Die eerste wintersneeu het die afgelope naweek op bergpieke in die Breedevallei en Langeberg geval. Goeie reën het ook uitgesak, met inwoners in Tulbagh wat 45mm gemeet het, 60mm buite Worcester in die Botha-omgewing en meer as 30mm in die dorp self
Volriviergrypvrouvanbrug
Ronél van Jaarsveld
Die groot soektog na ’n jong vrou wat Saterdag (7 Junie) in ’n rivier in Slanghoek beland is, is afgelas nadat haar liggaam Maandagmiddag (9 Junie) gevind is.
Die vrou is glo meegesleur nadat sy oor ’n laagwaterbruggie oor die Breërivier wou loop. Die rivier het sterk gevloei en oor die brug gespoel nadat goeie reën die naweek geval het.
Julene van Wyk (24) en haar 20-jarige suster, Samantha, was op pad om dié se mansvriend te ontmoet wat van Ceres af sou kom. Die twee vroue het deur die water oor die laagwaterbruggie geloop toe die stroom Julene meesleur Samantha het haar hand gegryp en self in die water beland, het AO Vathiswa Jacobs, woordvoerder vir die Worcester-polisie, gesê.
Liggaam ná groot soektog gevind
Die twee vroue is stroomaf waar die jonger suster ’n tak kon vasgryp. Sy was egter nie sterk genoeg om haar greep op haar suster se hand te behou nie en die water het haar gevat.
Samantha het aan die Worcester-polisie gesê sy kon uit die water kom, maar kon nie meer haar suster sien nie. Sy is na die plek toe wat sy gedink het haar vriend sou wees om te keer dat hy ook die water probeer oorsteek, en om hulp te kry.
Die twee kon ’n verbygaande verkeersbeampte se aandag trek en hy het hulp ontbied. Die soektog na Julene is tydelik opgeskort toe weerstoestande versleg het en die water gevaarlik sterk geraak het,
maar is later weer voortgesit deur ’n reddingspan van die nooddienste, polisie en duikspanne Hommeltuie is ook ingespan om haar te probeer opspoor Volgens berigte is Julene se liggaam sowat 2km stroomaf deur die soekspanne gevind.
Meegevoel met die familie ná hierdie tragiese voorval het van wyd af ingestroom. Antoinette Steyn, uitvoerende burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, het op Facebook geskryf: “Die ontydige verlies van ’n lewe, veral onder sulke hartverskeurende omstandighede, laat ’n leemte wat ons nie met woorde kan vul nie. Namens die raad en die hele gemeenskap bied ek ons gesamentlike ondersteuning en gebede aan die familie
in hierdie tyd van rou.”
Billy Claassen van die landelike en plaaswerkers-ontwikkelingsorganisasie het die gesin tydens die soektog ondersteun Volgens hom het hulle ook hul ma net vier maande gelede verloor en is die gesin erg getraumatiseer. Hy het gereël dat maatskaplike dienste hulle ondersteun
Daar is al dikwels oor soortgelyke voorvalle berig en bewusmaking word jaarliks gedoen, veral onder skoolgaande kinders, om nie laagwaterbrûe te probeer oorsteek wanneer dit onder water is nie Die stroom is dikwels sterker as wat ’n mens verwag. In 2023 is die 34-jarige Vasti le Roux, ’n haarkapper van Paarl, ook dood nadat sy op ’n staproete in die Dassieshoek-natuurreservaat naby Robertson in ’n vol rivier beland het en meegesleur is Haar liggaam is ure later deur reddingspanne gevind
Foto: Ronél van Jaarsveld
Man in hof ná moord in Tulbagh
Ronél van Jaarsveld
Die verdagte in die moord op Karl Lauks (73) van Tulbagh het Maandagoggend (9 Junie) weer in die hof in dié dorp verskyn. Die saak is uitgestel tot 17 Junie vir ‘n borgtogaansoek.
Vriende van Lauks het inwoners gevra om saam met hulle voor die hof te vergader om hul ontsteltenis oor die voorval te kenne te gee. Die verdagte, sowel as ’n groep ander mans, is volgens hulle berug daarvoor dat hulle ouer mans en vroue wat alleen woon teiken Lauks is verlede Maandagoggend (2Junie) deur ’n buurvrou dood in sy motor in die oprit van sy huis in Piet
Retiefstraat in Tulbagh gevind. Volgens berigte blyk dit asof ’n serp in sy mond gedruk is en hy versmoor het. Christaan Witbooi (29) is daarna in hegtenis geneem en het verlede Woensdag (4 Junie) in die hof verskyn. Die saak is tot hierdie Maandag uitgestel sodat hy regsverteenwoordiging kan kry. Samantha Krzandalsky, wat na aan Lauks was, sê hy was die teiken van verskeie aanvalle “Hy het in vrees gelewe en was bang om saans huis toe te gaan. Inbrekers het herhaaldelik toegeslaan. Een van die mans is reeds in die tronk, maar die man wat nou gevang is, het Karl en blykbaar ander ouer mense wat alleen woon, geteiken en gereeld moeilikheid gemaak.”
Tydens die inbrake, wat selfs gebeur het wanneer Lauks tuis was en geslaap het, is goed gebreek, deure afgeskop en koperpype uit die mure gekap. “Hy het naderhand moed opgegee en nie eens meer die skade reggemaak nie,” het Krzandalsky gesê
Lauks het sy skouer ’n ruk gelede ná ’n val gebreek en was daarna minder mobiel
Sy pitboel, wat hy “Crocodile” genoem het, was in die huis ten tyde van sy moord Sy was egter oud en het kanker gehad en moes ongelukkig vankant gemaak word.
GELIEFDINDIEGEMEENSKAP
Lauks, ’n Brit wat nie familie in Suid-Afrika het nie, het as ’n bestuurder in die tekstielbedryf gewerk.
“Sy werkgewer het hom baie jare gelede vir werk hier na Suid-Afrika toe gestuur en hy het besluit om te bly,” vertel Krzandalsky, waar sy langs Lauks se gunstelingstoel in die Herold’s Pub and Grub sit. “Sy vrou is op 45 aan kanker
oorlede. Ons het mekaar vier jaar gelede in Tulbagh ontmoet nadat ek, ná my man se dood, hierheen verhuis het. Ons het baie geheg aan mekaar geraak en hy het my sy ‘aanneem-dogter’ genoem.”
Inwoners beskryf Lauks as ’n stil man wat geliefd was in die gemeenskap. Hy was ’n bekende gesig by kuierplekke waar hy rustig ure lank aan ’n bier sou drink. “Hier by die restaurante en kroeë waar hy kom eet het, was die mense vir hom soos familie,” het inwoners vertel
By Heroldt’s word met hartseer oor Lauks se wrede dood gepraat. “Ons sal sy sêgoed onthou Hy het altyd gesê ‘Got to go and feed my Crocodile’, verwysend na sy pitboel. En ‘No ice; ice is for Eskimos’ Ons beplan om ’n naamplaatjie ter herinnering aan hom op die kroegtoonbank by sy sitplek te plaas “Ons almal het na hom omgesien Hy het niemand leed aangedoen nie en gewis nie verdien om so te sterf nie,” het Krzandalsky gesê
Samantha Krzandalsky by ’n foto van Lauks en twee kerse wat sedert sy moord in Heroldt’s Pub and Grub in Tulbagh aangesteek is. Foto: Ronél van Jaarsveld
Samantha Krzandalsky en Karl Lauks was baie geheg aan mekaar
Tulbaghdam in munisipale hande
Ronél van Jaarsveld
Die Tulbaghdam sal genoeg water aan die dorp verseker én ontwikkeling in die omgewing ontsluit.
Pemmy Majodina, die minister van water en sanitasie, het die waterverskaffingsprojek, wat altesaam R113miljoen beloop het, die afgelope Vrydag (6Junie) aan die Witzenbergmunisipaliteit oorhandig.
Tulbagh het in droogtetye dikwels nie genoeg water nie. Beplande behuisingsprojekte is ook vertraag omdat nie genoeg water voorsien kon word nie.
Die departement van water en sanitasie het R43miljoen in die laaste fase van die projek bestee terwyl die munisipaliteit R5miljoen bygedra het.
Die dam het ’n inhoudsvermoë van 1,2 miljoen kubieke liter. Pyplyne is ook aangelê en ’n pompstasie is opgerig.
Die private sektor het bygedra deur ’n geskikte ligging vir die dam te vind en die grond te verkry
OmniGro beplan ’n behuisingsontwikkeling in Tulbagh, maar kon nie voortgaan nie omdat te min water beskikbaar was. Dié projek beteken sy plan vir 1350 behuisingseenhede op 366ha langs die dorp kan nou voortgaan
“Ons het water nodig sodat die dorp vooruit kan gaan. Op die Water-indaba wat verlede maand gehou is, is weer eens bevestig dat dit een van ons grootste prioriteite moet wees. Die syfers wys dat 46% water in Suid-Afrika verlore gaan as gevolg van lekkasies. Ons moet
kyk na wat by ons munisipaliteite gebeur,” sê Majodina Majodina is trots daarop dat van elke sent wat op die projek uitgegee is, rekenskap gegee kan word. Die Witzenbergmunisipaliteit, wat verlede jaar as een van die topmunisipaliteite in die land aangewys is, het sy hulp om water te bestuur, aan sukkelende munisipaliteite aangebied.
Die dam is tans 60% vol en sal help om water te berg sodat die opgaardamme in die dorp tydens droeër tye vol gehou kan word.
As deel van die projek is ’n pyplyn aangelê wat water vir landbou-doeleindes sal ontsluit.
Die ontrekkingspyplyn kan 140liter per sekonde pomp.
Die dam sal water aan sowat 10000 mense in die omgewing verskaf.
Die Tulbaghdam het ’n inhoudsvermoë van 1,2miljoen kubieke liter
Van links is minister Pemmy Majodina, Nobulumko Nkondlo, lid van die provinsiale wetgewer en Trevor Abrahams, burgemeester van die Witzenberg-munisipaliteit
Nathan Jacobs, Witzenberg se senior bestuurder van water en sanitasie, saam met minister Pemmy Majodina by die dam se nuwe pompstasie
Hou aan droom, sê rugbyheld
Jare gelede het ’n jong seun saans voor sy ouerhuis in Worcester gesit en na die vliegtuie gekyk wat oorvlieg. Hy het daarvan gedroom om eendag in een van hulle te kan vlieg
Meer as ’n dekade later vlieg daardie einste seun elke twee weke Dubai toe vir sy loopbaan as professionele rugbyspeler in Bahrain
Hy moes dikwels as die kleinste outjie in die rugby- spanne waarin hy gespeel het, hard werk om daardie droom te bewaarheid
“Ek wil jongmense aanspoor om aan te hou droom en hard te werk, ongeag van waar af hulle is Moenie dink jy kan niks bereik omdat jy van ’n klein plekkie af kom nie,” sê Romeo Eksteen
As voormalige eerstespankaptein van HTS Drostdy en ’n oud-Bloubulrugbyspeler het Eksteen homself laat geld
“Ek is in Worcester gebore en was sewe jaar oud toe my ma aan kanker dood is My pa het weer getrou en ek het nog ’n boetie en ’n sussie bygekry Ons is ’n hegte gesin,” het hy vertel
Die rugbygogga het hom in gr 7 by die Worcester Primêre Skool gebyt toe hy die eerste keer begin speel het Hy het in sy gr 8-jaar by HTS Drostdy vir die o 14B-span gespeel en dit al meer en meer geniet
“Ek het die o 16- Grant Khomo-span gemis, al het ek baie hard gewerk Ek het net aan myself gesê my tyd sal kom Die
volgende jaar is ek vir die o 17-Boland-sewesspan gekies en vir HTS Drostdy se eerste span gespeel ”
Die bal was aan die hop en die volgende jaar was hy kaptein van die Bolando 18-Cravenweekspan asook kaptein van Drostdy se eerste span
“Baie mense het gesê ek sal dit nooit maak nie, want ek is te klein Ek is in amper elke span wat ek speel, die kleinste,” vertel Eksteen Dit het hom egter nie teruggehou nie Ná skool het hy twee jaar vir die Blou Bulle gespeel totdat hy ’n besering opgedoen het Daarna het hy vir die Ferrol-rugbyklub in Spanje gespeel Terug in Suid-Afrika het hy ’n ruk lank vir die Worcester Villagers opgedraf en Super A-liga vir die Hamiltons in die Kaap gespeel Hy het daarna die geleentheid gekry om in Bahrein te gaan speel en as rehabilitasie-spesialis te werk, waar hy sportlui deur oefening help om van hul beserings te herstel “Baie mense het vir my gesê omdat ek van Worcester af kom, ek nie geleenthede sal hê nie Dit gee ons net rede om harder te werk en mense verkeerd te bewys Jou sukses gaan nie oor waar jy vandaan kom nie,” het Eksteen gesê Dis vir hom belangrik om ’n goeie mens op én weg van die veld af te wees Die ondersteuning wat hy veral van sy ouers, Roderick en Franciska, gekry het, lê hom na aan die hart
New gym for Fit2Life
Enrico Claassen
Local running club Fit2Run in Worcester has reached yet another powerful milestone when the club officially opened its very first gym on Tuesday (3 June).
