WeskusNuus E-Edition - 30 September 2025

Page 1


Verspreidingsgebiede:

Nóg twee onskuldige meisietjies se lewens is

Die dapper optrede van een van die twee meisies het die ander een van verkragting gered toe sy, terwyl die maniak besig was om sy broek af te trek, die kans gebruik het om weg te hardloop en hulp te gaan soek.

Kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 53 jarige man op Vrydag 19 September ná ’n volskaalse soektog net na vyfuur die middag naby sy

huis op klagtes oor ontvoering en poging tot verkragting aangekeer is. Volgens ’n betroubare bron het die verdagte, wat onlangs ná nege jaar weens verkragting uit die tronk gekom het, die twee maatjies – onderskeidelik 10 en 11 jaar oud – verlede Vrydagoggend by die ou sentrum genader het. Volgens die bron het hy die een gestuur om “chips” te gaan koop en hulle gevra om saam met hom te gaan om sy “hasies te gaan kos gee”. Die twee onskuldige meisies het ingestem om te gaan help om die hasies te gaan

kos gee, vertel die bron. Die verdagte het egter met die twee na die duine geloop, waar die hasies kwansuis sou wees, en die meisietjies het onwetend in die verkragter se strik beland. Volgens die bron is gou alarm gemaak oor die twee vermiste meisies en beeldmateriaal is opgevolg, wat die polisie na die duine gelei het. Die polisie se lugvleuel was binne ’n uur op die toneel en verskeie hommeltuie is ook ontplooi. Volgens die bron is die meisie wat weggekom het, deur ’n motoris na die polisiekantoor geneem terwyl die

verdagte koue voete gekry en in die duine verdwyn het.

Die soektog het egter voortgeduur en die gebied is gefynkam, maar sonder enige sukses, vertel die bron. Hy was soos ’n skim en iemand wat die gebied presies ken, want niemand kon hom opspoor nie.

Die verdagte het laatmiddag doodgerus huis toe gestap, waar inwoners die polisie gekontak het.

Die verdagte het Maandag 29 September in die hof verskyn. Teen druktyd was dit onbekend of hy borgtog gekry het.

Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand
Murphy Roberts
Die voetpaadjie wat die vermeende
met die twee jong meisietjies na die duine geloop het. Foto: Murphy Roberts

‘Kyk eers na sy welstand’

Die borgtogaansoek van ’n 14-jarige moordverdagte het die afgelope Donderdag (25 September) baie drama opgelewer toe die landdros die verrigtinge kortgeknip en ’n deeglike ondersoek na die jong verdagte se toestand gelas het.

Landdros Joy van de Hyde het aangevoer die seun “lyk gelukkig”, maar sy was bekommerd oor sy emosionele toestand toe die verdagte baie angstig en aggressief begin lyk het. Maatskaplike werkers, die verdediging en die staat was dit eens dat ’n deeglike evaluering van die verdagte eers gedoen moet word. Van de Hyde het aan hom verduidelik sodra al die nodige verslae by die hof ingedien is, kan hy ’n nuwe borgtogaansoek bring. Sy het haar kommer oor sy toestand amptelik uitgespreek.

Die saak is tot 24 Oktober uitgestel. Die verdagte se 19-jarige suster het voor die nuwe verwikkelinge getuig haar broer was tydens die voorval in die huis. Die staat, onder leiding van Gino Saaiman, het die getuie met vrae gepeper, wat duidelik tot die verdagte se verandering in houding bygedra het.

Saaiman wou weet waar sy tydens die voorval was. ’n Vraag oor die seun se skorsing by die skool het ook opgekom.

Die verdagte se suster, wat kalm geantwoord het dat dit blote skinderstories is, het gesê sy weet wie wel met die vuurwapen geloop het en bygevoeg haar broer word valslik van die moord beskuldig. Sy het aan die hof gesê sy weet wie die moordenaar is en het ’n naam aan die hof genoem. Saaiman het aan haar

gevra hoe sy weet wie met die vuurwapen by die skool geloop en wel die moord gepleeg het. Sy het rustig geantwoord “omdat hulle my self vertel het”. Saaiman het egter teruggekap dat sy haar getuienis aanpas soos dit haar pas, maar sy het volhard haar broer word verkeerdelik aangekla en is geensins ’n bendelid soos die polisie beweer nie,

terwyl die moordenaar vry rondloop. Volgens Saaiman gaan die ondersoekbeampte presies die teenoorgestelde getuig as wat die minderjarige se suster getuig het.

• Die 14-jarige word aangekla van die moord op ’n 25-jarige man en poging tot moord nadat ’n vierjarige kleuter in die voorval in Augustus ernstig gewond is.

Learners compete in Eskom Science Expo

South Africa’s brightest minds will compete for life-changing prizes that will open doors to future studies and careers in science, technology, engineering, mathematics and innovation (STEMI) at this year’s Eskom Expo for Young Scientists International Science Fair.

Taking place between Monday 6 and Friday 10 October, a total of 303 learners from 35 regions across South Africa and 16 international participants from Lesotho, Namibia, Zimbabwe, Mexico, Ireland, India and Russia will showcase their projects at the Emperors Palace Convention Centre in Kempton Park. Additionally, seven participants from Ghana and Mozambique will have an opportunity to participate virtually.

Participants from the West Coast include Tiaan Lamminga from Curro Langebaan, Carla Conradie from Hope-

field High School, Duran Farmer from Vredendal High School, Maritza Harmse from Hopefield High School and Dawid Bierman from Swartland High School.

Mologadi Motshele, Acting Chief Executive Officer of the Eskom Development Foundation said Eskom’s CSI investment into STEMI is more than a financial contribution, but a direct commitment to changing lives.

"By enabling more than 17 000 learners to participate in Eskom Expo this year, the programme is giving opportunities to young people who would otherwise not have access to such platforms.

Parthy Chetty, Eskom Expo Executive Director, said that the International Science Fair 2025 is set to ignite global curiosity and celebrate innovation from young minds across the world. "Hosted in Kempton Park, this landmark event

brings together brilliant young scientists, esteemed researchers, and visionary sponsors for a week of discovery, collaboration, and recognition.

Highlights include two prestigious awards ceremonies and immersive excursions that aim to stimulate these young minds.

With international delegations and generous sponsor support, ISF 2025 promises an unforgettable experience that honours excellence and fosters global unity through science.

" Members of the public are invited to attend the Eskom Expo ISF and see firsthand the impressive projects that these young scientists have developed. The exhibition hall will be open to the public on Thursday 9 October from 15:00 to 17:00 at the Emperor’s Palace Convention Centre in Kempton Park.

Men sentenced

Nine men from Extention 13 were sentenced in the Atlantis Magistartes’ court on 15 September after being charged with murder.

The men attacked the victim, Eric van Schalkwyk, on 17 September 2023 at 17:00 on the corner of Sacramento and Valleyfield Street, Ext 13, Saxonsea, by stabbing him, throwing a big stone on his head and assaulted him.

The men believed that the deceased was giving information to the rival gang, they were fighting in the area. At around 21:45 the victim died of his injuries at Wesfleur Hospital. The investigating officer, Detective Allo Hendricks received information about the suspects and he obtained statements from witnesses. The suspects were arrested, and bail was opposed. They were in custody from 2023 until the last day of sentencing on 15 September this year.

The three men, Marlon Philander, Miguel Snyders and Rivaldo Cloete were sentenced to 20-years direct imprisonment each for murder. Ryan Mcdonald, Kabedi Lehloesa, Gino Windvogel, William Geduld, and Ashwin Mckenzie received five years each direct imprisonment for assault and Shahied Bester received six years direct imprisonment for attempted murder.

The station commander, Colonel Mario Thyse welcomed the sentences handed down.

Police seeking public’s help in solving several murders

Atlantis police have appealed to the community to share information anonymously on the following murders:

* On 13 January 2024 at 01:10 Duwayn de Wee was stabbed by unknown males on the corner of Sherwood Road and Montreal Drive, Sherwood Park, Atlantis.

The murder case was investigated by Det-Sgt David Davids, who appealed to anyone with information to contact him on 021 571 8500 or the police’s Crime Stop on 0860 010 111.

* On 20 November 2023 at 06:00 Quinton Duiker , alias “Curley”, was shot and killed by unknown men at a walkthrough in Castallis Street, Protea Park, Atlantis. Anyone with information must please contact Det-Const Allo Hendricks on 082 469 7017 or 0860 010 111.

* On 7 August 2025 at 18:00 a

16-year-old male was shot and killed in Groenkop close, Sherwood Park, Atlantis. Anyone with information can contact Det-Sgt Elbridge Mckenzie on 021 571 8500 or 0860 010 111.

* On 20 September 2017 at 01:35 the victim Randall Koopman was shot and killed in Enon Street, Mamre. If you have any information you can share it anonymously on 0860 010 111 or contact Det-Sgt Roderick Maasdorp on 021 571 8500.

* On 2 July 2017 at 08:19 victim (surname Sikelele) was stabbed in Witsand, Main Road, Atlantis and died at Wesfleur hospital, Atlantis. Anyone who has information on this incident can confidentially share it on 0860 01011 or 021 571 8500 with Det-Sgt Roderick Maasdorp.

* On 24 July 2017 at 22:00 Willem Jacobs was shot and killed in Kerria Lane, Protea

Park, Atlantis. If you have any information you can share it anonymously on 0860 010 111 or contact Det-Sgt Roderick Maasdorp on 021 571 8500.

