




MAIN SPONSOR / HOOFBORG
![]()





MAIN SPONSOR / HOOFBORG
Chelsea Julies
The use of cellphones in schools for educational purposes has now reached a great turning point in time. A great possibility lies ahead of us, where soon Google Classroom, the multitude of class groups and pu ing your phone in the box will reach their end. Here comes the implementation of cellphone pouches.
Worcester Gymnasium plans on implementing a new rule for learners; placing their cellphones in magnetically-locked pouches during school hours. Each learner will have a pouch of their own and will be able to use it only in certain situations.
With this change the school hopes to promote minimisation of distraction during school hours and help learners increase their focus on academic work. The school council wants to build more structure and encourage learners to become more social with one another.
A satisfied school council does not mean the learners are terribly fond of this concept. Among our senior learners with more advanced subjects there lies a concern of dis-

advantage to their schoolwork. It's especially unpleasant for those who genuinely want to use their cellphones for the gain of academic resources and assistance, but due to misuse of cellphones during class time they have to face this new rule.
On the other hand, the learners also view this change with views of it being beneficial to help learners maintain focus in class and become more social amongst one another.
To conclude, regarding this change for Worcester Gymnasium, it holds its pros and its cons, but in the end it carries many benefits. We'll see what this turning point will bring and how it will flow among the learners.
*Chelsea Julies is a Grade 11 learner at Worcester Gymnasium High School.

Die Laerskool Wynland se o.11-rugbyspan met hul truie wat op Woensdag 4Maart by Nortier Motors se vertoonlokaal aan hulle oorhandig is.
Die junior stadsraad het op Vrydag 27 Februarie die leisels aan nuwe raadslede, wat die werk vir die volgende termyn sal voortsit, oorhandig.
Die inhuldiging het by die Hoërskool Montana in Worcester plaasgevind.
Die leerders, wat verskeie skole verteenwoordig, is deur die plaaslike prokureur Elton Shortles toegespreek, wat vertel het hoe hy groot hartseer in sy matriekjaar moes oorkom.
Ná sy ma se skietdood by die werk, net twee maande voor sy matriekeksamen, moes hy ten spyte van sy hartseer groot deurse ingsvermoë aan die dag lê. “Jou omstandighede definieer jou nie, maar jou reaksie daarop wel,” het hy aan die leerders gesê.
Die nuut verkose junior burgemeester is Onalo Mzazela. “Hierdie rol behoort nie net aan my nie – dit behoort aan ons almal. Kom ons lei met ’n doel; kom ons dien met ons harte; kom óns maak ’n verskil. Ons is nie net die leiers van môre nie – ons is die verskilmakers van vandag. Laat ons die generasie wees wat nie op verandering wag nie, maar self die
verandering word.”
Die eerste junior stadsraad is in 2007 onder die vaandel van Community Help and Information project of Students (Chipros), wat reeds in 1982 deur Charles Beukes tot stand gebring is, ingehuldig. Dié trotse tradisie van jonges wat leiding neem en betrokke raak, gaan steeds voort.
Die junior stadsraad is Chary Moos, Cody Simpson, Jade Uys, Ruzelle Benn (almal van die Hoërskool Breërivier), Elzé Manisi, Jamie-Lee Strydom, Keano Hlazo, Keesha Vellem (Esselen Park Secondary), Henry Kriegler, Jayden Dees, Khara Lambrechts, Shannon Sars, Hele e du Plessis (HTS Drostdy), Heloise Calitz, Lisa Deale, Caillib Witbooi, Zaydley Human (Hoërskool Montana), Blessing Nhundu (Pionierskool), Erin Pyne, Iminathi Ntunta, Olwam Mdyada, Sibusise Mapakathi (Somerset High School), Inam Madlebe, Onothando Louw, Oyintando Mbolekwa, Sinokuhle Ngcango (Vusisizwe Secondary), Angelica Issel, Kirsty-Joy Valentine, Onalo Mzazela, Sebastion le Roux (Worcester Gimnasium), Chloe Page, Glenicia Naude, Kamohelo Makause en Zoë Murphy (Worcester Secondary).




