




Alida Buckle
’n Onwettige immigrant van Lesotho is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op ’n bekende en geliefde egpaar van die Aurora-distrik in 2023
Phindile Khaya Pone, wat vir Pierre (59) en Belinda de Kock (56) op hul Holvlei-teeplaas gewerk het, is skuldig bevind op alle aanklagte teen hom –moord, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die voorneme om ’n misdaad te pleeg
Regter Mark Sher het in sy uitspraak op Dinsdag 22 April bevind dat Pone die rooftog by die egpaar en hul uiteindelike moord met voorbedagte rade beplan en uitgevoer het Sy twee vermeende medepligtiges, ook burgers van Lesotho wat vir die De Kocks gewerk het, is nog op vrye voet
Sher het Pone tot lewenslange tronkstraf vir elke moord gevonnis, plus ’n verdere dertig jaar Die Holvlei-teeplaas het werk aan 32 mense verskaf Plaaswerkers het in die verhoor getuig oor die verwoestende uitwerking wat die moorde op hulle gehad het
Die De Kock-egpaar is Vrydag 2 Junie 2023 wreedaardig aangerand, gemartel en vermoor Hulle lyke is eers twee dae later, nadat niemand hulle telefonies in die hande kon kry nie, op die plaas ontdek ’n Werker het hulle by die plaasopstal gaan soek Daar het sy op Belinda se bebloede lyk in die hoofslaapkamer afgekom en die polisie ontbied Pierre se lyk is in die motorhuis gevind.
Volgens die klagstaat het plaaswerkers, wat die Vrydag goedere by die plaaswinkel gekoop het, Pierre die laaste keer omstreeks 19:00 gesien
Pone en sy trawante was saam met hom in die winkel
Voordat Pierre vermoor is, is hy gedwing om sowat R230 000 in verskeie kleiner bedrae in Pone se bankreken-
ing oor te betaal
Belinda het eers later die aand by die huis gekom en is reguit na die slaapkamer, waar haar moordenaars haar ingewag het Sy het nog die klere aangehad waarmee sy dié dag by haar onderneming op Piketberg, Droomland, gewerk het
Dié onderneming het ook aan verskeie mense werk verskaf
Dr Nadene-Louise Scherman se nadoodse ondersoek op die De Kocks op 7 Junie 2023 het bevind dat Pierre dood is as gevolg van bloedverlies weens ’n diep snywond voor aan sy nek Belinda is op ’n soortgelyke wyse vermoor –met ’n diep snywond aan die nek
Die moordenaars is nooit weer ná die Vrydag op die plaas gesien nie Pone se saak is eers in die Laaipleklanddroshof aangehoor voordat dit na die hooggeregshof in Kaapstad geskuif is Dié moord raak die gemeenskap diep Net soos wat medelye ná die skokkende moorde van oral af ingestroom het, het verteenwoordigers uit verskillende sektore van die Sandveld- en Weskusgemeenskap vroeër petisies met duisende handtekeninge laat instroom om borgtog vir Pone teen te staan Die petisies verwys veral na die De Kocks se ekonomiese bydrae tot die plaaslike gemeenskap
Noluvu Ludidi
’n Klop aan die deur om te sê haar seun het iets oorgekom, was een van die grootste vrese wat Rolien Vermeulen in die gesig moes staar Haar oudste seun, Gerswin Rabie (17), ’n leerder aan die Hoërskool Diazville en ’n inwoner van White City in Saldanha, was in die fleur van sy lewe, maar dit is in ’n oogwink tragies kortgeknip Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is Gerswin net ná 00:00 op Sondag 20 April met ’n mes doodgesteek. Die voorval het blykbaar plaasgevind ná ’n partytjie wat Gerswin en sy vermeende aanvaller bygewoon het. Wat sy dood nog moeiliker maak, is die feit dat hy slegs enkele ure voor sy aanneming Sondagoggend vermoor is Vermeulen moet weer die pyn van verlies dra nadat sy haar man in 2021 in ’n motorongeluk verloor het.
Medelye het van oral ingestroom vir sy naasbestaandes, wat getuig van die invloed wat hy op baie mense gehad het. Vermeulen beskryf haar seun as ’n stil mens, maar ook een wat nie disrespek geduld het nie. Sy meen Gerswin het ’n 21ste-verjaarsdagpartytjie bygewoon, waar hy nie gemaklik was met die manier waarop sy vermeende aanvaller met een van die gaste by die partytjie gepraat het nie, en het opgestaan vir wat reg is Sy sê haar seun het sy aanvaller geken, maar het nooit in sy geselskap en sirkel vertoef nie.
“Hy het huis toe geloop en die outjie het hom seker langs die pad gekry. Hy moes seker my kind ingewag het êrens toe dit gebeur het.”
Vermeulen beskou dit as ’n onnodige dood en gaan haar seun se glimlag baie mis. “Hy was ’n baie grapperige mens –
laggerig – en altyd baie netjies. Sy klerekas was altyd mooi gepak en hy het baie in die huis gehelp Gerswin het alles vir my maklik gemaak en het altyd seker gemaak oor ons veiligheid wanneer hy by die huis gekom het.”
Die jongman het groot planne vir sy toekoms gehad en wou graag ná skool verder gaan studeer. “In hierdie moeilike tyd moet ek net sterk wees vir my kinders,” voeg Vermeulen by Gerswin laat sy ma, twee susters en ’n broer agter.
Die 18-jarige Shurief van der Merwe het Dinsdag (22 April) in die Vredenburg-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn. Die saak is uitgestel en Van der Merwe sal môre (Vrydag 25April) vir ’n borgtogaansoek verskyn
Die staat het gister (Woensdag 23 April) sy saak gesluit teen die drie beskuldigdes wat van die ontvoering en verkoop van Joshlin Smith (7) beskuldig word. Boeta Appolis en Steveno van Rhyn staan saam met Joshlin se ma, Kelly Smith, tereg Al drie het gister aangedui dat hulle hul swygreg uitoefen en dus nie gaan getuig of getuies gaan roep nie.
Regter Nathan Erasmus het ook Van Rhyn en Smith se regsverteenwoordigers se aansoeke van die hand gewys om hul kliënte onskuldig te bevind weens ’n tekort aan bewyse. Ingevolge Artikel 174 van die Strafproseswet (Wet op Strafprosesreg 51 van 1977) kan ’n hof ’n beskuldigde van ’n strafregtelike aanklag vryspreek indien daar aan die einde van die staat se saak geen bewyse aangebied is wat daarop dui dat die beskuldigde die oortreding gepleeg het nie.
Joshlin is op Maandag 19 Februarie 2024 by die Saldanha-polisiekantoor as vermis aangemeld. Die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur, maar ten spyte daarvan word Joshlin tot vandag toe nog vermis.
Appolis, Van Rhyn en Smith het op 7Maart 2024 die eerste keer in die hof verskyn en die verhoor het op Maandag 3Maart vanjaar in die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, begin Een van die laaste getuies in die staat k, lt.kol. Ria Mo is ’n kub
jonger kinders sien In die video rig die destydse aspirant-parlementslid Gayton McKenzie die selfoonkamera op Smith se jongste dogter en seun en gesels met hulle terwyl duisende mense ingeskakel is Erasmus het op hierdie tydstip dié spesifieke video laat stop en gevra dat die dele waar die twee minderjariges verskyn, vinniger vorentoe gespeel word. Hy het sy afkeer dat die gesigte van minderjariges op nasionale televisie en op sosiale media gewys word, duidelik gestel.
“Al dra dit die goedkeuring van ander weg, gaan ek dit nie toelaat nie.” Kelly ontken deurentyd in die video dat sy enigiets met Joshlin se verdwyning te doen gehad het.
Die hof het ook die insetsel gesien waar Kelly se suster, Michaela Daniels, wat vroeër in die saak getuig het, ook met McKenzie in die Spur-onderhoud praat. Daniels beskuldig daarin vir Kelly dat sy weet waar Joshlin is omdat sy gesê het haar kind is steeds in die plakkerskamp.
Adv Aradhana Heeramin, wat die staat se saak saam met adv Zelda Swanepoel behartig, het Morris nog video’s laat wys, waaronder ’n televisieonderhoud waarin Boeta verskyn. ’n Video is ook gewys waarin McKenzie en nog mans vir Van Rhyn in ’n motor laai en dan met hom ’n onderhoud voer Van Rhyn sit t ’n bord kos skoot.
During the Easter weekend all officials were out in full force making their presence known on the roads of the West Coast.
On Saturday 19 April the West Coast saw one fatal collision on the R27 between Yzerfontein and Langebaan, involving a light motor vehicle and a petrol tanker. Sergeant Wesley Twigg, provincial police spokesperson, said a 43-year-old male was declared dead on the scene by medical personnel, while the driver of the truck received treatment for minor injuries. "The circumstances surrounding the incident are under investigation. Langebaan police registered a culpable homicide case."
Motorists had to be patient as both lanes were closed at one point due to safety reasons. At the start of the Easter weekend, the Saldanha Bay
Safety Initiative (SBSI) activated an integrated Easter roadblock initiative on Thursday 17 April at two spots, including the R45
field road and the R27 along the Engen West Coast 1 Stop, showing high visibility It is reported that between Thursday 17 and
Alida Buckle
Die Darling-polisie is tans besig om die onwettige storting van onverwerkte menslike oorskot naby Ganzekraal te ondersoek. Dit spruit uit die ontdekking van ’n hoop as langs ’n klomp asdromme op Vrydag 19 April langs die Weskuspad (R27) in die omgewing van Ganzekraal-vakansieoord.
Die as is vermoedelik dié van ’n mens Nadat die polisie die misdaadtoneel oorgeneem het, het die forensiese eenheid dit vir leidrade gefynkam. Leidrade waarop afgekom is, is vir forensiese ontleding gestuur. Die Darling-polisie het ’n navraag geopen en ondersoek die saak Bel kapt. Jonathan Otto by 076 669 0108.
’n 50-jarige man van Eendekuil is Vrydag 19April omstreeks 17:45 aangekeer nadat hy ’n U-draai gemaak en oor ’n kind gery het Sy eerste hofverskyning is op 21 Julie 2025 op aanklagte van dronkbestuur asook roekelose en nalatige bestuur
’n 18-jarige man is Saterdag 20 April omstreeks 02:15 in sy hand gewond Die slagoffer was by ’n vriend se huis in Chatsworth, Malmesbury, en het na buite gestap omdat hy iets buite gehoor het Hy het ’n onbekende man met ’n vuurwapen gesien Die aanvaller het op hom geskiet, waarop die slagoffer die huis in gehardloop het Die aanvaller het nog ses skote afgevuur, waarna hy gevlug het
Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord
Die lyk van ’n tweejarige meisietjie is Sondag 21April om 15:00 in ’n kanaal op ’n plaas in die Malmesbury-omgewing gevind
Bantu Njambatwa (34) is Sondag 20 April omstreeks 18:58 in sy hokkie in Litiumstraat, Ongegund, doodgeskiet Njambatwa is in die kop en linkerbors geskiet Die Vredenburg-polisie ondersoek die omstandighede rakende die moord
Sowat vier sakke ondermaat-kreef is Woensdag 16April omstreeks 22:40 by ’n motoris gekry nadat sy voertuig in ’n padblokkade op die R27Yzerfontein-kruising naby Darling deursoek is Met die deursoek van die silwer Toyota Tazz is 155 ondermaat-kreef gekry Die 34-jarige man het verlede Donderdag (17 April) in die Darling- rondgaande landdroshof verskyn
Monday 21 April, a total of 22 fatal crashes were recorded in the Western Cape, resulting in 22 lives lost.
This marks a decline compared with the 26 road-related fatalities reported over the 2024 Easter period.
Muneera Allie, head of communication for the Western Cape Mobility Department, said they extend their deepest condolences to the families and loved ones who lost someone on the roads during the weekend.
“While it is encouraging to see a reduction in road fatalities this Easter compared to last year, we must not lose sight of the fact that every life lost is one too many.
“All road users are reminded that safety is a shared responsibility. Please obey road rules, avoid reckless behaviour, and ensure that you are fit to drive, not tired or under the influence.”
