Skip to main content

Die Papier_Top Skole_30 October 2026

Page 1

Top Skole

Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier

SKOLE

Van saad tot sukses. Waar Topskole die toekoms bou.

I


II

Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Top Skole

PROMOSIE

Met byna 25 000 skole:

Só kies jy die regte hoërskool Shanell Binedell shanell.binedell@diepapier.co.za

D

ie regte hoërskool kan ’n kind se akademiese én persoonlike ontwikkeling help vorm. Maar met byna 25 000 openbare en onafhanklike skole in Suid-Afrika, kan dit vir ouers ’n uitdaging wees om te bepaal watter skool die beste by hul kind sal pas. Dr. Juané van der Merwe-Mocke van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en dr. Leandie Bräsler, wat by die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum (SOS) betrokke is, gee raad oor waarop ouers moet let wanneer hulle dié belangrike besluit neem. “Die belangrikste vraag is: Wat het my kind nodig en hoe pas dit by wat die skool bied?” sê Van der Merwe-Mocke. Elke kind het unieke sterkpunte, belangstellings en behoeftes. Sommige floreer in ’n groot, mededingende omgewing, terwyl ander beter vaar waar meer individuele aandag moontlik is. Daarom is die skool met die grootste naam nie noodwendig die beste keuse vir elke kind nie.

ondersoek hoeveel leerders wiskunde en identifiseer, leerders ondersteun en dié Van der Merwe-Mocke moedig ouers fisiese wetenskap neem, hoe hulle daarin wat goed presteer, verder uitdaag.” aan om saam met hul kind skole te bepresteer en of die skool oor verskeie jare Die taal van onderrig is nog ’n belangsoek en op die skoolkultuur en waardes goeie resultate behaal het. rike oorweging. Bräsler beskou moederte let. Volgens Bräsler begin akademiese suk- taalonderrig as ’n belangrike bousteen Kyk hoe leerders met mekaar en hul ses lank voor matriek. “Leesbegrip, taalvan gehalteonderwys, omdat leerders onderwysers omgaan en vra hoe die vaardigheid en basiese syfervaardighede ingewikkelde konsepte makliker kan skool boeliegedrag hanteer en leerders vorm die grondslag vir latere begryp wanneer hulle in ’n taal leer wat ondersteun wanneer hulle akademies of leer. Ouers kan dus vra hoe hulle goed verstaan. emosioneel sukkel. Sport, musiek, kuns ’n skool leeragterstande Die kind self behoort deel van die en leierskapgeleenthede verdien ook besluit te wees. aandag. Ouers kan saam met hul kind Dit bied kinders die kans om hul skole besoek, verskillende opsies talente te ontdek, vriendskappe te bou bespreek en luister na wat hom of en selfvertroue te ontwikkel. haar opgewonde maak. Onderrigtaal, klasgroottes, skoolTog behoort die besluit nie geld en vervoer behoort eweneens uitsluitlik op vriende, sport of deel van die besluit te wees. ’n skool se reputasie gegrond te Akademiese prestasie is ’n word nie. Uiteindelik gaan dit belangrike maatstaf, maar ’n oor meer as ’n skool se uitslae hoë matriek-slaagsyfer vertel of prestasies – dit gaan oor ’n nie noodwendig die volle plek waar ’n kind veilig voel, verhaal nie. sy of haar potensiaal kan Bräsler beklemtoon ouers ontwikkel en die kennis en moet verder as die algemene vaardighede opbou om die slaagsyfer kyk. toekoms met selfvertroue “Universiteitstoelating, tegemoet te gaan. vakprestasie en onderskeiDie beste keuse is die dings kan ’n vollediger beeld skool waar akademiese gevan ’n skool se akademiese halte en persoonlike groei uitkomste gee.” Dr. Leandie Bräsler Dr. Juané van der Merwe-Mocke hand aan hand gaan. Dit is ook nuttig om te ADVERTENSIE-ARTIKEL

NUWE AFRIKAANSE HOËRSKOOL IN DIE NOORDE VAN PRETORIA HERDEFINIEER ONDERWYS: ENSÕ AKADEMIE FOKUS OP WIE JONGMENSE VANDAG IS

W

at as skool nie net gaan oor wie 'n kind eendag gaan word nie, maar ook oor wie hulle vandag reeds is? Hierdie is die leidinggevende vraag agter ENSÕ Akademie, 'n innoverende nuwe Afrikaanse hoërskool in die Noorde van Pretoria, wat wegbreek van tradisionele onderwysmodelle om 'n ruimte te skep waar akademiese groei en persoonlike ontwikkeling hand aan hand gaan. By ENSÕ Akademie word daar geglo dat skool nie bloot voorbereiding vir eendag is nie. Jongmense leef vandag. Daarom is die akademie doelbewus gestig om 'n omgewing te bied waar selfkennis, verantwoordelikheid, kreatiwiteit en 'n sterk gevoel van behoort sentraal staan. Die skool se benadering is uniek: ENSÕ bestaan nie om vir jongmense te sê wie hulle móét wees nie, maar eerder om saam met hulle te ontdek wie hulle is, wie hulle besig is om te word, waar hulle behoort en hoe hulle 'n betekenisvolle bydrae tot die wêreld kan lewer.

‘n Grondslag van Eienaarskap en Innovasie Die akademiese omgewing by ENSÕ word aangedryf deur die innoverende MOS-leerstelsel en die beginsels van selfgereguleerde leer. Leerders word toegerus met toekomsgerigte vaardighede deur te leer hoe om doelwitte te stel, hul eie werk te beplan, vordering te monitor, met vrymoedigheid hulp te vra, en toenemend volle eienaarskap van hul leerproses te neem. Leer by ENSÕ word egter nie tot die akademiese program en die klaskamer beperk nie. Daar word doelbewus geleenthede geskep vir leerders om vrae te vra, te debatteer en te skep. Deur die bou van besighede en die aanpak van gemeenskapsprojekte, bied die akademie 'n veilige platform waar jongmense kan probeer, foute maak, reflekteer en met nuwe insig weer probeer. Drie Rigtinggewende Vrae Die kern van ENSÕ Akademie se filosofie word deur drie eenvoudige, tog diepgaande vrae gedryf wat leerders deur hul hoërskoolloopbaan vergesel:

• • •

Wie is ek? Waar behoort ek? Hoe dra ek by?

By ENSÕ hoef 'n jongmens nie klaar of perfek te wees nie. Hulle hoef ook nie al die antwoorde te hê nie. Die akademie is ontwerp om juis die ruimte te bied waar leerders die vryheid het om daardie volgende tree te ontdek. ENSÕ Akademie – Volmaak in ons onvoltooidheid. Inskrywings vir die komende skooljaar is amptelik oop. Ouers en voornemende leerders wat deel wil word van 'n skool wat werklik na die individu kyk, word genooi om vandag nog in verbinding te tree. ENSÕ Akademie is 'n toonaangewende Afrikaanse hoërskool in die Noorde van Pretoria, gedryf deur die MOS-leerstelsel, wat fokus op holistiese leerderontwikkeling, selfkennis, en gemeenskaps-betrokkenheid. Vir medianavrae, onderhoude of inskrywingsbesonderhede, kontak asseblief: Lerina van Rensburg, Skoolhoof by hoof@ensoakademie.co.za NM10077622-PA301026

Toekomsgerigte Afrikaanse Hoërskool vir die leiers van môre ensoakademie.co.za NM10076382-PA301026


Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026 Die Papier III

Top Skole

ADVERTENSIE-ARTIKEL

MERENSKY LANDBOU AKADEMIE: 90 JAAR VAN TROTS, TRADISIE EN UITNEMENDHEID Van 'n beskeie begin in 1936 tot een van Suid-Afrika se voorste landbouskole. Merensky Landbou Akademie in Tzaneen vier vanjaar 90 jaar van uitnemendheid, prestasies en 'n besondere skoolgees wat geslagte lank reeds voortleef. Op 30 Januarie 1936 het die deure van 'n skool oopgegaan wat oor die volgende nege dekades duisende jongmense sou help vorm. Vandag, 90 jaar later, staan Merensky Landbou Akademie, met meer as 1 300 leerders, steeds trots as 'n baken van gehalteonderwys in Limpopo. Dié dubbelmediumskool bied veel meer as bloot akademiese onderrig. Met 'n indrukwekkende 100%-matriekslaagsyfer en 'n onderwysbenadering wat elke leerder se unieke potensiaal erken, skep Merensky geleenthede vir jongmense om op akademiese, landboukundige, sport- én kultuurgebied te ontwikkel. ‘n Wêreld van geleenthede Wat Merensky besonders maak, is die buitengewone verskeidenheid leergeleenthede wat op een plaas aangebied word. Leerders kan hulself binne drie hoofrigtings uitleef: Algemene Akademie, Agri-Wetenskappe en Musiek, Dans, Drama en Kuns (MDDK). Die MDDK, wat as 'n skool binne 'n skool funksioneer, bied opleiding in klavier, kitaar, ukulele, dromme, sang, dans, drama, keramiekkuns, fotografie, skryfkuns, redenaars en debat. Hier word kreatiwiteit gekoester en jong kunstenaars die geleentheid gebied om hul talente tot op nasionale vlak te ontwikkel.

varke, pluimvee en konyne, asook hekelwerk, afslaerskompetisies, suiwelbereiding en die kulinêre kunste. 2026: 'n Jaar van uitsonderlike prestasies Merensky se 90ste bestaansjaar is gekenmerk deur 'n indrukwekkende reeks prestasies. Op sportgebied het die Plasies die Soutpansberg-atletiekinterhoër gewen en boonop die geesbeker, toekenning vir beste dogtersdirigent en beste dirigentegroep ingepalm. Die skool het ook die Soutpansberg-landloopinterhoër gewen. Die swemmers is as Mopani-interhoërkampioene gekroon en het die senior Victor en Victrix Ludorum opgelewer. Merensky se tennisdogters het die Noordstreek se A-liga gewen, terwyl die hokkieprogram nege Limpopo-ligawenspanne opgelewer het. Die o.14A-hokkiedogters is boonop as Noordvaal Groot A-kampioene gekroon. Die eerste rugbyspan het die gewilde Hansieweek gewen, terwyl die o.17-sewesrugbyspan as Noordvaal Plaatwenners geëindig het. Op internasionale vlak het Merensky 'n wêreldkampioen by die World Field Archery-kampioenskappe in Amerika opgelewer, waar ook 'n nuwe Amerikaanse rekord in die Field Round opgestel is. Altesaam 95 Merensky-leerders is in 2026 in Limpoposportspanne opgeneem, 'n merkwaardige bewys van die skool se sportdiepte.

Landbou bly egter die trotse kern van Merensky se identiteit. Die skool se Agri-Merenskykampus beskik oor 'n wêreldklaslandboulaboratorium, moderne tegniese sentrums, 'n goed toegeruste kleinveeopleidingsfasiliteit en 'n moderne landboulosie.

Ook op landbougebied is geskiedenis gemaak toe Limpopo, verteenwoordig deur Agri-Merensky, die Nasionale Jeugskou gewen het. Dié prestasie is besonder betekenisvol omdat Merensky die enigste skool is wat die hele Limpopo-provinsie by hierdie kompetisie verteenwoordig het. Kultuur en akademiese innovasie het eweneens geskitter. Merensky het nasionale wenners in ATKV-Digispel, Oppie Tong Af-redenaars en Kansvatter-redenaars opgelewer.

Merensky Landbou Akademie vanuit die lug — waar landbou,

akademie en natuur saamkom. Landbouleerders neem op nasionale vlak deel aan jeugskoukompetisies met beeste, skape, bokke,

Die tienertoneel Melk en Heuning het by die nasionale Allegretto-toneelfees uitgeblink met toekennings vir onder meer die beste dramaproduksie, beste byspeler, beste manlike en vroulike hoofrolle en beste algehele teks.

'n Argitektoniese en simboliese baken wat nou verweef is met die skool se ryke geskiedenis en sy stigtersidentiteit.

Merensky het ook die beste junior- én seniorprojekte by die nasionale Tritech-kompetisie opgelewer. Die kykNET-reeks Ideemakers, wat op die interprovinsiale Tritech-kompetisie gebaseer is, is gedeeltelik op Merensky se kampus verfilm. Tradisies wat 'n familie bind Ten spyte van al die prestasies bly Merensky se mense en tradisies die hart van die skool. Een van die mees unieke gebruike is die legendariese MooPootradisie. Elke graad 8-leerder, nuwe leerder en onderwyser lui 'n klok voordat hulle deur 'n moddergat, gemeng met beesmis, gaan. Daarna ontvang hulle hul amptelike Bloublou Plasie-sertifikaat. Wanneer leerders ná matriek die skool verlaat, lui hulle weer dieselfde klok, 'n simboliese afsluiting van hul Merensky-reis. Die Colosseum-koshuis, met nagenoeg 500 inwoners, vorm op sy beurt 'n belangrike deel van die skool se hartklop. Hier word lewenslange vriendskappe gesmee en die besondere Plasiefamiliegees daagliks uitgeleef. Een groot Plasie-familie Merensky se sukses lê nie bloot in trofeë, rekords of akademiese uitslae nie, maar in die oortuiging dat elke leerder iewers behoort en die geleentheid verdien om sy of haar volle potensiaal te bereik. Negentig jaar ná sy ontstaan bly dié landbouskool getrou aan sy wortels, terwyl dit met selfvertroue die toekoms tegemoetgaan. Hulle noem hulself die Plasies, want by Merensky is jy nie bloot deel van 'n skool nie. Jy is deel van een groot familie op die plaas, met die trotse erfenis van SuidAfrika se beste landbouskool. NM10077624-PA301026


IV Die Papier Vrydag 30 Oktober tot Donderdag 5 November 2026

Waar uitnemendheid, tradisie en vooruitgang hand aan hand loop M

iddelburg Hoërskool, beter bekend as Middies, is 'n skool waar akademiese uitnemendheid, sport, kultuur en karaktervorming saam die grondslag van 'n besondere skoolgemeenskap vorm. Met sterk tradisies, moderne fasiliteite en 'n doelgerigte fokus op die ontwikkeling van elke leerder, bly die skool daarop ingestel om jongmense toe te rus vir die uitdagings en geleenthede van die toekoms. Akademiese prestasie is een van Middelburg Hoërskool se sterkpunte. Die skool se toewyding aan gehalteonderrig en die harde werk van leerders en opvoeders word weerspieël in die matriekuitslae en die erkenning wat die skool op verskillende vlakke ontvang. Die Matriekklas van 2025 het 'n gemiddelde persentasie van 65,2% behaal. Van die 265 matrikulante het 231 (87%) met universiteitsvrystelling geslaag, terwyl nog 32 leerders vir diplomastudies kwalifiseer. Dit beteken dat die oorgrote meerderheid van die matriekklas met 'n stewige grondslag hul volgende studiefase kan aanpak. Die skool het 'n 100%-slaagsyfer behaal en is tydens die Nkangala-prysuitdeling as die beste skool in die distrik aangewys. Verskeie individuele prestasies is erken, met toekennings vir die beste opvoeder in Rekeningkunde, die beste opvoeders in Wiskunde, die beste opvoeder in Besigheidstudies en die beste opvoeders in Wiskundige Geletterdheid. Hierdie prestasies beklemtoon die kundigheid en toewyding van die skool se akademiese personeel, wat 'n belangrike rol in leerders se sukses speel. MHS se akademiese prestasies strek ook oor die grense van die distrik. By die National Excellence Awards is die skool as die derde beste presterende openbare skool in Suid-Afrika in Kwintiel 4 aangewys. Hierdie nasionale erkenning bevestig die skool se strewe na hoë standaarde en volhoubare prestasie. Agter elke uitslag lê ure se voorbereiding, harde werk, ondersteuning en deursettingsvermoë. Dit is 'n gesamentlike prestasie waarin leerders, opvoeders en ouers elkeen 'n belangrike rol speel. Op sportgebied bied Middelburg Hoërskool aan leerders die geleentheid om hul talent te ontdek en verder te ontwikkel. Die skool se sportfasiliteite ondersteun deelname asook prestasie, en skep 'n omgewing waarin sportlui op verskillende vlakke kan groei. Die Middies Sport Spesifieke Instituut (MSSI) is 'n goed toegeruste gimnasium met topklastoerusting waar spelers in spanverband saam oefen vir sport spesifieke

Top Skole

Advertensie-Artikel

oefeninge. MHS beskik ook oor 'n Analise Sentrum wat tot die ontwikkeling en verfyning van sportvaardighede bydra. Hierdie fasiliteite stel leerders in staat om doelgerig te oefen, hul prestasie te evalueer, en aan hul tegniek en fiksheid te werk. Krieketspelers kan vanaf vanjaar ook gebruik maak van 'n krieketveld met ligte, wat die aanbieding van aandreekse moontlik maak. Onderdak-krieketnette bied verdere oefengeleenthede, terwyl die onlangs oorgedoen netbal- en tennisbane die skool se sportaanbod verder versterk. MHS het reeds provinsiale en nasionale toernooie aangebied, wat getuig van die gehalte van sy fasiliteite en die skool se vermoë om sport op 'n hoë vlak te huisves. Sport by Middies gaan egter oor meer as uitslae en trofeë. Dit bied leerders die geleentheid om dissipline, spanwerk, verantwoordelikheid en deursettingsvermoë te ontwikkel. Die skool se sportkultuur skep ruimte vir die ontwikkelende sportster asook die leerder wat bloot deel van 'n span wil wees. Kultuur vorm eweneens 'n belangrike deel van die Middies-identiteit. Die skool glo daarin om leerders se kreatiwiteit aan te moedig en geleenthede te skep waar hulle hul talente kan ontdek en ontwikkel. 'n Besonderse toevoeging tot die skool se kultuur is die Middies Harmonia Sentrum, waar leerders verdere opleiding in drama, sang en instrumentale musiek ontvang. Die sentrum bied aan jong kunstenaars die geleentheid om hul vaardighede onder leiding van kundiges te ontwikkel en met groter selfvertroue hul talente uit te leef. Die Harmonia Sentrum dien ook as 'n UNISAeksamensentrum waar leerders uit die omliggende gemeenskap hul teorie- en praktiese musiekeksamens kan aflê. Die sentrum skep dus nie net verdere geleenthede vir Middie-leerders nie, maar lewer ook 'n waardevolle bydrae tot die breër gemeenskap. Deur kultuur word leerders aangemoedig om buite hul gemaksone te beweeg, saam te werk en hul individualiteit te ontwikkel. Só word akademie, sport en kultuur deel van 'n gebalanseerde skoolervaring. Alhoewel prestasies en fasiliteite 'n belangrike deel van Middelburg Hoërskool se suksesverhaal vorm, strek die skool se rol verder as akademiese uitslae, sportprestasies en kulturele hoogtepunte. Die vorming van jongmense en die waardes waarmee hulle die wêreld tegemoetgaan, bly net so belangrik.

By Middelburg Hoërskool lê die fokus op harde werk, geleenthede en die aanmoediging om groot te droom. Mieke Knoesen is een van die Middies wat saam droom.

Respek, integriteit, verantwoordelikheid en uitnemendheid gee rigting aan die skoolgemeenskap. Hierdie waardes is nie net op die sportveld, in die klaskamer of op die verhoog van belang nie, maar vorm ook die grondslag van gesonde verhoudings en verantwoordelike optrede in die toekoms. Die skool se benadering berus op die oortuiging dat sukses nie bloot aan uitslae of prestasies gemeet kan word nie. Die karakter waarmee 'n leerder uitdagings aanpak, ander mense behandel en verantwoordelikheid aanvaar, is ewe belangrik. Met 'n sterk Christelike grondslag en 'n kultuur van omgee word leerders aangemoedig om met waardes en doelgerigtheid te leef. Middelburg Hoërskool se geskiedenis en tradisies vorm die fondament waarop die skool voortbou. Tradisie beteken hier egter nie stilstand nie. Die voortdurende ontwikkeling van fasiliteite, die skep van nuwe geleenthede en die strewe na verbetering wys dat die Middies-gemeenskap met selfvertroue vorentoe kyk. Die doel is om 'n omgewing te skep waarin leerders hul potensiaal kan bereik, hul belangstellings kan uitleef en met selfvertroue hul plek in die wêreld kan inneem. Middelburg Hoërskool se verhaal is uiteindelik dié van mense wat saamwerk aan 'n groter prentjie: opvoeders wat met toewyding onderrig, ouers wat ondersteun, leerders wat hard werk en 'n gemeenskap wat trots is op sy skool. Met sterk akademiese resultate, erkenning op distrik- en nasionale vlak, uitstekende sportfasiliteite en groeiende kultuurgeleenthede bou die Middies voort op 'n stewige fondament. Rotsvas sedert 1918 bly Middelburg Hoërskool verbind tot tradisie én vooruitgang, met die oog gevestig op die geleenthede van môre en die ontwikkeling van elke Middie. NM10078877-PA301026


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook