WeskusNuus E-Edition - 28 October 2025

Page 1


Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 28 Oktober 2025 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za

Vlamme vreet tien hokkies

op

Inwoners van Witsand kon verlede week net verslae toekyk hoe verskeie hokkies afbrand.

Lees die berig op bl. 2.

Rowers besteel lyk in kar

“Hou julle bekke!” is omstanders by ’n noodlottige ongelukstoneel toegesnou toe hulle rowers wou keer om die oorledenes te beroof.

Twee mense is Saterdag 11 Oktober in Atlantis in ’n trompop-botsing tussen twee voertuie dood.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n woordvoerder vir die Atlantis-polisie, is die

bestuurder van ’n Polo op slag dood in ’n botsing teen ’n bakkie naby die berugte Dura-woonstelle.

’n Passasier wat in die Polo was, het dae later in die hospitaal aan sy beserings gesterf.

Volgens Munro word klagtes van strafbare manslag ondersoek.

Volgens kringtelevisie-beeldmateriaal is dit duidelik dat die bakkie teen ’n hoë spoed aan die verkeerde kant van die pad gery het en die botsing kon nie

vermy word nie.

Die voorval het families van die oorledenes met baie hartseer agtergelaat nadat video’s van die ongelukstoneel op sosiale media versprei is.

Wat hulle egter met groot bitterheid laat, is dat omstanders – mense wat vermoedelik in die woonstelle woon – die oorledene van verskeie items beroof het.

Op video’s wat op sosiale media versprei is, is dit duidelik dat party omstanders niks gedoen het om die beseerdes

te help nie, maar gekies het eerder die oorledene en die ernstig beseerde mense te beroof.

Ander omstanders wat hieroor omgekrap was, kon egter nie veel doen om die barbaarse optrede om eerder te plunder, stop te sit nie.

Van dié omstanders wat op die toneel was, sê op een van die video’s dit is nie ’n mooi gesig om te aanskou nie, “maar ons is aangesê om ons ‘bekke te hou’ ”, het die getuie vertel.

Seuns van hiér in aanrand-video

Twee plaaslike seuns – een van Mamre en een van Atlantis – word betrek by die opspraakwekkende video oor ‘n voorval by Milnerton Hoërskool op Donderdag 16 Oktober.

Die seuns is deel van die groep 18-jarige seuns wat ’n 16-jarige leerder aangerand en geboelie het. Dié video het reeds miljoene kykers op sosiale media se aandag getrek en word wyd veroordeel.

In die ontstellende video kan ’n mens duidelik sien hoe ’n groep seuns ’n ander seun met verbale en fisieke aanranding takel en hom onder andere met ’n gordel, ’n stuk tuinslang, ’n hokkiestok en ’n stuk houtpaal bykom terwyl ander leerders sing en dans en die voorval gade slaan sonder om tussenbeide te tree.

Die twee plaaslike seuns – een is ‘‘n lid van die skool se eerste rugbyspan – staar nou ernstige aanrandingsklagtes in die gesig. Volgens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) is die seuns voorlopig geskors hangende die ondersoek, maar hulle word toegelaat om hul eindeksamen te skryf.

Luidens ‘n verklaring, neem die departement die klagtes baie ernstig op en vra hulle die publiek om nie die onstellende video verder te versprei nie. Volgens die departement word die slagoffer tans met sielkundige berading ondersteun.

Die belowende jong rugbyspelers wat in die voorval betrokke is, word wyd gekritiseer vir hul optrede en veral een wat deur die WP-unie gekontrakteer is en reeds groot naam gemaak het nadat hy ook in die Suid-Afrikaanse skolespan opgeneem is, staar dalk nou die einde van sy rugbyloopbaan in die gesig.

Die groep leerders het die afgelope Donderdag (23 Oktober) in die hof op aanklagte van ernstige aanranding verskyn.

Volgens Eric Ntabazallila, ’n woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NV), het ses van die beskuldigdes in die Kaapstadse Landdroshof in hof 26 verskyn en twee ander, wat minderjarig is, het in hof 19 verskyn. Volgens Ntabazalila het die staat nie borgtog teengestaan nie omdat die beskuldigdes vaste adresse het en geen vorige veroordelings of lasbriewe vir inhegtenisnemings het nie.

Die hof het borgtog van R2 000 vir elkeen vasgestel met voorwaardes dat hulle nie die klaers of getuies direk of indirek mag kontak nie. As hulle die klaers sien, moet hulle in ’n ander rigting loop. Hulle is verbied om die skoolterrein of die skool te betree totdat die saak afgehandel is, en moes hul selfone met pinnommer inhandig. Een selfoon en pin is nog uitstaande en moet binne 24 uur by die ondersoekbeampte ingedien word.

Hulle moet hulle ook daarvan weerhou om die klaers en getuies direk of indirek te intimideer en mag nie by enige misdadige aktiwiteite betrokke wees nie.

Die saak is tot 20 Januarie 2026 uitgestel om die beskuldigdes toe te laat om die eksamen af te lê.

Die beskuldigdes sal tuis studeer en die WKOD het ’n alternatiewe lokaal voorsien waar hulle die eksamen kan aflê.

Die hof het ook beveel dat die name, foto’s van die verdagtes of hul gesins- of familielede en adresse nie gepubliseer mag word nie. Die twee minderjariges is in die sorg van hul ouers vrygelaat.

Tien gesinne dakloos nadat wind vlamme blitsig aanjaag

Inwoners van Witsand kon verlede Donderdag (16 Oktober) net verslae toekyk hoe vlamme ongeveer 10 informele hokkies verteer.

Die brand het vermoedelik op die tweede vloer van ’n dubbelverdiepingstruktuur begin en baie vinnig deur die nedersetting versprei. ’n Sterk wind dié dag het ook die vlamme aangehelp.

Brandweerpersoneel was vinnig op die toneel, maar die wind het enige poging om die vlamme te blus, gestuit.

Volgens die wyksraadslid Moosa Raise is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.

Volgens Raise het die Stad Kaapstad by die Nasionale Departement van Menslike Nedersetting om noodpakkette aansoek gedoen, maar dit was onduidelik wanneer dit sou opdaag.

Hy het gesê Eskom sou intussen die beskadigde elektriese toevoer na die buurt herstel en beveillig het.

Volgens Raise het Gift of the Givers en die Atlantis Rotariërs ook intussen ingespring en noodsaaklikhede aan die slagoffers oorhandig.

Volgens een slagoffer bly hulle tydelik by familie.

