Standard E-Edition-31 Julie 2025

Page 1


Donderdag, 31 Julie 2025

Tel: 023 347 0968

daenámekaar vermoor Driemans

Geweld in Worcester

’n Ouerpaar van Avianpark in Worcester se harte is stukkend ná hul seun se skietdood die afgelope week Zinzan Davies (32), onder sy vriende as Nazo of Zinny bekend, was een van drie mans wat die afgelope week in Worcester vermoor is Volgens sy ma, Hërjorie Wildschut, was hy vroegoggend op pad werk toe nadat hy die vorige dag nie sy take betyds kon afhandel nie Hy wou dié dag vroeg aan die gang kom “Hy het halfagt na ’n winkeltjie daar naby in Dikkopstraat geloop om ’n sigaret te kry toe hy geskiet is Ons hoor daar was twee meisietjies van vier en ses jaar voor hom by die toonbank en hy het gewag dat hulle klaar betaal toe hy geskiet is ” Sy gesin en vriende beskryf hom as ’n lawwe, grappige mens – ’n regte “Charlie Chaplin”

“Mense beweer op Facebook dat hy by bendes betrokke was, maar dis nie waar nie. Hy het nie eens ’n enkele tatoeërmerk op sy lyf nie Van kleins af het hy eerder die pad gevat as hy sien daar is geweld ” Davies was baie geheg aan sy ouers en sibbe, by wie hy steeds gewoon het Hy het sy skoolloopbaan aan Victoriapark Primêr en die Hoërskool Breërivier voltooi “Hy het by Boland Painters gewerk en daarna vir baie

jare op ’n plaas Hy sou Maandag by ’n nuwe plek begin het, waar hy verfwerk sou doen,” het sy pa, John Wildschut, hartseer gesê

Sy familie roep Davies hierdie Saterdag (2 Augustus) vaarwel toe by ’n diens in Volstruisstraat 10, Avianpark, om 08:00 en daarna by die kerk

AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, het bevestig dat Davies verlede Donderdag (24 Julie) deur twee mans van agter af twee keer in die kop geskiet is Een verdagte is reeds in hegtenis geneem

In nog ’n voorval is Rowan Ricardo Prins (34) se lewelose liggaam op Vrydag 27 Julie deur inwoners in die veld naby Jasonstraat in Riverview gevind Hy het steekwonde aan sy gesig en bene gehad, het AO Jacobs gesê Die polisie ondersoek die saak

Die 24-jarige Lihle Simani is die afgelope Saterdag (26 Julie) dood nadat hy verskeie kere in Simangastraat in Zwelenthemba geskiet is Die voorval het vroegoggend kort ná 01:00 gebeur en die polisie is nog op soek na die verdagtes

Ronél van Jaarsveld
Zinzan Davies se hartseer ouers, John en Hërjorie Wildschut
Zinzan Davies

Bedrog met Sassa-toelae ontdek

’n Katnes van bedrog is oopgekrap nadat aktiviste wat inwoners help om vir Sassatoelae te registreer, besef het dat honderde jongmense onwetend reeds vir die maatskaplike noodleningstoelae, oftewel SRD-toelae, geregistreer is maar nooit ’n sent ontvang het nie

Raadslede en aktiviste van die politieke party Good het besef iets skort toe hulle die soveelste persoon wou help, maar Sassa se stelsel aangedui het dat hulle reeds geregistreer is. Die selfoonnommers wat gebruik is, behoort egter nie aan hulle nie.

Die raadslid Hubert Titus het gesê hulle het dadelik begin om die saak te ondersoek.

“Dit het veral gebeur met jongmense wat pas 18 geword het en die kindertoelaag ontvang. Dit wil voorkom asof iemand toegang het tot hul inligting en

dit gebruik om te registreer vir die SRD-toelae,” sê Titus

Good het die kwessie aan die Valke en Sassa gerapporteer, tesame met beëdigde verklarings van 34 slagoffers en ’n lys van nog 300 jongmense met wie dieselfde gebeur het.

“Wie weet wat die omvang van hierdie bedrog is? Hierdie is slegs jongmense wat ons in die Breedevallei-gebied teëgekom het toe ons mense in Worcester en Rawsonville gehelp het. Ons vermoed dat dit veel wyer strek,” sê Titus.

Hy het saam met die raadslede

Ina Joseph en Andrew Hess en die aktivis Jamaine Geduld die saak ondersoek.

Die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling het in Februarie vergader om die kwesbaarheid van die SRD-toelaagstelsel te bespreek. Spesialiste in kubersekuriteit was bekommerd oor wydverspreide klagtes van bedrog en omdat die stelsel kwesbaar vir

kuberkrakers en identiteitsdiefstal is.

“Mense wat armoede nie ken nie kan dalk dink dat die toelaag van R370 nie baie is nie, maar vir werklose jongmense is dit baie werd. Hulle moet betaal om CV’s te laat opstel en uitdruk, taxigeld om dit na besighede te neem en om onderhoude by te woon. Hierdie bedrag gee hulle menswaardigheid totdat hulle werk vind Dit gee hulle hoop om uit die siklus van armoede te kom,” sê Titus.

“In een so ’n geval het ’n jongman in Worcester sy toelaag gebruik om ’n haarknipper te koop en ’n klein besigheid vir ’n inkomste te begin. Sonder die toelaag sou hy nie kon nie.”

