WeskusNuus-E-edition-13 May 2025

Page 1


Nog vier voertuie in botsing op R27

Dit kon soveel erger gewees het.

Só meen die insittendes van vier voertuie nadat ’n luukse minibus byna ’n tragedie op die R27 kort voor die Atlantis-afdraai veroorsaak het.

“Werkersdag op 1 Mei sal nooit weer dieselfde vir ons wees nie,” het een familie van Kuilsrivier gesê.

“Ons was op pad om by familie in die Weskus te gaan kuier en ry gewoonlik nooit dié pad nie,” het die man verduidelik. Hy vertel dat die bestuurder van die luukse minibus, wat in die rigting van Kaapstad gery het, skielik ’n vragmotor op die besige pad wou verbysteek. Hy het eers ’n luukse Jeep reg van voor getref voordat hy ons en nog ’n luukse motor getref het.”

WeskusNuus was enkele minute ná die botsing op die toneel en het gesien hoe twee van die luukse motors op hul dak lê terwyl die insittendes gesukkel het om uit die wrakke te kom. Die bestuurder wat verward voorgekom het, het net gesê hy was in ’n ongeluk.

Bestuurders van ander voertuie wat ook in die rigting van die Weskus gereis

het, sê hulle kan nie verstaan hoe die bussiebestuurder ’n vragmotor wou verbysteek terwyl die pad so besig was nie. Motoriste het vinnig gestop om passasiers te help en niemand is ernstig beseer nie. Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, word klagtes van roekelose en nalatige bestuur ondersoek.

Die botsing volg etlike dae nadat drie mense in ’n botsing op dieselfde pad dood is Twee insittendes in die een motor het verkool nadat dit reg van voor teen ’n motor gebots het en die bestuurder van die ander motor is op slag dood

Volgens AO Sean Thompson van die Melkbosstrand-polisie is lt.kol Gladman Mahambi en twee onbekendes mans dood in wat vermoedelik ’n trompop-botsing was. Mahambi, ’n voormalige offisier by die Atlantis-polisie, het ten tyde van die botsing by die Elsiesrivier-polisie gewerk en dit is onbekend of hy van die werk af op pad huis toe was. Volgens Thompson word klagtes van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur ondersoek. Thompson het ook bevestig dat geen getuies nog vorendag gekom het nie. Hy sê ook die polisie wag op DNStoetse om die identiteit van die ander twee oorledenes te bevestig

Mense verloor duisende

Verskeie inwoners in die omgewing van Malmesbury is onlangs deur mense wat hulle as lid van die SuidAfrikaanse polisie voordoen, gekontak rakende dwelm- en mensehandel of bedrogverwante sake.

Met navraag is ’n bedrag geld daarby gevra sodat ’n staatsaanklaer na die betrok-

ke inwoners, wat as verdagtes beskou word, na hul sake kan kyk en kwansuis laat verdwyn Sommige klaers het volgens die polisie wel vir die strik geval en is nou ’n paar duidend rand kwyt nadat met verdere ondersoek vasgestel is dat die name wat die bedriërs, tesame met hul rang en posisie, aan slagoffers verskaf is

wel dié van polisieoffisiere is wat in diens is van die SAPD Sers Henry du Rand, ’n polisiewoordvoerder, het dit duidelik gemaak dat geen lid van die SAPD ’n klaer of verdagte vir betaling sal skakel om ’n dossier voor ’n staatsaanklaer te bring of om ’n dossier “te laat wegraak” nie “Indien iemand wat hulle as ’n polisie-

beampte voordoen, inwoners met so ’n versoek bel, moet hulle onmiddelik hul plaaslike polisiekantoor se stasiebevelvoerder en speurhoof besoek om ’n ondersoek van stapel te stuur Geen persoonlike inligting van ’n lid van die SAPD of ’n lid van die publiek word aan enigiemand uitgegee nie ” Du Rand voeg egter by dat

dit maklik is om inligting te bekom van waar ’n lid werk en wat sy rang is Du Rand waarsku inwoners om paraat te wees wanneer hulle ’n verdagte oproep ontvang waar beweer word dat hulle by enige misdryf betrokke is “Gaan na jou naaste polisie-kantoor om jou te vergewis van so 'n misdryf ”

Die insittendes van dié luukse voertuig, wat ook op sy dak beland het, staar verslae na die wrak van hul motor ná die botsing op Werkersdag (Donderdag 1Mei) waarin vier voertuie bgetrokke was.
’n Mediese egpaar het op die toneel stilgehou en na beseerde passasiers omgesien nadat ’n voertuig op werkersdag op sy dak beland het

Persvryheid bekyk

Nie net is dit ’n bedreiging vir enige land se demokratiese beginsels nie, maar dit wek ook groot kommer wanneer joernaliste – wat die maatskaplike verantwoordelikheid aanvaar het om leiers aanspreeklik te hou – deur juis hierdie mense in magsposisies geïntimideer en in sommige gevalle deur die land se howe vervolg word.

Dit was verlede week die kollektiewe boodskap deur ’n paneel gesoute ondersoekende joernaliste op ’n gesprek by die Suidoosterfees in Kaapstad in aanloop tot Wêreldpersvryheidsdag, wat verlede Saterdag (3Mei) gevier is Die paneel het bestaan uit die ervare joernaliste Caryn Dolley, Pieter-Louis Myburgh, Karyn Maughan en Jana van der Merwe en is gelei deur Mia Spies van Netwerk24.

Hoewel hulle almal vir verskeie publikasies skryf, het hulle een ding in gemeen – dit is dat hulle almal deurgeloop het vir hul verslaggewing oor beweerde ongerymdhede wat in sekere gevalle deur hoëprofielfigure gepleeg is.

Dolley, ’n ondersoekende joernalis by die Daily Maverick,

het op haar beurt gepraat oor die doodsdreigemente wat sy oor die jare vir haar beriggewing oor die onderwêreld ontvang het.

Dolley is die skrywer van die boek Clash of the Cartels, wat fokus op die internasionale dwelmhandel en georganiseerde misdaadnetwerke wat Suid-Afrika as ’n belangrike spilpunt gebruik.

Daarin ontbloot sy hoe verskeie internasionale kartelle – insluitend die Mexikaanse, Colombiaanse, Europese en plaaslike bendes soos die 28’s –met mekaar meeding en soms saamwerk om beheer oor dwelmroetes, hawens en selfs die Suid-Afrikaanse mark te verkry

“Hoe meer mense jy mee praat, hoe meer besef jy dat georganiseerde misdaadnetwerke oral is. Niemand vertrou mekaar meer nie.

“Vir my gaan dit dus nie net oor my veiligheid as joernalis nie, maar ook oor hoe misdaad op feitlik al ons stelsels inbreuk maak,” sê sy.

Myburgh, die skrywer van die boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture, het klem gelê op hoe moeilik dit deesdae vir joernaliste is om inligting vir ondersoekende joernalistieke doeleindes in die hande te kry

“Oor die algemeen ervaar ons ’n probleem met departementele woordvoerders wat eenvoudig nie op medianavrae reageer of vrae behoorlik beantwoord nie. Hoewel die media grondwetlik op antwoorde geregtig is, gaan dit eintlik vir my maar meer oor die feit dat die publiek behoort te weet wat met hul belastinggeld gebeur

“Aan die ander kant het ondersoekende joernalistiek ’n baie duur praktyk geword.

“Ons moet dikwels ’n klomp geld aan regsfirmas betaal om inligting deur die howe te bekom,” sê hy.

Maughan het op haar beurt vertel hoe sy en adv. Billy Downer in 2022 deur oudpresident Jacob Zuma privaat vervolg is en “soos misdadigers” in die hooggeregshof in Pietermaritzburg moes verskyn.

Zuma het destyds beweer Downer het vertroulike mediese inligting oor hom, wat in hofdokumente vervat was, met Maughan gedeel

“Dit was ’n emosionele proses, en ek dink dis veral harder vir vroue.

“Dit was een van daardie sake wat weer eens bewys het hoe diegene in magsposisies en met geld dit kan gebruik om joernaliste tot stilte te dwing,” het sy gesê

4x4-klub bring hoop

Die Atbury-4x4-klub is meer as net ’n groep avontuurlustige entoesiaste – dit is ’n gemeenskapsgerigte organisasie wat ’n verskil in die lewe van minderbevoorregte mense maak

Die klub is in 2024 deur vriende van Malmesbury en Atlantis gestig en hulle het hul liefde vir die buitelewe en vierwielaangedrewe voertuie in ’n missie van hulpverlening en ondersteuning aan behoeftige gemeenskappe omgeskep. Hulle ervaar kameraadskap en ’n gevoel van verbondenheid in die geselskap van die natuur – iets wat dikwels in ’n besige stadslewe verlore gaan. Hul ekspedisies het die klub reeds deur Ceres, die Tankwa-Karoo, Wupperthal en Vredendal geneem. Op hul mees onlangse reis het hulle dorpe in die Namakwaland verken – Garies, Leliefontein, Kharkams, Springbok, Kleinzee en Port Nolloth. Kharkams, ’n afgeleë dorpie, het ’n besondere indruk op die groep gelaat. Hier het hulle met die plaaslike gemeenskap en die skoolhoof, mev. AnnBrink, kennis gemaak en die warmte en gasvryheid van die dorp ervaar

Die groep het besluit om ’n

verskil te maak en die gemeenskap te ondersteun deur sorgpakkies aan tienermeisies en voedselpakkies aan inwoners te skenk, met ’n spesiale fokus op die gebrek aan vars groente in die omgewing “Die gemeenskap is selfondersteunend, maar ons glo ons kan’n verskil maak deur steun te bied,” sê George Gomez, die voorsitter van die klub.

Die klub beplan langtermynprojekte vir Kharkams om volhoubare hulp te verskaf.

Enigiemand met ’n begeerte om te help, is welkom – geen 4x4 is nodig nie.

Die volgende reis – ’n blommetoer deur Namakwaland –is in September en bied ’n geleentheid om die natuurskoon en gemeenskap te ervaar Die Atbury-4x4-klub bewys dat avontuur en gemeenskapsdiens ’n perfekte kombinasie is. “Ons toere is nie net ’n reis deur landskappe nie, maar ook avonture van hoop en verbondenheid en ons beoog om binnekort as ’n organisasie sonder winsoogmerk te registreer,” sê Wessie van der Westhuizen, die groepkoördineerder •Epos Heinrich van Reenen by heinrichvnreenen@gmail.com

Atbury-lede saam met die skoolhoof, mev Ann Brink, in Kharkams

Drie skuldiges eersdaags gevonnis

AlidaBuckle

Kelly Smith, Boeta Appollis en Steveno van Rhyn word dalk deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar nadat hulle die afgelope Vrydag (2Mei) op aanklagte van die ontvoering van Joshlin Smith en mensehandel skuldig bevind is

Die houthok waarin Appollis, Smith en haar drie kinders in Middelpos gewoon het, is die aand ná die skuldigbevinding afgebrand – vermoedelik deur woedende gemeenskapslede Die provinsiale polisie het die nuus in ’n persverklaring bevestig en gesê ’n vrou is intussen ingeneem vir ondervraging oor die brand Smith, Appollis en Van Rhyn se uiteindelike lot berus nou by regter Nathan Erasmus Die hof het Vrydag 9 Mei in die Kaapse hooggeregshof in Kaapstad die nodige prosedures afgehandel en hulle sal op 29 Mei in Saldanha gevonnis word

Die vonnisoplegging sal in die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, geskied Erasmus sal dan ook uitsluitsel gee of Lourentia (Renz) Lombaard, wat oorspronklik saam met Smith, Appollis en Van Rhyn aangekla is, vrygespreek gaan word, al dan nie

Die staat gaan die voorgeskrewe vonnis van lewenslange tronkstraf bepleit Smith se ma, Amanda Daniel-Smith, het aan

Plaaslike pendelaars boikot die minibustaxibedryf in die omgewing van Malmesbury.

Dit volg nadat ’n kennisgewing op 11April vanjaar uitgestuur is en waarin bevestig is dat alle vervoerdienste onder kontrak aan die einde van die maand beëindig sal word.

“Geen taxi’s sal toegelaat word om mense onder kontrak te vervoer nie,” lui die eerste kennisgewing wat deur die plaaslike Malmesbury-taxivereniging uitgestuur is.

Pendelaars het teen hierdie kennisgewing kapsie gemaak omdat vervoerdienste onder ’n kontrak volgens hulle meer bekostigbaar en betroubaar is as die gewone minibus-taxidienste in die dorp.

Twee byeenkomste onder gemeenskapslede het intussen plaasgevind om die boikot af te kondig, maar ook om die kwessies wat pendelaars en bestuurders tans in die gesig staar, te bespreek.

Die mees onlangse vergadering van 11 Mei is onder meer gebruik om die kwessie te bespreek, na oplossings te kyk en insae van die plaaslike ge-

joernaliste gesê sy glo vas haar dogter weet waar Joshlin is Sy het beklemtoon die skuldigbevinding is nie wat sy wou gehad het nie “My kleindogter is steeds weg ”

Netwerk24 het intussen berig dat Smith aan haar ma gesê het sy is van plan om vóór die vonnisoplegging haar sê te sê Smith en haar medebeskuldigdes het almal gekies om hul swygreg tydens die verhoor uit te oefen ten spyte van haar belofte op die eerste dag van hul verskyning op 7Maart 2024 – dat “die waarheid nog sal uitkom” Smith het dié belofte gereeld aan joernaliste, die publiek en haar familie vóór en ná hofverrigtinge uitgespreek

Die waarheid het egter steeds nie in die geheel uitgekom nie. Niemand weet nog waar Joshlin haar bevind nie

Sy het as sesjarige op Maandag 19 Februarie spoorloos uit die Middelpos- informele nedersetting in Saldanha verdwyn Erasmus het Vrydag in sy uitspraak ’n gewag daarvan gemaak dat die beskuldigdes nie op die aantygings teen hulle geantwoord het nie Die feit dat die beskuldigdes besluit het om nie te getuig nie, het volgens Erasmus Lombaard se getuienis onbetwis gelaat Hy het gesê die hof kan sy eie afleiding maak oor waarom hulle gekies het om nie te getuig nie “Daar kom ’n tyd wanneer die bewyse ’n antwoord vra ” Volgens Erasmus het adv Zelda Swanepoel en adv Aradhana Heeramun, wat die saak namens die staat hanteer het, daarin

geslaag om die beskuldigdes bo alle twyfel as skuldig te bewys Hoewel die staat se saak hoofsaaklik op omstandigheidsgetuienis berus het – wat individueel dalk nie na veel lyk nie – het dit vir Erasmus soos die teëltjies van ’n mosaïek of die stukkies van ’n legkaart inmekaargepas “Individueel lyk dit dalk nie betekenisvol nie, want wanneer ’n mens getuienis evalueer, word gekyk na die integriteit daarvan ” Hy het Lombaard se getuienis as betroubaar bestempel en puntsgewys uitgewys hoe haar weergawe deur ander getuies beaam is Stephen Coetzee, ’n algemene werker van Diazville, se getuienis het vir Erasmus swaar geweeg Erasmus het Coetzee se getuienis aanvaar dat Kelly in Augustus 2022 aan hom gesê het Middelpos en Diazville gaan vroeg in die volgende jaar “soos ’n rolprent lyk” soos wat mense na haar kinders of een van haar kinders gaan soek

Sy het gesê sy gaan die kind ver weg stuur Coetzee het as getuie ’n gunstige indruk op Erasmus gemaak “Hy het geen motief gehad om homself in hierdie situasie te plaas nie en niks gehad om daaruit te baat nie ” Appollis en Van Rhyn se bekentenisse, wat hulle op Dinsdag 5 Maart 2024 afgelê het en wat op video vasgelê is, staaf ook Lombaard se getuienis oor onder meer die bespreking van die “Die Plan” – die oorhandiging en betaling vir Joshlin Volgens Erasmus begin die aanloop na

Pendelaars boikot taxi’s

meenskap te kry.

Volgens Lubabalo Mtikitiki, die voorsitter van die Malmesbury-taxivereniging, is dit nie waar dat alle bestuurders onder kontrak gestop word nie. Die kennisgewing was slegs vir mense wat nie ’n geldige permit het om hul voertuie vir vervoer onder kontrak te gebruik nie.

’n Tweede kennisgewing is volgens hom uitgestuur om verdere verwarring uit te skakel. Die vereniging meen mense koop motors en werf kliënte sonder geldige dokumente, wat ’n negatiewe uitwerking op die taxi-bedryf het.

Die gemeenskapslid Elizabeth Jacobs, wat die mees onlangse vergadering bygewoon het, sê die kennisgewing wat lui dat slegs onwettige taxibestuurders vir pendelaars onder kontrak beëindig sal word, is teenstrydig met die aksies wat tans deur lede van die vereniging uitgevoer word.

Private vervoer word deur die plaaslike gemeenskap gebruik omdat hulle betroubaar is, volgens die wet inbedryf

word en bekend is aan sy of haar kliënte, verduidelik pendelaars.

“As jy van een van die taxi's by die taxi-staanplek in Bokomoweg gebruik maak, moet jy saam met vreemde bestuurders en vreemde mense ry en jy vrees vir jou lewe want jy weet nie of die vervoer betroubaar is en of die taxi wettig is nie.

“Daar is elke keer ’n ander taxibestuurder,” voeg Jacobs by.

Die gemeenskap doen ’n beroep op die plaaslike wetstoepassingsdienste om in te gryp.

’n Afvaardiging van die Swartlandmunisipaliteit en lede van die polisie gaan Dinsdag met Santaco, die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, vergader om oplossings te vind vir die pad vorentoe.

Volgens die Swartland-munisipaliteit was die samekoms van 11 Mei ’n informele saamtrek deur die gemeenskap om die kwessies te bespreek.

“Die Swartland-munisipaliteit was nie hierby betrokke nie.”

die verkoop van Joshlin al in 2018 met die Andrews-gesin wat toe al vir Joshlin wou aanneem Smith en Joshlin se pa, Jose Emke, het egter geweier Daar is getuig dat Smith op 18 Februarie 2024 aan Boeta gesê het sy wil van Joshlin ontslae raak omdat sy moeg is vir die Andrews-gesin en Emke wat die heeltyd die kind wil wegvat Joshlin het skoolvakansies en naweke by Natasha Andrews en haar gesin deurgebring Erasmus het gesê die beskuldigdes se verskillende verklarings en getuienis gedurende die binneverhoor was onbestendig en hul tydlyn is glad nie sinvol nie Erasmus was nie beïndruk met Smith wat as ’n ma nie juis gehelp het om na haar kind te soek en geen werklike belangstelling getoon het nie Hy het haar ook oor die kole gehaal omdat sy die Maandagaand (19Februarie) eerder haar foon wou laai [as om na haar kind te soek]

Hy het ook verwys na Smith wat aan verskeie mense gesê het “die kind” het haar beroemd gemaak, emosieloos voorgekom en “soos ’n baba geslaap” die dag nadat Joshlin weggeraak het

Hy het gesê Smith se gedrag op 19 Februarie 2024 – die dag toe sy Joshlin by die Saldanha-polisiekantoor as vermis gaan aangee het – is nie die gedrag van iemand wat nie weet waar haar kind is nie

Erasmus meen Smith weet waar Joshlin is

Die munisipaliteit sê dit is belangrik om daarop te let dat die regulering van die taxi-industrie, uitreiking van taxi lisensies, die regulering van roetes ens die verantwoordelikheid is van die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Mobiliteit en spesifiek die Provinsiale Regulerende Entiteit (PRE), wat binne hierdie provinsiale departement gesetel is "Die saak is egter van belang vir die munisipaliteit aangesien dit die potensiaal het om die lewens van ons inwoners te ontwrig en kan eskaleer tot ’n meer ernstige situasie waar lewens in gevaar kan wees."

Daarom het Swartland-munisipaliteit, op versoek en onder leiding van die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas en die burgemeesterskomitee, opgetree in ’n fasiliterende hoedanigheid, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, om die verskeie belanghebbendes in hierdie saak bymekaar te bring en om gesprekke te help fasiliteer wat hopelik tot ’n wedersyds aanvaarbare oplossing sal lei Een vergadering is reeds gehou en nog een sal binnekort plaasvind

‘Human error is responsible for avoidable road fatalities’

The Western Cape Government this week said it is deeply concerned about the high number of road fatalities and incidents of drunken driving recorded between 22 April and 4 May. In this period 51 lives were lost on the province's roads, 33 of whom were during the period of 22-28 April and 19 pedestrians.

Another 18 lives were claimed, between 29 April and 4 May, in 16 fatal crashes. In addition, 96 motorists were

arrested for driving under the influence of alcohol in the first period, the provinces’ Mobility Department said in a statement released on 30 April, while 86 drunken driving arrests were recorded for the second period.

A high number of speeding offences were also highligted.

The Western Cape Mobility Department again urged all road users to take personal responsibility for road safety. Many of the crashes and fatalities

recorded were preventable and stemmed from poor driving decisions, including excessive speed, driving under the influence and ignoring basic road rules.

Tips to avoid speeding:

• Plan your journey and allow extra time to reach your destination.

• Pay attention to speed-limit signs and road conditions.

• Avoid distractions and stay focused on the road.

• Be mindful of weather and traffic, and adjust your speed accordingly.

“In the past week 16 crashes could have been avoided and 18 lives saved,” said Muneera Allie, Western Cape Mobility Department Head of Communications. “These statistics should not just shock us; they should spur us into action. The truth is, too many of these incidents are due to human error and a disregard for rules intended to

protect us all We each have the power to help prevent crashes and save lives.”

The Western Cape Government remained committed to enforcement, education and interventions to improve road safety. Their success depends on every single road user doing their part. “Let's work together to make our roads safer for our families, friends and communities,” said Allie, “because every life matters.”

Boeta Appollis
Kelly se ma, Amanda Daniel-Smith, tydens die hofsitting waarin uitspraak Vrydag (2 Mei) gelewer is
Steveno van Rhyn
Kelly Smith

‘Tyd om stilte te verbreek’

“Breek die stilte; moenie langer stilsit terwyl verkragters en ander seksuele oortreders skotvry buite rondloop nie!”

Dít is die woorde van Janine Passenz van die Survivers Haven foundation wat nou ook ’n radioprogram doen. Passenz verduidelik die program moedig slagoffers aan om die stilte te breek en te praat.

Die jaar het baie goed vir die organisasie begin, verduidelik sy “Survivors

die Nottingham-universiteit getoon ’n groot behoefte bestaan vir inligting oor slagoffers van seksuele misdrywe. Die navorsing het ook getoon baie van die slagoffers weet nie wat hulle moet doen en waar om vir hulp aan te klop nie. “Ons organisasie het in Maart vanjaar in samewerking met die universiteit ’n toolkit bekendgestel.”

Die “toolkit” bevat die basiese inligting oor wat slagoffers stap-vir-stap moet doen indien hulle seksueel mishandel of verkrag word.

“Ons fokus nou meer op plaasgebiede en hoop om meer gemeenskappe met die

hok te slaan,” sê Passenz.

Sy vertel trots dat twee van die organisasie se lede binnekort Kenia en Europa toe gaan om met organisasies daar saam te werk en bande te versterk. “Ons wil ook meer betrokke raak met ondersteuning aan slagoffers by die hof en werkskeppingsprojekte is hoog op ons prioriteitslys,” Inwoners word ook aangemoedig om slagoffers tydens hofverskynnings te ondersteun omdat hulle dikwels alleen voel, en dit is wanneer dinge verkeerd kan gaan.

Volgens Passenz doen die organisasie

Pyn ligter by petrolpompe

Die pyn by die brandstofpomp is sedert die afgelope Woensdag (7 Mei) effens ligter danksy brandstofpryse wat gedaal het Dit is die derde agtereenvolgende maand dat die brandstofprys verlaag is Die departement van minerale bronne en energie het ’n 22c-per-liter-verlaging vir petrol (beide 93- en 95-oktaan) en ’n verlaging van 42c (500ppm) en 41c (50ppm) per liter diesel aangekondig Dit beteken dat 95-oktaan-petrol nou R21,40 in die binneland kos en R20,57 aan die kus Diesel kos R18,90 in die binneland en R18,07 aan die kus Paraffien se grootmaatprys daal met 31c per liter

Die prys van brandstof het in April met 58c per liter vir 93-oktaan, 72c per liter vir 95-oktaan en van 85,80c tot 83,80c per liter vir diesel gedaal

Die prys van gas het ongelukkig met 46c gestyg – slegte nuus so voor die winter

Die hernuwing van motorlisensies gaan heel moontlik duurder word Die WesKaapse regering nooi inwoners om voor Saterdag (17Mei) kommentaar te lewer op die beoogde 4,5%-verhoging in tariewe Die nuwe tariewe sal op 1Augustus vanjaar in werking tree Die voorgestelde styging wissel van 3,9% tot 4,8% Kleiner motors wat tussen 750kg en 1000kg weeg, sal – indien die verhoging aanvaar word – R408 betaal teenoor die vorige R390 Groter voertuie soos nutsmotors wat tussen 2000kg en 2250kg weeg, se lisensiekoste styg van R1104 tot R1152

Die provinsiale regering het gesê die goeie toestand van die provinsie se paaie kan daaraan toegeskryf word dat die inkomste van motorlisensies gebruik word om paaie in stand te hou en op te gradeer • Stuur e-pos na Robyn Titus@westerncape gov za om op die voorgestelde verhoging kommentaar te lewer

Janine Passenz (derde van links) saam met ’n groep ondersteunners by die hof Foto: Murphy Roberts

Teen vaping harms mental health

Packaged in “fun flavours” and seen as socially acceptable and less harmful than tobacco, vaping is rising at an alarming rate among South African teenagers, putting them at risk of addiction and harm to their developing brains and mental health

In a survey conducted in 52 high schools across South Africa, 17,82% of the learners between Grade 8 and 12 reported currently using vaping products with 47% vaping within the first hour of waking, suggesting high nicotine addiction In addition to this 36,7% reported having tried vaping previously

As with the nicotine in conventional cigarettes, research has shown that the nicotine in vapes or e-cigarettes can cause severe impairment to the growing teenage brain, leading to cognitive difficulties, mental health issues including depression and anxiety, and increased risk of violent behaviour, other substance use, and suicidal thoughts and attempts

According to the study, at least a quarter of South African Grade 12 learners admit to vaping regularly, both as a social activity and stress-coping mechanism, and usage filters down through all high-school grades to primary-school learners

While teenagers are well-attuned to the health and addiction risks of conventional cigarettes the real risks of vaping are obscured by funky flavours and

also harms the areas of the brain involved in attention and learning, mood regulation and impulse control

“Young people, and adults as well, have the misconception that vaping is less harmful than tobacco use and underestimate the risks There is a cloud of misinformation around the health impacts of vaping, which leads people to believe it is harmless, or even ‘beneficial’ ”

She added that concerns about the rise and potential harm of vaping amongst teenagers extends to “non-nicotine” vapes – as they are similarly habit-forming with potential to lead to other substance use, mental health issues, and they carry similar physical health risks from the chemical components over and above nicotine

High-school learners taking up vaping have reported that they do so to cope with stress and anxiety, amid the multiple academic and life stressors facing teenagers today Mdaka said teens and their parents need to understand vaping may be being used as a coping mechanism for an underlying psychological problem that could worsen if not addressed

The relationship between vaping and mental health is “bi-directional”, she said, since teenagers who are experiencing underlying mental health issues may be at risk of using vaping as a coping strategy, which in turn could worsen the symptoms of pre-existing conditions such as depression and anxiety

Ingrid laat als opvlam

Ná ’n uitverkoopte en skitterende debuut by Die Centurion Teater, toer die produksie van Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu nou na die Kaap met net ’n beperkte aantal vertonings van 29Mei tot 1Junie wanneer teaters in Durbanville, Paternoster, Strand en Stellenbosch die gasheer sal wees vir hierdie roerende produksie wat geïnspireer is deur die liefdesbriewevanIngridJonker en André P. Brink.

Hierdie teaterstuk, aangebied deur Scenario Produksies en Centurion Teater, herdenk nie net Jonker se lewe nie, maar bring haar wêreld – haar digkuns, haar passie, en haar soeke na vryheid en menswees –na die verhoog met intesiteit en natuurlik poësie. Die stuk is gegrond op die geliefde boek Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink, en omskep hul intieme korrespondensie in ’n teater- en musiekervaring wat harte diep raak. Die bekroonde aktrise Lizelle Pike vertolk die rol van Ingrid Jonker met hartroerende oorgawe en bring die kompleksiteit van die digter tot lewe met passie en selfs broosheid.

Lizelle Pike lewer ’n puik vertoning in

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu, wat nou in die Kaap vertoon word in hierdie roerende produksie wat deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P Brink geïnspireer is.

’n Meesleurende en liriese vertelling word onder die regie van Nadia Beukes, Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse geskep, wat liefde, verlange en die menslike gees vier.

“My hoop vir hierdie produksie is dat dit sal word wat dit moet wees om twee mense se storie te eer en sodoende elke kyker te inspireer,” sê Beukes, wat haar regisseursbuiging hiermee maak.

Die teks en nuwe musiekverwerking is geskep deur die bekroonde digter en skrywer

Jak J. Brits “Om die storie van ’n legende te vertel, haar woor-

de en poësie te verwerk en te toonset, is ’n groot voorreg,” sê Brits Sy werk bring nuwe lewe aan Jonker se digkuns, veral uit haar bundel Rook en Oker, met oorspronklike komposisies wat die emosionele landskap verryk. Chanie Jonker, musiekregisseur en pianis, lei die musikale reis wat Ingrid se wêreld oopvou – ’n wêreld waar liefde brand, twyfel fluister en elke woord met dringendheid sing.

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is veel meer as ’n liefdesverhaal Dit is ’n huldeblyk aan Jonker se stem, ’n uitnodiging om haar gees te beleef en ’n herinnering aan die krag van woorde en musiek.

Kaapstad-toerdatums:

•29 Mei – Die Boer- teater en restaurant, Durbanville Kaartjies: www.dieboer.com

•30 Mei – Die Koelkamers, Paternoster

Kaartjies: www.diekoelkamers com

•31 Mei – The Drama Factory, Strand

Kaartjies: www.dramafactory. co.za

•1 Junie – Drostdy Boutique Teater, Stellenbosch

Kaartjies: www.drostdyteater. co.za

Hoop vlam op oor lisensiekaarte

Ronel van Jaarsveld

’n Liggie skyn darem nou weer in die tonnel vir motorbestuurders wat vir hul kaartlisensies wag Die drukker, wat die bestuurderslisensies druk, is herstel. Dit was die afgelope drie maande buite werking, wat landswyd ’n agterstand van 747748 lisensies

veroorsaak het. In die Wes-Kaap was teen 2 Mei nog 108402 lisensies wat gedruk moet word. Hierdie masjien gee al lank probleme en dit veroorsaak groot oponthoude. Volgens Collen Msibi, ’n woordvoerder vir die nasionale departement van vervoer, is die werknemers se werksure ver-

leng om die agterstand so gou as moontlik in te haal.

Die agterstand in Gauteng is 252745 kaarte, in KwaZulu-Natal is dit 115020 kaarte, in Mpumalanga 66833 kaarte, in die OosKaap 55393 kaarte, in Noordwes 39983 kaarte, in die Vrystaat 33741 en in die Noord-Kaap staan die agterstand op 13862 kaarte

Leiers, sportlui en ander vereer

Die wyksraadslede Moosa Raise en Allister Lightburn het gemeenskapsleiers, sportlui en ander vir hul bydrae om Atlantis 'n beter plek te maak, vereer.

Lightburn het sy wyk se geleentheid op Saterdag 26April by die Witzand Aquifer (Duine) gehou Moosa het sy eerste erkening aan leiers op Saterdag 10 Mei by dieselfde plek gehou

Volgens die twee raadslede is dit belangrik dat leiers erkenning moet kry vir wat hulle doen om Atlantis ’n beter plek te maak. Die twee vertel ook hulle hoop dit sal ander aanmoedig om ’n helpende hand na die gemeenskap uit te reik.

Volgens Lightburn het hy 45 mense vereer terwyl Raise 22 mense vereer het en al twee het belowe dat dit elke tweede jaar gedoen sal word.

Ward 29 Councilor Allister Lightburn present Nikki Pretorius, Radio Atlantis manager with the Community Builder of the Year award Ward 29 Champions of the Year award winners with Cllr Allister Lightburn behind them
Die raadslid Moosa Raise, Loenardo Booysen (vlugbal), Shayen Copaima (aanbieder), Damian Munro (rugby) en Ryan Hendricks (sokker) is vereer vir hul bydrae tot sport Foto’s: Murphy Roberts
Moosa Raise saam met Buthelezi Khatyana (boks) en Nicolle Barry (netbal)
Peter Reid, Nikita Hare (dans) en Mario Baxter wat ook tot dans-ontwikkeling bydra, is vereer vir hul bydraes, asook Lorna Booysen wat vir haar bydrae tot kuns en kultuur uitgesonder is Saam met hulle, in die middel, staan Matt Cullinan (Asez)
Moosa Raise, Michelle Fortuin (gemeenskapsbouer), Monthanay Hendricks (gemeenskapsbouer), Louisa Solomon namens Emelda Titus (gemeenskapsbouer) en Matt Cullinan (Asez) is vereer vir hul onderskeie bydraes om Atlantis ’n beter plek te maak.
Moosa Raise, Keith September (amptenaar van die jaar), Shayen Copaima (aanbieder), Elize Hendricks (beste opvoeder) en Russel Andrews, kringbestuurder van die onderwysdepartement
Moosa Raise, Shayen Copaima (aanbieder), Chuma Gabuza en Welile Matiso het die trofee vir gestorwe leiers namens die vermoorde
Moses Matiso ontvang
Moosa Raise, Shayen Copaima (aanbieder) met die Sportman van die Jaar, Nieuwen Tango (atletiek) en Sportvrou van die Jaar, Marion Meiring (vlugbal)

PAYS TO ADVERTISE CONTACT YVETTE SMITH FOR GOOD ADVERTISING DEALS! 082 482 1117 Yvette.smith@novusmedia.co.za

’n Atlantis-speler beur vorentoe in die span se oorwinning van 22-20 teen Caledonian Roses op die

Caledon Roses ryg drieë in, maar mis pale

Atlantiswennet-net

Die Atlantis-rugbyklub het Saterdag (10 Mei) sy eerste oorwinning van die seisoen behaal met ’n 22-20oorwinning oor Caledonian Roses op Proteapark se rugbyveld

Die tuisspan, wat rustyd 19-10 voor was, het die wedstryd egter byna op ’n skinkbord aan die besoekers gegee Atlantis het reeds vroeg in die wedstryd eerste bloed geruik met ’n strafskop Die besoekers moes egter

daarna die meeste van die verdediging doen en die tuisspan, wat ook meeste van die gebiedsvoordeel geniet het, kon egter nie afrond nie Die gebrek aan afronding het die tuisspan byna die wedstryd gekos

Die besoekers, wat gesukkel het om die tuisspan se doellyn oor te steek, het egter vier drieë gedruk, wat almal teen die verloop van spel gedruk is

Die tuisspan, wat die telbord met vier strafskoppe en ’n skepskop aan die rol gehou het, was gou voor

Met ’n oortuigende oorwinning wat

wink het Atlantis die besoekers toegelaat om die agterstand te laat krimp en die wedstryd was tot in die laaste minuut op ’n mespunt gebalanseer

Atlantis se afrigtingspan sal egter moet aandag skenk aan die span se afronding Atlantis, wat verlede seisoen sy buiging in die WP-superliga C gemaak het, het die uitspele vir promosie na die super liga B behaal

Die span is egter nou net ’n skadu van verlede seisoen se span Atlantis, wat die skrums oorheers het, kon egter nie dieselfde in die

lynstane doen nie

Die besoekers se punte het ook gekom vanaf die tuisspan wat aanvallende spel laat skipbreuk ly en met die besoekers wat dit uitgebuit het en in punte omgeskep het

Atlantis het ook die wenkbroue laat lig om elke keer strafskoppe na die pale te mik as om met hul sterk skrumwerk die doellyn van die besoekers te probeer oorsteek

Atlantis se karakter as tuisspan was teen die einde genoeg om die oorwinning te verseker

Young Hearts maak jong harte bly; steeds onoorwonne

Young Hearts het Saterdag sy droomseisoen voortgesit en is steeds die enigste onoorwonne span in die Boland-Grootuitdaagbeker se Weskus-streek. Die troepe van die Grafkelder het die Cove in die Agterbaai met 34-13 geklop nadat hulle rustyd 12-10 voor was.

Young Hearts, wat wankelrig begin het, is goed in toom gehou en moes alles uithaal. Cove, wat die grootste deel van die eerste helfte in beheer van sake op sy tuisveld was, was ook met enkele minute oor nog 10-5 voor.

Young Hearts het egter met ’n verdoelde drie hul neus voorgekry

Die tuisspan het die besoekers met rotsvaste verdediging op die agtervoet gehou.

Young Hearts het getoon dat die span oor genoeg diepte beskik nadat 11 eerstekeusespelers hulle dié week weens ’n grieppandemie wat die span getref het, moes onttrek. Young Hearts het egter die tweede helfte vinnig begin en sy voorsprong vergroot. Die span van Pella het daarna die krane behoorlik oopgedraai en die besoekers, wat goeie rekenskap in die eerste helfte gegee het, moes keer vir

al wat hy werd was.

Die bonuspunt-oorwinning het Young Hearts ses punte voor St. Helenabaai geplaas. Met nog twee wedstryde oor in die eerste ronde is dit Young Hearts en St.Helenabaai wat tans die pas aangee.

Volledige naweek-uitslae:

• Weskus: Vredenburg 9-27 St. Helena, Piketberg 22-25 Hopefield, Goedverwacht 20-52 Paternoster, L’angebaan 40-42 Velddrif en Steenberg's Cove 13-34 Young Hearts

Swartland: Wesbank 26-20 Abbotsdale, Darling 10-15 Porterville, Riebeeck United 19 -18 Moorreesburg, Villagers Wittewater 29-16 Mamre, Voorberg 22 - 23 Never Despairs en Saron 20-36 Goodhopes. Hierdie naweek pak: Weskus: Young Hearts t. Langebaan, Saldanha t. Vredenburg, St. Helena t. Goedverwacht, Paternoster t. Piketberg en Hopefield onthaal Steenberg's Cove terwyl die derde geplaasde Velddrif ’n blaaskans neem

• Swartland: Darling t. Wesbank, Porterville t. Voorberg, Good Hopes t. Abbotsdale, Moorreesburg t. Wittewater, Never Despair t. Riebeeck United terwyl Mamre na Saron reis.

Gilmore Solomons, die skrumskakel van Young Hearts, hardloop deur vir sy eerste van twee drieë teen Steenberg’s Cove in die Agterbaai Foto: Solminic Joseph
Proteapark-rugbyveld Foto: Murphy Roberts

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
WeskusNuus-E-edition-13 May 2025 by Novus Media - Issuu