Standard-WZ-E-edition- 19 June 2025

Page 1


Donderdag, 19 Junie 2025

Tel: 023 347 0968

Maninhof oor‘skema’

’n Veertigjarige man van Robertson, Jurgens Jan Hanekom, het verlede Donderdag (12 Junie) in die landdroshof in Bellville op aanklagte van bedrog verskyn nadat hy glo ’n fiktiewe beleggingskema bedryf het.

Dié klagtes het gevolg nadat ’n klaer in Australië beweer het hy is R700 000 kwyt nadat Hanekom hom in 2024 oortuig het om in ’n lewendehawe-skema te belê. Die klaer, wat glo nog geen opbrengste op sy belegging ontvang het nie, het die privaatondersoekers Royal Investigations genader om die saak te bekyk.

In ’n verklaring het Royal Investigations gesê hulle het tydens hul ondersoek besef dat ’n uitstaande lasbrief vir

Hanekom wag, waarna hy op Woensdag 11 Junie in hegtenis geneem is. Die ondersoekers vermoed verskeie ander mense is ook deur Hanekom bedrieg en vra mense om na vore te kom Volgens sers. Wesley Twigg, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, duur die ondersoek voort. Hanekom bedryf glo ’n hondetelery, Gizzo Staffordshire Bull Terriers, in die Robertson-omgewing. Royal Investigations beweer Hanekom is in Desember 2023 ontvoer en aangerand – vermoedelik deur mense aan wie hy geld skuld Hy het nie sy aanvallers geïdentifiseer nie. Hy is glo ook in Oktober 2021 op ’n plaas in die Tulbagh-omgewing aangeval. Hanekom verskyn weer op 25 Julie in die hof in Bellville

Wynkelders op die podium

Twee wynkelders in die Breedekloofvallei het met die louere by vanjaar se Muskadel SA prysuitdeling weggestap Muskadel SA het die wenners by ’n swierige geleentheid, geborg deur Vinochem, by Noop-restaurant in die Paarl aangekondig. Agt produsente het altesaam 11 toekennings – twee platinum- en nege goue pryse –gewen Ouer sowel as jonger oesjare het uitstekend gevaar terwyl wyne van verskeie streke beloon is Slegs twee produsente het vanjaar as toppresteerders geseëvier: Badsberg Wine Cellar naby Rawsonville het ’n platinumprys vir sy Badsberg Red Muscadel 2023 gewen DTK Wines, ook van die Breedekloofvallei, het ’n platinumprys vir sy Du Toitskloof Red Muscadel 2020, die oudste oesjaar wat vanjaar bekroon is, ontvang Die Platinum- en Gouewennersgroep is, voor, van links: Henri Swiegers (Muskadel SA voorsitter), Marlee Prinsloo (Vinochem) en Christo Basson (Nuy Winery) Agter: Jaco van der Merwe (Claurvaux Cellar), Carel Botha (Le Grand Chasseur), Chris de Villiers, (Montagu Winery), Jaco Booysen (Badsberg), Shawn Thomson (DTK Wines), Chris Crafford (Van Loveren Family Vineyards), Janco Janse van Rensburg (Van Loveren Family Vineyards) and Lee-Irviane Geduld (Bon Courage Estate) Foto: Julian Kruger Fotografie

Tannie Hettie Walters van Robertson ontvang op haar 105de verjaardag besoek – en pragtige blomme
van Langeberg se burgemeester, Schalk van Eeden Berig op bl 3 Foto: Johan Mulder
Jurgens Hanekom
Lees die volledige berig aanlyn by

Nóg drie mans

aangekeer

oor moord op bejaarde (73)

Ronél van Jaarsveld

Nóg drie mans is weens die moord op Karl Lauks (73) vroeër vandeesmaand in Tulbagh aangekeer. Lauks is op (2 Junie) vroegoggend deur ’n buurvrou dood in sy motor in sy oprit gevind. Dit lyk asof hy verwurg is en verskeie items is gesteel. Steven Witbooi (29) is kort daarna in hegtenis geneem. Inwoners vertel dat Lauks maande lank deurgeloop het onder inbrake deur ’n groep mans wat alleenwonende ouer mense teiken Van die inbrake het volgens ’n vriendin van Lauks selfs gebeur wanneer hy tuis

was en geslaap het. Hy was glo later bang om huis toe te gaan. Die drie verdagtes – 24, 29 en 19 jaar oud – sal Donderdag 19 Junie in die hof in Tulbagh verskyn, sê Anelisiwe Manyana van die provinsiale polisie. Witbooi sou op Dinsdag (17 Junie) in die hof verskyn het. Sy saak is ná die onlangse inhegtenisnemings tot 23 Junie vir verdere ondersoek uitgestel Lauks, ’n Britse burger wat nie familie in Suid-Afrika het nie, het vroeër jare as ’n bestuurder in die tekstielbedryf gewerk. Hy woon reeds jarelank in Tulbagh

Vrou vas nadat sy, baba verdwyn

RonélvanJaarsveld

’n Vrou het op Donderdag 12 Junie in die hof in Robertson verskyn nadat sy na bewering ’n familielid se baba uit haar huis gesteel het

Die vrou het volgens berigte by die familielid in Robertson gekuier en met die baba verdwyn toe die ma in die badkamer was om te gaan was

Die ma het alarm gemaak en die baba is dieselfde dag in Worcester opgespoor ’n Stemnota het ná die voorval wyd die ronde gedoen waarin beweer is dat ’n sindikaat betrokke is by kinderverdwynings by winkelsentrums in die omgewing Dit blyk egter nie waar te wees nie

Volgens lt kol Hennie van der Walt van die Worcester-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, sal die vrou op Donderdag 10 Julie weer in die hof verskyn Die polisie wou nie in hierdie stadium

meer uitbrei oor die voorval nie omdat die ondersoek steeds aan die gang is Voorvalle waarin babas deur vroue gesteel word, haal dikwels die nuus Een van die bekendste voorvalle in Suid-Afrika is sekerlik die geval van Zephany Nurse, wat wêreldwyd opslae gemaak het ’n Vrou, wat soos ’n verpleegster aangetrek was, het haar in 1997 kort ná geboorte uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gesteel Levona en Michael Solomon het Zephany as hul eie kind grootgemaak, maar die waarheid het 17 jaar later aan die lig gekom toe Zephany se suster, Cassidy Nurse, haar ma vertel het van ’n kind by haar skool wat baie soos sy lyk Levona is in 2016 tien jaar tronkstraf opgelê Netwerk24 het in Julie 2023 berig dat parool aan Levona toegestaan is en dat sy van die Worcester-gevangenis na ’n ander korrektiewe sentrum verskuif sou word waar sy die res van haar vonnis, wat in 2026 verstryk, sou uitdien Haar paroolvoorwaardes is nie destyds gemeld nie

Karl Lauks
Karl Lauks is deur ’n buurvrou in sy motor, wat in die oprit langs sy huis gestaan het, dood aangetref Sy huis was een van min in die straat wat wel hoë heinings gehad het

Hettie vier uitsonderlike mylpaal

Ronél van Jaarsveld

’n Inwoner van Robertson het ’n uitsonderlike mylpaal behaal toe sy onlangs haar 105de verjaardag gevier het.

Hettie Walters, ’n inwoner van Huis le Roux, het Donderdag 5 Junie hierdie besondere verjaardag saam met een van haar twee dogters, Tertia Bruwer, gevier Sy het ook besoek ontvang van Langeberg se burgemeester, Schalk van Eeden, sy assistent, Riaan de Jongh, en van Ronél van Tonder, die ondervoorsitter van die beheerraad van Huis le Roux, sowel as Jannie Rall

Op 105 geniet sy dit nog om haar naels en hare te laat doen Hoewel sy moeilik loop en effens hardhorend is, is Tannie Hettie geseënd om nog helder te wees. Volgens Amour Strydom, die bestuurder van Huis le Roux, is Tannie Hettie in 1920 op die plaas Groenfontein buite Wellington gebore. Haar nooiensvan was Malan en sy was een van vyf kinders. Sy

Skool wil speke vir gelyke geleenthede hard laat sing

Vyf fietsryers van die Primêre Skool Worcester beplan om aan die einde van die jaar een van die moeilikste bergfiets-uitdagings op aarde aan te pak