Fit2Run is a not-for-profit initiative that caters for young people from socio-economically challenging backgrounds. According to Norman Ontong, athletics coach and founding member of Fit2Run, this gym – situated in the building of the old Söhnge Training College in Grey Street, Worcester, was created especially for parents, supporters, and the wider community. Hy says this moment goes far beyond bricks and equipment –it’s about coming full circle
According to Ontong the aim was to create a functional, accessible space where athletes and community members can train without being dependent on expensive equipment. He says this supports their focus on general fitness, health and well-being “At the forefront of this new chapter is Clairiese Slingers – once one of Fit2Run’s very first athletes, who started her journey on 1 September 2008 with Vernoschka Abrahams. Today,
Clairiese returned not as an athlete, but as a qualified personal trainer, leading the next generation toward health, strength, and purpose. “Her transformation is a shining example of the Fit2Run legacy in action
“This isn’t just a gym – it’s a place where Fit2Run’s past, present, and future come together And with a strong coaching team in place – including Sharlan Boer, one of Fit2Run’s most decorated pioneers, and Cindy Simons, a passionate leader and motivator – we are ready to shape many more stories of success From barefoot runs to building champions – and now opening a gym – Fit2Run is proof that greatness grows from faith, hard work, and vision History is in the making.”
Ontong says the gym equipment is not sponsored. “We currently only use body weight exercises and cardio. So there was minimal costs involved.”
Ontong says the gym is currently open by appointment, from Monday to Friday, during 10:00 to 11:00 and then 17:00 to 18:00.
For further enquiries contact Ontong at 083 398 5922.
Pinkster luisterryk gevier met Hemelvaart, lofprysing
Alver Uys
Pinkster is vanjar op 29 Mei met Hemelvaart in gemeentes oor die land heen gevier, ook in die Verenigende Gereformeerde kerk-familie in die agt gemeentes in die Worcester-ring ’n Besonderse tema wat voor die tyd deur die leraars van die betrokke gemeentes gesamentlik uitgewerk is is
die gesamentlike groepe van die gemeente Worcester-Oos en Worcester-Suid. Die middag is verder gewy aan pragtige sang deur ’n massakoor wat bestaan het uit die kore van die gemeentes van Worcester, Worcester-Suid, Worcester-Oos en Goudini Die kore het die onderskeie gemeentes se lidmate in vervoering gehad met hul weergawe van “Jesus is great and wonderful” onder leiding van
Romeo Eksteen het twee jaar lank vir die Blou Bulle gespeel
Koerante kry nuwe redakteur
Jana Scheepers
Paarl Post / Standard Breederivier Gazette betree ’n nuwe hoofstuk nadat Lise Beyers die tuig as redakteur neergelê en ’n nuwe pos as nasionale digitale nuusredakteur van die Novus Media-groep aanvaar het.
Maryke Swart, oorspronklik van die Paarl, sit nou in die redakteurstoel
Sy was die vorige redakteur van die Weslander in die Weskus en WeskusNuus in Atlantis en bly steeds aan as redakteur van Swartland Gazette in Malmesbury.
Lise was vir amper 20 jaar deel van Paarl Post, een van Suid-Afrika se grootste gemeenskapskoerante, waar sy die afgelope 13 jaar as redakteur gewerk het.
Sy het haar loopbaan in 1987 by Beeld in Johannesburg as persfotograaf begin waarna sy as fotoredakteur van Vrye Weekblad aangestel is.
Daarna het sy by Rapport as ’n vryskut aangesluit voordat sy na Pietermaritzburg verhuis en as korrespondent uit KwaZulu-Natal vir Beeld gewerk het.
Sy het in 2002 na die Paarl, haar grootword dorp, verhuis en by Paarl Post as joernalis aangesluit het. Sy is in 2012 tot redakteur bevorder.
Lise het in ’n joernalistieke huis grootgeword met haar pa, Fritz Joubert, wat redakteur van Sarie was, en haar ma, Maureen, redakteur van die destydse tydskrif Wynboer
Lise is dus van ’n jong ouderdom af aan die nuuslandskap blootgestel, wat die saadjie vir haar skuif van fotografie na joernalistiek geplant het.
Nóg ’n faktor wat tot hierdie skuif bygedra het, was toe sy die destydse Apartheid-onluste eerstehands in Johannesburg ervaar het.
“Ek het een aand op pad terug kantoor toe van Ellispark af, waar ek foto’s van ’n Curriebeker-wedstryd geneem het, kort nadat ek by die stadion weg is, ’n harde ontploffing gehoor, gevolg deur stilte.
“Metaalstukke het begin neerdaal, en ek het by ’n nabygeleë bushalte gaan skuil.
“Die ontploffing het van die ander kant van die stadion af gekom. Ek het besef dit was ’n bom en het daarheen
gehardloop. Twee mans is dood toe hul motor deur ’n motorbom vernietig is. Ek het die gebeure van naby ervaar en die volgende dag op eie inisiatief my eerste artikel daaroor geskryf.”
Dít was Lise se eerste skryfstuk en van daar af het haar loopbaan in joernalistiek begin.
In haar amper vier dekades in die medialandskap – en twee daarvan by Paarl Post – het sy “heerlike stories en talentvolle mense” binne die Drakenstein ontmoet en wat sy nog lank sal onthou.
Sy sal ook die tragedie van die Paarl Print-brand in 2009, waarin 13 mense oorlede is, onthou.
“Ek was die eerste joernalis op die toneel en het vier dae lank gewerk om die oorledenes se families op te spoor.”
Paarl Post bedank Lise vir 20 jaar se toewyding en herinneringe.
•Maryke is op haar beurt ’n Paarliet in murg en been en het aan die Hoërskool Paarl Gimnasium gematrikuleer voordat sy haar BA in mediastudies aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein voltooi het.
Daarna het sy by ’n plaaslike koerant in Bethlehem, die destydse Vrystaat (vandag VrystaatKroon) begin werk, en ’n paar maande later die geleentheid gekry om vir die dagblad Volksblad as sy Oos-Vrystaatse verslaggewer te werk.
Maryke het in 2013 na haar tuisdorp teruggekeer, waar sy as gemeenskapsjoernalis by Paarl Post begin werk en toe oorgeskuif het na DistriksPos voordat sy ’n pos as nuusredakteur by die Swartland Gazette aanvaar het.
Sy het haar nagraadse diploma in sakebestuur in 2020 voltooi en is in 2022 as redakteur van Weslander, WeskusNuus en die Swartland Gazette aangestel.
“Om terug te wees in die Paarl, my tuisdorp, en om in die redakteurstoel in te skuif van ’n koerant waarmee ek as kind grootgeword het, is ’n besonderse voorreg.
“Lise laat groot skoene agter om te vul, maar dit voel ook soos ’n vollesirkel-oomblik om terug te keer na die koerant waar ek werklik my passie vir gemeenskapsjoernalistiek ontdek het,” het Maryke gesê
Daarmee saam sien sy ook uit om die gemeenskap van Worcester beter te leer ken
Riverview vier Jeugdag met talle aktiwiteite
’n Pretdag wag op die jongklomp van die Riverview-woonstelle in Worcester op Jeugdag komende Maandag (16 Junie)
Die dag meng pret met leersame inligting wat die jongspan sal help om goeie lewens te bou Die Spartan-klub sal vlugbal speel en vlakkie-krieket en sokker is ook op die program Die Liturgiese dansers tree ook op
“Ons het interessante sprekers wat elk net ’n kort rukkie met die kinders gaan gesels Iemand van die bank gaan hulle vertel hoe om slim met geld te werk en ’n
Hugenote vereer uitgewer
Engela Duvenage
Annie Olivier, die bestuurder van NBUitgewers, is deur haar alma mater, die Hugenote Hoërskool in Wellington, vir haar invloed in die sakewêreld en in Suid-Afrikaanse letterkunde vereer
Dit is reeds sedert 1991 ’n instelling om tydens die skool se Stigtingsdag ’n oudleerder, wat ’n besonderse indruk in sake, op die sportveld, in die letterkunde, die kunste of die akademie gemaak het, te vereer. Olivier, ’n voormalige joernalis met ’n liefde vir nie-fiksie-tekste, het reeds diep spore in die uitgewersbedryf getrap, onder meer as redakteur by Tafelberguitgewers en bestuurder van Jonathan Ball Publishers Sy is vanjaar deur Media24 aangestel om NB Uitgewers te lei, in wie se stal drukname soos Tafelberg en Human & Rousseau is. Sy het in Wolseley grootgeword en in 1993 gematrikuleer. Op skool is sy onder meer aangewys as nasionale wenner van die ATKV-redenaarskompetisie
Daarna het sy honneurs in filosofie en MPhil in joernalistiek (albei cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch behaal, asook verdere kursusse in die joernalistieke en uitgewersbedryf voltooi
By die erkenningsbyeenkoms by die Hugenote Hoërskool het dr. Amanda Swart, een van Olivier se voormalige onderwysers, met ’n oorsig oor haar loopbaan onder meer haar liefde vir tale uitgelig
Op skool het Olivier Xhosa en Duits geneem, waarna sy ook naskoolse opleiding in Duits aan die Goethestigting in Duitsland ontvang het.
Op haar beurt het Olivier aan leerders vertel hoedat sy oor deursettingsvermoë, toewyding en waagmoed geleer het in die wiskundeklas van Estie du Plessis, deur haar deelname aan redenaars onder
aanmoediging van Louise Grobler – en selfs te probeer hoogspring
Sy het ook uitgelig hoedat sy in dr.Swart se Xhosa-klas geleer het om ’n oop gemoed en hart teenoor ander mense en kulture te hê en krities te dink. Olivier het die uitgewersbedryf as ’n loopbaan beskryf waarin ’n mens leer om kanse te waag, aangesien die besluit om ’n boek te publiseer, elke keer ’n onbekende waagstuk is.
Sy het die leerders uitgedaag om meer te lees, vrae te vra, nie tropdiere te wees nie en oop te wees vir mense en idees wat van hul eie verskil. Daarby moet hulle hulself ook nie blind staar teen uitdagings nie, maar eerder sulke situasies as geleenthede beskou waaruit hulle kan leer en groei
“Ek sê altyd vir my kollegas hoe lief ek vir ’n lekker ou ordentlike krisis is en dat die lewe werklik maar bra vervelig daarsonder sou wees.
“’n Probleem is net ’n probleem totdat jy ’n oplossing daarvoor kan kry. En vertrou my: daar’s altyd een – dis dalk net nie die oplossing wat jy aanvanklik in gedagte gehad het nie.”
sielkundige, ’n afgetrede skoolhoof en iemand wat in ’n jeugtronk werk gaan ook gesels Die Scouts gaan ook daar wees,” sê past Eddie Joseph, wat die dag gereël het
“Die geld vir die geleentheid kom uit die gemeenskap Ons gaan in die oggend vir die kinders sop gee en vir middagete is daar vis-breyani van snoek wat aan ons geskenk is ”
Die verrigtinge begin om 09:00 by die Riverview-woonstelle
Bel pastoor Joseph by 0834047251 vir nog inligting
Lise Beyers Maryke Swart
Van links is dr Amanda Swart, ’n voormalige onderwyser by die Hugenote Hoërskool, Annie Olivier en die skoolhoof, Wikus Naudé FOTO: Engela Duvenage
Museum vertel eie storie
Die deure van ’n splinternuwe museum is onlangs op een van die Breedevallei se oudste plase geopen
Die Buffelskraal-museum is op die gelyknamige plaas in die Hexvallei gevestig – die eerste museum vir die gebied Die plaas se 300-jarige bestaan en die opening van die museum is Vrydag 23 Mei gevier
Chris Rabie, die eienaar van die historiese Buffelskraal, het jare gelede reeds met die idee vorendag gekom Hy het in 2012 na dr Julian Kritzinger uitgereik om die geskiedenis te help navors Saam het die twee die staaltjies en stories van die plaas uit die aktekantoor, stamboekregisters en die dagboeke van ou reisigers ontrafel Anthony Hill, die sestiende eienaar van die “Clovelly-gedeelte” van Buffelskraal, het groot bydraes gelewer om die geskiedenisprentjie te voltooi
Die museum vertel die storie van die
plaas met foto’s en borde waarop die inligting verskyn
Gedurende die navorsing is vasgestel dat die plaas reeds 18 verskillende eienaars van ses verskillende families, wat op die Rabie-gedeelte van die plaas gewoon het, gehad het “Hierdie ses families het so onder mekaar getrou dat hulle almal – met die uitsondering van een familie – aan mekaar verwant was Oor die loop van 300 jaar het die Rabie-gedeelte van die plaas interessant genoeg net twee keer met verkooptransaksies van eienaar verwissel – verder was al die verwisselings deur die erfreg, soos wat die plaas van die een geslag na die volgende oorgedra is,” het Kritzinger vertel
Hierdie navorsing het gelei tot die druk van ’n pragtige glansboek van 62 bladsye, getiteld Rabie-familiegeskiedenis – Buffelskraal, Hexvallei
Die plaas het sy oorsprong gehad toe die eerste weidingslisensie in 1725 aan Pieter
Willem Nel toegeken is Hy was die enigste plaaseienaar wat nie ’n familieverband met die latere eienaars gehad het nie In 1727 is die plaas deur die goewerneur Pieter Gysbert Noodt as weidingplaas aan Pieter Hugot van Drakenstein toegeken Dit was vermoedelik Hugot wat die historiese pionierswoning op die “Clovelly-gedeelte” van die plaas gebou het Die Hugo-familie het tot in 1771 hier gewoon met vier verskillende eienaars in hierdie tydperk Die laaste Hugo-weduwee is later met Wouter de Vos Senior getroud, waarna die De Vos-familie tot in 1861 op die plaas gewoon het In daardie tydperk was daar vyf verskillende De Vos-eienaars Die statige woonhuis op die Rabie-gedeelte van Buffelskraal is tussen 1817 en 1834 gebou
Jan Willem Meiring en sy neef JanGeorge Meiring het die oorspronklike Buffelskraal in 1860 op ’n veiling van Dirk de Vos vir die enorme bedrag van £6 000 gekoop Die neefs het tot in 1897 op die plaas gewoon en dit in twee verdeel Aangesien
Jan George Meiring met ’n DeVos-vrou getroud was, het die plaas steeds in die familie gebly
Die Rabie-era het in 1897 aangebreek toe Johannes Christiaan Rabie III, wie se ma ’n De Vos van Buffelskraal was, die “Rabie-gedeelte” op die veiling van die bestorwe boedel van Jan Willem Meiring koop Daar was vier Rabie-eienaars tydens die eerste periode
In 1989 het die huidige eienaar, Chris Rabie, wat uit die “Buffelskraal-Wes”-vertakking stam, die laaste Rabie van die Buffelskraalvertakking uitgekoop Dit het beteken dat hy die sewentiende eienaar van Buffelskraal is Sy seun, Jan Rabie IV, sal eendag die agtiende eienaar van die plaas word
Die inligtingsborde by die museum gee baie meer inligting oor die families en die plaas se geskiedenis
•Belangstellendes wat na die uitstalling wil gaan kyk, kan Chris Rabie by 0233563200 bel
Onsierlike en onwettige plakkate in middedorp verwyder
Meer as 100 onwettige aanplakbiljette is onlangs van private en munisipale eiendomme in Worcester se middedorp verwyder
Die Worcester- sentrale verbeteringsdistrik (WCID) se span werkers het ingespring en hierdie plakkate, wat dikwels deur kwaksalwers aange-
bring word, met ’n geskuur en ’n geskrop verwyder Dit is groot werk aangesien hulle met gom teen kragbokse, lamppale, pilare, mure en selfs stoptekens vasgeplak word en is onsierlik in die andersins netjiese strate Volgens raadslid dr Julian Kritzinger van die
Breedevallei-munisipaliteit is meer as 100 plakkate in twee dae verwyder “Die kwaksalwer betaal iemand – of ’n span mense –om sy aanplakbiljette op enige plek waar dit vasgeplak kan word, te gaan plak So iemand word dan natuurlik ’n pak papier, ’n emmer gom en ’n
kwas in die hand gestop en dan vaar hy die middedorp in en gaan plak die gemors net waar hy ’n oop plekkie kry,” sê Kritzinger “So vieslik soos wat die advertensies lyk, en die vandalisme wat dit aan private en munisipale eiendom veroorsaak, is dit egter vir die
wetstoepassingafdeling baie moeilik om hierdie oortreders vas te trek ” • Kontak die munisipale wetstoepassinsgafdeling by die 24 uur-BVM-inbelsentrum by 0860 121212 of stuur e-pos na ssc@bvm gov za om sulke vandalisme aan te meld en die dorp skoon te hou
Mardie en haar hond wen by skoue
MitziBuys
Mardie Fourie is op 14-jarige ouderdom ’n gesoute deelnemer aan hondeskoue en in die hantering van honde Sy is sedert ’n jong ouderdom aan hondeskoue blootgestel, want haar ma, Heleen, is al jare by die skou en teel van honde betrokke Mardie het aanvanklik in die hanteerder-afdeling vir kinders meegeding, maar sedert sy 12 jaar oud is, ding sy met groot sukses in die afdeling vir junior hanteerders mee By die vyf skoue waaraan Mardie tussen 28 Februarie en 9 Maart deelgeneem het, het sy nie net uitstekend gevaar nie, maar ook twee eerste plekke, twee tweede plekke en ’n derde plek behaal en ook aan die pas afgelope Kennel-unie van Suid-Afrika (Kusa) se nasionale kampioenskap deelgeneem Mardie en Coco, haar spanjoel, neem gereeld in die jaghond-afdeling (gun dog) deel Hoewel sy baie in die jaghond-ring is, help sy ook ander mense om hul honde, soos labradors, golden retrievers en selfs al ’n Deense hond te skou
Tydens die onlangse Kusakampioenskap-naweek het Mardie vier verskillende honde
op ’n dag geskou Dit was nie in die junior hanteerder-afdeling nie, maar in die ras-skou, waar sy ander mense se honde vir hulle skou.
