Skip to main content

Standard-WZ-Standard-E-edition - 20 August 2026

Page 1

Jou vallei - jou nuus

24 hours light & heavy duty towing/recovery

Donderdag, 20 Augustus 2026 Tel: 023 347 0968

Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830

NM10069576-BW200826

‘Hy het ons lewe hel gemaak’

Die toneel was die afgelope Dinsdag nog afgesper terwyl die polisie hul ondersoek na die voorval voortsit. Foto: Francois Lombard

‘Terroris’ sterf op plaas Enrico Claassen

S

waargewapende polisie-taakmaglede het die afgelope Maandag (17 Augustus) ’n man wat na bewering maande lank ’n skrikbewind op ’n plaas in die Robertson-distrik gevoer het in ’n oor-en-weerskietery doodgeskiet.

Cornelius van Dalen is Maandagmiddag op die plaas Top View in De Hoop, Robertson, deur die polisie doodgeskiet. Foto: Facebook

Karl Smith, eienaar van die plaas Top View, sê die oorledene, Cornelius van Dalen (40), terroriseer die afgelope nege maande die inwoners op sy plaas. Hy sê Van Dalen se skietdood spruit uit ’n voorval die afgelope Sondag (16 Augustus) toe Van Dalen uit die bloute op sy (Van Dalen se) buurvrou se motor losgebrand het. Volgens Smith was daar in daardie stadium niemand in die motor nie.

Smith sê toe die skote begin klap, het hy onmiddellik die polisie ontbied. Volgens Smith is drie polisievoertuie beskadig toe Van Dalen op hom en die polisie losgebrand het toe hulle die plaas betree het. Volgens Smith is die spesiale taakmag toe ontbied. Die taakmag het later die aand by die plaas opgedaag. Hy sê ’n lid van die taakmag is gewond toe Van Dalen glo honderde skote op die polisie afgevuur het toe hulle op die plaas aangekom het. Smith sê die polisie wou glo ’n verklaring neem by die vrou op wie se motor Van Dalen vroeër die dag losgebrand het. Hy sê hulle wou ook haar beskadigde motor as bewysstuk indien. Hy sê die polisie kon daarin slaag om die vrou tot by haar motor te vergesel.

Volgens Smith het die skote toe weer begin klap. Smith sê die angsbevange vrou het toe terug na haar woonstel toe gekruip. “Ek het toe vir haar ’n Whats-App gestuur waarin ek vir haar gesê het om die woonstel se ligte af te skakel en plat te lê.” Smith sê Maandagoggend omstreeks 02:30 is die taakmag onttrek. Volgens hom is polisie-taakmaglede terselfdertyd van elders ingevlieg om hand by te sit. Hy sê die betrokke geregs-dienaars het hommeltuie gebruik om die uitleg van die plaas vas te stel. Volgens hom het sowat drie skerpskutters in bosse in die omgewing van Van Dalen se woning gaan skuil. Na bladsy 2


2

Standard NUUSNEWS

20 Augustus 2026

Werker verdrink in oord se dam

Enrico Claassen

MONTAGU – Die familie van 'n jongman van dié dorp wat die afgelope Maandag (17 Augustus) sy 21ste verjaarsdag sou vier, is verpletter nadat hy Vrydag (14 Augustus) in 'n dam by die vakansie-oord waar hy gewerk het, verdrink het.

Dit is wat oorgebly het van die struktuur van waar Cornelius van Dalen op die polisie geskiet het.

Van bladsy 1. Smith sê omstreeks 16:00 kon taakmaglede daarin slaag om twee vroue van die plaas te red, terwyl Van Dalen aanhoudend op hulle geskiet het. Hy sê sowat tien minute later, terwyl Van Dalen nog honderde skote op taakmaglede gevuur het, het ’n Casspir die struktuur vanwaar hy die skote afgevuur het, platgery. Smith sê Van Dalen is noodlottig gewond toe hy in die kop geskiet is. Volgens Smith woon Van Dalen die afgelope nege maande op sy plaas. Hy sê hy het alleen gewoon en geen vriende gehad nie. Volgens hom het Van Dalen elke dag ’n koeëlvaste baadjie gedra en in ’n koeëlvaste motorvoertuig gery. Smith sê Van Dalen het onder meer van sy bure se motorbande stukkend gesny en ’n skroewedraaier in een van die motors se verkoelers gesteek. Hy sê Van Dalen het mense gereeld daarvan beskuldig dat hulle hom wil vermoor. “Hy het ons lewe hel gemaak.” Brig. Novela Potelwa, ’n senior provinsiale polisiewoordvoerder, sê beslag is gelê op ’n aanvalsgeweer, haelgeweer, twee pistole, magasyne, verskillende soorte ammunisie, vlae en notaboeke met inskripsies. Volgens Potelwa is ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur. Phaladi Shuping, ‘n woordvoerder

van die onafhanklike polisie-ondersoek-direkraat sê die voorval word ondersoek. Van Dalen het hierdie Facebook-inskrywing kort voor sy dood gemaak: “For months the corrupt police in Robertson that work for the drug cartels have tried to murder me, every day the gangsters try to assassinate me. Why? Because I exposed them for what they are. When I exposed the gangsters they ran to the corrupt police that work for them, they then came to steal my firearms with fraudulent paperwork, when that intimidation didn’t work they tried to set me up for a hit, when that didn’t work they tried to bribe me, when that didn’t work they sent every low life degenerate gangster and hitman to assassinate me. Tonight the corrupt police on orders from their cartel bosses came to take me out, guess what, you found out this Boer won’t take your shit. I won’t bend for any lowlife gangster rat or the blue uniforms that do their bidding. You give the good policemen and -women who risk their lives every day a bad name. It’s time the good people stand up against them, if you don’t fight for your homes now soon there will be nothing left to fight for. Make a decision, time is running out. God is on my side, no surrender, I die on my feet, I won’t live on my knees.”

