





Murphy Roberts
“Justice delayed is justice denied” is the feeling of a group of gender-based violence (GBV) survivors.
The Survivors Haven Foundation, who support victims of sexual and gender-based violent offences, hosted a oneday work session in Atlantis on Tuesday 22 July with the Rights Lab.
The Rights Lab, based at the University of Nottingham in the United Kingdom, is the largest anti-human trafficking organisation in the world.
Janine Passenz, founder of the Survivors Haven, said her organisation had previously worked on projects investigating GBV in South Africa, where barriers
to achieving justice were discussed. “Together we worked on a message to send to the government and all departments in the justice system.”
The event last week was attended by 20 local GBV survivors. Of the 20 cases only one ended in the conviction of the perpetrator.
Other cases were in court for more than five years, Passenz said.
“What frustrates the survivors is that they don’t know where some of their cases are.”
She added some survivors had given up on their cases because they never
received feedback from investigating officers with the South African Police Service.
Findings from previous research with the Clooney Foundation on achieving justice for victims were also discussed, Passenz said.
She said from these discussions survivors compiled messages that will be sent to the government and all departments at the Department of Justice and police.
According to Passenz these messages will be published as an appendix of the report to be sent to the President and all stakeholders.
Also, one of the concerns raised was about the role of churches when it comes to victims and GBV survivors.
Passenz said victims wanted to know whether churches were ready to handle GBV cases.
The group wanted to send a clear message to echo through eternity: survivors will not fall for the empty promises of the government and all others who promise that perpetrators will not get bail when it comes to GBV and femicide (GBVF), especially in the coming Women’s Month in August.
Passenz concluded that a delegation from the organisation will visit the United Kingdom and Kenya next year to start a new project about gender-based offences.
The City of Cape Town’s Mobile Office will visit the Robinvale Community Hall in Atlantis on Friday 1 August.
Moosa Raise, ward councillor for Ward 32, said that a wide range of non-emergency enquiries, such as rates, sewerage, electricity, water, refuse collections and all other account enquiries will be provided.
Residents are encouraged to take advantage of the services that come along with each mobile office visit, Raise added.
“This is the City’s commitment to bringing its services closer to communities and making local government more accessible to residents.
City staff will be in Atlantis, Tokai and Kensington to provide guidance and assistance on
queries arising on both these days next week.
“Residents are reminded to bring along their IDs or municipal accounts to help ease the process on the day,” said Theresa Uys, Mayoral Committee member for Corporate Services.
Moosa Raise, Ward
Murphy Roberts
Die blitsige optrede van inwoners van Robinvale het die polisie gehelp om vermeende inbrekers aan te keer.
Die Robinvale Sekondêre Skool is in die skoolvakansie tussen 14 en 21 Julie deur inbrekers geteiken en die skelms het met byna R70 000 se goedere weggekom. Volgens kapt. Lisa Munro, ’n woordvoerder vir die Atlantis-polisie, het die inbrekers met waardevolle toerusting weggekom nadat iemand vroeër daardie week ook by die skool ingebreek is.
Volgens 'n omsendbrief van die skool het die inbrekers eers by die opsigter se plek ingebreek en gereedskap en sleutels gebuit.
Dieselfde inbrekers het later in die week teruggekom en met skooltoerusting, skoolklere en sporttoerusting laat spaander.
Volgens Munro het speurkonst. Solly Josef vinnig reageer nadat inwoners inligting aan hulle verskaf het. Twee verdagtes is in Gazoniastraat en Babler's Place aangekeer en van die gesteelde items is in hul besit gevind, het Munro bevestig.
Die twee verdagtes – 28 en 34 jaar oud – het Dinsdag (22 Julie) in die landdroshof verskyn. Die staat gaan volgens Munro borgtog teenstaan. Volgens haar is speurders besig om nog inligting op te volg om die gesteelde goedere, wat steeds soek is, op te spoor.
NOTICE OF APPLICATION FOR A WATER USE LICENSE FOR THE GROOT SPRINGFONTEIN GROUNDWATER ABSTRACTION PROJECT IN THE ATLANTIS AREA IN THE WESTERN CAPE PROVINCE – DWS REF NO: WU40011
Notice is hereby provided for a Water Use License Application (WULA) in terms of Section 41 (4) of the National Water Act, 1998 (Act No. 36 of 1998) for the proposed Groot Springfontein Groundwater Abstraction Project (Department of Water and Sanitation Reference Number: WU40011).
PROJECT DESCRIPTION
Hall Core Water (Pty) Ltd proposes to authorise the abstraction of groundwater from existing boreholes.
The Groot entails the following: Springfontein Groundwater Abstraction Project
► Abstraction of groundwater from three boreholes to primarily supply target end 3 users with 600,000 m of water per annum, in the Atlantis Industrial Area.
► In 2016, nine (9) boreholes were drilled, but only three (3) boreholes will be used for groundwater abstraction.
