Skip to main content

WeskusNuus e-Edition 12 May 2026

Page 1


Antie Shirley sterf

Shirley van Dyk was vir die Atlantis­ en Mamre­ gemeenskappe veel meer as net ’n werkende huisvrou. Sy was ’n leier en iemand wat haar medemens altyd eerste gestel het.

Haar stem het op 28 April vir inwoners van Atlantis en Mamre, sowel as haar kollegas by Shoprite Atlantis, stil geword toe sy op die ouderdom van 59 jaar, twee maande en 18 dae haar laaste asem uitgeblaas het.

Shirley is op 10 Februarie 1967 gebore en was met Shipley van Dyk getroud. Sy laat haar man, twee kinders – Shane en Shanequa – en een kleinkind, Shaydan (ses jaar oud), agter.

Sy het haar loopbaan by Shoprite in die laat 90’s as ’n gewone pakker begin en die leer met harde werk tot verliesbestuurder geklim. Vir haar kollegas was sy nie net ’n staatmaker nie, maar ’n mentor en moederfiguur, wat altyd ’n oop deur gehad het.

Baie het haar geken as “Antie Shirley”

‘Bly hou daardie mooiheid; ek is lief vir jou’

of “Suster Shirley”, ’n Godvresende vrou wat haar kinders en ander in die tug en vermaning van die Bybel grootgemaak het. Sy het almal gelyk behandel en geglo aan standaarde en beleid, of dit nou by die werk of in haar geloof was.

Rezaane Willemse onthou haar só:

“Antie Shirley laat ’n groot leemte wat nie gou gevul sal word nie. Sy was ons moeder en mentor hier by Shoprite. Met haar vriendelikheid het sy warmte in mense se lewens gebring en ’n onvergeetlike indruk gelaat.”

Haar woorde aan mense was dikwels eenvoudig maar diep: “Bly hou daardie mooiheid; ek is lief vir jou.”

Vir haar man is die verlies groot.

“Shirley was die steunpilaar vir my en my kinders. Ons sal haar gewis mis, maar ons aanvaar die verlies, want God weet beter waarom sy weggeneem is.”

Shirley is op Saterdag 9 Mei in die Mamre Morawiese begraafplaas te ruste gelê, waar familie, gemeentelede, vriende

en kollegas haar vir oulaas gegroet het.

Die diens was ’n waardige huldeblyk aan ’n vrou wat nie net ’n geestelike leier was nie, maar ook ’n moederfiguur en mentor vir soveel mense.

Die begrafnis het die gemeenskap van Atlantis en Mamre saamgebring in ’n atmosfeer van rou, maar ook dankbaarheid vir die nalatenskap wat sy agterlaat.

Haar kollegas van Shoprite het haar beskryf as ’n staatmaker en ’n bron van warmte en raad, terwyl haar familie haar as die steunpilaar van hul huis onthou.

Vir Shipley en die kinders, Shane en Shanequa, sowel as haar kleinkind, Shaydan, is die verlies groot, maar die herinnering aan haar liefde en geloof sal bly voortleef.

Shirley se woorde,“Bly hou daardie mooiheid; ek is lief vir jou”, weerklink steeds in die harte van die gemeenskap van Atlantis en Mamre en sal vir lank onthou word.

’n Vrou wat met nederigheid en standvastigheid in haar gemeenskap geleef het, laat ’n nalatenskap van geloof, liefde en diens agter. Haar lewe was ’n getuienis van omgee en toewyding — aan haar familie, haar kollegas en haar gemeente. Rus sag, Shirley van Dyk. Jou warmte, jou geloof en jou woorde sal in die harte van Atlantis, Mamre en Pella inwonners voortleef.

Shanequa van Dyk en haar afgestorwe ma, Shirley van Dyk.

Byl-man probeer nog hof oortuig

Moegamat Tabisher (35) probeer steeds die hof oortuig dat hy borgtog moet kry nadat hy vroeër die jaar na bewering sy skoonma met ’n byl doodgekap het.

Die verdediging en die staat het die afgelope Woensdag (6 Mei) finale argumente aangevoer. Volgens die verdediging is die verdagte nie ’n bendelid nie. Tabisher se verdediging het ook aangevoer dat hy nie goeie mediese behandeling in die tronkhospitaal vir sy beserings ontvang nie en sy moeder sal beter na hom kan omsien én toesien dat hy die beste mediese behandeling ontvang. Die verdediging het bygevoeg hy is nie ’n vlugrisiko nie, aangesien hy nie ’n paspoort het nie.

Die verdediging voer ook aan dat die verdagte homself oorgegee het. Volgens hulle kan die staat streng voorwaardes stel, soos dat hy in huisarres moet bly en nie naby die klaer se familie woon nie.

Dit sal nog ’n tyd neem vir die verdagte om van sy beserings te herstel en daarom is dit nie maklik vir hom om rond te beweeg nie. Die verdediging stel ook voor dat streng borgtogvoorwaardes kan insluit dat hy daagliks by die polisie moet aanmeld. Die familie kan tussen R1 000 en R2 000 borgtog bekostig.

