Skip to main content

WeskusNuus E-Edition - 25 August 2026

Page 1

M.A. Sielk. | B.A.Honn.Sielk. | B.Com.BSielk. Counselling Psychologist PR 8630453

021 572 5771 067 850 6479 Atlantis - Wesfleur Privaat Kliniek, Wesfleursirkel Durbanville - 22 Marco Close, Uitzicht Mediese fondse en bankkaartbetalings word aanvaar.

NM10070528-WU250826

Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 25 Augustus 2026 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: weskusnuus@novusmedia.co.za

Atlantis het nou ’n plan

Lt-Generaal Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale polisiehoof van KZN, en Peter Stoffberg van #piemphulle het idees tydens die beraad uitgeruil.

Gemeenskap keelvol vir bendes Murphy Roberts

D

ie Atlantis-gemeenskap, onder leiding van Peter Stoffberg, Louisa Solomon en die #Piemphulle-Facebook-groep, het ’n omvattende plan teen bendemisdaad aan die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie voorgelê. Die voorstel is op Woensdag 19 Augustus tydens die komitee se bendegeweldberaad, wat deel van die parlement se ondersoek na bendeverwante geweld is, bespreek. Die voorstel fokus op dwelmhandel, bendebedrywighede en geweld en vra vir ’n meer gekoördineerde benadering deur wetstoepassingsagentskappe, skole, behuisingsowerhede en gemeenskappe. Die gemeenskap vra vir vinniger optrede teen inwoners wat stads- of staatshuisvesting vir dwelmhandel en bendebedrywighede gebruik. Die voorstel doen ’n beroep op behuisingsowerhede en die polisie om nouer saam te werk om uitsettingsaansoeke vinniger te hanteer wanneer bewyse van misdadige aktiwiteite daar ontdek word. ROLSPELERS UITGEWYS Plaaslike behuisingskantore, woonstelkomitees, gemeenskapspolisiëringsforums en gemeenskapsaktiviste is as rolspelers uitgewys, wat kan help om bewyse en verklarings te versamel. Skole word in die voorstel as ’n gebied geïdentifiseer waar bendewerwing en dwelmhandel volgens die gemeenskap aandag verg. Die voorstel vra vir geteikende klopjagte en beter

OPTOMETRIST

r e p u S Sale All packages include: Comprehensive eye test Selected frame, Clear Subscription Lenses or Sun Vision prescription lenses www.eyesave.co.za I @eyesavecpt

samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe en skole om dwelms, wapens en ander bendebedrywighede vas te vat. Die voorstel vra ook dat buurtwagte, straatkomitees, woonstelkomitees en inwoners meer by die bekamping van bendemisdaad betrokke moet wees. Dit beklemtoon die behoefte aan beter beskerming van getuies in ernstige bendemisdaadsake, met versterkte getuiebeskerming, vinniger hervestiging en beskerming van getuies se families as moontlike maatreëls. ONDERSOEK HULLE! Die gemeenskap vra verder vir intelligensiegedrewe ondersoeke na vermeende bende- en dwelmbase, asook die beslaglegging op bates wat vermoedelik uit misdadige aktiwiteite verkry is. ’n Gespesialiseerde eenheid om belastingontduiking en bateverbeuring te ondersoek, word ook voorgestel. Die voorstel vra vir ’n gestruktureerde polisie-bedryfsplan met weeklikse en maandelikse skedules vir geteikende klopjagte, huissoektogte, die opspoor van verdagtes en gebiedsoperasies. Die dokument stel ook die digitalisering van die registrasie en monitering van strafsake voor, insluitend digitale verklarings, biometriese identiteitsverifikasie en ’n elektroniese stelsel waardeur inwoners die status van sake kan monitor. Die voorstel beklemtoon die behoefte aan samewerking tussen die polisie, regering, munisipale strukture, skole, gemeenskapsorganisasies en inwoners in die bekamping van bendemisdaad in en om Atlantis.

Single Vision Clear R1 100

AUGUST

With changeable tint

R2 200

Bifocal Clear R1 250

SWEETIE PIE CHOC BALLS 20'S

With changeable tint

R2 300

R1950 pensioners

With changeable tint

R3 400

R2900 pensioners T's &C's APPLY • Laybuy accepted. This is a cash only offer

NM10070514-WU250826

ALIBI CHOCOLATES

R19

R10.00

BISCA CHOCOLATE

CRACKER VALUE COMBO PACK

* Large 3 for

.95

BISCUITS ASSTORTED

Multifocal Clear R1 950

SPECIALS!

Shop LS82, Atlantis City Mall, Atlantis, 7352 Tel: 021 572 6265 • Fax: 021 572 8724 • Email: mujieb@telkomsa.net

R25.00 SAVE R5

BATANA HAIR PRODUCTS

FROM

R21.95

2 for

selection of

R10

R99

SWEETIE PIE CHOC BUNNY 5'S

TISSUES 2PLY

.00

.95

baking products and spices available at discounted prices *

R16.95

200's

R19.95

Full range of services offered at discounted prices including colour copies, and printing / binding services / digital photo printing / business cards / skateboard accesories, etc. NM10070789-WU250826


2

WeskusNuus NUUSNEWS

25 Augustus 2026

Hoër pryse kom

Kandidate sê hul sê

Danie Hefers

WeskusNuus het met nóg twee politieke kandidate in aanloop tot die verkiesing op Woensdag 4 November gesels. Peter Stoffberg, wat as onafhanklike kandidaat in wyke 29 en 32 staan, sê hy is sedert 2020 aktief by gemeenskapswerk in Atlantis betrokke – onder meer met misdaadbekamping en verskeie gemeenskapsprojekte. Sy betrokkenheid by Atlantis strek volgens hom reeds van 2011 af toe hy by die ontwikkeling van die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asex) betrokke geraak het. Hy sê die gebrek aan oplossings vir probleme waarmee inwoners daagliks te kampe het, het hom gemotiveer om hom verder tot die gemeenskap te verbind. “Ons het ’n gebrek aan ondersteuningstrukture om hierdie probleme aan te pak – veral wat misdaad betref,” sê hy. Volgens Stoffberg het inwoners hom herhaaldelik versoek om as kandidaat te staan. “My hart en fokus is om misdaad te bekamp, ’n veiliger omgewing daar te stel en geleenthede te skep vir mense wat minder bevoorreg is. Dit gaan egter uiteindelik oor Ubuntu – om ander te help.” Sy prioriteite sluit misdaadbekamping, veiligheid, beter geleenthede vir die jeug en die bemagtiging van minderbevoorregte inwoners in. Volgens Stoffberg is misdaad Atlantis se grootste uitdaging omdat dit ook skole, plaaslike sakeondernemings, werkgeleenthede en belegging raak. Hy wil sterker vennootskappe tussen inwoners en wetstoepassingsinstellings bevorder. “Vertroue en samewerking moet die grondslag wees.” Om jeugwerkloosheid die hoof te bied, wil hy vaardigheids- en opleidingsprogramme uitbrei en meer belegging in Atlantis lok. Hy wil ook jongmense aanmoedig om ondernemings te begin. Wat dienslewering betref, sê hy inwoners moet geraadpleeg word om vas te stel watter dienste ontbreek. “Ons moet ontslae raak van bendes en dwelms in ons gemeenskap en ’n veiliger Atlantis vir almal bou.” Dencil Hattingh van ActionSA sê sy verbintenis met Atlantis strek oor baie jare

ATLANTIS – Die Wes-Kaap se gebrek aan winterreën is slegte nuus vir boere, blomme en die omgewing, maar ook gewone mense wie se stapelvoedsel brood is. As die droogte voortduur, kan die gevolge uiteindelik tot in Atlantis se huishoudings gevoel word. Minder reën beteken swakker koringoeste en Suid-Afrika se bakkerybedryf is afhanklik van graan wat teen volhoubare pryse beskikbaar is. Wanneer produksiekoste styg of plaaslike koringvoorrade onder druk kom, kan dit uiteindelik druk op die prys van meel en brood plaas. Die Weskus se koringboere is reeds bekommerd. Volgens SP Tredouw, Agri Wes-Kaap se streekbestuurder in die Weskus, was die reënval in Junie en Julie – en tot dusver in Augustus – ver onder wat koringaanplantings nodig het om te oorleef. “Hier in die Sandveld het ons net sowat 15 mm gehad; ander plekke tussen 18 en 20. Die koringprys is ook steeds ’n uitdaging. Graanboere in die Weskus produseer tans teen ’n verlies. Dit maak nie sin om enigsins meer koring aan te plant nie,” sê Tredouw. NOG GROTER KOMMER IN SWARTLAND In die Swartland is die situasie selfs meer kommerwekkend. Volgens Agri WesKaap se syfers het die gebied in Julie slegs sowat 3 mm reën gekry, teenoor 62 mm in Julie verlede jaar. In dele van die Bergrivier, Koperfontein, Moravia, Moorreesburg, Koringberg en Leliedam was Julie se reënval tussen 2mm en 4mm teenoor historiese gemiddeldes van tussen 48mm en 75mm. Vredenburg het slegs sowat 4mm reën in Julie gekry, terwyl die historiese gemiddelde byna

’n Plaaswerker plant rooibos in die Swartland. Foto: SP Tredoux

50mm is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dele van die Wes-Kaap het vanjaar die droogste Julie op rekord beleef. INVLOED BAIE NADER AAN DIE HUIS ’n Sterk Atlantiese hoogdrukstelsel het kouefronte verder suid gedruk, met slegs drie swak kouefronte wat gedurende Julie oor die suidwestelike dele van die Kaap beweeg het. Hoewel inwoners van Atlantis dalk nie die gebrek aan reën op ’n plaas direk raaksien nie, kan die uiteindelike rekening baie nader aan die huis wees. “Dit is hartverskeurend hier buite, maar ons moet positief bly,” sê Tredouw. “Ek is bitter bekommerd vir elke landbouer in die streek. “Werkers gaan ook uiteindelik daaronder ly.” Met ’n warmer somer as gewoonlik wat moontlik voorlê, kan die druk op boere, voedselproduksie en uiteindelik voedselpryse verder toeneem.

Murphy Roberts

Peter Stoffberg, onafhanklike kandidaat vir wyke 29 en 32. Dencil Hattingh van Action SA en die burgemeesterskandidaat Dareleen James.

en sluit sy tyd as onderwyser by Atlantis Sekondêre Skool, vrywilligerswerk by Radio Atlantis, gemeenskapswerk en betrokkenheid by plaaslike organisasies in. Hy het ook op die raad van Atlantis Arts and Culture Development gedien. “My verbintenis met hierdie gemeenskap is persoonlik. Ek het die uitdagings saam met inwoners beleef, die suksesse gevier en glo steeds dat ons mense beter verdien,” sê hy. Hattingh sê hy het besluit om as wyksraadslid te staan omdat hy glo gemeenskapsleierskap moet fokus op diens, aanspreeklikheid en sigbaarheid. Indien hy verkies word, sal sy prioriteite veiligheid en misdaadvoorkoming, betroubare dienslewering en jeug- en ekonomiese geleenthede wees. Hy wil saam met inwoners, buurtwagte, die SA en Metro-polisie en gemeenskapsorganisasies werk om misdaad te bekamp en veiliger woonbuurte te skep. Volgens Hattingh is die kombinasie van misdaad, werkloosheid, armoede en beperkte geleenthede vir jongmense van die grootste uitdagings in Atlantis. Om werkloosheid aan te durf, wil hy jongmense aan vaardigheidsontwikkeling, leerlingskappe, internskappe, entrepreneurskap en werksgeleenthede verbind. Wat dienslewering betref, wil hy ’n stelsel instel waar inwoners se klagtes aangeteken, aangemeld en opgevolg word. “Jy kan nie ’n gemeenskap doeltreffend dien as jy nie luister na die mense wat daar woon nie,” sê hy. Sy eerste stap indien hy verkies word, sal wees om ’n wyk-wye behoeftebepaling te doen waarin inwoners self die dringendste probleme identifiseer. “Ek staan omdat ek glo ons gemeenskappe verdien leierskap wat sigbaar, toeganklik en aanspreeklik is.”

Atlantis beleef rekordjaar vir nuwe waterpypleidings Die Stad Kaapstad het sy jaarlikse teiken vir die vervanging van verouderde water- en rioolpype met meer as 40 kilometer oorskry, met gebiede in Atlantis wat vanjaar ook deel van die program was. Die Stad se direktoraat vir water en sanitasie het in die 2025-’26-boekjaar bykans 193 km se water- en rioolpype reg deur die gebied vervang. Die jaarlikse teiken was 150 km. Waterpype is in Avondale en Saxonsea in Atlantis vervang. Avondale is in Maart en April by die werk ingesluit, terwyl waterpype in Saxonsea in Mei vervang is. Die program is daarop gemik om verouderde infrastruktuur te vervang voordat dit breek en probleme veroorsaak. Volgens die Stad kan die proaktiewe vervanging van pype help om waterverliese te beperk, riooloorlope te voorkom en die betroubaarheid van die netwerk te verbeter. Die vervangingswerk word volgens tegniese vereiste geprioritiseer, waaronder die ouderdom van en materiaal waarvan pype gemaak is, vorige breuke en die gevaar van infrastruktuuronderbreking. Van die 193 km wat in die boekjaar vervang is, was 88,7 km waterpype teenoor die teiken van 50 km. Nog 104 km se rioolpype is vervang teenoor die geteikende 100 km. Die Stad het in die laaste vier maande van die boekjaar alleen 40 991 meter

Vir Atlantis beteken dit dat die vervanging van infrastruktuur in gebiede soos Avondale en Saxonsea deel vorm van die breër poging om die Stad Kaapstad se munisipale netwerk se waternetwerk te moderniseer en dienslewering betroubaar te maak.

waterpype en 66 992 meter rioolpype vervang. “Die vervanging van bykans 193 km se verouderde water- en rioolpype is ’n groot prestasie, maar ons kan nie toelaat dat ’n rekordjaar ’n rede word om stadiger te werk nie,” het die raadslid Zahid Badroodien, die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, gesê. Hy het gesê die Stad wil meer van die netwerk vervang voordat probleme ontstaan, eerder as om slegs op pypbreuke en ander infrastruktuurprobleme te reageer. Die program sal in 2026-’27 voortgaan. Meer as R652 miljoen is vir die vervanging van verouderde water- en rioolpype reg oor Kaapstad begroot.


NUUS NEWS

25 Augustus 2026

Weskus Nuus

3

Shakeena was ’n ‘ma vir netbal’ David Rossouw ATLANTIS – Die netbalgemeenskap van Atlantis het met die afsterwe van Shakeena De Klerk, beter bekend as “Mamma Shakeena”, een van sy grootste steunpilare, verloor. Sy is op Vrydag 31 Julie ná ’n lang siekte op die ouderdom van 69 jaar oorlede. De Klerk het haar hele lewe aan die bevordering van netbal in Atlantis gewy. Sy was nie net op haar dag ’n uitsonderlike speler nie, maar ook ’n administrateur van onskatbare waarde en mentor vir duisende meisies en vroue in Atlantis en omgewing. “Dit is steeds onwerklik vir ons om te dink dat ons nie meer haar lag of opbouende woorde aan spelers kan hoor of haar glimlag kan sien nie,” het Suster Belinda Papier gesê. “Dit laat ons besef ons het iemand besonders verloor.” Vir Felicity Bailey, die voorsitter van die Atlantis- plaaslike netbalvereniging (APNV), was die nuus van De Klerk se dood ’n groot slag. “Vir ons was sy nie net Mamma nie, maar ons steunpilaar,” het Bailey gesê. “Sy was die mens na wie ons kon gaan wanneer ons probleme het. Sy was die hart van netbal in Atlantis.” Haar reis saam met netbal het op ’n kruispunt in 2005 begin toe Bailey haar die eerste keer tydens die Nywerheidsnetbalvereniging se kompetisies ontmoet het. UITMUNTENDE SPELER EN ADMINISTRATEUR “Sy was nie net ’n goeie speler nie, maar ook ’n uitmuntende administrateur,” het Bailey gesê. “Ons het die Atlantis- plaaslike netbalvereniging gevorm – saam met haar en Deon Meyer – wat ’n groot bydrae tot vrouesport gelewer het.” Bailey en Mamria Addisson (die kassier) het beklemtoon hoe De Klerk en Meyer toegesin het dat kinders van die begin af erkenning in die Westelike Provinsie-netbalvereniging ontvang. “In 2015 het sy ons deel van die WP-proewe gemaak en in 2021 het sy ’n ere-”Legend”-toekenning van WP Netbal vir haar onuitwisbare bydrae tot netbal in Atlantis en die provinsie ontvang.

Madelaine Goodall en haar span het inwoners van Willowpark in Pella met warm kos bederf.

Willowpark ‘bly vergete’ Murphy Roberts

Belinda Papier en Mamma Shakeena de Klerk, wat onlangs oorlede is. Foto: David Rossouw

Daarvoor haal ek my hoed vir hulle twee af,” het Bailey gesê. De Klerk was nooit ver van die aksie af nie, want sy was by elke toernooi daar – dikwels met twee tot selfs vier spanne. Sy het gereeld saam met die spanne na proewe gereis om die spelers te motiveer en te ondersteun. Plaaslik het sy altyd langs die baan gestaan. In die laaste paar jaar moes sy weens haar siekte op wedstryddae tuis bly. Wanneer sy wel die kans kon kry, het sy egter steeds in ’n rolstoel na die netbalbane gegaan en uit haar rolstoel raad aan die spelers gegee – gedryf deur haar onoorwinlike liefde vir die spel. “Mamma Shakeena was meer as net ’n afrigter, ’n lid of ’n leier – sy was die hart van netbal in Atlantis,” het Bailey en Addisson afgesluit. “Haar passie, toewyding en liefde vir die spel het geslagte geïnspireer en ’n nalatenskap agtergelaat waarvan netbal vir altyd sal onthou.” Ter ere van haar bydrae tot netbal in Atlantis, is ’n herdenkingstoernooi op haar 69ste verjaardag op 15 Augustus by Herons Place (Dura) aangebied. “Ons sal haar stem op die netbalbane mis. Rus sag, Mamma Shakeena; ons gaan jou mis,” het Bailey afgesluit.

Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST BUY or SELL Contact: Lindy de Wet 072 497 5744

Bookings:

Tel: 021 572 8578 • 069 427 9422 Whatsapp: 066 097 0534

Lord Somerset Street, Mamre 021 576 1715

89 00

R

57 00

Bulk stewing beef packs

99 00 /kg

082 482 1117

yvette.smith@novusmedia.co.za NM10070828-WU250826

Au'u!,

Mark Street Atlantis 021 572 8819

/kg

Rump Steak

16500

R

/kg

pryse geldig tot Son 30 Aug 2026

MONTH-END terwyl voorraad hou

)$e+&a%-

(a"&et* of �o%. meatPork Pack with stew

R

Estimated readership 44 685

NM10070530-WU250826

Pork Loin Chops /kg

Distribution 15 000

CALL ME TO ADVERTISE:

Registered with the PPRA

NM10065602-WU140726

R

die plaaslike Morawiese kerk en is hulle reeds ingelig dat die Stad Kaapstad nie infrastruktuur daar kan vestig nie. Volgens Fiona Abrahams, ’n voormalige proporsionele raadslid vir die gebied, het sy hard probeer om dienste te verskaf.

WeskusNuus is a FREE, bilingual local newspaper that's distributed every second Tuesday in Mamre, Pella, Atlantis, Saxonwold, Witsand, Duynefontein and Melkbosstrand

Looking to

Wesfleur Private Clinic Wesfleur Circle, Atlantis

BUTCHERY

Madelaine Goodall by Tammy Matroos en Ridwan Madatt, wat goed keelvol is vir die omstandighede waarin hulle moet oorleef. Foto: Murphy Roberts

Do you want to boost your sales, attract new customers and build brand recognition?

MbChB (UCT) FCOG(SA)

CENTRAL

Baie raadslede het gekom en gegaan, “maar ons omstandighede het nie verander nie”, vertel inwoners van Willowpark in Pella. Dié inwoners woon al jare hier in haglike omstandighede en sonder water- en sanitasiedienste. “Hier was verskillende raadslede wat elke keer net beloftes kom maak het en ons is keelvol vir hulle,” het Tammy Matroos gesê. Volgens Ridwan Madatt is hulle ook met geweld deur die rooimiere van die grond probeer verwyder, maar inwoners het saamgestaan. Volgens Madeliane Goodall van PMC het sy en haar span inwoners met warm kos gaan verras toe sy die omstandighede waaronder inwoners moes lewe, sien. Sy het met verskillende inwoners gepraat en dit was skokkend wat hulle haar vertel het. Die feit dat hulle vertroue in raadslede verloor het, moet reggestel word word bloot omdat hul omstandighede nie langer ignoreer kan word nie,” verduidelik sy. Volgens inwoners behoort die grond aan

Pork Shoulder Chops

7800

R

/kg

Tenderised Steak

14900

R

/kg

AB Mutton Braai Chops ( 2 tand)

14900

R

/kg

Ground Beef Mince

8900

R

/kg

GEWAA

RBORG

¼ AB Mutton Pack ( 2 tand) R

129 00 /kg

Beef Biltong ( Heel & Gekerf)

38900

R

/kg

Meeste van ons beesvleis kom vanaf natuurlike weiding. Geelvet Biltong ook beskikbaar. SAMXXX-WU250826


4

WeskusNuus NUUSNEWS

25 Augustus 2026

Pastoor Favor Esiobu gesels met vroue en verduidelik waaroor Vrouedag gaan. Foto: Murphy Roberts

Die Survivors Haven-stigting het vroue Saterdag (15 Augustus) in die Mamre-skoolsaal onthaal. Die plaaslike aktrise Kim Syster van Arendsvlei en Binnelanders was een van die gassprekers. Kim Syster, pastoor Favor Esiobu, Dorothy Isaacs en Yvonne Syster was saam met Janine Passenz in die middel. Foto: Murphy Roberts

Die JCI kerk se groep dansvroue het die gaste tydens die kerk se Vrouedagsaamtrek op Maandag 10 Augustus vermaak.

Kerk verduidelik wat Vrouedag is

Die kerk se jeugleier, Chante Van Boom, en pastoor Janine Classen.

Pastoor Janine Classen in die middel by haar span wat die dag moontlik gemaak het.

Pastoor Favor Esiobu, Kim Syster en Janine Passenz van die Survivors Haven-stigting.


25 Augustus 2026

NUUS NEWS

Weskus Nuus

5


6

WeskusNuus NUUSNEWS

25 Augustus 2026

Vroue só gesteun ATLANTIS – Atlantis Foods het ter viering van Vrouemaand ’n vennootskap met die United Sanctuary Against Abuse (USAA) aangegaan om ondersteuning aan vroue en kinders, wat deur geslagsgeweld geraak word, te versterk. Die USAA, ’n skuiling in Atlantis, bied ’n veilige tuiste, berading en bemagtigingsprogramme aan vroue en kinders, wat deur mishandeling geraak word. Die organisasie bied ook ’n gestruktureerde drie-maandehelingsprogram en werk saam met regeringsdepartemente, die polisie, gesondheidsorgverskaffers en ander gemeenskapsorganisasies. Die doel is om oorlewendes te help om hul lewens met groter waardigheid, selfvertroue en onafhanklikheid te herbou. As deel van die vennootskap skenk Atlantis Foods seekos aan die USAA, insluitend vis vir die skuiling se geldinsamelingsmiddagete hierdie Saterdag (29 Augustus). Die maatskappy sal ook vyf kaartjies borg sodat werknemers wat in Atlantis gebaseer is, die geleentheid namens Atlantis Foods kan bywoon. Volgens Atlantis Foods is die vennootskap ’n geleentheid om ’n bydrae tot die plaaslike gemeenskap te lewer. Robert Zive, die groothandelverkoopsen voorsieningsdirekteur by Atlantis Foods, sê die maatskappy wil op dié manier sy gewone bedrywighede ook buite sy gebied ondersteun. Roland Brits, die fabrieksbestuurder by Atlantis Foods, sê Vrouemaand bied ’n geleentheid om vroue en kinders, wat ondersteuning, veiligheid en hoop nodig het, te staan. Rachel Watson, die USAA-voorsitter,

The walkabout gave residents an opportunity to interact directly with those involved in the project following the formal proceedings.

300 solar lights for Witsand Sithokozile Nyawo, Atlantis Foods Group se fabrieksbestuurder vir gehalte en nakoming (links), en Eva Georgia, die USAA-bestuurder.

sê vennootskappe met organisasies soos Atlantis Foods, help die skuiling om ’n veilige en ondersteunende omgewing aan oorlewendes te bied. Die USAA bied onder meer berading, terapeutiese ingrypings en vaardigheidsontwikkeling om vroue en kinders te help om na groter onafhanklikheid en herintegrasie in hul gemeenskappe te beweeg. Atlantis Foods sal ook ’n bewusmakingsveldtog van stapel stuur om USAA se werk onder die aandag van die breër gemeenskap te bring. Gemeenskapslede, kliënte en verskaffers word aangemoedig om USAA te ondersteun deur die geldinsamelingsmiddagete hierde Saterdag (29 Augustus) by te woon, nie-bederfbare kos te skenk

WITSAND, ATLANTIS – About 150 people attended the launch of a community solar-lighting initiative in Witsand, near Atlantis, where 300 wall-mounted solar lights have been installed. The event brought residents, project partners and local representatives together. A formal programme was followed by a walkabout through the community, where residents engaged with project representatives about the initiative. The lighting project was also discussed in the context of broader concerns raised by residents about conditions in the com-

munity. One resident used the occasion to call on people to speak up about issues affecting Witsand. “We as people should not keep quiet. We should be a voice for those who do not have a voice, otherwise there will be no change if we do not speak up.” The 300 solar lights have been installed as wall-mounted units at homes in the area. Gerda Heyman, who is involved in the project, attended the launch along with other project partners and community representatives.

The launch was attended by approximately 150 people, reflecting interest from residents and local stake-


NUUS NEWS

25 Augustus 2026

Weskus Nuus

7

Vroue skryf oor pyn David Rossouw In ’n wêreld waar woorde dikwels as ’n maklike vorm van terapie beskou word, is die stories van twee vroue van Atlantis en die Kaapse Vlakte ’n kragtige herinnering aan die moed wat dit kos om ’n stem te vind. Julie Daniels en Anna Seherie, twee vroue met verskillende pyn, het hul hartseer in boekvorm omgeskep. Hul reise gaan nie net oor skryf nie, maar oor oorlewing, geloof en die krag van gemeenskappe wat mekaar ondersteun. Die Wesfleur-Biblioteek het dié twee vroue as deel van Vrouemaand genooi om hul ervarings en skryftalent met die Atlantis-gemeenskap te deel. Julie Daniels: Die digter wat haar pyn in humor omgeskep het Julie Daniels se pad na skryfwerk het op die Kaapse Vlakte begin. In 2020, tydens

die covid-pandemie, het sy haar man aan die virus verloor terwyl sy self ook siek geword het. ’n Week ná haar man se dood is kanker by haar gediagnoseer. Sy het ook weens dubbele longontsteking twee en ’n half dae in die waakeenheid deurgebring. “Ek het nie verwag ek het skryftalent nie,” erken Daniels. “Ek het eintlik net probeer om my pyn neer te skryf. Dit was my manier om asem te haal en uiting te gee.” Ná haar herstel het haar seun, Kyle Daniels, haar aangemoedig om haar gevoelens op papier vas te lê. Vandag het Daniels sewe gepubliseerde boeke op haar naam, waaronder drie digbundels. In Gedigte van die Kaap weerspieël sy die lewe soos mense dit op die Kaapse Vlakte ken, maar met haar unieke Afrikaanse humor. Een van haar bundels is deur die Nasionale Biblioteek gepubliseer. Wat as ’n manier begin het om haarself te genees, het ’n

loopbaan geword. Haar memoires word op 10 September bekendgestel. “Soveel mense sit met pyn en dink hulle is verlore, maar met God aan ons sy is niks onmoontlik nie. Iets is in hulle weggesteek; hulle moet dit net ontdek,” sê sy. Anna Seherie: Gedagtes, verlange en drome Anna Seherie se verhaal begin met ’n groot uitdaging: Sy kon nie lees of skryf nie. Vir Seherie was haar man haar lewenslyn. Hy het haar gedagtes in woorde omgeskep en dit op papier vasgelê. Met die hulp van haar man en ’n leerprogram het sy uiteindelik self begin skryf. “Dit was ’n dramatiese stap vir my. Sonder die hulp van my man en ’n leerprogram sou dit nie moontlik gewees het nie. Maar dit bewys dat niemand te laat is om hul stem te laat hoor nie, selfs al begin hulle met niks,” sê Seherie. Haar boodskap aan die vroue van Atlantis is diep en spiritueel. “Onthou dat die genade

Julie Daniels (middel links) en Anna Seherie (middel regs) saam met Wesfleur-biblioteek se personeel tydens hulle boekebekendstelling.

van die Here my tot hier gedra het. Ons gaan deur baie moeilike dinge, donker tye en onsekerhede. “Ons is egter nie verlore nie. Selfs in die diepste donkerte is daar ’n plek wat ons kan bereik waar ons God se naam kan verheerlik,” sê sy. Daniels en Seherie se boeke is meer as woorde op papier. Dit is getuienisse van die Atlantis- en

Kaapse Vlakte-gemeenskappe en bewys dat pyn nie die einde van die storie hoef te wees nie, maar dikwels die begin van iets nuuts. Daniels se memoires word op 10 September bekendgestel. Seherie se boek is reeds beskikbaar. • Kontak of besoek die Wesfleurbiblioteek by die Wesfleurwinkelsentrum vir nog inligting.

Atlantis hou loopbaanskou Tereska Kabuika, die nuutste o.20- Junior Springbok-vrouerugbysensasie van Atlantis en die Mamre-rugbyklub, deel sop uit aan kinders van die Neptune Castle-woonstelle en Sun Road.

o.20-rugbyheld Tereske steel kinderharte David Rossouw Vir Tereska Kabuika, die nuutste o.20Junior Springbok-vrouerugbysensasie van Atlantis en die Mamre-rugbyklub staan sy nie net op die veld uit nie, maar ook in haar gemeenskap. Kabuika het onlangs (Donderdag 20 Augustus) ná strawwe opleidingsessies in Stellenbosch die afgelope tyd, steeds tyd gemaak vir haar gemeenskap toe sy saam met Mamre-rugbyklub-bestuurslede en die gemeenskap van Atlantis sop aan PERSOONLIKE DIENSTE

KRUIEKENNER 1435

*$&" *%& !0<3@A@48<> '109<>@.A #<A?0<> )109<> =1>>81.. 748.?>A<A@48. <83 <..@.A@8+ =@A) 2049>1;. (<>>5

:,: -/- :666 ()#""!'&!!%+*"&"'$!

kinders van die Neptune Castle-woonstelle en Sun Road uitgedeel het. Die kindertjies het nie net die lekkerwarm sop geniet wat hulle van Kabuika ontvang het nie, maar ook haar teenwoordigheid omdat hulle haar ondersteun omdat sy eens ook soos hulle in die strate gespeel het. Die geleentheid is moontlik gemaak deur familielede, vriende, die gemeenskap en die Mamre-rugbyklub, wat net weer eens die omgee van ’n gemeenskap bewys het.

:./115!? 17-+/ 16A9

)44 ,83 8408

1=%!5*1<&>2%";<?'@!=5*#"*$5

ATLANTIS – Werksoekers, studente en jong mense wat hul loopbaanmoontlikhede wil verken, kry op Woensdag 2 September die geleentheid om potensiële werkgewers by die Atlantis Career Expo 2026 te ontmoet. Die loopbaanskou word deur die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) in samewerking met Atlantis City Mall aangebied. Die geleentheid vind van 09:00 tot 14:00 by Atlantis City Mall plaas. Volgens die organiseerders is die doel van die loopbaanskou om werksoekers regstreeks met vooraanstaande werkgewers in verbinding te bring en hulle aan verskillende loopbaanrigtings en werksgeleenthede bloot te stel. Studente, mense wat onlangs afstudeer het en werksoekers word genooi om die geleentheid by te woon. Besoekers kan met werkgewers gesels, meer oor verskil-

lende bedrywe leer en hul professionele netwerke uitbrei. Die geleentheid bied werksoekers ook die kans om meer uit te vind oor die vaardighede, kwalifikasies en ervaring wat in verskillende beroepe benodig word. Vir jong mense wat nog onseker is oor hul loopbaankeuse, kan sulke gesprekke in lewende lywe insig gee in moontlike loopbaanpaaie en die vereistes vir toegang tot bepaalde beroepe. Werksoekers wat die geleentheid bywoon, kan ook hul CV’s en verwante kwalifikasies saambring om voorbereid met moontlike werkgewers te gesels. Die Atlantis Career Expo 2026 vind plaas op Woensdag 2 September van 09:00 tot 14:00 by Atlantis City Mall, Wesfleur Circle, Atlantis. • Belangstellendes kan skills@atlantissez. co.za vir nog inligting kontak.

Atlantis mik na ruimte GROENKOLOM Graad-8-engraad-9-leerderswataandieAtlantisSpace STEM-programdeelneem,hetonlangs’nwerksessiebygewoon watruimtewetenskap,omgewingsmoniteringenpraktiese tegnologiekombineerhet. DiewerksessieisdeurdieSuid-AfrikaanseNasionaleRuimteagentskap(Sansa),dieAtlantis-spesialeekonomiesesone (Asez)tesamemetMaxIQSpaceaangebied. Leerdershetondersoekingestelnahoeaktiwiteitopdieson toestandeopaardekanbeïnvloed. SelwynWilloughbyvanAsezhetdieleerdersaanAtlantisse ontwikkelingas’nsentrumvirgroennywerheid,vernuwingen tegniesevaardighedebekendgestel.Diesessiehetdieverband tussenSTEM-onderwysentoekomstigeloopbaangeleenthede beklemtoon.ThandileVuntuvanSansahetverduidelikhoe wetenskaplikesbySansasegerieweinHermanusson-aktiwiteit enruimteweermonitor.Leerdershetmeergeleeroordierolvan ruimtewetenskapinnavorsingenomgewings-enatmosferiese monitering. Diewerksessiehetdaarna’npraktiesekomponentingesluit. JudiSandrock,’nmede-stigtervanMaxIQSpace,hetleerdersaan Springbotsbekendgestel–’nSuid-Afrikaansontwerptemodulêreelektronieseplatformwaarmeeomgewingsdataingesamel enontleedkanword. Leerdershetinspannegewerk,metingsgeneem,dataontleed enhulbevindingsaandiegroepvoorgelê.Hullehetresultate vergelyk,patroneindiedatabespreekenondersoekingestelna hoeomgewingstoestandedeurgroteratmosferieseprosesse beïnvloedkanword. Diewerksessieisspesifiekopgraad-8-engraad-9-leerders gerigin’nbelangrikestadiumwaarinjongmensebeginbesluit oorvakkeenmoontlikeloopbane.Praktieseblootstellingaan wetenskapentegnologiehetdieverbandtussenSTEM-vakkeen loopbaneinondermeeringenieurswese,wetenskap,tegnologie envernuwingbeklemtoon. Sansahetruimtewetenskaplikekundigheidverskaf,Asexhet dieleerinhoudaanAtlantisseekonomieseontwikkelingverbind enMaxIQSpacehetpraktieseSTEM-aktiwiteiteaangebied.

WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia. Verpreiding: 30 000 koerante per maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.

Landlyn Redakteur Alida Buckle Joernalis Murphy Roberts Nuuswenke Advertensies Yvette Smith

021 406 2063

074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za 074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za 067 091 0618 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za

LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur. WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za


We distribute 15 000 copies to Atlantis and surrounds every second Tuesday. Call me now to book your next advert Yvette Smith 082 482 1117 yvette.smith@novusmedia.co.za NM10070662-WU250826

25 Augustus 2026 | Bladsy 8

Relegasiestryd woed nog David Rossouw

O

p ’n koue Saterdagmiddag (die afgelope naweek op 22 Augustus) het Young Hearts en Saldanhabaai mekaar op die berugte Grafkelder in Pella getakel. Vriendskap was maar min tussen dié twee spanne te bespeur. Dit was hul laaste kragmeting vir 2026 in die Weskus-grootuitdaagbeker, met elke minuut van elke aanslag wat getel het. Hoewel Saldanhabaai die aanvalle gelei het, het die tuisspan eerste eerste punte aangeteken toe Louis Afrikaner deur die verdediging gebreek en Cole Lawrence gevoer het, wat agter die pale afgerond het. Tyrique Marais het die ekstra twee punte bygesit (telling 7-0). Saldanhabaai het die telling egter onmiddelik met ’n strafskop tot 7-3 laat krimp. Met hul agterlyn wat soos branders oor die veld gerol het, het Jenivan Cleophas skerp gebreek en Emile Booysen binne gevind vir ’n drie onder die pale. Die doelskop was in die kol, wat Saldanha 10-7 laat voorloop het. Kort daarna het die Saldanhabaai-kaptein, Samuel Greyling, en sy manne die bal slim uitgespeel, wat tot Sinethemba Nkolomba se drie gelei het: 17-7 vir Saldanhabaai teen rustyd. Vyf minute ná die hervatting van die tweede helfte het Feghon-Leigh Snyders die verdediging oopgesny en in die hoek gedruk (24-7). Hearts het teruggebyt toe Gilmore Solomons sy drie gedruk en Marais verdoel het (14-24). ROOIKAART ’n Rooikaart het Young Hearts se kanse geknak om te presteer, wat die momentum weer na Saldanhabaai geswaai het. In die laaste vyf minute het Snyders die bonusdrie behaal en die wedstryd finaal met 31-14 afgesluit. Atlantis het sy laaste wedstryd teen Gardens 21-19 gewen, maar dit was nie

Gardens knak Atlantis se hoop

Young Hearts op die aanval in hul verloorstryd op die Grafkelder. Foto: David Rossouw

genoeg om die relegasie-spook te vermy nie. Dié span val dus terug na die Sone-afdeling vir 2027 – ’n bitter pil vir Atlantis, wat jare lank geswoeg het om uit daardie afdeling te kom. Hamlets het hul Superliga B-status gered met ’n 42-36-oorwinning teen Hamediehs en net-net die valbyl

vrygespring. Met die relegasiespook nouagter die rug, kan Hamlets na ’n suksesvolle deelname in die Superliga Bkompetisie in 2027 uitsien. Mamre se Grootuitdaagbeker-drome is deur Abbotsdale Lillies gestop. Hulle het net-net daarin geslaag om Koringberg met 26-24 geklop, maar kry nog ’n laaste

kans om die seisoen op ’n hoë noot teen Wesbank af te sluit. Mamre se vrouespan het die tweede jaar in ’n ry vir die Sanlam--BolandTop-8 gekwalifiseer. Die span het onder die leiding van Jaco Oppelt en sy bestuurspan merkwaardig gegroei en mik nou vir die eindstryd.

Goue oues maak Atlantis trots met hul sportiewe talente David Rossouw Die Atlantis-gemeenskap het op Dinsdag 11 Augustus het die eerste keer die Goue Spele op die Wesfleurparkstadion aangebied, waar meer as 100 goue oues (senior burgers) van die verskillende klubs in Atlantis aan die byeenkoms deelgeneem het. Die deelnemers moes vooraf eers mediese inspeksies ondergaan, insluitend bloeddruk- en suikertoetse, om seker te maak hulle is gesond en gereed om aan die kompetisie deel te neem. Die deelnemende spanne is met kort toesprake aan die publiek en aan die borge en betrokke organisasies by die byeenkoms voorgestel. Voordat die byeenkoms begin het, is dit met ’n gebed geopen en daarna die sing van die volkslied deur die Atlantis Blue Crane- senior klub en almal teenwoordig. Die byeenkoms was van die eerste tot die laaste item uitdagend onder die atlete, maar dit was ook pret vir die deelnemers wat weer eens gewys het sport kan nie net gemeenskappe saambring nie, maar ook verenig.

Atlantis se Goue Spele-deelnemers saam met die plaaslike reëlingskomitee en borge. Foto: David Rossouw

Die deelnemers se ouderdomme het van 60 tot 80 jaar gewissel. In die eendeloop het Alma September en Susan Engelbrecht uitgestaan, terwyl Sharon Thorpe, Minnie Mcbain en Eileen Christoffel hul vaardighede in die balaangee uitgestal het.

In die bal-aflos (ball relay) het Ann Cafer, Evelina Christoffels en Elmarie Stubbs ook uitgestaan, terwyl Rebecca Davids, Cuthburth Mukwesha en Theresa Carelse hul vernuf in die skop en aangee (kick and passing the ball) getoon het.

In die 100m-naelloop het die 70-jarige Martin de Villiers (Oom Diffie) weer eens sy spoed getoon en sy teenstaanders die hakskene gewys toe hy die afstand afgeblits het. Ná die byeenkooms het De Villiers die deelnemnde klubs – Atlantis Blue Crane, Catholic Church Club, Health Walkers, Protea Park Seniors en Women on the Move (Ext 12) vir hul deelname aan die byeenkoms bedank. De Villiers het die department van maatskaplike dienste (Atlantis), die Atlantis-polisie, die Stad Kaapstad se afdeling vir sport en ontspanning, Radio Atlantis, Weskus Nuus, DJ Barnie Entertainment, Atlantis Neighbourhood Watch eb John Jacobs (Jingie), wat die byeenkoms vir die senior burgers moontlik gemaak het, bedank. “Sonder julle is dit nie moontlik nie en ons en my mensies waardeer dit opreg.” Die deelnemers wat gekwalifiseer het, sal nou op 10 September op die Bluedowns-sportstadion aan die Metro-kampioenskap deelneem. Deelnemers wat hier kwalifiseer, sal die provinsiale span later vanjaar in Bloemfontein gaan verteenwoordig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WeskusNuus E-Edition - 25 August 2026 by Novus Media - Issuu