► The project infrastructure includes three boreholes, an above-ground 1ML holding reservoir for water storage on site, and a future pipeline to convey water
LOCATION
The Groot Springfontein Groundwater Abstraction Project is located near Atlantis, Cape West Coast, within the City of Cape Town Metropolitan in the Western Cape Province. The site falls within the Berg-Olifants Water Management Area, G21B Quaternary Catchment.
PROPOSED WATER USE
Legislation Activities
National Water Act (Act No. 36 of 1998)
National Water Act (Act No. 36 of 1998)
Section 21 (a): Taking water from a water resource (Abstraction of water from groundwater)
Section 21 (b): Storage of water in a holding reservoir on site
OPPORTUNITY TO PARTICIPATE
For more information, to register as an Interested and Affected Party (I&AP) or to submit comments, please contact us via email, post, or phone, no later than 29 September 2025:
PPP@zutari.com
+27 21 526 9400
* PO Box 494, Cape Town, 8000, South Africa
Die bekamping van kabeldiefstal is noodsaaklik. Afriforum ontwikkel tans ’n opleidingsmodule om buurtwaglede met die kennis om hierdie misdaad doeltreffend aan te durf, te bemagtig.
Volgens Jacques Broodryk, hoofwoordvoerder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is kabeldiefstal ’n landwye probleem – ook die Wes-Kaap. Infrastruktuur wat geraak word, sluit in spoorlyne, Eskomlyne, munisipale infrastruktuur en nywerheidsgebiede. Strukture naby veral informele nedersettings word geteiken. Kabels word ook by munisipaliteite, plase en fabrieke gesteel.
Foto ter illustrasie
Diewe steel koperkabels omdat dit ’n hoë herverkoopwaarde het. Minder aluminiumkabels word gesteel, terwyl kabels in telekommunikasielyne ook gesteel word.
Die ekonomiese impak van kabeldiefstal is reusagtig. Eskom meld jaarliks meer as R2 miljard se verlies aan, terwyl Transnet in 2022 meer as R1,6 miljard se verlies weens kabeldiefstal aangemeld het. Meer as 20 000 gevalle word elke jaar landwyd aangeteken. Sulke kragonderbrekings raak ondernemings, huishoudings, hospitale en skole. Treinverkeer word lamgelê en nywerhede stagneer. Die verbranding van kabelhulsels veroorsaak lugbesoedeling en kabeldiefstal kan weens elektriese skokke tot lewensverlies lei.
Broodryk glo die meeste kabeldiefstal word deur georganiseerde sindikate uitgevoer. Hulle het voertuie, toerusting en vermom hulself dikwels selfs as kontrakteurs. Dié sindikate steel kabels in samewerking met korrupte amptenare en skrootwerwe. Die gesteelde koper word dan plaaslik of internasionaal verkoop.
Navorsing wys China is die grootste koper van skrootmetaal uit Suid-Afrika en sowat 85% skrootmetaal (wettig én onwettig verkry) kom uit Suid-Afrika. Sommige sindikate is ook gewapen en bied selfs “sekuriteit” tydens diefstalle.
Die gesteelde kabels word dikwels verbrand om die plastiekomhulsel te verwyder. Dit veroorsaak ernstige lug- en grondbesoedeling. Daarna word die gestroopte kabels – sonder die nodige dokumente –aan skrootwerwe verkoop. In sekere gevalle word die kabels gesmelt en as herwinde produkte verkoop, terwyl dit in ander
gevalle as afvalmateriaal by informele skrootwerwe eindig. Die polisie het spesiale taakspanne op die been gebring en die SAPD doen ook inspeksies by skrootwerwe. Buurtwagte vervul ’n aktiewe rol in die bekamping van dié en ander misdade. Transnet se filiaal Transnet Freight Rail beskik oor sy eie veiligheidsgroepe, terwyl Eskom GPS-opsporing en alarms op sekere kabelroetes ingestel het om hierdie misdaad hok te slaan. Sommige metropolitaanse munisipaliteite, soos die Stad Kaapstad, het ook hul eie spesialiseenhede op die been gebring.
Ongelukkig word kabeldiewe nie altyd suksesvol vervolg nie. Die skuldigbevindingskoers vir kabeldiefstal is laag. Die howe is oorlaai en ondersoekspanne het nie altyd toegang tot die nodige forensiese hulpbronne nie. Baie oortreders word op borgtog vrygelaat en selfs die minimum strawwe word toegepas.
’n Paar suksesverhale in die vervolging van kabeldiewe kan wel vertel word: In een geval is ’n kabeldief in Junie vanjaar 15 jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van meer as 400 kg koperkabels in Kraaifontein. Dié en soortgelyke suksesse kom hoofsaaklik danksy die werk van gespesialiseerde vervolgingseenhede. Broodryk stel die implementering van streng regulasies vir die skrootmetaalbedryf sowel as ’n verbod op kontanttransaksies vir die verkope van koper voor. “Daarbenewens moet intelligensie aangaande kabeldiefstal sentraal gekonsolideer word om inligting van Eskom, die SAPD, Prasa, Transnet en plaaslike veiligheidstrukture soos buurtwagte byeen te bring.”
