Donderdag, 1 Mei 2025
Tel: 023 347 0968
Donderdag, 1 Mei 2025
Tel: 023 347 0968
Ronél van Jaarsveld
Besoekers vanuit Kaapstad was ontsteld toe hulle ’n familielid se graf gedurende Paasnaweek in Worcester besoek het.
Lang gras, vullis en die verwaarloosde toestand van die grafte was nie wat hulle verwag het by die ou begraafplaas in die dorp nie. Hulle wou kla, maar is glo na die “parkeraad” verwys, waar die telefone nie beantwoord is nie.
Dr. Julian Kritzinger, raadslid van wyk 7, het by navraag verduidelik dat hoewel die begraafplase in Kerkhof- en Fairbairnstrate op die oog af soos een lyk, is dit in der waarheid 23 verskillende persele wat aan verskillende instansies en gemeentes behoort
“Daar is slegs drie persele wat munisipale begraafplase is, terwyl die ander 20 persele almal aan verskillende gemeentes behoort,” het hy verduidelik.
Volgens hom is elke gemeente verantwoordelik vir hul eie persele se instandhouding
“Die probleem is egter dat baie van dié gemeentes óf nie meer bestaan nie óf nie oor die nodige finansiering beskik om hul persele instand te hou nie.”
Kritzinger het gesê die Breedevallei-munisipaliteit poog om hande met dié gemeentes te vat en met die nodige instandhouding te help, selfs al is dit nie hul grond nie en hulle nie verplig is om dit te doen nie.
Voorheen het wyk 7 se wykskomitee ingespring en hul wyksgebaseerde finansiering aangewend om die NG-Moedergemeente se begraafplaas, die Apostoliese Kerkbegraafplaas en die Lutherse Kerkbegraafplaas se straatfronte te omhein, nadat die mure en draadheining gesteel was.
“Tans is die openbare werke-afdeling besig met ’n tenderproses om nog heinings en hekke aan die straatfront in Kerkhofstraat aan van die oorblywende gemeentes se begraafplase aan te bring –al is dit eintlik daardie gemeentes se plig om dit self te doen,” het hy gesê.
Die besoekers het ook gekla dat van die hekke gesluit was en toegang moeilik was. Volgens Kritzinger is die sleutels vir die toegang tot die onderskeie begraafplase by die relevante kerkantoor beskikbaar.
“Die munisipaliteit is slegs verantwoordelik vir die instandhouding en skoonmaak van die drie persele wat die munisipale begraafplaas is. Die munisipaliteit maak hierdie drie persele volgens ’n skedule skoon.
“Daar word tans finale onderhoude vir die aanstelling van ’n nuwe superintendent van begraafplase gehou,” het Kritzinger gesê
“Indien iemand ontevrede is met hoe ’n nie-munisipale begraafplaas lyk, moet hulle dit met daardie relevante gemeente opneem. Indien daar nie samewerking van daardie gemeente is nie, kan die klagte by my as wyksraadslid van wyk
7 (waarbinne die nie-munisipale begraafplaas lê) gelê word by 082 478 0424 of jkritzinger@bvm.gov.za en ek sal die klagte aan die brandweer stuur. Hulle sal ’n brandgevaarkennisgewing uitreik indien die onkruid ’n brandgevaar inhou. Die relevante gemeente word dan op terme geplaas om hul begraafplaas voor ’n sekere datum skoon te maak, anders kry hulle ’n boete.”
Die Moslem-begraafplaas se betonmure kon herstel word.
Hy het versoek dat die gemeenskap sal saamwerk en dit onmiddellik rapporteer wanneer vandale skade aanrig by die begraafplaas. Die 24-uur BVM-Inbelsentrum (Service Support Centre) gekontak word by 0860 121212 of ssc@bvm.gov.za, sodat Wetstoepassing onmiddelik ontbied kan word.