MAIN SPONSOR / HOOFBORG
Enrico Claassen
Sy was nog baie klein toe het sy saam met haar broer in hul agterplaas krieket gespeel het.
Daneli Boshoff het op sesjarige ouderdom saam met die seuns by die skool mini-krieket begin speel.
Min het sy geweet dat haar liefde en passie vir dié sport haar ’n plek in die o.19 Protea-vrouekrieketspan gaan besorg.
Daneli, Worcester se vroue-krieketster, is ’n graad 11-leerder aan die HTS Drostdy in Worcester en sê uit Nigerië, waar sy nou toer, aan Standard Breederivier Gaze e: “Hierdie mylpaal beteken baie vir my, want dit is ’n groot geleentheid om myself te bevorder. Dit bring my een stappie nader aan my droom om Suid-Afrika by die 2027-Wêreldbeker te verteenwoordig.”
Volgens Daneli is die o.19-Protea-vrouekrieketspan gekies nadat spelers in hierdie ouderdomsgroep van oor die land heen en wat goed in hul onderskeie provinsiale spanne presteer, geëvalueer is.
Sy sê sedert 2025 is ’n groter groep spelers saamgestel met die doel om die sterkste moontlike span vir die 2027-Wêreldbekertoernooi te bou.
“Ek het goed presteer vir die Bolandvrouespan en is toe gekies om lid te wees van die groep wat op 18 Maart na Nigerië vertrek het om aan die Nigeria Invitational 2026 Patricia Kambarami Cup deel te neem.”
Benewens Suid-Afrika neem Nigerië, Rwanda, Ghana en Zimbabwe ook aan die toernooi deel.
“Hierdie mylpaal beteken vir my baie, want dit is ’n groot geleentheid om myself te bevorder en een stappie nader aan my droom – om SuidAfrika in die 2027-Wêreldbeker te verteenwoordig – te bring.”
Volgens Daneli is kolf- en boulwerk albei haar sterkpunte.
“Ek geniet wat albei dissiplines bied, maar as ek een moet kies, sal dit my kolfwerk wees omdat ek daarvan hou om beurte te bou en ’n bydrae tot die span se telling te lewer.”
Sy sê boulwerk is ook baie lekker “omdat jy die geleentheid kry om jou foute reg te stel en weer ’n kans te kry – anders as met kolfwerk”.
Volgens Daneli kan sy met haar boulwerk ook verskillende variasies gebruik om die kolwer te
klop.
“Ek speel al van jongs af in talle krieket-toer nooie.
“Ek speel al sedert 2022 (graad 7) vir die Bo land-vrouespan in Afdeling 2 van binnelandse vrouekrieket.
“Van 2023 af speel ek vir die Boland-o.19vroue wat aan die o.19- nasionale weke, wat in Desember in die Kaap, Durban en Potchefstroom plaasgevind het, deelgeneem het.”
Volgens Daneli speel sy ook jaarliks in die Boland -T20-toernooi, waar sy verlede jaar vir die Daisies gespeel het en hulle as die wenners geëindig het.
“Verder het ek verlede jaar in Engeland tydens hul somer-krieketseisoen gespeel en aan die Apex-krieke oernooi deelgeneem.
“Ek was ook die afgelope seisoen die kaptein van die HTS Drostdy-span wat aan die SA20-skolekompetisie in Pretoria deelgeneem het.”
Boshoff sê sy is al by verskeie [krieket] toernooie aangewys as “Woman of the Match”, insluitend die o.19- nasionale weke. Sy is ook al by die Boland-T20 as Speler van die Toernooi aangewys.