Hy glo ’n minimum vonnis van 15 jaar vir dié misdaad moet ingestel word, gemeenskappe moet bemagtig word met tegnologie soos kameras, sensors en hommeltuie en openbare/private vennoot- skappe moet ontgin en uitgebrei word.
“Gemeenskapslede is die eerste linie van verdediging en vervul daarom ’n kritieke rol in die bekamping van kabeldiefstal én ander misdaad. Kabeldiefstal raak ons almal, daarom is dit noodsaaklik om enige verdagte aktiwiteite dadelik aan te meld. Individue word aangemoedig om by buurtwagte aan te sluit en te help om hierdie misdaad te stuit.
In Atlantis en omliggende gebiede was die nat winter ondraaglik vir huishoudings – iets wat soms selfs basiese daaglikse take ’n uitdaging maak.
Volgens Bianca Leonard, die bemarkingsbestuurder by die leefstyltegnologiehandelsmerk Solenco. die Solencomaatskappy, kan gesinne maklik in die koue slegte gewoontes aanleer wat meer skade as goed kan veroorsaak.
“Tussen opeenvolgende koue fronte, reën en voortdurende grys lug voel niks heeltemal droog of warm nie. Selfs eenvoudige daaglikse take soos om ’n bondel wasgoed droog te maak, het frustrerend en in sommige gevalle ongesond geword, en vir gesinne wat reeds deur stygende kostes oorweldig word, is daar nie veel ruimte in die begroting vir hoë elektrisiteitsrekeninge of deftige verhittingstelsels nie.
“Dit is dus geen verrassing dat TikTok vol “winterwenke” is nie: Tydelike droogmaaktruuks wat die sitkamer in ’n wassery omskep, oonde wat as verwarmers hergebruik word en klein ontvogtigingsbaddens waarby beïnvloeders sweer ...
“Om ’n haardroër te gebruik om vinnig ’n klam skoolhemp droër te maak, kan dalk in ’n noodgeval goed wees, maar om die oond oop te los om die sitkamer warm te maak? Dit is ’n ernstige veiligheidsrisiko.”
Leonard glo een van die ergste goed tot huishoudelike vog bydra, is nat wasgoed wat binnenshuis gehang word om droog te word. “Net een lading nat wasgoed kan tot twee liter water in die lug vrystel
en met die vensters dig toe om die koue uit te hou, hang daardie vog rond. Dit kry vatplek aan jou mure en in jou kaste, trek in jou meubels in en skep die perfekte teelaarde vir muf.
“Mufspore kan jou gesondheid ernstig benadeel,” glo Leonard. “Mufspore produseer allergene, irritante en selfs gifstowwe, wat ligte irritasies tot ernstige asemhalingsprobleme veroorsaak. Dit veroorsaak of vererger allergieë en outo-immuun-toestande, asma en ekseem, irriteer die longe en kan tot swaminfeksies lei.”
Muf is ook nie net iets wat met asyn en wensdenkery weggeskrop word nie.
Volgens Leonard is voorkoming nodig.
Die kern is om die regte langtermynoplossings te kies wat binnenshuise toestande aktief verbeter. “ ’n Slim ontvogtiger trek stilweg vog uit die lug terwyl dit ook filtreer en tot 99,9% onsuiwerhede wat in die lug sweef, verwyder. Dit is alles van mufspore tot allergene. Boonop – in vergelyking met die gebruik van ’n tuimeldroër – is dit tot vyf keer goedkoper.”
Wanneer dit by die verhitting van jou leefruimte kom, beveel Leonard energiedoeltreffende paneelverwarmers met ingeboude termostate aan.
“Dit handhaaf ’n konstante kamertemperatuur sonder om voortdurend warm lug te blaas. Dit kan aan die muur gemonteer word of as ’n mobiele eenheid gebruik word, wat veelsydigheid bied. Hul slim funksies stel jou ook in staat om verhittingstye te skeduleer, sodat hulle slegs loop wanneer nodig.”
Murphy Roberts
Waar is die dae toe skole nog Sasa- papiere moes invul om te bevestig dat leerders wel op skool is? Dít was van die kwessies wat tydens die onlangse werksessie van die Atlantisgemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en ander rolspelers gehou is.
Volgens Cameron Luwdick, die GPF-voorsitter, is dit gewis iets wat na gekyk moet word. Daar moet nou ook gekyk word na ’n samewerkingsplan om veral geweldsmisdaad hok te slaan. “Slegs Atlantis se inwoners kan die plan maak werk.” het Ludick aan die gehoor gesê.
“Samewerking tussen alle regeringsvlakke fokus nie noodwendig daarop om die probleem op te los nie. Die onus berus by ons om die probleem trompop te loop.”
Volgens Luwdick is vuurwapens die hoofoorsaak van dood in Atlantis en omliggende gebiede, met ’n aansienlike aantal polisiesake van moord en poging tot moord waarby vuurwapens betrokke is.