Die oorledene, Marshall Stander (20), se hartseer pa, Cornelius Soldaat (56), vertel aan Standard Breederivier Gazette dat 'n kollega van Stander hom Vrydag meegedeel het dat Stander nie opgespoor kan word nie en dat sy pet en oorfone op die water in die dam by die vakansie-oord dryf. Sy kossak het op die oewer van die dam gestaan. Die kollega het hom voorts meegedeel dat Stander vroeër besig was om onkruid naby die dam uit te trek. "Toe ek daar aankom, het ek om die dam gestap. Ek dink toe by myself 'as julle my kind se keppie en oorfone op die dam sien dryf het, dan moet hy in die water wees. Ek glo nie Marshall kon swem nie." Volgens Soldaat is sy grootste vrees bewaarheid toe polisieduikers Stander se lyk omstreeks 18:00 uit die water gehaal het. "Toe hulle my seun uithaal, het ek aan die huil geraak. Ek het na my seun toe gegaan. Ek was deurmekaar. Ek het die plastiek waarin hulle hom toegedraai het, oopgemaak. Ek het my arms onder sy bolyf gesit en dit opgelig, met sy kop wat agter- oor hang. Ek het gehuil en vir hom gevra 'Marshall, wat het gebeur'?" Volgens Soldaat het hy kort hierna sy ander seun, Ashwin Stander (23), gebel en hom gevra om Marshall se ma, Maria Stander (45), tot daar te bring. Soldaat sê toe sy vrou en Ashwin by die toneel aankom, het hulle die heeltyd verskriklik gehuil. Sy vrou het net aanhoudend gesê: "My kind, wat het gebeur?" Soldaat sê nadat die forensiese span hul werk afgehandel het, is hy, sy vrou en vriende van Marshall by sy lyk toegelaat. "My vrou het nader gegaan, maar agter my bly staan. Sy het nie 'n woord gesê nie – net gehuil." Marshall se vriende het om sy lyk gestaan. Ek het later Marshall se oë toegemaak." Volgens Soldaat het sy seun sowat drie weke gelede by die betrokke vakansie-oord begin werk. SOU VLEIS EN WORS KOOP Hy sê Marshall het baie uitgesien na sy 21ste verjaarsdag. Volgens Soldaat het hy en sy vrou vroeër reeds sy seun

Marshall Stander het verdrink.

se verjaarsdagklere en -skoene gekoop. Hy sê as deel van Stander se verjaarsdaggeskenk het hy vir hom R1 000 in sy bankrekening gedeponeer. "Marshall het gesê as hy Vrydag (14 Augustus) pay, gaan hy vleis en wors vir sy verjaarsdag koop. Hy het al sy vriende, tot die bure ook, genooi. Hy het nog gesê as hy Maandagaand by die huis kom, moet ons al besig wees met die braai." Soldaat het Dinsdag aan Standard Breederivier Gazette gesê Marshall se familie en vriende het sy verjaarsdag Maandag (17 Augustus) in sy (Marshall se) afwesigheid gevier. "Ek het 'n sjokoladekoek en tert gekoop. Dit was baie hartseer vir ons, want hy was nie daar nie." Marshall se begrafnisdiens is Saterdagoggend (22 Augustus) om 09:00 by Du Preezstraat 75 en 10:00 in die Montagu-gemeenskapsaal. Volgens kapt. FC van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, het die polisie in Montagu 'n geregtelike doodsondersoek-dossier geregistreer ná die dood van 'n 20-jarige man by 'n perseel in Langstraat, Montagu, op 14 Augustus. Van Wyk sê die polisie in Montagu het 'n oproep oor 'n verdrinking by die bogenoemde adres ontvang. Met hul aankoms het hulle vasgestel die oorledene was 'n werknemer wat besig was om sy pligte op die perseel uit te voer. Nooddienspersoneel is gekontak en die man se liggaam is kort daarna uit die water gehaal. Volgens Van Wyk word die voorval ondersoek. 'n Lykskouing sal gehou word om die presiese oorsaak van die man se dood vas te stel.

STUDENT DEAL

SAVE 30% Free Eye Test + Anti-reflective ANYDAY

Die polisie was Dinsdagmiddag steeds op die plaas teenwoordig. Foto: Francois Lombard NM10068062-BW200826


NUUS NEWS

20 Augustus 2026

Standard

3

Stukkende brug knou dorp se sake Enrico Claassen Die Smalblaarbrug in Rawsonville, wat in Mei vanjaar tydens die reënen windstorms erg beskadig is en steeds onbegaanbaar is vir voertuie, is besig om van die dorp se grootste sake-ondernemings ’n ekonomiese knou te gee – dít terwyl ander sakeondernemings stadig besig is om weer op die been te kom. Leon Erasmus, ’n mede-eienaar van Astron Energy in Rawsonville, skryf sy vulstasie se verlies aan inkomste toe aan die feit dat min verkeer sedert die storms deur die dorp onderweg na byvoorbeeld Robertson of Swellendam toe beweeg. Hy sê hy het voorts besigheid verloor omdat motoriste van onder meer Brandvlei, De Nova en Louwshoek weens die beskadigde brug nie sy vulstasie maklik kan bereik nie. “Hier en daar stap ouens oor die brug met kanne om met brandstof te vul, maar ook net genoeg om byvoorbeeld tot in Worcester te kom.” Volgens Erasmus moes hy as gevolg van die onvoldoende verkeer wat deur die dorp beweeg, noodgedwonge die vulstasie se operasionele tye aanpas. Hy sê waar hulle gewoonlik 24 uur per dag en sewe dae per week sake gedoen het, is die vulstasie tans nou net van 06:00 tot 20:00, maar wel sewe dae per week, oop. ONAANGENAME SITUASIE Niel Burger, die eienaar van OK Foods in Rawsonville, sê die onbegaanbaarheid van die Smalblaarbrug lei daartoe dat motoriste wat van die Smalblaarbrug gebruik gemaak het, nie meer hul inkopies by sy winkel kom doen nie. “Aan die

Die beskadigde Smalblaarbrug in Rawsonville. Foto: Enrico Claassen

einde van die dag is dit vir ons moeilik. Dis ’n onaangename situasie.” Hy sê die afname in klante het daartoe gelei dat sy werknemers nou korter ure werk. Volgens hom beïnvloed die korter werksure hul inkomste omdat hulle per uur betaal word. Volgens Burger was die korter werksure ’n gesamentlike besluit tussen die bestuur en personeel. Hy sê daar is tans nie meer ’n behoefte om normale werksure te werk nie omdat daar minder voete in die dorp is. Burger sê hoewel die dorp “ekonomies bloei”, het OK Foods sy bes gedoen om

nie personeel af te lê nie omdat die situasie net tydelik is. “Ek is nog nie bekommerd nie, want ons hoofkantoor kyk na ons. In hierdie stadium kan ons nog ons uitgawes dek, maar dit raak al moeiliker.” VERKOPE HALVEER Maggie Pople, die bestuurder by Chrisma Slaghuis in Rawsonville, sê twee weke ná die verwoestende storms het die slaghuis se kredietverkope halveer. Volgens haar het dit nog nie herstel nie. Pople sê sy was aanvanklik baie angstig.