In ’n saak wat jare geneem het om af te handel, is ’n oudpolisiebeampte van Montagu verlede week in die Montagu-streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis
Dit volg nege jaar nadat Frederick Soldaat ’n 15-jarige meisie in 2016 in die polisiekantoor se traumakamer verkrag het ’n Traumakamer word juis ingerig om die slagoffers van traumatiese misdade veilig te laat voel
Die saak het wyd onstelde reaksies uitgelok, met inwoners wat gesê het die polisiekantoor moes juis ’n plek wees waar die kind veilig is
Ander was ontsteld omdat die saak nege jaar geneem het om af te handel voordat die slagoffer afsluiting oor die ontstellende voorval kon kry
Die Covid-19-pandemie en beurtkrag het bygedra daartoe dat die saak lank geneem het om af te handel
Dié hof het ook slegs een keer ’n week gesit Soldaat het ook van regsverteenwoordigers verander, wat verdere tyd in beslag geneem het
Die hof het afgewyk van die voorgeskrewe minimumvonnis as gevolg van die skuldige se mediese toestand
Gedurende die hofverrigtinge het die staatsaanklaer, Henrich Koert, bewyse voorgelê wat die storie vertel het
Die slagoffer se ma het, nadat sy en haar dogter ’n uitval gehad het, haar na die polisiekantoor geneem waar sy versoek het dat hulle haar help om haar te kalmeer Soldaat was een van die beamptes wat die
saak hanteer het
Die beamptes aan diens het die meisie in die traumakamer ingeboek Soldaat moes ’n toelatingsvorm invul, wat onder meer haar ouderdom as 15 jaar aangedui het Hy het haar later ten minste twee keer in die traumakamer besoek
Soldaat het aangevoer dat die meisie hom gekomplimenteer het oor die kleur van sy oë Hy het gesê toe hy toenadering gesoek het, het sy haarself aanvanklik nie teëgesit nie, maar toe hy haar klere wou uittrek, het sy teen hom baklei
Hy het haar oorweldig en in die traumakamer verkrag en haar daar gelos
Die meisie is die volgende dag terug huis toe en het haar ma vertel wat gebeur het
Die meisie kon haar aanvaller aan die polisie uitwys en Soldaat is in hegtenis geneem Die staat het borgtog teengestaan, maar die hof het dit toegestaan
Soldaat het tydens die hofverrigtinge volgehou dat hy en die meisie vrywillige gemeenskap gehad het en dat hy “nie bewus was” van haar [minderjarige] ouderdom nie
Adv Koert het hom daarvan besluldig dat hy die plek waar slagoffers veronderstel is om veilig te voel, in ’n misdaadtoneel verander het
Hy het gevra dat die hof die vertroue van die gemeenskap weer herstel, sodat slagoffers in die toekoms weer veilig sal voel en misdaad kom aanmeld sodat reg kan geskied
• Die vonnis van 25 jaar het dadelik ná die uitspraak begin
Provincial authorities have confirmed a slight decline in roadrelated fatalities over the Easter 2025 long weekend
Between 17 and 21 April, fatal crashes that resulted in the loss of 22 lives were recorded on the province’s roads
This figure includes 14 pedestrians, five passengers, two drivers and one motorcyclist who lost their lives It is a slight decrease in the number of road fatalities recorded over the Easter 2024 long weekend
The Western Cape Department of Mobility reported that 14 of the 22 fatalities recorded this year occurred on municipal roads while eight were on provincial routes
It said most of these incidents were recorded in the Cape Metropole Only one road fatality was recorded on a major route in the Overberg district
“While it is encouraging to see a reduction in road fatalities this Easter compared to last year, we must not lose sight of the fact that every life lost is one too many,” said Muneera Allie, Head of Communication for the Western Cape Mobility Department
“We extend our deepest condolences to the families and loved ones who lost someone on our roads this weekend ”
tion and hard work over the Easter weekend
“Every emergency call, hospital presentation and forensic case represents a human life touched by tragedy,” it stated “We remain deeply mindful of the burden borne by both our staff and affected families during this time
Sh h i d h d f i
“Your tireless efforts, often under challenging circumstances, ensured h ld d if l
Ons Spesialiseer in
Derde Party Eise
Was u of u familie beseer in ‘n motorvoertuig ongeluk?
Het u ‘n broodwinner afgestaan aan die dood as gevolg van ‘n motorvoertuig ongeluk?
Wag u vir u eis om af te handel maar niks gebeur nie?
Ons Prokureurs Firma kan u dalk help.
Norman Evertson
MONTAGU – Twee behoeftige dog baie talentvolle skoolatlete is verlede Woensdag (23 April) elkeen met ’n paar splinternuwe hardloopskoene geseën.
Wilton van Wyk (15) en Alzario Heyns (16), twee graad 8-leerders aan W.A. Rossouw Primêr, se talente is deur pastoor Octavious Magada, ’n geestelike leier, by dié skool se kleurebyeenkoms raakgesien
“Ek het dié dag musiek by die byeenkoms verskaf en die twee atlete gesien hardloop. Hulle het my beïndruk en ek het besluit om Danzel Minnaar, ’n oud-padwedloopatleet wat deesdae atlete met potensiaal onder hande neem, te nader,” sê Magada.
“Pastoor Octavious het vertel dat hy twee atlete by W.A Rossouw gesien het wat goed gehardloop het. Hy het gesê volgens hom het dié twee leerders gewis potensiaal, maar hulle het ’n duidelike gebrek aan die nodige vaardighede. Hy het gevra of ek hulle sal kan help,” vertel Minnaar.
Minnaar is ’n voormalige atleet wat nou al sowat 15 jaar afrig. Hy het ’n onblusbare passie en liefde vir atletiek en padwedlope en het dadelik ingestem om die twee leerders te help. Hy het die twee atlete genader en baie gou besef ongeag hul rou talent, word hulle ook deur ander uitdagings in die
gesig gestaar
Minnaar vertel: “Toe ek die eerste keer met hulle gesels het, het ek gehoor dat hulle nie rêrig in atletiek belangstel nie. Hulle het maar net aan hul skool se kleurebyeenkomste deelgeneem omdat hulle verplig gevoel het.
GROOTUITDAGING
“Selfs al het hulle ook in die plaaslike skoolbyeenkomste goed gevaar, het hulle nie belanggestel om buite die dorpsgrense te gaan deelneem nie.”
Minnaar het egter daarin geslaag om hul ingesteldheid te verander. Hy het hulle oortuig om hul Godgewe talente verder te ontwikkel Die uitdagings was egter soos ’n berg voor hulle.
Die twee belowende tieneratlete het nie eens oefenskoene gehad nie, laat staan nog regte
hardloopskoene om aan byeenkomste deel te neem Daarby het Minaar die twee “skelmpies” op die Hoërskool Montagu se sportveld laat oefen.
Toe die skool dit uitvind, het hulle aanvanklik kapsie gemaak, maar tog later ingestem dat Minnaar sy atlete daar mag laat oefen.
“Toe hulle vir die eerste keer vir oefeninge na my toe gekom het, het hulle nie tekkies gehad nie. Ek het in ’n stadium vir hulle van my draftekkies gegee om saans mee te oefen Wanneer hulle klaar geoefen het, het hulle dit uitgetrek en by my gelos tot die volgende oefensessie.
“Pastoor Octavious en ek het oudatlete soos oom Kowie Willemse en mnr. Alton Sauershulle genader vir tekkies, maar hulle kon in daardie stadium
nie help nie. Ons het toe maar so deur die seisoen aangesukkel, sê Minnaar.
Ondanks die struikelblokke het hulle vordering gemaak en selfs vir die Boland-atletiekkampioenskap gekwalifiseer, waar hulle redelik goed gevaar het.
ONGEMAKLIKESKOENE
Wilton en Alzario het ook later aan Langeberg Senior Sekondêr se landloopbyeenkoms in Robertson deelgeneem waar hulle onderskeidelik die o.15- en o.17-wedlope gewen het. Wat hierdie prestasies van hulle so merkwaardig maak, sê Minnaar trots, is dat hulle dit met ongemaklike skoene vermag het.
Een moes noodgedwonge in ’n paar veldskoene hardloop, terwyl die ander een in ’n paar
verslete naweektekkies deelgeneem het.
Die twee talentvolle atlete se geluk het egter onlangs, ná ’n toevallige ontmoeting tussen pastoor Magada en Rolene van Zyl, ’n plaaslike inwoner, begin omdraai
Dié twee het mekaar in ’n winkel in die dorp raakgeloop en gesels Magada het toe aan Van Zyl genoem van die twee belowende atlete se behoeftes. Van Zyl het op haar beurt dit weer aan haar dogter, Talena, genoem.
Talena en haar man, Malan Gouws, is lede van die Robertson Tafelronde, ’n organisasie sonder winsbejag, wat hulle vir behoeftiges in die gemeenskap beywer
En die res is geskiedenis, kan ’n mens eintlik sê.
Die Robertson Tafelronde het besluit om vir elkeen van die twee talentvolle atlete ‘n paar splinternuwe hardloopskoene te skenk.
Die skoene is verlede Woensdag deur die Gouws-egpaar aan die dankbare atlete oorhandig. Minnaar, die twee seuns se afrigter, het sy dankbaarheid teenoor al die rolspelers wat die skenking moontlik gemaak het– veral die Robertson Tafelronde en die Gouws-egpaar – by die oorhandigings geleentheid uitgespreek.
Hy het ook die Hoërskool Montagu in hul afwesigheid vir die beskikbaarstelling van hul sportveld vir oefeninge bedank.
Although some parts of South Africa are battling floods and higher-than-usual rainfall, the Western Cape still awaits its rainy season to fill its dams.
According to the Department of Water and Sanitation information released on 22 April indicates that the Western Cape Water Supply System (WCWSS) dams are currently at 61,08%, 55% less than the same time last year. These dams serve more than 3 million people and provide water to the communities of greater Cape Town and certain Overberg, Boland, West Coast and Swartland towns. They also support agricultural activities along the Berg, Eerste and Riviersonderend rivers. The Gouritz River Catchment
is at 74,01% weighted average, a notable decline compared to 86,71 % the same time last year.
This area comprises two distinct areas, a large dry area comprising mainly the Central and the Little Karoo and the smaller humid strip along the coastal belt.
The Olifants Doorn River Catchment on the West Coast is currently at 31,54% weighted average, with the Clanwilliam Dam hovering below 30%, consistent with the last five years. The department is raising the Clanwilliam Dam wall to ensure an additional yield of water.
Theewaterskloof Dam, the largest dam in the province accounting for 54% of the WCWSS, is sitting at 61,62 %, which is a healthy yield compared to
55,46% a decade ago.
According to the department other dam levels are as follows: Brandvlei Dam (45,11%), Gamka Dam (47,87%), Bulshoek Dam (72,16%) and Berg River Dam (61,15%).
Although the Western Cape experienced two good rainy seasons, there is no guarantee of above normal rainfall due to the effects of climate change, said Ntombizanele Bila-Mupariwa, provincial head of the Department of Water and Sanitation.
“As seen in the past, climate change at times can lead to dry seasons,” she said. South Africa remains a water-scarce country and the DWS requests everyone, especially high-end water users, to use water sparingly.
Inwoners van Montagu het aangesit vir die gróót eet en kuier tydens vanjaar se Harvest Long Table Event, wat Sondag 27 April plaasgevind het
Altesaam 250 gaste het hul stoele onder die lang tafel ingeskuif om heerlik te smul aan canapés met eiervrug en fillodeeg, wildskoftas en arancini. Vir hoofgereg is verskeie brode, geroosterdepampoenslaai, volstruis-pastrami, warm
gerookte forel en Wagyu-beesvleis voorgesit. Vir die soettande het nagereg ’n verskeidenheid tuisgemaakte nageregte ingesluit, soos klein tertjies, bruintjies, eclairs en kolwyntjies.
Montagu se ikoniese Kerkstraat het vir die dag die tyd teruggedraai en die gaste het volgens die tema “Roaring Twenties” uit die 1920’s aangetrek.
Die kuier is met ’n wynproe van plaaslike wingerde begin.
Alver Uys
’n Gewilde allemansvriend, die 48-jarige Edwinn Donenic Apollis, of Ettie, soos hy in sy groot vriendekring bekend was, het kort voordat hy verlede Dinsdag sou klaarmaak vir werk, begin siek word en moes inderhaas hospitaal toe, waar hy later dieselfde dag oorlede is.
Ettie was die jongste seun van Elize en Matthew Apollis, die bekende baskitaarspeler van die destydse Restless Children Hy het sy laerskoolopleiding aan Riverview Primêr ondergaan en in 1995 aan Worcester Sekondêre Skool matrikuleer.
Hy het kort na skool by Silverton Radiators begin werk, waar hy hom as verkoelingstegnikus bekwaam het.
Nadat Tony’s Silverton’s in Augustus 2018 oorgeneem is, het hy voortgegaan om sy uitstekende vakmanskap daar voort te sit en is later as Werker van die Jaar aangewys.
Hy was gewis ’n allemansvriend en het ’n wye vriendekring gehad en altyd tyd gemaak om saam met sy vriende te kuier. Verder was hy versot op visvang en ’n stoere ondersteuner van die Worcester Villagers, die Stormers en natuurlik die Springbokke, en het
gewoonlik op toetsdae sy Springboktrui met trots gedra Ettie, wat naas sy broer, Morné, en suster, Daleen, ook sy ma en pa agterlaat, word Saterdag (3 Mei) uit die Christ Community Centre begrawe. ’n Roudiens word Saterdag om 08:00 by sy huis in Crotzstraat 126 gehou en die kerkdiens is om 09:00.
‘Hawelose’ man erg beseer toe hy onder trein beland
Ronél van Jaarsveld
’n Man van Roberston het verlede Dinsdag (15April) net voor middagete onder ’n trein beland en ernstige bese–rings opgedoen. Die voorval was helder oordag op die spoorlyn oorkant die Robertson-polisiekantoor.
AO Joseph Swartbooi, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie was op die toneel en die saak word ondersoek.
“Volgens verslae is die man omgery deur ’n trein wat in die rigting van
Worcester na Roberston gery het. Mediese personeel het na die beseerde man omgesien en hom na ’n nabygeleë hospitaal geneem,” het hy gesê. Hy het gevra dat ooggetuies of mense met inligting oor die voorval die polisie skakel.
Die polisie het nie enige verdere inligting oor die man bekend gemaak nie Hulle het gerugte dat die man aan sy beserings beswyk het, weerlê en gesê hy sterk in ’n plaaslike hospitaal aan.
Inwoners het op sosiale media beweer die man is ’n hawelose.
Sê
Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual), in samewerking met Worcester Standard & Breederivier Gazette, nooi lesers om deel te neem aan ons jaarlikse soektog na die legendariese inwoners wat ’n invloed op die lewe van mense in ons gemeenskappe gehad het, of steeds het. Vanjaar vereer ons nie net uitsonderlike individue van die Breedevallei nie, maar brei uit om die Langebergstreek in te sluit. Ou Mutual wil graag erkenning gee aan diegene wat ’n beduidende invloed op die lewe van mense in ons gemeenskappe het of gehad het. Hierdie inisiatief moedig alle inwoners aan om hul deel te doen om ons samelewing te versterk. Vorige wenners sluit in mense soos Francois du Toit, Anthony Hall, Pietie Beukes, Idie Louw, Eddie Nortier, Lizette Kloppers, Bertie van der Merwe, Boetie Kriel, Charles Beukes, Ken McIntyre, Elza Jordan, dr. Eugene Moore, Kosie Koopman en Frans Wiesie Wie se naam sou ons lesers graag by dié lys name wou voeg?
Benoemingsriglyne:
•Die benoemde kandidaaat moet in die gebied van die Breedevallei- of Langebergmunisipaliteit woon; •Só iemand moes ’n betekenisvolle ekonomiese of maatskaplike invloed op die gemeenskap gehad het; •Kandidate kan uit verskeie sektore –onderwys, sake, sport, landbou of ander gemeenskapsdienste – kom; en
•Die benoemde moet ouer as 50 jaar wees. Stuur die volgende inligting:
•Volledige naam en kontakbesonderhede van die benoemde; •’n Kort beskrywing van die kandidaat; en •’n Duidelike motivering wat verduidelik watter invloed die benoemde op die gemeenskap as legendariese inwoner van die vallei gehad het of steeds het. Stuur e-pos na jghallpa1@oldmutual. com of lewer die benoeming af by OuMutual PFA se kantoor in Baringstraat 29, Malan-huis, Worcester Die sluitingsdatum vir benoemings is Woensdag 21Mei.
Bel Elsophie Hill by 023 348 7915/1 vir navrae.
Die suksesvolle kandidate sal in Junie op ’n glansdinee by die Worcester-gholfbaan vereer word.