“Hierdie erkenning beteken baie vir my, omdat dit wys my harde werk word raakgesien en ek lewer ’n goeie bydrae tot my span se sukses.”
Daneli meen vrouekrieket is gewis nog nie op dieselfde vlak as manskrieket nie, maar dit is besig om te groei.
Sy sê vroue-krieketspelers kry al hoe meer erkenning en ondersteuning, wat vir die toekoms van die sport baie positief is.
Daneli sê ook om ’n goeie krieketspeler te wees, verg dissipline, harde werk, deursettingsvermoë en ’n sterk ingesteldheid. Volgens haar moet jy gereeld oefen, fiks bly en bereid wees om uit jou foute te leer.
“Spanwerk en respek vir ander spelers is baie belangrik. Hoewel krieket ’n spansport is, vereis dit ook sterk individuele prestasie en jy moet ’n balans tussen die twee kan vind.
“Dit verg ook baie tyd en aandag aan tegniese aspekte van jou spel.”























































Doeltreffende
eksamenvoorbereiding is die sleutel tot sukses – nie net akademies gesproke nie, maar ook emosioneel. Laasgenoemde verwys na die wipwaentjierit-ervaring van menige matrikulante oor hul hoë werkslading, toenemende druk om te presteer en kommer oor toekomstige universiteitstoelating.
Volgens Santie Louw, dosent in Professionele Studies aan Akademia se fakulteit Opvoedkunde, kan studiegroepe as ’n leerstyl baie voordele vir matrikulante inhou en dit kan gerus as ’n leerstyl oorweeg word. Omdat dit eentonig en uitmergelend kan raak om alleen te studeer, kan ’n studiegroep die leerproses lekkerder en heelwat meer interessant maak.
’n Studiegroep is nie ’n verskoning vir lekker kuier nie.
“Moenie ’n studiegroep met ’n vriendegroep of selfs ’n studiemaat (study buddy) verwar nie. Die fokus is nie op sosiale samesyn nie, maar eerder om ’n geleentheid te skep waartydens jy en die res van die lede van die groep jul kennis en idees rakende julle leerinhoud kan bespreek en aanvul,” verduidelik Louw. Sy voeg by deur vrae te vra en konsepte aan mekaar te verduidelik die lede van die groep ’n dieper en verfynde kennisbasis van die werk opdoen.
Maar hoe lyk die samestelling van ’n studiegroep?
Louw meen dat die getal lede en samestelling van só ’n groep van deurslaggewende belang is. Pare – groepe van twee – werk die beste as jy die logistiek daarvan in ag neem om mense op ’n sekere plek en tyd bymekaar te kry. Groepe van drie is ook doeltreffend as al drie daartoe verbind is om altyd teenwoordig te wees en om gelyke bydraes te lewer. Groter groepe kan moeilik wees om sinvol en doelgerig te bestuur. Volgens Louw hou studiegroepe die volgende voordele in:
• Verantwoordbaarheid en dissipline Groeplede help mekaar om gereeld en met fokus te studeer en om te verseker dat hersieningstake betyds uitgevoer word.
• Eweknie-onderrig

Studiegroepe as ’n leerstyl kan baie voordele vir matrikulante inhou. Foto: Zainul Yasni/Unsplash
Die mate van begrip verskil van mens tot mens en om saam te studeer en byvoorbeeld konsepte aan mekaar te verduidelik, hou voordele vir al die groepslede in. Die groepslid wat die konsep verduidelik, bevorder sy/haar diep leer en die groeplid wat onseker was, kry ’n verduideliking op die vlak van ’n eweknie.
VERBALISERING
Konsepte en wanbegrippe word duideliker wanneer dit verbaal geformuleer word. Die spreker en die luisteraar kan albei ’n konsep beter begryp en beoordeel as hulle heen en weer daaroor gesels.
VERMENIGVULDIGING VAN IDEES
Groeplede bring verskillende benaderings, idees en vertolkings van konsepte na die gesprek. Die blootstelling aan ander idees en nuwe maniere van oorweging stimuleer dikwels die leerproses.
Die sukses van ’n studiegroep kan volgens Louw as volg gemeet word:
○ Die verbetering van individuele lede se prestasie.
○ Meer doeltreffende fokus tydens studietye.
○ Hersieningstake word op ʼn verantwoordbare wyse geprioritiseer en voltooi.
Gaan na www.afrikaans.com se leerhulpafdeling vir hierdie[Av1.1] en ander nuttige artikels en gratis, aflaaibare hulpbronne.

Dié tienpuntplan sal help om die senuwees te kalmeer en enige eksamenvraestel
Foto: Jeshoots/Unsplash
Ons ken almal daardie oomblik wanneer die vraestel voor jou neergesit word, die spanning wat knaag en jy moet wys waartoe jy in staat is. Hier is ’n handige 10-stap-plan om jou te help om jou beste poging aan te wend:
1. Skryf jou naam en studentenommer dadelik neer. Dit is belangrik om dit eerste te doen, sodat jy nie op die laaste oomblik daaroor stres nie.
2. Gaan vinnig deur die vraestel. Neem ’n paar minute om vinnig deur al die vrae te blaai en ’n oorsig van die inhoud te kry. Dit gee jou ’n idee van wat verwag word.
3. Lees elke vraag sorgvuldig deur. Lees vyf tot 10 minute om elke vraag aandagtig te lees en besluit wa er vrae jy gaan beantwoord en in wa er volgorde. Beplan ook hoeveel tyd jy aan elke vraag gaan bestee.
4. Let op die puntetoekenning. Wees bewus van hoeveel punte aan elke vraag toegeken word en verdeel jou tyd ooreenkomstig. Moenie te veel tyd aan ’n laepunt-vraag bestee nie.
5. Prioritiseer jou antwoorde. Begin met die vrae wat jy die maklikste of die beste verstaan. Dit sal jou selfvertroue ’n hupstoot gee.
6. Skuif aan as jy vashaak. Moenie tyd mors as jy by ’n vraag vassteek nie. Gaan aan na ’n volgende vraag en kom later terug wanneer jou kop ’n bietjie helderder en duideliker is.
Voornemende graad 8-leerders wag opgewonde om te hoor of hulle in 2027 toelating tot die hoërskool van hul keuse gaan kry.
Ná die skole se opedae, waar graad 7’s ’n kykie kon kry wat by elke skool aangaan en hoe die lewe as hoërskoolkind lyk, het die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) se registrasietydperk van 10 Maart tot 14 April geopen, met drie opsies vir skole wat gekies kan word.
Die uitslag sal van 28 Mei af deur die WKOD bekendgemaak word. Geen skool mag leerders volgens die departement se riglyne vooraf laat weet nie.
’n Baie belangrike stap is om, wanneer ’n skool ’n leerder aanvaar, seker te maak om die aanbod tussen 28 Mei en 15 Junie op die
WKOD-webwerf te bevestig. Indien dit nie gedoen word nie, kan die leerder sy plek verloor.
Duisende leerders is op die eerste skooldag nog nie in ’n skool geplaas nie – meestal weens aansoeke wat laat ingedien is.
Christel Erasmus, die bemarker by Worcester Gimnasium, het gesê dit is baie belangrik dat leerders by meer as een skool aansoek doen en nie net hul eerste keuse indien nie.
“Worcester Gimnasium het verlede jaar 948 aansoeke vir gr. 8 ontvang, maar het slegs plek vir 200 leerders gehad.”
Volgens Chelvenia Lo ering van Somerset High School in Worcester het hulle vier
Engelse klasse en twee Afrikaanse klasse vir graad 8’s. Hulle het tans 228 graad 8-leerders
en beplan om vir die 2027-skooljaar 240 leerders te aanvaar. Daar is ’n groot aanvraag vir plasings by Somerset High, omdat daar min Engelse hoërskole in die omgewing is.
Die inskrywing word op die departement se webwerf gedoen. Toegang kan verkry word sonder dat enige selfoondata benodig word.
Stap-vir-stap-verduidelikings verskyn op die webwerf, asook video’s wat wys hoe die inskrywing gedoen moet word.
Tydelike skooltoelatingskantore sal ook reg deur die provinsie opgerig word om ouers te ondersteun wat met die aanlyn inskrywing hulp nodig het.
7. Verduidelik jou werk – veral met berekenings- en wiskundevrae. Skryf jou denke en stappe duidelik uit. Selfs al is die antwoord nie heeltemal reg nie, kan jy steeds punte kry vir jou metode.
8. Wees slim met jou tyd. As jy sien dat die tyd opraak, fokus daarop om die makliker dele van ander vrae vinnig te voltooi. Jy kan vinniger punte verdien deur die begin van ’n vraag te beantwoord eerder as om net een moeilike vraag klaar te maak.
9. Gebruik kolpunte (“bullets”) indien nodig. Wanneer jy min tyd oor het en jy weet wat om te antwoord, gebruik vinnig kolpunte of kort antwoorde om jou kennis te demonstreer en steeds punte te verdien.
10. Gebruik elke oomblik van die eksamentyd. Moenie die lokaal vroeg verlaat nie. Gebruik die oorblywende tyd om jou werk na te gaan, foute reg te stel en seker te maak dat jy alles gedoen het wat van jou verwag word.
Met hierdie plan kan jy gefokus en kalm bly en sal jy die beste kans hê om die hoogste moontlike punte te behaal.
Gaan na www.afrikaans.com se leerhulpafdeling vir hierdie en ander nuttige artikels en gratis, aflaaibare hulpbronne. Die berig word geplaas met vergunning van die Skoleonderteuningsentrum (SOS).