Lt.kol. Siyabulela Vukubi, woordvoerder van die Valke, het bevestig die saak is by hulle aangemeld. “Ons moet eers seker maak of die saak onder ons mandaat val,” sê Vukubi. Sassa het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

Die aktivis Jamaine Geduld en raadslid Hubert Titus was deel van die span wat alarm gemaak het nadat hulle ongerymdhede met die SRD-toelae ontdek het

Jong drome op planke

Breedevine Productions, ’n agt maande oue produksiemaatskappy in Worcester, gaan teaterliefhebbers se voete onder hulle uitslaan met sy debuut-verhoogproduksie

Stikstêr Queens, wat einde aanstaande maand (Augustus) in dié dorp op die planke gebring gaan word

Hoewel die toneelstuk ernstige probleme takel – soos onder meer geweld teen vroue, onregverdigheid in die werksplek, drome wat nagestreef behoort te word en dat ’n mens nie bang moet wees om kanse te waag nie – is dit deurtrek met komiese en romantiese oomblikke

Tobias van Reenen (42), ’n oud-onderwyser en eienaar van Breedevine Productions, het die toneelstuk geskryf en vervaardig Hy is ook die regisseur

“Stikstêr Queens is verlede jaar die eerste keer by die Charlie Toneelfees by die Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres opgevoer en die mense was dol daaroor.”

Volgens Van Reenen handel Stikstêr Queens oor ’n jong vrou, Zoey (die hoofkarakter), vertolk deur Jenay McPherson, wat in ’n klereherstelwinkel werk Zoey het die talent en vernuf om ’n suksesvolle mode-ontwerper te wees Dis haar grootste droom, maar sy glo nie in haarself nie

Volgens van Reenen is daar diegene wat in Zoey glo en aanmoedig om daardie droom

na te jaag Andersyds is daar die antagoniste wat aanvanklik nie veel van Zoey dink nie Sy verras hulle egter later

Asof die antagoniste haar nie genoeg probleme besorg nie, is daar boonop die mode-boelie

Sergio Klein, vertolk deur Maruwaan Alwyn

Sergio sien neer op Zoey en dink hy is beter as sy Hy is eintlik jaloers op haar Alwyn vertolk ook die rol van die Boss-baas, Hendricks, in dieselfde toneelstuk

Die res van Stikstêr Queens se rolverdeling sluit in Jenna van Heerden (Sofie; sy vertolk ook die rol van Marnay), Soheeca Boer (Antie Mavis) en Arné Bosman (Vinci)

Al die akteurs is van Worcester

Van Reenen sê om die gehalte van die akteurs se spel ’n hupstoot te gee, het hy onder andere die akteur Pedro Camara, wat die rol van Carlos in die Afrikaanse televisiesepie 7de Laan vertolk

het, en Bradley le Roux, wat ook goeie kennis van toneelspel het, nadergetrek om hand by te sit

“Hoewel die spelers nie almal professionele akteurs is nie, is ek baie beïndruk deur elkeen se toneelspel,” sê van Reenen

Hy spog dat die produksie met klank en beligting van hoogstaande gehalte pronk

Walking on Water, ’n band van Worcester, en Team Gopal, bestaande uit die kletsrymer en digter Calvyn en Ilse Gopal, gaan ook in die toneelstuk optree.

Stikstêr Queens word op 21, 22 en 23Augustus in die Kleinteater in Russellstraat, Worcester, opgevoer Ligte verversings en fynproewer-koffie sal te koop wees •Besoek www kaartjies co za of DeJagers vir besprekings Kaartjies kos R150 per persoon (kinders 9 jaar en ouer ingesluit)

Die verrigtinge begin om 19:00 Bel Van Reenen by 0837488410 vir enige navrae

Klara se verhaal 75 j.

Ronél van Jaarsveld

Dit was die afgelope naweek 75 jaar sedert Klara Majola, die agtjarige meisie wat na haar blinde pa gaan soek het, in die veld verkluim het. Haar verhaal is een van dapperheid wat ’n volkslegende geword het wat aan duisende jong Suid-Afrikaanse kinders vertel is Die hartseer gebeure het afgespeel op ’n plaas buite Prince Alfred Hamlet aan die voet van die Witzenberg naby Ceres Volgens die Ceres-museum was Klara die tweede oudste kind van April Majola en Maria Jansen, wat in die gemeenskap as Lemmie en Agnes bekend was. Klara se amptelike naam was Violet Jansen Haar ouers het in 1945 saam met Ernst van Dyk na die plaas Die Eike getrek, waar hulle in ’n hartbeeshuisie ’n ent van die plaaswerf af gewoon het. Lemmie was ’n goeie skeerder en het in die boorde gewerk.

Hy het egter met sy oë begin sukkel en het binne maande sy sig verloor. Hoewel hy nie meer veel kon werk nie, het hy op die plaas aangebly en het dikwels vuurmaakhout gaan haal.