Die skoolhoof, twee onderwysers, ’n ouer en ’n ondersteuner van die skool gaan van 26 November tot 1 Desember aan die Munga Equipe deelneem Dié aflos-ren oor ’n afstand van meer as 1 000 km spring in Bloemfontein weg en eindig by die Doolhof-wynplaas in Wellington In die vyf dae wat die ren duur, pak Wimpie Blom, André Cilliers, Ilze Cordier, Ryno Palm en Jaco van Dyk die wye en harde landskappe van die Karoo in

ongenadige somerhitte aan

Die doel van dié vyf se uitdaging is om geld in te samel om jonger kinders, wat ’n kans in die lewe nodig het, te help Die geld sal aangewend word vir noodsaaklike skoolbenodighede, deelname aan opvoedkundige aktiwiteite, sportaktiwiteite en sporttoere en om gelyke geleenthede vir elke kind te skep om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel

Die voorbereiding vir die groot uitdaging het reeds begin • Volg die vyf se vordering op die skool se Facebook-blad Stuur e-pos aan wblom@cwps.co.za om betrokke te raak

was op Agter-Groenfontein op skool.

Tannie Hettie het haar as ’n haarkapster bekwaam en in die Paarl gewerk totdat sy in September 1945 met Wallie Walters getroud is.

’n Koerantuitknipsel uit toentertyd kondig hul huwelik so aan: “In ’n marinagroen tweestuk met deftige swart toebehore, was mej Hester Malan van Groenfontein, Wellington, en tans van Kaapstad, ’n aantreklike bruid toe sy met mnr Hermanus Walters, ook van die stad, getroud is. Sy het ’n ruiker van ligpers angeliere by haar tweestuk gedra.”

Die Walters-egpaar het hulle in 1958 op Robertson gevestig waar haar man op die department van landbou se proefplaas gewerk het. Hulle het ná sy aftrede dorp toe getrek. Hy is in 1993 oorlede Tannie Hettie het tot op 88-jarige ouderdom in haar huis aangebly totdat sy in Augustus 2008 na Huis le Roux verhuis het, waar sy steeds woon.

Sy het twee dogters – Tertia Bruwer en Dalene Conradie – vyf kleinkinders en 13 agterkleinkinders.

Huis, paleis...boomhuis

Onwettige plakkers het onlangs ’n verrassing opgelewer toe hulle die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) se teenbesettingseenheid probeer ontglip het deur ’n boomhuis te bou.

Die BVM het op klagtes dat ’n onwettige struktuur langs die damwal in Hospitaalheuwel, Worcester opgerig is, gereageer. Volgens Julian Kritzinger, ’n raadslid, het die eenheid onmiddellik reageer om die struktuur af te breek, maar ’n vragmotor was nie onmiddellik beskikbaar om die bourommel weg te ry nie.

Die vragmotor het die volgende dag opgedaag maar die bourommel was nêrens te siene nie totdat ’n amptenaar dit hoog bo in ’n bloekomboom langs die damwal raakgesien het.

Die houtplanke en sinkplate is gebruik

om ’n boomhuis te bou

“Ek het in al my jare by die munisipaliteit al ongewone goed gesien en van snaakse goed gehoor, maar vandag se episode is iets heeltemal nuuts Daar kan defnitief nie baie ander munisipaliteite in Suid-Afrika wees wat met onwettige plakkers in boomhuise hoog in bome sukkel nie,” sê Kritzinger.

Hy vra inwoners wat haweloses wil help, om die Nuwe Begin-skuiling vir haweloses in Brookstraat, Riverview, te ondersteun Dié organisasie sien al 33 jaar lank na haweloses in Worcester om “Dit is baie belangrik – wanneer ons haweloses help, moet ons hulle op ’n gekoördineerde en volhoubare manier help, waar hulle toegang tot al die beskikbare mediese en welsynsdienste kry wat hulle benodig.”

Onwettige besetters het nadat die munisipaliteit hul struktuur afgebreek het, dit in ‘n boomhuis omskep

Foto:

Wallie en Hettie Walters op hul troudag in 1945
Hettie Walters en haar dogter Tertia Bruwer Foto: Johan Mulder
Ronél van Jaarsveld
Van links is André Cilliers, Jaco van Dyk, Ilze Cordier, Wimpie Blom en Ryno Palm – die span van die Primêre Skool Worcester wat die Mungo Equipe-bergfietsren aan die einde van die jaar sal aandurf

A BETTER VANDALISM COSTS YOU QUALITY OF LIFE

Last year, approximately R40 million was spent fixing vandalised infrastructure. Millions are spent annually fixing damage caused by vandalism. Millions that could have been spent creating jobs and giving people access to a better life.

Omgeemense by Goudini byeen

Die Vryburger-omgeemense se burgerraad (nasionale jaarvergadering) is van 23 tot 25 Mei deur die Worcesterkorps by Goudini Spa aangebied.

Altesaam 20 korpse bestaan landwyd en streef daarna om die plaaslike gemeenskap te dien, altyd die Bybel as grondslag te gebruik, samewerking in die gemeenskap te bevorder en Afrikaans as voertaal te gebruik.

Dit word bereik deur Broodnood, Woordnood en Sielsnood te verlig. Sielsnood word deur die Tamaaibraai getakel. Die Omgeemense het vir 4 250 bejaardes by 53 verskillende instansies gebraai. Die projek was weer eens ’n groot sukses, sê dié nie-politieke diensen kultuur organisasie in ’n verklaring en meen ’n “bietjie gesels en braaivleis maak ’n groot verskil aan ’n bejaarde se siel”.

Broodnood word verlig met die “Kos vir Kinders”-projekte waardeur kos aan duisende skoolkinders voorsien word

sodat hulle nie op ’n leë maag hoef te konsentreer nie. Die organisasie het ook projekte wat onder meer groente en ander hulp aan tehuise vir bejaardes verskaf

Vir Woordnood word Bybels, Bybelboekies, oudio-Bybels, en Living Balls uitgedeel

Vryburger-omgeemense het die afgelope jaar landwyd altesaam R2,7 miljoen

uitgedeel. Dit werk uit op R14

500 per lid. Al die geld moes natuurlik ook eers ingesamel word.

Die organisasie sê baie diensprojekte kan nie altyd in geldwaarde gemeet word nie.

By die afgelope Burgerraad is die volgende trofeë aan die verskillende korpse toegeken:

•Basuin van die jaar – George

•Beste deelname aan nasionale projek –Ceres

•Vrouetrofee – George

•Trofee vir verdienstelikheid – Robertson

•Geestrofee – Worcester se vroue

•Vrouetrofee – George

•Aktiefste korps – Worcester

Die nasionale bestuur vir 2025-’26 is ook by die geleentheid aangewys Die president is Marius Venter van George; die visepresident is Rossi Rossouw van Rustenburg; die rentmeester is Cobus Stemmet van Paarl; Vaandrig is Tian Bester van Wolseley en die Basuin is Cordre Smith van Ceres

Begrafnisdekkingmetkontantvoordeel.

El Shaddai bied nuwe en innoverende begrafnis versekering, wat jou instaat stel om jou geliefde met waardigheid te groet Ons bied 'n volledige begrafnis plan met spyseniering en 'n kontant terug voordeel, Ons betaal kontant tot R50 000 aan klient Kontak gerus ons kantoor om uit te vind watter plan die beste by u behoeftepas.Onshetverskillendepakkettesoos:

BRONS PLAN:

Wat n basiese begrafnis plan is ter waarde van R30 000 met kontant uitkeer van R 20 000

SILVER PLAN:

Wat bestaan uit R40 000 begrafnisplan met n R20 000 uitkeer

GOUE PLAN:

Wat bestaan uit

R 50 000 begrafnis

R15 000 Spyseniering

R25 000 Kontant uitkeer

PLATINUM PLAN:

Wat bestaan uit

R 75 000

Begrafnis R20 000 spyseniering R 55 000 Kontant uitkeer.

6 maande wagperiode op alle dekkings en let wel dis voorafbetaalde begrafnisplanne met kontant voordeel dws begrafnispakket met kontant uitkeer en nie kontantpolis.

Worcester-Vryburger-mans
Stuurman Corniel Blom (links) met die trofee vir die mees aktiewe korps Hy ontvang dit van die uittredende president van die nasionale korps, Jacob Rheeder.
Stuurvrou Carene Mouton ontvang die trofee vir die korps met die meeste gees vir die Worcester-vroue van die uittredende president van die nasionale korps, Jacob Rheeder.
Worcester-Vryburger-vroue

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se afdeling vir landelike en maatskaplike ontwikkeling het ’n deel van sy begroting opsy gesit vir produkte en programme wat weerlose inwoners se waardigheid sal help herstel.Die adjunk- uitvoerende burgemeester,Margaret Sampson,het die afgelope Donderdag (12Junie) die oorhandiging van volwassene-doeke aan organisasies sonder winsoogmerrk in Worcester bygewoon Benewens die doeke is ook gehoorapparate,wat deur ’n oudioloog hanteer sal word,oorhandig Op die foto is Chrystal Human (’n student by die KWDM); Kaylene Booth (maatskaplike ontwikkeling); Simon April en Aubrecia du Plessis (Breedevallei-kankervereniging); die raadslid Margaret Sampson,Myrtle Benjamin (programbestuurder by KWDM); Hayley Peters (Kansa); en Stephanie Wehr ( Breedevallei-forum vir ouer mense Voor sit Beulah Vlok (Forum vir ouer mense) en Naomi February (FEB-vereniging vir gestremdes)

‘Dowes’ gehoor

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het die afgelope Donderdag (12 Junie) gehoorapparate aan organisasies as deel van sy waardigheidsprogram geskenk Die gehoorapparate sal deur ’n oudioloog hanteer word Van links is Rochelle Felix (die koördineerder van die rehabilitasieprogram), Jacques de Wet (oudioloog), Handri Liebenberg (die direkteur van die Wes-Kaapse regering se afdeling vir gesondheid en welstand), Margaret Sampson (die adjunk- burgemeester van die KWDM), Pietie Williams (die direkteur van gemeenskaps- ontwikkeling en beplanning van die KWDM) en Goodman Xawuka (van die afdeling vir landelike en sosiale ontwikkeling by die KWDM)

Ditsem,Montagu!

George se skopskoen laat Sesduim sink

MONTAGU – Akkurate stelskopwerk en oorheersing in die vasteskrums het die grondslag vir die Montagu-klub se puik sege oor sy buurman, Villagers Montagu, oftewel Sesduim, gelê.

Ook het dit in die tuisspan se guns getel dat die besoekers se stelskoppers hul skopstewels by die huis vergeet het. Hoewel Sesduim ses drieë teenoor Montagu se vyf gedruk het, was Ryan George, die skerpskutter-losskakel van die tuisspan, se uitmuntende skopwerk pale toe grootliks die deurslaggewende faktor. George het altesaam 24 punte – 19 met die skoen en ’n drie – aangeteken. Hy het al sy span se drieë verdoel en ook drie strafdoele oorgeklits.

Hierteenoor het die besoekers se Lee van Oordt (een langafstand-strafdoelpoging) en Liam Pekeur vier doelskoppe verbrou.

Hoe dit ook al sy – George het sy span vroeg in Sanlam se Boland-derbydagwedstryd met ’n strafdoel op die voorvoet geplaas.

Sesduim het kort hierna sy neus voor gekry ná ’n vlymskerp breekslag deur Immanuel Pietersen (heelagter), wat deur Ashley Monk (buitesenter) met ’n drie afgerond is.

Nie lank hierna nie het Montagu met ’n drie deur Alzano Khana (haker) ná ’n dryfmaalbeweging van ’n lynstaan af teruggeslaan. George se doelskop was tussen die pale deur en die telling het aangeskuif na 10-5 vir die tuisspan. ’n Skrumoortreding deur die besoekers het George in staat gestel om sy span se voorsprong met sy tweede suksesvolle strafdoel verder te vergroot. En nadat Emil Moses ná volgehoue druk oorgegaan het vir Montagu se tweede drie en George weer die teiken getref het, was die tuisspan goed in beheer van wedstryd, met die telling wat tot 20-5 gegroei het.

Sesduim het met ’n drie deur Justin van der Berg (slot) teruggekap om die rustydtelling op ’n skaflike 20-10 te staan te bring.

Ryan George, die ster-losskakel van die Montagu-klub, duik sierlik oor die doellyn vir sy span se vyfde drie in sy Sanlam-Boland-derbydagwedstryd teen Villagers Montagu (Sesduim) George het ook ’n uitmuntende skopvertoning gelewer. Hy het altesaam 24 punte (19 met die skopstewel en ’n drie) aangeteken. Montaguklub het die opwindende derbywedstryd met 44-34 gewen Foto: Henko Nel Photography

Nadat die een span water gedrink en die ander aan lemoenskyfies gesmul het, het Montagu vol vuur teruggekeer en in ’n blitzkrieg twee drieë gedruk.

Eers is Devandre Adendorff (regtervleuel) in die linkerhoek oor en daarna het Ronaldo Koker (heelagter) ná ’n skitterlopie afgerond. George het beide drieë verdoel en eensklaps was die telling 34-10 en Montagu stewig in die saal

Maar Sesduim het hierna met mening teruggeveg.

Telfir Lekay (plaasvervanger) het die terugvegpoging ingelui toe hy met brute krag oor die doellyn gebars het, gevolg deur Tyrique Kleyn (plaasvervanger-skrumskakel) wat die tuisspan se verdediging aan flarde geruk en agter die doelpale afgerond het.

Daarna het Dillin Williams (plaasvervanger) ook agter Montagu se doellyn

gaan kuier.

Pekeur het twee van dié drieë verdoel en Sesduim was skielik weer terug in die wedstryd met die telling wat 34-29 geword het.

George het hierna sy span se voorsprong met ’n derde suksesvolle strafdoel gerek.

Sesduim het egter geweier om die handdoek in te gooi en Lekay het oorgegaan vir sy tweede drie

Maar hierna het George, wat heel gepas as die Sanlam Confident Player of the Match aangewys is, egter yskoue water oor die besoekers se merkwaardige terugvegpoging gegooi toe hy self gaan druk en daarmee die laaste spyker in Sesduim se doodskìs gemoker het.

Montagu het dié opwindende kragmeting uiteindelik met 44-34 in sy guns beklink.

Vier bestes in liga nog stewig in wedloop

Na afloop van Saterdag 14 Junie se Grootuitdaag-wedstryde in die Langeberg-afdeling is die vier voorlopers vir liga-louere nog stewig in die saal nadat al vier spanne ná Saterdag met oorwinnings spog Hierdie naweek gaan die stryd voortgesit word met Blue Birds van Bonnievale, wat Saterdag tuisveld-voordeel gaan geniet in sy kragmeting teen die voorlopers, Robertson Town Worcester Villagers reis Saterdag na Ashton, waar hulle teen die plaaslike span, Ashton United, gaan speel. Villagers Montagu, oftewel Sesduim, kry besoek van Young Hamiltons of Hammies, soos hulle bekend staan, in die King Edwardstadion in Montagu, terwyl Rangers Robertson of Never Die, hul bynaam, in Robertson gaan kragte meet teen die tweede geplaaste Montagu-klub of “Hou by die Blou” Sy bure Rawsonville gaan op Hoffiepark in Rawsonville kragte meet met Swellendam terwyl McGregor by Touwpark kuier

In die Streek-uitdaagkompetisie (Breërivier-afdeling), speel Worcester Perseverance tuis teen Prouks terwyl die voorlopers, Alberts, besoek ontvang van Goudini De Doorns United speel tuis in DeDoorns teen Overhex terwyl Primroses tuisveld-voordeel gaan geniet vir hul kragmeting teen Villagers Breërivier Mountain Stars kry besoek van Klipdrift terwyl Laingsburg al die pad moet reis vir hul kragmeting teen Orchard in die vallei Aanhangers kan dus weer met verwagting uitsien na ’n opwindende rugbynaweek in die streek – veral met die voorlopers in die onderskeie afdelings

BaseballatBolandPark

The annual Edwin Bennet T-Ball Festival will take place at the Boland Park Stadium in Worcester on Saturday 21 June

The day will offer fun, games and a day out for the whole family

The CWBF Seniors will tackle the CWBF18U team at 12:00. Entrance is free and food will be sold at the event.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.