Motorists are urged to practice caution on the roads as another long weekend approaches
Dié 230 Boss-Mandraxtablette met straatwaarde van R9200 is op Vrydag 18 April om 08:00 in die besit van 31-jarige Nigeriese burger gevind Die Vredenburg-polisie het inligting opgevolg dat ’n spesifieke wit voertuig dwelms vervoer Die voertuig is in Hoofstraat opgemerk en afgetrek en toe dit deursoek is, is die Mandraxtablette gevind Die verdagte het op Dinsdag 22 April in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Foto’s: SAPD
Dié sowat 12606 witmossels is op Donderdag 17 April omstreeks 00:30 in Elandsbaai gekonfiskeer Agt mans tussen 30 en 53 jaar is voorgekeer en deursoek Sakke vol witmossels waarvoor hulle geen permit gehad het nie, is gevind Die verdagtes het op Dinsdag 22 April in die Lambertsbaai-landdroshof verskyn
RasaadAdams
The Western Cape High Court is expected to deliver judgement by no later than 29 April following an urgent application by the DA and EFF to have the 0,5% VAT increase, that is set to take effect on 1 May, declared unlawful
The parties’ respective applications were heard on Tuesday 22 April with a full bench consisting of Western Cape Judge President Nolwazi Mabindla-Boqwana and judges Kate Savage and Andre la Grange
Both parties have argued that the increase, announced earlier this year, would place an undue burden on already struggling South African households and may have bypassed necessary parliamentary procedures
Advocate Michael Bishop, representing the DA, contended that Finance Minister Enoch Godongwana overstepped his authority by announcing the VAT increase without explicit parliamentary approval
He emphasised that “the power to tax
can’t be delegated to the executive”, highlighting concerns over the lack of a formal vote on the fiscal framework report in Parliament
He said their case was about who decides to increase the VAT percentage
“It is a decision for Parliament to make,” he argued
Advocate Tembeka Ngcukaitobi, representing the EFF, described the VAT increase as “substantively unconstitutional” and criticised the process as “irrational and deceptive”
He argued that the increase would exacerbate inequality and adversely affect the poor
In response, Advocate Mahlape Sello, representing Minister Godongwana, defended the legality of the VAT hike, stating that the minister’s actions were within constitutional bounds and subject to parliamentary oversight
She warned that halting the increase would disrupt the fiscal framework and need alternatives to address the deficits
Noluvu Ludidi
Natasha Jantjies durf vanjaar die Comrades-marathon vir die tweede keer aan.
Dit is ’n droom wat in 2024 vir dié Langebaan-inwoner waar geword het. Volgens Jantjies is die doel van vanjaar se deelname, op Sondag 8 Junie, om weer vir haar organisasie, Inspiration, ’n organisasie sonder winsbejag, te hardloop om geld in te samel. Jantjies se doel is om R50 000 in te samel. Sy meen om aan die Comrades- marathon deel te neem, verg harde werk, vroeg opstaan en gesond eet. “’n Mens leer nogal baie uit die ervaring en ek het op die reis so baie nuwe mense onmoet wat vandag my vriende is.”
Jantjies wil met die geld
verder in die jeug belê, juis omdat dit die missie van Inspiration is “Daar is ook drie seuns wat vanjaar in matriek is en ons wil baie graag die dag vir hulle spesiaal maak. Daar is ook geleenthede waar ons die jeug wil uitneem na ander dorpe se jeugdiges en dit sal baie met vervoer kan help ”
Sandra Bester van die Strandlopersatletiekklub, wat ook vir Inspiration gaan hardloop om sodoende geld in te samel, neem vanjaar vir die negende keer aan die Comrades deel “My doel is om 10 te doen sodat ek my permanente nommer kan kry Ek doen dit vir persoonlike groei om my te help om veerkragtigheid, vasberadenheid en selfdissipline te ontwikkel ”
Jantjies is versot op fiksheid
en sien baie uit na die geleentheid. “Jou skenking sal direk bydra tot die skep van geleenthede vir hierdie verdienstelike jong individue om hulle te help om hul volle potensiaal te ontsluit en ’n beter toekoms te bou,” sê Jantjies.
Om ’n bydrae te lewer en meer uit te vind, besoek https://inspirationlangebaan. org.za/support/ of skakel Jantjies by 076 582 5959.
. Altesaam 17 atlete van Strandlopers- atletiekklub neem aan die Comrades deel. Weslander kon nie betyds terugvoer van ander atletiekklubs bekom oor nog deelnemers aan vanjaar se Comrades nie. Laat weet ons gerus indien jy aan vanjaar se Comrades-marathon deelneem Kontak ons by weslander@novusmedia.co.za of 082 576 0453.
André Kleynhans by die mangat wat onlangs weer oorstroom het Hy hou ’n Weslander van 1999 vas, waarin destyds ook oor riool wat in Paternoster oorloop, geskryf is
Alida Buckle
Riool wat by ’n mangat uitborrel, in die pad afloop, sy weg na die stormwaterstelsel en vandaar na die stormwaterdam vind, is al dekades ’n bekommernis vir inwoners van Paternoster.
Inwoners het hul griewe tydens ’n gesprek op die terrein op Donderdag 6 Maart vanjaar teenoor munisipale verteenwoordigers gelug
Die sakeman André Kleynhans het foto’s van 1999 waar riool by dieselfde stormwatermangat uitborrel. Volgens hom kom die probleem al dekades aan met die oorspronklike RioolpompstasieA in St. Augustinestraat wat nog nooit opgegradeer is nie.
Dié pompstasie het volgens Kleynhans nie die kapasiteit om die verhoogde druk van ’n snelgroeiende dorp te hanteer nie. Die terugvloei stroom uiteindelik uit ’n rioolmangat in ’n ontwikkeling van Anker Meesterbouers. “Die pompstasie is in 2004 gebou om aan die vraag van daardie ontwikkeling te voldoen.” Kleynhans is destyds die versekering gegee toekomstige ontwikkelings in die dorp sou met die uitbreiding van die pompstasie gepaard sou gaan
Die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) het in antwoord op ’n navraag gesê die nuwe Paternoster-afvalwaterbehandelingswerke is in Februarie 2013 gebou en in gebruik geneem. “Hierdie projek het die opgradering van die pompstasie in St.Augustine (Pompstasie A) en die bou van ’n nuwe hoofpompstasie B ingesluit. Die St.Augustine-pompstasie is opgegradeer om aan toekomstige vereistes te voldoen. In hierdie stadium het die pompstasie
voldoende kapasiteit en geen opgraderings is nodig nie.”
Inwoners kla ook dat die Paternosterafvalwatersuiweringswerke hopeloos onderpresteer, met swak behandelde afvalwater wat na die see vloei en ’n gesondheidsrisiko vir die gemeenskap stroomaf inhou. Die inwoners meen skewe prioriteite in hulpbrontoewysing is deel van die probleem. Die SBM het nie op dié beskuldiging geantwoord nie.