Die twee Junior Showmanship-kampe wat Mardie bygewoon het, het haar geleer hoe om te skou en hoe om verskillende honde te hanteer Sy kry ook dikwels raad van ervare skouers
Buiten die skou van honde het Mardie, ’n graad 9-leerder aan die HTS Drostdy in Worcester, heelwat ander belangstellings ook Sy speel hokkie, doen baldans en speel trompet in HTS se koperblaasorkes
In vakansies hou Mardie daarvan om saam met haar pa, Barendo, op hul plaas buite Caledon met skape en ander diere te werk Met haar passie vir diere is dit duidelik dat Mardie ná skool met diere sal wil werk, maar sy is nog nie heeltemal seker in watter spesifieke rigting nie
Op ’n vraag aan Heleen of Mardie ’n bietjie van ’n tomboy is, lag Heleen en sê: “Nee, glad nie Sy kan heeldag in waterstewels in die kraal werk en dan die aand ’n aandrok aantrek vir ’n uitvoering van die blaasorkes ”
Die historiese “Rabie-gedeelte” van die 300 jaar oue Buffelskraalplaas uit die lug
Christiaan Rabie, Salomie Lombaard, Chris Rabie, Julian Kritzinger en Johan Rabie by die opening van die uitstalling.
Die internasionale beoordelaar Andy Gong van China in 2024 saam met Mardie Fourie en Coco by ’n FCI-skou in Malmesbury (FCI is die Fédération Cynologique Internationale of International Canine Federation)
Groot dank aan dienaars
Tien inwoners wat hul lewe aan hul gemeenskappe wy, is Vrydagaand (6Junie) by die Old MutualBreedevallei-legendes vir 2025 vereer
Hierdie jaarlikse inisiatief van Matthee, Van der Vyver en Vennote, wat saam met Standard & Breederivier Gazette aangebied word, nooi inwoners in die Breedevallei en Langeberg om merkwaardige mense in hul gemeenskappe te benoem.
Vanjaar se 10 legendes was Japie de Jager, die stigter van De Jagers Uitrusters 70 jaar gelede; Piet Winterbach, ’n bekende oudsakeman; Jeff Lakay, ’n digter van Roberston; Johan Schoonraad, die leier van die Worcester Christian Fellowship wat verskeie opheffingsprojekte bedryf; Henry Hall, ’n sakeman wat by
verskeie gemeenskapsprojekte betrokke was; Christine Gerber, die bibliotekaresse van die Breedevallei-munisipaliteit; Helmut Pool, ’n sakeman wat geleent–hede vir werkloses en eienaars van mikro-ondernemings skep; die Worcester-gebore akteur Farouk Valley-Omar; Erna Victor, ’n Worcesteriet wat betrokke is by opheffingsprojekte in Roodewal en Alver Uys, bekende sportman en -skrywer oor plaaslike sport.
Die benoemdes het by die geleentheid kortliks oor hul werk in hul gemeenskappe gesels en dit was duidelik dat hul wortels en lojaliteit diep strek –dikwels oor geslagte heen
Almal was dit eens – vir sterker en meer weerbare gemeenskappe moet die swakstes onder ons ondersteun en geleenthede gebied word.
Japie de Jager van De Jagers Uitrusters is by die geleentheid vereer, met van die ander Legendes wat vertel dat hulle hul besoeke aan sy winkels as kinders onthou.
Vusi Zingitwa, Old Mutual persoonlike finansiële raadgewers se streeksbestuurder vir die Kaap, oorhandig Piet Winterbach se toekenning aan hom.
Die legendes Alver Uys en Jeff Lakay gesels by die Breedevallei-legendes 2025 se toekenningsaand
Johan Schoonraad van die Worcester Christian Fellowship ontvang sy toekenning van Vusi Zingitwa, Old Mutual persoonlike finansiële raadgewers se streeksbestuurder vir die Kaap.
Die Breedevallei-legendes vir 2025, saam met verteenwoordigers van Old Mutual.
Die oudsakeman Piet Winterbach (middel, voor) saam met sy gaste by die toekennings Gaste
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 14 Junie 2025 om 09:00 by huis Hartwiglaan 146 en om 10:00 vanuit Calvyn Protestantse Kerk, Leipoldtlaan
It is with heartfelt sadness that we announce the passing of our beloved mother, grandmother and great - grandmother, Brenda Dorothy Fransman, in the early hours of Tuesday, 10 June 2025
Our mom was a soft spoken, gracious, and deeply loving woman that was born in Cape Town and later moved to Worcester to join her husband in his hometown, where they built a life grounded in
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 14 Junie 2025 om 10:00 by Barlinkastraat 26, Hexpark en om 11:00 by Zion A.M.E, Le Sueurstraat
Thank you lord for blessing us with the most exceptional father one could asked for. Dad today we salute you for being the best Dad most loving Husband, Superhero grandpa. A fighter that taught us never give up we will love you forever Love Astrid, Fabian, Famke, Taine, Cullen, Keano and Kiara
There is no words to describe the emptyness in our hearts. Treasure memories will forever be with us. Till we meet again Dad Byron, Samantha, Chadwin, Beurin and Graywin Oliphant
Met groot hartseer neem ons afskeid van ons pa. Ons gaan Daddy baie mis en gun jou die ewige rus. Gavin en gesin
2 Slaapkamer Kothuis in Rawsonville te huur. Netjies en modern, beskikbaar vanaf 1 Julie. Kontak 082 801 7119.
VOERTUIE
KENNISGEWING / NOTICE
Die Langeberg Munisipaliteit (Wes Kaap Provinsie) bedien die dorpe Ashton Robertson Montagu Bonnievale en McGregor in die skilderagtige Breër viervallei/Klein Karoogebied waar mense nog na aan die natuur leef Aansoeke word hiermee ingewag van persone wat oor die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik viraanstellingindieonderstaandeposte:
Ve die no
die
Vergoeding: R 226 764 – R 294 336 (T8) per jaar, asook die normale byvoordele soos van toepassing op ‘n Plaaslike Owerheid
Die volledige advertensie in Engels en Afrikaans is beskikbaar opwebwerfhttp://www langeberg gov za
Sluitingsdatum: 26 Junie 2025 om 12:00 Aansoeke (Aansoekvorm CV kwalifikasies getuigskrif ID en Bestuurslisensie) moet gestuur word na Ashton Kantoor Fisiese a d r e s : H o o f w e g 2 8 A s h t o n 6 7 1 5 o f ; E - p o s : tcarstens@langeberg gov za; Verdere inligting is beskikbaar by dieBestuurder:MenslikeHulpbronnebyAshtonKantoor,Tel(023) 615 8035 en Menslike Hulpbronne Praktisyn: Me V Matthys by Tel (023) 615 8033 tydens normale kantoorure Die aansoekvorm is op die munisipale webwerf (www langeberg gov za) en by alle munisipale kantore beskikbaar
NB: Gunswerwing by Raadslede of enige lid van die Aanstellingskomitee sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer
Die Munisipaliteit is gebonde aan die beginsels van regstellende optrede soos uiteengesit in sy Diensbillikheidsplan Aansoekers wat teen 31 Augustus 2025 nog geen terugvoer ontvang het nie moet aanvaar dat hulle aansoeke nie geslaag het nie CV’s sal nie terugbesorg word nie Geen aansoek sal oorweeg word as n aansoekvorm nie voltooi is nie Die Mun sipaliteit behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie Alle suksesvolle kandidate se aanstellings is onderhew g aan die verifikasie van kwalifikasies en kriminele rekords Indiensneming sal onderworpe wees aan die ondertekening van dienskontrakte en waar nodig, prestasieooreenkomste asook openbaarmaking van finansiële belange U stem in dat die persoonlike inligting wat as deel van u aansoek ngedien word, gebruik mag word vir die doeleindes van die Werwing- en Keur ngsproses
The Langeberg Municipality (Western Cape Province) serves the towns Ashton, Robertson, Montagu, Bonnievale and McGregor in the picturesque Breede River Valley/Klein Karoo area where people still l ve close to nature Applications are hereby invited from persons with the necessary qualifications and experience forappointmentinthefollowingpositions:
DIRECTORATE ENGINEERING SERVICES
Remuneration: R 226 764 – R 294 336 (T8) per annum, as well as normalbenefitsasapplicabletoaLocalAuthority
The complete advertisement in English and Afrikaans is availableonthewebsite http://www langeberg gov za
Closing date: 26 June 2025 at 12:00 Applications (Application form CV qualifications testimonial IDanddriver’slicence)must be submitted to the Municipal Manager at Physical Address: 28 Main Road Ashton 6715; E-mail: tcarstens@langeberg gov za; Further nformation is available from the Manager: Human Resources at Tel (023) 615 8035 and Human Resources Practitioner: Ms V Matthys at Tel: (023) 615 8033 during normal office hours The application form can be obtained from the mun cipal website (www langeberg gov za) and is at all administrativemunicipalofficesavailable
NB: Canvassing of Council members or any member of the Appointment Committee will immediately disqualify applicants
TheMunicipalityisboundbytheprinciplesofaffirmativeactionas set out in its Employment Equity Plan Applicants that have not rece ved any feedback by 31 August 2025 must accept that their applications were unsuccessful CV’s will not be returned No application will be considered if an application form is not completed The Municipality have the right not to make an appointment No late applications will be accepted All successful candidates appointments are subject to verification of qualifications and criminal records Appointment will be subjected to the signing of a service contract and where applicable performance contract as well as d sclosure of financial interest You are consenting that the personal information submittedas part of yourapplication may be used for thepurposesoftheRecruitmentandSelectionprocess
VOORGESTELDE VERWYDERING VAN BEPERKENDE TITELAKTE VOORWAARDE EN PERMANENTE AFWYKINGS: RESTANT GEDEELTE 56 VAN PLAAS WOLVENDRIFT NR. 125, ROBERTSON
Aansoeker LARC Argitekte
Eiendomme : Re Ged 56 van Plaas Wolvendrift nr 125, Robertson
Ligging : ±15.34km Suid-Oos vanaf Robertson
Eienaars : GC & J Schoeman
Grootte : 1.07ha
Voorstel : Verwydering van beperkende titelakte voorwaarde 1 (D) wat die gebruik van die eiendom vir n kerkgebou te gebruik, te beperk
Huidige sonering : Landbousone I
Hiermee word kennis gegee ingevolge Artikel 45 van die Langeberg Verordening op Grondgebruikbeplanning (PK264/2015) dat die bogenoemde aansoek ontvang is en ter insae lê gedurende weeksdae tussen 08:30 en 15:00 by die Stadsbeplannings-departement te Piet Retiefstraat 3, Montagu Enige skriftelike kommentaar/beswaar kan ingevolge Artikel 50 van gemelde Verordening gerig word aan die Bestuurder : Stadsbeplanning by bogenoemde adres, binne 30 dae vanaf die datum van plasing van hierdie kennisgewing en moet u naam, adres, kontakbesonderhede 'n verduideliking van u belang by die aansoek en redes vir besware insluit. Telefoniese navrae kan gerig word aan Amber Willemse by 023 614 8000. Die Munisipaliteit mag weier om kommentare te ontvang wat na die sluitingsdatum ingedien word. Enige persoon wat nie kan skryf nie sal deur 'n Munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar neer te skryf. [Kennisgewing nommer:- MK 15/2025]
LUBBE
/ Municipal Manager
Donderdag, 12 Junie 2025
Grootuitdaag-kompetisie
sementwerke cement works Sedert
Villadrafopnátweeskokke
Alver Uys
Worcester Villagers, of Villa, soos hy bekendstaan, het verlede naweek met die aanvang van die tweede ronde ’n loslooitjie geniet en begin eerskomende Saterdag (14Junie) sy aanslag op die liga-louere met ’n tuiswedstryd op Bolandpark teen die Blue Birds van Bonnievale.
Met die tweede ronde wat met die intrap vir groot skokke gesorg het toe
die voorloper, Robertson Town, teen verwagting teen Mc Gregor vasgeval het, en die naasvoorlopers, Montagu-klub, teen Ashton United, kan uitgesien word na ’n opwindende reeks wedstryde in die Grootuitdaag-kompetisie in die Langeberg-streek van die Boland-rugbyunie. In ander wedstryde in dieselfde liga speel Rawsonville Saterdag tuis teen die agterosse, Rangers van Robertson, terwyl dit in Montagu derbytyd is wanneer die dorp se twee spanne, Montagu en Villagers Montagu, of Sesduim, soos hy
Gure weer laat punte
skipbreuk ly vir spanne
NormanEvertson
Die tweede ronde van Boland-rugbyunie se klubrugbykompetisies is ná ’n week lange verposing weer die afgelope Saterdag (7Junie) in alle erns hervat
Villagers Montagu (Sesduim) en Rawsonville United (Rawsies) het mekaar in koue, nat eendeweer op die King Edward-sportveld gepak
Sesduim het eerste bloed geruik toe sy haker, Jovaan Hartnick, ’n aanval deur die tuisspan met ’n drie afgerond het Liam Pekeur (heelagter), se doelskop was tussen die pale deur Dié verdoelde drie het Sesduim met 7-0 op die voorvoet geplaas
Kort hierna is Rawsies ’n gevoelige slag toegedien toe sy regtervleuel, Deniel Cornelius, die veld ná ’n harde stamp teen die kop moes verlaat Die skeidsregter, Ruan Machiel, het hom met ’n bloukaart van die veld gestuur
Ná hervatting van die spel het die besoekers ’n drie aangeteken, maar Ambrose Steyn, heelagter, se doelskop het die regoppaal
getref Rawsies was egter ná dié onverdoelde drie weer terug in die wedstryd met die telling wat 7-5 geword het
Pekeur het hierna met sy eerste suksesvolle strafdoel geslaag, wat die rustydtelling op 10-5 in Sesduim se guns te staan gebring het
Kort ná die begin van die tweede helfte het Sabelo Dlamini ’n onverdoelde drie vir die tuisspan gedruk Dit het Sesduim se voorsprong na 15-5 vergroot
Rawsies se linkervleuel, Lorenzo Makamello, en Sesduim se kantman, Sabelo Dlamini, is kort ná mekaar met geelkaarte gestraf
Sesduim was nogtans goed in beheer van die wedstryd nadat Pekeur met sy derde strafdoel geslaag en die telling na 21-5 gevoer het
Hoewel Rawsies nooit touopgegooi het nie, het die nat toestande albei spanne se hantering erg belemmer en geleenthede op punte laat skipbreuk ly
Die tuisspan het egter genoeg gedoen om die wedstryd uiteindelik in sy guns te beklink
bekendstaan, op die King Edwardstadion gaan swaarde kruis. Young Hamiltons pak Saterdag die span Ashton – met ’n verloorwedstryd in die eerste ronde teen die einste span in gedagte, gaan Hammies, soos hy bekendstaan, Saterdag se wedstryd gewis met ’n nuwe ingesteldheid benader. Town kry besoek van Touwpark en kan nie nog ’n nederlaag so vroeg in die ronde bekostig nie. Swellendam, of Swellies, soos hy bekendstaan, kry besoek van McGregor, wat Town verlede Saterdag op die Powellstadion in
DERBY-BEKENDSTELLING
Swellendam geskok het. In die Streek-uitdaagkompetisie van die Boland (Breërivier-afdeling), reis Primroses Saterdag na Laingsburg waar hy die tuisspan sal pak. In De Doorns is dit ook derbytyd wanneer Proteas tuisveld-voordeel sal geniet vir sy kragmeting teen sy bure, Mountain Stars Overhex ontvang besoek van die voorlopers, Alberts, terwyl Goudini, Worcester Perseverance, Villagers Breërivier, De Doorns United, Klipdrift en Orchard almal Saterdag ’n blaaskans geniet.
Die Boland-rugbyunie het verlede Woensdag (4 Junie) sy Sanlam-Boland-rugby- Derby Days-bekendstelling vir die komende Saterdag (14 Junie) se derbykragmeting tussen Montagu-klub en Villagers Montagu (Sesduim) in die Montagu-gholfklubhuis gehou Lucian Cupido van die Boland het die geleentheid aangebied. Op die foto verskyn (van links) Jaydon Pieterse (kaptein van Villagers Montagu), Henbon Klaasen (hoofafrigter van Villagers Montagu), André Pekeur (voorsitter van Villagers Montagu), Lucian Cupido (Boland-rugbyunie), Telfir Swanepoel (voorsitter van Montagu-klub), Dujon Swanepoel (kaptein van Montagu-klub) en Jacques Robertson (hoofafrigter van Montagu-klub) Albei afrigters het hul kaarte styf teen die bors gehou en was nie bereid om enigiets weg te gee oor hoe hulle die opkomende derbystryd benader
Ashton klop mede-voorloper ver
NormanEvertson
Ashton United het Saterdag (7Junie) daarin geslaag om Montagu-klub – tans tweede op die Grootuitdaagbeker-punteleer in die Breë-Langebergstreek –sonder enige ligapunte met die kous oor die kop huis toe te stuur Met dié skittersege van 30-15 oor die mede-voorloper in die Breë-Langeberg-afdeling het Ashton die tweede ronde van die Grootuitdaagbeker-kompetisie op ’n positiewe noot begin en terselfdertyd ’n duidelike waarskuwing aan besoekende spanne
gestuur – julle gaan klippe kou in Cogmanskloof! Dié tweederondeligawedstryd is in nat en koue weerstoestande op die Cogmanskloof-sportveld beslis Ashton het ná ’n suksesvolle strafdoel die voortou geneem, maar Montagu het met ’n onverdoelde drie deur Charlton Scholtz teruggeslaan Die tuisspan het egter daarna met sy tweede strafdoel geslaag om teen rustyd net-net met 6-5 voor te loop Ná die aanvang van die tweede helfte het Ashton sy voorsprong met ’n verdoelde drie vergroot Montagu het daarna met ’n
strafdoel geslaag en sy kanse lewendig gehou Ashton het egter sy greep op die wedstryd met nog ’n verdoelde drie verstewig en die telling na 20-8 geneem Daarna het hy sy voorsprong met ’n strafdoel verder vergroot Montagu is dus gedwing om vir die grootste gedeelte van die wedstryd inhaalrugby te speel Hy het later wel met ’n drie deur Luke Fluks teruggeslaan om die telling 23-15 te maak
Ashton het met sy derde verdoelde drie uiteindelik die wedstryd in sy guns beklink met die eindtelling ’n stewige 30-15