Sy sê die feit dat baie kampeerplekke in die omgewing in die storms weggespoel het en daar nie meer so baie vakansiegangers is nie, raak ook die sake-onderneming. Volgens haar het die slaghuis nie ’n verlies aan vleisprodukte gely nie omdat een van hul groot kliënte sy koel- en vrieskamers aan hulle beskikbaar gestel het. Sy sê die Here het vir hulle deurgekom, want dit was ook nie vir hulle nodig om werknemers korter ure te laat werk nie. “Ons kon die verliese sien, maar kon daarvoor opmaak.”

Dagboek/Diary SPECIALS AVAILABLE AT ALL STORES

OFFER VALID FROM 19 AUGUST - 23 AUGUST 2026.

WHILE STOCKS LAST

T&C's Apply. Picture of the product may di�er to the one instore. NM10069979-BW200826

Stuur dagboekinskrywings teen Maandag om 12:00 vir publikasie-oorweging. Stuur e-pos na worcesterstandard@novusmedia.co.za met jou inskrywing. Send your diary entries to worcesterstandard@novusmedia.co.za before Monday at 12:00. SATURDAY 22 AUGUST Attend 50 Shades of Coffee from 10:00 to 13:00 at the Worcester Jukskei club, Paglande. Paint with coffee and enjoy a light meal with friends. The event costs R250 per person and includes a light meal and a lucky-draw entry. Seats are limited, so book well in advance. Call Alzette on 074 586 2735 to reserve your seat. WOENSDAG 2 SEPTEMBER Sluit by Innovation for the Blind aan vir ’n oggend van inspirasie en sielskos met die gasspreker Marciel Hopkins. Kom geniet ’n heerlike driegangmaal, lekker lag en sommer net gesellig saam kuier. Bring jou span of kollega saam, ontvlug die kantoor vir ’n rukkie en maak jou siel weer vol. Die geleentheid vind plaas by die Danie Luckhoff-saal, Worcester, van 10:00 tot 14:00. Kaartjies kos R370 per persoon. Kontak Ciske Kroukamp by 023 347 2745 of stuur e-pos na reception@ innovationfor- theblind.org om plek te bespreek.

By die geleentheid was (van links) Wayne Newman (Shoprite-verteenwoordiger), Liché Johnston (Breedevallei Landbouwerker van die Jaar 2026) en Franco Williams (verteenwoordiger van die Wes-Kaapse departement van landbou). Foto: Fabio Julies

Liché beste landbouwerker Enrico Claassen Liché Johnston van Willow Creek Olive Products in die Nuy Vallei-distrik is Donderdagaand (13 Augustus) op ’n geselligheid by die Lionsklub in Worcester as die Breedevallei Landbouwerker van die Jaar 2026 aangewys. Tydens die geleentheid is daar ook Breedevallei Landbouwerker van die Jaar-wenners in ander kategorieë aangekondig. Volgens Franco J. Williams, ontwikkelingsbeampte vir die Wes-Kaapse departement van landbou, het hulle vanjaar altesame 73 inskrywings van nege plase in die Breedevallei ontvang waarvan 30 nuwe deelnemers was wat hulle baie goed van hul taak gekwyt het. Johnston het in die middelbestuur-kategorie deelgeneem en is ook as wenner in die betrokke kategorie aangewys. Williams sê: “Hierdie kompetisie bly steeds ’n ongelooflike inisiatief waar landbouwerkers blootstelling en erkenning kry vir hul belangrike bydrae tot die landbousektor. Deelnemers getuig

jaarliks van hoe hierdie kompetisie hulle help om te groei en ontwikkel in die landbousektor. Die wenners in die ander kategorieë is: Brendan Erasmus van Esperance Vineyards (Algemene Werker) Masemelelo Dinisi van Excelsior (Drywer) Ernest Vilander van De Nonna – JS Jordaan Boerdery (Besproeiingspesialis) Janiel Bosman van Alvi’s Drift (Tegniese Operateur en Beste Potensiaal Wenner) Elzane Appolis van Excelsior (Sosiale Ontwikkeling) Verna-Lee Fourie van Willow Creek Olive Products (Landbouverwerking) Marisca Lottering van Esperance Vineyards (Administratiewe Personeel) Selwin Kayster van Bosjes (Voorman) Chirmonay Willemse van Alfalfa Dairy (Junior Bestuurder) Liché Johnston van Willow Creek Oilve Products (Middelbestuur) Willow Creek Olive Products is as Beste Presterende Plaas aangewys.


4

Standard ADVERTENSIEADVERTISEMENT

20 Augustus 2026


20 Augustus 2026

ADVERTENSIE ADVERTISEMENT

Standard

5

Ro&%#!"o� in and a"�!nd###

www.beaukaroo.co.za I info@beaukaroo.co.za cell: 076 684 2327

00000000-BW200826


6

Standard NUUSNEWS

20 Augustus 2026

Goudgeel oral waar ’n mens kyk Charlotte Lesch Die Wes-Kaapse kanolabedryf bied volgens produsente en landboukenners nuwe geleenthede, ondanks die toenemende druk wat hoë insetkostes en ’n onsekere landbou-ekonomie op produsente plaas. Met geel lande net waar jy kyk, meen die landbouprodusent en chemiese adviseur Johan Hanekom dit is in dié stadium nie nodig vir kommer dat kanola ’n versadigde mark betree of die prys negatief sal beïnvloed nie. Volgens hom het die mark oor die afgelope paar jaar aansienlik verander, met meer kopers wat tot die mark toetree saam met ’n groeiende vraag na kanola. Hoewel kanolaproduksie in Noordwes en verder na die noorde onder produsente en rolspelers in die bedryf begin aandag geniet, meen Hanekom die WesKaap het steeds ’n beduidende voordeel. “Ons het basies die regte klimaat om kanola op ’n bestendige grondslag te produseer,” verduidelik hy uit Moorreesbrug. In die noordelike gebiede kan ryp volgens hom ’n groter risiko vir ’n winterproduksiestelsel inhou, wat die opbrengspotensiaal beperk. Hanekom wys daarop dat die mark drie tot vier jaar gelede baie anders gelyk het. Destyds was daar basies net een groot koper en groter aanplantings het ’n negatiewe uitwerking op die produsenteprys tot gevolg gehad. “Toe was dit nie eintlik sinvol nie, want hoe meer kanola ons geplant het, hoe swakker het die prys geword. Maar tye het verander.” KOSTEBEREKENING MOET GEDOEN WORD Hanekom beklemtoon egter kanola is nie ’n gewas wat sonder deeglike kosteberekening geplant moet word nie. As produsent én chemiese adviseur het hy ’n goeie begrip van die kostes verbonde aan die produksie van kanola. Volgens sy berekeninge vir die huidige seisoen moet ’n produsent ongeveer 1,4 ton kanola per hektaar lewer wanneer die oes aan die hoogste betalende koper verkoop word, bloot om gelyk te breek met insetkoste soos chemie, arbeid, diesel en kunsmis, om net ’n paar te noem. By die koper, wat tans die laagste prys bied, styg dié gelykbreekpunt volgens hom tot ongeveer 1,68 ton per hektaar. “Kanola is dus nie meer die gewas wat dit in 1998 of 1999 was toe jy probeer het om dit met omtrent een ton per hektaar