Inligting oor dié kantore sal op die WKOD se webwerf beskikbaar wees.



KenJyIemandWie‘nMotorSoek?
Verwys‘n VriendenKry‘n Verwysingsvergoeding! ByNortierMotorswaardeeronsonskliënte,en onsglodiebestereklameismondtotmond. Asjyiemandkenwatopsoekisna‘n betroubaregebruiktemotor,verwyshullena onsenonssaljoubeloon!$$$
HoeDit Werk: Verwys‘nvriend,familielidofkollegana NortierMotors. Wanneerhulle‘nvoertuigbyonskoop, kwalifiseerjyvir‘nverwysingsvergoeding!$$$ WaaromNortierMotors? Kwaliteitgebruiktemotors.Uitstekende kliëntediens.‘nNaamwatjykanvertrou.
Kontakons Verkoopspersoneel Vandag! BesoekonsbyNortierMotors Worcesterof kontakonsverkoopspersoneelomdietermeen voorwaardesvanonsverwysingsprogramte bespreek.
NORTIER PRIVATE VEHICLE OnsHelpJou OmDie Regte Finansiering Te Kry.


Jo-Ann Scholtz en Sarita Blignaut
Die liefde vir woorde en taal kom instinktief. Dit is soos die liefde vir water, diere of sport – eenvoudig deel van ’n mens se DNS. Miskien is ’n liefde vir lees ook van ’n jong ouderdom in jou gevestig. Miskien het jy eers later die vreugde van goeie en mooi geskrewe woorde ontdek. Hoe dit ook al sy – jou hart is vol en gelukkig omdat woorde jou wêreld inkleur.
Indien die bogenoemde stellings op jou van toepassing is, wil ons jou gelukwens – jy is ’n taallie ebber! Méér nog – jy het (dalk onbewustelik) reeds die eerste boustene neergelê vir ’n loopbaan as taalpraktisyn. ’n Liefde vir taal is immers die hoeksteen van dié spesialisloopbaanveld.
Gedagtig aan Internasionale
Moedertaalmaand, wat in Februarie 2026 gevier is, is die kollig onder meer op taalpraktisyns as moedertaalkampioene geskyn. Deur self taalfiks te bly, rus taalpraktisyns wêreldwyd ander toe om hul moedertaal met selfvertroue te gebruik.
Taalpraktisyns, soos in die aanhef genoem, leef hul liefde vir taal op ’n daaglikse en baie praktiese manier uit. Die volgende eienskappe is tekenend van diesulke praktisyns en die manier waarop hulle hul dagtaak aanpak:
•’n Onblusbare nuuskierigheid
Taalpraktisyns is van nature nuuskierige mense. Ons hou daarvan om voortdurend nuwe kennis op te doen, hetsy dit nuwe woorde, nuwe beskrywings of aanpassings in die taalreëls is. Hierdie nuuskierigheid help ons om taalbeginsels beter te verstaan en só begrip te verbeter, dit aan ander oor te dra en uiteindelik ons moedertaal sierlik te kan poets.
•Aktiewe deelname aan groter taalgemeenskappe
Taalpraktisyns funksioneer nie in ’n professionele vakuum nie. Moedertaal gedy danksy die aktiewe deelname van taallie ebbers en -praktisyns in groter taalgemeenskappe, waar gesamentlik oor uitdagings en oplossings gepraat word. Binne hierdie gemeenskappe, wat aanlyn of lewende lywe vorm aanneem, word saam oor taal gepraat, besluit en gedroom.
•Soekers van sin en rede in elke woord
Taalpraktyk gaan oor soveel méér as net mooi woorde en sinne. Dit is belangrik om te verstaan waarom sekere taalreëls bestaan en hoe om dit toe te pas. ’n Goeie taalpraktisyn kan in dié lig as ’n seldsame wese beskryf word, omdat sy/hy die balans moet vind om self ’n intelligente leser te wees én terselfdertyd as ’n diplomatiese en sensitiewe beoordelaar op te tree.
•’n Detail georiënteerde ingesteldheid
’n Taalpraktisyn moet deurentyd op die fynere detail en nuanses van die geskrewe woord ingestel wees. Op dié manier word die vloei van ’n teks nie net verbeter nie, maar aspekte soos akkuraatheid, duidelikheid en bestendigheid word verseker. ’n Mens moet nooit uit die oog verloor word dat ’n teks wat kommunikeer, oortuigend, duidelik, bondig en korrek moet wees nie.
TAALPRAKTYK AS ’N LOOPBAANKEUSE
Taalpraktyk o ewel teksredaksie is ’n vervullende beroep indien jy jouself in meer as een wêreld wil setel. Jy het die geleentheid om interessante artikels te lees en bemarkingsmateriaal onder oë te kry en jy leer elke dag meer oor verskillende studievelde. Terselfdertyd het jy die vryheid om jouself nie tot een tekstipe te beperk nie en is die fokus van jou beroepsfokus legio.
Jy het natuurlik ook die voordeel dat jy in jou moedertaal kan werk en daardeur kan jy ander moedertaalsprekers toerus met kennis oor korrekte taalgebruik, spelling en ander interessanthede, wat die taal uniek en spesiaal maak.
Wanneer jy as taalpraktisyn elke dag getaak word met die ontleding en verfyning van taal, leer jy soos ’n skilder om met al die kleure (taalvaardighede) tot jou beskikking te werk en só diepte te bewerkstellig terwyl jy doelgerig skep.
Akademia se BA (Taalstudies)program rus studente toe met teoretiese en praktiese kennis om suksesvolle loopbane in die openbare en private sektore en in die akademie te volg. Studieaansoeke vir 2027 open op 1 April.
Jo-Ann Scholtz en Sarita Blignaut is taalpraktisyns by Akademia.