Sy soebat dat leiers dringend aandag aan hul penarie moet skenk.

Slaan vlamme dood tot in VSA

Murphy Roberts.

Emile Conrad, ’n senior brandweerman van die Garden Route-distrikmunisipaliteit en oorspronklik van Atlantis, het geskiedenis gemaak toe hy van 20 tot 25 Oktober 2025 aan die Wêreld Firefighter Challenge in Dallas, Texas, deelgeneem het.

Emile was nie net die eerste nie, maar ook die enigste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger tydens hierdie internasionale gebeurtenis en het beide Suid-Afrika en sy werkgewer, die Garden Route-distrikmunisipaliteit, met trots verteenwoordig.

Die Firefighter Challenge, wat deur ESPN as “The Toughest Two Minutes in Sports” beskryf word, is ’n uiters fisieke en geestelik uitdagende kompetisie wat die uithouvermoë, krag en toewyding van brandbestryders van oor die wêreld heen toets. Deelnemers voltooi ’n intense reeks take wat realisties die fisieke eise van brandbestryding naboots – insluitend trappe klim met toerusting, brandslanghantering, slaghamerwerk en reddingsleepoefeninge.

Emile het twee kwalifiserende rondes voltooi en ná sy eerste lopie die gesogte “Lion’s Den”-status behaal – ’n internasionaal erkende prestasie wat toegeken word aan atlete wat ’n uitsonderlike vinnige tyd tydens hul eerste kwalifisering behaal. Hierdie status plaas hom onder ’n elite groep van die wêreld se fiksste en vaardigste brandbestryders – ’n bewys van sy harde werk, dissipline en passie vir die beroep. Net ’n week voor hierdie wêreldkompetisie het Emile ook tweede plek algeheel in die Suid-Afrikaanse Nasionale Toughest Firefighter Alive-kompetisie (TFA) verower.

Die TFA is ’n veelvlakkige gebeurtenis wat die uiterste fisieke en geestelike vermoë van brandbestryders toets. Die vier hoofkomponente bestaan gewoonlik uit ’n

toerustingdra-segment, brandslangontplooiing, hindernisbaan en 80-kg-pop-redding –alles teen tyd. Hierdie prestasie is besonders, aangesien Emile reeds sewe keer die algehele kampioen van die TFA uit die afgelope tien nasionale kompetisies was.

Emile se toewyding aan die brandbestrydersport het hom reeds op verskeie internasionale platforms geneem, insluitend Saoedi-Arabië, Denemarke, Duitsland en Portugal, waar hy Suid-Afrika met trots verteenwoordig het.

Emile en sy vrou, Bonita Conrad, wat ook ’n senior brandweervrou by die Garden Route-distrikmunisipaliteit is, woon in George, maar is oorspronklik van Atlantis. Emile is ’n trotse oudleerder van Saxonsea Laerskool en die Hoërskool Robinvale, waar hy sy liefde vir sport en handvaardigheid sterk ontwikkel het.

Ná skool het Emile sy vakkennis in houtwerk opgevolg en ’n leerlingskap voltooi. Hy het ’n paar jaar as kassie- en meubelmaker gewerk – ’n beroep waarvoor hy geïnspireer en aangemoedig is deur sy houtwerkonderwyser, André van Schalkwyk, wat ’n groot invloed op sy werksetiek en oog vir detail gehad het.

Met verloop van tyd het Emile se roeping vir diens en fisieke uitdaging hom na die brandbestryderswêreld gelei. Hy het sy brandbestrydersopleiding by ’n private kollege in George voltooi en in 2009 by die Gardenroute-distriksbrandweer aangesluit, waar hy vandag nog met passie en toewyding dien. Wat hom egter die meeste onderskei, is sy geloof. Hy getuig openlik dat sy vertroue in Jesus Christus die fondament van sy lewe en loopbaan vorm. “Ek glo elke geleentheid en talent wat ek ontvang het, is ’n geskenk van God. My doel is om daardie gawes te gebruik om mense om my te bemoedig en te inspireer – veral in die nood- en reddingsdienste,” sê Emile. Sy deelname aan die komptisie is ’n persoonlike mylpaal en ’n inspirerende voorbeeld vir jong brandbestryders.

Klere ‘loop uit winkels’

Klere-kettingwinkels in Atlantis is die afgelope tyd deur vermoedelik ’n sindikaat van duisende rande se klere besteel. Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, het ’n groep vroue en ’n paar mans op Saterdag 18 Oktober by ’n bekende klerewinkel in die sentrum ingestap en op slinkse wyse ongeveer R15 000 se klere en onderklere gesteel. Beeldmateriaal van veiligheidskameras wys hoe die groep ewe gerus uit die winkel stap sonder dat enigeen onraad vermoed.

Die groep kom vermoedelik van oral op die Kaapse Vlakte.

Die polisie het van die klere in Mamre gekry. Volgens Munro is ’n vrou aangekeer, maar weer vrygelaat. Die bron sê

die klere is op sosiale media adverteer. Volgens Munro word ’n saak van winkeldiefstal ondersoek.
Konst. Kelly Matthyse met van die klere wat teruggevind is. Foto: Murphy Roberts
10 gesinne is dakloos gelaat nadat vlamme 10 hokkies tot op die grond afgebrand het. Murphy Roberts
Emile Conrad, ’n senior brandweerman van die Garden Route-distriksmunisipaliteit oorspronklik van Atlantis, het geskiedenis gemaak deur in Oktober aan die Wêreld Firefighter Challenge in Texas, deel te neem.

Die Wesfleur-hospitaal word ál beter.

Wesfleur beter

Wesfleur-hospitaal maak volgens hul nuut saamgestelde hospitaalraad steeds bestendige vordering met die verbetering van die gehalte van gesondheidsorgdienste, met merkbare winste in pasiënttevredenheid en toenemende gemeenskapsbetrokkenheid.

Volgend dr. Meyer Swanepoel, wat op 1 September 2025 in die rol van bestuurder van mediese dienste getree het, bou hierdie momentum bou voort op die toegewyde pogings van dr. Laurentia Fillis, wat vir drie jaar in dié rol gedien het.

Swanepoel bring hernieude energie en insig as n ervare huisarts met 'n diepgaande begrip van die gemeenskap se gesondheidsorgbehoeftes. Hy is goed geposisioneer om betekenisvolle verandering te dryf en dienslewering oor die primêre gesondheids- en akute sorgdienste in die Atlantis-area te versterk.