Kanolalande buite Bonnievale in die rigting van Swellendam. Foto: Francois Lombard

te laat werk nie,” sê hy. Volgens Hanekom het verbeterde genetika kanola se potensiaal en aanpasbaarheid aansienlik verhoog. Die prestasie van kanola is ook een van die redes waarom verskeie produsente besig is om hul wisselboustelsel aan te pas en weg te neig van koring, en dan ander gewasse, soos hawer, in die wisselbou in te bring. Hoewel die hawermark kleiner is, verduidelik Hanekom sy eie boerderystruktuur bied hom die geleentheid om waarde uit die gewas te put deur dit in sy veevertakking te benut. ALTERNATIEWE MANIER Volgens hom bied dit ’n alternatiewe manier om meer waarde uit dieselfde hektaar te genereer. “Die realiteit is dat die somme eenvoudig nie meer so goed klop om koring te produseer nie,” sê hy. Hy is ook nie optimisties dat die situasie in die volgende dekade noodwendig drasties gaan verbeter nie. Hanekom, wat reeds 11 jaar lank boer, sê produsente het deur die jare verskeie beloftes oor onder meer die JSE en die vervoerdifferensiaal gehoor. “Elke jaar voel dit asof dit net moeiliker word.” Vir hom lê die sleutel egter in aanpasbaarheid. “Die belangrikste ding vir my is jy as produsent moet bereid wees om aan te pas wanneer omstandighede verander. As jy nie aanpas nie, is jy dalk volgende jaar nie meer op jou plaas nie.” Hanekom verwag die huidige seisoen

gaan ’n interessante een vir produsente wees. Hy meen min produsente kan tans met sekerheid sê hulle gaan ’n wins maak. “Kunsmis en diesel het ons op ’n manier gevang wat baie min mense verwag het.” Hy glo daar moet ’n nuwe benadering tot die verhouding tussen produsente, banke en koöperasies kom en sê die volhoubaarheid van voedselproduksie is ’n gesamentlike verantwoordelikheid. “Hoekom kan ons nie die produsente, banke en koöperasies om dieselfde tafel kry en sê: ‘Reg manne, ons kan nie bekostig om ons voedselproduksiestelsel te verloor nie. Wat kan ons saam doen om produsente deur hierdie moeilike tyd te help? En wat kan produsente op hul beurt doen om die banke en koöperasies te help?’ ” Hanekom waarsku die volgende jaar kan moontlik selfs nog moeiliker wees. Ten spyte van die uitdagings sê hy produsente moet positief probeer bly en voortgaan om hul boerderypraktyke aan te pas. Hy sê die behoefte aan ondersteuning vir die emosionele en geestelike welstand van produsente is groter. KANOLA EEN VAN WES-KAAP SE SUKSESSE Wandile Sihlobo, die hoofekonoom van Suid-Afrika se landbousakekamer, Agbiz, en die presidensiële gesant van landbou en grond, is positief oor vanjaar se kanola-oes en meen dié gewas is een van die Wes-Kaap en die land se grootste suksesverhale.

Measles outbreak in Winelands Districts

Breast is best for newborn Breastfeeding Week is celebrated each year from 1 to 7 August. This year dieticians made extra effort to educate and inform Breede Valley communities about the importance of exclusive breastfeeding. The emphasis was on the shared responsibility families and communities have in supporting mothers to give breastmilk exclusively to their babies for at least the first six months. Colourful displays, demonstrations and dialogues at various clinics in the Breede Valley helped get their message across. “Breastfeeding remains one of the most effective ways to promote the health and well-being of infants and mothers,” said dietician Tharine van Zyl. “By strengthening what works and encouraging collective action we can help give every child a healthier and more sustainable start in life. Stellenbosch University helped support these initiatives.” World Breastfeeding Week was also marked at De Doorns Clinic.

“Sedert Suid-Afrikaanse produsente in 1998-’99 met kommersiële kanolaproduksie op 17 000 hektaar begin het, het die aangeplante oppervlakte tot ’n geraamde 174 515 hektaar in 2025-’26 gegroei. Vir dié jaar se 2026-’27-seisoen het die aangeplante oppervlakte verder tot ’n geraamde 192 300 hektaar toegeneem.” Sihlobo sê dit is belangrik om die dryfvere agter die toename in kanolaaanplantings in ag te neem wanneer daar net geel is waar jy kyk, en dit is die plaaslike groei in die vraag na, of gebruik van, olies en oliekoek. In sommige gebiede het produsente ook onlangs as gevolg van die hoër winsgewendheid daarvan van koring na kanola oorgeskakel,” bevestig Sihlobo. Suid-Afrika is tans ’n netto-uitvoerder van kanola nadat boere die afgelope paar jaar onder meer na lande soos Duitsland en België uitgevoer het, brei Sihlobo uit. “Kanola is ’n wintergewas en word daarom hoofsaaklik in die Wes-Kaap verbou, wat ’n winterreënvalstreek van Suid-Afrika is. Wanneer die toename van 10% in kanola-aanplantings teenoor die vorige seisoen in ag geneem word, kan Suid-Afrika – indien ons relatief gunstige weerstoestande en ’n goeie opbrengs ervaar – ’n oes van ongeveer 363 447 ton behaal. Dit is gegrond op die vyfjaar-gemiddelde opbrengs van 1,89 ton per hektaar en sal ’n toename van 19% teenoor die vorige seisoen verteenwoordig. “Dit kan ’n nuwe rekord wees.” Hy benadruk dit is steeds te vroeg om met sekerheid te sê hoe groot die kanola-oes uiteindelik gaan wees. “Die huidige weerstoestande en dele van die Wes-Kaap wat nie voldoende reën ervaar het nie, sal onder meer die deurslaggewende faktor wees.” André Kirsten, ’n produsent van Darling en verteenwoordiger van Agri SA, sê plaaslike produsente is aan die uitvoermark uitgelewer. “Ons is reeds in ’n surplusproduksie. Die groot probleem wat tans ervaar word, is die oliekoek. Die oliekoekmark blyk wel versadig te wees nadatdie pryse van sojakoek geval het en die sojakoek en die kanola-oliekoek wat nou met mekaar moet meeding.” Hy is dit eens kanola is tans die beter bedryf om in te belê as koring. “Ek sal eerder kanola saai. Daar is ’n bietjie meer uitdagings met kanola, maar die plant hanteer die droogte beter.” Hy sug en sê sou die reën wat vir die afgelope week voorspel is, nie verdwyn het nie, sou dit ’n groot verskil in kanola- én koringproduksie gemaak het.

