Weskus Nuus E-Edition - 15 July 2025

Page 1


Internasionale wedstryd sou kinders leer

Engelse stel wedstryd af

Die kansellasie van ’n internasionale rugbywedstryd tussen Atlantis Sekondêr en die Loughborough Grammar School van Engeland het plaaslike leiers erg onthuts gelaat.

Die wedstryd sou op Vrydag 4 Julie op die Protea Park-sportvelde plaasgevind het.

Volgens die skool se omsendbrief aan ouers het die organiseerders die wedstryd gekanselleer weens die hoë vlak van misdaad in die land, en ook in Atlantis.

Die brief dui aan dat die Britse ouers bekommerd was oor sakelui van SuidAfrika se uitlatings in die Withuis in Amerika oor die misdaadvlakke wat in die Suid-Afrika en veral die Wes-Kaap “buite beheer” is.

Die skool spreek in die omsendbrief ook sy ongelukkigheid uit oor die leerders wat die kans om teen hul internasionale eweknieë te speel, ontneem is.

Kol. Mario Thyse, bevelvoerder van die Atlantis-polisie, het inwoners egter tydens ’n vergadering verseker dat misdaad in die gebied beheer word.

Volgens Thyse het sekere buurte selfs ’n sterk afname in geweldsmisdaad.

Thyse se teleurstelling in die afstel van die wedstryd ken geen perke nie. Hy het inwoners en ouers van leerders van Atlantis Sekondêr verwys na die onlangse besoek van ’n Britse Premierliga-sokkerspan aan Atlantis, wat sonder enige negatiewe voorvalle afgeloop het. Die span het die berugte Dura-woonstelle besoek – sonder enige polisiebegeleiding en nie ’n enkele voorval is aangemeld nie.

Thyse het dié besoek meegemaak. Dit was vir hom verblydend om te sien hoe

die kinders die tyd saam met die professionele sokkerspelers geniet het. “

Dit is baie duidelik dat misdaad in die eens berugte Dura-woonstelle besig is om af te neem. Die beplande rugbywedstryd kon ook ’n positiewe bydrae gelewer het,” het Thyse gesê.

Thyse het inwoners tydens die vergadering aangemoedig om die skakel te breek en nader aan die polisie te beweeg om misdaad hok te slaan. Hy het verseker dat almal saam ’n verskil kan maak.

Thyse het ook gevra dat ouers en familielede moet ophou om misdadigers te beskerm en die polisie aan te val as hulle hul werk kom doen.

Hy het inwoners ook aangemoedig om die voorbeeld van die Dura-woonstelbewoners te volg, want hulle stel tans ’n voorbeeld van hoe samewerking tussen die polisie en die gemeenskap misdaad kan hokslaan.

Tieners by Atlantis-tronk gewys dis g’n ‘lekker vakansie’

“Ons hoop die besoek aan die tronk sal die tieners help om die regte besluite te laat neem en dat dit ’n verskil in hul lewens kan maak.” Kapt. Lisa Munro van die Atlantis-polisie sê die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die polisie se slagoffersbystandsdienste het onlangs ’n uitstappie na die Malmesbury-gevangenis gereël. Die doel was om die seuns te wys wat hul voorland is as hulle verkeerde besluite neem. Volgens Julie Lubbe-Rossouw van die slagoffersbystandsdienste het die jongspan by die manne in oranje gehoor hoekom hulle agter tralies is.

Lubbe së die meeste van die gevangenes wat hul ervaringe met die jongspan gedeel het, is van Atlantis.

Die gevangenes het die jongspan aangemoedig om nie dieselfde foute as hulle te maak nie.

“Ons is vandag hier omdat ons verkeerde besluite gemaak het. Daar is geen toekoms in misdaad nie,” het die jongspan onder meer gehoor.

van die Atlantis-polisie, die slagoffersbystandsdiens, die gemeenskapspolisiëringsforum en die

tement van

die

Die besoekers is ook na velde geneem waar gevangenes hard moet werk. Bewaarders het op hul beurt vertel die dae wat mense gedink het tronke is

vakansie-oorde, is lankal vergete. Volgens Munro beoog hulle om meer tieners aan sulke tronkuitstappies bloot te stel.

Lede
Depar-
Korrektiewe Dienste wat
jongspan ingelig het oor hul toekoms as hulle misdaad kies.
Tronke is nie vakansie-oorde nie, het dié seuns van Atlantis tydens hul besoek aan die Malmesbury-gevangenis gehoor.
Fabian Williams, die ondervoorsitter van die Atlantis-gemeenskapspolisiëringsforum. Hy meen die gekanselleerde internasionale wedstryd tussen die twee skole kon beter hanteer gewees het. Foto’s Murphy Roberts
Minder Saxon Sea-inwoners as wat verwag is, het vir die vergadering met die polisie in die Saxon Sea Primêre Skool se saal opgedaag.
Speurkapt. Gavin Liedeman, kol. Mario Thyse, lt.kol. Deon Jafhta (hoof van sigbare polisiëring), en Allister Lightburn, die subraad-een-voorsitter en wyksraadslid (wyk 29) tydens die vergadering tussen die polisie en inwoners van Saxon Sea.