“My doel is om te help om die gesondheidsorgdiens in die Atlantis-kom te organiseer op 'n manier wat voorkomende en primêre gesondheidsorg nader aan die gemeenskap bring, sonder oormatige wagtye, en met dienste wat die publiek kan respekteer en vertrou,” sê Swanepoel.

Die nuut saamgestelde Wesfleur-hospitaalraad vul hierdie leierskap aan. Mireille Wenger, die Provinsiale Minister van Gesondheid en Welstand, het die raad amptelik aangestel deur 'n formele wetgewende aansoek- en aanstellingsproses.

Die raad se rol is om die gaping tussen die hospitaal en die gemeenskap te oorbrug, te verseker dat die publiek se stemme gehoor word en gesondheidsorgbeplanning en diens te verbeter.

“Alhoewel die Hospitaalraad nog in sy vroeë stadiums is, het ons reeds betekenisvolle vordering gemaak met die vervulling van ons mandaat. Elke raadslid is diep verbind tot die diens van die gemeenskappe van Atlantis, Mamre, Pella en die omliggende gebiede,” sê Joy Davids, Hospitaalraadvoorsitter . “Ons verstaan, dikwels uit persoonlike ervaring, die historiese en voortdurende uitdagings wat hierdie gemeenskappe in die gesig staar, en daardie gedeelde begrip versterk ons vermoë om effektief namens hulle te pleit,” het sy bygevoeg.

Volgens die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand weerspieël dié ontwikkeling sy voortgesette toewyding tot mensgesentreerde sorg en 'n gesondheidstelsel wat op die behoeftes van die Atlantis-gemeenskap reageer.

“Ons erken dat ons dienste onder aansienlike druk verkeer as gevolg van verhoogde gesondheidsdiensbehoeftes van 'n groeiende bevolking, begrotingsbeperkings en personeeluitdagings. "Ons verbinte-

nis om gehalte-gesondheidsorg te lewer bly egter sterk," sê Zee Brickles, Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand, Direkteur: Suidelike Westerse Substrukture.

"Ons ondersoek geleenthede om nou saam te werk met ons spanne, gemeenskapsvennote en belanghebbendes om maniere te ondersoek om dienslewering te versterk, pasiëntuitkomste te verbeter en te verseker dat ons personeel toegerus is om betroubare, persoonsgesentreerde sorg te bied," het hy bygevoeg.

Infrastruktuuropgraderings word beplan om huidige uitdagings aan te spreek en dienslewering by die hospitaal te verbeter. Die breër visie is om die geïntegreerde gesondheidsorgstelsel regoor Atlantis te versterk, wat Wesfleur-hospitaal en al die primêre gesondheidsorgfasiliteite insluit. Hierdie samewerkingspogings lewer reeds meetbare resultate.

Pasiënttevredenheid het die afgelope drie jaar bestendig toegeneem, van 54% in 2022 tot 63% in 2023, en het 75% in 2024 bereik. Klagtes het ook aansienlik afgeneem. Terwyl 104 klagtes tussen 2022 en 2024 aangeteken is, is slegs 16 klagtes sedert April 2025 aangeteken, wat 'n noemenswaardige verskuiwing in aandui. diensgehalte en openbare vertroue in die fasiliteit.

Die Welstandsentrums het ook 'n betekenisvolle impak op die omliggende gemeenskappe gemaak deur toeganklike, gelokaliseerde gesondheidsorgdienste aan te bied. Hierdie sentrums bied ondersteuning met gesinsbeplanning, jeugvriendelike dienste en die afhaal van chroniese medikasie buite die perseel.

Tans is daar drie Welstandsentrums in die gebied:

• Die Atlantis Sentrale Welstandsentrum, geleë by die Med 24-sentrum op Wesfleur-sirkel, is Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00 oop.

• Die Witsand Welstandsentrum, gebaseer by die Witsand Hulpbronsentrum op Mgxamstraat, is Woensdae oop van 09:00 tot 13:00.

• Die Pella Welstandsentrum, geleë by The Castle op Hoofweg in Pella, is Woensdae oop van 08:00 tot 14:00.

Wesfleur-hospitaal moedig alle inwoners aan om voort te gaan om met ons te skakel deur terugvoer te deel deur die beskikbare kanale.

Gemeenskapslede word aangemoedig om direk met die Hospitaalbestuurder te praat, terugvoer in te dien via die kommentaarblokkies by die fasiliteit, of die hospitaal te kontak deur een van die volgende. opsies: stuur 'n "Skakel my asseblief" na 079 769 1207, skakel ons tolvrye nommer 0860 142 142, of e-pos ons by service@westerncape. gov.za.

Eise in memorandum sal

aandag kry, maar nie oornag

Murphy Roberts

Die Atlantis- Community Health Organisation (ACHO) het op Dinsdag 21 Oktober vreedsaam buite die hospitaal vir beter dienslewering aan die gemeenskap betoog.

Die nuwe uitvoerende hoof, dr. Meyer Swanepoel, het die memorandum by die organiseerders ontvang.

Volgens Donae September, ’n woordvoerder van die ACHO, het die stigterslid en president van die organisasie, Joshua Swarts, die memorandum oorhandig. September sê die memorandum is ’n opvolgdokument nadat die organisasie reeds in Augustus 2022 ’n memorandum aan die voormalige Wes-Kaapse minister van gesondheid, Norma French Mbombo, oorhandig het. Die leiers vra die nuwe mediese hoof van Wesfleur moet opvolg.

Die gemeenskap het reeds in 2022 geëis primêre gesondheidsorg moet in Atlantis ingestel word en ook geëis klinieke in Atlantis moet aan die provinsie oorgedra word.

Volgens die ACHO se bestuur is die klinieke wel oorgedra, maar primêre gesondheidsorg kort steeds baie aandag.

Die gemeenskap het ook gevra dat Atlantis ’n nuwe, groter hospitaal moet kry – wat deur die voormalige LUR ondersoek sou word. Die ACHO is juis weens dienslewering gestig en die feit dat die stigter se vrou op jeugdag 2022 weens nalatigheid in die hospitaal gesterf het. Joshua Swarts het in 2022 beweer die hospitaal het sy vrou “vermoor” en hy eis geregtigheid.

Die groep het ook gevra veiligheid by die hospitaal moet aandag geniet.

Volgens September word pasiënte by die hek voorgekeer en in baie gevalle word hulle toegang geweier omdat veiligheidslede sommer self diagnose maak.

Dr. Meyer het die groep verseker hy sal gewis opvolg, maar het ook gesê dit kan nie oornag gebeur nie omdat hy nuut in die posisie is. Hulle is hulle tevrede met Meyer se verbintenis tot samewerking met die gemeenskap.