Enrico Claassen

The wonders of breastfeeding were celebrated at Rawsonville Clinic.

The Western Cape Department of Health and Wellness confirms an increased number of measles cases in the Breede Valley, Drakenstein, Langeberg and Stellenbosch areas. Measles is a serious illness that can lead to severe health complications if your child is not immunised against this disease. Sister Roenell Balie, the department's Assistant Manager: Facility Based Services, in the Cape Winelands District, encourages parents and caregivers to check that their young child has been vaccinated. "We are ready to help you at your nearest clinic and the outreaches of our mobile clinics." Symptoms of measles include fever, cough, runny nose, and conjunctivitis (red eyes). These are followed by a characteristic red blotchy rash that starts on the face and spreads to the rest of the body. The virus spreads through

tiny droplets released when an infected person coughs or sneezes. Measles can be especially dangerous for young children and individuals with weakened immune systems. The most effective way to prevent measles is through the measles vaccine, which not only protects individuals, but also helps prevent the spread of the disease in the community. Balie says: "We encourage parents to ensure that their child’s immunisation schedule is up to date and to visit their nearest healthcare facility for their child’s catchup immunisation. "We ask that parents look out for measles symptoms and keep their children home when they have one or more of these symptoms so that we can curb the spread of this highly contagious disease. “Should your child run a fever, feel sleepy or struggle to eat, take them to the nearest clinic immediately.”


GEKLASSIFISEERD CLASSIFIEDS

20 Augustus 2026

STERFGEVALLE

PERSOONLIKE DIENSTE

STERFGEVALLE 1005

WITBOOI, HADIN GEB: 01.02.1970 - GEST: 13.08.2026

+!)*)%&)##'$()"'#(

!M =$< @7<=<Q EAM BCQ< ,>>, ?,;M, *==):#>> !=<MI$I<$I/M7OO<0 KH.G6. .6.. .9) <M D$< @$MM< (<O<<M/"A5 EAM (7<= (<I07F= DA/ $M Q<D< O<I K=>,9,>! *==):#>" !=<MI$I<$I/M7OO<0 K6.8G9 +69. .9G D$< 770Q<=< $/ 75 3E %#:#?*#; EBEL> <M D77MA(I$( DA/ I< 9M98::9;,,9 EJ" +=;'#:9#;0

KRUIEKENNER 1435

,7<=<QM7OO<0? ..G.88JG.G+

*+#('% +)+&#

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 22 Augustus 2026 om 10:00 by VGK Worcester-Suid, Romanstraat. Besigtiging is vanaf 09:15 by die kerk. Ons harte is gebroke en ons woorde is min. Vir Ma was Daddy haar man en lewensmaat, vir my was Daddy my pa, my beskermer en my grootste liefde. Ons sal jou liefde, jou stem, jou lag en al die kosbare herinneringe vir altyd in ons harte dra. Ons is stukkend omdat ons jou moes verloor, maar dankbaar vir die voorreg om jou lief te hê en jou ons sin te kon noem. Rus in vrede ons liefste Hadin. Tot ons mekaar weer sien. Muriel en Haymary Hadin woorde ontbreek my kind, want jou stem is stil en ons harte is seer maar ons gun jou die ewige rus. Ma, pa Michael en Pien

Diens vind plaas Saterdag, 22 Augustus 2026 om 09:00 by Davidstraat 07, Victoriapark en om 10:00 vanuit Calvyn Protestante Kerk, Leipoldtlaan. Privaat verassing. Roudiens vind plaas Donderdag, 20 Augustus 2026 om 18:30 vanuit Calvyn Protestantse Kerk, Leipoldtlaan.

L<<O "<MM$/ =AI =$< '<0/I< <M %$MAQ< P$"D$=A/$< <M *$/I0$@F/$<0<"<M$M( I<0 $M/A< /AQ Q; @C =$< "AMI770 EAM =$< N<</I<0 EAM =$< #7: #7- I< A,,<:9,% <M 77" @C =$< PAM==07/"AMI770 I< +=;'#:9#; E$0 1M IC=5<0" EAM G6 4<<M&<M&ID$MI$(3 =A< EAMAEB ,D7D.GD. EBEI0

")821'1,-8/ $0)78/1(' ,..0)1-5 -8'&)8/ 30)78/ #0//-0(( 6,-(&/'8'1,-(4 5&128-604 8-2 (&++,)' .,) 8 %8)10'! ,. #0//-0(( 6,-60)-(*

!M=$<M (<<M @</DA0< @$MM< (<O<Q=< IC=5<0" I<<M =$< 0<"<M$M( @C =$< @<I07""< N<</I<0 $M(<=$<M D70= M$<> (AAM =$< '"/<"FI<F0 770 I7I =$< F$I@<IAQ$M( =AA0EAM $M(<E7Q(< (<O<Q=< 0<"<M$M(2 :'O8; ?,;,M: %8 <@#::M: <;=A8;#8;: ' %8 <@#::M: ;6P&PP$5.G/((G F4 +=;'#:9#; 2-P/C0 '%<HO;H!*BJEE

*A#%#DN#BBP>!#-PB! *A#%#DN#BBP>!#-PB! PB =#?C# ;,B ,?=PN#D FQ1QM ;,B %P# *A#%#D-#= II ;,B 24IQ #N =(< ?L<=<$ D@N IB$< ,BB, R#?C,B<>> #=<NH(H<(H/NL""<0 GGAFA- AF.G A97> C(< LL0$<=< (/ L6 F. AN=A*#? E.24 <N C(< 2N C<=EC<< C@/ (N $<C< <N CLLN@+H(+ C@/ H< >RA?=D#>=?,,= FE$ ?P;#?;P#-$ -A?'#>=#?L

,.! $-! "!,,

)*%""#&!##'+)%!"($#

*3S"S75366SK& .E2FOIHE.24

Rus sag Mammie, die vermisting gaan groot wees maar ons gun jou die ewige rus. Mammie sal altyd in ons harte voortleef. Carlo, Elzaan, Chevano en Tayla Pass

K<<" &<NN(/ =@H =(< *<0/H< <N '(N@$< !(&C(=@/(< <N ,(/H0(?E/(<0<&<N(N+ H<0 (N/@< /@$ $; ?B =(< &@NHLL0 D@N =(< M<</H<0 D@N =(< %L: %L8 H< N,,@>=,% <N LL& ?B =(< !@N==0L/&@NHLL0 H< -A?'#>=#? D(0 1N HB=6<0& D@N FJ 5<<N)<N)HC(NH(+4 =@< D@N@8 E2 ,0:0JG0J E.EIL #N=(<N +<<N ?</C@0< ?(NN< +<"<$=< HB=6<0& H<<N =(< 0<&<N(N+ ?B =(< ?<H0L&&< M<</H<0 (N+<=(<N CL0= N(<> +@@N =(< *&/<&EH<E0 LL0 HLH =(< E(H?<H@$(N+ =@@0D@N (N+<DL$+< +<"<$=< 0<&<N(N+3

Mammie mag die mooi herinneringe by ons bly en ons troos en krag gee. Rus in vrede. Grant, Verushka, Alex en Casey

>'R<? C,?,P> %< @D#>>P> @?AN<?#<?> ' %< @D#>>P>$ ?9S)SS(8JGK++G F4$ -A?'#>=#? 1;SK/L '%@HR?H!R.IFFM

(4<87- &4C.?2+

!E4)+CC?478< #3EC+ '4::37?9H &+8<9B =+E0?2+C

IN MEMORIAM

In loving memory of Hadin Witbooi. Forever loved, deeply missed and never forgotten. Your memory will forever live on in our hearts. Rest peacefully dear Hadin. Until we meet again. Lottering family

)(0+&" -.&'&.!$ *&&,#"!/%

!4C?9?47 808?<85<+ ?7 (E++-+ ;8<<+H )E4: 1 "2945+E 6G6>,

#######'"!&(#%$%

579 79409.

$?7?:3: @+F3?E+:+79C/ = D(U<KI(L() 0<IS C72IS ,$L<-@8 P2LK<8U *728-<: 4C,P*3 @K @ EL7$(KK<78@: P2LK( = B@:<) 'L<1(LMK T<-(8K(

"1++%3,1#'$((

%+H !+E)4E:872+ *E+8C/ = P(I07L;<8U 0<IS EL<9@L/ #(@:IS %@-<:<I<(K = ,KK(KK9(8I 7$ 5@I<(8IK @8) <95:(9(8I@I<78 7$ *@L( E:@8K = E@LI 7$ @8 <8I(LQ)<K-<5:<8@L/ I(@9 = ,)9<8<KIL@I<78 @8) C25(L1<K<78 )2I<(K = *FE* @55L7@-S @8) K(L1<-(K @I A(::8(KK #2>K 0<IS<8 IS( -79928<I/ = R78)@/ I7 %L<)@/ 07L;Q0((;

5652

1015

Rus sag Hadin. Jou stem is stil. Ons gaan jou baie mis. Hansen gesin, Caledon

64*043 /& -)# ..'&%. !.'-44'043 :.3 !4* )*&( ")# +/.50. .* 1.'/**.'/*3. &4+ !/' 4+%80 /* )*& 14'%. !))'%+..5( 9/.50. .* !.'+4*3. -)# !')# 74'/+8*2 $0'/4*2 7)*/4 .* ,+./*,/*0.'&

8&) *:8 !-)/

C(8) *B+ 5L77$ 7$ C,P* L(U<KIL@I<78 @8) -75/ 7$ 'L<1(LMK T<-(8K( I7 SL?>7:@8)S7K5<-(O7LU >/ 6A *3D3C9 6G6>, %7L @8/ (8N2<L<(K -78I@-I #D @I .GH H"G "&6J 7L 1<@ (Q9@<:O !$ /72 S@1( 87I L(-(<1() L(K578K( 0<IS<8 G 0((;K $L79 -:7K<8U )@I(+ /72L @55:<-@I<78 0@K 97KI :<;(:/ 28K2--(KK$2:O F8:/ KS7LI:<KI() -@8)<)@I(K 0<:: >( -78I@-I()O

######("!'%#)$&

)*#,,!,#%%&+(",,'"$

JACOBS, ROZANNE GEB: 31.12.1988 - GEST: 10.08.2026

)*%""#"$"!&+($""'$!

ELIZABETH STANDARD 25.09.1954 - 19.08.2025 Jou 1ste jaar weg van ons. Mis jou baie. Van Aunty Wiesie.

REGINAL E. LUCAS 22 August 1953 Your 1st birthday away. Happy Heavenly birthday. Your wife, children and grandchildren.

Rus sag my kind, jy is huistoe. Ek gaan jou verskriklik mis maar ek gun jou die rus in jou Vaderhuis. Jou mammie en kinders

IGCX'# G! ,I #IAXEGIK#IC,M XKF,'C ,DD#DDK#IC ,I% FB*MX' F,ECX'XF,CXGI FEG'#DD !GE CZ# FEGFGD#% EX#CFGGEC DGM,E #I#E\) !,'XMXC) RTQ FAO*#DD ,I% R0Q GIM) *#DD -XCZ K,+XKBK ',F,'XC) G! 0HHK,I% =HHK-3 <HHHK-: E#DF#'CXA#M)[ -XCZXI CZ# -XC(#I*#E\ MG',M KBIX'XF,MXC)[ -#DC#EI ',F# FEGAXI'# T[Pb"E b3 =E4E+- >bHE] b] PE4^3 [B OE>J_1Pb[] @? [B P=E OE>J_1Pb[]3 YJ+_b3=Ed b] g[HE4]^E]P T[Pb"E ][9 O NLU [B 'W /Y4b_ L'ZW YJ+_b3=Ed b] PE4^3 [B (=1YPE4 U [B P=E T1Pb[]1_ #]Hb4[]^E]P1_ V1]1>E^E]P /"P ;/"P ][ 9Z'W [B Z\\D: [B P=E b]PE]P P[ "[]dJ"P 1] #]Hb4[]^E]P1_ e^Y1"P /33E33^E]P Q4["E33 B[4 P=E B[__[Fb]> 1"PbHbP-h X2@W

%@5"69S29UV

/YY_b"1]P

g4EE] (1YbP1_ OE]EF1+_E3 ;QP-: XPd

Q4[aE"P T1^E

ObEPY[[4P M[_14 #]E4>- !1"b_bP- ;Z: QI8,#MM 1]d ;L: []_- ,#MM9

%@5"69S29UV U> 2:@ F6USU5@Y ,"29.92J] g4EE] (1YbP1_ OE]EF1+_E3 ;QP-: XPd b3 Y4[Y[3b]> P=E "[]3P4J"Pb[] 1]d [YE41Pb[] [B 1 M[_14 Q=[P[H[_P1b" #]E4>- !1"b_bP- ;Z: QI8,#MM ;L''VG: 1]d ;L: []_- ,#MM ;@''VGS ?'''VG=:f ;6Q4[aE"P5: [] Q[4Pb[] Z [B P=E !14^ ObEPY[[4P L?Nf _["1PEd LU`^ ][4P= [B K[JF3 ObHE4 FbP=b] P=E GbP*E]+E4> X["1_ VJ]b"bY1_bP- 1]d P=E (1YE Gb]E_1]d3 %b3P4b"P VJ]b"bY1_bP- b] P=E GE3PE4] (1YE Q4[Hb]"E9 K=E 3[_14 E]E4>- B1"b_bP- Fb__ >E]E41PE E_E"P4b"bP- P=1P Fb__ +E EH1"J1PEd Hb1 1 ]EF ZNL`I 3b]>_E S d[J+_E<"b4"JbP Y[FE4_b]E P[ P=E #McRV c1YY1 V1b] K41]3^b33b[] MJ+3P1Pb[]9

Rus sag my ma, ons harte is seer maar ons weet jy is op 'n beter plek. Lekeesha, Tammy, Lunique, Marckie en Xaylee

Jy het nie net herinneringe agtergelaat nie, maar 'n erfenis van liefde, sagtheid en wysheid. Jou lewe het ander aangeraak op maniere wat jy dalk nooit besef het nie. Om jou te eer sal ons elke dag met dieselfde vrygewigheid en vreugde leef wat jy uitgestraal het. Jou verhaal is nie verby nie, dit leef voort in elke hart wat jy geraak het. Desiray en Desmond

"#!

)*%""#"$$%&+($""'$!

Ons berus ons in dit wat God gedoen het, is welgedaan. Ons gaan jou baie mis maar gun jou die ewige rus. Job familie

Rus in vrede my suster ek weet nie hoe ek sonder jou gaan voortbestaan nie. Jy laat 'n groot leemte in ons harte. Jou suster Janille en kinders

"#!

)*!,,$#'&"%+(",,'"$

Hadin, so skielik en onverwags het jy ons verlaat. Ons is stukkend maar weet dat God van beter weet. Ons sal die goeie herinneringe koester. Altyd in ons harte. Tot ons weer ontmoet. Lakey- en Jeftha familie

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 22 Augustus 2026 om 10:00 by Taambaystraat 30 en om 11:00 by Esselenpark Primere skoolsaal, Van Huysteenlaan.

7

*=#%#@A#>>M:!#+M>! M> 9#;?# -,> ,;9MA#@ FN2N1 -,> %M# *=#%#@+#9 II -,> 34IN

1005

OLIPHANT, JENNIFER GEB: 07.12.1954 - GEST: 12.08.2026

Standard

FRANCINA HUMAN 20 Augustus 2026 Gelukkige 5de Hemelse verjaardag Mammie. U lig skyn steeds in ons lewe. Van Clement, Clarize, Carlton en Danielle

SANDRA CUPIDO 22.06.1967 - 19.08.2025 It's been your 1st year away. Our hearts still ache deeply, you are forever loved and deeply missed. Your mom.

C:@ F6U8@"2 L977 269;;@6 2:@ >U77UL9V; &"29.929@5] ! M9529V; IU29"@ T R\IPE 104Q $ ,"29.92J TT K=E dEHE_[Y^E]P [B B1"b_bPbE3 [4 b]B413P4J"PJ4E B[4 P=E P41]3^b33b[] 1]d db3P4b+JPb[] [B E_E"P4b"bP-C ;b: [JP3bdE J4+1] 14E13 [4 b]dJ3P4b1_ "[^Y_E0E3 FbP= 1 "1Y1"bP- [B ^[4E P=1] NN +JP _E33 P=1] LW@ `b_[H[_P32 [4 ;bb: b]3bdE J4+1] 14E13 [4 b]dJ3P4b1_ "[^Y_E0E3 FbP= 1 "1Y1"bP- [B LW@ `b_[H[_P3 [4 ^[4E $ ,"29.92J 0< bb: )1 4[1d& FbP= 1 4E3E4HE FbdE4 P=1] ZNf@ ^EPE43f [4 F=E4E ][ 4E3E4HE E0b3P3 F=E4E P=E 4[1d b3 FbdE4 P=1] D ^EP4E32 $ ,"29.92J 0? OE3bdE]Pb1_f ^b0Edf 4EP1b_f "[^^E4"b1_f b]dJ3P4b1_ [4 b]3PbPJPb[]1_ dEHE_[Y^E]P3 F=E4E 3J"= _1]d F13 J3Ed B[4 1>4b"J_PJ4Ef >1^E B14^b]>f E7JE3P4b1] YJ4Y[3E3 [4 1A[4E3P1Pb[] [] [4 1BPE4 'Z /Y4b_ Z\\D 1]d F=E4E 3J"= dEHE_[Y^E]Ph ;b: Fb__ [""J4 b]3bdE 1] J4+1] 14E1f F=E4E P=E P[P1_ _1]d P[ +E dEHE_[YEd b3 +b>>E4 P=1] @ =E"P14E32 [4 ;bb: Fb__ [""J4 [JP3bdE 1] J4+1] 14E1f F=E4E P=E P[P1_ _1]d P[ +E dEHE_[YEd b3 +b>>E4 P=1] Z =E"P14E ! M9529V; IU29"@ 0 R\IPE 10=Q $ ,"29.92J T K=E dEHE_[Y^E]P [B B1"b_bPbE3 [4 b]B413P4J"PJ4E B[4 P=E >E]E41Pb[] [B E_E"P4b"bP- B4[^ 1 4E]EF1+_E 4E3[J4"E F=E4E P=E E_E"P4b"bP- [JPYJP b3 L' ^E>1F1PP3 [4 ^[4Ef E0"_Jdb]> F=E4E 3J"= dEHE_[Y^E]P [B B1"b_bPbE3 [4 b]B413P4J"PJ4E b3 B[4 Y=[P[H[_P1b" b]3P1__1Pb[]3 1]d [""J43 ;1: FbP=b] 1] J4+1] 14E12 [4 ;+: [] E0b3Pb]> b]B413P4J"PJ4E9 $ ,"29.92J T= K=E "_E141]"E [B 1] 14E1 [B L' =E"P14E3 [4 ^[4E [B b]db>E][J3 HE>EP1Pb[]f E0"_Jdb]> F=E4E 3J"= "_E141]"E [B b]db>E][J3 HE>EP1Pb[] b3 4E7Jb4Ed B[4 ;b: P=E J]dE4P1`b]> [B 1 _b]E14 1"PbHbP-2 CU 6@;952@6 &5 &V XV2@6@52@Y &VY ,>>@"2@Y F&62J 2U 6&95@ N/@69@5 &VY 5/$W92 "UWW@V25[ Y_E13E 3J+^bP -[J4 ]1^Ef "[]P1"P dEP1b_3 ;PE_EY=[]E ]J^+E4f Y[3P1_ 1dd4E33 1]d E^1b_ 1dd4E33: 1]d -[J4 b]PE4E3P b] P=E Q4[aE"P P[ VRO/ #"[_[>b"1_ ME4Hb"E3 [] P=E dEP1b_3 +E_[F9 KGE, #"U7U;9"&7 D@6.9"@5 RF2JQ M2Y ([]P1"P QE43[]h K1`1_1]b VJ`[]dE_E_b ;Q49M"b9T1P: ;#/Q/M/: V[+b_E TJ^+E4h 'WD DNZ N@W\ S 'DZ ?Z' NWUN #<^1b_h ^[41E"[_[>b"1_.>^1b_9"[^ Q=-3b"1_ /dd4E33h NZW /_+E4PJ3 MPf X1 V[]P1>]Ef Q4EP[4b1f 'ZD? )*#,,!%$%"&+(",,'"!