Op 25 Julie 1950 was hy egter teen skemer steeds nie tuis nie Sy vrou was bekommerd omdat dit so koud was. Klara, geklee in haar ma se dik groen jas en sonder skoene, het besluit om na haar pa te gaan soek. Lemmie het egter ’n halfuur later by die huis opgedaag. Die egpaar was bekommerd –dit het al kouer geword en daar

was geen teken van Klara nie Haar ouers het deur die nag na haar gesoek – dit het begin reën en kapok het geval. Teen ligdag was Klara steeds weg en Lemmie het by VanDyk alarm gaan maak. Dié het ’n soekgeselskap uitgestuur en die plaasbestuurder, Martin de Preez, het Klara gekry waar sy halfpad in die water op haar maag lê, met die jas ’n entjie van haar af. Sy was reeds dood. Die vermoede is dat sy in die moerasagtigheid van die stroompie gegly en geval het. Sy het moontlik van uitputting bly lê waar sy verkluim het. Klara is in die kerkhof op die plaas begrawe. Om die inwoners aan haar dapperheid te herinner, is ’n standbeeld van haar deur die kunstenaar Pieter de Villiers in Ceres opgerig en ’n bronsbeeld is in die Ceres-museum te sien

Die Stikstêr Queens-akteurs is, van links: Jenna van Heerden, Soheeca Boer, Jenay McPherson, Arné Bosman en Maruwaan Alwyn
Die kunstenaar Pieter de Villiers se standbeeld van Klara Majola in Ceres

13 jaar vir aanranding

EnricoClaassen

’n Man is op die vooraand van Vrouemaand vir 13 jaar tronk toe gestuur nadat hy ’n vrou, wat geweier het om ’n vriendskap met hom aan te knoop, aanhoudend met ’n mes gesteek het met die bedoeling om haar te vermoor Freduwaan Manuel (30) van Bonnievale is 13 jaar tronkstraf opgelê, waarvan drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word op klagtes van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer of aanranding nie Hy sal dus 10 jaar direkte tronkstraf uitdien

Hy het skuld op die klag van poging tot moord beken nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het Manuel sê in sy pleitooreenkoms hy het die klaagster – wat goed aan hom bekend is – op 29September 2024 in Happy Valley, Bonnievale, raakgeloop

Hy erken hy en die klaagster was weens verskeie redes haaks met mekaar, wat uiteindelik tot ’n stryery tussen hulle gelei het Volgens hom het hy – toe die klaagster sy versoek om ’n vriendskap met haar aan te knoop, van die hand gewys het –haar meer as een keer met ’n mes begin steek met die bedoeling om haar te vermoor

Hy sê hy dra die mes by hom vir sy persoonlike veiligheid Volgens Manuel was hy baie kwaad Luidens sy pleitooreenkoms het die klaagster om hulp geskree terwyl sy haar probeer teësit het Volgens hom het hy sy aanval

op haar gestaak toe lede van die publiek ingegryp het

Manuel erken dat die polisie gekontak is, dat hy in hegtenis geneem is en gevolglik strafregtelik aangekla is

Hy erken voorts sy optrede was onwettig, doelbewus en dat hy die klaagster aangerand het met die bedoeling om haar te vermoor

Met betrekking tot die verswarende omstandighede het die hof gehoor dat die howe daagliks aanklagte van fisieke geweld hanteer

Ter verdere verswaring het die klaagster haar skok en verontwaardiging uitgespreek oor

Manuel se gedrag aangesien sy hulle ten spyte van ’n mate van vyandigheid tussen hulle as kennisse beskou

Sy het egter nooit verwag dat so ’n voorval ooit tussen hulle sou plaasvind nie

Die hof het ook gehoor dat die samelewing van die howe verwag om beslissend op te tree teenoor oortreders wat misdade teen vroue, kinders en ouer mense pleeg – veral waar geweld betrokke is

Voorts is gesê dat die gemeenskap nie sulke ernstige oortredings duld nie en die howe smeek om gepaste vonnisse op te lê

Manuel het vorige veroordelings, wat fisieke geweld insluit

Die versagtende omstandighede wat in rekening gehou is met vonnisoplegging, is dat Manuel skuldig gepleit, berou getoon en die klaagster se besittings teruggegee het

Elton Willemse het aangekla

Skool kweek groente

Roodewal Primêr het onlangs ’n ongewone helper gehad om hul droom van ’n groentetuin woema te gee

Buti Green, die verkleurmannetjie-gelukbringer, het as deel van Old Mutual se bydrae vir die 67 minute van welwillendheid vir Mandeladag, ’n groentetuin in Neethlingstraat vir die laerskool uitgelê en geskenk.

Die kinders het op dié prettige manier meer geleer oor tuinmaak en groenteverbouing

Die groente wat hierdie groentetuin gaan oplewer, sal in die skoolkombuis vir die skoolkinders se etes gebruik word.

Die kollig het op Roodewal Primêr geval nadat die be-

kende gemeenskapswerker van Roodewal, Erna Victor, vroeër vanjaar met die Old MutualBreedevallei-Legendes-toekenning vereer is, wat in samewerking met Standard & Breedevallei Gazette aangebied is Victor het Old Mutual se aandag op die groot behoefte aan ’n groentetuin by die skool gevestig. Hulle het die hulp van die Green Development Foundation ingeroep om ’n groentetuin van 6m by 20m uit te lê Dit het baie werk en voorbereiding geverg. ’n Watertenk en -pomp is ook aangebring en ’n kragpunt is aangelê. Tien netjiese beddings is uitgelê en met kompos bemes, waarna besproeiing aangelê is

Daarna het die span tesame met Buti Green begin om beet, blomkool, bone, botterskorsies, groensoetrissies, kool, pietersielie, spinasie, tamaties, uie en wortels te plant.

