VrystaatKroon-11 June 2025

Page 1


NM10015079-VR110625

Elkeen kan hom beywer vir

Die Make Bethlehem Beautiful-gemeenskapsorganisasie

laat Bethlehem stadig maar seker herleef – ter wille van die dorp én sy gemeenskap Die organisasie se missie is hoofsaaklik om die gemeenskap weer daarop trots te maak om in die dorp te woon

Op die Make Bethlehem Beautiful Facebook-blad skryf die stigters: “In ’ n wêreld wat reeds vol negatiwiteit is, kies ons ’ n ander pad Hier fokus ons op positiwiteit, gemeenskap en oplossings

Ons glo dat wanneer ons almal saamstaan met oop harte en hande, gereed om te werk, ons ’ n dorp kan skep wat skitter –een waarop mense trots is om dit hul tuiste te noem, en om buitestanders te laat droom om in te trek”

Die organisasie is in April amptelik op die been gebring nadat twee gemeenskapslede sedert verlede jaar Augustus in samesprekings was oor hoe om nuwe lewe in Bethlehem te blaas, asook hoe om die dorp tot sy eerstydse glorie te herstel Jacques Windt, sakeman, en Lourens van Tonder, entrepreneur, het koppe bymekaar gesit en strategie bespreek

Deur die organisasie se werksaamhede wil hulle benewens die fokus wat geplaas word op herstelwerk in en om Bethlehem, asook die vul van slaggate en die verwydering van vullis, werkskepping bewerkstellig en misdaad bekamp Nadat ’ n Facebook-blad gekep is, het verskeie sakeon-

dernemings en private indivudue aangeklop om uit te vind hoe hulle by die organisasie betrokke kan raak

Dit het hulle genoodsaak om op Dinsdag, 27 Mei ‘ n vergadering saam te roep om aan die gemeenskap hulle plan vir Bethlehem se herlewing voort te stel

“Ons was uit die veld geslaan toe bykans 150 mense die vergadering bygewoon het, en die terugvoering was absoluut positief,” sê Van Tonder André van Pletzen, sakeman en stigterslid van die Ignite and Revive-groep van Kroonstad, het as gasspreker opgetree

Hy het vertel hoe Kroonstad sy herlewingsplan saamgestel het en hoe dit steeds volhoubaar toegepas word Deur middel hiervan is Kroonstad as Kwêla op kykNET se Dorp van die jaar aangewys

“Dit is vir ons belangrik dat

die gemeenskap by die projekte inkoop, om só ’ n daadwerklike verskil mee te bring,” sê Windt

“Onthou, elke klein bietjie help, al begin jy net om voor jou eie huis skoon en netjies te maak

“Ons is opreg dankbaar vir almal wat reeds betrokke is en nooi ook almal wat betrokke wil raak om ons te kontak”

Make Bethlehem Beautiful moedig mense aan om betrokke te raak sodat dié dorp hom vir 2026 se Dorp van die jaar-kompetisie kan inskryf, benewens die breër doelwit om die geskiedkundige Oos-Vrystaatse dorp nuwe lewe te gee

Vir meer inligting, of om uit te vind hoe om ’ n bydrae te lewer, besoek die Make Bethlehem Beautiful Facebook-blad, of bel Windt hieroor by 073 249 1330 of Van Tonder by 082 473 4513

Woeker met hul talente

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se jong entrepreneur pronk in die top-30 van Maak My ' n Miljoenêr se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

Xanell Heyns (15), ’ n gr 9-leerling aan die Hoërskool Witteberg, het op Saterdag 17 Mei aan die Brandbank-uitdunronde van die kompetisie deelgeneem

Tydens dié ronde is haar entrepreneursvaardighede en kennis tot die uiterste op die proef gestel

Die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is die inisiatief van Albert van Wyk in samewerking met ATKV-jeugprojekte, die Moedertaalonderrig in On-

afhanklike Skole (Mos)-Inisiatief, Akademia en ATKV-oorde

Die doel van hierdie kompetisie is tweeledig:

■ die bewusmaking van entrepreneurskap by skole; en

■ die bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning

Van Wyk - eiendomsbelegger en entrepreneur - en sy span het sedert Oktober 2024, 82 skole besoek, 92 000 hoërskool-leerlinge toegespreek en 230 hoërskool-entrepreneurs het ingeskryf vir die kompetisie

Die top-60 is gekies uit die 240 inskrywings en Xanell het ’ n plek in dié ronde behaal

Die top-60 moes die Brand-

’n Jong entrepreneur aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem,het deurgedring na die top-30 in Maak my ’n Miljoenêr se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie Hier is Xanell Heyns (15) saam met die organiseerder en stigter van die kompetisie,die bekende entrepreneur Albert van Wyk Foto: Verskaf

bank- ronde bywoon as die volgende stap in die kompetisie

Die Brandbank is ’ n rooibank waarop die jong entrepreneurs moet sit voor ’ n paneel van beoordelaars

Hier is hulle deur die paneel ondervra om hul kennis oor hul ondernemings te toets

Die beoordelaars was Van Wyk, Marcius van Antwerp, Jason Coulson, sosialemedia-ster Lisa met die rooi hare – oftewel Lisa van Niekerk (née van Rooyen- en Angie Gallagher van ATKV-jeugprojekte Xanell kon daarin slaag om ná haar onderhoud vir die top30 gekies te word

“Dit is ' n merkwaardige prestasie vir Xanell Heyns om gekies te word uit ' n indrukwekkende groep van 92 000 hoërskool-leerlinge en 240 hoërskool-entrepreneurs wat aan die kompetisie deelgeneem het,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof van Witteberg

Die top-30 sal getoets word in die volgende ronde deur oplossings te vind vir regte wêreldprobleme in bestaande besighede Hierdie uitdagingsrondes gaan die entrepreneurs se kennis verder op die proef stel Xanell sê dit verg baie harde werk, deursettingsvermoë en passie vir entrepreneurskap om aan die kompetisie deel te neem

Om te sien hoe sy kompetisie vaar, kan belangstellendes die televisieprogram volg Dit sal op ViaTV, kanaal 147, Donderdagaande om 20:00 vanaf 7 Augustus uitgesaai word

Tans aan die stuur van die Make Bethlehem Beautiful-gemeenskapsorganisasie is van links Jacques Windt (sakeman),Paul Mari Coetzer (sakevrou) en Lourens van Tonder (entrepreneur) Foto: Madli Grobbelaar

Kroonstad skud vere

reg vir Christelike fees

Die Ignite and Revive- Christlike fees beloof ’ n stampvol en opwindende program

Die die nuwe baadjie waarin die jaarlikse gesinsfees nou aangebied word, behels benewens musiek deur vermaaklikheidkunstenaars lofprysing en aanbidding, en die samesyn van oud en jonk word saamgeweef om ’ n spesiale geloofservaring vir die Kroonstad-gemeenskap en gemeenskappe van omliggende dorpe te bied

Bywoning van die fees is gratis vir almal

Die eerste dag van die fees, Vrydag 29 Augustus, se bedrywighede begin met ’ n motiveringsgeleentheid waarop Charl Marais, lid van die Ignite and Revive-span, as spreker optree Hier sal sakeondernemings en geestelike leiers saam kan kuier en belangrike gespreke voer Martin Botha is die seremoniemeester

Die middag om 14:00 word lofprysing en -aanbidding met die fokus op die Engelse jeug aangebied, met almal wat genooi word om deel te neem

Die aand se bedrywighede begin met ’ n verrassing, waarna Ilan van Staden en Ruan Josh sal optree

Ds Pieter Mohr van Niekerk sal die boodskap bring en as seremoniemeester opgetree

In die algemeen hou die fees ’ n verskeidenheid vermaak in Terwyl springkastele net een voorbeeld van die kindervermaak is, sal verfbal-skiet en “smash-a-car” ook van die aktiwiteite wees

Feesgangers kan ook uitsien na inspirerende ATKV-produksies en

MOQHAKA SE

Die VF Plus steun nie die M konsepbegroting vir 2025dat die voorgestelde tarief oorbelaste inwoners onder gaan plaas, wat wanbetali Moqhaka bedien Kroons Steynsrus en Vierfontein

Die party wys uit dat inw dienslewering, paaie vol sla waterverskaffing- en rioolp

DBV NOOI

OM TE HELP, VERGADER

Die takke van die DBV in Kroonstad en Bethlehem bly afhanklik van maandelikse skenkings om na hul viervoetige inwoners om te sien

Dit is die organisasie se hoofdoelwit én hartstaak om die diere te voed en versorg Noudat die winter aangebreek het, versoek die DBV skenkings van ou komberse en dierekos Skenkings om dag-tot-dag-uitgawes te dek is broodnodig

Om ondersteuning aan te bied, kontak die tak in Kroonstad by 056 110 0041; of die een in Bethlehem by 058 303 3998

■ Lede van die publiek word na die jaarvergadering van die DBV in Kroonstad genooi

Dit word op Vrydag 20 Junie om 17:30 gehou, by Micarla’s B&B by Sarel Cilliers-straat 7

Vir inligting bel Micarla Boucher by 072 199 8339 of die kantoor van die DBV in Kroonstad

Ruan Josh,een van die sangers wat sal optree op die Ignite and Revive- Christlike fees Dit word van 29 tot 31 Augustus in Kroonstad aangebied Foto: Facebook Ruan Josh

Christelike leesstof wat te koop aangebied sal word

Met die teetuin en verskeie kosstalletjies op die fees kan mense selfs ná werk aandete hier kom koop

Die fees word van 29 tot 31 Augustus by die Kroonstad-selgemeente in Reitzstaat aangebied

Vir meer inligting of om betrokke te raak, asook vir die hele naweek se program, besoek igniteandrevive co za of volg Ignite & Revive op die sosiale media

Volg ook VrystaatKroon se Facebook-blad vir meer inligting

Terugslae die een ná die ander

Die landboubedryf word deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar, en dit laat talle boere moedeloos

Die uitbreking van die veesiekte bek-en-klouseer het ’ n reuse-invloed op boere in KwaZulu-Natal en Gauteng; boonop raak dit ook die Vrystaatse boere wat kalwers aan dié provinsies voorsien

Vrystaatse boere speel ’ n belangrike rol in die verskaffing van rooivleis, veral aan provinsies soos Gauteng waar die verbruik hoog is

Met die uitbreing van die siekte kan boere in die Vrystaat en Noord-Kaap nie kalwers aan veekrale verkoop nie wat ’ n geldelike invloed op boere het

Buiten veesiektes wat boerderye verlam, is veediefstal aan die orde van die dag; selfs die sinnelose doodmaak van vee ’ n Gru-toneel het hom in die Wepenerdistrik afgespeel toe ’ n boer se beeste en kalwers wreedaardig met spiese vermoor is ’ n Emosionele en geldelike terugslag vir enige boer

Dié is alles uitdagings wat deur die regering van die dag aangespreek en beheer moet word

Dit wil egter voorkom dat boere aan genade uitgelewer is

Die werklikheid is dat in Eerstewêreldlande die landboubedryf as ’ n voorkeursaak beskou en beskerm word; iets wat boere van Suid-Afrika nie beskore is nie

Die voedselmandjie wat daagliks miljoene landsburgers voed, word skynbaar nie na waarde geskat deur byvoorbeeld broodnodige hulp, ondersteuning en hulpbronne te bied nie

Kwyn onder vroegwinter se ysige asem

Die laaste kosmos loer hier tussendeur die gras,onder pragtige wolkformasies: ’n aankondiging dat die winter amptelik hier is Die Suid-Afrikaanse Weerkantoor in Bloemfontein voorspel vir die volgende week minimum temperature wat wissel tussen 0°C en 6°C en maksimum temperature tussen 10°C en 23 °C vir die Oos- en Noord-Vrystaat-streek. Die natuurfoto is deur ’n Bethlehemiet by die Loch Athlone-dam buite die dorp geneem. Foto: Marilou Corver

Vrystaatse draai

Afrikaners se hervestiging laat verskeie

MADLI GROBBELAAR

Ek sit die ander dag en dink oor die Afrikaners wat besluit het om alles op te pak en hulself in Amerika te gaan vestig, op uitnodiging van dié land

Daar is soveel dinge waaroor ek wonder Eerstens glo ek dat wanneer iemand so ’ n drastiese besluit neem, dit geldige rede het

Sielskos

Soos verstaan kry diegene wat in Suid-Afrika aan misdaad onderwerp is, en die traumatiese evarings wat daarmee gepaard gaan moes deurstaan, voorkeur vir insluiting in dié vlugteling-program

Hul lewe moes werklikwaar omvergegooi gewees het

Om sommerso alles wat jy ken te los en op te pak en te verkoop, verg moed en deursettingsvermoë

Kundiges in die landboubedryf, of byvoorbeeld in die mediese veld glo ek staan ’ n goeie kans om

Waaroor gaan lewe?

DR. HANNES ELS

In Matteus 22:34-40 lees ons Jesus se siening oor godsdiens:

“Jy moet die Here jou God liefhê ... Dit is die grootste en die eerste gebod En die tweede Jy moet jou naaste liefhê soos jouself In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat” Lees ook Lukas 10:27

Die vraag van die wetgeleerde is eintlik: Waaroor gaan die lewe regtig? Om Jesus se antwoord te verstaan moet ons begryp dat die lewe nie die onderhouding van reëls en regulasies behels nie, maar riglyne vir oorvloedig leef “In hierdie twee gebooie is die

hele wet en die profete saamgevat,” beteken dat alles in die lewe, klein en groot, voor- en teenspoed, deur vertikale en horisontale lyne bepaal word Jesus se lewe simboliseer dié waarheid Sy diepste karaktertrek is benewens gehoorsaamheid aan Vader (vertikaal), vrygewigheid en seën aan mense (horisontaal)

Die Heilige Gees herinner ons dat Jesus lewensgebeure veerkragtig hanteer het: lees Lukas 22:42; ook Johannes 13:1

Gebruik jy moeilikheid as verskoning om jou wil te doen of soek jy die vertikale en horisontale lyne (wat gelyk staan) om lewe te midde van chaos te skep?

■ Els is ’n oudleraar van Kroonstad

’ n suksesvolle lewe in Amerika te herbou Maar wat nou van die gewone man op straat – hoe word daar vir hulle in Amerika voorsiening gemaak?

Dan wonder ek ook: Indien die huidige regering in Amerika in die volgende verkiesing nie wen nie, gaan die opposisieparty volhou om Afrikaners met vlugting-status te herverstig, en sal dié wat reeds daar woon mag aanbly? Nouja, dit is geen geheim dat veral die jongmense van Suid-Afrika,

Diary

26 JULIE

Tafelronde 42 in Kroonstad bied ’n dansparty by die Landbouskool in Kroonstad aan Bywoning kos R250; of R2 000 per tafel ’n Skaapkop- en hoenderete sal bedien word Rig navrae aan Marc Dalton by 076 627 7652 of CP Olckers by 079 696 1899

8 AUGUSTUS

’n Gholfdag ten bate van die Bethlehemse DBV word deur Railway Liquorland in Bethlehem aangebied Spel vind op die Clarens-gholfbaan plaas Deelname kos R350 en elke deelnemer kry ’n halfweg-ete

Die formaat van die dag se spel is tweebal-beterbal-kiesspel Rig navrae aan Marius Dreyer by 082 819 7882 Om deelname te bevestig bel Heinrich Dyer by 058 256 1270

Die Tingeling-kleuterskool hou sy gholfdag om 11:00 op die Bethlehem-gholfbaan Vir meer inligting skakel 058 303 3357

vrae

van alle bevolkingsgroepe, ter wille van ’ n goeie toekoms met sekuriteit hul heenkome oorsee gaan soek nie

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer is beroerd en die hoofrede waarom die jonges oorsee na groener weivelde gaan soek

Maar wat van ons middeljariges –is ons te diep gewortel vir dié soort avonture?

Of besef ons maar alte goed dat die herverstiging in Amerika ook dalk ’ n nadraai kan hê

18 TOT 22 AUGUSTUS

Die Kroonstad-eisteddfod word aangebied Belangstellendes kan hulle vir deelname in die volgende afdelings inskryf: instrumentaal vokaal dans en ballet blommerangskikking kuns spraak en drama, asook redenaars Die inskryfproses sluit op 18 Junie Vir meer inligting oor die eisteddfod stuur ’n e-pos na kroonstadeisteddfod@gmail com

MAANDELIKS

Die Affi-Aarde-familiemark in Bethlehem bied geleenthede aan Vir inligting of om ’n stalletjie te bespreek skakel 082 990 0947

SATERDAE

Die Kroonstad-Rotary-mark word op die laaste Saterdag van die maand gehou, op die hoek van Border- en Van der Lingenstraat van 08:00 tot 13:00 Vir meer inligting skakel 076 055 7025

Derby weereens propvol skole-aksie

Soos elke jaar, was vanjaar se derby ’n hoogtepunt op die Bethlehem-sportskalender met tasbare gees en opwindende sport wat vir ondersteuners en besoekers opgelewer is

Die derby het op 30 en 31 Mei in Bethlehem plaasgevind en die Hoërskool Witteberg was die gasheerskool Honderde ondersteuners van oraloor het die sportgeleentheid bygewoon ter ondersteuning van hul onderskeie skole en spanne

Kwaliteit skolesport was die wenresep, en Witteberg asook die Hoërskool Voortrekker het uitstekende sportmangees en hoogtepunte verskaf Een van dié hoogtepunte was natuurlik toe Witteberg se eerste rugbyspan, soos laasjaar, onder baie druk die derby gewen het

Voortrekker se eerste netbalspan het met die louere weggestap en al die hokkiespanne het vir naelbyt wedstryde verskaf VrystaatKroon het met ondersteuners gesels oor hoe hulle die dag evaar het

Potgieter van Witteberg het ook deelgeneem het aan die derby Sy sê sy het haar wedstyd geniet,en dat mens altyd iets leer in elke

Veeslagting skok

Die wrede en sinnelose slagting van vee op ’ n plaas in die Wepener-distrik aan die Lesotho-grens is ten sterkste deur Vrystaat Landbou (VL) veroordeel

Benewens die 13 koeie en vyf kalwers wat op 23 Mei gevrek het nadat hulle met spiese gesteek is, is 11 koeie en vyf kalwers ernstig beseer

Die diere is deur die boer en sy veewagters aan die oewer van die Caledonrivier gevind

“Die motief agter die gruweldaad blyk vergelding te wees, ” sê Jakkals le Roux, voorsitter van die VL se landelikeveiligheidskomitee

Le Roux sê Lesotho-burgers het na bewering hul beeste oor die grens gejaag om onwettig op die grondeienaar se plaas te wei

Die beeste is daarna met die hulp van die Suid-Afrikaanse Nasionale

Weermag (SANW) geskut

“Dit wil dus voorkom of die slagting uit weerwraak was ”

Die SAPD ondersoek die saak, maar dit word belemmer deur vertragings in die verkryging van magtiging van Interpol om Lesotho binne te gaan

“Ons doen ’ n beroep op die SAPD om elke leidraad op te volg en te verseker dat alle toepaslike aanklagte by die saak gevoeg word, om te verseker dat die oortreders die gevolge sal dra,” sê Francois Wilken, president van die VL Wilken voeg by dat die emosionele en finansiële las op die boer onbeskryflik is

“Dit is ’ n verwoestende ervaring vir enige boer om die wrede slagting van sy diere te aanskou, wat nog te sê van die massiewe finansiële verlies wat miljoene rande kan beloop”

Die VL doen ’ n ernstige beroep op die ministers van polisie en openbare werke vir ’ n 4 x 4-grenspad sodat misdaadvoorkomingsoptrede en pa-

Enkele van die karkasse van 13 koeie en vyf kalwers wat op ’n plaas in die Wepener-distrik aan die Lesotho-grens met spiese gesteek is.Vrystaat Landbou (VL), wat die daad ten sterkste veroordeel het, het bevestig dit wil voorkom asof die motief weerwraak is. Foto: Verskaf

trollies deur alle betrokkenes gedoen kan word

“Boere en hul diere kan nie die teikens wees van kriminele wat vanuit Lesotho hulle misdade bedryf nie Die regering moet optree sodat die grensgemeenskappe nie opbewaak bly nie,” sê Wilken

Die naam van die boer en die betrokke plaas word weerhou, omdat die grond deur die boer gehuur word

Die jongste Witteberg-ondersteuners langs die sportveld was sekerlik die vyfjarige Katrien Claassen en die twee-jarige Anru Pienaar

Youthful drive harnessed to serve

As South Africa observes Youth Month, the exemplary work of Const Monica Delport of the South African Police Service (SAPS) serves as an inspiring testament to youth resilience and community service

At just 28 years old, Delport has become a pivotal figure in search and recovery missions, particularly responding to tragic drowning incidents in the Free State region

Based at Zamdela Rural Safety in Sasolburg, Delport has garnered respect for her commitment to locating missing persons around the hazardous waters of the Vaaldam and surrounding rivers

“To give closure to families is the most rewarding part of this work,” she states

“When you are under the water and you actually find what you are looking for – it is emotional, but it is also a kind of peace You know you have done something that truly matters”

Inspired by family members whom are seasoned police officers, Delport joined the police in 2019, driven by a desire to serve her community Her dedication was evident from the outset, as she was recognised as the best overall student at the Graaff-Reinet Training College and distinguished as the fittest female recruit In 2021, seeking to enhance her skills, Delport completed an Open Water Diving course, followed by an Advanced Diving certification the next year Her involvement in an endangered species operation at Vaaldam ignited her interest in the police’s diving unit, prompting her to pursue an active role in diving operations

She currently serves as a learner diver, playing a crucial role in bringing missing persons home

Her proactive nature led her to obtain a skipper’s licence, enabling her to operate police vessels during

search and rescue missions Delport now aspires to join the police’s K9 Search and Rescue Unit, aiming to merge her diving skills with K9 tracking capabilities to bolster recovery efforts

“Monica exemplifies the spirit of the SAPS,” remarks Supt Thabo Modise, highlighting her dedication to her role

Beyond her professional achievements, Delport emphasises the importance of personal faith, urging others to, trust in God in everything they do “He has a plan for your life and will lead you to where you are needed”

As the country commemorates its youth, Delport’s journey underscores the profound impact young individuals can have on their communities Her unwavering commitment, driven not by the pursuit of recognition but by a genuine desire to support grieving families, serves as a powerful reminder of the potential within the youth of today to effect meaningful change

Pieter van Blerk sê vir hom was die gees die lekkerste van die derby
Dylan Bezuidenhout sê hy het die 1 5 liter koeldranke by die snoepie baie geniet
Annebell Vorster sê die gees tussen die twee skole was vir haar die hoogtepunt
Amé
wedstryd
Maria Ngozo (links),Anna Ngozo,Phaks Nqozo,Nozi Nogozo en Felicity Nqozo het as familie die dag geniet en dit as ’n heerlike geleentheid beskryf. Foto’s: Verskaf
Jan-Hendrik Gouws (voor,links),LJ Gouws,Le-André van Wyk (agter,links) en Seuna Gouws het albei skole ondersteun
Talitha Oberholzer (links) en Alicia van Wyk het vir Witteberg kom ondersteun en is trots op dié skool se leerlinge se oorwinnings
Hein Knobel reken die jaarlikse derby’s bied altyd baie opwinding
Van Zyl Smit (links) en Nates Davel het ook vir Voortrekker ondersteun Dié twee sê hulle het die dag se aksie op die sportveld terdeë geniet
Wayne Clarke van Pronex in Bethlehem is nie net die borg van Voortrekker se eerste rugbyspan en afrigters se baadjies nie,hy het ook lemoene uitgedeel
The 28-year-old Const Moncia Delport of the police force in Sasolburg,is a member of the police’s diving unit. Photos: Supplied

Police arrest suspects in wee hours

Four suspects have been arrested near Ventersburg for stock theft

On Friday, 6 June, members of the South African Police Service (SAPS) apprehended four suspects linked to a significant stock theft incident in Ventersburg

At approximately 03:00, police officers on patrol noticed a white bakkie driving at excessive speeds and exhibiting suspicious behavior

After losing sight of the vehicle momentarily, police members managed to intercept the bakkie as it approached from the opposite direction

Upon stopping the vehicle, the police found several portions of a cattle carcass that were concealed under the canopy in the rear of the bakkie, leading to further questioning of the driver

In an initial attempt to deflect suspicion, the driver claimed he had been called to collect a load With astute questioning, the police officers persuaded the driver to contact his accomplices, alleging that he had run out of fuel and needed their help

When two individuals arrived with a petrol can, believing they were assisting their accomplice, they were promptly arrested

Following up on leads, the police arrested a fourth suspect and located the scene of the

animal slaughter, where several tools and items believed to have been used in the crime, were confiscated

The operation culminated in the identification of the rightful owner of the stolen livestock - a farmer from the nearby Bloubank area

The recovered meat, valued at an estimated R15 000, was returned to the owner

The four suspects, ranging in ages between 27 and 36 years, will appear in the Ventersburg Magistrates’ Court soon

The police asked that as the case unfolds, members of the community be vigilant and provide their cooperation with law enforcement in combating the ongoing scourge that is stock theft

woorde

hem het deurgedring na die nasionale eindronde van ugustus by die ATKV-oord Goudini Spa sal plaasvind. gr 8 Foto’s: Verskaf

Protea-eer verwerf

’ n Jong karateka van Bethlehem, Nické Wächter, is vir die Protea-karatespan gekies Dié gr 7-leerling aan die Laerkool Jordania in Bethlehem en lid van die Bethlehem JKS-karateklub het haar Protea-kleure in kumite, asook kata, verwerf Sy is as die nommer een in Suid-Afrika in haar ouderdomsgroep gelys Nické het van 23 tot 25 Mei aan die SuiderAfrikaanse Karatefederasies (UFAK) se kampioenskapsbyeenkoms in Durban deelgeneem Daar het sy teen deelnemers van lande soos Namibië, Angola, Zambië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek kragte gemeet en haar baie goed van haar taak gekwyt Sy is die dogter van sensei Gerhard Wächter

Four suspects have been arrested on Friday,6 June, for stock theft near Ventersburg Stolen meat,valued at an estimated R15 000,was found by police members. Photo:Supplied
Nické Wächter

TOP CARPETS WAS VAN ALLERLEI Los en Ge-installeerde Matte. Sitkamerstelle – Stofeer en Gewone Kussings asook Kantoor en ander Stoele. 20% AFSLAG OP ALLE BLINDERS.

Tel: 056-2125507 082 558 8741

IN THE REGIONAL COURT FOR THE REGIONAL DIVISION FREE STATE HELD AT KROONSTAD CASE NUMBER: FS/KRD/RC63/2025(D)

In the matter between: SIMON MADIBA CHABANKU ID NR: 760511 5491 08 5 PLAINTIFF -andMATSHEPSO MERRIAM CHABANKU (born RATSIALE) Identity Number: 800925 0710 08 7

T12876/2016 LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T12876/2016 passed by SCHOOMBIE VENTURE CC –Registration Number 2000 064346/23 in favour of PRO

T19954/1995 LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T19954

610503 0115 08 8

Married Out of Community of Property

And 2. WILLEM JAKOBUS ROUX Identity Number 620818 5111 08 8 Married Out of Community of Property in respect of certain ERF 411 KROONSTAD, DISTRICT KROONSTAD, PROVINCE FREE STATE EXTENT: 892 (EIGHT HUNDRED NINETY TWO) SQUARE METRES which has been lost or destroyed.

All persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the REGISTRAR OF DEEDS:

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE 4205

ROSENDALKennis geskied hiermee dat die Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in bogemelde boedel vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 13 JUNIE 2025 by die Landdroskantoor SENEKAL asook die kantoor van die

BLOEMFONTEIN ter insae lê. EKSEKUTEUR: JC DE CLERK PROKUREURS POSBUS 212 CLARENS 9707

Tel: (058) 256 1807

E-Pos Adres: admin@jcdc.co.za Kontakpersoon: Mnr J.C de Clerk

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE 4201

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
VrystaatKroon-11 June 2025 by Novus Media - Issuu