




![]()





Murphy Roberts
“Ek sal hom nooit kan vergewe nie ...” het die vermoorde Joshlin Marthinus (27) se emosionele ma, Sarah Marthinus, die afgelope Dinsdag (4 November) in die Atlantis-landdroshof gesê.
Charlton Koopman (28), Joshlin Marthinus se gewese kêrel en die pa van haar twee laerskooldogters, is dié dag op ’n aanklag van moord gevonnis. Hy het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Koopman het erken hy het Joshlin Marthinus, ’n tikverslaafde, op Sondag 15 September 2024 vermoor.
Hy het in die pleitooreenkoms erken hy het haar na sy blyplek gelok om kamstig oor die kinders te praat. Dit was nie lank nie toe hulle begin baklei het en dit later gewelddadig geraak het. Koopman het erken hy het haar eers gewurg voordat

hy ’n plastieksak oor haar kop gesit en haar versmoor het. Volgens sy verklaring het hy haar lyk onder sy bed versteek nadat hy besef het sy lewe nie meer nie. Hy het vriende gekontak om hom te kom help om van die lyk ontslae te raak.
Die slagoffer is dié noodlottige Sondagoggend winkel toe om vir die kinders te gaan pap koop, maar het het nooit die voorreg gehad om dit te eet óf om haar weer te sien nie. Volgens ’n familielid van Joshlin Marthinus is haar liggaam later dieselfde dag met ’n plastieksak oor die kop onder ’n bed in ’n houthuisie in Sherwoodpark gevind.
“Ons vermoed Koopman het haar gebel en gesê hy het geld vir die kinders. Joshlin het die gewelddadige verhouding reeds drie jaar tevore beëindig en sedertdien het hy haar verskeie kere gedreig,” vertel die familielid.
“Ons weet nie hoe sy daar beland het nie, maar een ding is

seker – sy sou nooit uit haar eie soontoe gegaan het nie,” vertel die verbitterde familielid.
“Ons vermoed hy het haar halfpad daar gekry met die belofte van geld en haar toe na sy meisie se plek geneem. Dié meisie was ten tyde van die voorval by die werk.”
Volgens die familielid het

Koopman se vriend alarm gemaak omdat Koopman glo gesê het hy het haar iets aangedoen nadat haar familie rondgesoek het.
Die familielid vertel verder dat hulle haar foon bly bel het, “maar die gemors het die vermetelheid gehad om haar foon te antwoord en te sê hy weet nie waar sy is nie”. Koopman het die foon en ander kosbare besittings by ’n tikhuis probeer verkoop, waar omgekrapte inwoners van Saxonsea hom gekry en byna doodgeslaan het, vertel die familielid. Koopman moes onder polisiebewaking in die hospitaal behandel word.








Meullenhoff Primary School say goodbye to their Grade 7s

Murphy Roberts
Die Atlantis Community of Practice (COP) is ’n multi-sektorale inisiatief wat diverse belanghebbendes verenig – wat ’n verbintenis tot samewerking, kennisuitruiling, vaardigheids-ontwikkeling en die oplos van gemeenskapsuitdagings deel, sê Michelle Fortuin.
Volgens Fortuin, wat die skou op Woensdag 5 November by die Rebecca van Amsterdamsaal in Proteapark help reël het, was die gesondheidsuitstalling broodnodig en die doel was om te verseker dat alle aspekte van fisieke, sielkundige en sosiale welstand verteenwoordig word en die geleentheid die volle reeks gesondheids-, welstands- en fiksheidsdienste en ander
ondersteuning, wat vir die gemeenskap beskikbaar is, ten toon stel.
Fortuin verduidelik verder die Gesondheids-, welstands- en fiksheidsekspo het ’n gedeelde platform vir bewusmaking, toegang en aksie geskep, wat gesondheidswerkers, gemeenskapslede en plaaslike organisasies bymekaar uitbring om ’n gesonder leefstyl, vroeë voorkoming en holistiese welstand te bevorder.
“Dit is belangrik dat die gemeenskap bestaande hulpbronne en bates tot hul voordeel moet gebruik,” het Fortuin verduidelik. “Ons beoog ook om met sulke projekte en uitstallings individuele sowel as kollektiewe welstand in Atlantis te verbeter, wat hierdie uitstalling ’n belangrike stap in die versterking van gemeenskapsgesondheid en samehorigheid maak.”
Nuwe MyCiTi-bushaltes word in Hoopsingel naby die kruising van Famestraat in Atlantis voorgestel Dit volg op ’n assessering van verskeie openbare versoeke om beter bustoegang.
Roete Voorgestelde halte Naaste kruising
245 Fame (ooswaarts) Hoopsingel en Famestraat
245 Fame (weswaarts) Hoopsingel en Famestraat
Vir die presiese liggings van hierdie voorgestelde MyCiTi-haltes, gaan na www.myciti.org.za/ en/ppp/ppp-atlantis-2025/
Geleentheid om kommentaar te lewer
Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, word die publiek genooi om van 13 November tot 13 Desember 2025 hul skriftelike kommentaar of besware met motivering deur die volgende kanale in te dien:
• E-pos myciti.news@capetown.gov.za en meld die verwysingsnommer MC0030/25
• Dien jou kommentaar of beswaar in via www.capetown.gov.za/haveyoursay en meld die verwysingsnommer MC0030/25
• Handig jou skriftelike kommentaar of beswaar in by subraad 1, hoek van Grosvenor- en Hermeslaan, Saxonsea
Besware sal oorweeg word voor ’n finale besluit geneem word.
Die Stad se eenheid vir openbare deelname sal mense wat nie kan lees of skryf nie, mense wat met gestremdhede leef of uit benadeelde groepe is en nie skriftelike kommentaar kan lewer nie, help Kontak Andre Louw by 021 400 9809 of Andre.Louw@capetown.gov.za.
Kontak Kapil Singh by Kapil.Singh@capetown.gov.za vir tegniese navrae of 021 400 9138 vir nog inligting.
LUNGELO
CTA229/2025




Die Stad Kapastad versoek alle inwoners, begunstigdes, huurders en toesighouers van huise wat deur die Stad in Witsands, Wesfleur/Atlantis ontwikkel is en waarvan oordrag nog nie plaasgevind het nie om met die Stad te skakel by die kontakbesonderhede wat hier onder aangegee word. Uitstaande dokumentasie moet ingedien word om die formele oordrag van hierdie huise aan die regmatige eienaars af te handel.
’n Lys van die betrokke eiendomme sal by die hulpbronsentrum, hoek van Thambo- en Ntaka- (Mgxam)-straat, Witsands beskikbaar wees.
Kontak asseblief die direktoraat menslike nedersettings: departement eiendomseienaarskapadministrasie en -oordrag by 021 400 5931 of e-pos DuduzileDiana Phampha@capetown gov za teen 15 November 2025, andersins kan eienaarskap van die eiendom hertoegewys of aan n ander begunstigde of eiser oorgedra word
LUNGELO MBANDAZAYO STADSBESTUURDER
CTA226/2025
Murphy Roberts
Sy pas haar getuienis kort-kort aan, is die staat se mening oor die ma van ’n 14-jarige se getuienis in die saak oor ’n man wat in die straat doodgeskiet en ’n kind wat gewond is. Die tiener staan in die Atlantislanddroshof tereg op aanklagte van moord en poging tot moord.
Volgens die staat verskil die ma se getuienis nou van wat sy vroeër in die oorspronklike borgtogaansoek getuig het.
Die staat, onderleiding van Gino Saaiman, het hierop die hof gevra dat die opname beskikbaar gestel moet word om te bevestig dat haar getuienis verskil.
Die verdediging skop egter vas, want volgens hulle is die getuienis geseël en kan dit nie weer gebruik word nie.
Die hof het die borgaanaansoek uitgestel tot gister (Maandag 10 November) om die twee partye se argumente aan te hoor.
Die aansoek is aanvanklik laat vaar nadat die minderjarige emosioneel uitgebars en die landdros gevra het dat hy eers deeglik geëvalueer word, wat toe gedoen is.
Die nuwe borgaansoek het daarna begin.
Die staat het die kwessie van die ma se getuienis wat nie ooreenstem nie, tydens die aansoek op Donderdag 6 November opgehaal. Sy beweer die kind was tydens die voorval langs haar in die huis. Sy hou ook vol dat hy nie ’n bendelid is nie.
Die 14-jarige is aangekeer nadat ’n man in Saxonsea doodgeskiet en ’n vierjarige kleuter ernstig gewond is.
Die staat het die ma in die aansoek op 8 September behoorlik laat kleitrap.
Landdros Joy van de Hyde moes verrigtinge op twee geleenthede stopsit ná

with the firearm that was recovered.
emosionele uitbarstings – eers van die ma en toe van die verdagte.
Volgens Saaiman gaan die ondersoekbeampte presies die teenoorgestelde kom getuig as wat die minderjarige se ma getuig het.
Die ma se volharding dat haar kind die oggend van die gebeure by haar in die huis was, word deur Saaiman verwerp. Hy voer aan dat sy haar getuienis aanpas.
Hy het dit ook aan die hof gestel dat ’n getuie die seun uit ’n foto-album as die skieter uitgeken het.
Saaiman wou ook weet hoekom daar sosialemediafoto’s van die verdagte is waarop hy die 28-tronkbendetekens wys.
Volgens die aanklaer is daar oorweldigende getuienis dat haar seun wel ’n bendelid is en hy het dit glo self erken.
Saaiman wou ook weet hoekom die verdagte vroeër die jaar by die skool geskors is. Volgens sy ma wag sy steeds vir die skool te verduideliking oor waarom haar kind geskors is.
Op die vraag oor die skorsing het die ma gesê die skool voer aan haar kind is met ’n handgemaakte vuurwapen skool toe.
Die skietmoord het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en baie aandag op sosiale media gekry.
Die kleuter sterk steeds in ’n Kaapse hospitaal aan nadat sy ’n noodoperasie ondergaan het.
Volgens Kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, is die kind van agter geskiet en is die koeël voor by haar maag uit.
Die verdagte het deur sy regsverteenwoordiger gevra om hom borgtog toe te staan omdat hy geen vorige veroordelings óf hangende sake teen hom het nie.
Thys Louw
’n Troeteldier is nie net ’n wag by die hek nie, maar ’n lewende wese wat van jou afhanklik is vir sorg, aandag en beskerming.
Daarom is die belangrik om jou erf veiliger en meer diervriendelik maak. Los drade, oop gate of hekke wat nie behoorlik sluit nie, kan veroorsaak dat diere in die straat beland of beseer word.
Kyk gereeld of jou heinings sterk en hoog genoeg is. Katte kom makliker uit, maar daar is maniere om hulle binne te hou, soos skuins drade of versperrings oor heinings.
Diere naby besige paaie moet altyd binne die erf bly, want selfs goed afgerigte troeteldiere kan skrik of agter iets aan hardloop.
Plante soos oleander en lelies kan diere ernstig vergiftig as hulle daarvan vreet. Vervang dit met veilige plante soos laventel of roosmaryn. Hou plaagdoders, rotgif, verf en motorprodukte in geslote houers buite bereik van diere en pak skerp voorwerpe weg.
Skep ontlasting daagliks op, hou rommelblikke toe en jou stoep gereeld skoon. Was jou diere se beddegoed gereeld en gebruik veilige middels teen vlooie en bosluise.
In gebiede met baie insekte kan jy natuurlike afweermiddels gebruik, maar maak seker dit is nie giftig vir diere nie.
Hou troeteldiere weg van aggressiewe buurhonde en maak seker kinders en

‘n Gelukkige hond in sy hondehok. Foto: Jana Shnipelson | Unsplash
besoekers weet om die hekke toe te hou.
In gebiede waar slange of jakkalse voorkom, is dit veiliger om diere snags binne of in ’n hok te hou. Sê vir werkers of besoekers wat die reëls is – soos om nie kos buite te los of hekke oop te laat nie.
Uiteindelik gaan ’n diervriendelike erf oor meer as net veiligheid – dit gaan oor liefde en betrokkenheid.
Kyk daagliks na hul gesondheid en gedrag; dit help om probleme vroeg op te spoor en versterk die band tussen jou en jou troeteldier.
Om jou erf diervriendelik te maak, is nie ’n luukse nie, maar ’n teken van verantwoordelike eienaarskap.
Wanneer jy ’n veilige, skoon en stimulerende omgewing skep, gee jy jou diere die kans om nie net te oorleef nie, maar regtig te leef. In ruil daarvoor kry jy hul liefde en lojaliteit.















































































Frontline SHEQ celebrated its 21st anniversary with a prestigious blacktie event at the Pigalle restaurant in Green Point, Cape Town, on Thursday 9 October.
On a night filled with elegance, gratitude and world-class entertainment, the evening brought together 350 esteemed guests, including long-standing clients, partners and friends, to honour the company’s remarkable journey and continued impact on the health and safety industry, said CEO Stephan Julius.
The event opened with a heartfelt prayer by Pastor Sean Phillips, setting a reverent tone for the evening.
Founder and Managing Director Stephan Julius then delivered his keynote address, ascribing the realisation of the vision of Frontline SHEQ to divine providence, a guiding source for more than two decades. He quoted 1 Samuel 7:12: “Then Samuel took a stone and set



it up between Mizpah and Shen.
He named it Ebenezer, saying ‘Thus far the Lord has helped us’.”
Julius also paid tribute to his mother, wife Ronda, his family, loyal clients and an exceptional Frontline SHEQ team.
The entertainment was nothing short of spectacular.
Guests were treated to performances by Jonathan Butler, Richard Ceaser, Allou April, Don Vino, Talitha, Lesley-Rae Sonnenberg, Candice Thornton and the ever-charismatic Marc Lottering.
A standout moment was when Butler and wife Nadira took the stage, captivating the entire room with a soulful performance that wowed the audience.
Julius introduced the legendary artist to his family, with whom he was photographed, almost a full-circle moment for a man who began his career as a security guard at Atlantis Diesel Engineer and rose to become a trendsetter in the health-and-safety industry.




The event also highlighted the strength of Frontline SHEQ’s client relationships. All first 10 clients of the company, who continue to hold active retainer contracts, were at the celebration, demonstrating the relationship of trust and loyalty that speaks to company values, ethics and standards.
The company’s strategic vision, of being fully equipped to manage any healthand safety-related project with excellence and professionalism, both nationally and internationally, was evident throughout the evening, a powerful marketing tool that has stood the test of time. This the anniversary event sought to underscore.






Founded in 2004 by Stephan Julius, who brings over 33 years of experience in Manufacturing, Corporate, and Government SHE Systems, Frontlin e SHEQ has built a diverse por tfolio with the Cape Town Soccer St adium st anding out as our iconic project. We have est ablished ourselves as the preferred Health and Safety Consult ants in the Built Environment. The appointment of Stephan Julius as the Lead Health and Safety Auditor during the construction of the Cape Town St adium was a m ajor boost to our track record. Following this, n ew term tender oppor tunities open ed for us with UWC, Stellenbosch University, De Beers, ACSA, and Parliament SA, among others.


1. Health and Safety Agents on South Africa’s first batter y storage facility the BESS project with Eskom/Worcester
2. Parliament Residential Housing and New & Old Assembly Building projects. 3. Legal Compliance Audits conducted on 5-st ar safari facilities at Gondwan a Game Reserve, Lion Sands Game Reserve, and Serondella Safari
Extension project.
5. Health and Safety Agents m an aging two City of Cape Town Term Tenders.
6. Man aged Occupation al Clinics for Brights Hardware and Parliament SA.
7. Khayelitsha Railway Extension (2007–2011).
8. Design ated Safety and Environment al Consult ants on Trist an da Cunha Island for three months.
9. Health and Safety Consult ants on v arious Ren ewable En ergy projects.
Occupations (QCTO).
11. First Health and Safety compan y in South Africa to obt ain ISO 9001 cer tification.
12. Stephan Julius won the ABSA Webcof Busin ess Person of the Year (2009).
13. Provided bursaries to most of our st aff over the years. In 2025, we celebrated the achievements of Zain Harris and Regin ald Matthyse (our first employee from Atlantis), who both earn ed degrees in Disaster and Safety Man agement, passing with distinction.




1. We have train ed m an y Health and Safety Officers over the years. Currently, Ray Adams, Shadian Julisen, and Marvin Davids all from Atlantis are par t of our team.
2. Emile Koopm an, also from Atlantis, join ed us in 2010 to design our annual calendar He immediately enrolled in the Nation al Diplom a in Safety Man agement through UNISA and completed his studies within three years. During this time, he was train ed through our in -house Health and Safety Programme and placed on a Juwi
with his family In 2026, Frontlin e SHEQ will
and today Emile is the Head of Construction (Europe),








Die jaarlikse Kansa Relay is terug in Mamre waar oorlewendes, versorgers, families en vriende hulde bring aan dié wat die stryd verloor het.
Tertuis Simmers, die provinsiale minister van infrastruktuur, het verlede Saterdag (1 November) die 2025 Kansa Relay for Life in Mamre toegespreek.
“Dis ’n groot voorreg om vanaand hier te staan tussen ware helde – oorlewendes, versorgers, families en vriende verenig deur een eenvoudige maar kragtige woord: Hoop!” het hy aan die groep gesê. “Vandag se Kansa Relay for Life was meer as net ’n gebeurtenis – dit was ’n herinnering dat selfs in ons moeilikste tye, daar ’n lig is wat weier om uit te doof. Ons stap nie net om die te onthou wat ons verloor het nie, maar ook om die krag van dié wat steeds veg, te vier en om die liefde te eer wat ons almal verbind,” het hy gesê.
“Elke rondte op hierdie baan vertel ’n storie – ’n storie van moed; van oorlewing; van vasberadenheid. Elke tree sê: ‘Kanker kan ons raak, maar dit kan ons nie oorwin nie. Want ons stap saam as een gemeenskap; een familie; een hart.’
“Aan ons oorlewendes – julle is die bewys dat hoop ’n hartklop het. Julle herinner ons daaraan dat die lewe ná ’n diagnose steeds vol betekenis, lag en doel is. Julle wys ons dat oorwinning nie net in jare gemeet word nie, maar in oomblikke van vreugde, dankbaarheid en tweede kanse.
“Aan ons versorgers – julle is die stil helde. Julle hou hande vas deur die moeilikste nagte en fluister krag wanneer woorde tekortskiet. Julle wys vir ons dat liefde-in-aksie die kragtigste medisyne van almal is.
“Aan elke vrywilliger, borg en ondersteuner – baie dankie. Jul goedheid hou die vlam van hoop aan die brand. Elke bydrae – maak nie saak hoe klein nie –bou aan ’n toekoms waar niemand alleen hoef te staan wanneer hulle hoor ‘jy het kanker’ sonder om ook te hoor ‘en ons is saam met jou’ nie.”
Simmers het benadruk dat dié Relay daaraan herinner dat genesing nie net medies is nie – dit is emosioneel, sosiaal en geestelik. “Dit lê in die lag wat ons deel, in die kerslig vir geliefdes en in die omhelsing van ’n vreemdeling wat verstaan.”
Hy het ook aan die aanwesiges gesê: “Terwyl julle stap, laat elke tree ’n belofte wees – ’n belofte dat ons sal aanhou veg, aanhou glo, en aanhou omgee; dat


ons steeds saam sal staan – vir die lewe, vir die liefde en vir mekaar. En wanneer die nag donker raak, laat die gloed van ons kersliggies ons herinner dat selfs die kleinste liggie die diepste duisternis kan verdryf. Laat ons aanhou stap – nie net om hierdie baan nie, maar deur elke uitdaging wat die lewe bring, want saam is ons sterker; saam genees ons; saam stap ons vir die lewe.”



Kanker-oorlewendes tydens die Kansa Relay for life het groot aandag van die ondersteuners ontvang.

Die Atlantis-gemeenskap sal sy 50ste bestaansjaar in 2026 met trots vier en vyf dekades van vasberadenheid, groei en verandering gedenk. Wat eens begin het as ’n eenvoudige nywerheidsdorp, het tot ’n lewendige, vooruitstrewende gemeenskap wat steeds krag, aanpasbaarheid en vernuwing uitstraal, ontwikkel.
Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) het in September vanjaar Boomplantdag gevier, gewy aan boomplanting en besinning oor die belangrikheid van omgewingsbewaring.
Inwoners, skole en organisasies het hande gevat om bome by verskeie skole te plant. Hierdie inisiatief het die
gemeenskap nader aan mekaar gebring en Atlantis se sterk verbintenis tot volhoubaarheid en ’n groener toekoms gewys. Die kern van Atlantis se ontwikkeling is die Asez, wat ’n belangrike rol in die bevordering van groen nywerhede en inklusiewe ekonomiese groei in die streek vervul. Die Asez ervaar tans ’n ongekende toename in beleggersbelang – plaaslik sowel as internasionaal – van gevestigde maatskappye tot nuwelinge. Hierdie belangstelling dek verskeie belangrike sektore van die groenekonomie, soos hernubare energie, e-mobiliteit en landbouverwerking. Iets wat belangrik is, is dat hierdie
betrokkenheid nie net praatjies is nie — baie beleggers formaliseer nou grondgebruiksooreenkomste in die sone, wat ’n duidelike teken is van groeiende vertroue in Atlantis se potensiaal.
Hierdie momentum versterk Atlantis se posisie as ’n sentrum vir skoon tegnologie, hernubare vervaardiging en volhoubare besigheid.
Mense kry deur die Asez meer geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling, werkskepping en inklusiewe groei, terwyl dit ook Suid-Afrika se skuif na ’n laekoolstof- en omgewingsverantwoordelike ekonomie ondersteun. Namate die voorbereidings vir die
50-jaar-viering vorder, is die Asez trots om deel van die Atlantis-verhaal te wees – ’n verhaal van veerkragtigheid, vernuwing en ’n gedeelde visie vir ’n volhoubare toekoms. Die komende goue jubileum sal nie net Atlantis se indrukwekkende reis vier nie, maar ook die dorp se transformasie, gemeenskapsgedrewe vooruitgang en groen groei wys. Atlantis is met sterk vennootskappe, ’n toegewyde gemeenskap en ’n duidelike visie vir die toekoms oorgehaal om sy volgende 50 jaar aan te pak – gefokus, vernuwende en geïnspireer deur ’n toekoms wat groener is as ooit tevore. Tot volgende keer, Matt


Section 26(4) of the NNR Act states that “The holder of a nuclear installation license must establish a public safety information forum as prescribed in order to inform the persons living in the municipal area in respect of which an emergency plan has been established on nuclear safety and radiation safety matters ”
What is th e Public Safety Information Forum (PSIF)?
The PSIF is a meeting w hich takes place four times a year. It is used as a platf orm f or residents within the municipal boundary of Koeberg Nuclear Power Station to enquire about and receive nuclear safety related information from the facility
Which topics are discussed?
The forum will address any topic that the members feel could impact their health, environment, and safety from a nuclear emergency preparedness point of view
Who should attend?
All persons living within the municipal are a around Koeberg, all affected and interested organis ations or parties, and any other persons concerned about their health and safety from a nuclear and radi ation safety point of view are welcome to attend the forum. Person s wishing to attend are requested to register as a member.
How do I register?
Kindly e-mail your details, i.e., full name, contact number, organisation (if applicable) or i ndicate whether you are a resident, to Debbie Joshua, Senior Advisor Stakeholder Management and Community Development (JoshuaD@eskom co za)
When are the PSIF meetings held?
The remaining PSIF meeting for this year is:
• Thursday, 20 Novembe r 2025
Who to talk to:
For more information, contact Lewis Phidza, Koeberg Stakeh older Management Manage r, via email (PhidzaNL@esk om co za) Alternatively, send an email to JoshuaD@e skom co za
Koeberg Emergency Preparedness Calendar
Residents, schools, and businesses in the 16km radius of Koeberg Nuclear Power Station are reminded that the calendar contains important information about the Koeberg Emergency Plan.
Should you require a copy of the Koeberg Emergency Plan Calendar, kindly request one by sending an email to klinekn@eskom.co.za.




All residents, interested parties and organisations are cordially invited to attend the Koeberg Public Safety Information Forum (PSIF) The details for the Forum are as follows:
Agenda items
• Koeberg quarterly feedback (including Koeberg Long Te rm Operation (LTO) and Outage 127 update) – Eskom
• Nuclear Waste Management Transportation (including the management of the Spent Fuel) – Eskom
• Nuclear Waste Management Disposal (including central storage feedback status update) - National Radioactive Waste Disposal Institute (NRWDI)
Venue: Koeberg Visitor’s Centre
Date : Thursday, 20 November 2025
Time : 19:00
Should you be attending the Koeberg Public Safety Information Forum (PSIF), please note that positive proof of identification will be required to access the venue. The PSIF will be conducted both virtually and in-person. When you RSVP, please indicate whether you will be attending in-person (venue listed above) or via the virtual platform
Kindly RSVP to Debbie Joshua, by sending an email with the required details to joshuad@eskom co za before or on Thursday, 19 November 2025 by 12:00










Die Atlantis-rugbyklub het ook sy spelers vereer en Kurt Andrews is vir die meeste punte vir die jaar en die o.20-agterlynspeler van die jaar aangewys. Byrone Snyders is as die klub se Sportman van die Jaar aangewys en ontvang sy trofee by die voormalige voorsitter Calvin Warnick.

Die Young Hearts-rugbyklub het onlangs sy spelers vereer. Barry Adonis is vereer vir die meeste drieë die afgelope seisoen en ontvang sy trofee by Donnie Bailey (een van die span se borge).