“Suid-Afrika het een van die hoogste moordsyfers ter wêreld en ’n beduidende persentasie van hierdie moorde behels vuurwapens. Daar sal gewis na strenger wetgewing gekyk moet word,” het Luwdick voorts gesê.
Allister Lightburn, die voorsitter van subraad 1, het gesê wetstoepassing van die Stad Kaapstad lewer ’n beduidende bydrae tot misdaadbekamping, maar daar is steeds inwoners wat glo dat hulle niks doen nie.
Atlantis het meer buurtwaglede bygekry en gesprekke om die “Shot Spotter”-tegnologie hier toe te pas, is in n gevorderde stadium.
The City of Cape Town has launched a new SMS notification system to inform job seekers when they are selected for Expanded Public Works Programme (EPWP) work opportunities, said Grand Twigg, Mayco member for Urban Waste Management.
This pilot initiative, spearheaded by the City’s Urban Waste Management Directorate, hopes to improve communication and accessibility for jobseekers registered on the City’s Jobseeker Database.
Since 16 July 2025 some job seekers have begun receiving SMS messages to notify them of their selection.
The SMS will include part of the applicant’s ID number as well as the project that they have been selected for. Verify the validity of the SMS by contacting the EPWP Helpdesk on 021 400 9406 or visiting your nearest subcouncil office.
The City will cover the cost of SMS replies, ensuring there is no charge to job seekers responding to these opportunities.
Twigg said: “This forms part of our
ongoing effort to make the recruitment process more transparent, responsive and inclusive. We want to ensure those who are seeking work have the best chance of receiving and responding to opportunities timeously.”
Jobseekers are reminded to ensure their contact details on the Jobseeker Database are current and accurate. Those who receive these SMS notifications are encouraged to respond within 24 hours to confirm their interest.
Jobseekers can register or update their details every year to stay active on the Jobseeker Database and qualify for possible EPWP work opportunities via the following:
• Visit their nearest City of Cape Town Subcouncil office or SmartCape Centre at their nearest library. Open on weekdays, from 08:00 to 15:30, except public holidays.
• Email to EPWP.Help@capetown.gov.za For more info, visit capetown.gov. za/EPWP. It is free to register on the Jobseekers Database. No payment is required at any stage of the process.
Peter Stoffberg, ’n gemeenskapsaktivis, het uitgevaar teen minderjariges wat by geweldsmisdade betrokke is.
Stoffberg se veldtog, #Piemphulle, trek baie aandag en vir byna elke voorval word ’n petisie teen borgtog by die hof ingehandig. Volgens hom is dit deesdae byna seker dat skieters borgtog geweier word.
Stoffberg het die GPF gevra dat die sowat 300 pastore in Atlantis byeengebring moet word om Atlantis te help genees. Hy meen ook dat skoolhoofde en beheerligame ’n groter rol in die bekamping van gewelds- misdaad kan vervul.
Murphy Roberts
Plaaslike organisasies het weer eens bewys die gees van Nelson Mandela se legandariese nalatenskap sal vir altyd voortleef.
Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez), subraad 1 se “Family in focus” en die plaaslike polisie het verskeie inwoners op Mandeladag (Vrydag 18 Julie) bederf.
Dié dag word jaarliks herdenk. Volgens Wessie van der Westhuizen, die bestuurder van subraad 1, het hulle 20 warm komberse ontvang, wat hulle saam met personeel van die Mamrebiblioteek en gesondheidwerkers aan behoeftige inwoners gaan uitdeel het.
Die Asez het senior burgers by verskeie ouetehuise besoek en nie-bederfbare kos uitgedeel. Dit is ’n herhaling van verlede jaar se projek, het Hlumela
Nama van die Asez verduidelik. “Dit bewys dat die Asez tot die opheffing van die gemeenskap verbind is,” het sy gesê.
Reuben Kadalie, die uitvoerende direkteur van Abbeyfield, het gesê:
“Ons waardeer hoe die Asez Mandela se oproep tot diens uitleef. Vennootskappe soos hierdie laat Abbeyfield se kwesbare seniors veilig, gehuisves en verbind voel.”
Selwyn Willoughby, die uitvoerende beampte van geïntegreerde ekostelsels by die Asez, het bygevoeg: “Terwyl ons bou aan ’n groener, meer inklusiewe ekonomie en samelewing, moet ons nooit diegene wat voor ons gekom het, uit die oog verloor nie.
“Om terug te gee aan ons bejaardes is nie net ’n gebaar van dankbaarheid nie – dit is ’n herinnering dat ware ontwikkeling gemeet word aan hoe ons na die kwesbaarste onder ons omsien.”
Murphy Roberts
The Atlantis Creative Hub (ACH), a dynamic community-based organisation dedicated to equipping individuals with practical skills, held its first Youth Entrepreneurs Awards on Thursday 24 July.
William Konstabel and René Haruna said this initiative was born from a vision to recognise and celebrate the resilience and innovation of young business owners from the community.