REAL ESTATE

sementwerke

cement works

Sedert 1954 Since

YOUR INTERESTS FIRST! NM10061578-BW200826

( 021 873 1154 • www.lategans.co.za

Donderdag, 20 Augustus 2026

NM10068260-BW060826

Buffaloes maak dit net-net nie

Jack van Wyk, die spoedvraat-vleuel van Villagers Montagu, op pad doellyn toe, terwyl ’n Buffaloes-verdediger tevergeefs poog om hom te keer. Van Wyk het twee drieë gedruk. Villagers Montagu het die Streekuitdaagkragmeting teen Buffaloes RVK op die Buffeljagsrivier-sportterrein met 24-22 gewen. Foto: Norman Evertson

Sesduim stoom voort

Norman Evertson

D

ie Villagers Montagu-rugbyklub, of Sesduim, soos hy algemeen bekend staan en wat verlede jaar (2025) uit die Grootuitdaagbekerkompetisie na die Streekuitdaagliga van die Boland rugby-unie gerelegeer is, beleef tans ’n uitstekende seisoen in dié liga.

Sesduim het tot nou alle teenstand platgevee en is met net drie oorblywende ligawedstryde in dié kompetisie steeds onoorwonne. Hy het die afgelope Saterdag (15 Augustus) ná ’n taai stryd op die Buffeljagsrivier-sportterrein met die gasheer, Buffaloes RVK, of net Buffies vir sy ondersteuners, klaargespeel. Die eindtelling was 24-22 in Sesduim se

guns. Die besoekers het in die eerste helfte die botoon gevoer en met waterdrinktyd gemaklik 21-8 voorgeloop. Ná rustyd het die tuisspan die veld egter met nuwe vuur betree, terwyl die besoekers ’n insinking in hul spel ondervind het. Buffies het ’n indrukwekkende terugvegpoging van stapel gestuur. Sy

begeesterde spel het vrugte afgewerp en hom in staat gestel om in ’n stadium die voortou met 22-21 te neem. Sesduim het egter nie gaan lê nie en hard terugbaklei om weer die leisels ná ’n strafdoel deur die losskakel, Mervin van der Ross, oor te neem. Villagers Montagu het enduit aan sy geringe voorsprong geklou en die kragmeting uiteindelik 24-22 beklink.

Villa vuur op al sy silinders vir drie seges Alver Uys Multisure Villagers (Villa) moes die afgelope Saterdag (15 Augustus) op Bolandpark in Worcester op al sy silinders vuur voordat hy sy bure, Young Hamiltons (Hammies), in ’n taai derbystryd met 29-24 die loef kon afsteek. Dit nadat die twee spanne teen rustyd nog met 19 elk gelykop was. Villa het vroeg bloed geruik toe sy heelagter, Jivanno Melouw, pragtig by sy agterlyn aansluit vir ’n drie wat die losskakel, Mouries Faro, ongelukkig nie kon verdoel nie. Hammies slaan kort hierna met mening terug toe sy buitesenter, Ashwin Klein, oorgaan vir ’n drie wat die losskakel, Ussiel Langeveldt, verdoel om sy span met 7-5 te laat voorloop. Kort hierna volg ’n nagmerrie-oomblik vir Hammies toe ’n belowende beweging skipbreuk ly en Villa se buitesenter, Wayne Plaatjies, met perfekte tydsbere-

kening onderskep en agter die opponent se doellyn afrond. Met Faro se suksesvolle doelskop loop Villa nou met 12-7 voor. Hammies slaan met mening terug toe sy flank, Lester Mariema, oorgaan vir ’n drie wat Langeveldt verdoel om weer met 14-12 die voortou te neem. Nou behoorlik aangevuur, rek Hammies sy voorsprong toe sy heelagter, Damian Hopley, oorgaan vir ’n drie wat Langeveldt ongelukkig nie kon verdoel nie – om nou met 19-12 voor te loop. Villa slaan hard terug toe sy deurwinterde skrumskakel, Gurshwin (Mahaal) Africa, langs die pale oorgaan en sy plaasvervanger losskakel, Elton Mfundisi, verdoel om sake teen rustyd met 19 elk gelykop te maak. Kort na rustyd neem Villa weer die voortou toe sy flank, Zaydon Adams, oorgaan en Mfundisi boonop skitterend uit die hoek vir ’n 26-19-voorsprong verdoel. Hammies gee nooit bes nie en kom self met ’n verwoede aanslag wat uitloop op

’n drie deur sy regtervleuel, Claudio Matolla. Langeveldt se doelskop trek egter links verby. Met die uurglas wat nou vinnig leegloop, word ’n strafskop aan Hammies toegeken. Met asems wat op die pawiljoen opgehou word, trek Langeveldt se poging regs verby. Net voor die einde kry Villa ’n strafskop. Met groot gemak, en teen die verwagting in, klits Africa dié 45 m-poging suiwer deur die pale vir ’n 29-24 oorwinning vir sy span. In die hoofvoorwedstryd van die dag maak Villa se naasbestes seker dat hulle as Langeberg se wenners gekroon word toe hulle Hammies se naasbestes met 19-15 klop, terwyl Villa se derdespan dit drie in ’n ry maak met sy 31-3 sege oor Hammies se derdespan. Komende Saterdag (22 Augustus) speel Multisure Villagers weer tuis en sal Blue Birds van Bonnievale die stryd in die voorlaaste wedstryd van die ligaseisoen

Multisure Villagers se flank, Zaydon Adams, bars oor vir sy span se bonuspunt-drie, met ’n verdediger van Young Hamiltons te laat om te keer. Foto: Dafiq Williams

aansê. Young Hamiltons ontvang Saterdag op Esselenpark-stadion besoek van Ashton United.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook