Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST MbChB (UCT) FCOG(SA)
NM10073139-WU150926
Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 13 Oktober 2026 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za
Sokkerspeler vermoor Moontlik doodgemartel
Murphy Roberts
V
an ’n belowende sokkerspeler wat saam met Robinvale Spurs die land deurgereis het, tot ’n jong man wie se lewe op tragiese wyse geëindig het , só verloop Bradley Hartlief (18) se verhaal. Een van verlies, hartseer en vrae oor reg en geregtigheid.
Bradley se ouers, Candice en Emilin Bradley Hartlief, moet nou die ondenkbare verwerk – die verlies van hul seun, wat ondanks groot uitdagings in sy jong lewe steeds ’n toekoms gehad het om na uit te sien. Die gesin se wêreld het op Donderdagoggend 1 Oktober in duie gestort. Volgens die ouers was Bradley in Avondale onder ’n boom toe twee mans en ‘n tienerseun hom na bewering genader en daarvan beskuldig het dat hy by iemand se woonplek ingebreek het. Die aanvaller het hom glo na ’n erf gesleep, veiligheidstewels aangetrek en hom herhaaldelik geskop en geslaan omdat hy nie wou praat nie. Hulle het hom na bewering ook in ’n swembad probeer verdrink. HULPKRETE Getuies het blykbaar gehoor hoe Bradley skree dat hy niks verkeerd gedoen het nie. Die bure het die polisie ontbied. Volgens die familie het die verdagtes glo erken hulle het hom aangerand “omdat hy nie wou praat nie”. Bradley was op net 12-jarige ouderdom die slagoffer van ’n beweerde aanranding ná skool. Hy het ’n kopbesering opgedoen, wat tot ’n bloedklont op die brein gelei het. Die besering het sy lewe ingrypend verander. Gedragsveranderinge het gevolg en sy skoolloopbaan is drasties ontwrig. Hy moes uiteindelik die skool verlaat, verduidelik sy ouers. Voor die besering was Bradley ’n kranige sokkerspeler, wat vir Robinvale Spurs gespeel en saam met die span
deur die land gereis het. Sokker, wat eens ’n belangrike deel van sy lewe was, het egter plek gemaak vir ’n daaglikse stryd met die nagevolge van sy besering. Volgens sy pa het Bradley dikwels doelloos rondgedwaal. Hy het byna elke dag na sy twee oumas in Protea Park gegaan. Sy ouers het geleer om met sy gedrag en kommunikasie-uitdagings saam te leef. Bradley het dikwels stilgebly en kon in sekere situasies heeltemal vries, vertel sy ouers. Bradley se pa het vertel dat die gesin aanvanklik aanvaar het hy is weer na sy ouma toe. Teen ongeveer 23:00 het hulle egter bekommerd geraak en begin rondbel. Toe hulle hom nie kon opspoor nie, het hulle die polisie gekontak. ERNSTIGE TOESTAND IN DIE HOSPITAAL Die familie het hom uiteindelik in die hospitaal opgespoor. Hulle kon hom weens sy ernstige toestand slegs aan die geboortemerk op sy linkerskouer uitken. Hulle is meegedeel dat hy reeds bewusteloos by die hospitaal aangekom het. Lewensondersteunende masjiene is op 7 Oktober afgeskakel. Bradley is op 8 Oktober oorlede. Drie verdagtes is volgens die familie in verband met die voorval in hegtenis geneem, van wie een minderjarig is. Die familie beweer egter dat die sake teen twee van die verdagtes nie op die hofrol geplaas is nie. Vir Candice en haar gesin bly die pyn van hul verlies onbeskryflik. Bradley was ’n jong man, hul seun, ’n sokkerspeler en ’n geliefde familielid met ’n storie wat verdien om gehoor te word. Die familie het een groot wens – dat die waarheid oor Bradley se DIE 18-JARIGE BRADLEY HARTLIEF SE dood aan die lig sal kom en dat VERHAAL IS EEN VAN VERLIES, HARTgeregtigheid sal SEER EN VRAE OOR GEREGTIGHEID. geskied.
Bradley Hartlief
2
WeskusNuus NUUSNEWS
13 Oktober 2026
23-jarige in hegtenis ná skietery in Rooibekkiestraat Murphy Roberts ATLANTIS - ’n 23-jarige man is Saterdag 3 Oktober in Robinvale in hegtenis geneem nadat lede van die Atlantis-polisie se misdaadvoorkomingseenheid op ’n skietvoorval in Rooibekkiestraat reageer het. Volgens die polisie het lede van die eenheid met hul aankoms op bekende bendelede in die park in Starlingweg afgekom. Die polisie het daarna na die verdagte wat aan hulle beskryf is, gegaan om hom
te deursoek. Die 23-jarige het glo probeer vlug en ’n vuurwapen op die dak van ’n gebou gegooi. Die vuurwapen is onmiddellik opgespoor en in beslag geneem. Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van die onwettige besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook die besit van tik. Hy sal na verwagting in die Atlantis-landdroshof verskyn sodra hy amptelik aangekla is. Die polisie se optrede is deel van voortgesette pogings om misdaad en bendebedrywighede in Atlantis te bekamp.
Kadri Nassiep, direkteur; Lungelo Mbandazayo, stadsbestuurder; Grant Riddles, burgemeester (Hessequamunisipaliteit); Alan Winde (premier); Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, en die amptenare Trevor Govender en Marlyn Hendricks.
Kragsentrale gee nou helder hoop Murphy Roberts ATLANTIS - ’n Belangrike mylpaal in Suid-Afrika se energiesektor is op Donderdag 8 Oktober bereik met die amptelike bekendstelling van die land se eerste hibriede kragstasie wat deur ’n metro gebou is.
Lede van die Atlantis-polisie se misdaadvoorkomigeenheid met die onwettige vuurwapen.
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, het die Helderhoopson-en-batterybergingskragsentrale bekendgestel, vergesel deur raadslid Xanthea Limberg, die burgemeesterskomiteelid vir energie. Die aanleg van R220 miljoen beslaan sowat 15 hektaar – ongeveer die grootte van 21 rugbyvelde – en bestaan uit 12 850 sonpanele en twee groot batterystelsels. Volgens Hill-Lewis is een van die belangrikste voordele van dié nuwe aanleg dat die elektrisiteit wat dit opwek, goedkoper as Eskom se krag sal wees. Die Stad verwag inwoners sal oor die volgende 20 jaar minstens R400 miljoen kan bespaar. “Ons vaste voorneme is om ons afhanklikheid van Eskom se duur krag en groot jaarlikse verhogings te verminder,” het Hill-Lewis gesê. Die burgemeester het ook beklemtoon die projek wys hoe munisipaliteite ’n groter rol kan speel om hul eie energie-toekoms te bou en terselfdertyd afhanklikheid van Eskom te verminder. Die naam Helderhoop, wat “bright hope” beteken, is deur ’n plaaslike matriekleerder, Vinolio Cloete van Saxonsea Sekondêr, voorgestel. Die naam is ná ’n openbare kompetisie gekies. Volgens Cloete kombineer die naam die konsepte van lig, energie en hoop vir ’n beter toekoms vir Atlantis. Sy het aangedui dat sonkrag nie net skoon ener-
DIE NAAM HELDERHOOP KOMBINEER LIG, ENERGIE EN HOOP VIR ATLANTIS gie bied nie, maar ook die potensiaal vir werkgeleenthede, ontwikkeling en nuwe geleenthede in die gemeenskap skep. Die aanleg is nou volledig gebou en werk onder beheerde toetsomstandighede as deel van die ingebruiknemingsproses. Volgens Limberg is ongeveer 305 werksgeleenthede tydens die konstruksiefase geskep. Sy het gesê die projek het ook aan werkers waardevolle vaardighede, opleiding en ervaring in hernubare-energie-infrastruktuur gebied. Die projek is deel van Kaapstad se breër poging om energiesekerheid te verbeter. Die Stad het onder meer reeds kragkoopooreenkomste met onafhanklike kragprodusente gesluit, wat volgens die Stad tot 21% goedkoper as Eskom se tariewe kan wees. Die Stad sê sy energie-doeltreffendheidsprogramme het tot dusver meer as 427 gigawatt-uur elektrisiteit bespaar en ongeveer R625 miljoen se besparings opgelewer. In Atlantis word die nuwe kragstasie ook as deel van ’n groter ontwikkelingstendens gesien. Hill-Lewis het verwys na die opgradering van die Wesfleurstadion, verbeterings aan MyCiTibushaltes en voortgesette kommersiële investering in die Atlantis- spesiale ekonomiese sone. Met Atlantis wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier, is Helderhoop ’n verdere rede vir hoop en ontwikkeling in die gemeenskap.
Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis; die subraad 1-voorsitter, raadslid Allister Lightburn; en die burgemeesterskomiteelid vir energie, Xanthea Limberg.
NUUS NEWS
13 Oktober 2026
Weskus Nuus
3
Kandidate sê hul sê oor hul planne
Murphy Roberts
WeskusNuus gee die afgelope maande ruimte aan die kandidate van verskillende partye om hulself voor te stel en te motiveer waarom vir hulle gestem moet word: Letessa Bruintjies, NCC, wyk 29: My naam is Letessa Bruintjies, ’n boorling van Mamre en iemand wat diep in die gemeenskap gewortel is. Ek het my skoolloopbaan by die Morawiese Skool in Mamre begin, voordat ek later na Atlantis verhuis het, waar ek my hoërskoolloopbaan by ASSS Nr. 1 voortgesit het. My agtergrond en lewenservarings het my gevorm en my ’n eerstehandse begrip gegee van die uitdagings waarmee baie van ons mense daagliks worstel. Ek is sedert 2020 aktief by my gemeenskap betrokke, hoewel my begeerte om mense te help, reeds lank voor dit begin het. As ’n voorgangersvrou in kerkverband is ek reeds betrokke by gemeenskapsopheffing. Ek het ook myself toegerus deur onder andere ’n kursus oor dwelmmisbruik te voltooi. Ek glo sterk daarin om na mense te luister, hulle te ondersteun en nie net na hul probleme te luister nie, maar ook op te volg. My besluit om as wyksraadslid te staan, spruit uit my begeerte om ’n sterker stem vir inwoners te wees. Ek wil uit ’n politieke platform werk om my gemeenskap beter te dien en te verseker inwoners weet waar om hulp te kry. Ek wil hê mense moet met vertroue na my toe kan kom, wetende ek sal luister, help en opvolg en ook terugvoer gee. Indien ek verkies word, sal my drie belangrikste prioriteite beter dienslewering, ’n veiliger gemeenskap en meer geleenthede vir jongmense wees. Ek wil toesien dat klagtes oor water, elektrisiteit, paaie, dreine, vullisverwydering en straatligte reg aangemeld en opgevolg word. Ek glo veiligheid kan nie net deur misdaadbekamping bereik word nie. Ons moet aandag gee aan armoede, werkloosheid en gesinsomstandighede wat tot misdaad kan bydra. Ons jongmense verdien hoop en geleenthede. Ek wil hulle help om toegang te kry tot werk, opleiding, vaardigheidsprogramme en kleinsakegeleenthede. Ek wil ’n wyksraadslid wees wat sigbaar, aanspreeklik en toeganklik is en probleme deur gemeenskapswerkgroepe vinniger identifiseer en opvolg en inwoners gereeld terugvoer gee. My boodskap is eenvoudig: Ek wil nie net praat nie – ek wil luister, help, optree en terugvoer gee. Ek wil saam met die gemeenskap werk aan die opheffing en herlewing van ons mense, sodat elke inwoner weet hul stem maak saak.
Letessa Bruintjies, NCC, wyk 29.
Uthmaan Solomons, NCC, wyk 32: Ek is in Atlantis gebore en getoë en het my hele lewe hier gewoon. My liefde vir en betrokkenheid by die gemeenskap is nie iets wat eers met ’n verkiesing begin het nie. Ek glo ware leierskap begin wanneer ’n mens bereid is om ander te dien, na hulle te luister en saam met hulle oplossings te vind. Ek het oor die jare heen op verskillende maniere tot my gemeenskap bygedra. My betrokkenheid by Kerria Primary as SGB-voorsitter, die Gemeenskapspolisiëring-subforum in sektor 4, die wykkomitee, my werk as aptekersassistent, vrywilligerswerk by Radio Atlantis en ander gemeenskapsinisiatiewe het my ’n goeie begrip gegee van die uitdagings waarmee inwoners daagliks te doen kry. Ek het besluit om as wyksraadslid te staan omdat ek glo wyk 32 verdien ’n raadslid wat sigbaar, toeganklik en aanspreeklik is. Ek wil nie slegs tydens verkiesingstyd na inwoners se probleme luister nie. Ek wil gedurende die hele termyn teenwoordig wees, met inwoners skakel, probleme opvolg en terugvoer gee. Vir my gaan leierskap nie oor ’n titel nie, maar oor diens, verantwoordbaarheid en om ’n sterk stem vir die gemeenskap te wees. My drie belangrikste prioriteite is beter dienslewering, bekostigbare basiese dienste en meer geleenthede vir jongmense. Ons kan nie aanvaar dat vullisdromme dae lank op sypaadjies staan voordat dit leeggemaak word nie. Probleme soos onwettige storting, slaggate, infrastruktuur, parke en ander munisipale dienste moet vinnig en bestendig opgevolg word. Die koste van water en elektrisiteit plaas ook ’n groot finansiële las op huishoudings. Ek wil my beywer vir meer bekostigbare dienste, wat veral ons armste inwoners kan help. Werkloosheid, veral onder jongmense, is een van die grootste uitdagings in wyk 32. Ek wil jongmense verbind met leerlingskappe, internskappe, vaardigheidsprogramme, beurse, werksgeleenthede en ondersteuning vir entrepreneurskap. Hulle het nie net aanmoediging nodig nie – hulle het praktiese geleenthede nodig. Veiligheid is nog ’n belangrike voorkeur. Ek wil samewerking tussen inwoners, buurtwagte, die polisie, die GPF en die Stad versterk en buurtwagte beter toerus om misdaad te help bekamp. My benadering is eenvoudig: Meld aan, volg op en gee terugvoer. Inwoners moet weet wanneer hulle ’n probleem aanmeld, dit nie in die lug verdwyn nie. Ek vra nie vir ’n stem bloot op grond van beloftes nie. Ek bring jare se gemeenskapsdiens, ervaring, energie en toewyding. Ek wil ’n raadslid wees wat luister, werk, aanspreeklik bly en die mense van wyk 32 altyd eerste stel.
Uthmaan Solomons, NCC, wyk 32.
Nhlanhla Mkhwanazi (KwaZulu-Natal se polisiekommissaris) en Peter Stoffberg.
Atlantis-gemeenskap pleit by polisie oor bendes Murphy Roberts Inwoners van Atlantis het ’n dringende beroep op die provinsiale polisiekommissaris gedoen om die stryd teen bendebedrywighede, dwelms, geweld en georganiseerde misdaad in die gemeenskap te versterk. Inwoners sê in ’n ope brief aan die provinsiale polisiekommissaris sê dat bendes al jare lank ’n ernstige invloed op die lewe van gewone mense en gesinne het. Hulle meen dat kinders en jongmense veral kwesbaar is vir dwelms, geweld en misdadige invloed. Die gemeenskap vra spesifiek dat luitenant-kolonel Joseph Marius Phillips, wat onlangs na Khayelitsha se speurtak bevorder is, oorweeg word vir ’n terugkeer na die Atlantis-polisiekantoor as bevelvoerder van die speurtak. Die inwoners beklemtoon dat sodanige aanstelling aan die toepaslike polisieprosesse en bedryfsvereistes onderhewig moet wees. Volgens Peter Stoffberg van die groep #Piemphulle, wat die proses dryf, is Phillips se vorige ervaring met ernstige en komplekse misdaadondersoeke, insluitend sake ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) – ’n belangrike rede vir hul versoek. Stoffberg voer aan dat die bekamping van georganiseerde misdaad meer verg as bloot die inhegtenisneming van verdagtes. Volgens hom is deeglike ondersoeke, intelligensiewerk, behoorlike bewysinsameling en sterk dossiere noodsaaklik om sake suksesvol deur die strafregstelsel te voer. Stoffberg het ook beklemtoon dat “Flippie”, soos hy bekend staan, ook ’n belangrike rol in die opleiding en mentorskap van jonger speurders kan vervul. “Ons wil hê ons speurders moet ontwikkel,” lui die brief. Hy sê jong ondersoekers moet geleer word hoe om sterk sake te bou en hoe belangrik professionaliteit, aanspreeklikheid, dissipline en deeglike ondersoekwerk is. Die brief beklemtoon verder dat bendebedrywighede nie net die individue raak wat by bendes betrokke raak nie. Dit het volgens die brief ’n uitwerking op ouers, kinders, skole, ondernemings, kerke en gemeenskapsorganisasies. “Agter elke misdaadsyfer is ’n familie,” sê inwoners, wat daarop wys dat geweld en dwelms die toekomsgeleenthede van jongmense kan beperk. Die gemeenskap sê egter die beroep
spruit nie uit ’n gevoel van moedeloosheid nie. Inteendeel – hulle sê hulle weier om op Atlantis tou op te gooi en glo dat jongmense ’n toekoms behoort te hê, wat nie deur bendes bepaal word nie. Die inwoners erken ook die uitdagings waarvoor polisiebeamptes te staan kom en sê hulle waardeer die lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat hul lewens in gevaar stel om gemeenskappe te beskerm. Hulle vra terselfdertyd dat Atlantis se speurtak die nodige ondersteuning, leierskap en kundigheid ontvang om georganiseerde misdaad doeltreffend te ondersoek. Die gemeenskap het die polisiekommissaris versoek om hul beroep te oorweeg en om saam met inwoners te werk om die veiligheid van Atlantis te verbeter. Volgens Stoffberg is hulle bereid om met die polisie saam te werk en die polisie te ondersteun in die poging om sterker ondersoeke te verseker en verantwoordelike mense deur die regstelsel tot verantwoording te roep. Die inwoners sê hulle hoop sterker samewerking tussen die polisie en die gemeenskap sal uiteindelik kan help om die verhaal van Atlantis te verander en jongmense nuwe geleenthede vir die toekoms te bied.
NM10076689-WU131026
M.A. Sielk. | B.A.Honn.Sielk. | B.Com.BSielk. Counselling Psychologist PR 8630453
021 572 5771 067 850 6479 Atlantis - Wesfleur Privaat Kliniek, Wesfleursirkel
Mediese fondse en bankkaartbetalings word aanvaar.
Sterkte aan alle Matrikulante met julle eindeksamen! NM10076687-WU131026
4
WeskusNuus NUUSNEWS
13 Oktober 2026
Die plaaslike Rasta het ook die skare met hul unieke musiek vermaak.
Atlantis vir sy eerste 50 jaar Murphy Roberts Ten spyte van kritiek was Atlantis se 50-jarige feesvieringe ’n groot sukses, volgens Allister Lightburn, die voorsitter van subraad 1. Volgens Lightburn het byna 4 000 mense die tweedaagse feesvieringe bygewoon, waar besoekers deur plaaslike kunstenaars vermaak is. Lightburn sê hy is bewus van die kritiek en sosialemediagerugte oor die vergoeding van kunstenaars wat tydens die geleentheid opgetree het. Hy het veral kapsie gemaak teen bewerings dat plaaslike kunstenaars slegs R300 betaal is, terwyl twee kunstenaars van buite Atlantis na bewering ’n groot deel van die begroting ontvang het. Volgens Lightburn kon hy nie self by die onderhandelinge met kunstenaars betrokke raak nie, aangesien ’n administratiewe proses gevolg is. Hy het egter volgehou dat die bewerings oor plaaslike kunstenaars se vergoeding volgens hom ongegrond is. WeskusNuus het met twee plaaslike kunstenaars gepraat, wat bevestig het dat hulle die optreefooie waarvoor hulle gevra het, ontvang het. Die kunstenaars het ook hul misnoeë uitgespreek oor die gerugte dat hulle glo maar net moes aanvaar wat hulle aangebied is. Hulle het bevestig dat hul vergoeding ooreengekom is en dat die be-
werings nie met hul ervaring strook nie. Intussen het Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, die 50-jarige bestaan van Atlantis as ’n belangrike mylpaal in die stad se geskiedenis beskryf. “Ons is trots en verheug om Atlantis se 50-jarige bestaan te vier – 50 jaar van mense, families, ondernemings en gemeenskapsgees,” het Hill-Lewis gesê. Volgens die burgemeester bied die mylpaal ’n geleentheid om erkenning te gee aan Atlantis se geskiedenis en die belangrike rol wat die gemeenskap in Kaapstad se toekoms kan speel. Hy het gesê Atlantis het oor die afgelope vyf dekades aansienlik verander. Hoewel die dorp se ontstaan deel is van Suid-Afrika se moeilike geskiedenis, behoort die fokus nou ook te val op die diverse, dinamiese en ambisieuse gemeenskap wat hier opgebou is. Inwoners dra volgens hom deur hul werk, ondernemings, skole, sport en gemeenskapsorganisasies steeds tot Kaapstad se verhaal by. “Die ontwikkeling van Atlantis duur voort en daar is nog baie om na uit te sien – meer investering, meer geleenthede, sterker gemeenskappe en ’n blink toekoms vir almal wat hier woon,” het Hill-Lewis afgesluit. Die feesvieringe het dus nie net ’n halfeeu van Atlantis gevier nie, maar ook die gemeenskap se bydrae en die hoop op verdere ontwikkeling en geleenthede.
Die Young Diversity-dansgroep het inwoners met hul danspassies vermaak. Foto’s Murphy Roberts
Kenneth Snippers, Nomfundo Mdingi, die raadslid Moosa Raise, Bronwyn Manter, Meryl Matthews, Allister Lightburn, Lucille Muller en Stacey Ann Kapot.
Nikita Scott met haar nagtegaalstem en Nomfundo Mdingi, die waarnemende subraad 1-bestuurder.
Ranaaza Jooste the Rapper het die skare behoorlik met haar rymklets vermaak.
Allister Lightburn saam met een van die dorp se veterane, Sylvia Brand.
Heiny Van Reen, Meryl Matthews, die raadslif Moosa Raise, Salome Damons-Johansen (sy tree gewoonlik net as Salome op), Nomfundo Mdingi en die raadslid Allister Lightburn.
NUUS NEWS
13 Oktober 2026
Weskus Nuus
5
Atlantis-skole kán spel David Rossouw
SPECIALS AVAILABLE AT ALL STORES
Die nasionale WOW-Spelfees was weer eens die hoogtepunt vir primêre en sekondêre leerders reg oor die land se provinsies. Dit was net KwaZuluNatal wat vanjaar by die jaarlikse byeenkoms by die Universiteit Stellenbosch afwesig was. Meer as 500 leerders en 140 opvoeders van Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, die Noord-Kaap, Noordwes, die Oos-Kaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap het die 17de WOW-Spelfees van 2026 van die eerste spelwoord tot die finale wenwoord opwindend gemaak. Dit was mededingend, maar ook feestelik, het van die spellers gesê toe WeskusNuus hulle oor die byeenkoms uitgevra het. Fiona van Kerwel het in haar openingstoespraak aan die spellers en ouers gesê die feit dat hulle daar is, maak hulle reeds wenners. Om op nasionale vlak mee te ding, is ’n eer en ’n prestasie. Prof. Nico Koopman, die waarnemende hoof vir mensesake aan die US, glo die WOW-Spelfees verbreed leerders se kennis en brei hul woordeskat uit. In sy toespraak aan die gr. 1- tot gr. 4-leerders het hy weer eens beklemtoon: “As jy nie kan lees nie, kan jy nie spel nie; as jy nie kan spel nie, kan jy nie redeneer nie; en as jy nie kan redeneer nie, kan jy nie kommunikeer nie.” Daarom is onderrig baie belangrik vir kinders in hul primêre en sekondêre skoolfases. WOW is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie van die land se 11 amptelike tale aangebied: Afrikaans (gr. 1 tot gr. 10), Engels (gr. 4 tot gr. 9) en isiXhosa (gr. 5 tot gr. 8). Die fees het weer eens gewys hoe belangrik onderwys is en dit mense help om doeltreffend te kommunikeer. Wyle oudpresident Nelson Mandela het gesê: “Opvoeding is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander. ’n Goeie kop en ’n goeie hart is altyd ’n formidabele kombinasie. Maar wanneer jy ’n geleerde kop of pen daarby voeg, het jy iets baie spesiaals.” Die leerders van die agt provinsies het aan drie strawwe rondes deelgeneem om tot die nasionale eindronde deur te dring, naamlik die kring-, distrik- en provinsiale rondes. Altesaam 322 spelfeeste oor hierdie drie rondes aangebied. Altesaam 2 208 leerders het vir die spelfees in dié drie tale ingeskryf. Dit is ’n bemagtigingsinisiatief wat weer eens
750G VIS FABRIEK COATED CHIPS
R2999 each
5KG DRUMSTICKS
’n Trotse Halleshene en Gary Markus, die hoof van Saxonsea Primêr, by Le-Chay Adams, wat die algehele tweede plek (gr. 5; Afrikaans) by die nasionale WOW-spelfees gewen het.
gewys het dat die fees jaarliks groei. Vanjaar is ’n nuwe inisiatief van die Universiteit Stellenbosch bygevoeg – die WOW-Telfees, wat leerders help om hul syfervaardighede verder te ontwikkel en die fees nog feesteliker maak. Hierdie byvoeging word tans net op provinsiale vlak aangebied, maar sal binnekort by die nasionale spelfees ingeskakel word. Die Sanlam-WOW-Spelfees het 17 jaar gelede begin om leerders se taalvaardighede en taaltrots te ontwikkel. “Om ’n woord hardop voor ’n beoordelaarspaneel ervare onderwyskenners te spel, kan nogal intimiderend wees. Dié proses bou ook aan ons jong leerders se selfvertroue en baie kom dikwels danksy hul blootstelling aan WOW se opvoedkundige programme aan die Universiteit Stellenbosch studeer,” het Fiona van Kerwel, die WOW-bestuurder, gesê. “Ons spel en speel spel-speletjies in die Sanlam-WOW-Spelfees. Dit is ’n fees vir woorde en ons sien saam met al die deelnemers, ouers en opvoeders uit na die feesgees wat Saterdag geheers het,” het Van Kerwel bygevoeg. Die toppresteerders by die byeenkoms het verskeie pryse ontvang, insluitend boeke, selfone, geldpryse en gelukbringers. Die eersteplekwenners ontvang ook die US se stuitige Pokkel, medaljes en ’n selfoon, terwyl alle deelnemers en beamptes deur die WOW-organisasie met sertifikate vir hul deelname aan die spelfees vereer is. Die nasionale eindronde van die Sanlam-WOW-Spelfees was ’n hoogtepunt op die US-kampus. Die Eikestad het die week gewemel van besoekers wat nie
R23999 each
R39999 each
1KG VIS FABRIEK POTATO SMILEYS
R4999 each
Jenicke Pyl van Saxonsea Sekondêr het ’n derde plek in Afrikaans by die Nasionale WOW-Spelfees-kompetisie losgespel.
Lyle Veldsman (gr. 9) van Saxonsea Sekondêr het ’n silwermedale by die nasionale WOW-Spelfees by die Universiteit Stellenbosch gewen.
net ou universiteitsvriende kom besoek het nie, maar ook tyd saam met familie deurgebring het. Le-Chay Adams (gr. 5) van Saxonsea Primêr het ’n tweede plek (silwer) behaal, terwyl Mu-Ezza Schouw (gr. 7) van Hermeslaan Primêr brons gewen het. Jenicke Pyl (gr. 8) en Lyle Veldsman (gr. 9) – albei van Saxonsea Sekondêr – het onderskeidelik brons- en silwermedaljes in die Afrikaanse en Engelse afdelings verower. Atlantis-skole se wenners Le-Chay Adams – Saxonsea Primêr (tweede plek, gr. 5) – Afrikaans Mu-Ezza Schouw – Hermeslaan Primêr (derde plek, gr. 7) – Afrikaans Jenicke Pyl – Saxonsea Sekondêr (derde plek, gr. 8) – Afrikaans Clyde – Saxonsea Sekondêr (gr. 9, tweede plek) – Engels
1KG VIS FABRIEK HASHBROWNS
R4999 each
Murphy Roberts
1.5KG CRUMBED DRUMSTICKS
R9250
each
750G CHICKEN CHEAP ASSORTED CHICKEN
R3999 each
2.5KG VIS FABRIEK STEAKHOUSE CHIPS 10MM/12MM
1KG NATURES GARDEN MIX VEGETABLES
R5999
R2199
Infrastruktuurvandalisme bedreig Atlantis se ontwikkeling Kommer neem toe oor die diefstal en vandalisme van kritieke infrastruktuur by die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez), met vrese dat voortgesette skade ontwikkeling kan vertraag, werksgeleenthede kan beïnvloed en beleggersvertroue kan ondermyn, sê Matt Cullinan, die uitvoerende hoof van die Asez. Sonpanele en die hoof-verspreidingskabel is na bewering geteiken, terwyl koper volgens Cullinan op die terrein gestroop is. Die aangemelde skade word op ongeveer R100000 geraam. Volgens Cullinan is sy groter bekommernis egter die moontlike ekonomiese gevolge indien sulke voorvalle voortduur. Die Asez is ’n belangrike dryfkrag vir belegging, groenvervaardiging en werkskepping in Atlantis. Die Stad Kaapstad het aangedui dat die sone reeds meer as R3 miljard se belegging gelok en meer as 800 werksgeleenthede geskep het, met verdere beleggings in die pyplyn. Enige skade aan kritieke infrastruktuur kan dus ontwikkelingsprojekte vertraag en die koste om sake te doen, verhoog. Herhaalde diefstal en vandalisme kan ook ’n negatiewe beeld van Atlantis as ’n beleggingsbestemming skep. Beleggers wil seker wees dat infrastruktuur veilig is, projekte betyds kan vorder en onverwagte herstel- en veiligheidskoste
10KG BOX CHICKEN LEG ¼
each
each
4X70G PAPA'S JOY VARIETY FALVOURED BURGERS
R1799 each
2L B-WELL COOKING OIL + 1KG SUPREME CHICKEN STRIPS
Die vandalisme van infrastruktuur in Atlantis wek groot kommer.
nie hul bedrywighede sal benadeel nie. As die probleem nie opgelos word nie, bied dit kommer dat Atlantis moontlik as ’n duurder of hoërisikogebied vir beleggers beskou kan word. Dit kan uiteindelik die hele gemeenskap raak. Die Asez bied belangrike geleenthede vir Atlantis en sy omliggende gemeenskappe. Nuwe ondernemings en uitbreiding van bestaande ondernemings kan tot vaardigheidsontwikkeling en volhoubare werksgeleenthede lei. Enige vertragings in infrastruktuur of bouwerk kan egter die
vestiging en uitbreiding van ondernemings vertraag. Die probleem gaan oor gesteelde koper en beskadigde kabels, maar ook oor die vraag of misdadige aktiwiteite die ekonomiese ontwikkeling van Atlantis kan vertraag. Ontwikkeling in sone1 maak die beskerming van nuwe infrastruktuur belangriker. Die gebied is bedoel om belegging en geleenthede vir plaaslike KMMO’s te ondersteun. Vir Atlantis se inwoners is die verwagting eenvoudig – belegging moet lei tot ondernemings, groei en werksgeleenthede.
R11699 VIS FABRIEK CHICKEN/STEAK FAMILY PIE
R6999 each
OFFER VALID FROM 14 - 18 OCTOBER 2026.
WHILE STOCKS LAST
T&C's Apply. Picture of the product may di�er to the one instore. SAMXXX-AL141026
6
WeskusNuus NUUSNEWS
13 Oktober 2026
Bouwerk aan die Kanonkop-behuisingsprojek word weekliks gemonitor om te verseker dat die huise aan die voorgeskrewe gehaltestandaarde voldoen.
Die eerste 69 van die 422 BNG-huise wat by Kanonkop in Atlantis gebou word, sal na verwagting teen die einde van Oktober beskikbaar wees.
Huise byna gereed in Kanonkop-projek Murphy Roberts ATLANTIS - Altesaam 422 Breaking New Ground-behuisingseenhede (BNG) is tans in aanbou by Kanonkop, met die eerste 69 huise wat na verwagting teen die einde van die maand (Oktober 2026) beskikbaar sal wees. Dit volg nadat vrae oor die vordering van die behuisingsprojek en die gehalte van die huise op sosiale media gevra is. Volgens Carl Pophiam, die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersetting in die Stad Kaapstad, word die tweede fase van die projek tans beplan. ’n Begindatum vir dié fase is
egter nog nie bevestig nie. Kommer is op sosiale media uitgespreek oor beweerde bougehalteprobleme, insluitend bewerings dat die strukture onvoldoende ventilasie het, onveilig is en dat lateie (lintels) ontbreek. Pophiam het in sy reaksie beklemtoon dat die huise volgens streng gehaltebestuurstandaarde gebou word en dat verskeie professionele instansies by die monitering van die bouwerk betrokke is. Dit sluit professionele mense van die Stad Kaapstad, die Nasionale Raad vir Huisbouersregistrasie (NHBRC), die WesKaapse regering se departement van menslike nedersettings en eksterne ingenieurs in.
ALTESAAM 422 BREAKING NEW GROUND-HUISE GOU OORHANDIG Volgens die Stad word die konstruksiewerk weekliks gemonitor. Indien enige afwykings van die voorgeskrewe standaarde geïdentifiseer word, word die kontrakteur onmiddellik versoek om dit reg te stel. Wat die bewerings oor ontbrekende lateie betref, verduidelik Pophiam dat ’n alternatiewe NHBRC- goedgekeurde boumetode, bekend as die U-BLOCK-stelsel, gebruik word.
Die stelsel word volgens die Stad deur ’n strukturele ingenieur gemonitor. Oor ventilasie sê Pophiam dat die nasionale bouregulasies nie lugstene in gesubsidieerde huise vereis nie. Weens die grootte van die huise word natuurlike lugvloei deur vensters en deure benut. Begunstigdes word aangeraai om vensters en deure oop te maak om lugvloei te verbeter. Die Stad het verder bevestig alle gesubsidieerde huise sal volgens minimum standaarde van die Wes-Kaapse regering, soos bepaal deur die departement van menslike nedersettings en die behuisingswet, gebou word. Gemeenskapsbetrokkenheid is ook deel van die projek.
Volgens die Stad word behuisingstipes, boumateriaal en ander belangrike aspekte vooraf met die gemeenskap en die Projekbetrokkenheidskomitee (PEC) bespreek. Die komitee sluit verskeie lede van die begunstigde gemeenskap in. Begunstigdes word ook voor die aanvang van ’n projek ingelig oor onder meer die grootte, uitleg, materiaal en soort behuising wat voorsien sal word. Die projekstuurgroep bly deur kommunikasie betrokke. Met 69 eenhede wat teen die einde van Oktober beskikbaar behoort te wees, sal die volgende belangrike stap die oorhandiging van die eerste huise aan begunstigdes wees.
Young Hearts RVK vereer sy sterspelers vir puik seisoen Murphy Roberts Die Young Hearts-rugbyklub het Vrydagaand (9 Oktober) sy spelers vereer vir hul harde werk en prestasies op die rugbyveld gedurende vanjaar se seisoen.
Tyrique Marais is aangewys as die A-span se speler met die meeste punte. Hy het ook die meeste punte in die Boland-Weskus-Grootuitdaag aangeteken. Delton Esau, die A-span-kaptein, en Chrishé Pland is as Sportman van die
Tyrique Marais (Meeste Punte, A-Span) en ook die meeste punte in die Boland-Weskus-Grootuitdaagreeks en Denzil Ranck (A-span-spanbestuurder).
Delton Esau (A-span-kaptein – Sportman van die Jaar) saam met Chrishé Pland.
Jaar aangewys. Manuel Pedro en Ean Page het die prys vir die Mees toegewyde spelers vir 2026 ontvang. Dillon Liedeman is aangewys as die A-span se Speler van die Jaar, terwyl Jardine Apollis die spelers se Speler van
Solminic Joseph, die voorsitter van Young Hearts, wens Delton Esau, Sportman van die Jaar, geluk.
die Jaar-prys ontvang het. Denzil Ranck is die A-span se spanbestuurder en Chris Pland die B-span se afrigter. Solminic Joseph, die voorsitter van Young Hearts, het die spelers gelukgewens.
Manuel Pedro en Ean Page – Mees toegewyde spelers vir 2026.
NUUS NEWS
13 Oktober 2026
Weskus Nuus
Asez belê in As woede die volgende geslag reg oorneem vir ontwikkeling
7
Redaksionele kommentaar
WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia. Verpreiding: 30 000 koerante per maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.
Landlyn Redakteur Alida Buckle Joernalis Murphy Roberts Nuuswenke Advertensies Yvette Smith
021 406 2063
074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za 074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za 067 091 0618 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za
LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur. WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za
GROENKOLOM
Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) versterk steeds sy verbintenis tot jeugontwikkeling, vaardigheidsbevordering en inklusiewe deelname deur die Atlantis-gemeenskap tot geleenthede in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM), onderwys en die bedryfswêreld toegang te bied. Asez het bedryfsleiers, opvoeders, leerders en studente op 27 Augustus 2026 vir sy Vroue in STEM- en sy uitnemendheidstoekennings byeengebring. Die geleentheid het vroue se prestasies in STEM gevier en jongmense aangemoedig om loopbane in hierdie belangrike rigtings te oorweeg.
SÓ WERK STEM-ONDERRIG
Leerders van hoërskole in die Atlantis-gemeenskap het aan die geleentheid deelgeneem en hul kreatiwiteit en tegniese vaardighede deur ’n boeiende robotikademonstrasie ten toon gestel. Hul deelname het gewys hoe STEM-onderrig tot vernuwing, probleemoplossing en praktiese toepassings kan lei. Studente van West Coast College het ook die geleentheid bygewoon, wat die skakeling tussen onderwys, vaardigheidsontwikkeling en die bedryf verder versterk het. ’n Hoogtepunt van die program was die hoofrede deur me. Beverley Links, die finansiële hoof by Atlantis Foundries, wat insigte oor STEM, uitnemendheid en die belangrikheid van die ontwikkeling van toekomstige talent gedeel het. “Dit was besonder inspirerend om deel te wees van ’n geleentheid wat vroue in STEM vereer en bemagtig,” het Links gesê.
Waheeda Saib, die finansiële hoof van Asez, het die belangrikheid van geleenthede waar jongmense met gevestigde professionele mense in gesprek kan tree, beklemtoon. “Asez se Vroue in STEM-geleentheid het met trots suksesvolle en inspirerende vroue met uitsonderlike leerders byeengebring. Saam het ons die krag van mentorskap, die gees van bemagtiging en die blink toekoms van die volgende geslag STEM-leiers gevier,” het sy gesê. Asez het op hierdie fokus voortgebou en op 2 September die 2026-Asez-loopbaanekspo by Atlantis City Mall aangebied. Die ekspo het leerders en gemeenskapslede in verbinding gebring met instellings wat studie-, opleidings- en loopbaangeleenthede bied.
TERSIËRE VERTEENWOORIGERS OOK DAAR
Verteenwoordigers van onder meer die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Suid-Afrika, West Coast TVET College, SA Maritime School and Transport College, SAE Institute South Africa, Capsicum Culinary Studio, Swift Skills Academy en South African Law School het aan die ekspo deelgeneem. Deur inisiatiewe soos hierdie versterk Asez steeds die bande tussen onderwys, die bedryf en die plaaslike gemeenskap. Deur jongmense aan STEM bekend te stel en die gemeenskap toegang tot vaardigheidsontwikkeling en loopbaangeleenthede te bied, ondersteun Asez die ontwikkeling van ’n geskoolde arbeidsmag wat vir die toekoms toegerus is. Terselfdertyd inspireer ons die volgende geslag om hul ambisies na te streef.
’n Samelewing se menswaardigheid word nie gemeet aan hoe hard en gereeld ons oor misdaad praat nie, maar aan hoe ons optree wanneer ons vermoed iemand het iets verkeerd gedoen. Die dood van Bradley Hartlief plaas ongemaklike vrae op die tafel oor geweld, geregtigheid en die waarde van ’n mens se lewe. Sy naam moet ons herinner aan die gevaar van ’n samelewing waarin mense hulself as aanklaers én regters aanstel. Om die reg in eie hande te neem, is nie geregtigheid nie. Niemand het die reg om ’n ander mens te martel, aan te rand of te probeer verdrink omdat hulle vermoed dié persoon het ’n misdaad gepleeg nie. Die vermoede van skuld is nie bewys van skuld nie. Die regstelsel bestaan juis om beskuldigings te ondersoek en skuld deur ’n behoorlike regsproses te bepaal. Agter hierdie tragedie lê ook groter maatskaplike euwels – geweld wat genormaliseer word, ’n gebrek aan verdraagsaamheid, gemeenskappe wat vertroue in die regstelsel verloor en die neiging om konflik met brutaliteit te probeer oplos. Dit is egter nie die gemeenskap se plek om skuld te bepaal of die verdagtes vooruit te veroordeel nie. Die bewerings moet deeglik ondersoek word en die regsproses moet sy loop neem. Bradley se dood laat ’n gesin in rou en ’n gemeenskap met vrae. Geregtigheid beteken dat die waarheid vasgestel word, verantwoordbaarheid volg waar skuld bewys word en niemand bo die reg verhewe is nie. Ons mag nooit toelaat dat woede die plek van geregtigheid inneem nie.
We distribute 15 000 copies to Atlantis and surrounds every second Tuesday. Call me now to book your next advert Yvette Smith 082 482 1117 yvette.smith@novusmedia.co.za NM10076692-WU131026
13 Oktober 2026 | Bladsy 8
Jomo’s Power hou sokkertoernooi David Rossouw
sowel as binne Safa Kaapstad – bevestig. Jomo’s Power AFC, Die Jomo’s Power een van die AtlantisAFC-senior sokkertoernooi plaaslikesokkeris suksesvol oor twee dae vereniging se klubs, het aangebied en het beide sy oor die jare op die Kaapse sport- en finansiële doelVlakte-sokkervelde witte bereik. as een van Atlantis se Die sukses van die toertopspanne bekendheid nooi is grootliks deur die verwerf. ondersteuning van die hoofborg, New Era Films, asook Die klub het op Saterdag die deelnemende spanne en 26 en Sondag 27 September toeskouersgetalle, wat die sy eerste volwaardige setoernooi suksesvol gemaak nior sokkertoernooi in Athet, gedryf. lantis aangebied nadat die Die eindstryd is Sondag klub sy 50-jarige bestaan tussen Atlantis Leeds Unitin Julie herdenk het. Die ed en Robinvale beslis. Die toernooi is op die Saxonwedstryd het teen ’n vinnisea-sportterrein gespeel. ge pas afgeskop met Spurs, Plaaslike sokkerklubs wat die voortou ná net 15 van Atlantis en Saldanha minute geneem het. Leeds Hero’s van Diazville, Salhet Spurs egter ná vyf mindanha, het hul sokkerverute met goeie spel onder nuf tydens dié twee dae druk geplaas, wat tot ’n eie uitgestal en die Atlantisdoel deur ’n Spurs-verdedsokkergemeenskap met opiger in die doelboks gelei windende sokker vermaak. het. Beide spanne het gaan Volgens John van Graan, afkoel met die telling 1-1. die president van die Ná die hervatting van klub, was hul hoofdoel die tweede helfte het Spurs, van die Jomo’s Power wat meer balbesit geniet AFC-sokkertoernooi (2026) het, Leeds uitoorlê en twee om sokkerontwikkeling vinnige doele behaal om in Atlantis verder as ’n die telling tot 3-1 te rek. toonaangewende sportHoewel Leeds aanvalle soort in die gemeenskap te afgestuur het, kon hulle Tyrone Dempers van Robinale Spurs en Iekeraam Sameuls van Leeds op die Saxonsea-sportterrein in Jomo’s Power AFC se sokkertoernooi. vestig. Hul doel was ook nie Spurs se verdediging Foto: David Rossouw om ’n finansiële inkomste breek nie en die wedstryd te skep, wat vervoerkostes as naaswenners afgesluit in die eerste paar wegwedstryde van die wyl die klub se ryk geskiedenis en nalat- hoofborg, New Era Films, gebied, terwyl , terwyl Spurs die toernooiprys van R10 komende Safa-Kaapstad-Hollywoodbetsenskap gevier is. Die toernooi was deel dit geleenthede geskep het vir senior 000 opgeraap het. streekkompetisie vir mans, wat binnevan die klub se voortdurende pogings om sokkerspanne om aan ’n goed georganiVolgens van Graan was dit hul eerste kort afskop, sal verlig. sy 50 jaar bydrae tot sokkerontwikkeling seerde en medegroot toernooi van hierdie kaliber en met Die doel van die toernooi was ook om in Atlantis te herdenk en te vereer en dingende toernooi deel te neem. die ondersteuning van New Era Films as die gemeenskap van Atlantis te verenig om erkenning te gee aan die belangrike Die geleentheid het ook Jomo’s Powhoofborg en goeie gemeenskapsondersdeur spelers, afrigters, ondersteuners, rol wat die klub in die kweek van talent, er AFC se 50-jarige bydrae tot sokteuning kon hulle hul sport- en finansiële families en vriende deur middel van sok- die aanmoediging van gemeenskapsdeelkerontwikkeling gevier en terselfdertyd doelwitte bereik. ker byeen te bring. Dit het ’n geleentheid name en die bevordering van sokker in die klub se verbintenis tot uitnemend“Dit was nie ons eerste toernooi nie, gebied om gemeenskapsgees, sosiale die streek gespeel het. heid, die ontwikkeling van jeug- en maar ons eerste groot toernooi, en ons samehorigheid en gesonde mededinging Jomo’s Power AFC het sy verbinteseniorsokker, gemeenskapsopheffing en hoop met meer borge in die toekoms in ’n positiewe sportomgewing te bevnis tot uitnemendheid in sport, spelersportprestasies ten toon gestel. gaan ons volgende keer meer spanne lok, order. sontwikkeling en gemeenskapsopheffing Die toernooi het gemeenskapsbetrokwat ook die prysgeld sal verbeter,” het ’n Verdere doelwit was om Jomo’s deur middel van sport deur hierdie kenheid versterk en Jomo’s Power AFC Van Graan gesê. Power AFC as een van die voorste soktoernooi herbevestig. Die geleentheid se status as een van Atlantis se gerespekFC Bayern was derde en Saldanha kerklubs in Atlantis ten toon te stel, terhet ook waardevolle blootstelling aan die teerde sokkerinstellings – binne Atlantis Hero’s vierde.
Eerste volwaardige toernooi ná halfeeuviering
Oud-Springbokke, sportafrigters help met ontwikkeling David Rossouw Die oud-Springbokke Gavin Passens en Kabamba Floors het onlangs ’n rugbykliniek vir jong seuns van Atlantis op die Saxonsea-sporterrein aangebied. Dié rugbykliniek volg ná vorige ontmoetings in Mamre Primêr en by die Hoërskool Robinvale. Passens, wat onlangs die Gavin Passens-stigting op die been gebring het, het Floors en ander sportlui genader om sy rugbydroom saam met hom uit te brei deur meisies en seuns die geleentheid te bied om basiese beginsels en tegnieke aan te kweek. Hulle sal nie net seuns en meisies vroeg leer nie, maar ook ontwikkel, wat hulle tot klub- en provinsiale vlakke
kan help vorder sodat hulle ook eendag vir die nasionale span kan uitdraf (Springbokspan). “Ons was net soos julle toe ons dekades gelede begin het, maar ons moes hard werk om ons drome te bewaarheid. Vandag is julle beter af want gekleurde spelers kry meer geleenthede en net die feit dat julle opgedaag het, sê reeds dat julle belangstel.Van julle kon verkies het om uit te gaan as gevolg van die skoolvakansie of om in die strate te speel of op die hoeke bymekaar te kom, maar julle het gekies om hier te wees,” het Floors en Passens aan die kinders gesê. Passens en Floors glo hulle is deur hul gemeenskappe ontwikkel en daarom ploeg hulle terug, want dit is hier waar hulle hul
eerste ontmoetings gehad het. “Dit is vir my lekker om in gemeenskapsportontwikkeling terug te ploeg en te sien dat ons kinders verder ontwikkel,” het Floors aan WeskusNuus gesê. “Dit is die begin van groot dinge vir sportontwikkeling op die Weskus,” het Passens bygevoeg. “Ons hoop om later na ander dorpe uit te brei, maar dit kan alleenlik gebeur as ons gevestig is.” Die dag was nie net suksesvol nie, maar het jong spelers nader aan hul rolmodelle gebring – sportsterre wat hulle net op televisie gesien het en wat weer eens hul drome aangewakker het om eendag vir die Boland, Bulle, Sharks, Leeus, Cheetahs, Pumas, Griekwas, WP en selfs die Springbokke te speel.
Die oud-Springbokke Gavin Passens en Kabamba Floors saam met seuns tydens hul rugbykliniek op die Saxonsea-sportterrein.