’n Deel van die skenking was nuttige toerusting om die jonges aan te moedig om te help – gieters, grawe, harke en tuinslange.

Die raadslid dr. Julian Kritzinger het gesê Ou Mutual kon nie ’n beter skool vir die projek gekies het nie.

“As almal nou mooi gaan saamwerk, sal nog baie voedsame etes in die skoolkombuis vir al die maatjies gekook kan word – met die groente uit die tuin.”

Buti Green het by Roodewal Primêre Skool in Worcester help tuinmaak

Oud-onnie had groot invloed

’n Tweede pa; ’n legende

Dít is die woorde waarmee die nuus van Basie Delport, ’n oud-onderwyser by HTS Drostdy, se afsterwe begroet is Die 80-jarige Delport was dekades lank ’n pas-en-draai-onderwyser by die skool en ook ’n rugby-afrigter buite skoolverband Hy het ook die Bolandse Cravenweekspan, die SA Akademiespan en Rawsonville se eerste span afgerig

Sy seun, Dirk, vertel sy pa het ’n besondere manier gehad het om met mense te werk “Hy kon die beste uit die mense om hom bring en het duisende mense oor sy leeftyd heen gehelp ”

Boodskappe van medelye en herinneringe aan die invloed wat Delport op hul lewens gehad het, het op sosiale media ingestroom Hoewel hy afgetree was, het hy gereeld by die skool gaan kuier en handjie bygesit

“Oom Basie Delport was ’n legende by HTS Drostdy en hy was baie geliefd,” het Louis Steijn, die hoof van HTS Drostdy, gesê “Hy is in die vroeë 1970’s as onderwyser by die skool aangestel en het vir jare pas-en-draai-werk as vak aangebied Hy het werklik meer as die ekstra myl vir die kinders by die skool gestap Albei sy broers – Oom Hansie en Oom Hennie – het saam met hom by die skool as onderwysers gewerk Oom Basie was ’n fantastiese rugbyafrigter en het lank Die Boland-Cravenweekspan afgerig Hy was ook ’n kranige atletiekafrigter waarin sy eie kinders,

wat ook Donkies was, presteer het Hy het ’n uitsonderlike geheue gehad Hy het elke kind in die skool se naam geken en sommer dié van hul ouers ook

“Ná sy aftrede het hy gereeld kom kuier met sy boek met rugbytellings by hom. Dan het hy almal kom groet en staaltjies uitgeruil en vertel hoe trots hy op sy eie kinders se prestasies ná skool is Hy was in hart en siel ’n trotse Donkie en ons sal hom baie mis ” Delport, wat 60 jaar lank in Worcester gewoon het, het die afgelope ruk in ’n tehuis in Belville gewoon, waar hy Sondag (27Julie) oorlede is Hy laat sy kinders Dirk, Pieter en Francis Delport agter •Teen spertyd was sy begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie

New Worcester president

The Rotary Club of Worcester welcomed a new president and directorate on Friday 4 July at its 2025/26 Presidential Induction.

Stephné Botha, the outgoing president, inducted Juanita Wilkinson as the new club president. In her farewell address, Botha highlighted the many successful projects completed under her leadership, showcasing the club’s impact on the Worcester community.

The event was attended by various service organisations including the Lions Club, Vryburgers, Round Table, and the Ladies Circle of Worcester.

Among the highlights of the evening were the presentation of two Paul Harris Fellow Awards to Johan Stofberg, one of the past presidents and André Pretorius for their outstanding service. The prestigious Rotarian of the Year Award was presented to Marcelle van Speyk, recognising her dedication and exemplary contribution to the club. Nine Rotarians were also honoured for achieving 100% attendance throughout the year Wilkinson introduced her new direc-

torate: Leonie Pelteret (president elect and club service), Stephné Botha (past president, vice president, master at arms and new members), Heloise Beukes (secretary), Niekie Draper (treasurer), Marcelle van Speyk (youth and vocational, as well as public image), André Pretorius (community and environmental) and Eugene Herbst (international service).

In her address, Wilkinson shared a clear vision for the future: enhanced collaboration between Worcester’s service clubs to maximize their impact on the community. “Don’t search for what you are passionate about; instead, serve others to make yourself passionate,” she said

The “Rakker van die Jaar”, a new award, was introduced in collaboration with the Vryburgers Omgeemense van Worcester. The inaugural recipient was André Pretorius, recognized for his selfless and enthusiastic service

The evening was filled with laughter, fines, friendship, and shared purpose, echoing this year’s slogan: Unite for Good.

Basie Delport is die afgelope week oorlede

Minister visits Boekenhoutkloof

More than 500 households in the Boekenhoutkloof informal settlement in Bonnievale recently received toilets and wash facilities.