Originally planned for June to coincide with Youth Month, commemorating the historic 16 June 1976 uprising, the event aimed to honour the courage and contribution of today’s youth in a different struggle – economic empowerment. “In a community plagued by high levels of crime, substance abuse, gangsterism and youth unemployment,” Konstabel said, “these young entrepreneurs are carving out a better future not only for themselves but for others through job creation and social impact.
“By acknowledging their efforts we hope to inspire more young people to take bold steps towards entrepreneurship and transformation. We started this movement to create hope for our youth while we celebrate the hard work they put in every day to earn an income. All we need do is show up and be ready for the opportunities that await. The purpose of the entrepreneurship youth awards was purely to honour our young entrepreneurs.”
Konstabel and Angelique Simon of the Small Enterprise Development and Finance Agency (Sedfa) felt it important to recognise these entrepreneurs who fight their way through life, but continue to make a difference in their communities every day.
Leerders van Proteus Tegniese Hoërskool (PTS) saam met van die personeel van Weskus Kollege (WK). Voor van links: Samuel Kazadi (senior lektor WK – IT/rekenaarwetenskap vir robotika en programmering); Evertson Nigel (departementshoof by PTS); Lungisa Mbulawa (WK se hoof); Jerry Raganya (fasiliteerder, WK 4IR); en André Muller (waarnemende adjunkhoof WK: vernuwing en ontwikkeling). Agter staan Felicia Mngxekeza (dosent, WK Atlantis-kampus); Nomathemba Dapula (adjunkhoof, WK Akademie), Zanele Ntakana (assistent-direkteur, WK – vennootskappe en skakels); Anathi Zengetwa (akademiese bestuurder, WK); Jameelah Nathie (senior studenteondersteuningsdienstebeampte, WK); Sive Ndondo (moniterings- en evalueringsbeampte, WK) en Phumzile Nkuzo (bestuurder WK Atlantis-kampus). In die middel regs staan Febihola Jacobs (dosent, WK). Foto: Ivan
Weskus Kollege, in vennootskap met die BankSETA en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), het onlangs 14 graad-12-leerders van Proteus Tegniese Hoërskool vir ’n transformerende digitale geletterdheids- en vaardigheidsopleidings-program op sy Atlantis-kampus ontvang.
Die twee weke lange Vaardigheidsontwikkelingsinisiatief (SDI), wat deur BankSETA gefinansier is, was daarop gemik om IKT-vaardigheid en werkgereedheid te verbeter deur leerders toe te rus met kritieke digitale vaardighede wat by die vereistes van die Vierde Nywerheidsrevolusie (4IR) pas. Hierdie inisiatief het nie net die akademiese ontwikkeling van leerders ondersteun nie, maar hulle ook voorberei om die uitdagings van ’n vinnig
ontwikkelende digitale ekonomie baas te raak.
Leerders het praktiese ervaring in kodering, robotiese prosesse, datawetenskap en sagteware-programmering opgedoen.
Lungisa Mbulawa, die hoof van Weskus Kollege, het gesê: “Die opleidingsessies het leerders nie net met waardevolle digitale vaardighede bemagtig wat by die Vierde Nywerheidsrevolusie (4IR) pas nie, maar ook die ongelooflike potensiaal van samewerking tussen basiese en hoër onderwys demonstreer. Hierdie inisiatief is ’n blink voorbeeld van wat bereik kan word wanneer ons saamwerk om die vaardigheidstekort die hoof te bied – veral in die immer ontwikkelende digitale ruimte.”
André Muller, die waarnemende adjunkhoof vir vernuwing en ontwikkeling van die Weskus Kollege, het gesê: “Dit is
Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) in samewerking met die Green Solar Academy en Life Choices het onlangs die Fotovoltaïese (PV) Sonpaneelmonteerder-opleidingsprogram aangebied. Dit is ’n betekenisvolle stap om vaardighede op te bou en geleenthede vir die plaaslike jeug in die groenekonomie te skep.
Die program, wat deur die Onderwys- en opleidingsowerheid vir vervaardiging, ingenieurswese en verwante dienste (Merseta) gefinansier is, weerspieël die Asez se volgehoue verbintenis tot gemeenskapsbemagtiging en die vestiging van ’n plaaslike toekomsgerigte arbeidsmag.
Die inisiatief het 20 werklose jongmense uit omliggende gemeenskappe aan ’n vier dae inleidende kursus gefokus op PV-sonkragmonteerstelsels laat deelneem. Deelnemers het aan die hand van ’n kom-
Kinders van oor die hele land het reeds rou, dapper en diep persoonlike refleksies ingestuur vir die “Hold My Hand”- kreatiewe kompetisie. Wat dié kinders en tieners oor Suid-Afrika heen sê, is onmoontlik om te ignoreer, meen Lebo Motshegoadie, die kommunikasieinhoudbestuurder.
die eerste – maar gewis nie die laaste – van sulke inisiatiewe waaraan die kollege graag met Proteus wil saamwerk nie en ons sien uit na nog sulke betrokkenheid in die toekoms.”
Die reis is met ’n hartlike afsluitingseremonie by die Kollege se sentrale kantoor in Malmesbury beëindig, waar die prestasies en groei van die leerders gevier is. Hul entoesiasme en toewyding reg deur die program was ’n bewys van die potensiaal wat in Suid-Afrika se jeug lê wanneer hulle toegang tot verwante, toekomsgerigte geleenthede kry.
Weskus Kollege betuig sy opregte dank aan Proteus Tegniese Hoërskool, BankSETA en die WKOD vir hul voortgesette ondersteuning in die vorming van die toekoms en die ontsluiting van potensiaal. “Saam bou ons ’n digitaal bekwame geslag wat toekomsgereed is.”
binasie van teorie en prakties grondliggende kennis en praktiese ondervinding in hierdie groeiende veld vir hernubare energie opgedoen. Al was dit ’n inleidende kursus, het dit veel meer as tegniese vaardighede gebied. Dit het deelnemers blootgestel aan lewensvatbare loopbaanrigtings in die hernubare-energie-sektor, hul omgewingsbewustheid verhoog en selfvertroue gebou om verdere geleenthede in die groenekonomie na te streef. Hierdie opleiding stem nou ooreen met Asez se brëer missie om Suid-Afrika se regverdige oorgang te ondersteun en te verseker dat histories benadeelde en landelike gemeenskappe ingesluit word in die land se skuif na ’n volhoubare en veerkragtige toekoms. Deur jongmense toe te rus met die vaardighede wat in ’n vinnig groeiende bedryf benodig word, takel Asez en sy vennote nie net werkloosheid nie, maar lê hulle ook die grondslag vir ’n meer inklusiewe, volhoubare ekonomie.
Die Hear Me Out-kompetisie tesame met sy tieneruitgawe, “Keready to Ringa”, het ’n golf eerlike storievertelling van jongmense van 18 jaar en jonger ontsluit. Die gevolg is ’n groeiende nasionale argief geleefde ervarings – ongefilter; ongesensureer. Meer as 700 voorleggings het in die vorm van stemnotas, gedigte, raps, briewe, video’s en kunswerke gekom. “Elkeen dra die emosionele gewig van wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika jonk te wees – van stories van verlies en oorlewing tot geestesgesondheidsprobleme, gesinsdinamika, drome vir ’n beter land en eise vir volwasse verantwoordelikheid ... Die land se kinders en tieners praat met duidelikheid en moed,” sê Motshegoa. Een 15-jarige skryf: “Ek is nie ’n kind nie; nie ’n volwassene nie – net ek... Om dit uit te pluis –hard, morsig en eg.” ’n Ander praat oor hoe haar pa sy laaste asem uitblaas nadat hy vermoor is toe sy slegs sewe was en hoe daardie oomblik haar reis deur hartseer, woede en genesing gevorm het. ’n Kragtige gedig, getiteld “Laat my praat sonder om afgesluit te word”, beskryf ’n meisie se pleidooi vir volwassenes om eenvoudig te luister sonder om te oordeel: “Ek het nie raad nodig nie. Ek het nie ’n lesing nodig nie. Ek’t net iemand nodig om te sê: ‘Ek hoor jou’.” Van die Keready tot Ringa-tienerinskrywings is die boodskappe
ewe rou – terugblikke oor afsprake en hartseer, die stigma van geestesgesondheid, kulturele stilte oor identiteit en hoe gesinskonflik en streng ouerskap tieners dikwels verder in afsondering stoot. Een jong skrywer vra: “Waarom skree ouers voordat hulle luister? Waarom word ons stories altyd kortgeknip?” ’n Ander een sê: “Ek wens ek kon praat oor wie ek werklik is … maar soms is die huis die een plek waar ek die meeste misverstaan voel.”
“Hierdie jong stemme vra nie net vir sigbaarheid nie – hulle eis dit. Hul woorde openbaar ’n kollektiewe oproep tot begrip, veiligheid en respek asook die reg om oor hul lewens te praat sonder vrees om verwerp te word. Hul boodskap is duidelik – as Suid-Afrika ernstig is om ’n beter toekoms te bou, moet hy begin deur te luister – werklik te luister – na die mense wat daardie toekoms sal leef,” meen dr. Katlego Selikane, die Keready-leier. Die kompetisie is steeds oop. Inskrywings sal tot Vrydag 8 Augustus aanvaar word, met verskeie weeklikse pryse van R2 000 elk vir uitstaande inskrywings. Kinders en tieners onder 18 kan inskryf via WhatsApp by 0600 411 111 (Hear Me Out) of 060 019 0000 (Keready to Ringa). Enige kreatiewe formaat is welkom – van tekeninge en briewe tot poësie, video’s of stemnotas. Inskrywings kan ook op sosiale media geplaas word met behulp van #KereadytoRinga en #HoldMyHandSA. Hierdie kompetisie is deel van die “Hold My Hand”-veldtog, in pas met die Nasionale Strategie om Aksie vir Kinders te Versnel (NSAAC), wat jong stemme en intergenerasionele dialoog midde nasionale transformasie plaas.
The City of Cape Town’s Energy teams attended to more than 10 000 streetlight-related issues from March to April owing to vandalism, theft and illegal connections across the metro, including Atlantis. Theft and vandalism remain the biggest driver of streetlight and power outages. The City is urging our residents to watch over the power infrastructure in their areas and report any suspicious activity to the City’s Public Emergency Communication Centre on 021 480 7700, as soon as possible.
- Allister Lightburn
This will greatly help to reduce the scale of the damages caused by the theft and vandalism.
The City’s Urban Mobility Directorate is encouraging all residents and road users to report potholes; the City repairs as many potholes as possible during the winter months to avoid further damage. Residents can report potholes by using the City of Cape Town app, contacting the Customer Call Centre on 0860 103
089 or at contact.us@capetown. gov.za or logging a service request at capetown.gov.za/servicerequests.
Murphy Roberts
Kerria Primêr het oor die jare baie hoogtes behaal, het Leone Alexander, die waarnemende hoof van die skool, tydens hul 40ste verjaarsdagvieringe die afgelope Vrydag (25 Julie) gesê.
Volgens Alexander het die skool danksy die toewyding van die opvoeders en leerders op die gebiede van kultuur, akademies en sport al talle hoogtepunte beleef.
Deur die jare het verskillende herders die skool van krag tot krag laat groei.
Een só hoogtepunt was die dag toe die skool hul saal ingewy het.
Alexander het die skool se hoogtepunte tydens ’n herdenk-
Leone Alexander, die waarnemende hoof van Kerria Primêr, het hulde gebring aan voormalige en huidige opvoeders en leiers van die skool.
ingsgeselligheid uitgelig. Russel Andrews, ’n voormalige skoolhoof, het die versekering gegee dat die skool se voedingskema rigting gekry het.
“Ons het ook ’n nuwe sportveld langs die veeldoelige saal gekry – danksy Andrews se verbintenis om leerders se omstandighede te verbeter,” het Alexander benadruk.
“Hy het eenvoudig uit sy pad gegaan en onder sy leierskap het die skool ’n modelskool geword, met rekenaars wat baie deure vir die leerders geopen het,” vertel sy.
Alexander het weer op sy beurt die opvoeders van die skool geprys omdat hulle by die skool se morele waardes hou en ook die skool se standaarde handhaaf.
Voormalige opvoeders, voormalige skoolhoofde en beheerliggaamslede is ook geprys vir hul rol in die skool se groei.
in die veeldoelige saal.
WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
Verpreiding: 30 000 koerante per maand
Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.
Landlyn 021 406 2063
’n Groep passievolle jeugdienslede van Atlantis het onlangs energiek en geïnspireerd teruggekeer huis toe nadat hulle die #GoBeyond25: “Shape Your Future”-konferensie by die Universiteit van die WesKaap bygewoon het. Dié vierdaagse nasionale jeugdiensbyeenkoms is van 10 tot 13 Julie aangebied en meer as 1 000 jongmense en vennote van oor Suid-Afrika heen bymekaargebring om 10 jaar van “YearBeyond” te vier. YearBeyond bemagtig die jeug deur diens, leierskap en persoonlike ontwikkeling. Vir Atlantis se “YeBoneers” was die ervaring insiggewend. Die jeugdienslede het deur boeiende en praktiese werksessies in openbare redevoering emosionele intelligensie en die bou van digitale vaardighede waardevolle gereedskap opgedoen om in hul rolle en persoonlike lewens toe te pas. Die konferensie het ook
kreatiewe randsessies soos visiebordwerk, kralewerk en stil disko’s aangebied, wat ’n ruimte vir selfuitdrukking en refleksie gebied het.
’n Hoogtepunt vir baie was die Studie-ekspo, waar YeBoneers met meer as 24 tersiêre instellings kontak kon maak en moontlik nuwe deure vir toekomstige studiegeleenthede oopgemaak het.
Met hul terugkeer na hul skole en gemeenskappe bring die Atlantis YeBoneers ’n hernieude gevoel van doelgerigtheid, leierskap en verbintenis saam. Die boodskap wat hulle oordra, is eenvoudig, dog kragtig – jongmense het die potensiaal om verandering te lei wanneer hulle die platform en ondersteuning kry om te groei.
• Die #GoBeyond25-konferensie was volgens die organiseerders nie net ’n viering van die afgelope 10 jaar nie, maar ook ’n wegspringplek vir wat volgende kom.
Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct
afvalbande, rubber en nie-herwinbare plastiek. Hierdie afval-na-waarde-onderneming
die doel om brandstofolie te vervaardig; skrootstaal uit bande te herwin; asook om 'n waardevolle neweproduk, char te produseer wat bedoel is vir gebruik in sektore soos sementvervaardiging.
Verpreiding: 30 000 koeranteper maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike toestemming gebruik wordnie.
Landlyn 021 406 2063
Smslyn 32467(R1 per sms)
Redakteur
MarykeSwart022713 1066
maryke.swart@media24.com
Joernalis
MurphyRoberts074 768 4044 murphy.roberts@media24.com
Ligging: Erwe 35 & 47 van Erf 338, geleë in Sone 2 van die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone. Toepaslike sleutelwetgewing: Aansoek om 'n Afvalbestuurlisensie (WML) ingevolge die Lys van Afvalbestuursaktiwiteite wat gepubliseer is in GN No. 921 van 2013, soos gewysig, kragtens die Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalwe 59 van 2008 (NEMWA) vir Kategorie A 3 (3); Kategorie A 3 (5); Kategorie A 3 (6); Kategorie A 3 (12) en Kategorie C (5)(a) – met betrekking tot die oprigting en bedryf van fasiliteite vir die herwinning, behandeling en terugwinning van algemene afval, tesame met gepaardgaande afvalberging; • Aansoek om 'n Lugemissielisensie (AEL) ingevolge die Minimum Emissiestandaarde wat gepubliseer is in GN No. 893 van 2013, soos gewysig, kragtens die Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehaltewet No. 39 van 2004 (NEM: AQA), vir: o Kategorie 3, Karbonisering en Steenkoolvergassing, Subkategorie 3.4: Produksie van Char Houtskool en Koolstofswart >20 ton per maand; en o Kategorie 8, Termiese Behandeling van Gevaarlike en Algemene Afval, Subkategorie 8.1: Termiese Behandeling van Algemene en Gevaarlike Afval >10 kg per dag afval.
Nuuswenke 067091 0618
Advertensies
'n Basiese Evaluering Omgewingsimpakbepalingsproses (BAR-proses) ingevolge Hoofstuk 4, Deel 2 van die 2014 OIBregulasies (soos gewysig), gepubliseer kragtens die Nasionale Omgewingsbestuurwet No. 107 van 1998 (NEMA), sal uitgevoer word met die doel om 'n Afvalbestuurlisensie (WML) en 'n Lugemissielisensie (AEL) te verkry
Madelie van Tonder022713 1483 Madelie.Tolken@media24.com
Geleentheid vir betrokkenheid van belanghebbendes: Die Konsep Basiese Evalueringverslag (KBAV) sal beskikbaar wees vir insae vanaf 31 Julie 2025 tot 1 September 2025 (32 dae) op die Enviroprac-webwerf: https://www.enviroprac.co.za/documents.php en 'n harde kopie sal beskikbaar wees by die Avondale Openbare Biblioteek. Die AEL-aansoekvorm is op versoek beskikbaar vir insae vanaf Enviroprac. Alle persone wat as Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP'e) wil registreer en/of kommentaar wil lewer op die KBAV AEL-variasieaansoek en enige toekomstige verslae wat in die aansoekproses opgestel sal word kan dit skriftelik doen aan
LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.
Murphy Roberts
Mamre het Saterdag (26 Julie) hul wegwedstryd teen Never Despairs in Malmesbury weens swak dissipline byna op ’n skinkbord aan die tuisspan gegee. Mamre, wat die wedstryd 30-27 gewen het, was teen rustyd egter 19-3 gerieflik voor.
Die groentruie van Kenny Stadler het die eerste 40 minute met die wind van agter met gebiedsvoordeel en balbesit baljaar. Hulle het ook eerste bloed geruik met ’n verdoelde drie.
Mamre het die tuisspan met rotsvaste verdediging onder druk en op die agtervoet gehou. Die tuisspan kon
met die wind in die gesig egter by tye nie al die gate toestop nie en Mamre het hul tweede verdoelde drie aangeteken. Daarna het die besoekers nog ’n onverdoelde drie gedruk terwyl die tuisspan slegs ’n strafdoel kon behaal. Mamre het egter met enkele minute in die eerste helfte oor twee geelkaarte kort ná mekaar gekry en moes die laaste drie minute keer vir al wat hy werd was.
Die tweede helfte was egter ’n perd van ’n ander kleur en die tuisspan –met die wind van agter – het drie ver-
doelde driëe behaal. Never Despair het ook vir die eerste keer in die wedstryd sy neus voor gekry terwyl die groentruie met 13 spelers moedeloos moes toekyk hoe die tuisspan die punte opstapel. Met die manne in groen weer op volle sterkte het die wind ook ’n groot rol gespeel dat hulle in die tuisspan se gebied kon boer.
Stadler se troepe het egter die druk goed gebruik om die broodnodige bonuspunt met ’n onverdoelde drie te behaal. Die wedstryd is met ’n strafdoel verseël.
Never Despair het egter in die laaste paar minute die besoekers tot die uiterste beproef, maar Mamre wou nie bes gee nie. Al 15 spelers het hul lyf op die spel geplaas. Die bonuspuntpunt het Mamre, wat steeds die vierde plek op die Swartland-streek se punteleer beklee, se Top-12-drome lewendig gehou. In ander wedstryde:
Young Hearts het Piketberg se Rhinos in ’n wegwedstryd met 34-22 geklop om hul uitspeelkanse in die Weskus-streek lewendig te hou. Young Hearts – tans vyfde op die Weskus-streek se punteleer – is drie punte agter St. Helenbaai met ’n wedstryd minder.