Die SBM is ook gevra wat aan die probleem gedoen gaan word. Die antwoord was dat die oorloop-afvalwater gemonitor en by die Nasionale departement van water en sanitasie (DWS) aangemeld word, soos voorgeskryf deur die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998. “In die geval van nie-nakoming, sal die DWS ingryp, indien dit nodig geag word.”
Volgens die SBM is hy tevrede met die prestasie van die Paternoster-afvalwaterbehandelingswerke wat tans teen “38% hidrouliese lading met ’n organiese lading van 642 kg COD/d” werk. Hulle verwys na die jongste analise deur ’n onafhanklike, geakkrediteerde laboratorium wat aandui die fekale kolivorme is minder as 1 telling per 100ml en die chemiese suurstofvraag 24,5mg/l.
Die oorloop van riool in waterbronne soos wat op onlangse foto’s en video’s in Weslander se besit gesien kan word, hou egter steeds ernstige risiko’s vir openbare gesondheid en die omgewing in. Onbehandelde riool bevat skadelike patogene soos bakterieë, virusse en parasiete wat siektes kan veroorsaak – van ligte gastroïntestinale probleme tot ernstige siektes soos hepatitis en cholera
•Bykomende bron: Pathogen and Particle Associations in Wastewater (PubMed).
The Allan Gray Orbis Foundation, a member of the Allan & Gill Gray Philanthropies has officially opened applications for its Allan Gray Fellowship Programme.
The programme invites Grade 12 learners with entrepreneurial potential and strong academic performance who are preparing to transition to university, driven to make a meaningful impact, to apply before 30 April.
The Allan Gray Fellowship Programme is more than just financial support for university studies.
It is an entrepreneurial journey that equips young leaders with the mindset, skills and networks to thrive.
Recognising that entrepreneurship is a long and often challenging path, the Allan Gray Fellowship offers a comprehensive support system that includes mentorship, coaching, personal and academic development, not to mention exposure to a dynamic entrepreneurship ecosystem
Candidate Allan Gray fellows gain access to real-world entrepreneurial experiences, peer-driven innovation spaces and expert-led mentorship structures designed to support them, from generating ideas to launching impactful ventures.
Through this holistic approach the programme ensures that by the end of their university education, Candidate Allan Gray fellows are not only aca-
demically equipped, but also entrepreneurially empowered, ready to create value through responsible entrepreneurship and drive meaningful change in society.
Fellowship application requirements:
• South African citizenship
• Applicants must be under the age of 21 in the year of application
• A minimum of 60% in pure Mathematics or 80% in Mathematical Literacy for final Grade 11 results
• A minimum average of 70% for final Grade 11 results (excluding Life Orientation) An intention to study towards a Commerce, Science, Engineering, Law, Humanities, Arts, or Health Sciences degree (excluding Medicine, Veterinary Science, and Dentistry) at one of the following partner universities:
•University of the Witwatersrand
•University of Johannesburg
•University of Cape Town
•Nelson Mandela University
Rhodes University
•University of the Western Cape
•Stellenbosch University
•University of Pretoria
•University of the Free State
•University of KwaZulu-Natal
•TSiBA Business School
Applications close 30 April at 17:00. Visit www.allangrayorbis.org to download an application form or apply for the fellowship online
Merlyn van Rheede
Op 27 April vier Suid-Afrika Vryheidsdag – ’n dag wat die einde van Apartheid en die begin van ’n demokratiese bestel in 1994 simboliseer.
Dit is ’n tyd van herdenking en viering, maar ook van besinning. Vryheidsdag is veronderstel om ’n viering van demokrasie en gelykheid te wees – ’n dag om ons vryhede te vier, wat met groot opoffering gekom het.
Ons is dalk vry van politieke onderdrukking, maar is ons regte as ’n meertalige nasie werklik gewaarborg?
Een van die kernvrae wat ons op hierdie dag moet vra, is: Het alle tale werklik gelyke vryheid in ons demokrasie? Of is ons steeds vasgevang in die hegemonie van Engels as die dominante taal van openbare en amptelike kommunikasie?
Hoewel ons ’n Grondwet het wat 11 amptelike tale erken, sien ons ’n groeiende tendens waar Engels die enigste taal van
mag en status word.
Dit is die taal van regeringskommunikasie, van akademiese vooruitgang en van korporatiewe sukses. Dit blyk ook dat meertaligheid in die praktyk dikwels plek maak vir ’n stilstand waarin Engels de facto die enigste werkende taal in verskeie sektore is – van onderwys tot regstelsels en sakekommunikasie Ander tale, insluitend Afrikaans en die inheemse Afrikatale, word toenemend gemarginaliseer.
Onlangs was daar redes tot kommer oor taalregte, veral in die konteks van Afrikaans. Die afskaffing van Afrikaanse nuusbulletins op die SABC en verminderde ondersteuning van hierdie taal in onderwysinstellings is konkrete voorbeelde. Die ironie lê in die feit dat Apartheid ’n onregverdige voorkeur vir Afrikaans geskep het, en nou ondermyn magtige invloedsyfers sy voortbestaan.
Afrikaans het self ’n komplekse geskiedenis – dit was die taal van onderdrukking vir
sommige, maar ook ’n moedertaal wat deur miljoene gepraat word.
Vandag is Afrikaans onder druk aan universiteite en in openbare instellings, terwyl sprekers van Afrikatale dikwels geen toegang tot dienste in hul eie taal kry nie.
Hoe kan ons werklik van gelykheid praat as sekere tale
prakties uitgesluit word?
Vryheid moet beteken dat mense die reg het om in hul moedertaal te leer, te werk en met die staat te kommunikeer
As ons Vryheidsdag vier, moet ons ook vra: Wie se vryheid vier ons regtig? Is dit vryheid vir almal, of net vir dié wat Engels magtig is?
Dit is tyd om die belofte van 1994 ernstig op te neem en werklik ruimte te maak vir alle tale in ons samelewing. Want taal is nie net ’n kommunikasiemiddel nie – dit is identiteit, kultuur en ’n bewys van ware vryheid.
Ironies genoeg was die nuwe demokrasie veronderstel om alle tale se regte te beskerm en te bevorder Tog sien ons hoe ander inheemse tale, soos Xhosa en Zulu, ook sukkel om erkenning en prominensie in openbare en ekonomiese sfere te kry. Die wanbalans in taalregte laat vrae ontstaan oor die ware omvang van taalgelykheid en inklusiwiteit in Suid-Afrika.
As ons werklik die vryheid van 1994 wil vier, moet ons kri-
ties nadink oor hoe ons tale in Suid-Afrika behandel word. Dit verg bewustheid, beleidsverandering en ’n aktiewe poging om meertaligheid as ’n bate eerder as ’n las te sien Afrikaans, saam met al die ander inheemse tale, verdien om erken en beskerm te word – nie net in die wetgewing nie, maar in die praktyk.
Vryheid behoort nie net ’n politieke konsep te wees nie. Dit moet ook kultureel en taalkundig betekenisvol wees. ’n Ware demokratiese samelewing is een waar alle tale ruimte kry om te floreer – nie net Engels nie.
Vryheidsdag herinner ons aan hoe ver Suid-Afrika gekom het, maar dit herinner ons ook aan die werk wat nog gedoen moet word. Taalregte is ’n onlosmaaklike deel van ons vryheid, en dit is ons kollektiewe verantwoordelikheid om te sorg dat geen stem – hoe klein ook al – onderdruk word nie.
• Merlyn van Rheede is die noordelike streeksbestuurder van die Afrikaanse Taalraad.
die kopiereg op alle materiaal gepubl seer n Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie Kantoor SMSlyn Uitgewer
Redakteur
022 713 1251 (t) 022 713 2487 (f) 32510 Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Maryke Swart maryke swart@novusmedia.co.za Redaksie
Noluvu Ludidi Alida Buckle Nuuswenke noluvu.ludidi@novusmedia co.za alida.buckle@novusmedia.co.za nuus@weslander.co.za
Advertensies
Madelie van Tonder madelie.tolken@novusmedia.co.za
Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za
Esterhuizen voor die tragiese ongeluk wat hom verlam gelaat het Hooffoto: In sy rolstoel nadat ‘n tragiese motorongeluk hom in 2023 verlam gelaat het
Sirkulasie: On the Dot
Algemene navrae: 087 353 1300 (Tel)/087 353 1333 (WhatsApp) intekenare@media24 com Nuwe intekenare: intekenare nuut@media24 com
Hernuwings: hernuwings@media24 com; Joernalis aan diens/Nuuswenke
Trish Goosen 082 576 0453
LETTERS/BRIEWE
C wi com ab
In a heartwarming display community spirit, Verusca Franzman, Mrs South Semi-Finalist, nurse Rozaa and assisting nurse He visited a Blomtuin Day Centre in Vredenburg cate the children on impo of oral health. The outreac gram, which targeted between the ages of 4 to promote healthy habits
The interactive session designed to be fun and with the children particip in toothbrushing demon tion and learning about quences of poor oral he make the experience even
The West Coast Prestige Schools Chess tournament, held on Saturday 15 March at the Cedarberg Academy in Citrusdal, showcased exceptional young talent across multiple age divisions.
Among the standouts were four promising players from Genesis Chess Club in Vredenburg, each making their mark in different categories
In the u-19 division, Indiphile Limani from Louwville High School claimed joint 1st place, demonstrating remarkable skill and composure against the tournament’s most seasoned competitors. Limani’s performance has established them as one of the region’s top young chess talents.
Chloe Mitchels from Vredenburg High School secured 3rd place in the u-15 category, impressing observers with her tactical prowess and resilience throughout the competition. Her strategic approach to difficult positions proved decisive in several crucial matches.
The u-17 division saw Shaundre Lewaks from Hopefield High School earn joint 3rd place after a series of challenging games. Lewaks displayed exceptional problem-solving
Lewaks
Shaundre
abilities and creative play that caught the attention of many attending coaches.
Completing Genesis Chess Club’s impressive showing was Maxlin-Lee Kotze, from Eden Primary School who captured 3rd place in the u-13 section. Despite being one of the youngest competitors from the club, Kotze demonstrated maturity and strategic thinking beyond their years “These results across different
age categories speak volumes about the development programme at Genesis Chess Club,” noted tournament director Hendrik van Rooyen “To have competitive players at every level is no small achievement.”
The success of these players promises an exciting future for chess in the Western Cape region. Their determination and strategic brilliance ensure they will be names to watch in South African chess for years to come.
Verskillende skole uit die omgewing het verlede Saterdag (12April) aan die 22ste Wintersportdag van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) deelgeneem. Dit was ’nreusesukses.
Omtrent 3 500 mense het die geleentheid bygewoon en ’n dag vol rugby en netbal geniet
Willie Taylor, die skoolhoof, het die byeenkoms geopen en die sukses van só ’n sportdag aan deelnemende skole, ouers, spelers en ondersteuners wat die streek se kinders die geleentheid gee om hul gunstelingsportsoort te kan beoefen, toegeskryf.
Altesaam 13 skole met 58 rugbyspanne en 72 netbalspanne, wat uit bykans 1 000 leerders bestaan het, het vanjaar deelgeneem.
Dit was ’n indrukwekkende vertoning deur skole van onder meer Vredendal, RiebeekKasteel, Paarl, Langebaan en Tulbagh.
CPM se o.8-, o.9- en o.10-netbalspanne het al hul wedstryde gewen – ’n prestasie waarop die
skool baie trots is
Die sukses van hierdie sportdag sou nie moontlik gewees het sonder die bydraes van borge uit die gemeenskap nie.
Die skool het sy opregte dank teenoor Afgri, BVSA, Checkers, Citrusdal-kelders, FODB, Food Lovers’ Market, HCT Konsult, InteliGro, Nedbank, Rola Volkswagen Malmesbury, Rugga Roots, Shift Netball Academy, Swartland Investments en Malmesbury Toyota vir hul gewaardeerde ondersteuning uitgespreek.
Die dag het nie net oor sport gegaan nie; daar was ook ’n verskeidenheid kosstalletjies uit die Swartland-streek met iets
vir almal.
Die CPM gee liefdadigheidsorganisasies die geleentheid om hul geldsake op die sportdag te versterk en die VLV Malmesbury se pannekoek is elke jaar ’n wenner.
Leerders het lekker eetgoed soos die gewilde “chip twister”, geniet en tussen wedstryde het besoekers aan onder meer heerlike koffie, slaptjips, pizzas, boereworsrolle, bevrore jogurt en pasteitjies gesmul.