The Western Cape Minister of Infrastructure, Tertuis Simmers, visited the project on Monday 14 July as part of an oversight visit. He was accompanied by Schalk van Eeden, Executive Mayor of the Langeberg Municipality

This R65 million project forms part of the Upgrading of Informal Settlements Programme (UISP) and aims to improve the living conditions of people residing in such areas. The project comprises 577 fully-serviced sites, each equipped with a flushable toilet, outdoor wash trough and tap. According to Daniël Lubbe, the municipal manager, the infrastructure that was installed during the 20-month project, included paved roads, underground water and sewerage systems connected to the municipal grid, and proper stormwater drainage systems. In total, 568 toilets and wash facilities were installed and the external bulk-link services have also been completed.

The in-situ upgrade project was completed in March and the upgrades were done to residents’ houses in their current location, instead of relocating them The serviced sites will be allocated according to the municipal housing-demand database, said Lubbe, following a transparent, data-driven process to ensure

fairness and prevent queue jumping

This project created 42 job opportunities with positions for 22 young men and women “It is part of a broader strategy to de-

liver equitable, well-planned infrastructure that supports long-term social development, economic growth and spatial integration in the Langeberg Municipal area,” Lubbe said.

Western Cape Minister of Infrastructure Tertuis Simmers at one of the outdoor wash troughs installed in Boekenhoutkloof.
Tertuis Simmers, Western Cape Minister of Infrastructure, and Schalk van Eeden, Executive Mayor of Langeberg, visited the upgrade project in Boekenhoutkloof in Bonnievale

Seniors op Mandela-dag vermaak

Nelson Mandela se verjaarsdag en sy nalatenskap, wat op 18 Julie landswyd met 67 minute van toewyding aan die gemeenskap gevier is, het nuwe betekenis gekry toe ’n lidmaat van die VGK in Worcester-Suid (terloops – dit was ook haar verjaarsdag op dieselfde dag) dit op ’n heel unieke manier gevier het.

Pat Steenkamp, wat in 2024 as Caring and Sharing se Woman of Excellence vir 2024-’25 gekies en as hul ambassadeur aangewys is, het haar termyn op ’n heel unieke wyse afgesluit toe sy 67 senior burgers uit die gemeenskap en van verskillende denominasies uitgenooi het om dié besonderse dag saam met haar in die kerkkompleks van VGK Worcester-Suid te kom vier.

Nie net is die groep met ’n puik program vermaak nie, maar ook met ’n driegangmaaltyd bederf en met ’n geskenkpakkie asook lekker bederfies huis toe gestuur. Hulle is voor dit ook deur die plaaslike leraar ds. Malcolm James met nagmaal bedien. Ds. James het daarbenewens nie net sy musikale talente uitgestal nie, maar die gaste ook met sy weergawe van “Kinders van die wind” van Laurika Rauch verras

Daarna het hy sy tema vir die diens daarop gebou en gesê ons is nie kinders wat deur die wind weggewaai word nie, maar behoort aan Jesus.

Verskeie geestelike leiers, onder wie die eerwaardes Eugene Truter en Magdalene Olivier asook die emeritusleraar ds. Jurie van Rooy, het met die uitdeel van die sakramente gehelp. Daarna het die gaste na die pragtige en sielvolle weergawe van “I love you Lord”

Van die gaste wat die geselligheid bygewoon het

deur Berenice Wildskut geluister, terwyl ’n gr.12-leerder van Worcester Gimnasium wat aan endometriosis ly, haar storie met die gehoor gedeel het. Ds. Van Rooy het grepe uit sy boek Troos my Volk met die gehoor gedeel In die uitgesoekte gehoor was die uitvoerende burgemeester, Antoinette Steyn, en haar dogter, terwyl die programdirekteur, Selvador Bruiners, die gehoor met sy kwinkslae aan sy voete gehad het. Onder die gaste was die 101-jarige Tannie Sophie Booysen en

Oom Koos Botha (96), die Antie Siena Belelie (92), die tantes Ennie Williams en Elizabeth Theron (albei 88), Tant Rosie Williams (86) en die 85-jarige Tant Daphne Daniels. Almal was dit eens dat dit gewis vir almal daar een van die lekkerste bederfies was. Pat het in haar dankie- toespraak al haar borge en almal wat dit bygewoon het, bedank dat hulle haar en wyle Mandela se verjaarsdag op só ’n gepaste wyse kon vier.

Pat Steenkamp oorhandig ’n ruiker aan Sophie Booysen (101) by die geselligheid

Cannabis _Café_Infused is proud to announce that we will be hosting a Revolution Day party in collaboration with the Rolling Stoner magazine.

After 100 years of cannabis existing in the shadows, smothered by prohibition, we now celebrate this newholiday of culture, healing and heritage.

WILLIAMS, GEORGE JOHANNES

GEB: 05.06.1965 - GEST: 23.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 03 Augustus 2025 om 11:30 by Leipoldtlaan 125, Esselenpark en om 12:30 vanuit Maranatha Christen Gemeente, Denisestraat, Johnsonspark.

Our hearts are full of beautifull memories we shared with you. Your guidance and unconditional love for us and others will be living testimony. We love you always Your wife, Esme, Abigail and Peter-John

Thank you Daddy, for all the things you taught me, and I will cherish every memory we had together I will love you forever. Joshua

Pastor George ons gaan jou baie mis

Baie dankie vir wie jy was in ons lewe. Van Reenen familie

In loving memory of a man of faith. We are really going to miss you. Henrico, Laura and Abjah Frederikse Truly going to miss your presence that's full of laughter and joy. Leo, Zoe and Matthew Nicolaasen DE WEE, CAYDA Z

Roudiens vind plaas Donderdag, 31 Julie 2025 om 19:00 vanuit Christ Community Church, h/v Buitenkant - en Noblestraat.

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 08:45 by Crotzstraat 115, Riverview en om 09:30 vanuit Christ Community Church, h/v Buitenkant - en Noblestraat.

VISSER, ANDREAS

GEB: 25.11.1972 - GEST: 21.07 2025

ISAACS, VADEON

16.05.1964 - GEST: 24.07.2025

WEHR, SPAVENDA SARAH GEB: 14.02.1948 - GEST: 23.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 11:00 by Thomasstraat 24, Victoriapark en om 12:00, by V.G.K Sentraal Kerk, Adderleystraat. Mammie wat ons Meester gedoen het is welgedaan. U is verlos. Mis jou moederlike liefde alreeds. Rus in vrede. Shalom. Ashwil, Sonja, Luzal, Jerome, al jou kleinkinders en agter kleinkinders

JEFTHA, MARTHA MAGDALENA

GEB: 21.11.1935 - GEST: 22.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 08:00 by Tarantaalstraat 12, Avianpark en om 12:00 by Universal Church of the Kingdom of God

Dit is met diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde Pa, man en oupa aankondig wat na 'n dapper stryd teen kanker oorlede is. Jou vrou, kinders en breë familie

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 08:00 by Helenastraat 25, Victoriapark en om 09:00 by VGK Sentraal kerk, Adderleystraat.

Rus sag liewe Mamma Vir altyd in ons harte. Kinders, kleinkinders en agter kleinkinders

ABRAHAM, BOOYSEN

GEB: 23.07.1959 - GEST: 23.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 11:30 by Lofdal Gemeente, Westministerstraat, Hexpark. (Bus vertrek om 11:00 vanaf Woonstel O-16, Roodewal)

NKOKO, JULIAN THABO GEB:15.06 1964 - GEST: 20.07 2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 08:00 by Mossiestraat 2, Avianpark en om 09:30 by Rooms Katolieke kerk, Parkerstraat. Busse vertrek 07:30 vanaf Zwelenthemba Polisiestasie en Roodewal binnekring.

Rus in vrede my man. Jou vrou Rhonda

Ons gun jou die ewige rus. Aunty Susan, Noleen, Groovy, Zuraida en Neolen

Rest in peace, till we meet again. Fourie and Hlutyana family

JACOBUS, HESS

GEB: 26.08.1953 - GEST: 22.07 2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 10:00 by Reiersrus Boerdery, Aan De Doorns en om 11:00 by Maranatha Christen Gemeente, Denisestraat, Johnsonspark.

KARSTEN, THOMAS (TOM)

GEB: 05.02 1950 - GEST: 27.07 2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 10:00 by Pelikaanstraat 86, Avianpark en om 11:00 by Christian Light Ministries, Fisantstraat, Avianpark.

STANLEY, EBIRTH MARIA GEB: 11.12 1972 - GEST: 27.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 09:00 by Woonstel L-9, Riverview en om 10:00 by Methodiste kerk, Africastraat.

DE KOKER, FRANS GEB: 20.11 1988 - GEST: 22.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 10:00 by Stynderstraat 111B, Esselenpark en om 11:00 by Rivival Lighthouse Kerk

WILLEM GEB: 21.12 1950 - GEST: 20.07.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 02 Augustus 2025 om 09:00 by Victoriapark skoolsaal, Rainierstraat.

Baie geluk Paul Hendricks met jou 60ste verjaardag op
MALGAS,

NOTICE

TENDER-23/2025

Tenders are hereby requested for the SUPPLY,DELIVERYANDINSTALLATIONOFANODOURCONTROLANDSANITISINGSYSTEMAT THEASHTONMATERIALRECOVERYFACILITYasspecifiedinthebiddocument.

Completed Bids, in sealed envelopes, clearly marked “TENDER-23/2025: SUPPLY, DELIVERY AND INSTALLATION OF AN ODOUR CONTROL AND SANITISING SYSTEM AT THE ASHTON MATERIAL RECOVERY FACILITY should be placed in the tender box at the Langeberg Municipal Office, 28 Main Road, Ashton, not later than 12:00 on 29 AUGUST 2025 when the Bids will be opened in public Late faxedore-mailedtenderswillnotbeconsidered

PLEASENOTE:

The official Bid document must be fully completed in black ink, all pages must be submitted and the document should preferably be bound

TheLangebergMunicipalitymayappointof“reservebidders andtheawardingofabidtothesecond-orthird-rankedbidderduringthe adjudicationstageifthehighest-scoringbidderfailstoperformduringcontractexecution.