Verkope van onwettige drank styg

Inwoners van Atlantis en omgewing wat van kuier hou, sal moet seker maak die drank wat hulle by kroeë en sjebiens koop, is nie vervals nie. Die ouens wat dit aankoop, moet seker maak hulle koop nie nagemaakte drank nie – al is die prys ook hoe goedkoop.

Dr. Shamal Vinesh Ramesar, die navorsingshoof by die Drankfederasie van Suid-Afrika (DF-SA), doen ’n beroep op inwoners om saam te werk om die toename van vervalste alkohol te keer. Hy sê byna een uit elke vyf soorte drank wat verkoop word, is deesdae onwettig of nagemaak. Hoewel onwettige alkohol die drankbedryf belemmer, hou dit ’n gevaar vir gebruikers se gesondheid in. Navorsing van Euromonitor International wys die onwettige alkohol-mark het sedert 2017 met 55% gegroei.

Kenmerke van vals drank Vervalste alkohol is onbelas, ongereguleer, ongetoets en onveilig, want dit word in onhigiëniese plekke vervaardig en gevaarlike hoeveelhede etanol of giftige bymiddels soos metanol word bygevoeg. Dié chemikalieë het ’n skerp reuk en kan blindheid, senuweeskade, hartversaking en metaboliese asidose (vinniger hartklop, verwarring, moegheid, swakheid, vinnige asemhaling, naarheid, braking, erge dehidrasie en skok) veroorsaak en tot orgaanversaking en selfs die dood lei.

Altesaam 83% mense in ’n onlangse peiling was bekommerd oor die gesondheidsgevaar van onwettige alkohol; 49% ken iemand wat daardeur benadeel is en 29% ken iemand wat daaraan gesterf het. Wees op die uitkyk as:

• Pryse aansienlike laer is as drank by ’n wettige drankwinkel.

• Die bottelseël gebreek is of

nie ’n kraakgeluid maak wanneer dit oopgemaak word nie.

• ’n Ry drankbottels nie dieselfde hoeveelheid drank in het

VOORGESTELDE VERKOOP VAN DIE RAAD SE ONROERENDE EIENDOM

Die Stad Kaapstad oorweeg die verkoop van die volgende eiendomme in Stadsbesit ingevolge artikel 11.5

beleid oor die bestuur van sekere van die Stad Kaapstad se onroerende eiendom (deur die Raad op 26 Augustus 2010 aangeneem – C54/08/10), en hoofstuk 2 van die regulasies oor die oordrag van munisipale bates (2008). (Dit is nie ’n tenderadvertensie nie).

Verkoop

Gebied Erf-/ plaasnommer Omvang (m²) Straat Woonbuurt Geskatte markwaarde (BTW uitgesluit)

Atlantis Industria Gedeelte van erf 227-RE 3,68 hektaar Neil Hare-weg 179

Huidige sonering Stadsamptenaar

Atlantis Industria R7 350 000 Algemene nywerheid 1 (GI1)

Cameron White Cameron.White@ capetown.gov.za 021 400 1767

Inligtingsverklaring ingevolge hoofstuk 2, regulasie 5 van die regulasies oor die oordrag van munisipale bates (MATR) (R.878)(2008):

i. Die waardasie van die kapitaalbate wat oorgedra of vervreem gaan word en die waardasiemetode wat gebruik is om die waardasie te bepaal;

Die markwaardasie wat deur die waardasietak van eiedomstransaksies gedoen is, met behulp van die metode van vergelykbare verkope, het die markwaarde van die onderhawige eiendomme beraam soos uiteengesit in die tabel hier bo, wat teen ’n markverwante koers sal styg.

ii. Redes vir die voorgestelde oordrag en verkoop van die bates:

Die Stad se interne diensdepartemente het bevestig dat die eiendom nie benodig word vir die voorsiening van ’n minimum vlak basiese munisipale dienste nie

iii.Enige verwagte voordele vir die munisipaliteit wat uit die oordrag of verkoop kan voortvloei

Die Stad sal onbenutte kapitaalbates in belasbare eiendomme omskep Die Stad sal onbenutte kapitaalbates vir ekonomiese groei en hoërintensiteitgebruik kataliseer

iv Enige verwagte opbrengs vir ontvangs deur die munisipaliteit weens die oordrag of verkoop: Daar word voorsien dat die Stad ’n opbrengs in die vorm van ’n markverwante verkoopprys en toekomstige inkomste uit eiendomsbelasting sal ontvang.

v Enige verwagte wins of verlies wat die munisipaliteit sal realiseer of ly weens die oordrag of verkoop: Die gewone koste vir advertensies sal deur die Stad gedra word Die koper sal vir die oordragkoste verantwoordelik wees.

Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, word die publiek en belangstellende partye of groepe die geleentheid gebied om van 27 Junie 2025 tot 28 Julie 20225 kommentaar aanbevelings of insette by die munisipaliteit in te dien.

Meer besonderhede in hierdie verband is weeksdae gedurende kantoorure (08:00 tot 16:00) slegs volgens afspraak by eiendomstransaksies, 13de verdieping, Burgersentrum, Hertzog-boulevard 12, Kaapstad, beskikbaar Kommentaar insette of aanbevelings oor die voorgestelde verkoop van die Raad se onroerende eiendomme kan per e-pos aan die betrokke stadsamptenare in die tabel hier bo gestuur word of soos volg ingedien word:

• Aanlyn: www.capetown.gov.za/haveyoursay

• Per pos: Eiendomstransaksies, 13e verdieping, Burgersentrum, Hertzog-boulevard 12, Kaapstad 8001

Die Stad se eenheid vir openbare deelname sal mense wat nie kan lees of skryf nie, mense met gestremdhede en mense uit benadeelde groepe wat nie skriftelike kommentaar kan indien nie, help om hul besware aan te teken en by die Stad in te dien. Kontak die volgende persone:

Vir algemene openbare deelname en benadeelde groepe, kontak: Anathi Dywili by 021 400 9825 of Anathi.Dywili@capetown.gov.za. Rig navrae aan die betrokke amptenaar in die tabel hier bo

• Vervalste alkohol smaak en lyk nie soos wettige alkohol-handelsmerke nie.

• Fyn deeltjies dryf soms in die vloeistof.

• Die etikette lyk effens anders en is op ’n ander plek geplak.

• Bottels met vervalste drank word van substandaard glas gemaak, wat minder weeg.

• Geen strepieskode of vervaardigingsdatum verskyn op die bottel nie.

Kenmerke van vervalsers Verskaffers van vervalste drank het nie geldige drankverspreidingslisensies of amptelike maatskappyregistrasies of BTW-nommers nie. Hulle het gewoonlik nie ’n adres nie en wil ook nie hê iemand moet hul “sakeperseel” besoek nie. Hulle werk streng kontant en gee nie kwitansies of fakture nie.

Vervalsers lewer in ongemerkte afleweringsvoertuie af. Ramesar waarsku dat enige onderneming wat bewustelik aanhou om vervalste drank te verkoop, se bates afgeneem kan word.

Atlantis police are counting successes

Murphy Roberts

The Crime Prevention Unit attached to the Atlantis Police Station was alerted to a shooting at 01:45 in Buffelsnek, Sherwood Park, Atlantis.

On their arrival at the scene an unknown male was coming along and, on seeing the police vehicle het turned around and started running.

The suspect had a firearm on him, which was confiscated by the police when they arrested him.

The 17-year-old, from Concordia Street, Sherwood Park, was charged with possession of an illegal firearm and ammunition.

Another 17-year-old boy was shot three times in St Antonio Street, Saxonsea.

Kapt. Lisa Munro van die Atlantis police said that on their arrival the police found a male with three gunshot wounds to the body. It is believed the victim was standing with friends in the street when a man came along and fired shots at them, hitting the victim twice in the back and once in the chest.

Law Enforcement was patrolling when they saw a man running from the crime

scene with a firearm. They gave chase, arrested the suspect and retrieved an illegal firearm.

Another case involved a murder that took place in Hardenberg Street, Mamre on 9 April 2024 investigated by Donovan Christian, the lead detective in the case at the Atlantis Police Station. It is alleged the victim, a 54-year-old woman, Cathleen Arends, was walking in Hardenberg Street when she was approached by a man who stabbed her and ran away. The victim managed to walk to her house, where she collapsed and bled to death. She was certified dead at the scene by the paramedics.

After a thorough investigation Jolene Williams (28) from Mamre was arrested and appeared in the Atlantis Magistrate's Court. On 25 June she was found guilty in the Atlantis Regional Court and sentenced to 15 years in prison.

Col. Mario Thyse, Commander of the Atlantis Police Station, welcomed the verdict and encouraged community members to seek professional assistance when facing personal challenges, rather than resort to violence.

nie.
Die polisie lê gereeld beslag op onwettige en vervalste drank. Foto: SAPD
This firearm was found on a teenager in Sherwood Park.

ATKV vier 10 jaar

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is in 1930 in Kaapstad deur 12 baanbrekers gestig as ’n organisasie waar mense die vreugde van Afrikaans kon vier. Vandag is dit ’n moderne kultuurtuiste met meer as 70 000 hooflede, 30 aktiewe kultuurprojekte per jaar en met ’n regstreekse uitwerking op meer as 220 000 mense. Die ATKV lewer op sakevlak ook deur sy sewe asemrowende vakansieoorde en die Negester-leefstyllandgoedere vir 50-plussers tot volhoubare sosiale en ekonomiese ontwikkeling by.

Teen hierdie agtergrond het die ATKVtak Atlantis op 5 Augustus 2015 gestalte gekry in ’n inisiatief wat deur die Liedjieslypskool geïnspireer en deur die betrokkenheid van Morné van Staden en Elize Fortuin, die streeksbestuurder in die Wes-Kaap, versterk is. Gemeenskapslede en Liedjieslypskool-finaliste het saam die behoefte aan ’n kreatiewe ruimte en gemeenskapsversterking raakgesien.

Die tak het hom tot die ATKV se kernwaardes verbind – taal, kultuur, opvoeding, kuns, nasiebou en tuinbou.

Die Mini-kultuurfees het Atlantis laat leef met kunstenaars soos Hemelbesem, Anna Davel en Crescendo.

Tydens Vrouemaand is twaalf vroue vir hul diens vereer en Mynie Grové het vroue geïnspireer om hul talente uit te leef – ’n viering wat tot publikasie en die oordrag aan die Universiteit van Wes-Kaap gelei het. Internasionale Taaldag word jaarliks gevier met sang, dans en voordrag terwyl

die leeskamerprojek nasorg en leesbevordering bied.

Seniors van die Weskusklub en inwoners van ’n plaaslike skuiling is aktief betrokke, wat samehorigheid tussen die geslagte versterk. Vakansie-uitstappies na die Two Oceans-akwarium en iThemba Labantu het kinders se horisonne verbreed en hul selfvertroue versterk.

’n Gedenkbankie vir Chané Viljoen, saam met ’n jaarlikse geskenk aan haar seuntjie, hou haar nalatenskap lewendig. Vyf groentetuinprojekte is van stapel gestuur, insluitend ’n watertenk geskenk aan een gesin. Jongmense neem aktief deel aan Crescendo, Parkjam en redenaarsgeleenthede. Hoewel interorganisatoriese samewerking beperk is, bly die tak gefokus op plaaslike deelname en volgehoue groei.

Die ATKV-tak Atlantis vier sy tiende bestaansjaar – ’n dekade van kultuurryke groei, jeugbemagtiging en gemeenskapsbetrokkenheid – op 23 Augustus. Wat begin het as ’n visie het vorm aangeneem, ’n ruimte vir kreatiewe uitdrukking en hoop in Atlantis. Honderd gaste sal gratis by die Saxonsea Primêre Skoolsaal onthaal word vir ’n gala-geleentheid wat tien jaar se bydraes en impak vier. “Die ATKV-tak Atlantis was nog altyd vir my ’n familie van hoop,” sê die oudvoorsitter Annie Cruywagen.

Die huidige voorsitter, Yolanda Lameyer, sê sy is dankbaar vir die fondament wat gelê is. “Ek en die lede is gereed om dit verder uit te bou, Met elke projek, elke bydrae en elke droom wat gestalte kry, groei die uitwerking van ATKV-tak Atlantis. Die uitnodiging is – kom raak deel, bou saam, en wees die verskil wat Atlantis verdien.

Wen Pick n Pay-koopbewyse of hotelverblyf vir twee nagte

Wen een van vyf Pick n Pay-koopbewyse óf luukse verblyf vir twee nagte vir twee mense by die Boardwalkhotel in Gqeberha (Port Elizabeth). Skryf só in vir NovaNews se “Nou waa is daai ster?”-kompetisie vóór 16:00 op Woensdag 16 Julie: 1. Gaan na die webwerf by NovaNews. co.za.

2. Soek en klik op een van die versteekte sterre op die tuisblad.

3. Voltooi die vorm wat opspring. 4. Teken in op die NovaNews-nuusbrief.

5. Volg NovaNews op Facebook. • Reiskoste na die hotel is nie ingesluit nie.

City supports neighbourhood watches with equipment, app

JP Smith, the Mayoral Committee Member for Safety and Security, visited the Oasis Neighbourhood Watch (NHW) in Protea Park on Tuesday 8 July, and handed over City of Cape Town-sponsored equipment, including body-cameras, traffic control lights, LED vehicle lights and night vision goggles.

Smith said the City has approved ward allocations of nearly R4.4 million to support accredited NHWs in the 2025/2026 financial year. This process is managed by the Safety and Security Directorate through the Neighbourhood Watch Support Programme, now in its 16th year. Smith also said that the programme has grown from equipment handovers to include training and skills development opportunities like first-aid kits, monitoring duties in local CCTV control rooms and access to technology like the Trusted Partner app. This app is a digital tool designed to improve communication and coordination between safety role players, enhancing incident reporting and rapid response efforts.

“Our ever-evolving support to Neigh -

bourhood Watches is an investment in community safety,” Smith said. He pointed out the changes in the type of equipment handovers, from bicycles, reflective bibs and torches some years ago to more advanced tools today. These handovers have elevated the capabilities of the NHWs. "It also shows that we value these individuals and groups who diligently give up their time to protect and serve their communities. I look forward to another fruitful year with our Neighbourhood Watches and other community safety structures, and I encourage more of our residents to get involved in their local structures," he concluded.

NOTICE OF MAJOR HAZARD INSTALLATION -5 YEARLY RISK ASSESSMENT OF THE NCP CHLORCHEM ATLANTIS DEPOT, WESTERN CAPE

In terms of Sub-regula�on (4) of the revised Major Hazard Installa�on Regula�ons of 2022 (GNR. 2989 of 31 January 2023) of the Occupa�onal Health and Safety Act (Act 85 of 1993 as amended), NCP Chlorchem (Pty) Ltd., Atlan�s no�fies the public that it has completed the 5 yearly risk assessment as conducted by an approved AIA

The facility remains a High Hazard, Major Hazard Installa�on due to the toxic nature of Chlorine that it stores on site. In the unlikely event of a large accidental release of Chorine, the gas may be harmful to the health of persons in the vicinity

In terms of Sub-regula�on 4(5) any interested and affected p a r t y m a y, w i t h i n 6 0 d a y s o f

h i s adver�sement, make wri�en submissions concerning the installa�on to City of Cape town Fire & Emergency Services and the Chief Inspector I

assessment report can be viewed, and will be presented to all interested and affected par�es at a mee�ng on the 28 July 2025 at 10:00am-12:00pm at the NCP Chlorchem premises: 104 Neil Hare Road, Atlan�s, Western Cape, 7349.

Relevant Local Authority/ Relevante Plaaslike Owerheid: Mr Leon Jacobs Platoon Commander - Blaauwberg District Fire and Rescue Service: Fire and Life Safety Atlan�s Fire Sta�on, Charel Uys Drive, Atlan�s, 7349 Tel: 021 4444 277

KENNISGEWING VAN GROOT GEVAAR INSTALLASIE -5 JAARLIKSE RISIKO ASSESERING VAN DIE NCP CHLORCHEM ATLANTIS DEPOT, WES-KAAP

Ingevolge Subregulasie (4) van die hersiene Grootgevaarinstallasieregulasies van 2022 (GNR. 2989 van 31 Januarie 2023) van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993 soos gewysig), het NCP Chlorchem (Pty) Ltd., Atlan�s die publiek in kennis dat hy die 5-jaarlikse risikoevaluering voltooi het soos uitgevoer deur 'n goedgekeurde AIA.

Die fasiliteit bly 'n hoë-gevaar, groot gevaar-installasie as gevolg van die gi�ige aard van Chloor wat dit op die terrein berg. In die onwaarskynlike geval van 'n groot toevallige vrystelling van Chloor kan die gas skadelik wees vir die gesondheid van persone in die omgewing.

Ingevolge Subregulasie 4(5) kan enige belanghebbende en geaffekteerde party binne 60 dae vanaf die publikasie van hierdie advertensie skri�elike voorleggings aangaande die i n sta l l a s i e a a n C i t y o f C a p e to w n N o o d d i e n ste e n d i e Hoofinspekteur doen.

Ingevolge Subregulasie 4(4)(b)(iv) kan die bogenoemde risikoa s s e s s e r i n g s v e r s l a g b e s i g � g w o r d e n s a l d i t a a n a l l e belanghebbende en geaffekteerde partye voorgelê word by 'n vergadering op die 28 Julie 2025 om 10:00vm-12: 00:00 by die NCP Chlorchem-perseel: Neil Hareweg 104, Atlan�s, WesKaap, 7349.

For further informa�on please contact/ Vir verdere inlig�ng kontak asseblief: Mr Thobani Wiseman Shandu Tel: 082 332 1179 Email: Thobanis@ncp.co.za

NCP Chlorchem, 104 Neil Hare Road, Atlan�s, Western Cape, 7349 NM10019006-WU150725

Die ATKV-tak Atlantis se bestuur is (van links) Connie Donkerman, Annie Cruywagen, Jolene Bolters, Yolanda Lameyers, Christine Lewis en Annes Davids.
JP Smith, Mayco member for Safety, in front with ward councilors Allister Lightburn and Moosa Raise. With them are members of the Oasis Neighbourhood Watch in Protea Park who received City of Cape Townsponsored equipment from Smit.

LET WEL: Die direkteur: kommersieel (direktoraat water en sanitasie) kan die persentasies na gelang van die verbruiker aanpas. Dít geld egter nie vir die kategorie volledig huishoudelik nie.

Hooftrekke van wysigings vir water en sanitasie

Verbruikstariewe:

• Instelling van ’n vaste basiese heffing vir sanitasie.

• Verfyning van die vaste basiese heffing vir water

• Differensiasie van meganismes wat gebruik sal word om vaste basiese heffings vir onderskeidelik huishoudelike en nie-huishoudelike kliënte te bereken.

• Verhoging in die vaste basiese heffing as persentasie van totale inkomste.

• Aanpassing in die veranderlike (volumetriese) tarief om voorsiening te maak vir die insluiting van die vaste basiese heffings

• Opwaartse aanpassing om die persentasie van die vaste basiese heffing vir niehuishoudelike gebruikers in lyn te bring met dié vir huishoudelike gebruikers.

• Opwaartse aanpassing in veranderlike (volumetriese) tariewe vir trap 3 en 4 om praktyke vir waterbesparing en -doeltreffendheid verder aan te moedig.

• Groter stygings in beperkingstariewe op die noodvlak om te sorg dat ’n inkomsteneutrale posisie met hierdie volumetriese stel bereik kan word.

Diverse tariewe:

• Volle kosteverhaling vir tarief om toevoer by afsluitkraan te stop

• Spesifieke aanbevole tariewe vir nuwe aansluitings (50 mm en groter) om vertragings as gevolg van kwotasiemetodologie uit te skakel.

• ’n Boete van R5 000 sal gehef word waar peutery/inmenging met die stelsel wat die ongemagtigde afvloei van stormwater in die rioolstelsel veroorsaak.

Ander:

• Insluiting van definisie en impak van gevorderde meterinfrastruktuur by die tariefbeleid.

• Verandering in metergroottes wat van geval tot geval op grond van ladingsfaktore beoordeel sal word

• Vir kombinasiemeters sal slegs die groter meter vir die berekening van die vaste basiese heffing gebruik word.

2.2 ELEKTRISITEIT

Groot krag-verbruiker medium- spanning (tydspesifiek)

180.04 207.05 Vraag R/kVA 234.69 269.89

Deurvoer vir kliënte met ’n energietekort (alle spannings) Diens

Energie

Netwerkvermoëheffing

Deurvoerstelselgebruik, medium spanning Diens

Die tariewe hier onder berus op ’n gemiddelde styging van 7 2%, wat op 1 Julie 2025 in werking sal tree DEURVOERTARIEWE

Energie

• Alle tariewe is onderworpe aan ’n hervormingsprogram om tariefstrukture uiteindelik meer kosteweerspieëlend te maak. Dít is die eerste jaar van ’n multijaarproses. Die werklike impak van tariefveranderinge sal dus van die kliënt se individuele verbruiksprofiel afhang.

• ’n Aansporingsbetaling word by alle SSEG-invoertariewe ingesluit en sal vir dié tydperk op alle SSEG-kliënte van toepassing wees.

• Beleggingsaansporingstariewe word gestaak. Die betrokke kliënte sal met ingang van 1 Julie 2025 na die toepaslike standaardtarief terugkeer

• n Bydrae van 24 08c/kWh tot eiendomsbelasting is ingesluit in die energiekoste vir Klein krag verbruiker 1 en Groot verbruikerkliënte

• Die tariewe vir tydspesifieke kommersiële SSEG-invoer word steeds uitgestel totdat die nodige ondersteuningstelsels gereed en suksesvol getoets is.

• Die Stad beplan om kontrakte met SSEG- en deurvoer-elektrisiteitskliënte aan te gaan om hulle surplusenergie by hulle te koop Hierdie kontrakte sal finansiële verpligtinge vir die Stad meebring wat langer sal duur as die drie (3) boekjare waarvoor die MTREF 2025/26 voorsiening maak. Die Stad Kaapstad se ooreenkoms vir surpluselektrisiteit wat met die voorgestelde kliënte aangegaan word, sal in ’n latere stadium geadverteer word.

LET WEL: Waar dit van toepassing is, word die maandelikse diensheffings nou as R/maand aangegee, maar kan in sommige gevalle waar nodig op ‘n daaglikse basis bereken word

2.3. STEDELIKEAFVALBESTUUR ’n Gemiddelde verhoging van 7,36% word toegepas op die

vullisverwydering, en 5,28% vir vulliswegdoening.

Deurvoerstelselgebruik, hoë spanning

Energie

Deurvoer vir kliënte met ’n energiesurplus Energie

OPWEKKINGSTARIEWE

Residensiële kleinskaalse gekoppelde opwekking (SSEG)

Nie-residensiële SSEG Invoertarief 1 Groen voordele word na die Stad oorgedra

Invoer, tydspesifiek

– spits c/kWh 706.91 812.95

–standaard c/kWh 228.78 263.10

– buite spits c/kWh 175.63 201.97

R/maand 2404.57 2765.26 Energie

Hooftrekke van wysigings

• Residensiële kliënte met n koopkragmeter en n munisipale eiendomswaardasie van R500 000 of minder kom in aanmerking vir die hulptarief

• Residensiële kliënte met n koopkragmeter en n munisipale eiendomswaardasie van meer as R500 000 maar minder as R1 miljoen kom in aanmerking vir die huishoudelike tarief

• Alle ander residensiële kliënte sal die tuisgebruikertarief betaal tensy hulle voldoen aan die bykomende kriteria ingevolge die tariefbeleid om die hulptarief te ontvang

• Daar is geen verandering in die toekenning van gratis basiese elektrisiteit nie buiten vir kliënte wat dit sal verbeur wanneer hulle na die huishoudelike of tuisgebruikertarief oorskuif.

Be-Yoniver Petersen, ’n

leerder aan Saxon Sea Primêr, is gekies om van 16 tot 19 Julie aan die Kaapstad Laerskole Interdistrikte-netbaltoernooi in Riversdal deel te neem. Sy speel ook vir die o.13-span van die skool, wat einde Julie in Limpopo aan die SA skolenetnetbaltoernooi gaan deelneem.

Proteus se o.17’s oorwin span van Engeland

Proteus se o.17- netbalspan het onlangs die besoekende Leicester Grammar School van Engeland in Bellville met 35-4. geklop.

Song-and-dance fusion

Movemakers held its song-and-dance fusion on Saturday 12 July in Saxonsea Civic Centre, where various singers and dancers showcased their talents.

Enabling talent of Atlantis

“We build. We grow. We Move, to show the next generation that anything is possible.”

This is the motto of Nikita Hare, director of the Movemakers Performing Arts Company from Atlantis.

Movemakers had a song-and-dance fusion on Saturday 12 July. “It is typically designed to make an event memorable by blending the emotional power of music with the energy and visual appeal of dance,” Hare said. “This combination creates a dynamic and immersive experience that captures the audience's attention and leaves a lasting impression.”

Movemakers was started at the begin-

ning of 2022 with five performers because “we saw the lack of opportunities in our community for artists,” said Hare. Today, three years later, it has about 70 performers. “We focus on upcoming talent, making sure aspiring artists get more opportunities in the industry. We started these platforms to build, move and grow within our community and the surrounding communities.”

Performers can express their story through the fusion of song and dance. The song part brings the melody, lyrics and emotion, while the dancing adds rhythm, movement and visual storytelling.

“Together they heighten the impact of the performance, making it more vibrant and entertaining,” Hare concluded.

Skenk bloed en help met liefdadigheid

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKBD) is trots op die Ekstra Druppel-inisiatief – “Nie alle helde dra mantels” – in hul poging om lewens te red én gemeenskappe op te hef.

Bloedskenkers word aangemoedig om die klein teken van waardering wat hulle altyd ontvang nadat hulle bloed geskenk het, op te gee en eerder te kies dat die WKBD R15 aan ’n liefdadigheidsorganisasie skenk.

Die inisiatief het tot nou die Liga van Vriende van die Blindes en Hannah’s Place of Safety ondersteun.

Hoe dit werk:

• Skenk bloed: Besoek enige WKBD-bloedskenkingskliniek en skenk bloed. Kies die teken van waardering of die ekstra druppel liefde (R15 aan ’n liefdadigheidsorganisasie). ’n Nuwe liefdadigheidsorganisasie word elke twee maande deur die WKBD-komitee gekies.

• Besoek www.wcbs.org.za, laai die betrokke toepassing af, of stuur ’n WhatsApp na 060 549 7244 vir nog inligting of om jou naaste bloedskenkingskliniek op te spoor.

Motoriste slaggatvol ná reën

Die swaar reën die afgelope week het motoriste behoorlik ontevrede. Verskeie motors is beskadig en baie het met pap wiele gestaan weens slaggate op die ou Mamre-Darling-pad, wat deur die provinsiale departement van infrastruktuur in stand gehou word. Motoriste braak gal en sê dit gebeur elke keer as dit reën en net tydelike herstelwerk word glo elke keer gedoen. Wayne Lenders, een van die motoriste wat skade aan sy motor se wiele opgedoen het, sê iets drasties moet gedoen word. want dit is nie die eerste keer dat sy voertuig beskadig word nie. Volgens hom het sy motor ’n slaggat getref en twee pap wiele opgedoen toe hy op pad huis toe was. Hy sê die water wat die slaggate vul, maak dit moeilik maak vir ’n motorbestuurder om betyds te sien dat dit ’n slaggat is. Tydens WeskusNuus se besoek aan die toneel was daar ook twee ander motoriste wat ook met pap wiele langs dié pad gestaan het. Hulle was te kwaad om daaroor te praat. Volgens Allister Lightburn, die subraad-een-voorsitter, is die pad nie die Stad Kaapstad se verantwoordelikheid nie, maar sy kantoor het motoriste gehelp met die voltooing van skadevergoeding-eisvorms. Dié departement van infrastruktuur het teen druktyd nog nie op die koerant se navrae reageer nie.

Voer diere meer kos in winterkoue

Wanneer dit koud word, moet troeteldiere 'n bietjie meer eet, hoewel grootte, ras, ouderdom en aktiwiteitsvlak 'n rol speel en so ook of die troeteldier buite slaap, of nie.

Gekookte bykosse soos 'n hoender sonder been, wortels of rys kan 'n goeie byvoeging vir honde wees. Moet net nie uie, sout of speserye byvoeg nie. Sit kos voor wat nie yskoud is nieselfs net 'n bietjie warm water oor droë brokkies help. 'n Dier se lewenslyn in die winter is skoon water.

Water help om kos te verteer, temperatuur te beheer en gifstowwe uit te skei. Keer dat jou troeteldier se water vries. Sit die water in 'n bakkie wat nie van metaal gemaak is nie, of plaas dit op

'n plek wat effens teen koue en wind beskut is. Groot honde drink baie – gebruik 'n stewige houer. Dis 'n werklikheid dat baie gesinne nie die duurste troeteldierkos kan koop nie, maar daar is steeds slim en verantwoordelike maniere om te sorg dat jou dier nie ly nie:

• Voeg bekostigbare, veilige bykosse soos gekookte stampmielies, pampoen, wortels of pap by gewone kos – dit gee volume én voeding.

• Maak droë brokkies meer geurvol en verteerbaar deur 'n bietjie warm water of ongegeurde hoenderaftreksel oor te gooi (sonder enige sout, speserye of uie).

• Koop groter sakkies kos in gemeenskapsgroepe of saam met ander –dis gewoonlik goedkoper per kilogram.

• Vra plaaslike dierewelsynsorganisasies of hulle met kos kan help as jy regtig sukkel.

Photo: Murphy Roberts
Motoriste is erg ontstel oor slaggate op die ou Mamre-Darling-pad en hulle eis dat ’n permanente oplossing gevind moet word. Foto: Murphy Roberts
Performers from Movemakers have the attention of a rapt audience. Photo: Murphy Roberts

Van kleins af op die sokkerveld

Van Atlantis na SV Ried

David Rossouw

Wie sou kon dink dat ’n seuntjie wat net sewe jaar oud is en uit Rotterdam kom, maar in Atlantis as “Die Skiem” bekend is, eendag sy merk op die hoogste sportvlak sou maak? Nie net het hy vir twee van Suid-Afrika se grootste sokkerklubs gespeel nie, maar ook al sy land op internasionale vlak verteenwoordig.

Yusuf Maart, of “Yusie”, soos hy liefdevol in Atlantis-sokkerkringe en deur sy spanmaats van Aberdeen FC en

Jomo’s Power AFC genoem word, het sy voetbaldrome vroeg begin – op die sokkervelde van die Atlantis- plaaslike sokkervereniging en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) Kaapstad, waar hy as junior én senior gespeel het. Sy deurbraak het gekom toe afrigters van Orlando Pirates hom tydens die Safanasionale kampioenskap in Gauteng raakgesien het, waar hy die Wes-Kaapse provinsiale span verteenwoordig het.

Maart was destyds by Aberdeen FC geregistreer, maar het vir Jomo’s Power AFC in die streeksreeks gespeel – ’n oomblik wat sy pad na professionele sokker oopgemaak het.

Sedert daardie eerste tree vorentoe het Maart tot ’n nasionale ikoon gegroei. Vandag pluk hy die vrugte van daardie vroeë toewyding – ’n ontwikkeling wat gedra is deur die onwrikbare steun van Aberdeen FC en Jomo’s Power AFC, wat sy talent geslyp en hom opgelei het. Ná bevestiging van sy oordrag na SV Ried, ’n Oostenrykse klub, het Weskus Nuus met Maart gesels:

Dié voormalige Kaizer Chiefs-kaptein het met sy beslissende doel in die Nedbank-beker-eindstryd teen Orlando Pirates nie net ná tien jaar silwerware vir Amakhosi huis toe gebring nie, maar ook ’n nalatenskap gebou wat Atlantis-jeugdi-

Atlantis-rugbyklub al nader aan uitspele

Die Atlantis-rugbyklub het die afgelope Saterdag (12 Julie) sy kanse om vir die uitspele te kwalifiseer, ’n massiewe hupstoot gegee deur die besoekende span van Strand United op die Protea Park-sportveldmet 36-10 te klop.

Die tuisspan het rustyd reeds 19-5 voorgeloop. Hulle het met dié oorwinning die agterdeur vir die uitspele wawyd oopgegooi. Atlantis het die besoekers met goeie verdediging op die agtervoet gehou, maar die span se dissipline het by tye gelol. Die span het egter ten spyte van sy dissipline-probleme karakter en veggees getoon deur op ’n tydstip in die eerste helfte met slegs twaalf spelers oor die weg te kom. Die besoekers het dit nie tot hul voordeel gebruik nie.

Die tuisspan het eerste bloed geruik met

’n onverdoelde drie. Gemoedere het egter ná dié drie ’n bietjie opgevlam, wat tot drie geelkaarte vir die span gelei het. Atlantis het egter ten spyte van verskeie strafskoppe koelkop gebly. Strand United kon net nie die situasie tot sy voordeel uitbuit nie. Die besoekers het wel in dié tyd met gebiedsvoordeel en balbesit baljaar, maar die tuisspan se verdediging het hulle tot foute gedwing en omgekeerde besit bewerkstellig.

Atlantis het in die lynstane gesukkel het, maar het geen gelyke in die vaste skrums gehad nie. Dít het die grondslag vir die span se oorwinning gelê.

Die besoekers kon in die tweede helfte ook net weer een onverdoelde drie behaal, terwyl die tuispan twee verdoelde driëe en ’n strafdoel aangeteken het.

Die bonuspunt-oorwinning het die Boelie se span van die tiende plek op die punte-

leer tot sewende opgeskuif, met nog drie wedstryde oor.

Atlantis sal gewis die versneller diep moet intrap en Boelie en sy troepe sal in hul laaste twee wedstryde, wat hulle weg speel, die span se lot in hul eie hande laat.

• Young Hearts en Hamlets het Saterdag in hul onderskeie wegwedstryde vasgeval terwyl Mamre ’n goeie 57-28-oorwinning oor Voorberg op Mamre behaal het. Mamre het met die oorwinning ook sy kanse in die Swartland-streek lewendig gehou.

Ander uitslae:

Weskus: Vredenburg 52-27 Young hearts, Piketberg 36-28 Langebaan, Goedverwacht 32-57 Velddrif, Saldanha 26-10 Hopefield, St Helenabaai 24- 7 Paternoster.

Swartland: Moorreesburg 26-22 Darling, Abbotsdale 38-30 Never Despairs, Riebeeck United 36-44 Saron, Goodhopes 27-34 Porterville, Wesbank 39-20 Villagers Wittewater.

ges lank sal bly inspireer.

“Ek speel nou vir SV Ried, ja, maar elke doel, elke pass, elke wen ... dis vir Atlantis – vir almal wat my opgehelp het toe ek nog net ’n seuntjie met groot drome was,” het Maart gesê. Ná sy besluit om in Suid-Afrika te bly terwyl Kaizer Chiefs op ’n voorseisoentoer gegaan het, is sy internasionale skuif nou ’n werklikheid.

Vir Kaizer Chiefs is dit ’n terugslag net so voor die 2025-’26-seisoen, want Maart, wat in 2022 van die Sekhukhune Unitedklub af aangesluit het, het ’n kernrol in die middelveld vervul en was ’n leier van formaat.

Byrone Maree, die binnesenter van die Atlantis-rugbyklub se eerste span, beur oor die doellyn vir hulle eerste punte met twee United-spelers wat moedig probeer keer. Foto: Murphy Roberts
Yussuf Maart, ’n boorling van Atlantis en koormalige kaptein van die Kaizer Chiefs-sokkerspan, gaan eersdaags sy sokkerloopbaan by SV Ried, ’n Oostenrykse klub, voortsit.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Weskus Nuus E-Edition - 15 July 2025 by Novus Media - Issuu