WeskusNuus-E-edition-29-April-2025

Page 1


Kelly en kie het nooit getuig nie

Die staat het Woensdag (23 April) sy saak gesluit teen die drie beskuldigdes wat op aanklagte van van die ontvoering en verkoop van Joshlin Smith (7) verhoor word.

Boeta Appolis en Steveno van Rhyn staan saam met Joshlin se ma, Kelly Smith, tereg. Al drie het Woensdag aangedui dat hulle hul swygreg uitoefen en dus nie gaan getuig of getuies gaan roep nie.

Regter Nathan Erasmus het VanRhyn en Smith se regsverteenwoordigers se aansoeke van die hand gewys om hul kliënte weens ’n tekort aan bewyse onskuldig te bevind. Ingevolge Artikel 174 van die Strafproseswet (Wet op Strafprosesreg 51 van 1977) kan ’n hof ’n beskuldigde van ’n strafregtelike aanklag vryspreek indien die staat aan die einde van sy saak geen bewyse aangebied het wat daarop dui dat die beskuldigde die oortreding gepleeg het nie.

Joshlin is op Maandag 19 Februarie 2024 by die Saldanha-polisiekantoor as vermis aangemeld. Die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur, maar ten spyte daarvan word Joshlin tot vandag toe nog vermis.

Appolis, Van Rhyn en Smith het op 7Maart 2024 die eerste keer in die hof verskyn en die verhoor het op Maandag 3Maart vanjaar in die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, begin. Een van die laaste getuies in die staat se saak, lt.kol. Riaan Morris, ’n kubermisdaadkenner, het video’s gewys wat in die ondersoek na die verdwene graadeentjie gebruik is. Een daarvan is op Sondag 3Maart 2024 by ’n verpolitiseerde gedenkdiens by die Diazvillegemeenskapsaal geneem, waar Smith in ’n pienk broekpak op die verhoog rondloop. Shakira Ganief, ’n sosialemedia-beïnvloeder, het vroeër getuig sy het dié uitrusting vir Smith gekoop en haar na die geleentheid geneem. Smith het kop-in-die-hande begin huil met die speel van ’n video-insetsel van dié diens waarin ’n vrou ’n roerende liedjie vir Joshlin sing. Kelly het haar emosies in bedwang gekry, maar met

die speel van die berugte “Spur-video” het sy weer begin huil toe sy haar twee jonger kinders sien. In die video rig die destydse aspirant-parlementslid Gayton McKenzie die selfoonkamera op Smith se jongste dogter en seun en gesels met hulle terwyl duisende mense ingeskakel is Erasmus het op hierdie tydstip dié spesifieke video laat stop en gevra dat die dele waar die twee minderjariges verskyn, vinniger vorentoe gespeel word Hy het sy afkeer dat die gesigte van minderjariges op nasionale televisie en op sosiale media gewys word, duidelik gestel.

“Al dra dit die goedkeuring van ander weg, gaan ek dit nie toelaat nie.”

Kelly ontken deurentyd in die video dat sy enigiets met Joshlin se verdwyning te doen gehad het.

Die hof het ook die insetsel gesien waar Kelly se suster, Michaela Daniels, wat vroeër in die saak getuig het, ook met McKenzie in die Spur-onderhoud praat. Daniels beskuldig Kelly daarin dat sy weet waar Joshlin is omdat sy gesê het haar kind “is steeds in die plakkerskamp”.

Adv Aradhana Heeramin, wat die staat se saak saam met adv. Zelda Swanepoel behartig, het Morris nog video’s laat wys, waaronder ’n televisieonderhoud waarin Boeta verskyn. ’n Video is ook gewys waarin McKenzie en nog mans vir Van Rhyn in ’n motor laai en dan met hom ’n onderhoud voer. Van Rhyn sit met ’n bord kos op sy skoot.

Morris se verklaring met skakels na al die video’s is as die staat se laaste bewysstuk ingedien. Van Rhyn se regsverteenwoordiger, adv. Nobahle Mkabayi, sowel as Smith se regsverteenwoordiger, adv Rinesh Sivnarain, het hierna Artikel 174-aansoeke onsuksesvol voor die hof gebring. Die staat het die aansoeke teengestaan op grond van ’n “goue draad van waarheid” wat deur die getuienis van Reze Lombaard geweef is.

“Selfs al is daar onbetroubare aspekte in haar getuienis, is die goue draad steeds daar en ander getuienis staaf haar getuienis,” het Swanepoel afgesluit. Slotbetoë begin vandag (Dinsdag 29April) met uitspraak moontlik op Vrydag 2 Mei.

As van mense wat onlangs veras is, langs pad gestrooi

Die as van vermoedelik mense wat na bewering vroeër vanjaar oorlede is, is Saterdagoggend 19 April gedurende 'n padblokkade langs die R27-snelweg naby Ganzekraal gevind.

Jakkie van Litsenborgh, betrokke by die Weskus-distriksmunisipaliteit se landelike veiligheid, het op die toneel van gestrooide hope as afgekom tydens die padblokkade wat in samewerking met die WKDM en die Suid-Afrikaanse polisiediens gedurende Paasnaweek van stapel gestuur is. Hy het die ontdekking as “skokkend” beskryf. Die as, wat blykbaar stukkies beendere ingesluit het, is saam met naamplaatjies van mense, wat in Januarie en Februarie vanjaar dood is, gekry. ’n Kartonhouer, ’n houer kenmerkend aan die Onafhanklike Krematorium van Suid-Afrika (ICSA) is ook op die toneel ontdek.

Volgens die bevelvoerder van die Darling-polisie, kapt. JJ Otto, is die voorval van die “onwettige storting” by hulle aangemeld. “Ons is tans besig met ’n ondersoek nadat ’n navraag geopen is,” het hy bygevoeg Die Darling-polisie hanteer die saak in samewerking met

gesondheidsowerhede en die Weskus-distriksmunisipaliteit. Geen verdere besonderhede is intussen bekend gemaak nie.

Volgens Lourene Dippenaar van Doves-begrafnisdienste in Malmesbury het ICSA drie takke wat deur begrafnisondernemers in die Wes-Kaap vir verassingsdienste gebruik sal word. Die enigste tak van ICSA wat egter tans in bedryf is, is die Maitland-tak. Sy meen die voorval is ongewoon en voeg by dat beendere nie na regte tussen die as hoort nie Dippenaar verduidelik dat die as gewoonlik in die kartonhouers soos op die toneel gevind, van die krematorium ontvang word. Binne die houer sal daar ’n sertifikaat met ’n plaatjie wees om seker te maak die as behoort aan die regte oorledene. “Die begrafnisondernemers sal die as dan in ’n kissie gooi en dit aan die kliënt of familie saam met die sertifikaat en die plaatjie oorhandig.” •Navraag is aan ICSA se Maitland-tak gerig om vas te stel watter begrafnisondernemers die betrokke mense wie se naamplaatjies op die toneel gevind is, na hulle gestuur het om veras te word. Geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie.

Regstelsel stel oorledene se familie teleur ná ‘borgtog’

Die familie van die vermoorde Reginald “Reggie” Sampson (31) en sy erg beseerde neef Jason Sampson (35), is bitter teleurgesteld oor die regstelsel.

Volgens ’n familielid het hulle ’n petisie ingehandig dat die verdagtes nie borgtog moet kry nie, maar die verdagtes is almal vrygelaat sonder om ’n sent borg te betaal.

Die familielid het gal gebraak dat hulle in die hof moes hoor dat geen getuieverklarings deur die ondersoekbeampte geneem is.

“Ons as ’n familie is baie teleurgestel in die gereg wat ons gefaal het deur gratis borgtog aan die verdagtes toe te staan nadat alle bewyse, petisies en getuies wat bereid was om te praat, vorendag gekom het, maar vir die een of ander rede het die speurder nog nooit die verklarings van die getuies geneem nie,” kla die familie.

Die familielid vertel verder dat die speurder nooit moeite gedoen het om die getuies te kontak nie. “Ons as familie lewe nou in vrees,” vertel die lid.

Reggie is wreed vermoor en Jason is steeds onder mediese sorg en het reeds verskeie operasies ondergaan.

“Die stelsel is nie regverdig [nie]; terwyl mense duisende rande borg moet betaal vir minder ernstige misdade, stap moordenaars sonder [om ’n] sent [te betaal] uit die hof, en as iemand dalk kan

verduidelik, sal ons miskien verstaan,” het ontstellende familielede gal gebraak. Reginald, van Atlantis, is op 9 Februarie tragies dood toe hy en sy neef Jason deur verskeie mans aangeval is Dié aanval het gevolg omdat hy glo met ’n vrou gestry het oor hoeveel bierkiste sy na die drankwinkel gebring het. Jason het veelvuldige steekwonde opgedoen, maar het die sinnelose aanval oorleef. Volgens inligting het ’n vrou die drankwinkel waar Reggie en Jason gewerk het, besoek en wou kiste bier vol maak. Sy het glo volgehou sy het vyf kiste gebring, maar volgens die kameras was dit net drie Reggie het dit aan die vrou genoem en dis toe sy glo haar humeur verloor en gesê het “Jy gaan nou sien.” Die vrou het later met die mans teruggekom en die twee is aangeval Beeldmateriaal van die voorval is op sosiale media versprei. •Die verdagtes moet op 9Junie weer in die hof verskyn.

Die vermoorde Reginald “Reggie” Sampson (31) se vermeende moordenaars is onlangs op “gratis” borgtog losgelaat.
Lt kol Riaan Morris Foto s: SABC/skermgreep Kelly Smith
Hope as, vermoedelik van oorledenes wat onlangs dood en veras is, is by ’n padblokkade langs die R27-snelweg gevind.
Dié kartonhouer van ICSA, die Onafhanklike Krematorium van Suid-Afrika, is op die toneel gevind.

Easter road fatalities down

Over the Easter weekend traffic officers were out in full force making their presence known on the roads of the West Coast.

On Saturday 19 April the West Coast saw one fatal collision on the R27 between Yzerfontein and Langebaan, involving a light motor vehicle and a petrol tanker.

Sergeant Wesley Twigg, provincial police spokesperson, said a 43-year-old male was declared dead at the scene by medical personnel, while the driver of the truck received treatment for minor injuries.

“The circumstances surrounding the incident are under investigation Langebaan police registered a culpable homicide case.”

Motorists had to be patient, as both lanes were closed at one point for safety reasons.

At the start of the Easter weekend the Saldanha Bay Safety Initiative (SBSI) activated an integrated Easter roadblock initiative on Thursday 17 April at two

spots, including the R45 field road and the R27 at the Engen West Coast 1 Stop, showing high visibility

It is reported that between Thursday 17 and Monday 21 April a total of 22 fatal crashes were recorded in the Western Cape, compared to 26 reported over the 2024 Easter period.

Muneera Allie, head of communications at Western Cape Mobility, said the department expressed its deepest condolences to the families and loved ones who lost someone on the roads during the weekend

“While it is encouraging to see a reduction in road fatalities this Easter compared to last year we must not lose sight of the fact that every life lost is one too many

“All road users are reminded that safety is a shared responsibility. Please obey road rules, avoid reckless behaviour and ensure that you are fit to drive, not tired or under the influence."

Motorists are urged to practise caution on the roads as another long weekend approached.

National Coloured Congress man now a PR councillor

Dean Goliath from Pella was inaugurated as a sitting councillor in the City Of Cape Town as a proportional representative of the National Coloured Congress (NCC).

The former Radio Atlantis station manager said among his priorities is the streamlining of service delivery, seen as being key to the preservation of human dignity, development and empowerment of youth to build a brighter future.

“My political career stems from the liberation movement, when I was moulded into a student leader in the late ’80s and ’90s.

“I led the then-Student Representative Council of Symphony Senior Secondary and became the first chairperson of Youth Against Drug Abuse, in 1991.” This led to his becoming one of the youngest leaders of the Belhar Student Congress and Northern Suburbs Student Congress.

“We were guided and mentored by political figures involved in the liberation struggle who conformed to Marxist ideology, and youth politics was a natural progression. I subsequently served on the South African Youth Council, representing the Tygerberg Youth Council.”

Goliath was responsible mainly for communications and facilitation, training with focus on organisational and leadership development.

“With my strong background in youth development and empowerment I still [believe] these remain a cornerstone of building a progressive and prosperous

Nominate your deserving teachers

Nominations for the 2025 National Teaching Awards are now open The National Teaching Awards give everyone the opportunity to celebrate teaching excellence and to appreciate the outstanding work done particularly by teachers at public schools each year

All teachers, school-governing bodies and district officials are invited to submit nominations to their principals or centre managers

A minute with the nomination guide and relevant application will be sent to all schools, and details are also available on the WCED website

This includes a step-by-step guide to completing the nomination form: https://www westerncape gov za/education/national-teaching-awards

The categories for this year are:

• Excellence in Grade R Teaching Excellence in Primary School Teaching (Grade 1-7)

• Excellence in Primary School Leadership

• Excellence in Secondary School Teaching (Grade 8-12)

• Excellence in Secondary School Leadership

• Excellence in Special Needs Teach-

• Excellence in Technology – Enhanced Teaching and Learning

• National Best Teacher Award

• Kader Asmal Lifetime Achievement Award Nominations close on Friday 16 May The Western Cape Provincial Awards will take place in August, and the 15 provincial winners in these categories will go on to be nominees for the national awards ceremony in October

society

“On joining the National Coloured Congress in January 2022 I vowed to continue working in developing and empowering people, and to use my skills to the benefit of society, especially the marginalised.”

Goliath said he is a strong believer in equality and “the fight for a freer society where oppression and marginalisation no longer held sway, which requires a collective effort and a strong shift in mindset among our people”, he added.

“As a councillor I believe my role will now shift gears, building a positive citizenry by working hard to create an environment conducive to economic development and job creation.

“Most importantly, I will work to restore the dignity and humanity of our people, especially in areas deliberately neglected by the government. All these are high on my list of priorities,” he emphasized.

A fatal collision took place on the R27 on Saturday 19 April
Photo: West Coast Medical Rescue
Felicity Purchase, Speaker of the City of Cape Town, welcomes Dean Goliath as a new PR councillor
The 2025 National Teaching Awards are open

Ouers kap na WKOD

Ouers en lede van die beheerliggaam by die Robinhill Spesiale Skool het aan amptenare van die WesKaapse Onderwysdepartement gesê die WKOD dra nie die behoeftes van leerders wat spesiale hulp benodig, op die hart nie.

Volgens Joy Davids, die voorsitter van die beheerliggaam, veg ouers ’n verlore stryd teen die departement. Davids het tydens die oorhandiging van ’n memorandum aan amptenare verduidelik die skool het talle tekortkominge en die grootste is die gebrek aan klaskamers vir leerders op die outismespektrum en die dienste van ’n verpleegster

Vervoer is ook een van die

grootste probleme veral omdat outistiese kinders baie presies is en gou ongeduldig kan raak veral as die vervoer laat is, het Davids verduidelik. Hulle kry eenvoudig geen kommunikasie indien probleme met die vervoer opduik nie, het die groep gal gebraak. Die groep voel ook ongelukkig dat leerders die meeste van die tyd of byna elke dag vroeg huis toe gestuur word, wat beteken dat hulle nie juis by die skool opgevoed word nie. Die groep het die departement gevra om dringend ondersoek in te stel Die gebrek aan opvoedkundige materiaal aan die leerders is ook ’n probleem, verduidelik Davids – veral omdat die spesiale leerders gereeld besig gehou moet word. “Ons is bekommerd oor ons kinders omdat hulle niks geleer word [nie] en vra die Wes-

Kaapse Onderwysdepartement om dringend na die kinders se behoeftes om te sien. Volgens David Maynier, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het die lewensvatbaarheidstudie getoon die drie klaskamers vir leerders op die outismespektrum kan nie op die eiendom van die Robinhill Spesiale Skool gebou word nie omdat die gebou nie aan sy departement behoort nie en vir dié rede is dit nie haalbaar nie. Maynier het bevestig die direktoraat van inklusiewe en gespesialiseerde onderwysondersteuning het die haalbaarheid vir ’n verpleegster evalueer. As gevolg van beperkte beskikbaarheid van verpleegsters word hierdie hulpbronne geprioritiseer vir skole met die grootste behoefte. Volgens die LUR vind die skool baat by die twee nabygeleë klinieke.

Illegal connections in Witsand disconnected

Murphy Roberts

Atlantis police, police crime intelligence and Public Order Policing (POP) accompanied Eskom, along with Traffic Services and Law Enforcement, to Witsand to disconnect illegal connections, said Captain Lisa Munro, police spokesperson

Four transformers and 65 poles were disconnected by members of Eskom, while police kept an eye on happenings, Munro said Law Enforcement and Traffic Services blocked sections of the road off where Eskom was busy with disconnections

after paying residents complained about these illegal connections.

Residents were not disruptive and were cooperative, Munro said Kobus Phokiyana of Eskom explained the power utility was cutting all illegal connections, stating that the one at Witsand was affecting paying customers

Every area identified by the Customer Network Centre as being overloaded and where transformers have been erected had been visited.

There were no objections as the cables that were removed were connected or tapping in illegally on the Eskom infrastructure, Phokiyana stated All those involved against the illegal connections – law-enforcement agencies, Eskom and community members –were on the scene to assist, he said

Joy Davids, die voorsitter van die Robinhill Spesiale Skool se beheerliggaam, verduidelik aan amptenare van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waaroor die memorandum gaan
Eskom workers cut wiring in Witsand
The police and other law-enforcement agencies kept a beady eye on proceedings as workers removed illegal connections

Police interact

‘Saam bou ons ’n groener, regverdiger toekoms’

Namate die winterkoue begin nes skop oor Atlantis, staar baie gesinne weer eens die seisoen in die gesig met beperkte hulpbronne en stygende elektrisiteitskoste Maar in die hart van ons gemeenskap neem ’n groen visie vorm aan – een wat hoop bring vir ’n toekoms wat nie net skoner nie, maar ook regverdiger is. Die Atlantis- Spesiale Ekonomiese Sone (Asez) is meer as net ’n ontwikkelingsgebied. Dit is ’n ruimte gebou op die geloof dat Atlantis ’n leier in Suid-Afrika se groenekonomie kan wees. Hoewel maatskappye steeds gelok en ontwikkel word, is ons kernmissie duidelik – om geleenthede te skep in hernubare energie, energie-doeltreffendheid, en groenvervaardiging, en om seker te maak daardie geleenthede bevoordeel die mense van Atlantis. Selfs gedurende die wintermaande ontvang Atlantis genoeg sonlig om huise, sakeondernemings en skole van krag te voorsien. Sonenergie – en die tegnologie wat dit benut

het die potensiaal om die las van elektrisiteitskoste te verlig en ons afhanklikheid van fossielbrandstowwe te verminder Ons glo dat bekostigbare, volhou-

bare energie nie ’n luukse is nie – dit is ’n reg.

Die Asez is daartoe verbind om ’n toekoms te bou waarin Atlantis-inwoners toegerus is met die vaardighede opleiding en toegang wat hulle nodig het om aan hierdie groenoorgang deel te neem. Of dit nou toekomstige werksgeleenthede in sonpaneelinstallasie, groen konstruksie of energie-doeltreffende tegnologieë is – ons lê die grondslag vir werklike en blywende verandering. Ons weet dat baie in ons gemeenskap voorheen agtergelaat is deur ontwikkelingspogings, maar hierdie keer kyk Atlantis nie net na die verandering nie – ons is deel daarvan. Ons werk daaraan om te verseker dat ons mense nie net ingesluit is nie, maar bemagtig word. Namate ons die kouer maande betree laat ons vashou aan die belofte van iets helderder Atlantis plant die sade van ’n groen, inklusiewe ekonomie, en hoewel die verandering nie oornag sal plaasvind nie is dit reeds aan die gebeur – reg hier by die huis. Want selfs in die winter, skyn die son steeds oor Atlantis.

GROEN KOLOM
Warrant Officer Murray de Kock with learners from Witsand Primary where road-safety tips were shared

NU-TECH

Deadline for fellowship programme looms

The Allan Gray Orbis Foundation, a member of the Allan & Gill Gray Philanthropies, has officially opened applications for its Allan Gray Fellowship Programme It invites Grade 12 learners with entrepreneurial potential and strong academic performance who are preparing to transition to university, driven to make a meaningful impact, to apply before 30 April.

Fellowship application requirements: South African citizenship Applicants must be under the age of 21 in the year of application. A minimum of 60% in pure Mathematics or 80% in Mathematical Literacy for final Grade 11 results A minimum average of 70% for final Grade 11 results (excluding Life Orientation)

An intention to study towards a Commerce, Science, Engineering, Law, Humanities, Arts, or Health Sciences degree (excluding Medicine, Veterinary Science, and Dentistry) at one of the following partner universities:

•University of the Witwatersrand

•University of Johannesburg

•University of Cape Town

•Nelson Mandela University

•Rhodes University

•University of the Western Cape

•Stellenbosch University

•University of Pretoria

•University of the Free State

•University of KwaZulu-Natal

•TSiBA Business School

Applications close 30 April at 17:00. Visit www.allangrayorbis.org

Social Development seeks an individual

The local office of the Department of Social Development is requesting that Aviwe Malothana urgently contact the social worker, Phakama Dlongodlongo, at 021 871 1682, during office hours (07:3016:00) and/or after hours at 021 831 5460.

Topspanne deel prysgeld én trofee

Die eerste Jack Johnson Legacy-Paasrugbytoernooi was ’n reusagtige sukses en sal voortaan jaarliks aangebied word.

Vier klubspanne – Atlantis, Hamlets,Young Hearts en Darling – het sake vir die wenprys van R60000 uitgespook. Die vier plaaslike skole het ook hul talent ten toon gestel en Proteus het met die R5000-prys weggestap.

Die spanne het op dag een reeds gewys hulle is honger vir die prysgeld. Hamlets het eerste die Melkboere van Darling met 33-27 geklop en ook hul plek in die eindronde bespreek. Young Hearts het Atlantis 27-25 in ’n titaniese riller vir ’n plek in die eindronde geklop. Die spanne het bewys geen span hoef net op te daag om te wen nie en die vier spanne het mekaar laat bloed

sweet vir oorwinnings.

Darling het Atlantis op die laaste dag vir die derde plek gepak. Atlantis het egter gewys dat Darling ongelukkig was om nie die eindronde te haal nie en het die melkboere 42-39 geklop en met R15000 weggestap terwyl Darling met R10000 prysgeld huis toe is.

Die tafel was egter gedek vir die eindronde en die groot geldprys tussen Hamlets en Young Hearts. Young Hearts, wat tans onoorwonne in die Boland-grootuitdaagreeks is, het ook gewys hoekom hulle tans die pas aangee Die troepe van die Grafkelder, wat rustyd 14-7 voor was, het egter die kluts in die tweede helfte kwytgeraak. Hamlets het nooit opgegee en die wil om te wen het by tye sterk deurgekom. Hamlets het Young Hearts se foute en dissipline tot sy voordeel benut. Die tuisspan het in die tweede helfte die skroewe styf vas gedraai en die twee

Skole ‘soek diamante’

Die grootste en mees indrukwekkende sportgebeurtenis vir laer- en hoërskole in Suid-Afrika – en moontlik die wêreld – is om die draai. In minder as ’n week wemeld die stad Kimberley in die Noord-Kaap van besoekers vir die ABSA-Wildeklawer-skole-sporttoernooi (AWST)

Die AWST is ’n prestigeryke sportgebeurtenis wat die eerste keer in 2009 in die Paarl aangebied is. Destyds het slegs 12 rugbyspanne deelgeneem.

Oor die afgelope 14 jaar het hierdie toernooi tot een van die grootste internasionale skolesporttoernooie gegroei en behels rugby, netbal, hokkie en sokker.

Vanjaar sal ’n rekordgetal van 232 spanne, wat 126 verskillende skole oor Suid-Afrika heen verteenwoordig, in Kimberley, die Diamantstad, byeenkom om deel te neem.

Die spanne bestaan uit altesaam 5357 spelers en beamptes, wat ’n besondere atmosfeer van intense kompetisie maar ook kameraadskap tussen spanne en spelers skep.

Die ABSA-Wildeklawer-uitnodigingstoernooi bied aan 44 plaaslike spanne uit die Noord-Kaap-streek die geleentheid om by verskeie plekke in die stad deel te neem.

Die spelers sal in sokker, rugby en netbal meeding.

Cassie Carstens, die bestuurder van die AWST, sê die toernooi is nie net daarop gemik om gesonde mededinging te bevorder nie, maar dien ook as ’n katalisator vir die uitbreiding van geleenthede in die skolesportwêreld, danksy toegewyde vennootskappe

“Die visie van die toernooi is om te verseker dat ons gelyke geleenthede bied – nie net vir topskole om op ’n krag-teen-krag-basis deel te neem nie, maar ook vir ons plaaslike skole om aan ’n toernooi van hierdie omvang deel te neem en teen mekaar te speel om samewerking, vriendskap en sportmangees te bevorder.”

Dit is die missie van die AWST om die grootste skolesporttoernooi in die wêreld

spanne het ná 80 minute 18 elk gelykop geëindig nadat Young Hearts laat in die wedstryd ’n kans verbrou het om die wedstryd te verseël deur ’n strafskop te verbrou. Die wedstryd was ná ekstra tyd steeds gelyk, maar met 29 elk. Hamlets het op sy beurt ook die oorwinning deur sy vingers laat glip en was met enkele minute oor nog 2922 voor. Young Hearts het egter volhard en die span se karakter en veggees was die verskil tussen wen en verloor. Die organiseerders het ná die gelykopstryd verduidelik die prysgeld en trofee word gedeel Alle spanne het finansieel by die toernooi gebaat. •Die prysgeld per span is: Hamlets en Young Hearts deel die R60 000 vir die eerste en tweede plek; Atlantis het R15000 gewen en Darling R10000; Proteus R5000, Saxonsea R4000, Atlantis Sekondêr R3000 en Robinvale R2000.

aan te bied en die jeug te motiveer om op die hoogste vlak aan sport deel te neem, wat lei tot die handhawing van ’n gesonde gees en liggaam tot voordeel van nasiebou.

“Absa is weer die hoofborg van die toernooi, wat sy ondersteuning vir skolesport en veral hierdie toernooi beklemtoon. Ons is baie dankbaar vir die voortgesette ondersteuning, aangesien niks hiervan sonder hulle moontlik sou wees nie,” beklemtoon Carstens.

Die rugby- en netbaltoernooi vir laerskole begin vandag (Donderdag 24 April) by die Laerskool Newton.

Die toernooi het Woensdag 23April met ’n openingseremonie by die Deo Gloria-saal begin en Saterdag 26April geëindig met die laaste spanne wat ’n laaste bietjie inspanning gegee het om hul onderskeie wedstryde te wen.

Uitnodigingspanne in rugby, netbal en sokker kry nou die geleentheid om van 28 tot 30 April by verskeie plekke in die stad deel te neem

Die senior o.19-sokkertoernooi sal van 1 tot 3Mei by die Sol Plaatje-universiteit plaasvind.

Vanjaar sal die AWST ook van die land se beste seuns- en meisiehokkie-spelers van 1 tot 3Mei in ’n toernooi wat ook by die Sol Plaatje-universiteit gehou sal word, laat meeding

Die junior rugbytoernooi vir o.14-, o.15- en o.16-spelers vind van 30April tot 3Mei by die Diamantveld B, die Hoër Seunskool en die Laerskool Staatspresident Swart plaas. Die senior toernooi vir rugby (o.19) en netbal (o.16 en o.19) begin Woensdag 30April met ’n openingseremonie by die Hoërskool Diamantveld om 17:30. Die hoofwedstryd ná die seremonie word om 19:00 tussen Paul Roos Gimnasium en die Afrikaanse Hoër Seunskool gespeel. Dié toernooi eindig op 3Mei.

Sowat 32000 besoekers het die AWST verlede jaar (2024) bygewoon. ’n Soortgelyke besoekersgetal word vanjaar weer verwag.

Volg ook die sport op sosiale media op Facebook, Instagram en TikTok.

Rugbydag vir Boland-jeugontwikkeling nou hier

Die Boland Rugby-unie gaan weer ’n belangrike bydrae tot jeugontwikkeling in sport lewer wanneer hy sy jaarlikse Get Into Rugby (GIR)-fees op Saterdag (3Mei) in die Boland-rugbystadion in Wellington aanbied Sowat 120 leerders van 10 skole sal dit bywoon, terwyl ’n tweede fees, later in die jaar, al 25 skole wat aan die GIR-program in Boland deelneem, sal insluit Get Into Rugby is ’n program wat deur

Wêreldrugby geskep is en deur SA Rugby as deel van sy ontwikkelingsprogram in samewerking met sy lidunie, Boland Rugby, gebruik word Die doel van die program is om kinders in ’n veilige en inklusiewe omgewing aan rugby bekend te stel ’n Hoogtepunt sal die sessie tussen leerders en die Sanlam-Boland-Kavaliers en -vrouespelers wees Van 10:00 tot 13:10 verskuif die aksie na die veld waar die spanne in ’n 7’s-formaat sal meeding

Chad Passenz, die kaptein van Hamlets (links) en Moegamat Adams, die Young Hearts se kaptein, deel die trofee van die Jack Johnson- Paasrugbytoernooi

Paastoernooi’n massiewesukses

Die Aberdeen sokkerklub het die o 16-afdeling van die Paasfees-jeuguitdaging-beker gewen Foto’s: Murphy Roberts

oorhandig die

o

Jomo Power het die o 14-afdeling
gewen
Jomo Power het Atlantis Leeds in die o 8-afdeling in die eindronde van die eerste jeugbeker-toernooi geklop
Atlantis City het met Jomos Power in die o 10-afdeling afgereken
Melachi Pharo is as die beste doelwagter in die o 8-afdeling aangewys en ontvang sy prys by Richard Oosthuizen van Albany Bakery
Mondrio Cloete (links) is as die Speler van die Toernooi aangewys, Shayden Oosthuizen as die beste doelwagter en Mickyle van Zyl was die top-doelskieter in die o.10-afdeling. Die spelers het hul pryse by Usen Jacobs ontvang
Allister Lightburn
Speler van die
16-afdeling-trofee aan Shyron Stubbs van Jomo Power.
Raeez van Nelson is as die beste doelwagter vir die o 16’s aangewys en ontvang sy trofee by Ashley de Vos

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.