kan hulle ook kwalifiseer
• Met Young Hearts as die buiteperd teen Steenberg Cove (Saterdag 2 Augustus, tuis), Langebaan (Saterdag 9 Augustus, weg), Velddrif (Saterdag 16 Augustus, tuis) en Saldanhabaai (Saterdag 23 Augustus, tuis) kan hulle die kaarte lelik deurmekaarkrap met ’n buitekans om te kwalifiseer. Uitslae van die afgelope naweek se wedstryde in die Weskus-streek lyk soos volg: Goedverwacht 37-50 Hopefield; Piketberg 22-34 Young Hearts; Saldanhabaai 37-36 St Helenabaai; Steenberg’s Cove 19-86 Velddrif; en Vredenburg 33-26 Paternoster Swartland: Darling 22-33 Abbotsdale; Good Hopes 39-29 Riebeeck United; Never Despairs 27-30 Mamre; Saron 39-29 Moorreesburg; en Villagers Wittewater 35-35 Porterville