* On 21 January 2017 at 15:05 Gavin Theys was shot and killed in Edward Street, Avondale, Atlantis. Anyone who has information on this incident can share it confidentially on 0860 010 111 or 021 571 8500 with Det-Sgt Roderick Maasdorp.

* On 6 February 2017 at 16:30 Lourens Oliphant was stabbed and killed in Bunting Crescent, Robinvale, Atlantis. If you have any information you can share it anonymously on 0860 010 111 or contact Det-Sgt Roderick Maasdorp on 021 571 8500.

* On 1 May 2018 at 00:30 a shooting incident occurred in Tshitshikama Street, Sherwood Park, Atlantis, where Aden Booysen was shot multiple times and succumbed to his injuries.

* On 4 June 2017 at 07:03 victim Karohano Tefo was stabbed at U51 Witsand, Atlantis. He died on the crime scene. If you have any information you can share it anonymously on 0860010111 or contact Det-Sgt Roderick Maasdorp on 021 571 8500.

* On 6 April 2014 at 04:24 Lee-Roy Sarels was hit with an unknown instrument and died from his injuries at Wesfleur hospital.

* On 30 August 2017 at 11:15 on the stairs of Heathfield Court, Atlantis, Aubrey Kruger was shot by unknown men and died on the scene.

* On 26 August 2016 at 22:40 Abongile Nkubene was stabbed in Main Road, Witsand and died at the scene.

* On 26 July 2016 at 22:45 Heinrich Florence w as shot and killed in Bignonia Street,

Protea Park, Atlantis.

* On 11 June 2016 at 05:12 Dyllan Booysen w as shot and killed in Mahem Street, Protea Park, Atlantis.

* On 2 June 2016 at 22:16 the victim Jerome Gideon was shot and killed at Island Place, Avondale, Atlantis.

* On 1 June 2016 at 21:00 Jason Campbell was shot at Neptune Castle, Avondale, Atlantis. He died in hospital on a later stage.

* On 12 June 2016 at 04:00 Calvin Smith was stabbed and he succumbed to his injuries at Wesfleur Hospital.

* On 16 August 2017 at 00:17 Clinton May was shot and killed at Aster Crescent, Protea Park, Atlantis.

Anyone who has information on these incidents can confidentially share it on 0860 010 111 or phone 021 571 8500.

’n 25-jarige man is in Augustus doodgeskiet en ’n vierjarige ernstig gewond.
Detective Allo Hendricks is a man on a mission.

Gemeenskap groet sr. Pharo

Die bekende suster Olivia Pharo is verlede Saterdag (20 September) by ’n emoisenele begrafnisdiens gegroet.

Dié “moeder van gesondheidsorg” in Atlantis is in baie kringe as meer as net ’n verpleegster gesien – ook as ’n opregte leier, geneser en ’n moeder vir haar pasiënte.

Die diens is deur verskeie familielede, raadslede, voormalige kollegas en honderde vriende en pasiënte bygewoon.

Die emosionele afskeid van “Atlantis se Florence Nightingale” is voorafgegaan met ’n private besigtiging by die huis.

Pharo se twee dogters, Lauren en Tammy, het hul ma tydens ’n emosionele oomblik as ’n ware leier bestempel wat alles in haar vermoë gedoen het om ander te help en sê dit was ’n eer om haar “Moeder” te noem.

Pharo het ná 29 jaar as verpleegster –waarvan sy die meeste van haar loopbaan by die Wesfleur-hospitaal bestee het, is verlede Saterdagoggend (13 September) skielik oorlede.

Pharo het destyds besluit om haar pensioengeld te gebruik om goedkoper gesondheidsorg na die gemeenskap van Atlantis te bring.

Huldeblyke het van oral vir die Florence Nightingale van Atlantis ingestroom.

Suster Pharo máák verskil

Ons kan net dankie sê vir die verskil wat sy in baie se lewens gemaak het.

Dít is die woorde van ’n groep voormalige studente wat hul tuissorgopleiding by suster Olivia Pharo gedoen het.

Die groep het gese dit was alles behalwe ’n “k@k kursus”, soos wat ’n GOOD-party-raadslid vroeër vanjaar daarna verwys het.

“Ons is baie trots op wat ons danksy Pharo bereik het, en is nie meer werkloos nie,” het die groep laat hoor.

Volgens een van die tuisversorgers, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het sy ook by die kliniek uitgehelp om meer ondervinding op te doen en is die kliniek “vir ewig dankbaar”.

Nog een sê sy het nie lank nadat haar opleiding voltooi is nie, deur ’n Kaapse hospitaal as ’n tuisversorger werk gekry. Roscoe Palm, ’n raadslid van die GOOD-party in die Stad Kaapstad, het inwoners van Atlantis onlangs erg onthuts gehad met ’n verklaring dat suster Pharo se kliniek ’n “Fong Kong”-kliniek is. Palm het ook beweer suster Pharo “buit die reeds sukkelende gemeenskap uit”. Palm het tydens die verklaring gevra dat dringend teen die onwettige kliniek en die uitbuiting van inwoners opgetree moet word. Suzette Little het aan WeskusNuus gesê drie klagtes word teen die kliniek ondersoek, maar die party het teen druktyd nie op die versoek vir saak- of verwysingsnommers van enige klagtes reageer nie.

“Ons is nou in ‘n werk, danksy suster Pharo se tuisversorgingopleiding,” het dié groep trots gesê.
Foto: Murphy Roberts
Die oorskot van Olivia Pharo tydens die begrafnis ná haar skielike afsterwe.
Lauren en Tammy, die dogters van suster Pharo, by die begrafnis van “Atlantis se Florence Nightingale”. Foto’s: Murphy Roberts
Belinda Fortuin, voormalige kollega, raadslid Dean Goliath, raadslid Allister Lightburn, voormalige raadslid Fiona Abrahams, raadslid Anastacia Davids en Donito Botha het ook hul laaste eer betoon.

ASEZ stages second Careers Expo

The Atlantis Special Economic Zone (ASEZ) was proud to present the second edition of the Atlantis Careers Expo, to date the only truly-significant event of its kind presented in the area, according to organiser Hlumela Nama.

She said the event built on the success of the inaugural one, serving as a dynamic platform where industry experts, training institutions and community stakeholders come together to showcase a wide range of opportunities, including full-time studies, internships, apprenticeships and international travel opportunities.

The Careers Expo is designed to inspire growth, broaden horizons and unlock potential for young people, job seekers and professionals looking to

expand their career pathways, Nama said. Whether exploring one’s next career move, seeking formal training or wishing to connect with industry leaders, it promised valuable insights and connections that shaped futures. Selwyn Willoughby, IES Executive at ASEZ, said the Careers Expo was bridging the gap between education and opportunity, and equipping young people with information, connections and confidence to take their first steps towards building meaningful careers and pathways to success.

He concluded the Atlantis Careers Expo reflected ASEZ’s commitment to empowering communities, building skills and driving inclusive economic development. By connecting talent with opportunity the expo strengthened Atlantis’ position as a hub for innovation, industry and future-ready skills.

Sgt Wilfred Smile Sector 3,Sector Commander, Capt Lisa Munro and W/O Richard Van Rooyen Sector 1, Sector Commander shared information about joining police. Photos: Murphy Roberts
In front (from left) are Amelia van der Westhuizen and Cher Daniels. Behind are George Gertse, Gregory Walker and Emmerencia Titus.
The team from Mosel Shipping, Jacqueline McFarlane, Natasha Jeffries, Belinda Eland and Danie Noorman, at the Careers Expo.
Leona Jantjies (left) and Jenadine Koert of Old Mutual.
Team ASEZ hosted the Careers Expo on Tuesday 23 September at Atlantis City Mall.
Nicole America of iStudent Academy: College of Technology also shared information.
Nikita Adams of the National Prosecuting Authority shares valuable information about its role.
Bianca Jacobs and Isherene represented Huguenot College in Wellington at the Careers Expo.

Boomweek

vereer eerste 50 jaar

Suid-Afrika vier elke jaar Nasionale Boomweek in die eerste week van September – dis ’n tyd om bewustheid te skep oor die belangrikheid van bome, biodiversiteit en groen ruimtes.

Bome vervul ’n noodsaaklike rol in die bekamping van klimaatsverandering, die verbetering van luggehalte en die bou van gesonder en standvastiger gemeenskappe. Volhoubaarheid is hier by die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) die kern van ons visie. Ons glo dat ekonomiese groei en omgewingsbewaring hand aan hand moet gaan en ons is trots om groen inisiatiewe te dryf, wat ’n tasbare verskil in ons gemeenskap maak.

Ons Boomweek-vieringe het vanjaar ’n besondere betekenis gehad.

Asez het in afwagting van Atlantis se 50ste bestaansjaar in 2026 ’n boomplant-geleentheid gehou om die dorp se reis en sy blink toekoms te vereer. Ons het 50 inheemse bome saam met vennote en gemeenskapslede geplant – ’n simbool van 50 jaar se groei en die belofte van nog 50 jaar se vergroening en standvastigheid.

Verder as hierdie simboliese gebaar bly die Asez daartoe verbind om volhoubaarheid in ons werk te vestig – van die bevordering van hernubare energie en sirkulêre ekonomiese praktyke tot die ondersteuning van omgewingsvriendelike sakeondernemings, werk ons daaraan om Atlantis as ’n leier in groen nywerheidsontwikkeling te vestig.

Namate ons uitsien na Atlantis se goue jubileum, word ons herinner dat die beste tyd om ’n boom te plant, 20 jaar gelede was. Die tweede beste tyd is nou. Ons Boomweek-viering is net een stap in ons voortgesette reis om volhoubaarheid diep in die weefsel van ons gemeenskap te plant.

Investing in the future

The Atlantis Special Economic Zone Company SOC Ltd (ASEZCo), in partnership with the City of Cape Town, Super Mario Gardening a local SMME, TooMuchWifi, local schools, and community partners, proudly hosted its Arbor Day celebration under the theme “50 Trees for 50 Years”. The initiative commemorated both Arbor Day and Heritage Month, while honoring Atlantis’ 50-year journey as a resilient and united community.

The event brought together learners, educators, government leaders, and community stakeholders to plant 50 indigenous trees across 15 primary schools in Atlantis. Each tree stands as a living monument to Atlantis’ history and a symbol of its commitment to a greener, more sustainable future.

Delivering the keynote address, Selwyn Willoughby, ASEZCo Executive for Investor and Enterprise Support, highlighted the deep connection between heritage, community, and sustainability: “Planting a tree is more than a symbolic act. It is a promise: to nurture life, to protect our shared natural heritage, and to invest in a greener future for generations to come.”

Mario van Aswegen, owner and founder of Super Mario Gardening who donated the Acacia “Vachellia” xanthophloea tree said:

“Plant a tree so that it shows there is hope for the generations to come.

“For us at Super Mario Gardening, donating these trees is about more than greening our schools – it’s about giving children in Atlantis a living reminder that the future is full of growth, resilience, and opportunity.”

“At TooMuchWifi, we believe that true connectivity goes beyond internet access –it’s about connecting people, communities,

for

and opportunities. Supporting the 50 Trees
50 Years initiative allows us to invest in the learners of Atlantis while helping to grow a greener, more sustainable future,” ddded Tauriq Brown, CEO of TooMuchWifi.
The 50 Trees for 50 Years initiative stands as a testament to collaboration between business, government, and the community ensuring that Atlantis’s next fifty years are greener, stronger, and filled with hope.
Matt Cullinan CEO from ASEZ, Tauriq Brown, CEO of TooMuchWifi. learners from Avondale Primary, Vaughan Murray, principal from Robinvale Secondary, Councilor Allister Lightburn, Mario van Aswegen, owner and founder of Super Mario Gardening, Councilor Moosa Raise and Selwyn Willoughby, ASEZCo Executive for Investor and Enterprise Support.
The Atlantis Special Economic Zone Company SOC Ltd (ASEZCo), in partnership with the City of Cape Town, Super Mario Gardening (a local SMME), TooMuchWifi, local schools, and community partners, proudly hosted its Arbor Day celebration under the theme “50 Trees for 50 Years”.

Nedbank deel geskenkpakkies vir meisies aan skole uit

Inwoners, kinders in woonbuurt bederf met geskenkies

City reaches out in different ways; apply now for bursaries

Cllr Carl Pophaim, Mayco member for Human Settlements, visited Atlantis earlier this month to announce the launch of the new Housing the City Tour: Bringing You Home project, which brings services directly to communities, as people-centred projects are inclined to do. Such initiatives are also about breaking down barriers.

This outreach is aimed at taking human settlements directly to residents, who will find a one-stop shop of services, including affordable-housing applications, consumer education and other rental housing-related services.

BURSARY APPLICATIONS

Financial support is being offered by the Training and Development Depart-

FROM THE CHAMBERS

ment to students living in Cape Town and who are registered at accredited academic institutions, including TVET Colleges in South Africa.

This will cover registration, tuition,

examination fees as well as capped allowances for study aid, transport and meals. Candidates are invited to download the application form capetown.gov.za/ City-Connect/Apply/Jobs-and-opportunities/apply-for-a-city-bursary or alternatively, can obtain an application form from any City Library and walk-in centres.

Requirements for eligibility:

• Copy of Grade 12 final/mid-year results with an average of 65% and above.

• Copy of latest tertiary academic transcript.

• Certified Copy of ID (not older than three months).

• Applicant should be a South African citizen residing within the boundaries of Cape Town.

External financial support (bursaries) is

offered to anyone who:

• Is not an employee of the City of Cape Town.

• Is not in possession of any other form of financial assistance (eg National Student Financial Aid Scheme [NSFAS], etc).

• Is registered for full-time study at an accredited tertiary institution within the borders of South Africa.

• Is studying towards an undergraduate or postgraduate qualification in one of the approved City of Cape Town scarce skills fields of study.

Please note:

• An applicant should not be in possession of any other form of financial assistance (eg NSFAS, etc).

• Where a proven need exists the City shall cover a capped residence allowance

subject to the residence being registered on the City vendor database.

• Late applications will not be considered.

• Applications that are received will not be acknowledged in writing and copies of supporting documents will not be returned.

• Should you not receive a response from the City by 15 January 2026, kindly accept that your application has been unsuccessful.

• Please direct all enquiries to the HR Service Desk on 0860 103 089/ 021 400 3434 (option 6) or external.bursaries2026@ capetown.gov.za.

Completed forms and supporting documentation must be submitted electronically or at any of the Walk-in Centres by Friday 10 October.

Allister Lightburn
Nedbank Atlantis het ongeveer 150 geskenkpakkies, wat onder andere sanitêre doekies bevat, aan verskeie skole oorhandig. Bo staan personeellede met leerders van Parkview Primer.
Leerders van Berzelia Primêr het ook by die oorhandiging van die pakkies van Nedbank gebaat.
Enzio Fagodien het onlangs inwoners en kinders in sy buurt met lekkernye en geskenke bederf.
Enzio oorhandig ’n geskenk, wat deur Atlantis-vaardigheidskool geskenk is, aan ’n seun in sy gemeenskap.

Misdaad van agter tralies gedryf, moet stopgesit word

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê gevangenes het nie die reg op onbelemmerde kommunikasie buite die tronkmure nie – veral wanneer hulle misdaad van agter die tralies koördineer.

Die burgemeester het gereageer op die SuidAfrikaanse Gevangeneorganisasie vir Menseregte se teenkanting teen die Stad se beroep om seinblokkering en kommunikasie-onderskeppingstrategieë by die Pollsmoor-gevangenis toe te pas.

“Gevangenes het eenvoudig nie die reg om vrylik buite die tronkmure te kommunikeer nie,” sê Hill-Lewis.

“Ons het werklike voorbeelde van die polisie en aanklaers wat goeie werk doen om gangsters weg te kry – net sodat hulle voortgaan om hul misdaadbendes van binne die tronk af te bestuur. Dit maak ’n bespotting van die strafregstelsel. Om voor te stel dat hierdie gevangenes ’n verskanste reg het om te doen wat hulle wil terwyl hulle agter tralies is, is eenvoudig belaglik.

“Gevangenes behoort deur die tronk se vastelyntelefone met familie en regsverteenwoordigers te kan kommunikeer. Selfs dan word hierdie oproepe dikwels gemonitor om te verseker dat geen misdaad gepleeg word nie.

“Ons weet vir seker dat onderwêreldse figure binne Pollsmoor aan die buitekant toutjies trek, insluitend afpersingsdreigemente en ontwrigting van die stad se infrastruktuurprojekte. Daarom is ’n gesamentlike poging nodig om te keer dat hierdie kommunikasie verdere skade aan gemeenskappe veroorsaak.

“Dit sluit in klopjagte om onwettige selfone te verwyder, tegnologie om onwettige selfoongebruik op te spoor en kommunikasie te onderskep, en ja – waar noodsaaklik – seinblokkering as dit is wat nodig is om inwoners aan die buitekant teen misdadige bedreigings te beskerm. Gevangenes moet besef as hulle probeer om misdaad te koördineer, hulle maklik danksy die korrekte tegnologie wat ingestel is en gebruik word, gevang en vervolg sal word,” het Hill-Lewis gesê.

Die burgemeester het hierdie maand aan die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, geskryf om die gebruik van seinblokkering en ander maatreëls by Pollsmoor te versoek.

Die Stad het verskeie verslae ontvang dat misdaad- en afpersingsaktiwiteite telefonies vanuit die gevangenis gekoördineer word.

Tydens ’n onlangse padprojekinspeksie in Bishop Lavis is die burgemeester ook in kennis gestel dat die kontrakteur die terrein verlaat het weens afpersingsdreigemente wat per telefoonoproep van ’n gevangene in Pollsmoor gemaak is.

Hill-Lewis het die Stad se ondersteuning op verskeie maniere aangebied, insluitend:

• Intelligensiedeling om patrone van misdadige aktiwiteite wat uit Pollsmoor voortspruit, te identifiseer.

• Tegniese en logistieke ondersteuning om seinblokkeringstegnologie te laat installeer.

• Verhoging van openbare bewustheid om hierdie pogings te ondersteun.

“Behalwe vir die hantering van die gebruik van selfone, doen ons verder ’n beroep op die Departement van Korrektiewe Dienste om leefstyloudits van bewaarders en personeel te oorweeg. Inligting wat aan die Stad verskaf is, illustreer dat korrupsie en afpersing algemeen voorkom, wat misdadigers in staat stel om hul misdade onverpoosd voort te sit. Die werklikheid is dat verbode toestelle soos fone by tronke ingesmokkel word – óf deur personeel self óf deurdat hulle gevangenes nie behoorlik deursoek nie.

“Hierdie soort korrupsie dryf die misdaad-ekonomie in gevangenisse aan en ondermyn geregtigheid. Saam met sterker beheer oor paroolgangers kan die dringende uitrol van leefstyloudits vir bewaarders ’n beduidende verskil in die opruiming van die stelsel en die herstel van integriteit ,” het die raadsheer JP Smith, ’n burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê.

‘My ministry is gospel music’

“I am committed to walking in obedience to my calling, no matter how long the journey takes.

So says Alex Avuyile, a 35-year-old gospel singer and worship leader from Atlantis.

“Every note I sing is a prayer, every song a testimony. I believe this is just the beginning, and with God’s help and the right support I will continue to grow into the full purpose he has for me in the gospel music ministry.”

Avuyile’s journey in gospel music began at the age of 8 at Sunday School.

“Since then music has remained the heartbeat of my faith and calling. Through every season of my life I have used my voice to glorify God and uplift others with messages of hope, healing and salvation.

““My music carries personal testimony, spiritual encouragement and a deep longing to see lives transformed through the power of Jesus Christ.”

He released two gospel singles –“ngingumfokaazi” and “ewe jehova” and one full studio album, ujesu uhamba nam

“These projects reflect a growing depth in worship and ministry. “God has placed an awesome responsibility in my heart; ministering through music fulltime. “My journey has had challenges,” Avuyile said, “but my purpose remains clear: to spread the Gospel through authentic worship and original gospel music.

“I’m working to finalise and release my live gospel album early 2026.”

Avuyile is available for any churches, worship events, festivals and other events and can be contacted on 069 727 5080

Laboratorium vernuwe

Die wetenskaplaboratorium by die Hoërskool Atlantis is onlangs met behulp van Lesedi Nuclear Services opgeknap.

Dié Gautengse maatskappy se uitkyk is dat hulle hul korporatiewe sosiale belegging as ’n integrale deel van hul onderneming beskou. “Ons is gretig om die rol daarvan as ’n goeie korporatiewe burger deur verskeie inisiatiewe te omhels en ’n positiewe invloed op die jeug sowel as die gemeenskappe waarin ons werk, te bewerkstellig.”

Lesedi se navorsing dui daarop dat Atlantis ’n relatief arm gemeenskap is met 12% van die bevolking wat glad nie ’n inkomste het nie of van staatstoelaes afhanklik is. Lesedi het daarom die Hoërskool Atlantis as ’n geleentheid gekies

om jongmense toe te rus met behoorlike gereedskap en ’n veilige ruimte om te leer, asook om te help om ’n hoëronderwyskwalifikasie te bekom, wat hulle toekomstige werk kanverseker. Die toestand waarin Lesedi die wetenskaplaboratorium by die Hoërskool Atlantis aangetref het, was nie geskik om deur leerders gebruik te word nie en het dringende ingryping vereis om te verseker dat dit in ’n baie beter en bevorderlike toestand vir onderrig en leer was, sodat leerders kan floreer.

Lesedi het die hoërskool van ’n volledig funksionele en toegeruste rekenaarlaboratorium voorsien, wat onderwysers sal help om betekenisvolle gehalte-onderwys aan leerders te bied.

Alex performed at the Artscape festival in Mamre.
Alex wants to release his second album early next year.
Geordin Hill-Lewis
het getel

Oorwinning is Atlantis s’n

In ’n seisoen waar elke afskop, elke tackle en elke traan tel, het Atlantis Leeds United nie net ’n sokkerliga gewen nie, maar sy droom laat voortleef deur die Premierliga-afdeling van die Atlantis- plaaslike sokkervereniging met trots te beklink.

Hulle staan nou op die drumpel van iets groters – deelname aan die Safa-Kaapstad-uitspeelliga vir ’n plek in die 2026-’27-Hollywoodbets-streekkompetisie.

Grant Gertze sê geloof is die dryfkrag agter sy leierskap as hulpafrigter. “Alle eer aan ons Hemelse Vader – sonder Hom is niks moontlik nie,” sê hy. Hy het ook die ondersteuners, afrigtingspan en spelers bedank: “Julle het ons deur reën en sonskyn gedra. Hierdie oorwinning is Atlantis s’n.” Wat hierdie span uniek maak, is nie net hul talent nie, maar hul storie. Baie van die spelers is Gertze se voormalige juniors – kinders wat hy as o.8’s en o.10’s afgerig het en wat nou as volwassenes saam met hom die veld betree. “Hulle het steeds dieselfde respek as toe hulle klein was,” sê hy met trots, “en selfs die nuwe spelers het daardie gees van toewyding ingedra.”

Die pad was lank. Twee jaar gelede het Leeds die liga gewen, maar in die uitspeelrondes vasgeval. Hierdie keer het die span geweet: Vir sommige is dit dalk die laaste kans om ’n liga te wen.

Vir die jonger spelers is dit die begin van iets groots. “Ons fokus sterk op jeugontwikkeling,” sê Gertze. “Hierdie oorwinning dra gewig, want dit is op jare se opoffering gebou.” Die uitspeelrondes wat voorlê, is geen maklike taak nie. Leeds sal teen ander kampioensklubs speel en slegs ’n handjievol van hul spelers het al daardie druk beleef. Maar Gertze is optimisties. “Ek weet uit ervaring – om ’n uitspeelronde te wen, is ’n ongelooflike gevoel.”

Die droom om in die Hollywoodbets- liga te speel, is nie net vir Leeds nie, maar vir Atlantis, sê hy. “Dis vir elke jong speler wat hoop op ’n kans. As ons dit regkry, sal dit deure open vir ons jeug en hopelik sal ons Jomo’s Power AFC aanvuur om ook hul plek in die ABC Motsepe-liga terug te neem om Atlantis in sokker te bevorder.”

Die pad vorentoe verg dissipline, fokus en geloof. “Ons weet Atlantis staan agter ons – selfs al is hulle nie op die veld nie, sal hul teenwoordigheid gevoel word. Aan my spelers en my regterhand, Donovan (Tanne) Dolphin – bly positief, hou die dissipline en ek glo in julle van dag een af”, het Gertze aan WeskusNuus gesê.

Skolerugbyvereniging vier toernooisukses in Mamre

Die jaarlikse rugby-uitspeeltoernooi van die Atlantis-skole-rugbyvereniging is verlede Saterdag 20 September by die Mamre-skolesportterrein beslis, waar ses skole in drie ouderdomsgroepe – o.9, o.11 en o.13 – om die gesogte trofeë meegeding het.

Die deelnemende skole was Hermes, Kerria, Mamre, Parkview, Pella en Saxonsea. Die sportdag het ’n fees van kaalvoetrugby vir toeskouers uit Atlantis, Mamre en Pella gebied.

Ná ’n reeks intense kwarteind- en halfeind-wedstryde, waar die vonke behoorlik gespat het, was die veld gereed vir uitkloprugby in die eindrondes van die Plaat- en Bekerafdelings.

In die Plaat-eindronde het Kerria Primêr die o.9-afdeling gewen deur Mamre te klop, Mamre het op sy beurt die o.11-titel gewen, terwyl Pella as die o.13-kampioen gekroon is.

In die Bekerafdeling het Saxonsea Primêr egter geen gelyke gehad nie en met oorheersende vertonings in al drie ouderdomsgroepe skoonskip gemaak. Saxonsea het Mamre se o.9’s 20-0 kafgedraf, Mamre o.11 met 12-5 geklop en Hermes o.13 met ’n indrukwekkende 40-0 verpletter.

Met dié prestasie het Saxonsea die tweede agtereenvolgende jaar die Atlantis-rugbykampioenskapstitels in al drie afdelings verower.

Raadslid Allister Lightburn het sy opgewondenheid oor die toernooi uitgespreek en die Atlantis-skole-rugby-

vereniging vir hul deursettingsvermoë geloof. “Hier het baie spelers vandag deelgeneem wat dieselfde ouderdom is as dié wat nou elders in die land speel, danksy die geleenthede wat hierdie program vir hulle geskep het,” het hy gesê. “Ek glo dat ons binnekort ons eerste Springbok uit hierdie program sal sien. Hou aan presteer, glo in julleself, en julle sal bo uitkom.”

Die vereniging het alle deelnemende skole vir hul uitstaande spel bedank, asook die organiseerders en ondersteuners wat die dag moontlik gemaak het. Die koördineerder Clint Smith het sy spesiale dank ook aan die borge – Wise Guy Academy, Dean Storm en die Lightburn – vir hul geloof in die program uitgespreek. “Jul ondersteuning beteken vir hierdie seuns baie meer as net borgskap. Dit gee hulle hoop en dryf hulle tot groter hoogtes,” het Smith gesê. Plaat-finaal-wenners: o.9 – Kerria Primêr; o.11 – Mamre Primêr; o.13 – Pella Primêr.

Beker-finaal-wenners: o.9 – Saxonsea Primêr; o.11 – Saxonsea Primêr; o.13 –Saxonsea Primêr.

Spelers wat uitgestaan het: Nuham Leeman (Mamre; o.9), Aiden Gabriels (Pella; o.9), Kearon Schoor (Saxonsea; o.10), Yuri Booysen (Saxonsea o.10), AJ Gearns (Saxonsea o.13) en Monte Williams (Saxonsea o.13).

Die toernooi het nie net kampioene opgelewer nie, maar was ook ’n golf van inspirasie vir jong spelers, wat van groter rugbyhoogtes droom. Atlantis se rugbytoekoms lyk blink.

Atlantis Leeds United is die plaaslike sokkerkampioen vir 2025. Elke afskop, ‘tackle’ en traan
Van links is Aiden Gabriels (Pella), Kearon Schoor, Yuri Booysen, AJ Gearns en Monte Williams met hul trofeë.
Kennith Stadler (Mamre-afrigter, heel links) en Jonathan Conrad (spanbestuurder, heel regs) by Cornell Oppelt en Gavin Philander, wat hul stewels opgehang het.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.