Supportingdocumentsmustbesubmittedseparatelyandmustbestapledorbound

The lowest, or any tender will not necessarily be accepted and council reserves the right to accept any tender Tenders will be evaluated according to the Council's Supply Chain Management Policy and the 80/20 Preference Point system. The Supply Chain ManagementPolicycanbeviewedatMunic palOfficesorwww langeberg gov.za

Tenderdocumentsareavailablefrom01AUGUST2025,ontheLangebergMunicipalwebsite:www langeberg.gov.za

PleasereferwrittenenquiriestoMRGSLINGERS-(gslingers@langeberg gov.za)

DPLUBBE

MUNICIPALMANAGER

PrivateBagX2

Ashton, 6715

NM10021012-BW310725

Aansoekers van die Langeberg area word vriendelik uitgenooi om aansoek te doen vir befondsing volgens die Munisipale Hulptoekenningsbeleid. Die volgende kategorieë kwalifiseer om aansoek te doen vir Hulptoekennings:

a Vaste afval (Reiniging)

b. Sosiale ontwikkeling

c. Jeug, sport en rekreasie

d. Omgewing

e. Gesondheid

Slegs aansoeke wat op die voorgeskrewe vorm voltooi is, sa oorweeg word Voorgeskrewe aansoekvorms sowel as die Hulptoekenningsbeleid van die Raad kan bekom word by alle Munisipale kantore of van die Munisipale webwerf: www.langeberg.gov.za

Aansoekers moet vir volledigheid asseblief die Hulptoekenningsbeleid van die Raad konsulteer Die voltooide aansoekvorms tesame met al die nodige dokumentasie insluitende 'n besigheidsplan of motivering moet duidelik gemerk word, “Grant in Aid Application” en aan die onderstaande adres gepos of afgelewer word Alle organisas es wat in die verlede 'n donasie vanaf die Munisipaliteit ontvang het, moet geouditeerde finansiële state insluit. Die sluitingsdatum is Geen Vrydag, 29 Augustus 2025 aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word sal oorweeg word nie. Vir verdere inligting kontak Me I Cook by 023 626 8214 Indien nodig sal bystand by die munisipale kantore verleen word met die voltooiing van die aansoekvorm. Die Munisipaliteit hou dieregvooromnie'ntoekenningtemaak.’

GRANT IN AID

Applications are invited from deserving applicants in the Langeberg area to apply for Grant in aid in terms of the Municipality's Grant in Aid Policy

The following categories are eligible for Grant-In-Aid:

a. Solid Waste (Cleansing)

b. Social Development

c. Youth, Sports and Recreation

d. Environment

e. Health

Only applications on the prescribed form, that is obtainable from the Municipal Offices or the Municipal Website: www.langeberg.gov.za , will be considered Applicants must please consult Council s Grant in Aid policy for completeness This policy is also available from all Municipal Office and website. Completed application forms, together with all the required documents including business plans or motivation, must be clearly marked “Grant-in-Aid Application” and mailed or delivered to the address below Organisations that have received grants in the past from the Municipality must ensure that audited financial statements are included. The closing date is No late applications will be considered. For Friday, 29 August 2025. further information please contact If required, assistance with regards to the completion of the Mrs I Cook by 023 626 8214 application form will be given at the municipa offices. The Municipality reserves the right not to make an award.

ISIBONELELO NGONCEDO

Izicelo ziyamenywa kubafaki-zicelo abafanelekileyo kwingingqi yaseLangeberg, ukuba bafake isicelo seSibonelelo soncedo ngokoMgaqo-nkqubo woNcedo kaMasipala. Ezi ndidi zilandelayo zifanelekile kwiSibonelelo sokuNcedisa: a Ukuthuthwa kwenkunkuma / inkunkuma ephathekayo (ukucoca) b. Uphuhliso Iwezasekuhlaleni okanye Uphuhliso Loluntu c. Ulutsha nezemidlalo ezemidlalo nokuzilolonga / Ulutsha, iMidlalo noLonwabo d Okusingqongileyo

e. Ezempilo Izicelo eziyakuthathelwa ingqalelo zezo ziyakuthi zizaliswe kwisicelo esenzelwe oku kuphela, ezi zicelo ziyafumaneka kwi-Ofisi zikaMasipala okanye kwiqonga likamasipala elingu: www.langeberg.gov.za Abantu abafaka izicelo kufuneka bajonge kumgaqo-nkqubo woncedo Iwezibonelelo ukuqinsekisa ukugqibelela kwezicelo zabo. Izicelo kumele zifakwe kunye nawo onke amaxwebhu afunekayo kubandakanywa izicwangciso zoshishino okanye inkuthazo, mazibhalwe ngokucacileyo: “Isicelo Soncedo Ngezibonelelo”, zize kamva zisiwe kwi-Ofisi zikaMasipala okanye zithunyelwe ngeposi kuledilesi ingezantsi Imibutho ethe yafumana inkxaso-mali kwixesha elidlulileyo kuMasipala kufuneka iqinisekise ukuba iingxelo zemali eziphicothiweyo zibandakanyiwe ( ) Umhla wokuvala nguLwesihlanu we Izicelo ezifike Audited financial statements 29 EyeThupha 2025 emva kwalomhla azisayi kuthathelwa-ngqalelo Uncedo ngendlela emazigcwaliswe ngayo ezizicelo luyafumaneka kwi-Ofisi zikaMasipala. Malungala nenkcukacha ezithe vetshe, ungaqhagamishelana noNkosikazi. I Cook kulenombolo yomnxeba: 023 626 8214. Umasipala unalo ilungelo lokunganikezi ngesibonelelo.

D LUBBE PRIVATE BAG X2/ PRIVAATSAK X2 MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / ASHTON UMANEJALA KA MASIPALA 6715 Langeberg Municipality / Langeberg Munisipaliteit/uMasipala waseLangeberg NM10022354-BW310725

Donderdag, 31 Julie 2025

Kavasterugmet’nknal

Charl Williams

Wellington. – In een van die mees dramatiese afdelings van die openingsronde van die 2025-Carling-Curriebeker-premierafdeling het die Sanlam-Boland-Kavaliers hul terugkeer na Suid-Afrika se oudste rugbykompetisie met ’n indrukwekkende oorwinning beklink.

Die tuisspan het die gunstelinge, die Toyota-Cheetahs, Sondagmiddag voor ’n volgepakte Boland-stadion 37-35 verslaan in ’n kragmeting wat tot die laaste sekondes op ’n mespunt gebalanseer was.

Dit was die Kavaliers se eerste Curriebeker-wedstryd in nege jaar – en hulle het die toets van karakter met vlieënde vaandels geslaag.

James Tedder, die heelagter van Boland, het vroeg in die wedstryd die eerste punte met ’n

Openingsronde van Premierliga

strafskop onder die pale aangeteken.

Hy het nog ’n strafskop bygevoeg om die Kavaliers ná 14 minute met 6-0 te laat voorloop.

Ná ’n strafskop wat lyn toe geskop is, het Ashlon Davids die eerste drie van die middag in die hoek gaan druk, wat Tedder suksesvol verdoel het.

Die Cheetahs het ná 20 minute hul eerste punte op die telbord gesit met ’n verdoelde drie, en later, met 14 minute oor in die eerste helfte, nog een bygevoeg om die voortou te neem ’n Geelkaart aan die besoekers met nege minute oor in die eerste helfte het Boland egter ’n geleentheid gebied en David Brits het dit benut met ’n drie wat deur Tedder oorgeskop is.

Kort voor rustyd het Gift Dlamini ’n briljante solo-lopie

begin, wat uiteindelik op Davids se tweede drie uitgeloop het –weer eens deur Tedder verdoel – om Boland ’n 27-14-voorsprong teen rustyd te gee.

Die Cheetahs het sterk teruggekom in die tweede helfte en hul plaasvervangers het ’n onmiddellike uitwerking gehad. Twee vinnige drieë – een ná ’n skrumoortreding en die ander ná ’n rolmaalbeweging – het die Vrystaters in die laaste kwart van die wedstryd 35-27 laat voorloop.

Met agt minute oor het dit gelyk of Boland se droomdebuut in duie gaan stort.

Die tuisspan het egter hul karakter gewys. Marcoiewn Titus het ’n bonuspunt-drie gaan druk met net meer as een minuut op die horlosie oor, en toe – in die laaste beweging van

Juan Johnson, die heelagter van Rangers Robertson, word omring deur Villagers Montagu-verdedigers. Johnson het goed pale toe gekorrel en Villagers byna eiehandig gekelder Hy het 14 van sy span se punte met skoppe aangeteken Rangers het dié Grootuitdaagbekerligawedstryd, wat op die Callie de Wet-sportterrein gespeel is, met 19-13 gewen Foto: Norman Evertson

die wedstryd – het Donavan Don die wen-drie gaan druk, wat die stadion van vreugde laat uitbars het.

Sanlam-Boland-Kavaliers: 37

Villagers met die kous oor die kop huis toe gestuur

ROBERTSON. – Die Rangers Robertson het Saterdag (26 Julie) Villagers Montagu 19-13 met die kous oor die kop huis toe gestuur Die rustydtelling was 10-6 in die tuisspan se guns.

Sonder om enige afbreuk aan Rangers se oorwinning te doen, kan met veiligheid gesê word Villagers het in ’n groot mate weens verspeelde geleenthede tot sy eie ondergang bygedra.

Die besoekers het die tuisspan vroeg in die eerste helfte in hul kwartgebied onder groot druk geplaas, wat die tuisspan tot verskeie oortredings gedwing het.

In plaas daarvan om munt te slaan uit Rangers se foute, het Villagers, wat

goed in die skrums gevaar het, minstens drie geleenthede na die pale van die hand gewys en verkies om te skrum, wat uiteindelik tot niks gelei het.

Hierteenoor het Rangers elke geleentheid pale toe deeglik benut. Hy het met vyf uit ses pogings pale toe geslaag, wat ’n doelskop en vier strafdoele ingesluit het. Op sy beurt was Villagers met slegs drie uit sewe pogings suksesvol – een doelskop en twee strafdoele Daarby is ’n seker drie in die drein af toe die bal in die tuisspan se doelgebied aangeslaan is Albei spanne het een drie gedruk. Hulle veg tans om in die Grootuitdaagbekerkompetisie van die Boland-rugbyunie te bly en ’n sege was vir albei in hierdie laat stadium belangrik.

Drieë: Ashlon Davids (2), David Brits, Marcoiewn Titus, Donavan Don Doelskoppe: James Tedder (3) Strafdoele: James Tedder (2)
Ashlon Davids duik oor vir sy drie in ’n epiese Curriebeker-stryd Sondag (27 Julie) in die Boland-stadion teen die Vrystaat Cheetahs. Foto: Ashley Vlotman| Gallo Images

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Standard E-Edition-31 Julie 2025 by Novus Media - Issuu