By Khanyisile Tshandu
Schools aren’t just places for textbooks and tests; they are reflections of the cultures and communities that shape them. Across the globe students take part in fascinating, funny and rather eccentric traditions that may seem odd to others but o en carry a deeper meaning. Below are some of the most eyebrow-raising examples:
1. Orange Shirt Day – Canada
On 30 September Orange Shirt Day coincides with Canada’s National Day for Truth and Reconciliation. The tradition began when Phyllis Webstad, a residential school survivor, shared how her new orange shirt was taken away on her first day of school. Today, students and teachers wear orange to honour the survivors

and healing.
2. Eye Exercises – China
In multiple Chinese schools, classes pause daily for short eye exercise sessions. Students gently massage areas around their eyes to prevent strain and nearsightedness, following techniques inspired by traditional Chinese medicine. The practice may seem unusual at first, but it reflects China’s long-standing culture of commitment to discipline, wellness and academic focus.
3. Blessing of Backpacks – Philippines
As a new school year begins Filipino students bring their backpacks to church for a blessing. A priest prays for wisdom, safety and success throughout the academic year. It’s a small but wholesome ritual that beautifully combines faith and education, reminding
These quiet acts of devotion show how spiritual belief and academic determination can coexist.
5. The Primal Scream – Harvard University, USA
Students at one of the most prestigious universities in the world, Harvard, have a wild way of coping with exam stress. At midnight before finals they gather in masses in the courtyard and release a collective scream into the night sky. It’s chaotic, loud and oddly therapeutic, a quirky reminder that even top scholars need a moment to let loose and let go.
From Canada’s moving Orange Shirt Day to Harvard’s eccentric midnight ritual, school traditions across the world tell stories of culture, emotion and unique identity. Some inspire reflection, others spark laughter, but all remind us that education is much more than at Worcester Gymnasium and part


Ronél van Jaarsveld
Twee plaaslike skole het ná die afgelope naweek se SA Junior Toutrekkampioenskap, wat by die Hoërskool Robertson plaasgevind het, as die wenners weggestap.
Die Hoër Tegniese Skool Drostdy (HTS) se 560-kg-seunspan het die goue medalje in hul klas verower – die eerste keer sedert hulle dié kompetisie in 2018 in dié gewigsafdeling gewen het.
Die Hoërskool Robertson se toutrekkers het op eie bodem hard vasgeskop en hul 520-kg- gemengde toutrekspan het ook ’n sege geproe en met ’n goue medalje weggestap.
Die Hoërskool Swellendam se 480-kg-meisiespan het ook ’n goue medalje verwerf.
Die kompetisie was taai met 504
spanne en meer as 1 635 atlete wat meegeding het.
Die wenspanne gaan Suid-Afrika van 16 tot 19 September by die Wêreldkampioenskap, wat in Mosselbaai aangebied word, verteenwoordig.
HTS Drostdy het strawwe mededinging in hul eindronde gehad toe hulle teen die span van die Hoër Landbouskool Oakdale te staan gekom het. Hulle het die item in twee trekke gewen. “Die kampioenskap het die span waardevolle ervaring gebied – hulle het nie net hul tegniek en krag verbeter nie, maar ook geleer om onder druk as ’n eenheid saam te werk,” het hul hoofafrigter, Morné Visser, gesê.
“Om ’n eindronde in twee trekke teen puik mededinging te beklink, is nie toevallig nie – dit is die gevolg van maande se gestruktureerde voorberei-

ding, dissipline en absolute toewyding van elke spanlid. Ek is ongelooflik trots op hierdie groep seuns en die standaard wat hulle vir hulself gestel het. Hulle het as ’n span saamgestaan en met selfvertroue en fokus op die dag presteer, wat uiteindelik die verskil gemaak het,” het Visser gesê.
By die Wêreldkampioenskap sal die spanne teen 16 lande meeding met een duidelike doelwit – om nie net ’n goue medalje te verower nie, maar om die wêreldkampioen te wees.
Visser sê sy span se oefenprogram sluit drie gimnasiumsessies per week in, vier toutrek-oefensessies asook deelname aan die senior liga-kompetisies op Saterdae.
Dié gestruktureerde voorbereiding is daarop gemik om hul krag, tegniek en spanwerk verder te ontwikkel.


In die o.13-meisies-afdeling het sy ’n uitstekende tweede plek in gewigstoot behaal, asook ’n sewende plek in diskus. Baie ure se oefening het bygedra dat sy so mooi presteer.