Die staat hou egter voet by stuk die verdagte hou ’n gevaar vir die gemeenskap, getuies en die klaers in as hy op borgtog vrygelaat word. Volgens die staat

Speursers. Ello Hendricks sê hy is tevrede met die verloop van die borgaansoek.

is sy eie lewe in gevaar, aangesien die gemeenskap reeds die reg in eie hande geneem en hom aangerand het.

Volgens die staat is dit misleidend om te sê die verdagte ontvang nie behoorlike mediese behandeling nie en sê hy kry wel fisioterapie, aangesien hy nou makliker kan beweeg. Die staat het weer beklemtoon dat die familie vir die verdagte bang is aangesien verskeie lede klagtes teen hom aangemeld en ook aansoeke vir beskermingsbevele gebring het.

Die staat het dit ook onder die hof se aandag gebring dat ’n baie sterk saak teen die verdagte bestaan en verskeie getuies is beskikbaar, onder wie die verdagte se eie kind.

• Tabisher sal vandag (Dinsdag 12 Mei), hoor wat sy lot is.

Polisie slaan toe op dwelms en onwettige vuurwapens

Suksesvolle optredes deur die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid het die afgelope week tot verskeie inhegtenisnemings en die beslaglegging op dwelms en onwettige vuurwapens in Atlantis gelei.

Die eerste voorval was Vrydagmiddag (1 Mei) toe lede van die A1­misdaadvoorkomingseenheid gereageer het op inligting uit die gemeenskap oor vuurwapens wat glo by ’n woning in Sherwoodpark geberg word. Vier verdagtes tussen 17 en 58 jaar oud is in hegtenis geneem. Volgens die polisie is ’n 9mm­pistool met vyf stuks ammunisie asook tik en 370 Mandrax­tablette met ’n geskatte straatwaarde van R130 000 op die perseel aangetref.

Die verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.

Polisiebeamptes het die volgende aand tydens stop­en­deursoek­optredes in Starlingstraat twee mans agternagesit nadat hulle oor ’n heining gespring het

toe hulle die polisievoertuig sien. Die mans is aangekeer en in besit van ’n .38

Special­rewolwer met ses stuks ammunisie betrap.

In ’n afsonderlike voorval vroeg

Sondagoggend in die Witsand­gebied is ’n 45­jarige man in hegtenis geneem nadat hy met nog ’n ongelisensieerde .38 Special­rewolwer betrap is.

Intussen het patrollielede ook verlede Vrydagaand in Royal Georgestraat twee jong verdagtes agternagesit wat gevlug het toe hulle die polisie sien. Een van die verdagtes het tydens die jaagtog ’n silwer Amadeo Rossi­rewolwer laat val voordat hy kon ontsnap.

Die vuurwapen is later opgespoor.

Alle vuurwapens waarop die polisie in die optredes beslag gelê het, is vir ballistiese toetse gestuur.

Deon Jaftha, die waarnemende stasiebevelvoerder, het die polisielede geloof vir hul waaksaamheid en toewyding, asook die gemeenskap vir hul waardevolle inligting, wat tot die sukses van die optredes gelei het.

Network strengthened

The Community Stakeholder Network (CSN) is tightening its structure and communication channels in a renewed push to improve accountability and community representation.

This follows its latest public meeting, where governance and broader participation were key focus areas, a statement by chairperson Mr Saul Smith said. The CSN, together with its interim committee, has since completed a co­opting process to ensure fair and inclusive representation across sectors.

Residents and organisations were invited to nominate candidates, resulting in the appointment of representatives from the Disability, Health and Wellness, and Safety and Security sectors. “The process was conducted in a transparent and structured manner to ensure fairness and inclusivity,” the statement reads.

A new team of office bearers has also been elected. Smith continues as chairperson, with Melvern Olifant as secretary, Joy Davids vice­secretary, Theunis Mack treasurer, Fabian Williams deputy chairperson and Stephen Alberts deputy treasurer. The leadership team has been tasked with improving service delivery, strengthening accountability, and ensuring better coordination across sectors.

To improve communication with residents the CSN plans regular updates on local radio, monthly newspaper reports and the launch of an official Facebook page and WhatsApp groups. A structured meeting calendar has also been introduced. This includes general CSN meetings, office­bearer meetings, sector meetings and community­engagement sessions. Residents can obtain schedules from their sector representatives.

Quarterly engagements between CSN office bearers and sector executive committees are also planned to improve collaboration and track progress on projects. In a bid to streamline communication all community queries will now be directed to the CSN secretary via its official email platform.

Moegamat Tabisher(35) verlaat die hof nadat sy borgtogaansoek uitgestel is. Foto’s: Murphy Roberts
Dié pistool is een wat deur die misdaadvoorkomingseenheid teruggevind is.
Terwyl skietgevegte voortduur, kry die plaaslike polisie onwettige vuurwapens uit die strate.
Nog ’n vuurwapen, wat ’n bloedbad verhoed het.

Onheil broei glo by spesiale skool

’n Anonieme fluitjieblaser het ernstige aantygings van wanbestuur, korrupsie en ’n toksiese werksomgewing by Robin Hill Spesiale Skool gemaak.