Dr WillemBotha
Teen 1872 het ’n paar geleerde mense, wat besef het dat Afrikaans ’n volwaardige taal in eie reg is, ernstig begin pleit vir die erkenning van Afrikaans, onder wie Arnoldus Pannevis, C P Hoogenhout en ds S J du Toit Pannevis en DuToit was Paarliete, en Hoogenhout het naby Wellington onderwys gegee
Pannevis het ook in 1872 in die Nederlandse koerant De ZuidAfrikaan gepleit vir Die Bybel in Afrikaans Kort hierna het C P Hoogenhout Matteus 28 uit die Hooghollands van die Statenbybel van 1637 in Afrikaans vertaal, maar Die Kerkbode het geweier om dit te publiseer
In 1874 het ds S J du Toit, ’n oudleerling van Pannevis, in drie artikels die bestaansreg van Afrikaans as selfstandige taal bepleit Pannevis het op 7 November 1874 ’n brief aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap in Londen geskryf waarin hy gepleit het vir ’n Bybel in Afrikaans omdat Afrikaanssprekendes dit beter sou verstaan as die Hooghollands van die Nederlandse Statenbybel Hierdie skrywe het tot ’n reeks gebeure van belang gelei
Die Bybelgenootskap wou met Du Toit oor die vertaling in gesprek tree, maar Pannevis het aangedui dat hy eers die saak met ’n paar voorstanders van Afrikaans wil bespreek Daardie gesprek het Saterdag
14Augustus 1875 in Gideon Malherbe se huis in Paarl plaasgevind, en word beskou as die stigtingsvergadering van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) S J du Toit, C P Hoogenhout, Gideon Malherbe, Petrus J Malherbe, D F du Toit (later Oom Lokomotief), D F (dokter) du Toit, S G du Toit en August Ahrbeck was teenwoordig
Hulle het besluit om die vertaling van die Bybel uit te stel totdat ’n vaste skryfvorm vir Afrikaans vasgestel is Voorts is onder meer besluit om ’n Afrikaanse woordeboek die lig te laat sien, wat in 1902 as die Patriot-woordeboek verskyn het
Die spelwyse in die woordeboek was ’n toonbeeld van “ons skryf soos ons praat” Die letter “v” en die diftong “ei” kom glad nie voor nie, dus fol en hoefeel in plaas van vol en hoeveel en pasty en sky in plaas van pastei en skei
Ook “t” en “s” soos vandag in plaas van die Nederlandse “th” en “sch”, dus tee en bos, in plaas van thee en bosch
Die GRA se doelstellings het spoedig neerslag gevind: Die Afrikaanse Patriot, die eerste Afrikaanse koerant, het op 15Januarie 1876 verskyn Dit was die GRA se eerste taak Sowel die GRA as hul koerant is aanvanklik bespot as ’n “patois”-taaltjie –ongeskik vir enige intellektuele aktiwiteit ’n “Patois” is ’n variant van ’n taal wat as benede peil beskou word Die Bybel in hierdie taal was daarom bykans ondenkbaar, maar dit is algemeen
bespreek soos in die waarskynlik apokriewe staaltjie oor die Paarlse ouderling wat oortuig was “as Nederlands goed genoeg was vir Moses, is dit ook goed genoeg vir my”
PAARLPOSTVERSKYN
Die Afrikaanse Patriot moes in Desember 1904 sluit weens ’n dalende leserstal as gevolg van S J du Toit se ondersteuning in die koerant van Cecil John Rhodes en die Britse magte in die Tweede Vryheidsoorlog Die uitgewers het op ’n direkte opvolger besluit, wat op 14Januarie 1905 as die Paarl Post, ’n weekblad met Afrikaanse én Engelse berigte, verskyn het Die Hugenotegedenkschool is op aandrang van S J du Toit in 1882 geopen met Pannevis en D F du Toit as eerste onderwysers Dit was ’n Christenskool wat die Franse Hugenote moes gedenk en ook Afrikaans moes bevorder deur Afrikaans as onderrigmedium te gebruik Dit was die eerste Afrikaansmediumskool in die Paarl, maar nie in SA nie
Aan die einde van die 1800’s en die begin van die 1900’s was baie van die stedelike Afrikaanssprekendes voorstanders van Engels en in Kaapstad het baie van die hoëprofiel- Afrikaanse families Engelssprekend geword In die Kaapkolonie is 80% van Afrikaanssprekende laerskoolleerders deur middel van Engels onderrig en in die Transvaal was dit bykans 50% Baie ouers het Engels as die sleutel tot die
ekonomie, reg, letterkunde en wetenskap beskou
Die Tweede Vryheidsoorlog (1899 tot 1902) het ’n negatiewe sentiment teenoor Engels laat posvat – veral weens die onmenslikheid van die sterftes van vroue en kinders in konsentrasiekampe
Ná die oorlog is die saak vir die ontwikkeling van Afrikaans deur vooraanstaande intellektuele bepleit Een van hulle was Jan F E Celliers, wat vertel hoe hy in die oorlog ’n Afrikaanse digter ontmoet het, wat telkens na Engels oorgeslaan het wanneer hy ’n ernstige of ingewikkelde saak bespreek het Celliers het hom toe daarvoor begin beywer dat Afrikaanse skrywers en digters Afrikaans tot so ’n vlak moet ontwikkel dat gedagtes oor enige onderwerp daarin uitgedruk kan word In 1908 skryf hy die weergalose “Dis Al”, wat die onmenslike
pyn van die terugkerende Boere in enkele kort reëls uitbeeld: Dis die blond, dis die blou: dis die veld, dis die lug; en ’n voël draai bowe in eensame vlug –dis al Dis ’n balling gekom oor die oseaan, dis ’n graf in die gras, dis ’n vallende traan –dis al
• Dr Willem Botha is ’n onderwys-, woordeboek- en radioman van die Paarl Bronne: Carstens W.A.M. en Raidt E H 2019: Die storie van Afrikaans Deel 2; Oberholster A G 1987: Paarlvallei 1687 - 1987; Patriot-woordeboek 1902, D F du Toit & Co, Paarl; Van Rensburg C , 2018: Van Afrikaans gepraat; Hugo, D (red ) 2009: Halala Afrikaans; Kapp, P H 2005: “Is ’t ons ernst?” Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 2005, 45/1; Ponelis, F A 1993: The Development of Afrikaans Frankfurt am Main: Peter Laing
Kersvader moes ’n bietjie opsy staan sodat die Paashaas inwoners van die Shalom-aftreeoord in Worcester kon bederf.
Die welbekende “Ouma Kersfees” en wykskomiteelid van wyk 7 (Reüniepark) in Worcester, Margaret Swart, sorg elke jaar vir ’n baie suksesvolle Kersfees-geselligheid by die tehuis met skenkings uit die wyk. Kersfees is darem net te ver vir ’n bederf en Swart het besluit dat hulle vanjaar ook ’n Paasfees-geselligheid vir die
inwoners gaan aanbied. Hulle het ’n hele aantal weke vooraf begin om skenkings in te samel Die inwoners het elk ’n geskenkpakkie ontvang met Paaseiers, ’n kolwyntjie en ’n koeldrank, wat persoonlik deur die Paashaas afgelewer is Volgens die raadslid dr.Julian Kritzinger het talle inwoners nie familie nie of hul familie is ver weg. Dit maak ’n inisiatief soos hierdie nog meer besonders omdat hulle nie tyd saam met hul eie families kan deurbring nie.
“Ouma Kersfees”, oftewel
Margaret Swart, en haar kleindogter Zelmarie
Bredenkamp, wat haar lyf Paashaas gehou het
The Nuy Festival, a family-friendly outdoor festival with award-winning wines and fine country foods celebrating the wine and olive harvest will take place on 10 May
The Nuy Valley is known for its picturesque mountains, vineyards, award-winning wines and world class olive products along with an old-world charm The popular Nuy Valley Festival is hosted by Nuy
Stuur inskrywings na: info@worcesterstandard.com. Deadline/Spertyd: Monday/Maandag voor 12:00
10 MAY
Join the Nuy Valley Festival for a day of wine, olives music food and fun at the Nuy Winery Olive Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery and Lions Creek Olive Estate Look forward to scenic tractor rides between stops local market stalls and a trail run and MTB race at Lions Creek To book your spot for this once in a lifetime festival, visit Webtickets
Winery at Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery and Lions Creek Olive Estate
There is a wide variety of activities and things to do for the entire family You can expect live music, wine tastings, olive oil tastings, traditional German dishes, craft beer, trail runs, and mountain bike rides Take a ride on the Nuy Valley Express, a tractor-wagon ride For information mail marketing@ nuywinery co za or contact 082 535 5651
15 MEI
Die Robertson-geskiedenisgilde nooi inwoners na hul maandelikse byeenkoms Donderdag 15 Mei om 18:00 vir 18:30 stiptelik by die NG Kerk se sysaal, Paul Krugerstraat 39, Robertson Adv Jan C Heunis SC (seun van die oudminister Chris Heunis) is die gasspreker Sy praatjie handel oor BinnekringSkermstories – FW , Cyril, ens ” Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar Kaartjies kos R50pp Kaartjies is beskikbaar by: Robertson Museum tussen 09:30 en 13:00 Vir nog inligting bel Dianne by 023 626 3681 Kaartjies is ook te koop by The Book Shop van 08:30 tot 17:00 by Reitzstraat 9 of bel Mich by 074 446 8444 of Wyona Ramsauer by 082 740 7532 EFT Betalings is beskikbaar op aanvraag
• Gehoortoetse - babas kinders en volwassenes Wye reeks van • gehoorapparaat vervaardigers en modelle word verskaf Diens en herstel van gehoor • apparate Batterye en toebehore beskikbaar
•
• • Geraasbeskerming Swem proppe toebehore
LE FLEUR, CHRISSIE
GEB: 09.03.1950 - GEST: 27.04.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 03 Mei 2025 om 09:00 by Sampsonstraat 73B en om 10:00 by Ou Apostoliese Kerk, Parkerstraat.
Met liefde neem ons afskeid van ons geliefde moeder en ouma. Rudi, Johain, Karin, Chris en kleinkinders
FEBRUARIE, MARGERET
GEB: 05 10.1960 - GEST: 21.04.2025
DE JAGER, JOHANNES
GEB: 05 05.1948 - GEST: 26 04.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 03 Mei 2025 om 10:00 vanuit God's Faith Mission, Breëriviersingel 30, Riverview.
Mammie se gelag en glimlag sal vir ewig gemis word. Man, kinders en kleinkinders
Rus sag moeder, baie lief vir jou Boeta Hakkies
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 03 Mei om 12:30 by Christ Community Church, h/v Noble- en Buitenkantstraat. Privaat Verassing.
JACK, VALÉNCIA ANGÉLIQUE GEB: 20 08.1978 - GEST: 25 04.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 03 Mei 2025 om 09:00 by VGK Worcester-Suid Kerk, Swartstraat
Notice is hereby given in terms of Section 49(1) (a) (i) of the Local Government: Municipal Property Rates Act, 2004 (Act No 6 of 2004), hereinafter referred to as the “Act”, that the 5th Supplementary Valuation Roll for the nancial years 2024 - 2025 is open for public inspection at the Local Municipal Ofces, libraries, and website from 2 May 2025 to 10 June 2025 The objection forms are also available at the above-mentioned stations and on the website: www bvm gov za
An invitation is hereby made in terms of Section 49(1)(a)(ii) of the Act that any owner of a property or any other person who so desires should lodge an objection with the municipal manager in respect of any matter reected in, or omitted from, the Valuation Roll within the above-mentioned period
All owners of the properties that are on the 5th Supplementary Valuation Roll will be contacted in writing at the postal address which reects on the Municipality's data base
PUBLIC NOTICE CALLING FOR INSPECTION OF THE FIFTH SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL, FOR THE 2024 – 2025 FINANCIAL YEARS
Attention is specically drawn to Section 50(2) of the Act that an objection must be in relation to a specic individual property and not against the 5th Supplementary Valuation Roll as such
The completed objection forms must be placed in the sealed boxes which will be available at the libraries and Municipal Ofces or can be submitted electronically to: valuations@bvm gov za
Only objections on the prescribed forms will be considered The closing date is 10 June 2025.
Enquiries may be directed to Mr D Wagner at 023 348 2662 / 2672 during ofce hours or at email valuations@bvm.gov.za
Trevor Human
In ’n opwindende wedstryd die afgelope Saterdag (26April) het Alberts se eerste span met 27-17 oor Persies in Worcester se derbyseisoen geseëvier. Die wedstryd het nie net op die telling gefokus nie, maar het ’n ware vertoning van passie, taktiek en spanwerk gebied.
Persies het die wedstryd met ’n vinnige pas begin en is vroeg met ’n suksesvolle strafskop beloon, wat hom 3-0 laat voorloop het.
Alberts het egter vinnig te–ruggeslaan toe Alton Hendriks (buitesenter) ’n drie onder die pale gedruk het, wat hom ’n 7-3voorsprong gegee het. Net voor rustyd het Alberts se 19-jarige Shaan-Jay Lukas ’n indrukwekkende solo-lopie van 80m gemaak en ’n drie gedruk, wat die telling na 14-10 in sy span se guns gedraai het.
Ná rustyd het Persies met nuwe energie begin en is met ’n drie en suksesvolle doelskop beloon, wat hom 17-14 laat voorloop het. Alberts het egter nie opgegee nie en met ’n strafskop deur Jadian Buys die telling op 17 elk gelyk gemaak.
Die wedstryd het na ’n intense fase oorgegaan, met Persies wat ’n kans gehad het om ’n drie te druk, terwyl Alberts se verdediging gehou het. Keanan Nyman het ’n taktiese skop getik, wat Alberts in ’n gunstige posisie geplaas en tot ’n strafskop gelei het, wat deur Jadian Buys oorgesit is en Alberts ’n 20-17 voorsprong gegee het. Aan die einde het Alberts ’n laaste aanval weggestuur, wat gelei het tot ’n drie deur Phil-
berie Joseph, wat die wedstryd op 27-17 afgesluit het. Alberts se tweede span het ook ’n oorwinning van 15-13 oor Persies behaal. Die tweede span het twee drieë gedruk – een deur Jovan Koert en een deur Lermo Lukas.
Saterdag (3Mei) speel Alberts teen Orchard United in DeDoorns.
Ondersteuners word aangemoedig om saam met die span na De Doorns te reis.
AlverUys
In die Langeberg-afdeling van die Boland-rugbyunie se Groot–uitdaagkompetisie pak verlede seisoen se twee finaliste, die wenner Robertson Town en Worcester Villagers, mekaar Saterdag (3Mei) op die Van Zylstraat-stadion in Robertson Hoewel Town tans die voorloper op die punteleer is, is Villa ook baie goed geplaas en kan vuurwerke beslis verwag word ’n Ander aanspraakmaker op liga-louere, Young Hamiltons, kom op die Esselenpark-stadion teen Touwpark te staan terwyl die bure Rawsonville besoek van die Blue Birds van Bonnie-
vale ontvang Die agterosse Rangers van Robertson sal Villagers Montagu (of Sesduim) op die King Edward-stadion die stryd aansê Ashton United speel tuis teen Swellendam terwyl McGregor besoek van Montagu-klub ontvang
In die Streekuitdaagkompetisie speel Orchard tuis teen die voorlopers, Alberts, terwyl Overhex besoek van Goudini ontvang Villagers Breërivier kry besoek van Proteas van DeDoorns terwyl Laingsburg besoek van Klipdrift ontvang Primroses speel tuis teen Mountain Stars terwyl DeDoorns United besoek van Worcester Perseverance ontvang
Die Worcester-atletiek klub se atlete het Saterdag (26 April) aan die SportSA se 10-km-wedloop in die Paarl deelgeneem en uitstekend gevaar Op die foto links is Thomas Moses (tweede in die afdeling vir mans 60-69 jaar), Berenice Kriel, Suliaman Valley (eerste in die afdeling vir mans 70-79 jaar) en Duncan Bell
Donderdag, 1 Mei 2025
BONNIEVALE - Die treurmare van Villagers Montagu, of sommer net Sesduim soos die span alombekend staan, duur voort
Die span is verlede Saterdag deur Blue Birds Bonnievale in dié twee spanne se Grootuitdaagbeker-kragmeting op die Happy Valley-sportterrein met 34-31 uitoorlê Dit was Sesduim, wat die tweede laaste plek met 14 ligapunte op die Breë-Langeberg-punteleer van die Grootuitdaabekerkompetisie beklee, se vyfde nederlaag in sewe wedstryde Sonder om enigiets van die tuisspan se goeie sege weg te neem, kan met veiligheid gesê word dat Sesduim sy eie grootste vyand in dié kragmeting was Dit was ’n wipplankstryd waartydens die telling by drie geleenthede gelykop was (14-14, 17-17 en 24-24) Hierby het die besoekers die vasteskrums heeltemal oorheers Maar swak oordeel en ’n gebrek aan afronding het bygedra tot Sesduim se ondergang
So byvoorbeeld het die
besoekers ’n handvol strafskoppe binne trefafstand van die doelpale van die hand gewys en eerder verkies om te skrum, ’n vinnige tikskop te neem of om die kantlyn op te soek, wat in die meeste gevalle op niks uitgeloop het – dit terwyl hy met ’n goeie stelskopper soos Lee van Oordt in sy geledere sit Trouens, Van Oordt het vroeër in die wedstryd met ’n langafstandstrafdoel van net binnekant die tuisspan se halfgebied geslaag
Nietemin – die rustydtelling was 24-17 in Blue Birds se guns.
Blue Birds het deurentyd met lang, taktiese skoppe gebiedsvoordeel veld-op gewen en sodoende
Sesduim in sy halfgebied onder druk geplaas Verder het die tuisspan ook sy geleenthede op punte beter benut, soos die pragtige skepdoel van die skrumskakel,
Taylyne Barkley
Blue Birds het die armdrukstryd uiteindelik 34-31 gewen
’n Skrale troos vir die besoekers is dat hy met twee bonuspunte van die wedstryd af wegstap – een vir vier drieë en een omdat hulle met minder as sewe punte verloor het
Taylyne Barkley, die ratse skrumskakel van Blue Birds Bonnievale, glip tussen Lincoln Pasquallie en Immanuel
van Villagers Montagu (Sesduim) deur in dié twee spanne se Grootuitdaagbekerkragmeting op die Happy Valley-sportterrein in Bonnievale. Barkley het ’n pragtige skepdoel deur die pale gejaag. Blue
Alver Uys
Worcester Villagers, of soos hy deesdae in die volksmond sommer as Villa bekend staan, het Saterdag 26 April seker gemaak van maksimumpunte toe hy sy bure Rawsonville United 32-22 verslaan het nadat hy teen rustyd reeds 17-3 voor was Villa het sy voorneme sommer van die afskop af duidelik uitgespel toe hy met reëlmaat geweldige druk op sy teenstanders se skrums geplaas het Een so ’n aanslag het tot ’n drie deur die slot Karel Tarentaal gelei, wat die losskakel, Freek Malliwes, boonop verdoel het om Villa ná slegs ses
minute met 7-0 te laat voorloop United het kort hierna sy eerste punte gekry toe sy losskakel, Mouries Faro, met ’n strafskop geslaag het Villa het egter sy voorsprong gerek toe ook Mallies met ’n strafskop punte aangeteken het Ná nog skitterende skrumwerk is ’n strafdrie aan Villa toegeken, wat die rustydtelling op 17-3 te staan gebring het Ná rustyd het Rawsonville United met hernude ywer gespeel en is met ’n sewepunter beloon toe sy loskopstut, Ashwinn van Rooyen, vir ’n drie oorgebars het, wat Faro ook verdoel het om die agterstand na 10-17 te laat krimp. Kort hierna het Villa se voorsprong weer gerek toe sy woelwater-flank Ma-
rio Marinus met ’n slim stukkie spel ’n onverdoelde drie gedruk het Rawsonville United het egter nooit bes gegee nie en is met ’n onverdoelde drie deur die agsteman, Edwin Cornelius, beloon United se lot is egter verseël toe die plaasvervanger-binnesenter Josh Sepember met flinke voetwerk en uitstekende visie hulle aan die slaap gevang en onder die pale gedruk het – Villa se bonuspunt-drie
Met Mallies se suksesvolle doelskop het Villa 29-15 voorgeloop
Mallies het kort hierna met nog ’n strafskop geslaag om die voorsprong verder te rek Kort voor die einde is United se flank Shandre Moloi oor vir ’n drie wat die plaasvervanger-binnesenter Ambrose Steyn verdoel het om die eindtelling 32-22 te maak In ’n opwindende hoofvoorwedstryd het Villa se naasbestes Rawsonville United se naasbestes 24-3 geklop om met dié bonuspunt-oorwinning ook hul onoorwonne status in hul afdeling te behou Villa se derde span het die dag op ’n positiewe noot begin toe hulle Rawsonville United se derdes met 43-5 afgeransel het
Saterdag verskuif die fokus na Robertson, waar verlede seisoen se twee top-12-finaliste mekaar op die Van Zylstraat-stadion pak wanneer Robertson Town teen Villa te staan kom