Standard E-Edition 23 October 2025

Page 1


Werker boelie glo Overhex-onnies

Bekommerde ouers van die Overhex Primêre Skool buite Worcester het die afgelope Vrydag (17 Oktober) by die skool opgedaag op soek na antwoorde oor ’n algemene werker se beweerde intimidasie van onderwysers

Dié bom het gebars ná beweringe onlangs in die Sondag-koerant Rapport – dat die skoolhoof, Laetitia Hendricks, kinders wat op ’n kletsgroep lelik gepraat het, se monde met seepwater laat uitspoel het

Dit het egter ’n groter sweer laat oopbars, met beweringe dat ’n algemene werker by die skool al jare lank verskeie van die personeellede terroriseer Dié gedrag het glo al daartoe gelei dat ’n onderwyseres te bang is om terug te keer skool toe en ’n manspersoneellid ’n klagte van aanranding teen die werker aangemeld het

Van die ouers trek die koerantberig in twyfel en glo dit is deel van die boelie van personeellede

Luidens die koerant het die briefskrywer die saak onder ’n skuilnaam aangemeld

Dié berig is op sosiale media beskryf as ’n “smeerveldtog” teen die hoof Ingeligtes by die skool het egter beweer dat die hoof jare lank deur die betrokke werker geteister word en dat hy haar glo selfs een

Never pay before checking

keer hard gestamp ’n Onderwyseres het aan Standard vertel dat sy vier jaar lank onder voortdurende spanning moes klasgee. Die werker het dit glo duidelik gemaak dat hy van die onderwyseres ontslae wil raak Hy sou glo ure lank voor die klaskamer besig wees met onbenullige werk en het selfs video-opnames van haar gemaak Mense beweer dat die werker leerders

The police in Montagu is warning residents of an online scam, with four cases being opened in two days Thousands of rands have been lost

“The public is warned to be vigilant of an online scam that falsely uses the name of Swagbucks, a legitimate online rewards platform, to trick people into paying deposits,” said WO Suria Meyer

“Community members have reported receiving offers for so-called "online jobs" where individuals are promised small payments for watching video clips After some initial interactions, the fraudsters demand deposits or payments before participants can supposedly withdraw their earnings ” She said that the real Swagbucks does not require deposits or advance payments for participation

“Never pay money upfront for online jobs or rewards Verify any offer directly on the official Swagbucks website before engaging,” said WO Meyer. She encouraged residents to report suspicious activity to the relevant authorities

in pouses sou uitvra oor wat in die klaskamers gebeur het en hul ouers dan kontak en aanhits om klagtes teen die onderwysers aan te meld. Hy het die kinders ook glo aangehits om [vals] beweringe teen onderwysers te maak

“Ons was naderhand so bang om klas te gee, want ’n mens weet nie wat word volgende teen ’n mens gebruik nie,” het een van die personeellede gesê ’n Ouer het gesê dat dissipline

by die skool hieronder ly omdat onderwysers te bang is om ferm op te tree omdat dit gebruik kan word om klagtes teen hulle aan te meld. Die probleem is glo al herhaalde kere deur die korrekte kanale by die Wes-Kaapse onderwysdepartment (WKOD) aangemeld Van die onderwysers en ouers kla dat hulle die heeltyd moet hoor “die proses is aan die gang”, maar dat niks “al jare lank” gebeur nie

Die ouers wat by die skool opgedaag het, het die hoof ondersteun en ’n petisie opgestel wat daarop aandring dat die boeliery deur die werker die hoof gebied moet word Hulle het vrae gehad of die werker wel polisieklaring het om by ’n skool te mag werk Hendricks, die skoolhoof, wou nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie

Verteenwoordigers van die WKOD het die skool besoek ’n Departementele woordvoerder, Millicent Merton, het bevestig dat die werker sedert 2017 by die skool werk en in ’n permanente posisie is Sy sê hulle het in November verlede jaar die eerste klagte teen die werker ontvang

“Die werknemer is van wangedrag aangekla en ’n tugproses is aan die gang Hy het ’n geskrewe opdrag ontvang dat hy by die distrikskantore moet aanmeld,” het sy gesê

“Die WKOD, tesame met die departemente van justisie en maatskaplike ontwikkeling, is besig met ’n proses om te verseker dat alle nuwe aanstellings deur ’n keuringsproses gaan. Diegene wat reeds aangestel is en almal wat met kinders in aanraking kom, sal ook [eers] gekeur word en [dit sal] verseker word dat hul name nie op die nasionale register vir seksoortreders en die register vir kinderbeskerming verskyn nie Dié proses is nog in aanloop ”

Vrou gevonnis ná vals verkragting-klag

Enrico Claassen

’n Vrou wat onder eed gejok het deur te sê haar kêrel het haar verkrag, is twee jaar tronkstraf opgelê vir dwarsboming van die gereg, wat vir twee jaar opgeskort is

Wat dit beteken, is dat indien die beskuldigde binne die volgende twee jaar weer aan dwarsboming van die gereg skuldig bevind word, die twee jaar tronkstraf in werking gestel sal word

In haar pleitooreenkoms erken die vrou (27) van Roodewal in Worcester dat sy op 1 Mei 2023 na die Worcester-polisiekantoor toe gegaan het met die bedoeling om ’n klagte teen haar kêrel aan te meld

Sy het erken sy en haar kêrel het verhoudingsprobleme gehad

Volgens haar het sy vir hom kwaad geword nadat ’n stryery tussen hulle uitgebreek het

Sy erken sy het ’n vals verklaring onder eed afgelê, wat tot sy inhegtenisneming en aanhouding op ’n klag van verkragting gelei het

Ná haar kêrel se inhegtenisname, sê die beskuldigde, het haar gewete haar begin pla