Volgens die bron, wat uit vrees vir viktimisasie verkies om anoniem te bly, het die skool se omgewing sodanig versleg dat die behoeftes van leerders nie meer voorkeur geniet nie. “ ’n Kultuur van intimidasie en vrees heers onder personeel,” het die bron gesê. “Onderwysers word geboelie en wanneer probleme aangemeld word, word dit eenvoudig geïgnoreer of nooit verder geneem nie,” beweer die bron.

Die fluitjieblaser beweer verder dat personeel weens hul werksomstandighede emosioneel swaarkry.

“Sommige kollegas is al by die werk

tot trane gedryf,” lui die bewering.

Onder die ernstigste aantygings is dié van moontlike finansiële wanbestuur en die onregmatige gebruik van hulpbronne.

Die fluitjieblaser beweer kos wat vir die skool se voedingskema bedoel is, is oor ’n lang tydperk onregmatig weggeneem. “Personeel weet daarvan, maar niemand durf iets sê nie,” het die bron aangevoer.

INSKRYWINGS OOR ‘VERVOER’ GESIEN Nog ’n bewering is dat skoolfondse moontlik misbruik is deur betalings wat as “vervoer” gemerk is, ten spyte daarvan dat die skool oor sy eie vervoer beskik. “Bewyse van betalings is per ongeluk deur personeel gesien, wat ernstige vrae oor finansiële beheer laat ontstaan,” sê die fluitjieblaser.

Die bron beweer hierdie probleme is reeds by die skoolbeheerliggaam

aangemeld, maar geen sigbare optrede het gevolg nie.

Benewens die finansiële aantygings, heers kommer ook oor professionaliteit en die bestuur van die skool in die algemeen. Die anonieme bron beweer sommige onderwysers versaak hul pligte deur tyd in klastyd op sosiale media deur te bring en sê akademiese beplanning word al lank afgeskeep.

“Wanneer inspeksies verwag word, word dokumente op die laaste oomblik bymekaargemaak om ’n valse indruk van nakoming te skep,” het die bron gesê.

Dit word ook beweer dat sekere skoolhulpbronne slegs gebruik of vertoon word wanneer besoekers verwag word en dat onprofessionele gedrag, insluitend rook voor leerders, voorkom.

Verder is daar volgens die bron kommer oor die hantering van personeel se welstand, insluitend ’n geval waar ’n personeellid moontlik professionele hulp benodig, maar niemand ingegryp het nie.

Die bron het ook kritiek uitgespreek oor die hantering van klagtes deur die betrokke onderwysowerhede. “Griewe word nie behoorlik ondersoek nie en ’n gebrek aan vertroue heers in die stelsel,” word beweer.

Die gevolge van die beweerde wanbestuur is volgens die bron reeds sigbaar, met ervare en toegewyde onderwysers wat die skool verlaat.

“Goeie onderwysers loop weg weens die omstandighede,” het die bron gesê.

Die fluitjieblaser doen ’n beroep op die owerhede om dringend op te tree.

“ ’n Onafhanklike ondersoek sonder vooraf kennisgewing is noodsaaklik, anders word die waarheid net weer verbloem.”

AMPTELIKE REAKSIE

Die Wes ­ Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het intussen op ernstige aantygings van wanbestuur en onprofessionele gedrag by Robin Hill Spesiale Skool gereageer.

Volgens Millicent Merton van die departement is die saak reeds onder die aandag van die betrokke distrik geplaas.

Volgens Merton word die aantygings wat geopper is, as kommerwekkend beskou.

“Dit word in ’n ernstige lig gesien.”

Die spesiale skool in Atlantis, waar die nes van onheil na bewering broei, vertel ’n bron.

‘Betaal boete met Sassa’

“Al moet jy ook jou kinders se Sassageld vat om die boete te betaal, of jy gaan tronk toe.”

Dié woorde, wat soos ’n emmer yskoue water in haar gesig gegooi is, het haar egter gemotiveer om vir haarself op te staan, vertel die gemeenskapsaktivis Madelaine Goodall.

Goodall is verlede jaar op twee aanklagte van die oortreding van bouregulasies skuldig bevind en met ’n boete van R8 000 of agt maande gevangenisstraf gevonnis. Sy sê sy gekla nadat ’n buurvrou teen haar huis aangebou het, maar moes later self in die beskuldigingsbank gaan staan. Amptenare van die Stad Kaapstad het getuig die rede waarom Goodall aanbouings moet afbreek, is omdat sy dienste in haar erf het. Goodall verduidelik egter

omgekrap: “Ek het die nodige bewyse ingehandig dat dit nie die waarheid is nie,” verduidelik sy. “Ons dienste is alles in die pad en ek het die ingenieursbesonderhede as bewyse reeds ingehandig, omdat ons paaie onlangs oopgebreek moes word om die ou riool- en stormwaterdienste te vervang,” sê sy.

Die landdros wou dit egter nie aanvaar nie – bloot omdat hy nie die planne begryp het nie, vertel sy. Volgens Goodall het amptenare getuig die buurvrou voldoen aan die regulasies, maar kon nie ’n goedgekeurde plan wys nie. Volgens haar is die amptenare se getuienis “aangepas” om haar die vark in die verhaal te maak.

“Om dié rede gaan ek nie rus nie,” verduidelik sy. “Hulle het ook nooit aandag aan my klagtes gegee nie, maar eerder op my aanbouings gefokus,” verduidelik sy en sê byna almal in Uitbreiding 12 het aangebou.

Volgens Goodall moes sy tydens die Covid-pandemie aanbou omdat sy en haar vier kinders in die klein huisie siek geword het.

“Ek en my kinders was in en uit die hospitaal, maar die landdros het die bewyse geïgnoreer,” verduidelik sy.

Volgens Goodall het sy ongeveer drie jaar gelede wel ’n plan met ’n kwytskelding-aansoek (departure application) ingedien, maar amptenare ontken dit, sê sy. Die Stad Kaapstad het teen druktyd nie op navrae van WeskusNuus gereageer nie – nie eens nadat die vrae twee keer aan hulle gestuur is nie.

Die koerant wou by die stad weet of Goodall se buurvrou ’n goedgekeurde plan het, hoeveel planne vir aanbouings in Uitbreiding 12 goedgekeur is, bewyse dat dienste wel deur haar erf loop en of hulle kan bevestig of Goodall wel ’n plan en kwytskeldingaansoek ingedien het.

en

is twee jaar gelede in Uitbreiding 12 vervang en strate moes inderdaad

bewys dat amptenare die hof mislei het oor dienste wat in haar erf.

Hof gee Kaapstad oorveeg

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis die vaste koste wat deur die Stad Kaapstad ingestel is, is onwettig – ’n uitspraak wat as ’n groot oorwinning vir belastingbetalers beskou word.

NovaNews berig die betwiste heffings sluit ’n stadswye skoonmaakheffing asook vaste water- en rioolheffings in, wat in die Stad se 2025-’26-begroting ingestel is. Hierdie koste is deur die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging (Sapoa) en later AfriForum in die hof betwis.

’n Volbank regters het bevind die heffings, wat op eiendomswaarde eerder as werklike diensverbruik gegrond is, nie aan die Grondwet, nasionale wetgewing of die Stad se eie beleid voldoen nie. Die hof het verder beslis dat die Stad sy magte oorskry het.

Die koste is tersyde gestel met ingang van 30 Junie, terwyl die Stad se teenaansoeke van die hand gewys is en regskoste aan die aansoekers toegeken is.

AfriForum het die uitspraak verwelkom en dit as ’n mylpaal beskryf. “Die uitspraak bied belangrike duidelikheid dat tariewe billik, deursigtig en gekoppel aan werklike diensverbruik moet wees,” het Jurie Ferreira gesê.

“Dit dien ook as riglyn vir munisipaliteite oor die land heen.”

Hy het bygevoeg die saak wys georganiseerde en ingeligte gemeenskappe kan

City answers questions

Q: What happened in the case of 18 Katberg, Extension 12?

A: Ms Madelaine Goodall reported her neighbour for unlawful building. A counter-complaint followed. After legal processes she was found guilty of unauthorised building works on her own property. The ruling was unrelated to her complaint.

Q: Does 16 Katberg have approved building plans?

A: No. A plan was submitted in 2024, but no approval has been granted. Enforcement action is ongoing.

Q: Did officials testify that the neighbour was compliant?

A: No. Court testimony dealt only with 18 Katberg. The Magistrate confirmed 16 Katberg was not part of the case.

Q: How many plans have been approved in Extension 12? A: The City does not keep records by extension.

Q: When did the City take ownership of Extension 12?

A: Response pending from Property Management.

Q: Can the original developer agreement be provided? A: Response pending from Property Management.

Q: Is there a sewer or water servitude on Ms Goodall’s property? A: Yes. Her garage encroaches on a servitude. This is legally enforceable, regardless of whether services are present.

Q: Did Ms Goodall submit plans and applications?

A: Yes.Building plan: September 2023 (could not proceed). Land-use application: March 2024. Departures approved with conditions: September 2024. Appeal waived: October 2024.

Q: What is the current status? A new plan (December 2025) does not comply with approvals. The owner must submit compliant plans and remove the structure or apply for further departures.

oor ‘onwettige vaste tariewe’

’n verskil maak. Die burgerlike organisasie Stop CoCT het die uitspraak verwelkom en gesê dit bring verligting vir inwoners wat al lank onder hoër rekeninge gebuk gaan. “Die Stad het geweier om te luister en dit is aan die hof oorgelaat om in te gryp,” het die stigter, Sandra Dickson, gesê. Die VF Plus-raadslid Pieter Jansen van Vuuren het gesê die party het van die begin af teen die tariefstruktuur beswaar gemaak. “Tariewe moet op

werklike verbruik gegrond wees – nie eiendomswaardes nie. Hierdie stelsel het veral die middelklas en werkende inwoners benadeel,” het hy gesê. Intussen het die Stad bevestig hy oorweeg dit om teen die uitspraak te appelleer. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het gesê die Stad moet maniere vind om dienste volhoubaar te finansier – veral vir laer- en middelinkomstehuishoudings. Volgens hom kan die uitspraak daartoe lei dat vaste koste

vir sommige huishoudings styg, terwyl dit vir meer welgestelde inwoners kan daal.

Die Stad het gewaarsku indien hy nie appelleer nie, sekere koste moontlik weer by eiendomsbelasting ingesluit sal word – wat ’n uitwerking op die koers-inrand kan hê.

Die munisipaliteit het beklemtoon dienste soos stadswye skoonmaak moet steeds gefinansier word, ongeag hoe die koste gestruktureer word.

Madelian Goodall wys die ingenieursplan wat aandui dat geen dienstepype in haar erf is, maar dit is deur die hof verwerp. Foto: Murphy Roberts
Riool-
stormwaterpype
opgetel word. Die foto’s is ook deur die hof verwerp toe sy wou
Die Stad Kaapstad. Foto: Wikipedia

Wesfleur turns 50

For half a century Wesfleur Primary School in Atlantis has stood as a cornerstone of the town, shaping young minds and nurturing generations of learners. With 1 497 learners and 39 educators it is one of the largest schools in the area, remaining deeply personal in its approach, making it far more than a school and more like family.

Founded in the mid-1976, Wesfleur has grown alongside the Atlantis community, weathering social changes, economic challenges and the evolving demands of education.

What has remained constant is its commitment to providing a safe, caring environment where children are not only taught but truly seen, heard and supported.

Principal Azeza Jacobs describes the school as “a family with deep, strong roots in the community.” That sense of belonging is woven into the daily life of Wesfleur. Teachers are more than educators; they are mentors, role-models and guardians of the values that have sustained the school for five decades. Parents are not simply observers but active partners on the learning journey, reinforcing the school’s belief that education is a team effort.

The school’s mission has always extended beyond academics. While Wesfleur prides itself

on strong teaching and learning outcomes it also places emphasis on character building, resilience and social responsibility. Learners are encouraged to grow into confident, capable young people who can contribute meaningfully to society.

This holistic approach has produced generations of alumni who carry the values of Wesfleur into their adult lives, strengthening the fabric of Atlantis itself.

Over the years Wesfleur has become a trusted safe space for children. In a world where many young people face uncertainty, the school offers stability and care. Classrooms are places of discovery, but also of encouragement. Teachers celebrate achievements, no matter how small, and

provide support through challenges. The school’s ethos is rooted in compassion, ensuring that every learner feels valued.

The numbers tell one story, nearly 1,500 learners guided by almost 40 educators, but the true measure of Wesfleur’s success lies in the countless moments of mentorship and community spirit that happen daily. From cultural events and sports days to parent-teacher partnerships Wesfleur embodies the idea that education is about more than textbooks. It is about building resilience, fostering hope and creating opportunities.

As Wesfleur celebrates its 50th anniversary the school reflects proudly on its journey. Generations of families have passed through its gates, with parents watching their children follow in their footsteps. The school has become a living archive of Atlantis, carrying stories of perseverance, achievement, and unity.

Looking ahead, Wesfleur is determined to continue evolving.

AANKONDIGING: MATRIKULANT VAN DIE JAAR-KOMPETISIE

Good support for ‘Hoot for Autism

Residents of Atlantis came together in support of Autism Awareness during the recent “Hoot for Autism Walk”, held to celebrate Autism Month, which was observed in April.

Parents, caregivers, families, friends, educators of the Atlantis Autism Support Group, together with members of the Atlantis Disability Sector, gathered at the Pick n Pay parking area to raise awareness about autism.

The event received overwhelming support from the community, with passing motorists enthusiastically hooting their car horns in solidarity. Taxis, Avanza's and private vehicles all joined in the show of support.

“Half of the people did not even know why they were hooting, but they still participated,” said organiser Simone Jacobs-Adams. Several community members stopped to ask questions about the initiative, while others joined the gathering for a few minutes to show their support.

“The response was fantastic. We almost lost our voices after shouting for two hours,” Jacobs-Adams added. She also emphasised the need for continued education and awareness surrounding autism, especially with the increasing number of autism

Wye geleentheid wag op dié wat inskryf

Die Matrikulant van die Jaar-kompetisie maak al langer as 40 jaar ’n verskil in die lewe van honderde jong mense wat hul loopbaan aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) begin het. Vanjaar sal dit nie anders wees nie, met die 45ste kompetisie wat vandeesweek begin.

Dit is nie net die bekendstelling van die 2026-kompetisie nie – die UV is ook opgewonde om Novus Media as nuwe mediavennoot te verwelkom.

Novus Media, ’n filiaal van Novus Holdings, het ’n nasionale voetspoor van 36 gratis gemeenskapskoerante, ’n nasionale koerant, Die Papier , en ’n sterk digitale en sosialemedia-teenwoordigheid.

Alle artikels oor die kompetisie sal in hierdie gedrukte publikasies gepubliseer word, asook op hul webwerwe, bykomend daartoe dat dit gratis by novanews. co.za gelees kan word.

Veelsydige matrikulante van oor die land heen kan hulself weer vir die kompetisie inskryf, wat verlede jaar deur Kiara Subramanian, ’n voormalige leerder aan die Eunice High School in Bloemfontein, gewen is.

Kiara sê sy sal altyd dankbaar wees dat sy die kompetisie gewen het.

“Nie net oor die titel nie, maar oor die mense wat dit in my lewe gebring het,” verduidelik sy.

“Dit het my in staat gestel om met inspirerende, vriendelike en doelgerigte individue kontak te maak, van wie baie nou saam met my die pad as mediese student stap.” Vir haar het dit veel meer

betekenisvol geword as net ’n kompetisie – dit behels ook vriendskappe, ondersteuning en ’n gedeelde begrip “dat ons almal na iets groter as onsself gestreef het”.

“As ek terugkyk, dink ek aan wat die kompetisie my werklik

geleer het, en dit is die belangrikheid van verbondenheid en aanmoediging.

“Dit het my gewys hoe kragtig dit is om omring te wees deur mense wat jou ophef en motiveer.”

diagnoses. “There is still a lot of awareness that needs to be done because of the incline in autism diagnoses,” she said.

The event highlighted the importance of community support, inclusion and understanding for individuals living with autism and their families Simone Jacobs-Adams concluded.

R500 000 is op die spel vir die 25 topdeelnemers, danksy die borge UV Studentewerwingsdienste, die Kovsie-Alumnitrust, Forvis Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk.

Leerders kan hulself inskryf of deur hul skool benoem word, met vorms wat deur die skoolhoof onderteken en van die skoolstempel voorsien is. Altesaam 25 semifinaliste sal gekies word, waaruit 14 finaliste na die eindronde van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein sal deurdring.

Die wenner en finaliste ontvang prysgeld, beurse en geskenke, terwyl die semifinaliste ook pryse en beurse ontvang. Inskrywing sluit op 31 Julie.

Skandeer die QR-kode hierbo, laai die inskryfvorm af, voltooi dit en stuur terug na Linda Greyling by greylinl@ufs.ac.za. Sy kan ook vir nog inligting gekontak word.

SÓ SKRYF JY IN Matrikulante van oor die land heen, wat leiers en presteerders in akademie, kultuur en sport is en wat beplan om volgende jaar aan die UV te studeer, kan hulle vir die kompetisie inskryf. Beurse en prysgeld van sowat

Educators from Wesfleur Primary School, one of the first schools in Atlantis.
Atlantis 50 | From Grey to Green
Organizer Simone Jacobs-Adams said there is still a lot of awareness that needs to be done because of the incline of Austism diagnosis. Photo: Murphy Roberts
Die visekanselier en rektor van die UV, prof. Hester C. Klopper, saam met die 2025-wenner van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie, Kiara Subramanian. Foto: Charl Devenish

Women of Ward 32 empowered

The women-empowerment programme is designed to equip women from Ward 32, its councillor Moosa Raise pointed out. He spoke at an awards ceremony honouring women from his ward who had undergone such training. on Thursday 7 May at the dunes.

At the Atlantis Dunes on 7 May Moosa said the programme’s main objective is to equip women with practical skills, knowledge and confidence to improve their personal, social and economic well-being.

It focused on topics such as leadership, gender-based violence awareness, mental

wellness, self-development and community support. Through interactive sessions and capacity-building activities participants are encouraged to strengthen their voices, build resilience and, importantly, build their communities.

It also creates a safe space for woman to connect and share experiences with one another, Moosa pointed out.

He said coordinating such a programme had been such a pleasure, if only because of its discernible impact on every woman involved.

“I believe the newly-acquired skills will form the basis of a renewed community approach to help heal the family and broader community, for everyone matters.”

Mandisa Patala, Elizabeth van Wyk, Moosa Raise, Fatima Isaacs and acting Sub council 1 manager Lucille Muller.
Mandisa Patala, Iris Fortuin, Imelda Titus with Ward 32 Councillor Moosa Raise.
Mandisa Patala, Carolina Christiaans, Ward 32 councillor Moosa Raise, Chourlett Vaas, Chevone Lloyd and Chantal Willemse. Photos: Murphy Roberts
Zelna Willemse, Berney Marthinus, Ward 32 Councillor Moosa Raise and Kariena Carstens.
Iris Fortuin, Louisa Solomon, Samantha Ludolph, Moosa Raise, Jo-Ann Hofstander and Imelda Titus.
Andrea Slade, Ragel Boois, Jamy-Lee Adonis, Lucille Muller and Annelize Barends.
Jodeci Koopman, Darren Esau, Maria Molene, Mandisa Patala, Ward 32 Councillor Moosa Raise, Felecia Jansen, Aleah van der Berg and Lobabqlwe Konisi.
Jodeci Koopman, Miliana Crow, Nicolene Carstans, Moosa Raise, Chevone Lloyd and Tamlin Pinto. Jodeci Koopman.

Reën: Beskerm diere só

Die winterreën bring broodnodige water, maar dit skep ook ideale toestande vir velprobleme by troeteldiere.

Nat weer, modderige erwe en klam slaapplekke kan maklik tot pynlike infeksies lei, veral sogenaamde “jeukplekkies” – rooi, nat en seer kolle, wat vinnig kan versprei. Vir baie huishoudings is voorkoming nie net beter nie, maar ook goedkoper as behandeling. ’n Jeukplekkie begin dikwels klein – ’n hond wat aanhoudend krap, lek of byt op een plek. Binne ’n dag of twee kan dit in ’n rou wond ontwikkel.

Die voortdurende irritasie beskadig die

vel en laat bakterieë indring. In nat en baie warm toestande, waar vog teen die vel vasgevang word, versprei die infeksie vinnig. Langhaarhonde is meer vatbaar omdat hul pels langer nat bly, maar enige troeteldier wat gereeld nat word, loop ’n risiko. Een van die grootste oorsake is ’n klam slaapplek. Troeteldiere wat buite slaap, lê dikwels op nat komberse of karton. Dit hou die vel pal klam en bevorder bakterie- en swamgroei. Maak seker jou troeteldier het ’n droë, beskutte slaapplek en vervang nat beddegoed summier. Modder op en tussen die pote en tone is nog ’n probleem wat maklik misgekyk word. Modder bevat bakterie wat irritasie kan veroorsaak.

Wanneer dit opdroog en vassteek, begin

die dier lek en krap, wat tot infeksie kan lei. Ná wandelings of speeltyd in die reën, vee die pote af en kyk vir rooiheid of seer kolle. Droog jou troeteldier ná reën goed af – veral onder die maag, by die oksels en agter die ore, waar vog vasgevang word. Gereelde borsel help ook om lugvloei te verbeter en die pels gesond te hou.

Parasiete kan jeuk vererger, terwyl swak voeding die vel meer vatbaar maak. Let op vroeë tekens soos aanhoudende lek, haarverlies, rooi kolle of ’n onaangename reuk.

Hoe vinniger jy optree, hoe makliker is dit om die probleem te beheer. Jy kan met eenvoudige daaglikse sorg help om jou troeteldier gesond en gemaklik deur die nat winter te hou. ’n

Werkersdag nie net ’n vakansiedag

WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

Verpreiding: 30 000 koerante per maand

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.

Landlyn 021 406 2063

Redakteur

Alida Buckle

Joernalis Murphy Roberts

Nuuswenke

Advertensies

074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za

074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za

067 091 0618

Yvette Smith 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za

LETTERS/BRIEWE

Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.

WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Onkunde oor outisme

Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

Verpreiding: 30 000 koeranteper maand

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike toestemming gebruik wordnie.

duur voort

Landlyn 021 406 2063

Smslyn 32467(R1 per sms)

Redakteur

MarykeSwart022713 1066 maryke.swart@media24.com

Joernalis

MurphyRoberts074 768 4044 murphy.roberts@media24.com

Outisme raak nie net individue nie, maar hele gemeenskappe soos Atlantis –dikwels stilweg en sonder genoeg begrip. Dit is nie ’n enkele toestand nie, maar ’n spektrum wat verskillende vorme insluit – van outistiese versteuring en Asperger se sindroom tot PDD-NOS (deurdringende ontwikkelingsversteuring wat nie anders gespesifiseer is nie).

Nuuswenke 067091 0618

Advertensies

Madelie van Tonder022713 1483 Madelie.Tolken@media24.com

Elke lyer ervaar dit anders – sommige het intensiewe ondersteuning nodig, terwyl ander relatief onafhanklik funksioneer.

LETTERS/BRIEWE

Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.

In ’n dorp soos Atlantis, waar hulpbronne beperk is en bewustheid nie altyd voldoende is nie, beteken dit dat baie kinders nie vroeg gediagnoseer word nie. Nog meer kommerwekkend is dat baie volwassenes deur hul lewe gaan sonder om ooit te besef dat hulle op die spektrum is. Mense met Asperger se sindroom, byvoorbeeld, kan sukkel met sosiale interaksie, roetines verkies en sensories oorweldig word, maar word dikwels bloot as “anders” of “moeilik” bestempel.

Die uitwerking strek verder as die individu – dit raak gesinne, skole en werksplekke. Potensiaal gaan sonder begrip en ondersteuning verlore en frustrasie en afsondering ontstaan. Tog bring outisme ook unieke sterkpunte – aandag aan detail, eerlikheid en buitengewone fokus.

Atlantis het ’n groter gesprek nodig –een van insluiting, opvoeding en ondersteuning, want om outisme te verstaan, is nie net ’n mediese saak nie, maar ’n gemeenskapsverantwoordelikheid.

WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Werkersdag laat Suid-Afrika dink oor hoe belangrik werkers en vakbonde se werkersregte en ons demokrasie is. Werkers in alle bedrywe help elke dag om die land sterk te hou en die ekonomie te laat groei.

Hier by die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) werk ons daaraan om ’n sentrum vir groentegnologie en volhoubare nywerheidsontwikkeling te bou. Dit help om nuwe werksgeleenthede te skep en mense vir die groenekonomie op te lei. Vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning van sakeondernemings is belangrik sodat meer mense deel van hierdie groeiende sektor kan wees.

Die Asez lok belegging in groenvervaardiging soos energie, water, afvalbestuur en landbou. Dit skep direkte en indirekte werksgeleenthede in Atlantis. Die Asez fokus ook op opleiding om jongmense en voorheen benadeelde gemeenskappe meer geleenthede in die groenekonomie te gee.

Die werkers van Atlantis bestaan uit verskillende vaardige mense, soos tegnici, ingenieurs, administratiewe personeel en ondersteuningswerkers. Hul harde werk maak Atlantis ’n goeie plek vir belegging.

werkersregte in Suid Afrika. Dit wys hoe belangrik dit is om steeds regverdige en veilige werkplekke te bou. Goeie samewerking tussen werkgewers, werknemers en die regering help om beter werksomstandighede en ekonomiese groei te verseker.

ASEZ TALKS - Matt Cullinan

Terwyl Suid Afrika deesdae deur moeilike ekonomiese tye gaan, wys organisasies soos die Asez dat belegging in mense en volhoubare bedrywe langtermynvoordele bring.

Deur mense op te lei en volhoubare praktyke te ondersteun, kan die land sterker groei en meer geleenthede vir almal skep.

Werkersdag is dus nie net ’n viering nie, maar ook ’n herinnering om die mense wat elke dag die ekonomie laat werk, te waardeer en te ondersteun.

Tot volgende keer, Matt

Werkersdag herinner ons ook aan die geskiedenis van

Kat wat krap. Foto: Vysyakh Ajith | Unsplash

We distribute 15 000 copies to Atlantis and surrounds every second Tuesday.

Call me now to book your next adver t

Yvette Smith 082 482 1117 yvette.smith@novusmedia.co.za

NM10057584-WU120526

Atlantis kort veggees

Pniel Villagers wen 24-26

Karakter, veggees en die wil om te wen het ontbreek toe Atlantis Saterdag op sy tuisveld net­net teen Pniel Villagers vasgeval het – 24­26. Atlantis, wat rustyd reeds 3­17 agter was, het egter in die tweede helfte beter gevaar en meer aanvallende rugby gespeel.

Boelie en sy troepe het die wedstryd egter weens swak dissipline op ’n skinkbord aan die besoekers oorhandig. Drie

strafskoppe in hul eie gebied is in punte omgeskep en het uiteindelik die wedstryd vir die besoekers beklink.

Atlantis het nou vyf wedstryde gespeel en hul twee tuiswedstryde verloor, maar die span is steeds onoorwonne in hul wegwedstryde.

Atlantis het gewys hy kan enige span op enige dag klop, maar sal daadwerklik aandag aan dissipline moet gee. Mamre het Saterdag op sy tuisveld 22 elk gelykop teen Abbotsdale se Lilies gespeel. Mamre se groen truie het met dié uitslag die vierde plek op die punteleer

behou.

Hamlets het op sy tuisveld ’n spogoorwinning van 41­24 oor Violets behaal. Hamlets, wat tans die agtste plek beklee, kan Saterdag sy posisie op die punteleer verbeter wanneer hulle die negende geplaasde Bellville in ’n wegwedstryd pak.

Young Hearts het Saterdag op die Grafkelder seker gemaak dat hulle die derde plek op die punteleer van die Boland se Grootuitdaagbeker in die Weskusstreek behou.

Ruben Abels en sy troepe het Piketberg met 59­38 geklop.Young Hearts,

wat die naweek die enigste onoorwonne Boland­kampioen, Saldanha, in ’n wegwedstryd pak, is glad nie bekommerd oor die wedstryd nie.

Uitslae – 9 Mei: Weskus: St. Helenabaai 37­24 Vredenburg; Goedverwacht 24­43 Paternoster; Velddrif 32­37 Saldanhabaai; Saldanha Tigers 36­21 Langebaan; Young Hearts 59­38 Piketberg. Swartland: Wesbank 64­15 Saron; Porterville 40­28 Darling; Villagers Wittewater 26­27 Moorreesburg; Good Hopes 35­28 Riebeeck United; Mamre 22­22 Abbotsdale; Koringberg 28­44 Never Despairs.

Gaylin te vinnig vir res van SA skole-atlete

Murphy Roberts

Die 16­jarige Gaylin Swartz van Pella het tydens die onlangse SA Vaardigheidskole­kampioenskappe in Pretoria behoorlik stof in die oë van ander provinsies se atlete geskop. Dié leerder van Atlantis Vaardigheidskool het drie goue medaljes losgehardloop en is die kampioen in die 800 m en 400 m sowel as die 400 m­aflos.

Volgens dié nederige leerder het sy as leerder in gr. 6 by die Laerskool Pella met atletiek begin en sedertdien reeds ’n handvol goue medaljes gewen. Gaylin vertel sy het in die provinsiale kompetisie geweet sy kan dit ook op nasionale vlak regkry nadat sy haar plaaslike items maklik gewen het.

Met groot drome van internasionale deelname hoop dié atleet dat dit wel moontlik kan wees met harde werk.

“Dit is gewis waarna ek nou streef,” vertel sy.

Inwoners van die klein dorpie het die driemalige kampioen verlede Sondag by die dorp ingewag met “Welkom tuis, SA kampioen”­plakkate. Sy vertel dat die ondersteuning van die gemeenskap baie vir haar beteken en dat sy daarom harder sal werk om haar dorp trots te maak.

Murphy
Atlantis het die tuisskare met aanvallende spel in die tweede helfte vir 40 minute op hul voete gehad. Foto: Murphy Roberts
Gaylin Swartz met haar handvol medaljes wat sy reeds op die atletiekbaan verower het. Foto: Murphy Roberts
Gaylin Swartz wen die 800m- goue medalje in Pretoria.
NM10057583-WU120526

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook