Weslander-E-edition-29 May 2025

Page 1


Eindfluitjie blaas vir afrigter

Nes ’n eindfluitjie wat net te vinnig geblaas word, só is Shandré “Shakes” Pieters (41), ’n geliefde rugbypersoonlikheid en afrigter van Vredenburg, se lewe Saterdagaand (24 Mei) kortgeknip.

Pieters is in ’n huis in Tweedelaan, Louwville, doodgeskiet – onder omstandighede wat deel is van die Vredenburgspeurtak se ondersoek. Een verdagte is reeds in hegtenis geneem weens die voorval wat omstreeks 21:45 gebeur het.

Die man het reeds vandeesweek in die Vredenburg-landdroshof verskyn – voorlopig op aanklag van moord – maar die klag kan dalk verander na gelang van die feite wat bekendraak.

Volgens Gaynor Bester, sy skoonsuster, was Pieters Saterdagaand in Fairbairnstraat by sy ouerhuis om die vrou met wie hy al twintig jaar sy lewe deel, Chuneila “Zel” Bester, se verjaardag te vier. Hy het gou omgeloop na sy suster se huis daar naby om sy swaer, Theo Wilson, te gaan sê dat hulle later na ’n dans toe gaan Daarvandaan is hy na ’n vriend se huis in Tweedelaan, waar ’n ander vriend hom geroep het om gou ’n “doppie” by hulle te kom drink. Die tragedie het hom by dié huis afgespeel. Gaynor vertel dat iemand Chuneila kom roep het. Sy is meegedeel sy moet gaan kyk – Shakes is in Tweedelaan

geskiet. Met haar aankoms by die huis het sy Shandré in die huis op die grond met ’n skietwond deur die hart gekry. Hy was reeds dood. “Die mense in die huis kon nie vir Chuneila sê wie hom geskiet het nie,” het Gaynor gesê. Pieters was sy hele volwasse lewe by die Vredenburg-rugbyklub betrokke.

Hy was ’n gerespekteerde figuur in die plaaslike rugbywêreld – eers as speler as haker en flank, en die afgelope drie jaar as afrigter van die C-span. Volgens Winslo Jordaan, die klubkaptein, het die C-span onder Pieters se leiding al die nuwe Grootuitdaagliga van die Weskus gewen.

Pieters was ook lid van die klubgroep wat die Superliga in 2011 gewen het en het ook vir die Krewe-krieketklub gespeel.

Pieters het as haker en flank rugby gespeel – ook vir die Hoërskool Weston, waar hy gematrikuleer het. Ná skool het hy by Weskus Aluminium (Bonvoy) se motorhuisdeur-afdeling begin werk, waar hy tot met sy afsterwe was.

Sy skielike heengaan los sy familie, vriende en lede van die Vredenburg-rugbyklub en wyer rugby-geledere in skok en rou.

Pieters se “ope, eerlike hart” sal Jordaan altyd bybly, sê hy.

Ook hoe hy altyd oor sy klong, Shandré Junior, “wat in alles goed is”, gespog het Pieters het “nie sommer kwaad geraak nie en sy dorp in sy hart gedra – veral op die rugbyveld”, het Jordaan gesê. Gaynor sal hom

onthou as iemand wat lief vir mense was – “’n regte terggees wat hom aanhoudend ‘dik’ gehou het”.

Shandré Pieters

“Jy het kwaad geraak vir hom, maar moes agterna maar net weer lag vir sy skerp sin vir humor,” onthou sy met deernis “Shandré was ’n opgewekte, lewenslustige mens. Never a dull moment as hy naby was.”

Hy was ’n ware gesinsman, pa en staatmaker wat vir sy kinders geleef het. Dit is vir hulle verskriklik swaar om te aanvaar dat hul pa nie meer met hulle is nie.

“Shandré was enig in sy soort en sy dood het ons as familie

baie swaar getref. Dit voel nog alles só onwerklik,” het Gaynor afgesluit. Benewens Chuneila word

Shandré oorleef deur sy ouers, Koos en Cathleen Pieters, sy suster Zenobia Pieters, en sy drie kinders, Karishine (21), Tamzine (16) en Shandrè Jr (11) •Begrafnisreëlings was nog nie bekend teen die tyd dat Weslander drukkers toe is nie, hoewel ’n gedenkdiens die afgelope Dinsdagaand (27 Mei) vir hom gehou is

Shandré Pieters en sy lewensmaat, Chuneila Bester (agter), saam met hul kinders, Karishine (21), Tamzine (16) en Shandré Junior (11).

Long Acres hou spogdag vir vroue

Die Longacres-privaatskool in Langebaan se vroue – mamma’s, onderwyseresse en hul vriendinne – het Saterdag (24Mei) glansryk opgedaag vir ’n oggend saam met die motiveringspreker Aletté Winckler

Sy het die gehoor laat skater met haar kwinkslae oor ma-wees en die vroue ’n kykie gegee in haar lewe as Heinz Winckler, die eerste Idols-wenner en nou pastoor, se vrou en die ma van hul vier kinders. Benewens motiveringspraatjies is Aletté ook ’n internasionaal gesertifiseerde voorkomskonsultant en die skrywer van selfhelp-, motiverings- en kinderboeke. ’n Tasbare energie was vóór en ná die spoggeleentheid op die Schaftplaas-gasteplaas naby Hopefield

nie. Sy lyk opreg en eg – net haarself. Sy het die gehoor aangemoedig om tyd vir hulself te maak sodat hulle nie uit ’n leë glas probeer daar wees vir almal om hulle nie – vandaar die oggend se tema, die “Fill Your Cup”-vroue-oggend. Deel van die tafelversierings was pragtig versierde koekies, wat deur die huishoudkunde klas van die skool gemaak is, en ’n heerlike kolwyntjie, Rooi- en witwyn is voorgesit en elke gas kon die spekboomstiggie by haar sitplek huis toe neem Die sjef Anene Loubser van eat (exeptional-aromatic-tantalizing) se hoenderpastei was voortreflik, maar die verrassing van die dag was die uitsonderlike sjokoladekoeke met meringue-versiersel op elke tafel Dit was smelt-in-die-mond-lekker. Verskeie vroue was gelukkig om ’n gelukstrekking te wen en hulle het ook lootjies getrek vir

Pa verkrag glo sy kind

'n Bekende gemeenskapsleier van 'n dorp in die Weskus- gebied het die afgelope Maandag (26 Mei) in die Vredenburgse landdroshof verskyn op twee aanklagte van verkragting van ’n minderjarige, aanranding met die doel om ernstig te beseer en beskadiging van eiendom

Die saak word deur die Vredenburg-kinderbeskermings- eenheid ondersoek

Die veertigjarige man het na bewering die afgelope Vrydag (23 Mei) sy tienerdogter verkrag

In die klagte word beweer

die voorval het plaasgevind nadat die pa op pornografiese materiaal op die kind se foon afgekom het

Die kind is na bewering na ’n strand naby die dorp geneem waar sy glo verkrag en gewurg is

Die saak is uitgestel tot Maandag 2 Junie om die Vredenburg-kinderbeskermingseenheid die geleentheid te gun om die saak verder te ondersoek en forensiese monsters vir toetse weg te stuur

Hoewel die beskuldigde se naam en van aan Weslander bekend is, mag dit ingevolge wetgewing nie gepubliseer word nie aangesien dit die minderjarige sal identifiseer

Misdaadbrokkies 29 Mei

 ’n 21-jarige man is Sondag (25 Mei) omstreeks 01:40 in Melastraat, Witteklip, aangerand Hy ontvang steeds mediese behandeling terwyl die Vredenburg-polisie ’n saak van poging tot moord ondersoek . ’n 28-jarige man van Papegaaistraat, Malmesbury, het Sonda-

goggend (25 Mei) omstreeks 06:20 gehoor hoe sy voorhek toegaan Hy het die deur oopgemaak en drie mans in sy erf sien staan Die mans het uit die erf gegaan terwyl die klaer by die deur gestaan het maar een van die betreders het egter omgedraai en ’n vuurwapen op die man gerig Die man

Polisie lê beslag op plofstof, vuurwapens en ammunisie

Alida Buckle

Twee spanne van die Weskuspolisiedistrik het die afgelope week op ’n groot hoeveelheid onwettige vuurwapens, ammunisie, towersampioene en tik afgekom.

Polisiebeamptes van Eendekuil was verras oor die inhoud van ’n motor wat Vrydag 23 Mei by ’n voertuigbeheerpunt in Hoofweg, Eendekuil, voorgekeer en deurgesoek is.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, kon die bestuurder van die silwerkleurige Pajero nie sy rybewys toon nie.

Dit was omstreeks 11:50.

Hulle het toe die voertuig deursoek en ’n panga en ammunisie op die vloer van die voertuig aangetref. Die ammunisie het na bewering sommer oral in die voertuig rondgelê.

Daarna is ’n 9mm-pistool met

het die deur toegemaak, waarna ’n koeël die ruit in die deur getref het Die verdagte het die patroondoppie opgetel en weggeloop Niemand is beseer nie, maar ’n saak van poging tot moord word ondersoek . Rudowaar Moos (29) is die afgelope Saterdag (24 Mei) omstreeks 23:20 só erg in Eikehoutstraat, Kalbaskraal by Malmesbury aangerand dat hy mediese behandeling moes ontvang

die reeksnommer afgevyl, onder die bestuursitplek gekry, asook ’n hoeveelheid tik en towersampioene Twee verdagtes, Johannes Joubert (32) en Angelo Brand (19), is vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, ammunisie en dwelms in hegtenis geneem. Joubert en Brand het Maandag (26Mei) in die Piketberg-landdroshof verskyn, ook op aanklag van bestuur sonder ’n wettige lisensie Hulle is borgtog van R500 elk toegestaan

Joubert sal volgens Helfrich weer vandag of môre in die hof moet verskyn nadat nóg vuurwapens, ammunisie en plofstof by sy meganiese herstelwerk-onderneming gekry is. Die polisie het ’n lasbrief verkry om die perseel te deursoek.

Hy is egter in die hospitaal dood as gevolg van erge kop- en inwendige beserings Die Malmesbury-polisie ondersoek ’n saak van moord . Denvil Klaase (47) is Vrydag (23 Mei) omstreeks 15:15 na bewering deur Branden Boois (35) met ’n mes in die nek gesteek Boois is in hegtenis geneem en het Maandag (26 Mei) in die Lutzville-landdroshof op aanklag van moord verskyn . Die Vredendal-polisie ondersoek

In nog ’n suksesvolle optrede het die Vredenburg-polisie gister (Woensdag, 28 Mei) op nóg ’n groot klomp onwettige vuurwapens, ook nadat ’n lasbrief bekom is, afgekom ’n Man (69) is in hegtenis geneem. Beslag is gelê op 15 ongelisensieerde vuurwapens, elf vuurwapenlope, ’n handgranaat, 24 R5-rondes, 13 9mm-rondes en 60 haelgeweerrondes

Die beskuldigde verskyn ook vandag of môre in die hof.

’n saak van strafbare manslag nadat ’n vierjarige seuntjie die afgelope naweek (op Sondag 25 Mei omstreeks 13:40) op die pad tussen Lambertsbaai (R363) en Vredendal deur ’n voertuig getref is Die kind is op die toneel oorlede . Weslander stel weekliks 'n vinnige oorsig oor die misdaadgebeure van die afgelope tyd saam in samewerking met kapt Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik

Kinderregte dié week in die kollig

Kinderbeskermingsweek het

Saterdag (25 Mei) begin en eindig op Maandag 2 Junie

Kinderbeskermingsweek word jaarliks van einde Mei tot begin Junie gevier om die lig op die bewusmaking van kinderveiligheid te laat skyn Weslander het by Weskussers, wat hulle ook vir die regte van kinders beywer, gaan aanklop om hul mening oor die werklike betekenis van die week te kry

Trish Goosen, ’n inwoner van Vredenburg wat voorheen by Badisa Weskus gewerk het en tans by Siyabonga Care Village betrokke is, is baie bekend met die hartseer van kindermishandeling en -verwaarlosing in die Weskus-gemeenskap “Vir my is Kinderbeskermingsweek ’n tyd om mense van die enorme probleem bewus te maak sodat hulle geaktiveer kan word om nie net tydens hierdie week nie, maar ook gedurende die ander 51 weke van die jaar [iets kan doen] om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak Elke inwoner het werklik ’n geleentheid om in ons kinders te belê Hulle is ons land se toekoms Sommige mense voel geroep om pleegouers te word; ander kan hul tyd of vaardighede aanbied of skenkings gee Dan is daar ook diegene wat finansieël geseën is en die voorreg het om te kan bydra tot organisasies wat ’n ondankbare werk doen wat min mense kan sien, maar werklik ’n groot verskil maak,” meen Goosen Volgens Esmerelda Mckay, ’n aktivis

van Saldanha, is Kinderbeskermingsweek “ ’n herinnering aan ons dat ons jongelinge moet koester en beskerm”

“Ek daag almal uit om ’n groen strik te dra en hulself af te vra wat hulle kan doen om ’n veilige ruimte vir alle kinders in hul onderskeie gemeenskappe te skep ”

Met vanjaar se tema “Working together to end violence against children” sê Schalk Steenkamp, die hoofseun van die Laerskool Vredenburg, dat elke kind verdien om geliefd en regverdig behandel te word

“Kinderregte vereis dit in ons land se Grondwet Kinders van alle ouderdomme en agtergrond moet veilig voel en ons moet die siklus van kindermishandeling stop Alle kinders behoort te droom en hoop te hê vir ’n blink en suksesvolle toekoms ”

Alyssa van Greunen, die Laerskool Vredenburg se hoofmeisie, deel dieselfde sentiment en sê Kinderbeskermingsweek is belangrik

“Ons het die reg op veiligheid, geluk, goeie gesondheid en versorging en liefde Gesprekke oor die mishandeling van kinders, die verwaarlosing van kinders en boeliegedrag behoort in hierdie week ekstra aandag te geniet ”

By Diazville Primêr voel Ava Jane Damons, ’n gr 7-leerder, dat praktiese maatreëls toegepas moet word sodat kinders beter beskerm kan word

Tatum Petersen, ’n gr 8-leerder by dieselfde skool, voel ook mense kan kinders help deur te alle tye te verseker dat elke kind veilig en geliefd voel en kinders aan te moedig om die regte keuses in die lewe te maak

Ava Jane Damons en Tatum Petersen Alyssa van Greunen en Schalk Steenkamp
Trish Goosen Esmerelda Mckay

Baken kry nuwe lewe

Die Loedolfhuis in Malmesbury, ’n historiese baken gekenmerk deur sy Viktoriaanse boustyl, ondergaan tans ’n betekenisvolle gedaanteverwisseling waar die bewaring van erfenis met praktiese onderwys gekombineer word.

So sê Ivan Swart, die openbarebetrekkinge-beampte van Weskus Kollege, oor die Loedolfhuis op die hoek van Loedolf- en Kerkstraat Dié geskiedkundige gebou, wat in 2020 en 2021 weens enorme waterskade en strukturele agteruitgang beskadig is, ondergaan tans herstel- en restourasiewerk Die gebou dien volgens Swart al vir dekades as ’n herinnering aan die dorp se Viktoriaanse argitektuur van daardie era Vandag is die huis bestem om ’n spilpunt van onderrig en gemeenskapsbetrokkenheid deur Weskus Kollege te word Die restourasieprojek het ná goedkeuring in 2022 in fases begin.

Die eerste fase het op die beveiliging van die struktuur en die verwydering van onstabiele elemente ná die ineenstorting van die voor- en agterste gewels gefokus Fase twee het verlede jaar begin en die herbou en herontwikkeling van die eiendom binne streng erfenisbewaringsriglyne behels

Swart sê die groot- en kleinhandelsektor-onderwys-en-opleidingsowerheid (W&RSETA) het ’n deurslaggewende rol in die projek vervul danksy hul finansiële

ondersteuning, wat die herstelproses van Loedolfhuis aan die rol gesit het

“Hul bydrae beklemtoon die waarde van strategiese vennootskappe in die bevordering van erfenisbewaring én onderwys ”

Loedolfhuis sal ná restourasie weer sy oorspronklike Viktoriaanse voorkoms aanneem, insluitend sy kenmerkende gewels en ysterdak.

Oorspronklike elemente soos die deure, vensters en houtwerk is waar moontlik tot hul volle glorie bewaar en behou

Volgens Swart werk die kollege steeds nou saam met Erfenis

Wes-Kaap om te verseker dat historiese integriteit deurgaans gehandhaaf word

Met verwysing na die visie vir Loedolfhuis het Lungisa Mbulawa, die hoof van Weskus Kollege, gesê die plan is om Loedolfhuis as ’n restaurant en gastehuis te bedryf, wat voortaan deur

Weskus Kollege se gasvryheidskool gedoen sal word Dit sluit ’n vergader- en konferensielokaal in waar studente met belanghebbendes en verwante rolspelers in die bedryf in aanraking kan kom Die aangrensende Loedolfanneks, wat tans ook aangebou word, sal hierdie visie aanvul deur ’n bakkery te huisves wat spesialisopleiding in fyn patisserie sal aanbied en studente in die gasvryheidsbedryf se vaardighede dus verder sal bevorder

“Hierdie projek bewaar nie net ’n belangrike stukkie erfenis van die dorp nie, maar dien as ’n realistiese leeromgewing vir studente Deur Loedolfhuis tot sy volle glorie te herstel – danksy die ondersteuning van organisasies soos W&RSETA – belê Weskus Kollege terselfdertyd in sy studente en die gemeenskap deur ’n historiese terrein in ’n praktiese en inspirerende projek op te knap ”

Informed about roads

The Western Cape Minister of Infrastructure, Tertuis Simmers, and officials of his department continued their roadshow on the new Provincial Roads Delivery Model to roadworkers, officials, councillors and mayors of the West Coast District Municipality (WCDM)

This follows similar sessions on the Garden Route, in the Central Karoo and Cape Winelands districts

“The decision to rethink the current road-delivery model in the Western Cape through district municipalities is informed by a comprehensive assessment of value for money for residents and performance over the past five years

According to a statement released after the event, which took place in Moorreesburg on 20 May, it was clear the district municipality had ensured the message of the session had reached all staff, and a full staff complement attended the session

“Unlike other district municipalities, where staff were not informed,” Simmers pointed out, “this was yet another example

of the commitment of the West Coast District Municipality and testimony of its ‘can do’ approach to service delivery

“The new Roads Delivery Model, which discontinues the road-agency function of district municipalities in the province, is a significant shift in how road infrastructure will be managed from now on

“While standardisation is important I treat every case on its own merit because it is about cost effectiveness, value for money and service delivery for our residents ”

He compared the West Coast District Municipality with the three other district municipalities he had visited ahead of this session, saying the WCDM delivered good-quality work, delivered on its annual targets and offered good value for money

“In the case of WCDM I will therefore not absorb the function back into the department The status quo will remain in place for the municipality, but there will be a contractual re-evaluation and an even more rigid monitoring and evaluation system ”

Die historiese Loedolfhuis, oorspronklik in 1830 op die hoek van Loedolf- en Kerkstraat opgerig, ondergaan tans restourasie- en bouwerk nadat die huis se gewel in September 2021 meegegee het Restourasie het eers in 2024 begin
The Western Cape Minister of Infrastructure, Tertuis Simmers, and officials of his department continued their roadshow on the new Provincial Roads Delivery Model for roadworkers, officials, councillors and mayors of the West Coast District Municipality (WCDM)

Emosie loop hoog ná hof

se

uitspraak

Die uitspraak is gelewer – die drie mense wat by die verdwyning van die destyds sesjarige Joshlin Smith (nou al sewe jaar oud) betrek is, gaan daarvoor aanspreeklik gehou word

Dit was Vrydag 2 Mei die beslissing van regter Nathan Erasmus toe hy Kelly Smith (Joshlin se ma), haar kêrel (Boeta Apollis) en ’n vriend (Steveno van Rhyn) op al die aanklagte teen hulle – waaronder ontvoering en mensehandel – skuldig bevind het

Soos vandeesweek berig word, het Erasmus in sy uitspraak bevind dat ten spyte daarvan dat daar steeds geen teken van die groenoogkind is nie, die staat bo alle twyfel skuld bewys het ’n Vroeë aanduiding is dat hulle moontlik lewenslange tronkstraf in die gesig staar

Enkele ure nadat die uitspraak gelewer is, is Kelly se houthuis, waar sy voor haar inhegtenisneming saam met Boeta en haar drie kinders – Joshlin en haar sibbe – gewoon het, aan die brand gesteek

’n Vrou het haarself kort daarna aan die polisie oorgegee en sal tereg moet staan op ’n aanklag van brandstigting

Dit laat tog die vraag ontstaan oor hoekom mense na geweld neig om uiting aan emosie te gee, hetsy woede of blydskap

Dis nou as ’n mens die aanname kan maak dat die optrede weens die viering van die uitspraak was

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word n e

Kantoor

SMSlyn

Uitgewer

Redakteur

Redaksie

Noluvu Ludidi

Alida Buckle

022 713 1251 (t)

022 713 2487 (f) 32510

Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Maryke Swart maryke.swart@novusmedia.co.za

Nuuswenke noluvu.ludidi@novusmedia.co.za alida.buckle@novusmedia.co.za nuus@weslander co.za

Advertensies

Madelie van Tonder madelie.tolken@novusmedia.co.za

Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za

Sirkulasie: On the Dot

Algemene navrae: 087 353 1300 (Tel)/087 353 1333 (WhatsApp) ntekenare@media24 com Nuwe intekenare: ntekenare nuut@media24 com

Hernuwings: hernuwings@media24 com; Joernalis aan diens/Nuuswenke

082 576 0453

OMBUD

inhoud van Weslander aan ons ombudsman George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co za

uitkom, maar ’n kraaines vol probleme maak jou kop deurmekaar Wanneer mense ná ’n egskeiding of die dood van ’n geliefde ’n nuwe lewe bou, maar geen doeltreffende GPS het oor hoe om uitdagings te oorwin nie sukkel hulle Hulle wil; hulle weet wat hul beoogde doelwit is, maar dis moeilik om hul nuwe “N1” te vind.

En ek besef hoe dikwels het mense klein stukkies praktiese hulp nodig om hul doel te bereik – hulp om jou CV by te werk; blyplek vir ’n maand; ’n rygeleentheid of hulp met ’n aansoek by binnelandse sake; iemand wat regtig luister en prakties help wanneer tye skielik rof raak; dalk net ’n bed met ’n sagte kussing waar jy kan gaan lê en huil

En ek wonder: Is my ondersteuning vir die mense rondom my positief, of tree ek dalk soms op soos ’n foutiewe GPS? Gee ek hoop soos die sonneblom, of lyk ek soos ’n treurwilg wat self droogte in my gemoed beleef? Dokters Sonder Grense (MSF) is ’n humanitêre organisasie wat wêreldwyd kundige mediese hulp bied.

Môre is vir niemand gewaarborg

Die Weskus is dié week deur twee tragedies geruk wat die lewe van vier geliefde inwoners met 'n hart vir hul gemeenskap, geëis het.

Weslander berig vandeesweek oor die skietdood van 'n gerespekteerde rugbyafrigter wat nie net die plaaslike rugbygemeenskap armer laat nie, maar ook sy lewensmaat en drie kinders. In nog 'n tragiese gebeurtenis is drie Weskussers die naweek dood ná 'n gru-ongeluk in Namibië waarin altesaam ses mense dood is.

Die botsing het naby hul eindbestemming in Windhoek plaasgevind

Twee was jong talent met 'n belowende loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf

Al vier het planne gehad – vir die 24 uur wat voorgelê het en die toekoms, maar die planne is kortgeknip – een deur 'n sinlose moord en een deur 'n tragiese sameloop van omstandighede.

Dit herinner ons maar net weer eens hoe vlietend die lewe is, hoe ons nooit weet wat die dag van môre inhou nie en ook nie of ons die kans gaan hê om vir oulaas 'n geliefde te druk of te sê ons is lief vir hulle nie. Gebruik die tyd wat jy het, gryp geleenthede aan en moenie laat klein verskille broeiplek vind om groter te word nie; pak dit aan en beweeg aan, want môre is vir niemand gewaarborg nie.

Weslander spreek graag sy medelye uit met die families in die onderskeie tragedies.

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word n e

Kantoor

SMSlyn

Uitgewer

Redakteur

Redaksie

Noluvu Ludidi

Alida Buckle

022 713 1251 (t) 022 713 2487 (f) 32510

Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za

Maryke Swart maryke.swart@novusmedia.co.za

Nuuswenke noluvu.ludidi@novusmedia.co.za alida.buckle@novusmedia.co.za nuus@weslander co.za

Advertensies

Madelie van Tonder madelie.tolken@novusmedia.co.za

Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za

Sirkulasie: On the Dot

Algemene navrae: 087 353 1300 (Tel)/087 353 1333 (WhatsApp) ntekenare@media24 com

Nuwe intekenare: ntekenare nuut@media24 com

Hernuwings: hernuwings@media24 com; Joernalis aan diens/Nuuswenke

082 576 0453

OMBUD

C w c a

Gr R, 1 & 8 offers released soon

The on-time admissions window for Grade R, 1 or 8 in 2026 closed on Tuesday 15 April. Since then, schools have been applying their admission policies to select successful candidates.

Schools will start to make offers of acceptance to parents from Friday 30 May. Parents will then be required to confirm their acceptance by Tuesday 17 June.

David Maynier, minister of the Western Cape Education Department (WCED) encourages parents to ensure that they have their login details for the online admissions system ready in advance of the offers being made. "There is always a flurry of excitement, nerves and anticipation on this date, and not being able to log in as a result of a forgotten password can be extremely frustrating. A step-bystep guide to updating your login details is available on the admissions website to

assist parents."

The online admissions system, as well as more information about admissions, is available on the WCED website: https:// www.westerncape.gov.za/education/service/learner-admissions.

"We also ask parents to make sure that they have provided their correct contact details on the system Every year, we encounter difficulties communicating with parents whose contact details have changed since they made their initial application but who have not informed the Department. As a result, a place for a learner might be available, but the parents are not aware if they have not checked the system or have been uncontactable via phone."

Parents can contact the WCED call centre on 0861 819 919 or visit their education district office to update their contact details. Don’t wait! Ensure that your login and contact details are correct.

Curro Langebaan enjoyed wonderful Hermanus sports day

Diazville takes Curro on

Africa middleweight bronze

Returning home a middleweight bronze medallist, Mighty Sangoni (17) has not only made his school proud, but the West Coast as well

The young boxer from Diazville High School represented his town and school at the African Boxing Confederation youth men’s and women’s Boxing Championship in Conakry, Guinea, between Friday 16 and Sunday 26 May.

At this prestigious tournament he had the opportunity to climb into the ring with some of the best boxers across the continent, showing hard work, dedication and determination do pay off

The school also thanked his coaches, Thando Nkayi and Lebogang Motabogi as well as the Saldanha Military Base for their unwavering support and top-tier training that made this incredible opportunity possible.

Ivan Dwashu, sports coordinator at Diazville High School, said he is incredibly proud of Mighty and all he had achieved.

“This is no ordinary achievement. Mighty has faced difficult circumstances that would have discouraged many, but instead of giving up he pushed forward with determination, heart and discipline His success is not just a personal victory; it’s a powerful message to all our learners and the broader community that

greatness can still arise from our school and our town

“Mighty, you have become a symbol of hope. You’ve shown that no matter where you come from or what challenges lie in your path, with perseverance and courage you can still rise. You’ve lit a fire in the hearts of many young people, who now believe their dreams are within reach too,” said Dwashu.

Curro Langebaan would like to thank Curro Hermanus for hosting a wonderful sports day. The school is proud of the learners who showed true sportsmanship and determination Above is the u-7 netball
Diazville High School rugby teams showed true grit on the rugbyfield
van die begin al ’n wenner
Coach Thando Nkayi, Mighty Sangoni and Ivan Dwashu (sports coordinator at Diazville High School)

‘Vlam in die Sneeu’ op toer

Die produksie Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu toer nou ná ’n uitverkoopte en skitterende buiging in die Centurion-teater na die Kaap met ’n beperkte aantal vertonings van 29 Mei tot 1 Junie

Teaters in Durbanville, Paternoster, Strand en Stellenbosch sal gasheer wees vir hierdie roerende produksie wat deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P Brink geïnspireer is Hierdie teaterstuk, wat deur Scenario-produksies en die Centurion-teater aangebied word, herdenk nie net Jonker se lewe nie, maar bring haar wêreld – haar digkuns, haar passie en haar soeke na vryheid en menswees – met intensiteit en natuurlike poësie na die verhoog

Die produksie is gegrond op die geliefde boek Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink, en gebruik hul intieme korrespondensie in ’n teater- en musiekervaring wat harte diep raak

Die bekroonde aktrise Lizelle Pike vertolk die rol van Ingrid Jonker met hartroerende oorgawe en gee die kompleksiteit van die digter met passie en broosheid lewe

’n Meesleurende en liriese vertelling word onder die regie van Nadia Beukes, Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse geskep en vier liefde, verlange en die menslike gees

“My hoop vir hierdie produksie is dat dit sal word wat dit moet wees om twee mense se storie te eer en sodoende elke kyker te inspireer,” sê Beukes, wat haar regisseursbuiging met dié stuk maak

Die teks en nuwe musiekverwerking is deur die bekroonde digter en skrywer Jak J Brits geskep “Om die storie van ’n legendariese skrywer te vertel, haar woorde en poësie te verwerk en te

Lizelle Pike lewer ’n puik vertoning in Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu, wat nou in die Kaap in hierdie roerende produksie, geïnspireer deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P Brink, opgevoer word

toonset, is ’n groot voorreg,” sê Brits Sy werk gee nuwe lewe aan Jonker se digkuns, veral uit haar bundel Rook en Oker, met oorspronklike komposisies wat die emosionele landskap verryk Chanie Jonker, die musiekregisseur en pianis, lei die musikale reis wat Jonker se wêreld oopvou – ’n wêreld waar liefde brand, twyfel fluister en elke woord met dringendheid sing

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is veel meer as ’n liefdesverhaal Dit is ’n huldeblyk aan Jonker se stem, ’n uitnodiging om haar gees te beleef en ’n herinnering aan die krag van woorde en musiek

Kaapstad-toerdatums:

• 29 Mei – Die Boer-teater en restaurant, Durbanville

Kaartjies: www dieboer com

30 Mei – Die Koelkamers-teater, Paternoster

Kaartjies: www diekoelkamers com

• 31 Mei – The Drama Factory, Strand

Kaartjies: www dramafactory co za

• 1 Junie – Drostdy Boutique Teater, Stellenbosch

Kaartjies: www drostdyteater co za

A bigger Curry Festival on 7th

Last year the Curry Festival sold out in two hours, which prompted organisers to triple their stalls, closing the road and providing seating Organisers are ready to delight guests with yet another local culinary feast on Saturday 7 June in Voortrekker Street, Hopefield With a great diversity of curries, crayfish, afval, snoek head, hot lamb, mild chicken, pulled pork, gizzards, chicken livers, chu chu and livers, pancakes and more, there’s something for everyone There will also be fun for the children, all in a safe protected area behind the Co-op. Batman will also make his appearance When in town there are many other businesses and spots to visit For more information contact Marlene on 072 805 6181 or Gabrielle on 084 844 7996.

‘Joseph’ is back at the Bay

in all his ‘technicolor’ glory

Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat is set to dazzle Cape Town audiences

Producers Pieter Toerien and the Luitingh Alexander Musical Theatre Academy (LAMTA) are thrilled to present an electrifying new production of Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, the beloved musical masterpiece by Tim Rice and Andrew Lloyd Webber, which is running until 12 July at the Theatre on the Bay in Camps Bay, Cape Town Bursting with vibrant energy and unforgettable music and song, this production is set to captivate audiences of all ages as never before Tim Rice and Andrew Lloyd Webber's multi award-winning show Joseph and the Amazing Technicolor Dream-

Dagboek/Diary

E-pos: weslander@novusmedia co za Dagboekinskrywings is gratis Inskrywings moet voor 17:00 op ’n Maandag ontvang word VRYDAG 30 MEI

 Ingrid | ’n Vlam in die Sneeu met Lizelle Pike as Ingrid Jonker en die regie deur Nadia Beukes kom na Die Koelkamers: “Bitterbessie Dagbreek, Bitterbessie Son ’n Spieël het gebreek tussen my en hom ” Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd – onblusbaar, ongetem en vol lewe ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensorde liefdesbriewe van Ingrid en André Dit begin om 19:00 en kaartjies kos tussen R207 en R322 Besoek www diekoelkamers com om te bespreek

 Die NG Gemeente Saldanha hou sy jaarlikse gewilde Pik-en-Proeaand Maak seker jy loop dit nie mis nie Kaartjies sal by die deure te koop wees en kos R100 per boekie van agt kaartjies Vir meer inligting skakel 083 285 2729

SATURDAY 31 MAY

 The Family Band ft Mark Haze presents a Queen experience at Die Koelkamers with two shows This highly acclaimed rock show, with its multiple sold-out performances and rave reviews, features all the big hits, like “Another One Bites The Dust”, “The Show Must Go On” and more The first show starts at 12:00 and the second at 17:00 Tickets cost between R345 and R460 To book visit www diekoelkamers com

THURSDAY 5 JUNE

akteurs kom kuier om 10:30 by die Weskus Mall Lekker pryse om te wen – moet dit nie misloop nie Vir meer inligting, kontak Weskus Mall by 022 703 6900 of stuur e-pos na info@weskus-mall co za

 Saldanha Market at the Dial Rock Hall in Albatros Street All welcome

SUNDAY 8 JUNE

 The renowned actress and television personality Lizz Meiring (photo) will be at Hoedjiesbaai Hotel, starting at 12:00 Book your Sunday lunch and also get the chance to meet Meiring Tickets cost R250 per person and includes a three-course lunch To book, contact the hotel on 022 714 1271 or WhatsApp 067 568 76416

SATERDAG 14 JUNIE

 Skink en skilder in die donker: Kom skink en skilder in die donker met die NG kerk Laaiplek Nes fosfor op donker nagte strepe oor branders verf, so word jou glimverfkunswerk eers sigbaar wanneer die ligte afgaan Eet en drink lekker, maak litte los op die dansbaan en wedywer vir een van die kerk se 60-jaar-herdenkingslotte by die kleurvolle geleentheid Dit vind om 19:00 by Soverby Lapa in Dwarskersbos plaas Kaartjies kos R300 per persoon of bespreek ’n tafel vir 10 Vir meer inligting skakel 022 783 0046

 Weskus Mall is hosting a Father and kid-duo CrossFit event –come and support the Dads and their children from 10:00 in the Food court Are you as strong as dad? To enter, please contact Weskus Mall on 022 703 6900 or send an email to info@weskus-mall co za

SUNDAY 29 JUNE

 The Western Cape Blood Services will visit the Weskus Mall from 11:00 to 15:00 They will be located on the upper level next to the bathrooms For more information please contact Weskus Mall on 022 703 6900 or send an email to info@ weskus-mall co za

SATERDAG 7 JUNIE

 Die Suidooster-span met sewe van hul beste

 A gospel talent competition hosted by Thyrone Pieterse will be taking place at The House of Potter Church in Vredenburg Starting at 16:00 everyone who wants to share their talent whether it be dancing, rap or singing is welcome The entry fee to take part in the competition is R70 Tickets will be sold at the door at R25 for children 10 to 15 years and R50 for 16 years and older For more information and to enter contact Thyrone on 061 408 6347

JOBS VANDALISM COSTS YOU

coat has been performed hundreds of thousands of times, with multiple runs in the West End and on Broadway, and international tours of more than 80 countries worldwide

So it is one of the world's most beloved family musicals

It features much-loved pop and musical-theatre classics, including "Any Dream Will Do", "Close Every Door", "There's One More Angel in Heaven" and "Go, Go, Go Joseph"

A global phenomenon, Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat is celebrated for its timeless story, brilliant score, dynamic choreography and uplifting themes of hope, resilience and destiny Tickets are available online at Webtickets

Last year, approximately R40 million was spent fixing vandalised infrastructure. Millions are spent annually fixing damage caused by vandalism. Millions that could have been spent on making your area safer with more streetlights and more visible policing.

ENROLLED NURSE

• PROOF OF VALID SOUTH-AFRICAN NURSING COUNCIL REGISTRATION (SANC)

• MINIMUM OF 5 YEARS EXPERIENCE AS AN ENROLLED NURSE

• COMPUTER SKILLS

• HAVE A STRONG WORK ETHIC AND ENJOY WORKING IN A TEAM ENVIRONMENT

EMAIL CV TO: Vredenburg.gps@gmail com

CLOSING DATE: 04/06/2025

BOEDELKENNISGEWING

Boedel wyle EMMARENCHIA JANENE WILLIAMS, ID No: 7404260149080, wie getroud was binne gemeenskap van goed met Heinrich Bertram Williams ID No: 7212315120083 woonagtig te Sonneblomstraat 22, Hopefield, 7355, wie oorlede isop4Maart2015, Boedelnommer:025524/2024.

Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedelterinsaesallêbydiekantoorvandieMeester van die Hooggeregshof Kaapstad en die Landdroshof, Hopefield, vir ‘n tydperk van 21 dae gerekenvanaf30Mei2025.

BRAND&VENNOTEPROKUREURS

1VanZylStraat

Posbus1040

Vredenburg,7380

Tel:(022)715-1671

Faks:(022)713-5772

Verw:C0354AV

NM10012650-DW220525

NM10013111-DW290525

INTHEMAGISTRATESCOURTFORTHEDISTRICTOFVREDENBURG HELDATVREDENBURG CASE NO. 1622/2017

Inthematterbetween: SALDANHABAYMUNICIPALITY ExecutionCreditor and MANN ESINVESTMENTSCC JudgmentDebtor NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF IMMOVABLE PROPERTY

In

Sheri f, 4 Dorp Street, Vredenburg, subject to the cond tions that wil be read by the sheri f during the auction and which conditions wil lay open for inspection at the office of the Sherif for15(fifteen)daysbeforethesale.

CERTAIN ERF 2021, VREDENBURG, SITUATED IN THE SALDANHA BAY MUNICIPALITY DIVISIONMALMESBURY PROVINCE OF THE WESTERN CAPE;INEXTENT:238.0000 (TWO HUNDRED AND THIRTY-EIGHT) SQUARE METERSANDHELDBYDEEDOFTRANSFERNO.:T57036/1993 ALSOKNOWNAS:ERF2021,15KOOTJIESKLOOFSTREET VREDENBURG

Allegedlythepropertyisavacantland,butnothingisguaran eed.

Conditionsofsale: Sheriff s commission is 6% on the first R100 000.00, 3.5% on R100 001.00 to R400 000.00, and 1.5%

ESTATE NOTICE

In the Estate late Henri Terblanche, ID No

6508175008081, whom was married in community of property to Helena Gysberta Terblanche identity number 4809250137080, of 11 Tolken Street, Saldanha,7395,whodiedon17September2023

Estatenumber:22878/2023.

All Creditors and Debtors in the above estate are required to lodge their claim and or pay their debts withinthirty(30)daysafterdateofpublicationofthis noticetotheExecutor

Brand&Partners

1VanZylStreet POBox1040 Vredenburg,7380

Tel:(022)71-51671

Faks:(022)71-35772

Refr:C0306AV

DUFERCO STEEL PROCESSING (PTY) LTD.

multinational steel company, Duferco International Trading Holding (DITH).

Duferco has a Graduate Development Programme opportunity for a Supply Chain Management Student whoisstillunemployedorbattletofindemploymentorfindanopportunityfordevelopment

DURATION : 12Months(DefinedProjectContract)

CLOSINGDATE : 13June2025

DEPARTMENT : Procurement

Successful candidates will be accountable to the Procurement Manager To qualify for this position the mostsuitablecandidatemustfulfillthefollowingrequirements:

JOBREQUIREMENTS:

• Minimumeducationalqualification,Grade12(Matric)

• AchievedtherequirementsofaDiplomainSupplyChainManagementorStorekeeping

• Thorough knowledge and understanding of processes and system of Procurement or Store keeping and stocks

• MustbecompetentusingMSWindowssoftware,i.e Word,Excel,OutlookandPowerPoint.

• Musthavegoodinterpersonalskillsandtheabilitytocommunicatewellatandwithalllevels

• PreferencewillbegiventostudentsfromtheWestCoastRegionhowevernotcompulsory

Basic/BriefJobFunctions/Responsibilities:

• GoodsReceivingandIssuing

• DocumentControlandAdministrationofprocurementandstorekeeping

• PerformStocktakesanddailystockmovementaudits

• Involvedinthesmoothrunningandoptimizationofthedepartmentinsupportofinternalcustomers

• Recordkeepingandhousekeeping

Inadditiontotheabovethesuccessfulcandidatemustalsohavethefollowingattributes:Positive with energetic attitude; highly self-motivated; good attention to detail and accuracy;

EE PLAN.

All interested applicants are invited to email their detailed CV's with letter of application for the attention HR Practitioner at the following: recruitment@duferco co.za

communication.

In the Estate late WILFRED PICKARD, ID No.7807135148089, whom was married in community of property to Elizabeth Pickard, ID No 7801140193081, of 1 Dolphin Avenue, Noordhoek, Velddrif, 7365, who died on 3 August2022.

Estate number: 017416/2022

All Creditors and Debtors in the above estate are required to lodge their claim and or pay their debts within thirty (30) days after date of publicationofthisnoticetotheExecutor

BrandandPartnersAttorneys 1VanZylStreet POBox1040 Vredenburg,7380 Tel:(022)71-51671 Faks:(022)71-35772

Refr:C9430HB

pos:monique. @sbm.go

STUUR, MIDWEST ABAAI NDIG 30

iteword btuiste k verkry aat 15 aandag,

t 'n nie8.00 betaal Bewys van ging van

Tenders moet in die tenderbus by die Beleggingsentrum, Hoofstraat 15, Vredenburg ingedienwordvoor12H00opVrydag,20Junie2025 enmoetin'ngeseëldekoevertweeswaaropdaaraan diebuitekantduidelikgemerkisdiebovermeldetender nommerenbeskrywing.

Na die sluitingsuur sal die tenders in die publiek oopgemaakword.Enigeofdiehoogstetendersalnie noodwendigaanvaarwordnie.

Funksionaliteit sal gebruik word as maatstaf om in aanmerkingtekomvirdietender Dithouverbandmet die tenderaar se vermoë om ’n gehalte diens aan die munisipaliteit te verskaf Tenderaars wat nie voldoen aan die funksionaliteit kriteria (minimum punte) sal dusnieoorweegwordvirverdereevalueringnie.

n Verpligte inligtingsessie sal plaasvind by die Midwest Karavaanpark, Erf 9, Boventrekstraat, Stompneusbaai St Helenabaai op Dinsdag, 10 Junie 2025 stiptelik om 12H00 Geen grasie periodesaltoegelaatwordnie.

Die 80/20 voorkeur-puntestelsel soos vervat in die Voorkeur Verkrygings Beleid, R7/5-24, van 23 Mei 2024salindiebeoordelingvanhierdietendergebruik word Die voorkeur-puntestelsel formule vir die verkoop van bates sal gebruik word om punte te bereken.

n Geldige inkomstebelasting uitklaringsertifikaat soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet tesame met die tender dokument ingehandig word, en die tenderaar moet voldoenaandiebelastingvoorwaardesopdieSentrale VerskaffersDatabasis(CSD).

Mnr H.Mettler

MUNISIPALEBESTUURDER SaldanhabaaiMunisipaliteit

PrivaatsakX12

VREDENBURG

7380

K44/25

In the Estate late MINA MAARMAN , ID No 4206010087087, unmarried, of 38 Second Street, Vredenburg, 7380, who died on 28 May 2023

Estatenumber:002776/2024

All Creditors and Debtors in the above estate are required to lodge their claim and or pay their debts within thirty (30) days after date of publicationofthisnoticetotheExecutor

BrandandPartnersAttorneys 1VanZylStreet POBox1040

Vredenburg,7380

Tel:(022)71-51671

Faks:(022)71-35772

Refr:C9972AV

NM10013115-DW290525 ESTATE NOTICE

In the Estate late PHILLIP EDWARD DU TOIT, IDNo 6301215078086, whom was married in community of property to Belinda Venetia Du Toit, ID No. 5909130749085, of 1 Suring Street, Noordhoek, 7365, who died on 23 October2018 Estatenumber:022633/2019

All Creditors and Debtors in the above estate are required to lodge their claim and or pay their debts within thirty (30) days after date of publicationofthisnoticetotheExecutor

BrandandPartnersAttorneys

1VanZylStreet POBox1040

Vredenburg,7380

Tel:(022)71-51671

Faks:(022)71-35772

Refr:C7709HB

SALDANHABAYMUNICIPALITY

TENDERNUMBER:SBM45/24/25

TENDER DESCRIPTION: THE LEASE, MANAGEMENT,MAINTENANCEANDOPERATION OF THE MIDWEST CARAVAN PARK OF SALDANHA BAY MUNICIPALITY FOR A PERIOD ENDING30JUNE2028

Tender documents can be downloaded from the eTender publication portal at www.etenders.gov.za or alternatively can be collected from Mrs Rosaire Farmer, 15 Main Road, Investment Centre, VredenburgfromMonday,02June2025

If tender documents are collected, a non-refundable tenderdepositofR278.00ispayabletoSaldanhaBay Municipality A proof of deposit is required for the collectionoftenderdocuments.

Enquiries:MoniqueSimerie

Email:monique.simerie@sbm.gov.za

Tenders must be placed in the tender box of the Investment Centre, Ground Floor, 15 Main Road, Vredenburg,before12H00onFriday,20June2025, in a sealed envelope where on the outside is clearly marked the above-mentioned tender number and description.

The tenders shall be opened in the public after the closing hour Any or the highest tender will not necessarilybeaccepted

Functionalitywillbeevaluatedasaneligibilitycriterion

The eligibility criteria relate to the bidder's ability to provide a quality service to the municipality Bidders that does not meet the functionality criteria (minimum score) will therefore not be considered for further evaluation

A compulsory briefing session will be held at the Midwest Caravan Park, Erf 9, Boventrek Street, StompneusBay St HelenaBayonTuesday,10June 2025 promptly at 12H00 No grace period will be allowed.

The80/20preferencepointsystemascontainedinthe Preferential Procurement Policy, R7/5-24, of 23 May 2024willbeusedintheadjudicationofthistender The preference formula for disposal of assets will be utilizedtocalculatepoints.

Avalidtaxclearancecertificate,fromtheSouthAfrican Revenue Services, must be supplied with the tender document andthetenderermustbetax-complianton theCentralSupplierDatabase(CSD)

Mr H.Mettler

MUNICIPALMANAGER

SaldanhaBayMunicipality

PrivateBagX12 VREDENBURG

7380

N44/25

NM10013113-DW290525

SALDANHABAAI MUNISIPALITEIT

Season’s closing cruise

2

1

2

1

BUSINESS Local

Gholfuitslae

Hole6

Shane Fitchet

Alvon Cartstens

Hole11

André Snyman

Arnaldo Anker

Pieter Truter

Hole16

Lourens de Jongh

Peter du Toit

Eco Sport bobaas in rolbal

Die wenner van die Lagoon-rolbalklub in Langebaan se opwindende wintersakeliga was vanjaar die gedugte span van Eco Sport.

Dié span het in die eindstryd Woensdag (21 Mei) sy fyn konsentrasie gewys – en dat hy die beste daarmee is om die balle bestendig tot by die wit bal te laat rol. Eco Sport het 23 ander plaaslike ondernemings se spanne uitoorlê om die titel te verower.

Dié sake-rolballiga bring ondernemings en gemeenskapslede vir sowat sewe weke bymekaar om hul vaardighede en kameraadskap op die setperke ten toon te stel.

Verskeie spanne het al hul moses aan die begin van ’n liga teëgekom omdat rolbal onderskat word vir die vernuf wat daarmee gepaard gaan.

Francois Hamman

Desmond Lockey

Nearestthepin

Hole 6:

Shane Fitchet

Hole 11:

Arnaldo Anker

Uitslag van die VredenburggholfklubIndividueleStablefordGoldenOldies gespeel op Woensdag

21 Mei:

1 Japie de Klerk 35

2 Mossie Moolman 34

3 Alan Durant 34

TwoClub – geen

Jackpot – geen

Nuni – Nick Delport

Hoewel die spanne nogal soms vriendelik mededingend kan wees, is dit ook ’n geleentheid vir netwerkvorming.

Eco Sport is met die sake-rolballiga-wisseltrofee bekroon. Headline Blinds het tweede geëindig met PJ Toilets in die derde plek. Herman van Lill, klubvoorsitter, het sy dank uitgespreek teenoor alle deelnemende spanne, borge en vrywilligers wat tot die sukses van die liga bydra.

Die geleentheid is afgesluit met ’n feestelike byeenkoms by die klubhuis, waar deelnemers teruggekyk het oor weke van onvergeetlike oomblikke –soos daai een bal wat daai een aand styf langs die wit bal gaan lê en die "kop" vir die span gewen het

Almal sien reeds uit na die somersakeliga wat in die laaste kwartaal van die jaar plaasvind. Kontak Van Lill by 0836521712 vir nog inligting

Darling verslaan Citrusdal

’n Gesonde gees van mededinging het verlede Saterdag (24 Mei) op die opgeknapte Vredenburg-gholfbaan geheers tussen die spanne in die A-afdeling van die sosiale Nelson-liga wat mekaar die stryd kom aansê het.

Gholfspelers van Darling, Ceres, Citrusdal en Moorreesburg het in spanne van tien spelers elk teen mekaar kom meeding Worcester Barbarians en De Hoek moes hulle ongelukkig onttrek.

Die manne en ’n paar vroue het bymekaargekom op dié sonnige herfsdag vir ’n dag van gholf en kameraadskap op lowergroen setperke.

Darling het teen Citrusdal gewen en Moorreesburg teen Ceres.

Ná etlike ure se spel het die spanne na die klubhuis teruggekeer vir ’n welverdiende ete en ’n bietjie lafenis.

Die toernooi volg die vierbal-beterbalformaat, wat beide ervare spelers en amateurs toegelaat het om hul vaardighede te vertoon terwyl hulle die spel geniet.

In die A-afdeling staan Citrusdal op die oomblik eerste op die punteleer Vredenburg het Saterdag in die B-afdeling in Ceres gaan deelneem en Porterville geklop. Vredenburg staan nou in die derde plek op die B-afdeling se punteleer met Worcester in die eerste plek en Bergrivier tweede

Graham Samuels van Darling slaan af Foto: Alida Buckle
Eco Sport se wenspan bestaan uit (van links) Jaco Visagie, Jané Visagie, Esta Visagie, Juan-Maré Visagie en Izak Dreyer Heelregs staan klubvoorsitter Herman van Lill

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.