Lede van ACHO het vreedsaam buite die hospitaal betoog vir beter dienste. Foto: Murphy Roberts

Wessie het sy tyd laat tel

“I don’t count the days; I make the days count” was Wessie van der Westhuizen se woorde aan die raadslede van subraad 1 op sy laaste subraad-vergadering die afgelope Donderdag (23 Oktober).

Van der Westhuizen tree Vrydag 31 Oktober ná agt jaar as subraad-1-voorsitter af.

“Dit was ’n lang pad en een wat nooit met rose besaai was nie omdat elke dag nuwe uitdagings gebring het,” het hy gesê.

“Dit was ’n pad wat ek van dag een af aan myself belowe het om te stap en te voltooi, al moet ek kruip, maar voltooi gaan ek hom voltooi.

“Dit was regtig ’n plesier om inwoners van subraad 1 te dien – veral Atlantis, Mamre, Pella en omliggende gebiede.

“Ek het gou geleer dat nie almal se uitdagings onmiddellik opgelos kon word nie omdat prosesse tyd neem.

“Ek glo ek het darem altyd my bes gedoen.”

Van der Westhuizen het voorts gesê hy het baie vriende gemaak en as daar vyande is, “is dit hul keuse en nie myne nie”.

Volgens Allister Lightburn, die subraad1-voorsitter, het Van der Westhuizen net sy beste vir die inwoners gegee, al was daar struikelblokke. Hy het nooit opgegee nie.

“Ons het in dié tyd as ’n span redelik baie bereik en die reis moet ongelukkig voortgaan.”

Raadslede het Van der Westhuizen bedank vir sy toegewydheid teenoor die inwoners van subraad 1 en hom sterkte toegewens met sy toekomsplanne.

Raadslede saam met Metro-polisielede wat in die vier wyke van subraad 1 ontplooi is.
Wessie van der Westhuizen en Allister Lightburn spreek raadslede toe tydens Wessie se laaste subraadvergadering as bestuurder. Foto’s: Murphy Roberts
Wessie van der Westhuizen, wat Vrydag 31 Oktober aftree, saam met sy personeel.

Geweld, werkloosheid soos oorlog

Dis hartseer om te sien hoedat verskeie lande in die wêreld onder oorlogvoering gebuk gaan. Die hartseerste daarvan is die feit dat onskuldige mense daaronder moet ly – veral vroue en kinders. My hart bloei vir die kinders en vroue in daardie dele van ons wêreld waar ’n kinderhart net verlang om daagliks by die skool te wees en die reg op opvoeding te geniet. Dit gryp aan die gemoed as jy ’n vrou sien wat haar kind of kinders toevou om hulle teen die koue neerslae van bomme te beskerm en in die proses haar eie lewe op die spel plaas. Kom ons wees nou maar eenmaal eerlik met mekaar en erken dat daar nog nooit werklike wenners in ’n oorlog van watter aard ook al was nie. Gaan kyk maar na die geskiedenis. Die bloedvergieting wat met sulke oorloë gepaard gaan, grens aan waansinnigheid.

Miskien moet ons dit as ’n feit aanvaar dat vrede tussen verskillende lande nie altyd moontlik is nie en die moontlikheid altyd sal bestaan dat die verlies aan menselewens kan voorkom.

Hartseer soos dit klink, is dit telkens uit die annale van die geskiedenis bewys. Of die oorsprong van sodanige konflik suiwer polities of dalk etnies-polities van aard is, bly die uitkoms daarvan steeds pynlik, vernietigend en verwoestend.

Telkens kom die onvermydelike vraag by ’n mens op of blywende vrede in die tye waarin ons deesdae leef, ooit ’n werklikheid kan of sal word. Is vrede nie op die ou einde daardie strewe wat ons almal het nie? Die komplekse aard van party oorloë in sekere dele

Sê jou sê met ‘n brief

WekusNuus nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storie-idees met ons te deel.

Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer of weet van iets nuuswaardig wat in jou gemeenskap gebeur – ons hoor graag van jou! Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 082 576 0453 of stuur jou brief per e-pos na weskusnuus@novusmedia.co.za.

Jou stem maak saak –help ons om Atlantis en omgewing ingelig te hou.

BLY HOOP EN GLO

van die wêreld maak die ideaal van vrede seker te vergesog.

Wel, as die bloed en lewe van onskuldige kinders, vroue en mans iewers in die wêreld wreedaardig vergiet word, het ons die morele plig om ons stemme vir vrede hard en duidelik te laat hoor. Ons kan en mag nie stilbly nie. Ons solidariteit met hulle wat aan die ontvangkant van oorlog, ongeregtigheid en daaglikse lyding is, moet sigbaar wees – hetsy deur massaprotesoptogte, die aanwend van sosiale media,

die voorsiening van hulpmiddele in belang van hulle in oorloggeteisterde lande wat swaarkry. . . daar is soveel maniere hoe ons ons solidariteit met hulle in nood kan wys.

My intense bewustheid van ons wêreld in krisis het my opnuut laat besef dat ons op eie bodem in ’n oorlog gewikkel is.

Ons Suid- Afrikaanse oorlog sluit nou wel nie fisieke oorlogtenks, die gebruik van swaar ammunisie, handgranate of bomme in nie, maar wat van ons land wat onder erge werkloosheid gebuk gaan? Wat van die bendegeweld op die Kaapse Vlakte?

Wat van die stilswye van hulle wat veronderstel is om reg en orde te handhaaf?

Is dit nie ook maar vorme van oorlogvoering as ons mense jaar ná jaar onder die juk van onbekostigbare voedselpryse gebuk gaan nie?

Om alles te kroon word ons staatskoffers geplunder. Vir jare wag ons nou al om hulle wat vir hierdie gruweldade verantwoordelik is, vir hul dade te sien boet.

Of dit ooit sal gebeur, kan ons maar net oor wonder, want dit lyk asof ons land deur misdadigers, wat selfs die oppergesag van die reg uitdaag, regeer word.

Ons almal het so daarna uitgesien dat ons land wêreldwyd die toonbeeld kon word van dit wat vermag kan word as ons politieke leiers die wil en ywer aan die dag lê om Suid-Afrika ’n tuiste vir almal te maak. Dit blyk nou bloot net ’n droom te wees, want die einste sogenaamde politieke leiers sorg net vir hulself.

Wat ’n skande! En nou is die plaaslike verkiesings al weer op pad. Hou maar dop hoe die politieke veldtogte in die aanloop tot die nasionale plaaslike verkiesing weer gaan vlamvat. Oral gaan weer beloftes gemaak word. Dit sal interessant wees om te sien of ons Suid-Afrikaners nog ’n keer gaan toelaat dat ons om die bos gelei word.

Ons verdra en verduur die oorlog van armoede, werkloosheid, swak dienslewering, leë beloftes, politieke magsvergrype, hopeloosheid onder ons jongmense en stygende lewenskoste al vir die afgelope 30 jaar.

Ons sit met ’n sogenaamde “regering van nasionale eenheid”, wat die broosheid vanself is. Net die tyd sal leer wat ná die plaaslike verkiesing sal gebeur, want iewers sit en maak politieke partye planne hoe die een die ander kan uitoorlê, omkoop en beswadder. En onderwyl hulle met hierdie “survival of the fittest”-speletjie besig is, word nog ’n vrou aan die Oos-Rand verkrag, sterf nog ’n jong seun aan die hand van bendegeweld op die Kaapse Vlakte, word die slaggate al groter in die Oos-Kaap, word nog ’n skelm tendertransaksie beklink en gaan slaap ’n kind vir die soveelste keer honger, want daar is nie kos in die plakkershut nie.

My hart bloei vir Suid-Afrika, my land. Die oorlog wat ons daagliks beleef, is pynlik en genadeloos. En moet my in vadersnaam nie vertel dat dit ook maar in ander dele van die wêreld slegter gaan nie. Ná 30 jaar van skynbare demokrasie verdien ons beter.

INVITATION TO REGISTER ON THE

West Coast College hereby invites prospective service providers to apply for registration on the College’s Supplier Database. This invitation is open to new service providers who did not previously have an opportunity to submit

Office Services and Administration

Office

WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

Verpreiding: 30 000 koerante per maand

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.

Landlyn 021 406 2063

Redakteur

Alida Buckle

Joernalis Murphy Roberts

Nuuswenke

Advertensies

074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za

074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za 067 091 0618

Yvette Smith 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za

LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe

011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

Verpreiding: 30 000 koeranteper maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike toestemming gebruik wordnie.

Hygiene/Pest

Landlyn 021 406 2063

Smslyn 32467(R1 per sms)

Redakteur

MarykeSwart022713 1066

maryke.swart@media24.com

Joernalis

MurphyRoberts074 768 4044 murphy.roberts@media24.com

Nuuswenke 067091 0618

Advertensies

Madelie van Tonder022713 1483 Madelie.Tolken@media24.com

Plumbing,

LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.

Alarm/Security/Access

Automatic

Compressed

Fencing/Glazing Hot

Locksmith

cberlin@westcoastcollege.co.za.

- Andre Smith
2 Distrikspos NUUS NEWS
2 April 2025

onlangse sake-ont-

Asez bemagtig Atlantis-bedryf

Die die Atlantis- spesiale ekonomiese sone-maatskappy (AsezCo) het Woensdag 15 Oktober ’n dinamiese Netwerkontbyt onder die tema “Bemagtiging van die Atlantisbedryf, insluiting en sosiale impak” by die Atlantis- multifunksionele sentrum aangebied.

Selwyn Willoughby, AsezCo se uitvoerende hoof vir geïntegreerde ekostelselbestuur, het gesê die geleentheid het ’n diverse gehoor van bedryfsleiers, maatskappye, regeringsverteenwoordigers, hoërskoolleerders en gemeenskapslede bymekaargebring om oor die transformerende reis van AsezCo se geïnteg reerde ekostesels-span (IES) oor die afgelope vyf jaar te besin.

Deelnemers het aan betekenisvolle besprekings deelgeneem, wat die tasbare uitkomste van AsezCo se werkstrome vir sosiale insluiting, ondernemingsontwikkeling en vaardigheidsontwikkeling ondersoek het. Die geleentheid het die prestasies van begunstigdes gevier en dialoog bevorder oor hoe samewerking volhoubare en inklusiewe ekonomiese groei in Atlantis en verder kan dryf. Brandon Luddick van Diversifi het die program geopen met ’n gedagteprikkelende hoofrede oor “BB-SEB in aksie” en die belangrike rol van Breëgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BB-SEB) in die bevordering van billike en inklusiewe nywerhede beklemtoon. Die aanbieding van AsezCo se invloedbeklemtoon meetbare vordering in die bemagtiging van plaaslike entrepreneurs, die opgradering van gemeenskapslede en die bevordering daarvan – inspirerende getuigskrifte van begunstigdes, wat eerstehandse verslae van transformasie en groei bied; ’n lewendige KMMO-produkuitstalling, waar plaaslike ondernemings hul produkte vertoon en met potensiële vennote en kliënte skakel; en ’n robotika-demonstrasie deur hoërskoolleerders, wat die volgende generasie se vernuwende en tegniese potensiaal beklemtoon. Die geleentheid het die kritieke rol van nyweraars binne die bedryfsgemeenskap-nexus beklemtoon, wat

regverdige oorgang in Atlantis bevorder. Dit het gedemonstreer hoe inklusiewe, doelgedrewe vennootskappe gedeelde waarde en blywende sosio-ekonomiese groei kan skep. Willoughby het gesê: “Bemagtiging is nie ’n enkele daad nie, maar ’n deurlopende proses van insluiting, samewerking en gedeelde groei.

“Wat ons in Atlantis sien, is die werklike krag van vennootskappe waar die bedryf en die gemeenskap hand aan hand werk om ’n toekoms te bou wat nie net volhoubaar is nie, maar billik ook,” het hy bygevoeg.

Bernd Oellermann van die Nasionale Skoonmaakproduksiesentrum (NCPC) het gesê: “Die Asez-betrokkenheid met sy belanghebbendes was inspirerend en energiek” en bygevoeg hierdie soort geleenthede is broodnodig, en die manier waarop dit gefasiliteer is, het vertroue gewek en ’n sterk fondament van vertroue met al die deelnemende belanghebbendes gebou.

André Muller, die waarnemende adjunkhoof van Vernuwing en ontwikkeling by West Coast College, het oor die invloed op onderwys en vaardighede gepraat en gesê dit was ’n voorreg om die belanghebberontbyt, wat deur Asez aangebied is, by te woon. “As een van ons gewaardeerde strategiese vennote speel Asez steeds ’n belangrike rol in die ondersteuning van ons gedeelde visie om betekenisvolle geleenthede vir ons studente en gemeenskappe te skep,” het hy gesê. “Samewerking soos hierdie versterk die skakel tussen onderwys, die nywerheid en volhoubare ontwikkeling, wat verseker ons gegradueerdes is beter vir die werkernde wêreld voorbereid.

Die AsezCo het sy verbintenis herbevestig om ’n katalisator vir verandering te wees en te verseker dat die voordele van nywerheidsontwikkeling billik met die gemeenskappe van Atlantis gedeel word. Terwyl die IESspan op sy vyfjaar-nalatenskap voortbou, het die Netwerkontbyt gedien as ’n kragtige herinnering aan wat bereik kan word wanneer die nywerheid, regering en gemeenskappe verenig rondom ’n gedeelde visie vir bemagtiging en vooruitgang.

Uber aangewys as koelste

Dit was ’n groot week vir Uber. Die maatskappy het twee groot pryse by die Sunday Times GenNext 2025-toekennings gewen: • Koelste openbare vervoerhandelsmerk (Uber), en • Koelste kosafleweringsapp (Uber Eats). Uber Eats het ook ’n Effies brons-prys vir sy advertensieveldtog “Uber Black: So goed dat jy ’n rede sal vind,” gewen

Die GenNext-toekennings, wat al 21 jaar bestaan, wys watter handelsmerke jong Suid-Afrikaners (tussen agt en 30 jaar oud) die meeste vertrou en waarvan hulle die meeste hou. Hierdie jaar is handelsmerke wat al vir ’n dekade lank gewild is, vereer.

Uber het oor die jare gewys dat dit steeds by jong mense aanklank vind. Hulle verstaan hoe die nuwe generasie dink, leef en beweeg.

Uber se bestuurder vir Afrika suid van

die Sahara, Deepesh Thomas, sê die toekennings beteken baie vir hulle: “Dit wys dat jong mense Uber vertrou en dit as deel van hul daaglikse lewe sien – hoe hulle beweeg, eet en leef.”

Hy sê Uber wil aanhou om veilig, bekostigbaar en betroubaar te wees en om mense oor Suid-Afrika heen met mekaar te verbind.

Uber Eats se bestuurder, Ntsoaki Nsibanyoni, sê: “Om in dieselfde week by die Effies én GenNext te wen, wys dat ons nie net gewilde handelsmerke bou nie, maar ook dié wat werklik waarde het.”

Uber is nou al langer as tien jaar in Suid-Afrika en belê steeds in plaaslike gemeenskappe, bestuurders en betroubare dienste. Hierdie oorwinnings wys dat Uber een van Suid-Afrika se mees geliefde en vertroude handelsmerke bly.

Chance to nominate favourite neighbourhood watch

Nominations for this year’s Neighbourhood Watch Awards close on Friday 31 October. It is an opportunity for people to name the watch, watches and/or watch members they deem eligible for being honoured in this way.

Please note, only accredited neighbourhood watches and their members can be nominated. These can be submitted online at www.capetown.gov

FROM THE CHAMBERS

Evidence such as photographs, affidavits, social media articles and so on must accompany each nomination.

Categories include:

Individual

• Neighbourhood Watch Member of the Year – outstanding achievement in safeguarding members and property.

• Organisational Excellence – exceptional Neighbourhood Watch management

• Mobiliser of the Year – extraordinary efforts to unite and mobilise the community

• Inspiration of the Year – a leader who inspires across multiple Watches

• Crime Fighter of the Year – selfless commitment in the fight against crime

• Courage in Action – sustained service under challenging safety conditions

Neighbourhood Watches

• Neighbourhood Watch of the Year – exceptional service in community protection

• Situational Crime Prevention Award – efforts to ensure a clean, healthy, and safe environment

• Social Responsibility Award – commitment to healing social ills and strengthening unity

• Courage in Action Award – continued operations despite serious community safety risks

• Disaster Relief Contributor of the Year – outstanding contribution during the City’s Disaster Management Donation Drive

• Best Utilisation of Technology Award – innovative and effective use of technology to enhance safety For queries on the nomination application process, an email can be sent to: nw.awards@capetown. gov.za

Replacement of water meters:

Over the next few months the Water Meter Replacement Programme for 2025-’26 will run until June 2026, focusing on the replacement of aged or malfunctioning water meters, relocation of water meters from private properties for more accessibility, installation of new water-meter connections for individual land buyers intending to develop.

The areas within Subcouncil 1 that are earmarked for replacement are Parklands and Melkbosstrand. An official City of Cape Town letter confirming the need for meter replacement will be provided to the property owner.

Activities within the Wards within Subcouncil 1:

· Congratulations to WCED for the start of the construction of a new primary school in Sunningdale North (in ward 23).

· KanonKop Phase 2- Civil & Electrical Engineering by ASLA is still ongoing and completion is 30 November 2025.

· Exeo Permanent MyCiti Bus Shelters Project within Wards 23, 29 and 32 is ongoing.

· W107 ended Arbour month with the planting of 10 indigenous trees from the City's Newlands nursery in Echium Park.

Volhoubaarheid begin by die huis – Atlantis wys die pad

benadering is dat volhoubaarheid almal moet bevoordeel. Asez kweek ’n kultuur van gedeelde verantwoordelikheid deur voortgesette gemeenskapsprogramme, vaardigheidsontwikkelingsinisiatiewe

Hoofsprekers saam met die span van die Atlantis- spesiale ekonomiese sone tydens die
byt. Foto: Murphy Roberts
- Allister Lightburn
Uber het dubbele oorwinning by die jeugtoekennings losgeslaan.

Stad Kaapstad ‘oop vir besigheid’

Inwoners van Atlantis word genooi om hul insette te lewer oor die Stad Kaapstad se konsep-vervaardigingsondersteuningsbeleid, wat daarop gemik is om voort te bou op die maatreëls wat in die 2018-beleid uiteengesit is.

Volgens die Stad Kaapstad is hulle “oop vir besigheid”.

“Sedert die stigting van ons toegewyde beleggingsfasiliteringstak binne die departement ekonomiese ontwikkeling en belegging, het ons voortdurend gewerk om burokrasie vir maatskappye te verminder, goedkeurings te bespoedig en die geleenthede in ons stad te vertoon. Hierdie nuwe beleid is die volgende stap om Kaapstad die maklikste en aantreklikste plek in Suid-Afrika te maak om sake te doen,” het James Vos, die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, gesê.

Die 2018-beleggingsaansporingsbeleid het finansiële en nie-finansiële aansporings gekombineer om ekonomiese groei te stimuleer.

“Hoewel die opname sterk in die vervaardigingsektor was, het ander

geteikende nywerhede soos film-, IT- en sakedienste beperkte belangstelling getoon. Daarbenewens was die grootskaalse finansiële aansporings duur en is dit in sommige gevalle deur maatskappye gebruik om bestaande bedrywighede uit te brei sonder om beduidende nuwe werksgeleenthede te skep.”

In die hersiening van die beleid het die Stad bevind dat nie-finansiële aansporings, soos vaartbelynde goedkeurings en praktiese fasilitering, die meeste deur beleggers waardeer is.

Met ’n hersiene fokus op die ondersteuning van die vervaardigingsbedryf is die konsepbeleid daarop gemik om ondersteuning na al 33 nywerheidsgebiede in die metro uit te brei om te verseker dat geleenthede meer eweredig versprei word. Prioritiseer nie-finansiële ondersteuning, insluitend vinniger goedkeurings, hulp met permitte en aktiewe beleggingsfasilitering.

WERKSKEPPING

Om werk te skep, voer die Stad net kleiner, strategiese finansiële elemente in waar hulle die meeste waarde toevoeg, byvoorbeeld by die kwytskelding van

Pasop vir laster of hof toe

In deesdae se aanlyn wêreld is daar baie meer maniere waarop mense – en sakeondernemings – in die moeilikheid kan beland. Dit gaan nie meer net oor ongelukke op persele nie, maar ook oor wat ons aanlyn sê en deel.

Volgens Melita Thurling van ITOO Special Risks het die groei van sosiale media en gebruikersgegenereerde inhoud soos foto’s, video’s of iets wat mense plaas, die kans baie groter gemaak dat iemand ander mense se kopiereg, privaatheid of goeie naam kan skend – selfs per ongeluk. Dit geld sakeondernemings én mense wat as beïnvloeders of inhoudskeppers werk.

koerante of groot nuuswebwerwe oor dieselfde storie berig. Hoe meer betroubare bronne dit sê, hoe groter is die kans dat dit waar is. As iets soos ’n mening klink, moet jy onthou dat die skrywer dalk ’n vooroordeel of eie bedoelings het. Thurling gee ook ’n voorbeeld van kopiereg: ’n Plaaslike aktrise het ’n foto van haarself gedeel, maar omdat die foto deur ’n agentskap geneem is, het sy nie die reg gehad om dit te gebruik nie – en hulle het haar gedagvaar. Die les? Net omdat jy op die foto is, beteken nie jy besit dit nie. Jy moet altyd weet wat jy mag gebruik en wat nie.

ontwikkelingsaansoekfooie en ’n generiese omgewingsbestuursprogram (GEMP) vir ontwikkelingsprojekte binne die Atlantis- stedelike gebied, wat biodiversiteitsverrekeninge vir hul omgewingsmagtigings vereis.

Volgens Vos is dit ’n eenvoudiger, slimmer en meer kostedoeltreffende beleid. “Dit posisioneer Kaapstad as ’n wêreldwye mededingende bestemming

vir vervaardigingsbelegging. Die belangrikste is dat dit werksgerig is. Ons bou ’n platform vir volhoubare groei deur die soort ondersteuning te bied wat sakeondernemings werklik nodig het.”

Die konsep-vervaardigingsondersteuningsbeleid is tot 3 Desember vir openbare deelname beskikbaar.

“Dit is nie ’n statiese instrument nie. Dit sal bly ontwikkel met beleggersbehoeftes en globale mededinging, maar altyd met een missie in gedagte – skep meer werk en geleenthede vir Kapenaars.”

Dien só kommentaar in:

Aanlyn: Besoek capetown.gov.za/ City-Connect/Have-your-say/Issuesopen-for-public-comment/draft-manufactur.’ing-support-policy

Per e-pos: Investment.Facilitation@ capetown.gov.za.

Telefonies: 021 444 7691 tussen 08:00 en 16:30 op weeksdae.

Skriftelik: Stuur gemerk “Vir aandag: Christopher Hewett, Departement van ekonomiese ontwikkeling en belegging; 12de verdieping, Toringblok: Burgersentrum; Hertzog Boulevard 12; Kaapstad; 8000.

Notice is hereby given that an application for a Waste Management License as per the List of Waste Management Activities that Have, Or are Likely to Have, a Detrimental Effect on the Environment (2013, as amended) is required in terms of section 20(b) of the National Environmental Management: Waste Act (2008; NEMWA):

Baclan Energy (Pty) Ltd, trading as EWaste Africa, proposes to establish and operate a Waste Management Facility focused on the recycling and treatment of electronic waste (e-waste) within the Atlantis Special Economic Zone (SEZ), situated in the City of Cape Town Municipality The proposal triggers the following activities A1, B2, B3, and B4, which require a Waste Management License in accordance with section 20(B) of NEMWA. The facility will be designed to process a wide range of Electrical and Electronic Equipment, including but not limited to: solar panels, batteries, lighting waste, large and small electrical appliances, small IT and telecommunication devices, cables, screens and monitors, temperature exchange equipment, and cathode ray tube (CRT) screens. It is anticipated that, cumulatively, more than 10 tonnes of general waste will be recovered, and more than 10 tonnes of hazardous waste per day will be recycled, recovered, and treated on the site. Interested and Affected Parties who wish to know more about the waste management licence process are invited to contact EnviroPro.

Kennis word hiermee gegee dat ’n aansoek om ’n afvalbestuurslisensie volgens die Lys Afvalbestuursaktiwiteite wat ’n Nadelige Uitwerking op die Omgewing het, of Waarskynlik sal Hê (2013, soos gewysig) vereis word ingevolge artikel 20(b) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (2008; NEMWA, National Environmental Management Waste Act).

Thurling sê dis nou belangriker as ooit voorheen om feite na te gaan voordat jy enigiets deel. Jy moet seker wees dat jy toestemming het om inligting of foto’s/ video’s te gebruik en dat jy nie iemand se regte oortree nie. Baie mense deel dinge wat hulle op WhatsApp of Facebook sien sonder om na te gaan of dit waar is. Sy waarsku dat jy steeds aanspreeklik (verantwoordelik) kan wees as die inligting vals is – selfs al het jy dit nie self geskep nie. “Jy kan nie sê ‘ek het dit by iemand anders gekry’ en dink dit maak jou onskuldig nie. Jy is áltyd verantwoordelik vir wat jy self publiseer.” Om seker te maak iets is waar, sê sy, kan jy kyk of betroubare nuusbronne soos

Baie beïnvloeders het groot aanhangers op sosiale media, maar hulle verstaan nie altyd die wette oor inhoud en kopiereg nie; daarom kan hulle maklik in die moeilikheid beland sonder om dit te bedoel. Thurling sê versekering kan help om mense en klein ondernemings teen sulke foute te beskerm.

Aanspreeklikheidsversekering of kuberversekering dek dinge soos onbedoelde kopieregskendings of laster (wanneer iemand se reputasie deur iets vals beskadig word). Maar sy waarsku: “Versekering dek net eerlike foute – nie as jy iets opsetlik verkeerd doen nie. As jy iets moes geweet het en dit steeds doen, sal die versekering waarskynlik nie betaal nie.”

Baclan Energy (Edms) Bpk, wat handeldryf as EWaste Africa, beoog om ’n afvalbestuursfasiliteit te vestig en te bedryf, gefokus op die herwinning en behandeling van elektroniese afval (e-afval) binne die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone (SES), geleë in die Stad Kaapstad-munisipaliteit. Die voorstel aktiveer die volgende aktiwiteite A1, B2, B3 en B4, wat ’n afvalbestuurslisensie vereis ooreenkomstig artikel 20(B) van NEMWA. Die fasiliteit sal ontwerp word om ’n wye reeks elektriese en elektroniese toerusting te verwerk, waaronder onder meer: sonpanele, batterye, beligtingsafval, groot en klein elektriese toestelle, klein IT- en telekommunikasietoestelle, kabels, skerms en monitors, toerusting vir temperatuuruitruiling en katodestraalbuis- (CRT-)skerms. Na verwagting sal daagliks, kumulatief, meer as 10 ton algemene afval herwin word, en meer as 10 ton gevaarlike afval per dag gehersirkuleer, herwin, verkry en op die terrein behandel word Belanghebbende en geaffekteerde partye wat meer wil weet oor die afvalbestuurlisensieproses word uitgenooi om EnviroPro te kontak.

Contact: Lazola Bangani (Cand. EAP)/ Dustin Bell (Reg. EAP)

Phone: 031 765 2942

WhatsApp: 064 653 3051

Email: Info@enviropro.co.za

Date: 30 October 2025

Our Ref: EVP1793

VERLORE OF

NM10034344-WU281025

TITELBEWYS Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om

, Registrasienommer 2015/153475/07 ten aansien van sekere Erf 204 Atlantis Industrieel, in die Stad Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Wes-Kaap, wat verlore geraak het of vernietig is. Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van

c e Riebeekstraat 2, Kaapstad, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing. Gedateer te Goodwood op hede die 21ste dag van Oktober 2025

VISAGIEVOS INC. Vasco Boulevard 181, Goodwood, 7460 E-pos: christelds@visagievos.co.za Tel: 021 591 9221 NM10034004-WU281025

Melita Thurling
James Vos tydens sy besoek aan ‘n klerefabriek.

Hawks verneder Forces

Derde

Murphy Roberts

Die Mamre Hawks-krieketklub het sy onoorwonne status Saterdag in Mamre in die span se WP- tweede liga-wedstryd behou.

Die span het op sy tuisveld sy derde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hy Cape Forces met 163 lopies verneder het.

Mamre, wat die loot gewen het, het besluit om eerste te kolf.

Die tuisspan het wel sy eerste paaltjie met slegs twee lopies op die telbord verloor, maar die span het daarna goeie weerstand gebied en ’n goeie telling van 265/5 in sy toegelate 40 boulbeurte opstapel.

Terwyl die besoekers se boulers gesukkel het om die druk op die tuisspan vol te hou, het Elton Vlotman (45) en Duwayne Cupido (87) die besoekers se boulers met ’n 130-lopie-vennootskap vir

die tweede paaltjie gekasty.

Dillon Liedeman (76 lopies van net 36 balle) het daarna die besoekers verder gefrustreer met Maruis Apolles, wat 18 lopies vir die tuisspan se telling bygedra het.

Mamre het daarna die besoekers se kolwers van die eerste bal af onder druk gehou en die Cape Forces se kolwers kon net nooit die mas opkom nie.

Die besoekers het hul eerste paaltjie sonder ’n enkele lopie op die telbord verloor.

Liam September met sy 5/29 in agt boulbeurte het die beste van die tuisspan se boulers gevaar, terwyl die ander boulers ook die skroewe styf vasgedraai en hul deel gedoen om die besoekers almal vir ’n skamele 103 lopies uit te boul.

Mamre pak hierdie naweek die Lentegeur-krieketklub in ’n wegwedstryd en die span sal wil voortbou op sy vertoning teen die Cape Forces en met sy onoorwonne status op die spel.

Foto: Murphy Roberts

Mamre buig die knie teen kampioen en mik nou vir top-4

Die Mamre-vrouerugbyspan het verlede Saterdag (18 Oktober) die verdedigende Boland-vroue-rugbykampioen Walker Bay onthaal in die twee se top-8-vrouerugbywedstryd. Mamre se groen truie onder leiding van Kenny Stadler het die knie 10-47 gebuig en is

nou onder druk om die top-4-uitspeelronde te haal. Mamre het al die kanse in die wêreld geskep, maar die gebrek aan afronding het die span ongelukkig duur te staan gekom. Walker Bay, die verdedigende Boland-vrouekampioen, het dit egter tot hul voordeel gebruik en die meeste van die span se

drieë het teen die verloop van spel gekom.

Mamre het egter nog een moeilike moet-wen-wedstryd oor en reis die naweek na Worcester.

Mamre sal die Worcester Warriors in dié se agterplaas moet klop om hul plek in die laaste vier op Bolandpark te bespreek.

Mamre het teen die verdedi-

gende kampioen gewys dat die span met beter afronding nog verdere hoogtes kan bereik. Die druk in die Top-12 is besig om te laai vir spanne om die laaste vier te haal. Saldanhabaai, Robertson, Botrivier en Roses is tans die spanne wat voor in die ry staan vir die laaste vier op Bolandpark.

Saldanhabaai het Saterdag op sy tuisveld Safcol van Grabouw 4641 geklop. Dié Weskus-kampioen en voormalige Boland-kampioen is met nog twee wedstryde oor steeds onoorwonne.

Vredenburg was egter baie ongelukkig en het op sy tuisveld 28-29 teen Worcester Villagers vasgeval.

Mamre se vrouerugbyspan op die aanval in die span se Top-8-wedstryd teen die verdedigende Boland-vrouerugbykampioen, Walker Bay.
Duwayne Cupido (87) jaag die bal deur die dekveld vir ’n grenshou. Foto: Murphy Roberts

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.