Die Wintersportdag is gekenmerk deur uitstekende sportmanskap en het ’n geleentheid vir die vorming van hegte vriendskappe tussen deelnemers geskep
Noluvu Ludidi
Jaydean Farmer (16), ’n leerder van die Hoërskool Diazville, het die geleentheid gehad om lid van die Wes-Kaapse skaakspan te wees. Leerders van oor die Weskus heen het hul beste voetjie voor gesit en in die WesKaap-proewe om die SA skaakspan te haal, meegeding.
Hoewel Farmer nie die SA skaakspan gehaal het nie, meen sy die ervaring om aan die proewe te kon deelneem, het haar baie geleer
“Ek het baie uit my foute geleer en ek weet nou deur dié reis waar om my skaak te verbeter,” vertel Farmer.
Haar liefde vir skaak het in gr.1 begin toe haar skaakafrigter ’n toets aan die leerders gegee het en dié wat die beste gevaar het, het hy begin skaak leer.
Farmer sê sy het skaak ernstig begin opneem die oomblik toe sy dit begin leer het. Sy beskou haarself as ’n mededingende speler en haat dit om te verloor, maar het ook besef uit die verloor leer
jy lesse wat jou in die volgende wedstryd laat verbeter. Haar groot droom is om ’n wêreld-skaakkampioen te word, juis omdat nie baie vroueskaakkampioene bestaan nie. “Ek wil die wêreld wys elke vrou kan doen wat ’n man kan doen, indien nie beter nie!”
Hlalumi Bush (u-11) from Saldanha Primary School has progressed to the next round of the West Coast Netball Trials which will take place on Thursday 24 April Bush participated in the first trails on Wednesday 16 April
The school is very proud of this achievement and wishes her well going forward
The on-time admissions window for Grade R, 1 or 8 in 2026 closed on Tuesday 15 April and the Western Cape Education Department (WCED) received applications for 164 565 learners This is an increase of 12 577 compared to the on-time applications received for these grades for 2025, and the highest number of on-time applications received to date. The WCED thanks their parents for taking the responsible action of applying during the on-time window.
Next steps: Schools will now consider all of the applications received during the on-time window, and apply their admissions policies to select successful applicants. Schools will start to make offers of acceptance to parents from Friday 30 May, and parents will need to confirm their acceptance by Tuesday 17 June. The most important thing that parents can do now before the outcomes are available is to ensure that they update the department if their contact details change. David Maynier, Western Cape Minister of Education, said every year they face challenges with parents who are uncontactable when an offer is available for their child. Parents are urged to assist by providing accurate details Parents can contact the WCED call centre on 0861 819 919 (press 1 for admissions) to make the necessary changes to their contact details
LATEAPPLICATIONSFORGRADER,1 AND8:
“We have seen a substantial decrease in the number of current Grade 7 learners whose parents have not submitted applications from over 25 000 to 8 900. We encourage the remaining parents to submit applications as soon as possible. For those parents who did not apply on time, the online admissions system will remain open for late Grade R, 1 and 8 applications until Friday 16 May. After this date, late applications will need to be submitted via education district offices. Late applications will only be considered by schools after the applications received during the on-time window have been considered We appeal to parents to submit their late applications immediately, as waiting until later can result in delays in placement and will make it harder to plan.” The online window for transfer applications for Grades 2 to 7 and 9 to 12 will open on Monday 4 August and close on Monday 18 August. Transfer applications for learners who have reached their highest grade in their school, or whose parents have relocated, will be prioritised. The online admissions system is available at www.westerncape.gov.za/ education/service/learner-admissions
Al is hy deesdae ’n bekende gesig op die kassie, is hy intens bewus van die opofferings wat dit gekos het om te kom tot waar hy vandag is.
So skryf André Smith, ’n medewerker van Weslander, oor Ashley Auldrinn Riddles (26), ’n Weskusklong met sy komvandaan Saldanha.
Hy het nog tot onlangs die rol van Shakiel Cloete in die gewilde Afrikaanse telenovelle Skemergrond gespeel.
Hoewel hy tans in Blackheath in die Kaap woon, kom kuier hy nog gereeld by sy ouers in Vredenburg.
Smith het meer by hom gaan uitvind oor sy akteursloopbaan en die pad wat hy gestap het tot hier:
Kan jy ons meer vertel oor wie die mens agter die opkomende akteur is?
“Ek is ’n baie sportiewe mens en was in my jonger dae baie atleties. Ek is ook ’n rugbyspeler en het die Weskus-ligatitel in 2018 saam met die span van Saldanha gewen. My eerste werk ná skool was by U-Save in Vredenburg, waar ek rakke gepak het voordat ek in 2019 Kaap toe verhuis het.”
Hoe het jy jou grootwordjare ervaar en watter waardes het dit in jou vasgelê?
“My grootwordjare was nie die beste nie, maar ek het ten minste baie liefde en ondersteuning van my familie ontvang. My pa is in die weermag. Ons het eers by die Saldanhavlootbasis gewoon en in 2012 na die Langebaanweg-lugmagbasis verhuis. Ek moet sê in Langebaanweg het my lewe drasties verander met die vriende wat ek gemaak het. Hulle (my vriende) het my baie goed beïnvloed Daar was baie sportiewe jongmense na wie ek opgekyk het, al was ek ouer as die meeste van hulle. Ek het baie by hulle
oor en van my liefde vir sport geleer. Ek het hierdie lesse gekoester en dit saam met my die toekoms in geneem Ons moeilikste ervaring as ’n familie was sekerlik toe ek vir twee operasies aan my oor gegaan het. Dit het daartoe bygedra dat ek in 2011 my gr.7-jaar moes herhaal Ek was maar min in die skool aangesien ek gereeld in en uit die hospitaal was. My punte was daarom nie juis bogemiddeld nie.”
Gepraat van jou skoolloopbaan… kan jy ons ’n bietjie meer hiervan vertel en wat jy ná skool gaan doen het?
“My laerskoolloopbaan het by die Laerskool Saldanha begin, waar ek ook my swemtalent ontdek het. Ek was ’n kranige swemmer; ek het altyd aan die swemkompetisies deelgeneem, waarin ek rugslag geswem het. My liefde vir rugby het ook daar begin
“In 2013 het my hoërskoolloopbaan by die Hoërskool
Louwville begin Dit was destyds ’n nuwe skool wat in 2012 geopen is. Ek het in 2017 gematrikuleer Ons was die eerste matrieks in die nuwe Hoërskool Louwville-gebou.
“Ná skool het ek vir ’n kort tydjie sakebestuur by Weskuskollege studeer, maar sommer in die eerste semester al uitgeval. Dis hierna dat ek ’n werk by U-Save in Vredenburg gekry het om rakke te pak. Toe ek in 2019 Kaap toe trek, het ek by Blackheath Primary konstruksiewerk gedoen. Dit was gedurende die tydperk toe die nuwe Blackheath Primary School gebou is
“Dis in dieselfde tydperk toe my tante my van City Varsity vertel het. Ek het vir die drama-kursus by City Varsity ingeskryf en die kursus ná vele uitdagings voltooi. Dis hier dat my liefde vir drama begin het.”
City Varsity en Covid-19
E-pos: weslander@novusmedia co za Dagboekinskrywings is gratis
Inskrywings moet voor 17:00 op ’n Maandag ontvang word
SATERDAG 26 APRIL
Mark Haze presents a tribute to Bon Jovi at Die Koelkamers Bon Jovi has been topping music charts worldwide since the wild days of the 80s hair-rock-stadium scene With massive songs like “Living on a Prayer”, “It's my life”, “You give love a bad name” and “Blaze of Glory”, to name but a few The show will start at 17:00 and tickets cost between R322 and R460 To book visit www diekoelkamers com
Markdag by die Skilpadsaal, Vredenburg, van 09:00 tot 14:00 Almal is welkom Vir meer inligting skakel 073 240 9988
SUNDAY 27 APRIL
James Stewart and John Ellis: Now that’s what I call Music is coming to Die Koelkamers This show is not about imitation – it’s a celebration of genius songwriting itself Known for their soulful and charismatic chemistry, James and John have the uncanny ability to turn familiar tunes into something entirely new; a nostalgic trip The show will start at 17:00 and tickets cost between R138 and R253 To book visit www diekoelkamers com
VRYDAG 2 MEI
'n Spitbraai-geselligheid met Jak de Priester en Steyn Fourie word in die NG kerksaal in Langebaan aangebied Kaartjies is beskikbaar teen R250 per persoon en word by die kerkkantoor verkoop Dit sluit in die optrede deur die kunstenaars en ’n aansit-spitbraai-ete Bring eie drinkgoed
Vir meer inligting kontak die kerkkantoor by 022 772 2813
SATERDAG 3 MEI
Die NG kerk Laaiplek word 60 en vier dit met ’n basaar propvol ou gunstelinge, soos tafels wat
“Covid het in my tyd by City Varsity toegeslaan Ek was verplig om my studies tydelik te staak omdat ek nie juis die geld gehad het om verder te studeer nie. Dis in daardie tydperk dat ek ’n oproep van Paul Venter en Jaco Laubscher, die vervaardigers van Homebrew Films, ontvang het. Hulle het my toe ’n werk by een van die gewildste sepies in die land – Suidooster – aangebied. Ek het eers as ’n kameraassistent begin en opleiding ondergaan om boom operator (klank) en extra coordinator te wees. In 2023 het ek bevordering gekry by Suidooster om in die kunsdepartement te werk waar ek props vir die akteurs moes aandra. In daai tyd het ek steeds bly glo dat my geleentheid om ’n akteur te word, sou waar word deur net met die oog te steel hoe die akteurs hulle vir hul tonele voorberei. Akteurs soos Dean John Smith, Gantane Kusch, Portia Joel, Theodore Jantjies en selfs die jong Jadon Booysen het my baie geïnspireer. Ek is vandag steeds dankbaar dat ek so baie by Suidooster geleer het. Mense soos Jawaahier Petersen het my altyd gemotiveer om aan te gaan en te bly glo Sy het altyd gesê dat ek dit binne die volgende vyf jaar groot sal maak in die bedryf en ek hou steeds vas aan daai woorde.”
Ná jou dramakursus by City Varsity het die “magic” begin gebeur. Vertel ons meer hiervan.
“Ek moet bieg en sê dat acting nie my eerste liefde in die bedryf is nie. Ek wil graag eendag ’n regisseur word. Maar ná die dramakursus wat ek by City Varsity gedoen het, het die gogga my gebyt en ek het op die beroep verlief geraak. Die lekkerste gedeelte van my werk is om op stel te werk. Ek geniet dit baie! Dis veral vir my ’n groot voorreg om met gesoute akteurs
onder koeke kreun, pasteie wat jou na jou ouma laat verlang en afvalpotte waarvoor fynproewers langpad ry
Lê weg aan basaarpoeding, pannekoek en allerhande Weskus-spesialiteite
Maak ook plek in jou vrieskas vir vars vleis en vis en versier sommer jou huis met pragtige blomme en kunsvlyt
Geniet ’n brekkie-bun en pannekoek van 08:30 af in die teetuin met die basaar wat amptelik om 09:30 open
SATERDAG 10 MEI
Liewe Heksie en die Wals kom Die Koelkamers toe Kaartjies kos R150 Maak seker jy loop dit nie mis nie Kaartjies kos R150 en vind plaas om 11:00 en 14:00 Maak seker jy loop dit nie mis nie Om te bespreek besoek www diekoelkamers com
Celebrate mom this Mother’s Day with Weskus Mall Moms will get to paint a beautiful canvas while sipping on a glass of bubbly (alcohol free), because all moms deserve a little art time and relaxation! Tickets are R50 per person
Bookings essential: Email marketing@ weskus-mall co za or phone 022 703 6900 to confirm your booking
WOENSDAG 14 MEI
Die Dameskring bied Magda Louw met Desiré Gardner by die Weskus Skool in Saldanha aan Dit begin om 18:30 vir 19:00 Kaartjies kos R180 per persoon Kontak Elize Boshoff by 079 890 4534 of Magriet van der Merwe by 084 584 2408 vir kaartjies
SUNDAY 29 JUNE
A gospel talent competition hosted by Thyrone Pieterse will be taking place at The House of Potter Church in Vredenburg Starting at 16:00 everyone who wants to share their talent – whether it be dancing, rap or singing – is welcome The entry fee to take part in the competition is R70
Tickets will be sold at the door at R25 for children 10 to 15 years and R50 for 16 years and older
For more information and to enter contact Thyrone on 061 408 6347
soos Dan Jauque Mouton, Nazli George en vele ander saam te werk. Uitdagings van die werk is om altyd voorbereid te wees en altyd karaktergetrou op stel te kan bly... om lewe te gee aan ’n karakter.
“My grootste prestasie is sekerlik my eerste televisie-rol in Skemergrond as ’n akteur. Nog ’n prestasie was om my eie kortfliek in ’n ‘1-minute Short Film Festival’ te wen.
“My ma speel ’n groot rol in my sukses, want al kan sy my nie alles gee nie, is sy die een wat kliphard bid vir my. Ek glo vas al het ’n mens min, maar jy het ’n biddende moeder, is jy al klaar ryk. My ma het altyd voor skool gesê ek is “meer as ’n oorwinnaar” en destyds het ek nie geweet wat dit beteken of hoe baie dit vir my beteken om daai woorde te hoor nie. Vandag verstaan ek haar woorde en weet ek wat dit vir my beteken.”
Hoe en waar is jy in jou gemeenskap betrokke?
“Ek is tans by die Blackheath-rugbyklub betrokke Dit is die Police Blackheath Rugby Club wat ons sowat drie jaar gelede gestig het. Ek speel rugby vir ons klub en is ook deel van die klub se bestuur. Een van die groot doelwitte is om eendag ’n afrigter van ’n rugbyspan te word. En al is ek nie meer fisiek in die Weskus nie, sal ek steeds daarvan hou dat hulle my as een van hulle beskou En natuurlik doen ek my bes om hulle steeds trots te maak.”
Daar is so baie jongmense wat ook graag wil uitstyg in die lewe. Wat is jou boodskap van hoop aan hulle?
“Moenie net vaskyk teen dit wat jy op televisie sien nie.
“In my grootwordjare het ons as familie baie swaarkry beleef. Daar was tye toe ons so mismoedig was.
“Daar was dae toe daar min was om te eet, maar ons as
familie het saamgestaan Moenie te hard wees op jouself nie. Wees geduldig. Die Here sal op die regte tyd die regte deure vir jou oopmaak.”
Wat hou die toekoms vir Ashley in?
“Ek sal baie beslis nog kortflieks wil skiet. Ek wil ook nog steeds op my rugby fokus en beplan om my afrigtingskursus in rugby te voltooi,”sluit hy af. Hy het die nasie se harte gesteel met sy verskyning as akteur in die Afrikaanse sepie Suidooster En toe slaan hy ’n rol los in die telenovelle Skemergrond Albei geleenthede het nie maklik gekom nie. Dit het met baie opofferings, deursettingsvermoe, ’n leersame gees en die wil om te waag gepaard gegaan.
Ek wil my verstout om te noem dat die naam Ashley Riddles nog baie op televisie, radio en – noem maar op – gesien en gehoor gaan word!
Een ding is egter gewis en dit is dat hy wat Ashley is, altyd gemotiveer sal word deur die woorde van sy ma: “Onthou, jy is meer as ’n oorwinnaar, my kind.”
Geen wonder dat dit ook sy gunsteling-slagspreuk is nie – deur al hierdie dinge is ons “meer as oorwinnaars”.
begin om 12:00 en 17:00 Kaartjies kos tussen R208
CECIL KILPIN & KIE. GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS (SA) EN GEREGISTREERDE OUDITEURE REKENINGKUNDIGE DIENSTE SEKRETARIëLE DIENSTE OUDIT DIENSTE BELASTING TESTAMENTE BOEDELBEREDDERING
Ons kan u behulpsaam wees Tel nr: 022 713 1241
E-pos: ckadmin@cecilkilpin.co.za
Murphy Roberts
Hamiltons SP (Seepunt) is die nuwe Saldanha- Super 8-Paastoernooikampioen.
Hamiltons het Maandag (21 April) in die eindstryd die Northern Rhinos met 36-12 gelooi. Hamiltons het die toernooi met ’n goeie oorwinning oor Tygerberg begin en daarna was daar eenvoudig geen keer aan die span nie Hammies, soos die oudste klub in Suid- Afrika bekendstaan, het in die tweede ronde die voormalige Boland-kampioen Worcester Villagers behoorlik vir hul plek in die
eindstryd afgeransel en die wedstryd gemaklik met 55-5 gewen Rhinos, van Limpopo, het ook sy plek in die eindstryd verseker met ’n 46-12-oorwinning oor Blanco
Villagers het egter op dag een die gasheer, Saldanha, in ’n naelbyter 43-40 geklop. Die gasheer het een van sy swakste vertonings by die toernooi gelewer en kon slegs een wedstryd wen om in die sewende plek te eindig.
Tygerberg het ook Saterdag verdere sout in die gasheer se wonde gevryf toe hulle maklik met 43-26 baas was oor Saldanha
Tygerberg het met sy 32-31-oorwinning
Atlete van die Saldanha-atletiekklub het weer eens ’n goeie Saterdag beleef – dié keer by die jaarlikse Laguna Mall-padwedloop wat oor afstande van 5km en 10km gestrek het
1ste plek: Leighton van Wyk 2de plek: Nathaniel Cloete 3de plek: Luchaan Koopman
Die 10km is gewen deur Emmanuel Fredericks, ’n Athletics Academy-atleet wat deel is van Saldanha-atletiekklub se oefenprogram, asook Chrystal Adams, wat ’n algeheel vierde plek vir vroue in die 10km asook tweede vir juniors behaal het Veronique Nel was algeheel vyfde vir vroue in die 10km.
Houtstraat 22, VREDENBURG Ons is daar vir u met koste effektiewe dienste NM10008593-DW240425
Die res van die atlete het ook almal goed presteer en medaljes ontvang Tans is die klub ernstig aan die voorberei vir die landloopseisoen wat oor twee weke begin. Salkoriane se atlete reg vir baan en veld Gereed, fiks en baie selfgemotiveerd om teen die beste atlete van die land te gaan deel neem – dit is die Salkoriane wat oorgehaal is vir die Suid-Afrikaanse Meestersatletiek- baan-en-veldkampioenskap in Oudtshoorn Die geleentheid vind tussen Donderdag 1 en Saterdag 3 Mei plaas Die atlete vertrek aanstaande Woensdag (30 April) en bedank almal wat ’n finansiële bydrae gelewer het vir hul verblyf, vervoer en inskrywingsgeld Agter staan die atlete Hendrick Basson, Willem Fortuin, John Bouwers, Veronica Leroux, Welize Dokter, Piet Dokter en Patricia Mentoor Voor: Sakkie Mentoor en Rencia Swartz