Volgens haar het sy berou gehad omdat haar kêrel hom weens die vals klagte wat sy teen hom aangemeld het, in polisie-aanhouding bevind het

Die beskuldigde erken dat sy die speurder wat die saak hanteer, gekontak en hom ingelig het dat die bewerings wat sy onder eed gemaak het, vals is

Volgens haar het die speurder haar gevra om ’n verklaring onder eed af te lê waarin sy uiteensit dat die klagte wat sy aangemeld het, ’n vals verklaring was

Die beskuldigde het aan hierdie versoek voldoen, wat tot haar eie inhegtenisneming en aanhouding gelei

het Sy erken haar optrede was onwettig en sy het bedoel om die gereg te dwarsboom

Met betrekking tot verswarende faktore, word in die pleitooreenkoms genoem dat dwarsboming van die gereg ’n baie ernstige misdaad is wat die gemeenskap se vertroue in die strafregstelsel ’n knou gee

Die beskuldigde het ook geen ag geslaan op die vooroordeel wat die slagoffer as gevolg van haar kwaadwillige daad sou ly weens dié ernstige saak waarvoor hy deur die polisie aangekla en opgesluit is nie

Die beskuldigde se optrede het ook ’n negatiewe impak op die romantiese verhouding waarin die twee partye in daardie stadium betrokke was, gehad

Die versagtende omstandighede wat voorgehou is, was dat die beskuldigde skuldig gepleit en berou getoon het

Ontstelde ouers daag verlede Vrydag (17 Oktober) by Overhex Primêre Skool op om die skoolhoof te ondersteun in wat beskryf word as ’n “smeerveldtog” teen haar deur ’n algemene werker by die skool

Pioneer-stiptheidsren Saterdag terug

Alle paaie lei Saterdag 25 Oktober na die Golden Valley Casino in Worcester, waar die langverwagte Pioneerstiptheidsren ná ’n afwesigheid van ses jaar terugkeer.

Dié adrenalienbelaaide byeenkoms beloof om met sy terugkeer vanjaar soos in die verlede weer die verwagtinge te oortref.

Die Pioneer-stiptheidsren, wat as ’n geldinsameling vir die Pionierskool vir siggestremdes dien, is veel meer as net ’n motor-stiptheidsren – dit is ’n lewensveranderende ervaring. In vanjaar se ren skuif bekendes uit die vermaaklikheid-, sport- en sakewêreld weer agter die stuur in, met ’n blinde navigator aan hul sy, en hulle durf die pad aan van We Buy Cars in Richmond na die Golden Valley Casino in Worcester – maar met ’n kinkel in die kabel.

Die braille-roete en kontrolepunt-aanwysings, fyn beplan deur die wêreldbekende renjaer Sarel van der Merwe, word eers net voor hul wegspring aan die bestuurders en navigators oorhandig. Die bestuurders – volkome afhanklik van hul blinde navigators – word dan teen die stophorlosie deur middel van die blinde navigator se Braille-aanwysings van beheerpunt tot beheerpunt gelei. Wanneer die stof gaan lê en die enjins stil raak, sluit die dag se avonture met glans en styl by ’n galadinee by die ATKV-Goudini Spa af. Die deftige byeenkoms se tafels is deur ondernemings van Worcester en omstreke geborg en gaste het die voorreg om ’n bekende en ’n blinde navigator aan tafel te hê Gaste sal bederf word met fynproewergeregte, gratis wyn, topklas-vermaak en ’n veiling. Die wenspanne van die dag word

dié aand ook onder luide toejuiging gekroon en met die geliefde Margit MeyerRödenbeck, Peter Mitchell en Wicus van der Merwe as seremoniemeesters, beloof die aand om ’n groot dosis lag, stories en goeie samesyn op te dis

Alle opbrengste wat deur die Pioneerstiptheidsren ingesamel word, sal aangewend word om die Pionierskool vir siggestremdes se gespesialiseerde en unieke dienste aan sig- en addisioneel gestremde leerders te finansier.

Die navigators is almal huidige of oud-leerders van Pionierskool en hul bereidwilligheid en entoesiasme om jaar ná jaar aan die stiptheidsren deel te neem, is ’n bewys van die gehalte-onderrig wat Pionierskool bied en die sterk band tussen die leerders en hul alma mater.

Die vermaaklikheidsterre wat vanjaar hul tyd en ondersteuning aan hierdie waardige inisiatief verleen, sluit in Charl Marais, Deon Lotz, Marcell van Heerden, Pietman Geldenhuys, Elandré, Wahl Bartmann, Dawie Roodt, Janina

Oberholzer, Jonathan Mokuena, Lynné de Jager, Rika Niewoudt, Whitey Basson, Willem Basson, Herman Lensing, Johnny Davids, Natasha van der Merwe, Shimmy Isaacs, Vanes-Mari du Toit, Waldimar Pelser, Armand Aucamp, Sean van Noordwyk en ander.

Herman Lensing sê oor die spesiale inisiatief: “Die Pioneer-stiptheidsren bring mense vir ’n ongelooflike saak bymekaar en herinner ’n mens aan die krag van gemeenskap Om saam met die siggestremde navigators te ry, is ’n ervaring wat jou perspektief verander, want jy kan nie anders as om ’n diep respek vir hul deursettingsvermoë te hê nie. Dis ’n dag vol pret, adrenalien en

ware inspirasie – en ek is dankbaar om deel daarvan te wees. Dis ’n herinnering dat ware visie nie net in jou oë lê nie, maar in jou hart.”

Die publiek en die Worcester-gemeenskap word genooi om die deelnemers Saterdag by die Golden Valley Casino van 14:00 te verwelkom. Dit is ’n gulde geleentheid om jou gunsteling-bekendes in aksie te sien en die ware sterre van die dag – die siggestremde navigators –te ondersteun en aan te moedig. Kaartjies vir die gala-geleentheid is reeds vroeg uitverkoop.

•Kontak Colleen Marais of Cathy Hugo by 0233422313 of stuur e-posnamarketing @pioneerschool.org.za vir nog inligting.

Herman Lensing Foto: Gys Loubser Vanes-Mari du Toit
Dawie Roodt en oudleerder Hendri Herbst by ‘n vorige Pioneer Rally

Blaze at Orchard Agri

One man sustained third degree burns and two others also received medical treatment when a fire broke out on Tuesday (14 October) at Orchard Agri in Field Street, Worcester Orchard Agri is a South African agricultural company that supplies equipment, chemicals, and services to the farming sector, with a special focus on orchards and vineyards.

According to Hannelie Botha, a spokesperson for the Breede Valley Municipality (BVM), the Worcester Fire Department received an emergency call at 13:29 about a fire at a building at 5 Field Street in Worcester. Botha said upon arrival, fire fighters found the building well alight.

She said fire suppression operations commenced at 13:45 and continued for several hours due to the extent of the fire and the materials involved.

At approximately 23:00 the fire was brought under control

after which crews conducted extensive damping-down operations to prevent any potential flare-ups

She said the fire engines returned to the station at 23:40.

According to Botha the exact cause of the fire remains under investigation. “However, preliminary observations indicate that the fire originated from one of the machines inside the premises.

“Further investigation will determine the specific circumstances that led to the ignition.”

Botha said besides the man who sustained third-degree burns, another male suffered a broken ankle while attempting to evacuate the building According to her both of these individuals were transported to hospital prior to the arrival of the fire brigade.

According to Botha a third male experienced severe smoke inhalation and he was taken to hospital by the Emergency Medical Services for medical treatment.

PasstoreopeninNov

Good progress is being made on a R138 million Western Cape Department of Infrastructure (DOI) project to carry out periodic maintenance on a 21km stretch of the Du Toits Kloof Pass (R101) between Paarl and Rawsonville. The project is scheduled for completion in December.

“The R101, better known as Du Toits Kloof Pass, which links Paarl to Rawsonville, was closed to traffic on 1 September 2025 and was scheduled to reopen at the end of October 2025 under traffic accommodation,” said Jandré Bakker, DOI’s director of operational support.

“Due to an incident in the Huguenot Tunnel we had to halt certain works to allow traffic to traverse the pass as an alternative to the N1.

“Once the tunnel was reopened we could close the pass again to continue works, but this has set our planned reopening date back to 10 November. Road users should factor this into their travel plans.”

He explained that the scope of the project included asphalt overlays, sealing cracks, repairing ruts larger than 10 mm, stabilising the embankment at one point, rehabilitating six major culverts, repairing retaining walls, repairing edge breaks, patching, constructing edge beams, clearing drainage structures, building subsoil drains, building concrete-lined

GoodprogressisbeingmadeontheroadupgradeofDuToitsKloofPass(R101),between PaarlandRawsonville,accordingtotheWesternCapeDepartmentofInfrastructure

side drains and repairing and replacing concrete slabs in the tunnel

“Appurtenant works include replacing road studs, markings, road signage, guard rails and fencing, rehabilitating road shoulders and replacing edge beams,” Bakker continued.

According to Tertuis Simmers, Western Cape Minister of Infrastructure, the project has brought significant employment and economic benefits to the region.

“The project has created 127 short-term work opportunities and 9 000 person-days of work. An amount of R11,2 million has been spent so far on procuring

goods and services from targeted enterprises, and eight local enterprises have participated in the project so far.

“In tight fiscal circumstances we need to ensure our infrastructure lifespan is increased and one mechanism to achieve this is through a rigorous preventative, routine and periodic maintenance regime

“This project is an example of such periodic maintenance, which allows a road to last longer before needing a full replacement, and assists in our aim to balance the construction of new routes, upgrading where the circumstances require it and maintaining what we have.”

Dankie Dank

Cancer can be life-changing in so many ways We believe in planning for tomorrow to safeguard your family’s future That’s why we’ve introduced the Sanlam Cancer benefit, designed to give you and your loved ones proper financial cover 43% of all severe illness cancer claims paid to women were for breast cancer

(Source: Sanlam Claims Statistics 2024)

Ons spreek ons opregte dank en waardering uit teenoor die hele Orchard Agri-span vir hul vinnige reaksie en uitstekende spanwerk tydens die onlangse brandvoorval. Die opruiming vorder flink, en die herbouplan is reeds aan die gang.

'n Groot dankie ook aan Mediclinic Worcester, die Breedevallei Worcester Brandweer, Winelands Fire & Rescue, Isiviko Health and Safety, BVM, Verkeersafdeling, Nooddienste, SAPS, Law Enforcement, ADT Fidelity Fire Service, JS le Roux Konstruksie, asook al ons buurondernemings vir hul gewaardeerde ondersteuning en bystand.

Laastens is ons baie dankbaar vir die Worcester-gemeenskap, vriende en familie wat gehelp en uitgereik het. Ons is trots om deel te wees van 'n gemeenskap waar samewerking en ondersteuning só sterk staan. 14 Oktober 2025

Let’s start talking about financial cover to support you in the event of a cancer diagnosis Contact us at Verifin BlueStar at admin@verifin co za or 023 347 1601 for professional financial advice

The road to Field Street was closed to traffic while firefighters battled a fire at Orchard Agri

Keep spaza shops hygienic

All food premises transporting and handling food must be issued with a Certificate of Acceptability in accordance with regulations governing the general hygiene requirements of food premises.

This is according to Ludwick Makua, health inspector at the Cape Winelands District Municipality.

He told spaza shop representatives during a workshop held on Thursday (16 October) that without this certificate they are operating illegally According to Makua, spaza shops play an important role in the community as they provide accessible necessities.

He told representatives their operations must be done in such a way that it does not compromise the health and well-being of those they serve.

According to Makua the certificate is not transferable. This means that it can not ‘move from one owner to another or from one food premises to another food premises’.

“Should you wish to relocate from the current premises to another location, you need to apply again so that we can issue you with a certificate for the new location and the new name of your premises should you wish to change.

“The person who will be taking over [your old premises] must also apply so that all correspondence from the office of the health inspector will be sent to the responsible person Once you submit [your application], the health inspector will conduct an inspection at your premises to check for general hygiene compliance relating to your structure If you comply, he or she will issue you with the Certificate of Acceptability

RECTIFICATIONORDER

“Should you not comply the inspector

will issue you with a rectification order detailing what you still need to work on

“When the premises is issued with the certificate, the health inspector will conduct routine inspections on your premises to check for hygiene compliance.”

Wayne Cockrell, another health inspector from CWDM, spoke about general hygiene requirements.

He said the certificate requires that shop owners’ sleeping area must be separate from where they sell their food products – and there must be a closed door, not curtains.

“This is a structural requirement,” Cockrell explained.

He also said doors must be tightly fitted and shut to keep insects, rodents and other animals out and all working surfaces as well as shelves must be smooth, waterproof, non-toxic, rust-free and washable.

Cockrell further emphasised that food products should be kept separate from cleaning and other chemical products to avoid contamination.

He advised them to use containers that is safe, properly sealed and suitable to protect food from contamination and spoilage.

Ventilation is also very important.

“The shop must not be completely closed and humid inside,” Cockrell said “The ventilation requirements is 5% of your floor area

“So for every 100 m² of floor area there must be at least 5 m² of open windows.”

Spaza shop owners and employees must have access to a workable toilet and hand washing facilities Refuse must be disposed in a refuse bin with a lid “Germs are everywhere,” Cockrell said, “on your skin, on objects and raw food items. That is why it is very important that you wash your hands every time with clean running water and soap.”

Keep food safe

Enrico Claassen

“Tampering with the date markings on food products is a criminal offence.”

This according to Cecil Bostander, Chief Environmental Health Practitioner in the Breede River Valley.

He was one of several keynote speakers addressing spaza shop representatives on Thursday (16 October) at a workshop organised by the Cape Winelands District Municipality (CWDM) for spaza shopkeepers at its headquarters in Worcester.

Its purpose was to emphasise the importance of ensuring food safety, particularly for the communities that they serve.

According to Bostander no-one should tamper with the date on an item. “I walked into a big shop in this town and I caught them red-handed. They actually had a worker on the floor busy scraping off the date markings. I will give you a fine right there – no negotiation – and you can go and explain yourself in a court of law.”

Afterwards, Ludwick Makua, a health inspector of the CWDM, took the spaza shop owners through the date markings, provided for by Regulation 146 – Regulation for Labelling and Advertising of Food.

He explained the date markings “Best Before”, “Use By” and “Sell By”

The food is of best quality before the “Best Before” date. After this date, the food is still safe for people to eat, he said “The only time we can act on the product is when we get a complaint from your customers saying the food content was, for example, bubbly, smelling bad or the

texture is not the same

“You can call me and we will take a sample to our laboratory in Cape Town

“We will put the items with the same date number on hold until we get the results from the laboratory, which will tell us what to do with the product.”

Makua said the date marking “Use By” indicates an expiry date “After this date the food item needs to be removed from the shelf and safely disposed; it has reached the end of its shelf life and cannot be eaten ”

The “Sell By” date marking, he explained, means the food product has an extended storage period so the consumer can store it at home. “This is the last date on which it can be sold to customers. If they buy that product on the sellby-date it can still be stored for a certain period at home as long as there is no discolouration, it doesn’t smell bad and/ or the texture doesn’t change.”

He also spoke about items that bulge or have dents or rust on them.

According to Makua spaza shop owners must ensure they do not pose a risk to the health and well-being of the people they serve.

Ludwick Makua explains the date markings at last week’s workshop. Picture: Enrico Claassen

Robertson-skou sit beste voet voor

Dit was alles wat ’n mens van ’n lenteskou wil hê – ’n mallemeule, die heerlike reuk van kos in die lug en ’n propvol program.

Roberston se Lenteskou is Saterdag (11 Oktober) gehou Dit is die tweede grootste

opelug-perdeskou in Suid-Afrika

Benewens die perde, was daar ’n boerbokkompetisie, ’n demonstrasie deur die honde-eenheid van die Overberg-lugmagbasis, ’n babakompetisie, ’n uitstalling van kinderkuns en optredes deur gewilde sangers en musikante

Die boerbokke het hul beste blêr en kloutjie op Robertson se Lenteskou voorgesit
Die kontrei se skattigste baba’s het met ma en pa vir pryse in die babakompetisie aangetree
Konsertgangers het die optrede deur Jay en ander musikante terdeë geniet
Aan elegante perde en hul ruiters, asook dié wat vir die pret kostuums aangehad het, was daar nie ’n tekort by die skou nie Foto’s: verskaf

Kom koel af in munisipale bad

Somer is hier met temperature wat vandeesweek styg

Die munisipale swembad in Dirkie Uysstraat in Robertson het sy hekke wyd oopgegooi en bied gesinne die geleentheid om af te koel en selfs te braai

Die swembad-kompleks kan tot 850 mense toegang bied en die braaiplekke is beskikbaar vir diegene wat eerste opdaag

Die swembad is Maandae tot Saterdae van 10:00 tot 18:00 oop en van 12:00 tot 18:00 op Sondae. Veiligheidspersoneel en tydelike werkers sal toegangsbeheer toepas. Tydens piektye tussen 15Desember en 15Januarie sal bykomende veiligheidspersoneel ook op die perseel wees. Twee menseredders is aan diens, maar besoekers word gemaan dat hulle die swembad op eie risiko gebruik. Ouers en voogde moet oor hul kinders by die swembad toesig hou.

Die toegangsgeld het beduidend gestyg: Volwassenes betaal R42 en kinders R28. Gereelde besoekers kan seisoenkaartjies koop teen R569 en maandkaartjies teen R336.

Die munisipaliteit het op inwoners se klagtes oor die groot prysstyging gesê die tariewe vir alle munisipale fasiliteite word jaarliks deur die raad tydens die begrotingsproses en ingevolge die geïntegreerde ontwikkelings-

Die munisipale swembad in Robertson is oop vir die publiek Foto: Langeberg.gov.za

plan (GOP) goedgekeur.

“Hierdie tariewe word jaarliks op grond van bedryfskostes hersien. Inwoners word aangemoedig om hul insette op die komende openbaredeelname-begrotings- en GOP-vergaderings te kom lewer.”

Volgens die Langeberg-munisipaliteit geld die volgende reëls by die swembad om te verseker dat dit vir almal ’n aangename ervaring is:

•Behoorlike swemklere word vereis en besoekers mag nie in denims, T-hemde en onderklere swem nie;

•Geen alkohol word toegelaat nie;

•Moenie om die swembad hardloop nie en moenie aan die vlak kant duik nie.

•Alle kos en drinkgoed moet uit die swembad gehou word en onnodige geraas word nie toegelaat nie.

Studente lei geestesgesondheidsdag

’n Bewusmakingsdag vir geestesgesondheid, geslagsgebasseerde geweld en middelmisbruik is onlangs in Worcester gehou

Dié dag, wat deur twee toegewyde maatskaplike-werkstudente gereël is, het op uitdagings waarmee die jeug worstel – soos stres, angs, geslagsgeweld, emosionele welstand en middelmisbruik – gefokus.

Berneleen Japtha en Eushaan van der Merwe is vierdejaarstudente en werk by BOWL Addiction Treatment Services

Hulle het in hul opleiding besef dié probleme, wat dikwels met mekaar verband hou, baie mense in die gemeenskap raak

Dit geld veral vir jongmense

Die doel van die dag was om ’n veilige ruimte te skep waar hierdie kwessies bespreek kon word

Deelnemers het aan verskeie sessies deelgeneem waar hulle bemagtig is met die nodige kennis en praktiese vaardighede sodat hulle gesonder keuses kan maak,

leer hoe om hul geestelike en emosionele gesondheid te prioritiseer en ander te help

Die kernboodskap was duidelik – om hulp te vra of aan te bied is ’n teken van krag, nie swakheid nie

Die sukses van die bewusmakingsdag is ’n bewys van goeie samewerking in die gemeenskap

BOWL het sy waardering uit-

gespreek teenoor die koördineerders, die personeel en fasiliteerders, insluitend Felicity Fransman en Sandorina Swartz, asook die seremoniemeester vir die dag, Chester Williams Hulle het hul borge, wat die dag deur skenkings moontlik gemaak het, bedank, asook BOWL se diensgebruikers wat hul stories van hoop gedeel het

ANC retains Ward 4, PA wins Ward 6 in local by-elections

A by-election was held on Wednesday 15 October in the Langeberg Municipality due to a vacancy in Ward 4. This ward comprises the neighbourhoods of Happy Valley, Mountain View, the industrial area, and Boekenhoutskloof.

According to the Electoral Commission (IEC) four parties contested the by-election with 4008 registered voters. The ANC

retained the seat held since the Local Government Elections in 2021 with 47,43% of the votes. The voter turnout for the by-election was 60% compared to the 42.39% in the 2021 election.

The seat was contested by the ANC, Democratic Alliance (27,86%), the Patriotic Alliance (20,92%) and the Langeberg Independent Party (3,79%).

A by-election was also held in

the neighbouring Swellendam’s Ward 6. The Patriotic Alliance won the ward with 50.69% of the votes The voter turnout was 58,46% compared to 48,86% in the 2021 Local Government Elections. The ANC received 30.38% of the votes and the DA 18,94% of the votes

With municipal elections being held every five years, all South Africans will head to the voting booths again in 2026.

Meer as honderd kry hul titelaktes

Huiseienaars het dit nou uiteindelik op skrif – hierdie woning behoort nou aan hulle!

Sowat 100 mense het vroeër vandeesmaand die titelaktes van hul huise in die Mountain View-behuisingsprojek in Bonnievale ontvang

Die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, tesame met die uitvoerende burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, Schalk van Eeden, het die eerste van die nuwe titelaktes op Dinsdag 7 Oktober oorhandig

Die projek bestaan uit 623 eenhede

Die volle eienaarskap van dié eenhede bied ’n groot mate van sekuriteit aan die inwoners, omdat dit die eienaars se finansiële groei ’n hupstoot kan gee

Munisipale beamptes het tydens die oorhandiging aan die begunstigdes verduidelik hoe hulle die titelaktes veilig kan hou en wat hulle moet doen as hulle nodig het om dit te vervang

Die ander begunstigdes is aangemoedig om die munisipale kantoor te besoek om hul titelaktes af te haal

Titelaktes is aan sowat 100 begunstigdes van die Mountain View-behuisingsprojek in Bonnievale oorhandig. Op die foto is Mike Mgajo (direkteur: gemeenskapsdienste), Tertuis Simmers (Wes-Kaapse minister van infrastruktuur), Dorina Conradie (een van die begunstigdes), Schalk van Eeden (uitvoerende burgemeester) en Marsha Brown (bestuurder: behuisingsadministrasie)

STERFGEVALLE

SEPTEMBER, JACOBUS PETRUS

GEB: 27.06.1956 - GEST: 14.10.2025

LOFF, VALERIE

GEB: 23.12.1960 - GEST: 17.10.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 25 Oktober 2025 om 09:00 by Leipoldtlaan 53A, Esselenpark en om 10:00 by VGK Worcester-Oos Kerk, Fischerstraat.

Ma jy het jou laaste tree geneem en die vrede gevind

ISAACS, JOHN HERMAN

GEB: 01.01.1964 - GEST: 14.10.2025

Verassingsdiens vind plaas Saterdag, 25 Oktober 2025 om 08:30 by Truterstraat 15, Victoriapark en om 09:30 by VGK Worcester, Adderleystraat

PERSOONLIKE DIENSTE

KRUIEKENNER 1435

VOERTUIE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

Vlakkiekrieket gedy

LucianoduToit

Gemeenskapskrieket, of sommer net Vlakkiekrieket, is ’n sportsoort wat menige gemeenskappe Sondae op die oop vlaktes van Worcester asook Touwsrivier en DeDoorns saamsnoer soos net dié gewilde sportsoort kan Vlakkiekrieket is tans die grootste sportsoort in die vallei met meer as 20 klubs en honderde spelers van oor die hele Breedevallei wat deelneem

Die sportsoort dateer uit 1989 toe klubs soos Dynamo, Excelsior en Yorkshire die Worcester-gemeenskap bymekaargehou het Vandag gaan die sport met klubs soos Hartwig Lions, Pro Eagles, Clovers en Zazon United van krag tot krag en vlakkiekrieket groei steeds Die sportsoort word deur die Breedevallei-gemeenskapskrieketvereniging (BVGKA), ’n organisasie sonder winsbejag, geadministreer om reg en orde in vlakkiekrieket te bewerkstellig Altesaam 14 klubs speel tans onder die vaandel van die BVGKA en gereelde vergaderings word gehou en toernooie gereël

Die Breedevallei-gemeenskapskrieketvereniging bestaan tans slegs uit junior en senior strukture met vrouekrieket wat net nie lekker wil posvat nie Almal werk egter hard agter die skerms om vroue ook by die spel te betrek

Senior manswedstryde word Sondae oor die dorp heen gespeel Eindstryde lok gewoonlik 3 000 toeskouers – ongeag waar dit gespeel word Dis waarom dié gewilde sportsoort steeds ná soveel jare ’n baken van hoop vir die Breedevallei is Kontak Japie Visser by 0615968055 vir nog inligting oor dié sport

Youth sports day in Zweli

Sports clubs from Robertson and De Doorns took part in a recent youth sports day held in Zwelethemba, Worcester.

The day, organised by Khwezi Youth Developers and Kids of Education, aimed to raise funds for the Khwezi Netball Club, with the overall goal of uniting teams from different parts of the Breede Valley

The juniors also competed on the soccer fields in u-11 and u-13 categories, showing the loads of talent waiting to be developed “During the matches we realised some of the teams did not have soccer kits and played in T-shirts,” Madida Stuurman, one of the organisers, said “Some of those children have so much talent, and we want to encourage them to continue playing soccer We decided to see if we could support the two teams from Avian Park and Transhex with soccer kits and balls ”

People who wish to assist can contact him on 064 918 6612

The winners of the netball tournament were the Simmies Netball Club, with Brandvlei All Stars the soccer champs For the teams of Brandvlei and Avian Park these were the first external soccer matches they played.

• Khwezi Youth Developers will host a dance (pantsula and isibhujwa) and Igwijo music competition on December 5 from 16:00 until 22:00 at the Zwelethemba Community Hall The day will be used to create awareness of the dangers of substance abuse and links with 16 Days of Activism for No Violence against Women and Children

OPENBARE DEELNAME PROSES VOORGESTELDE SKOONMAAK VAN NATUURLIKE PLANTEGROOI VIR KULTIVASIEDOELEINDES OPDEEL6 VAN PLAAS 369 EN DEEL11 VAN PLAAS 441, WORCESTER

Kennis word hiermee gegee van ’n publieke deelname proses kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet Nr 107 van 1998), soos gewysig, die Omgewingsinvloedbepalingsregulasies, 2014(soosgewysig)endieNasionaleWaterwet(WetNr 36van1998).

Voor-Aansoek DOS&OB Verwysingsnommer: 16/3/3/6/7/2/B2/32/1080/25

Aansoeker: BOAAgri(Edms)Bpk

Voorstel en Ligging: DieAansoeker wil plantegroei vir verbouingsdoeleindes op twee afsonderlike plase, suidoos van die dorp Worcester, skoonmaak 'n Teikenarea van ongeveer 65 ha is geïdentifiseer vir skoonmaakopPlaas6/369en'nteikenareavanongeveer 80haisgeïdentifiseervirskoonmaakopPlaas11/441.Na aanvanklikeoorwegingvandiespesialistesebeperkings, is die geteikende verbouingsareas in grootte verminder Die teikenarea op Plaas 6/369 is verminder tot 'n oppervlaktevan29haendieteikenareaopPlaas11/441 isvermindertot'noppervlaktevan70hainomvang.

Aansoek om omgewingsmagtiging in terme van NEMA: Die volgende aktiwitete word geaktiveer: Lyskennisgewing 1 – 12 en 19. Lyskennisgewing 2 -15. Lyskennisgewing 3 – 12 en 14. Die prosedures vir ’n Omvangsbepaling-/OIB-proseswordgevolg.

Aansoekvir'nwatergebruiklisensie(WULA)interme van NWA: Die volgende watergebruiksaktiwiteit word geaktiveer:21(c),(i)en(a).

Beskikbaarheid van die verslag: Die Voor-Aansoek Omvangsbepalingverslag is vanaf 23 Oktober 2025 beskikbaar op die Earth Grace Environmental Consultancy-webwerf (www earthgrace co za ) vir openbare kommentaar As u nie toegang tot die verslag het nie, kontak die omgewingskonsultant by die onderstaandebesonderhede.

Geleentheid om deel te neem: Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP’e) word uitgenooi om as B&GP’e te registreer en geskrewe kommentaar rakende die voorgestelde projek te verskaf. B&GP’e moet hul kommentaar verskaf tesame met hul naam, kontakbesonderhede (insluitend hul voorkeuropsie vir kennisgewing,bv e-pos,posadresoffaksnommer)asook ‘n aanduiding van enige direkte sake, finansiële, persoonlikeen/ofanderbelangewathulleindieaansoek het. Verdere korrespondensie oor hierdie aansoek sal slegs met geregistreerde belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GP's) wees Die DOS&OB verwysingsnommerhierbogenoemmoetgebruikwordin allekorrespondensiewatdeurB&GPeingedienword.

B&GP’e wat nie kan lees of skryf nie, of wat om enige ander rede spesiale bystand benodig om hul standpunte oordievoorsteltestel,kanversoekdathulpverleenword om hul kommentaar of besware op te teken by die onderstaande besonderhede Alternatiewelik kan ’n stemboodskap via WhatsApp na die onderstaande selfoonnommergestuurword

Neem asseblief kennis dat deur as ’n B&GPte registreer of kommentaar te lewer, u toestemming gee dat u persoonlike data (insluitend kontakbesonderhede) verwerkenselektiefbekendgemaakmagword(bv indie gevalvan’nappèl),teneindetevoldoenaandievereistes van die EIA Regulasies 2014 soos gewysig KommentaarwatdeurB&GPingedienword,sowelashul name, sal openbare inligting word. Indien u verkies dat u naamniesaammetukommentaarbekendgemaakword nie ofindienuvanenigedatabasisverwyderwilword,stel asseblief die omgewingskonsultant daarvan in kennis. Neem kennis dat u persoonlike inligting vertroulik en professioneelhanteersalword.

Kommentaar en B&GP-registrasie kan aan Lindsay Speirs du Toit gestuur word by die onderstaande besonderhede,VOOROFOP24NOVEMBER2025.

Aandag: Lindsay Speirs duToit Sell: 083 289 8727; Epos: lindsay@earthgrace.co.za

Robertson veg hard vir sege oor Hillies

NormanEvertson

Die verdedigende Bolandklubkampioen, Robertson Town, was die afgelope Saterdag (18Oktober) in Wellington op Pelikaanpark in ’n rillerstryd teen Hillcrest United gewikkel.

Die besoekers, wat rustyd 13-11 voor was, kon eers lank nadat speeltyd aangebreek het, die tuisspan tot oorgawe dwing Town het teen die einde van die wedstryd met uitstekende hantering daarin geslaag om die bal aan die loop te hou ten einde die naelskraapse oorwinning te verseker.

Runé Lukas het die wenpunte ná ’n agterlynbeweging met ’n pragdrie – sy tweede van die wedstryd –in die linkerhoek afgerond Talle hanteerfoute het die spelvloei aan die begin gekniehalter

Strafdoele aan al twee kante het die eerste punte opgelewer Aurelio Philander (Hillcrest) en Adriano Conradie (Town) het om die beurt geslaag om hul spanne ná 35 minute met ses elk gelyk te laat trek.

Voor rustyd het Lukas en Conradie hul span ’n kortstondige voorsprong besorg toe Lukas ’n paar verdedi-

gers geklop en gaan druk het. Conradie se doelskop was in die kol om die telling 13-6 te maak.

Hillcrest het egter onmiddelik teruggeslaan en nog vyf punte tot die telbord gevoeg (13-11).

Kort ná rustyd het Leighton Swarts vir Town gedruk (18-11).

Curtley Swanepoel het hierna vir Hillcrest geantwoord (18-16).

Freginald Africa het afgerond nadat Jennewil April ’n bres geslaan het. Conradie se doelskop het die telling na 25-16 geneem. Philander het met ’n strafdoel teruggekap (25-19).

Conray Eiman het ná baie goeie spel deur Gilton Magena gedruk, waarna Philander se suksesvolle doelskop Hillcrest net-net die voortou gegee het (26-25).

Marco Jones het die bal ná ’n goeie skrum opgetel en vir ’n pragdrie oorgeduik (30-26).

Swanepoel het in die 73ste minuut met sy tweede drie teruggeslaan (31-30).

Teen die einde het Town meedoënloos aangeval totdat Lukas in die linkerhoek oor is vir die wendrie, wat die eindtelling op 35-31 in Robertson Town se guns gebring het.

Renaldo Phillips van Zazon United aan die kolf in een van sy span se wedstryde. Foto: Luciano du Toit
The Simmies Netball Club was the winner in the Khwezi Youth sports day in Zwelethemba
The Brandvlei All Stars soccer team won in their sport code’s category

Donderdag, 23 Oktober 2025

Arendsehuldigseniors

LucianoduToit

Robertson Town verdedig vanjaar weer sy titel as streekkampioen in die Boland-Grootuitdaagbeker en is goed op koers om moontlik ’n plek in die uitspeelronde die Top-12-kompetisie te beklink

Die span word op die veld gelei deur Jermaine Cheslin Arendse, die beskeie kaptein van die Robertson-rugbyklub, wat sy rol nie ligtelik opvat nie. Arendse het in 2023 die kapteinskap oorgeneem en dra sedertdien die kapteinsband met trots. Hy het groot respek vir senior spelers soos Yashrie Kar-

riem, Freginald Africa en Collin Willemse, wat altyd met leiding op en weg van die veld af help, terwyl hy ook enige tyd na een van die voormalige kapteins, soos Ashley Dreyden, kan uitreik vir raad voor belangrike wedstryde gespeel word.

Arendse dra sy kennis en deursettingsvermoë aan onder andere Dreyden en Wayne Wilschut op. Hul positiewe bydrae en inspirasie het hom gehelp om die toegewyde en gedissiplineerde speler te wees wat hy vandag is, sê hy.

Die feit dat hulle ’n positiewe invloed op sy spel het, het dit vir hom soveel makliker gemaak om so ’n formidabele gemeenskapsklub te lei.

’n Laagtepunt vir Arendse was die nederlaag in 2023 teen Young Hamiltons op Esselenpark-stadion Ten spyte daarvan het Robertson steeds die gewilde Top-12 gehaal, hoewel hy teen Safcol in die eindstryd vasgeval het

Robertson is egter terug tekenbord toe en het derbies asook die strewe om weer streekswenners te wees, sy doelwit gemaak

Hierna wou hy in die Top-12 speel en vir die uitspeelrondes kwalifiseer, wat die span deur harde werk en toewyding reggekry het Robertson het in die eindstryd teen Villagers Worcester gespeel en is in ’n wedstryd wat enige kant toe kon gaan, as die Boland-kampioen gekroon

Vanjaar is hy weer as streekkampioen gekroon en speel tans in die Top-12 Robertson het terselfder-

tyd vroeër in Oktober in die Gold Cup-toernooi gespeel en uitstekende karakter gewys deur tot in die kwarteindstryd te vorder, waar hy net-net deur die College Rovers uitgeskakel is

Tans het Robertson twee uit twee in die Top-12 gewen en is hy op koers om sy volgende doelwit – die uitspeelronde – te bereik Daarna wil hy die Robertson-gemeenskap bedank deur sy Boland-kampioenskapstitel suksesvol te verdedig Dit sal vir die beskeie Robertsonse kaptein ’n groot eer wees om sy spanmaats, voormalige en huidige afrigters sowel as hul 1 7miljoen ondersteuners trots te maak

Almal praat nadat Rose in omstrede stryd teen Villa seëvier

Alver Uys

Roses United van Wellington, oftewel die Rose, het Saterdag op Bolandpark in ’n Top-12wedstryd daarin geslaag om die tuisspan, Worcester Villagers, of Villa, met 29-24 in ’n hoogs omstrede kragmeting te verslaan.

Dit het gevolg nadat die tuisspan teen draaityd nog met ’n kortkop met 18-17 voor was.

Dié wedstryd, wat groot belangstelling gaande gemaak het en deur duisende rugbygeesdriftiges van heinde en verre bygewoon is, is in omstredenheid gedompel deur ’n paar vreemde beslissings, wat groot kritiek ontlont het.

Die Rose het met ’n fris windjie tot sy voordeel verwoed begin en groot druk op die tuisspan geplaas. Villa het dit egter pragtig verwerk en self met mening teruggekom. Villa het in die tweede minuut sy neus voor gekry toe die binnesenter,

Henrico Jacobs, ná omgekeerde balbesit gaan druk het – nadat die woelwater-flank Mario Marinus ’n ver ent gevorder en toe op die regte tyd vir Jacobs weggestuur het.

Elton Mfundisi, die heelagter, kon nie met die doelskop slaag nie. Hy het egter kort daarna vergoed deur met ’n netjiese strafskop te slaag om sy span se voorsprong na 8-0 te rek. Die voorsprong het verder na 15-0 gerek toe die einste Marinus oor is vir ’n drie en Mfundisi boonop verdoel het.

Die Rose was egter terug in die prentjie toe die skeidsregter Villa se binnesenter en oud-Griekwa-speler, Ederies Arendse, met ’n rooikaart afgestuur het, hoewel die “kyk weer” agterna duidelik gewys het dit was eintlik sy direkte opponent wat oortree het deur Arendse met ’n stywe arm by te kom. Dit het veroorsaak dat Villa vir 20 minute met 14 spe-

lers moes klaarkom Die Rose het dit tot sy voordeel uitgebuit en sy eerste punte gekry toe Keeno Cookson, die heelagter, oorgaan vir ’n drie wat Garth April, sy losskakel, nie kon verdoel nie. Die Rose se telling het tot 12-15 gestyg toe die linkervleuel, Duran Persence, in die hoekie oor is en April met die doelskop slaag Mfundisi het hierna met ’n strafskop geslaag voordat die Rose se binnesenter, Marc Andries, kort voor rustyd oor is vir ’n onvervyfde drie om die telling met draaityd 18-17 in die tuisspan se guns te maak. Villa se voorsprong het vroeg

in die tweede helfte gerek toe Gurshwin Africa (skrumskakel) met ’n strafskop slaag, waarna die Rose se regtervleuel, Burton Booysen, oor is vir ’n drie, om die Rose 22-21 te laat voorloop. Villa het die voorsprong herwin toe Africa met nog ’n strafskop slaag Die Rose het egter die wedstryd verseël toe April oor is vir wat toeskouers as ’n omstrede drie beskryf het nadat daar glo ’n duidelike aanslaan was maar dit oogluikend misgekyk is Hy het self verdoel om sy span met 29-24 te laat voorloop. Hoewel Villa hierna met mening aangeval het, het die skeidsregter glo die eindfluitjie met omtrent nog sewe minute amptelike speeltyd oor geblaas –tot groot ongelukkigheid van die duisende Villa-ondersteuners •Saterdag reis Villa na Vredenburg waar hy die tuisspan die stryd moet aansê terwyl die Rose besoek van Van Rhynsdorp se Eagles ontvang

Villagers Worcester se vleuel Francesco Tyler May word deur Roses United se verdediger en losskakel, Garth April, gestuit Foto: Stephan Neethling
Robertson Town se kaptein, Jermaine Cheslin Arendse

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.