Standard-WZ-E-edition-9 October 2025

Page 1


’n Gesin van Avianpark in Worcester het die naweek die dood ter noue nood ontkom toe ’n motor, wat van die pad af gejaag het, dwarsdeur hul betongrensmuur gebars, bo-op hul informele struktuur se dak beland en later op hul bed geval het.

Die voorval het verlede Vrydag (3 Oktober) in die middernagtelike ure plaasgevind.

Niemand is in die voorval beseer nie. Terwyl die motor nog regop in die gesin se kamer gestaan het, het ’n tweede motor Sondagoggend vroeg deur hul bure se beton-grensmuur gebars en in hul agterplaas tot stilstand gekom.

Albei motoriste het ten tyde van die voorval op die Villiersdorp-pad gereis.

Arrie Willemse van Dikkopstraat 31

vertel dat hy en sy vrou, Christolene, Vrydagnag skuins na 01:00 besluit het om te gaan inkruip. Hy sê hulle het skaars gelê toe hulle van ’n harde slag wakker skrik.

“Toe ons die slag hoor, toe gryp ons die twee kinders [onderskeidelik sewe en vyf jaar oud] wat nog geslaap het en hardloop na buite,” vertel Christolene.

“Toe ons buite kom, toe val die kar deur die dak tot op ons bed waarop ons nou net gelê en slaap het. Die kar het regop [met sy neus in die lug] teen die hoofhuis se muur gestaan.

“Wat as die kar deur die dak geval [het] terwyl ons nog geslaap het? Ons kon mos almal dood gewees het. Alles in die kamer is vernietig – ons bed, die kinders se klerekaste, alles.”

Volgens Christolene was die bestuurder van die motor ’n vrou.

“Die vrou het eers nadat die kar op

Motor land op hul bed

die bed geval het, uitgeklim. Dit het nie gelyk of sy beseer is nie. Sy het nie met ons gepraat nie en het hier vir die polisie gewag. Die polisie het haar toe hier weggevat. Sy woon glo in Roodewal.”

Volgens Christolene kan sy en haar gesin nou nie in hul informele woning slaap nie, “want ’n hele stuk van die hok moes afgebreek word om die kar daaruit te kry”.

Arrie sê hulle soek nou na die vrou, want hulle wil weet hoe sy hulle vir die skade gaan vergoed. “Ons weet nie waar ons staan met haar nie.”

Nooddienswerkers het die wrak verlede Sondagoggend (5 Oktober) uit die gesin se woning verwyder.

Met betrekking tot die tweede voorval, vertel Anthea Phillips – ook van Dikkopstraat – dat sy en haar gesin Sondagoggend omstreeks 05:45 weens ’n harde slag wakker geword het.

“Ek het gedink dit is die dak [in hul oprit] wat dalk meegegee het van Vrydagnag se ongeluk omdat die kar nog regop teen die muur gestaan het.

“Toe ek om die huis hardloop, toe sien ek ons muur is platgery. Die bestuurder was nog in die kar. Dit was ’n silwer Tazz. Hy het om hulp geskree.

“Ons albei het later begin huil. Hy was baie geskok en het my gevra om sy ma te bel. Sy ouers was later ook op die toneel.”

Volgens Phillips het die man aan haar gesê die ongeluk het gebeur nadat hy vir iets in die pad uitgeswaai het.

AO Vathiswa Jacobs, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê ’n klagte van roekelose en nalatige bestuur word in die eerste voorval ondersoek. Geen klagte word in verband met die tweede voorval ondersoek nie.

Arrie Willemse (links) beduie na die motor wat verlede Vrydag op hul bed in hul huis in Dikkopstraat beland het. By hom is sy vrou, Christolene. Foto: Enrico Claassen
’n Silwer Toyota Tazz het verlede Sondag deur Anthea Phillips se betonmuur – ook in Dikkopstraat – gebars.

Sanral tunnel update

The South African National Roads Agency (Sanral) has confirmed that structural assessments conducted over the weekend following Friday night’s bus fire in the N1 Huguenot Tunnel found no major compromise to the tunnel’s overall integrity. However, several key repairs are required before it can safely reopen to traffic.

Independent inspections and technical evaluations concluded late on Sunday revealed that although the tunnel ceiling and roadway remain structurally sound, sections of the wall panels, cabling, and lighting systems suffered irreparable damage due to the intense heat and will need full replacement.

Current remedial work includes:

• Clearing debris and loose materials from the tunnel’s road surface, walls, and ceiling.

• Replacing damaged wall panel fittings.

• Repairing and testing the fire detection, lighting, and operational systems.

“Our teams are working around the clock to restore the tunnel to a safe operational condition,” said Randall Cable, Sanral’s Western Cape Provincial Head.

“Motorist safety remains our top

priority, and we will only reopen once all safety standards are met.

“We are also conscious that the closure places added pressure on alternative routes, so we are working as swiftly as possible.”

Additional teams have been deployed to accelerate the repair process. Sanral noted that more extensive upgrades will be scheduled during future

planned closures.

“A further update will be issued once final verifications are complete. At this stage, we are cautiously optimistic that the tunnel could reopen within a week or slightly longer, depending on progress,” Cable added.

Motorists are urged to plan ahead, allow extra travel time, and exercise caution on alternative routes.

Recommended diversions include:

• Worcester to Cape Town: via Wolseley, Wellington, and Paarl to the N1

• Cape Town to Worcester: via Paarl, Wolseley, and Worcester

• N2 access via Worcester and Villiersdorp

• Bainskloof Pass: open to light motor vehicles only

• R101 Du Toitskloof Pass: open with at least two stop/go points (expect delays)

• Heavy vehicles are advised to avoid the R46 (Touws River–Ceres–Gouda–Cape Town) due to a 15-metre length restriction on Franschhoek Pass.

For real-time updates on the Huguenot Tunnel, motorists can contact the Tunnel Control Centre at 021 877 5400.

Projek oor padveiligheid deel van Vervoermaand 2025

Enrico Claassen

In die lig van Vervoermaand, wat in Oktober gevier word, het die Wes-Kaapse departement van mobiliteit in samewerking met die departement plaaslike regering en die regering se inligting- en kommunikasiestelsel Vrydag (3 Oktober) ’n padveiligheidbewusmakingsprogram van stapel gestuur.

Vanjaar se program fokus op die bevordering van padveiligheid, die bewusmaking van geestesgesondheid en gemeenskapsbetrokkenheid in alle distrikte.

Vrydag se padblokkade op die N1 naby die Ou Shellvulstasie buite Worcester is deur Jubin von Willingh, die onderburgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, en mediese nooddienste ondersteun.

Ashraf Kafaar, die streekkoördineerder vir die gemeenskapsontwikkelingswerkersprogram by die departement van plaaslike regering, sê die geïntegreerde projek

is Vrydagoggend in Sentraal Karoo bekend gestel.

Hy sê die projek gaan ook op die N7 naby Klawer en die Tuinroete aangepak word. Volgens Kafaar sluit die projek ’n rits aktiwiteite in.

Die Breedevallei het kort nadat die projek Vrydag in Sentraal-Karoo bekend gestel is, aan die beurt gekom met ’n padblokkade later die dag op die N1 naby die ou Shell-vulstasie. Die padwaardigheid van motorvoertuie is onder meer nagegaan. Inligting oor

geestesgesondheid en verantwoordelike bestuur namate die verkeer in die vakansie toeneem, is voorts met motoriste gedeel.

Oor die skole-uitreikprogram sê Kafaar is skole in die vier streke geïdentifiseer, waar kinders met inligting oor padveiligheid bemagtig gaan word, “want kinders is van ons meer kwesbare groepe wat padveiligheid betref”. “Ons laaste program is ’n webinaar – spesifiek oor padveiligheid en geestesgesondheid – wat by Boland Kollege in Worcester aangebied gaan word en in gemeenskapsale in die Kaapse metro, Overberg, Tuinroete, Sentraal Karoo en Weskus uitgesaai gaan word.” Volgens Kafaar gaan die Suid-Afrikaanse Geestesgesondheid-en-angs-forum ook deel van die webinaar wees waar op ’n groter aspek van geestesgesondheid, soos moegheid en padwoede, gefokus gaan word.

Die webinaar word op Woensdag 15 Oktober uitgesaai.

’n Verkeersbeampte besorg ’n motoris se rybewyskaart terug nadat sy dit nagegaan het.
Foto’s: Enrico Claassen
’n Verkeersbeampte deursoek die sleepwa van ’n minibus-taxi.
The Huguenot Tunnel outside Paarl remains closed due to structural damage after a bus caught fire inside the tunnel on Friday night. Photo: Rasaad Adams
The accident scene on Friday night. Photo: Drakenstein Municipality

Blindes wys die weg

Die Pioneer Rally-geldinsameling is nie net ’n gebeurtenis nie – dit is ’n viering van moontlikhede, samewerking en die onwrikbare gees van die Pionierskool vir Siggestremdes. Hierdie inspirerende inisiatief bring bekende Suid-Afrikaners agter die stuur van voertuie, met oudleerders van die Pionierskool wat as navigators optree. Wat hierdie stiptheidsren so buitengewoon maak, is dat die rigtingaanwysings in braille is en dat dit deur die navigators voorgelees en verduidelik word om die bestuurder deur die roete van Kaapstad tot Worcester te lei.

Dit is ’n reis waarin rolle omgeruil word – waar die siggestremde as die gids optree om die siende deur die onbekende te lei. Dié interaktiewe en simboliese gebaar wys dat gestremdheid nooit die einde van ’n droom hoef te beteken nie. Inteendeel – dit wys dat moed, vaardigheid en vasberadenheid grense kan oorsteek.

Die Pionierskool, wat omsien na leerders met visuele én addisionele gestremdhede, is diep dankbaar vir die onwrikbare ondersteuning van die bekendes, oud-leerders en ruimhartige borge wat hierdie unieke geldinsameling ondersteun. Alle geld wat deur hierdie

unieke inisiatief ingesamel word, sal aangewend word om hulpmiddels soos braille-handboeke, rekenaarprogramme, mobiliteitsopleiding, gespesialiseerde onderrig en terapeutiese dienste te ondersteun – noodsaaklike boustene om te verseker dat siggestremde leerders hul volle potensiaal kan bereik.

Elke deelnemer, elke draai in die pad, en elke meter vorentoe vertel ’n storie van hoop en deursettingsvermoë. Dit is ’n kragtige herinnering aan wat moontlik is wanneer ons mekaar ondersteun – ten spyte van ons verskille.

Pionierskool eer die ongelooflike moed van hul inspirerende 36 oud-leerders wat as navigators gaan optree. Hulle leer ons om met ander oë na die wêreld te kyk en wys ons dat die donker nooit heeltemal te donker is wanneer iemand die pad saam met jou stap nie.

Aan die Pioneer Rally-borge, bekendes en ondersteuners – dankie dat julle saam met Pionierskool agter die stuur van hoop en geleenthede inklim en dat julle saam met ons sien; nie net met die oë nie, maar ook met die hart.

• Kontak Cathy of Colleen by 023 342 2313 of marketing@ pioneerschool.org.za vir enige navrae.

Die gewilde sanger Jak de Priester saam met Tammy Watson by ’n vorige Pioneer Rally. Tammy, ’n siggestremde onderwyseres by Pionierskool, is een van die navigators by vanjaar se Pioneer Rally op 25 Oktober.

‘Woeste Worcester’

Slegs ’n jaar nadat hulle saam begin optree het, is ’n punk/ hiphop-groep van Worcester deur na die eindronde van die Taalgenoot se Ruk en Rym-kompetisie, wat hierdie naweek beslis word.

Ultra-Mal, bestaande uit Sive Mdabuli (kletsrymer/sanger), Wayne Lesch (screamer/sanger), Hanno Eloff (baskitaar), Tertius Nieuwoudt (kitaar) en Dillan Van Wyk (kitaar), het eers in Januarie vanjaar as ’n groep bymekaargekom.

Volgens Sive het hul liefde vir musiek hulle bymekaargebring, hoewel elkeen verskillende smaak en genres het waarvan hy hou.

“As musikante was die idee om eers te sien hoe ons dit alles bymekaar kan smelt deur nog verskillende klankelemente by te voeg, en toe kom dit UltraMal uit.”

Die Taalgenoot- Ruk en Rymkompetisie is ’n alternatiewe musiekkompetisie [musiek wat nie hoofstroom is nie] vir Afrikaanse skrywers in enige

Gesogte eer vir biblioteek

Inwoners van Sandhills in die De Doornsgebied bars van trots nadat hul plaaslike biblioteek Vrydag (3 Oktober) ’n ATKVWoordveertjie-toekenning vir die bevordering van lees ontvang het.

Die piepklein biblioteek bestaan die afgelope 15 jaar.

Volgens Christine Gerber, die afgetrede biblioteekbestuurder vir die Breedevallei-munisipaliteit se biblioteekdiens, beteken die toekenning geweldig baie vir die bevordering van lees. Gerber het die tuig op 30 September neergelê.

“Ek is baie trots op hierdie spesifieke biblioteek, maar ook op al die ander [biblioteke]. Mary-Ann Oliphant [die bestuurder van die Sandhills-biblioteek] kwyt haar baie goed van haar taak, want sy is gedurig besig om lees onder vol-

wassenes en kinders in die omgewing te bevorder.

“Die toekenning is darem ook nie net daarvoor nie. Hier is ook rekenaars met gratis internet-toegang.

“Ons het ’n baie suksesvolle rekenaar-opleidingsessie – wat Mary-Ann geïnisieer het – met lede van die gemeenskap gehad.

“Dit is baie belangrik dat kinders moet kan lees, want anders help rekenaargeletterdheid hulle niks. Hier word hulle gemotiveer om te lees; dis ook hoekom ons die toekenning gekry het.

“Onder Mary-Ann se hand word selfs leeskompetisies hier gehou.”

Volgens Gerber beteken dit geweldig baie vir hulle dat die ATKV hierdie spesifieke projek raakgesien het.

Oliphant sê op haar beurt: “Dit was ’n vreugde om die toekenning te ontvang.”

genre.

Sive sê vanjaar het ’n rekordtal 93 inskrywings landwyd opgelewer, waarvan slegs 20 finaliste na die halfeindronde, wat in twee rondes opgedeel is, deurgedring het. “Ons het in die eerste halfeindronde in Stellenbosch by die Daisy Jones Bar deelgeneem en halfeindronde 2 was in Johannesburg.

“As ’n band is dit ’n tradisie, ’n rite to passage, om aan ’n battle of the bands deel te neem. Behalwe die geleenthede wat die kompetisie bied, wou ons al ons eienskappe en vlakke van kreatiwiteit as ’n band saam sien en hoe ons na ’n doel toe kan werk. Ons is nog net ’n jaar saam, dus was dit die perfekte geleentheid om dit te sien en dit is hoekom ons ingeskryf het.”

Hulle was baie opgewonde om te hoor dat hulle na die eindronde deurgedring het, wat Sondag (12 Oktober) by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaasvind.

Dit begin om 11:30. Jack Parow is die gaskunstenaar en een van die beoor-

delaars. Die wenners stap weg met pryse wat onder meer ateljeetyd, musiekvideo’s en optredes insluit.

“Ons is baie trots op mekaar, want om ’n musikant te wees, is baie harde werk – veral in ’n band waar almal hulle eie views het en moet werk om ’n common ground te vind en tot op ’n besluit te kan kom. Dit vat ook baie tyd en geduld. Nie almal is bevoorreg om musiek te kan maak nie, dus is dit nie iets wat ons baie ligtelik vat nie. Met dit alles is dit baie rewarding om ’n eindronde in so ’n groot kompetisie soos Ruk en Rym te haal en om vir die res van Suid Afrika te kan wys hoe woes Worcester rêrig is.

“Ons strategie is om ons beste te gee en onsself te geniet. Ons sal ook baie graag mense van Worcester in die gehoor wil hê,” sê Sive.

• Besoek quicket.co.za vir kaartjies teen R250 of teen R280 by die deur.

• Volg die groep op Instagram by @ultramal_band om van hul musiekreis op hoogte te bly.

SPAZA SHOP/HUISWINKELS

Mara le Roux van Hexview-Boerdery (links), Mary-Ann Oliphant en Christine Gerber met die ATKVWoordveertjie-toekenning. Foto: Enrico Claassen
Die manne van Ultra-Mal is Sive Mdabuli, Tertius Nieuwoudt , Wayne Lesch , Dillan Van Wyk en Hanno Ellof.

Nuwe brug, paaie

Die R90 miljoen-De Doorns-projek, wat onder meer die bou van ’n nuwe brug en herstelwerk aan paaie wat in 2023 en 2024 vloedskade opgedoen het behels, is in Vervoermaand, wat in Oktober gevier word, amptelik voltooi.

Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur (DOI) het vandeesweek in ’n verklaring gesê die uiterste weersomstandighede wat die Wes-Kaap in 2023 en 2024 getref het, het groot skade aan die provinsiale padinfrastruktuur veroorsaak.

Luidens die departement het die koste die beskikbare hulpbronne verreweg oorskry en het die Wes-Kaapse regering addisionele finansiering beskikbaar gestel. Dít, tesame met interne begrotingsverskuiwings deur die DOI, het die herstelwerk moontlik gemaak.

“Een so projek is die veelvlakkige R90,8-miljoen-inisiatief naby De Doorns,” sê Jandré Bakker, die direkteur van operasionele ondersteuning by die DOI.

“Hierdie projek, wat onlangs voltooi is, het die bou van ’n nuwe brug op die Modderdrift-pad oor die Sandrivier, die strukturele versterking van twee brûe oor die Hexrivier asook vloedherstelwerk aan paaie, brûe en dreineringstelsels ingesluit.”

Volgens Bakker is die skade só omvangryk dat herstelwerk oor verskeie boekjare versprei moet word om die vinnigste reaksie moontlik te maak sonder om ander projekte ernstig te ontwrig.

Sleutelelemente van die De Doornsprojek sluit in:

• Die vervanging van ’n brug en die herstel van die toegangspad op die afdelingspad 1438 (Modderdriftpad);

• Die herbou van ’n beskadigde gedeelte van ’n brug op die sekondêre pad 5721 (OP5721), asook die bou van ’n nuwe laagwaterbrug op dieselfde pad;

Die nuwe brug op die Modderfonteinpad.

• Die herbou van beskadigde dele van die brug op die OP5719;

• Die bou van ’n nuwe keermuur op die OP5742;

• Die vervanging van ’n leivoor op die DR1379;

• Die herstel van beskadigde dele van die DR1379, R1435 en OP5726, insluitend dreineringsstrukture; en

• Die installering van erosiebeskerming by verskeie brûe en paaie in die area.

Die provinsiale minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, het bevestig die projek het 9 194 mense-dae [’n term wat in projekbestuur gebruik word om die aantal werk wat een mens in ’n dag verrig, te meet] en 57 werksgeleenthede geskep.

“Ons het R4,1 miljoen aan die verkryging van geteikende ondernemings bestee en drie kontrakte is aan plaaslike ondernemings toegeken. Ons is trots daarop dat ons padprojekte ontwerp is om die uitwerking van klimaatsverandering te verminder terwyl werkskepping ook bevorder word.”

Simmers het verduidelik dat padgebruikers dikwels net bewus is van die gedeeltes van die padnetwerk wat hulle daagliks gebruik en moontlik wonder hoekom reaksietye vir roetine-aangeleenthede stadiger is. “Ons spanne werk egter reg oor die provinsie om vloedskade te herstel. Ons skep ’n groter begrip vir ons verantwoordelikhede en hoe geld bestee word deur hierdie werk sigbaar te maak.”

Sekerheidsreël 26:

Indien jy in ‘n ongeluk of as gevolg van aanranding beseer word of sterf, kan jou geliefdes onder geweldige finansiële druk kom Sanlam se Ongeluksdekking bied die omvattendste reeks ongeluksvoordele in diebedryf, waaronder:

Ongeluksterftevoordele

Verskeie enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordele vir ongeskiktheid en besering weens ’n ongeluk

Ongeluksverwante inkomstevoordele vir tydelike en permanente ongeskiktheid en besering weens ’n ongeluk

Om jou en jou gesin teen ‘n onseker môre te beskerm, verseker dat jy vandag met sekerheid kan lewe

Kom ons praat oor finansiële sekuriteit vir jou geliefdes in geval van besering of sterfte na ‘n ongeluk

Johan Agenbag 082 894 1957

Philip Barnard 084 515 2468

Viljoen 081 565 0004 Monica Cumpsty 081 381 6892

Gert van der Vyver 083 231 7506

Hospital upgrade progressing

Steady progress is being made on the R42 million infrastructure upgrade at Montagu Hospital, with phase 2 on track for completion in 2026.

Montagu Hospital is a critical facility serving the Cape Winelands community. The project is being carried out in two carefully planned phases to ensure that services remain available throughout construction. Phase 1, which included the full refurbishment of the hospital’s pharmacy, waiting area, upgrades to the water and energy back-up systems has now been successfully completed. These repairs have improved the hospital’s efficiency and sustainability, according to a statement by the Western Cape Department Health and Wellness. With this first phase complete, work has begun on the refurbishment of the remaining sections of the hospital. This phased approach allows the hospital to remain operational.

Provincial Minister of Health and Wellness, Mireille Wenger, expressed her appreciation to the community, saying, “I want to thank our patients, staff, and the Montagu community for their patience and understanding during this time. These upgrades are a major investment in the future of healthcare in the Cape Winelands and, once completed, they will significantly improve the quality of care and patient experience at Montagu Hospital.”

The renovations have already transformed the hospital into a lighter, brighter space with more natural light and improved views, creating a more welcoming environment for patients and staff. Minister Wenger also commended the team for their efforts during the construction period, “The staff have done truly impressive work to navigate these renovations. They have innovated and adapted to keep services running smoothly despite the challenges and kept patients and the quality of care front of mind.”

Phase 2 is now underway and is on track for completion in 2026. Patients can look forward to a modernised, more efficient hospital environment designed to support excellent care. Minister Wenger emphasised that investments like this are central to the Western Cape Government’s commitment to improving access to healthcare and enhancing the patient experience.

“Healthcare infrastructure is about more than bricks and mortar. It is about ensuring that our facilities are fit for purpose, able to meet growing demand, and provide dignified, patient-centred care. By investing in hospitals like Montagu, we are creating spaces that enable our staff to deliver the best possible services.”

As part of the ongoing work, asbestos removal will take place in certain sections of the hospital. During this process, the public may notice tents being erected onsite and teams in protective suits carrying out the work. This is a standard safety measure to protect patients, staff, and the community. All necessary precautions will be taken and services will continue as normal.

HULPTOEKENNING

Aansoekers van die Langeberg area word vriendelik uitgenooi om aansoek te doen vir befondsing volgens die Munisipale Hulptoekenningsbeleid

Die volgende kategorieë kwalifiseer om aansoek te doen vir Hulptoekennings:

a. Vaste afval (Reiniging)

b. Sosiale ontwikkeling

c. Jeug, sport en rekreasie

d. Omgewing

e. Gesondheid

Slegs aansoeke wat op die voorgeskrewe vorm voltooi is, sal oorweeg word. Voorgeskrewe aansoekvorms sowel as die Hulptoekenningsbeleid van die Raad kan bekom word by alle Munisipale kantore of van die Munisipale webwerf: www.langeberg.gov.za

Aansoekers moet vir volledigheid asseblief die Hulptoekenningsbeleid van die Raad konsulteer Die voltooide aansoekvorms tesame met al die nodige dokumentasie, insluitende ‘n besigheidsplan of motivering moet duidelik gemerk word, “Grant in Aid Application” en aan die onderstaande adres gepos of afgelewer word. Alle organisasies wat in die verlede ‘n donasie vanaf die Munisipaliteit ontvang het, moet geouditeerde finansiële state insluit. Die sluitingsdatum is verleng tot Vrydag, 31 Oktober 2025. Diegene wat reeds vanjaar aansoek gedoen het, moet nie weer aansoek doen nie. Geen aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word sal oorweeg word nie. Vir verdere inligting kontak Me I Cook by 023 626 8214. Indien nodig sal bystand by die munisipale kantore verleen word met die voltooiing van die aansoekvorm. Die Munisipaliteit hou die reg voor om nie ‘n toekenning te maak.

GRANT IN AID

Applications are invited from deserving applicants in the Langeberg area, to apply for Grant in aid in terms of the Municipality’s Grant in Aid Policy

The following categories are eligible for Grant-In-Aid:

a. Solid Waste (Cleansing)

b. Social Development

c. Youth, Sports and Recreation

d. Environment

e. Health

Only applications on the prescribed form, that is obtainable from the Municipal Offices or the Municipal Website: www.langeberg.gov.za will be considered. Applicants must please consult Council’s Grant in Aid policy for completeness. This policy is also available from all Municipal Office and website. Completed application forms, together with all the required documents including business plans or motivation, must be clearly marked, “Grant-in-Aid Application” and mailed or delivered to the address below Organisations that have received grants in the past from the Municipality must ensure that audited financial statements are included. The closing date is extended until Friday 31 October 2025. Those who have already applied this year should not apply again. No late applications will be considered. For further information please contact Mrs I Cook by 023 626 8214 If required, assistance with regards to the completion of the application form will be given at the municipal offices. The Municipality reserves the right not to make an award.

ISIBONELELO NGONCEDO

Izicelo ziyamenywa kubafaki-zicelo abafanelekileyo kwingingqi yaseLangeberg, ukuba bafake isicelo seSibonelelo soncedo ngokoMgaqo-nkqubo woNcedo kaMasipala.

Ezi ndidi zilandelayo zifanelekile kwiSibonelelo sokuNcedisa:

a. Ukuthuthwa kwenkunkuma / inkunkuma ephathekayo (ukucoca)

b. Uphuhliso Iwezasekuhlaleni okanye Uphuhliso Loluntu

c. Ulutsha nezemidlalo, ezemidlalo nokuzilolonga / Ulutsha, iMidlalo noLonwabo

d. Okusingqongileyo

e. Ezempilo Izicelo eziyakuthathelwa ingqalelo zezo ziyakuthi zizaliswe kwisicelo esenzelwe oku kuphela, ezi zicelo ziyafumaneka kwi-Ofisi zikaMasipala okanye kwiqonga likaMasipala elingu: www.langeberg.gov.za Abantu abafaka izicelo kufuneka bajonge kumgaqo-nkqubo woncedo Iwezibonelelo ukuqinsekisa ukugqibelela kwezicelo zabo. Izicelo kumele zifakwe kunye nawo onke amaxwebhu afunekayo kubandakanywa izicwangciso zoshishino okanye inkuthazo, mazibhalwe ngokucacileyo: “Isicelo Soncedo Ngezibonelelo”, zize kamva zisiwe kwi-Ofisi zikaMasipala okanye zithunyelwe ngeposi kuledilesi ingezantsi. Imibutho ethe yafumana inkxaso-mali kwixesha elidlulileyo kuMasipala kufuneka iqinisekise ukuba iingxelo zemali eziphicothiweyo zibandakanyiwe (Audited financial statements). Umhla wokuvala uyandiswa de kube nguLwesihlanu, we-31 EyeDwarha 2025. Abo sele befake izicelo kulo nyaka akufuneki baphinde bafake izicelo Izicelo ezifike emva kwalomhla azisayi kuthathelwangqalelo. Uncedo ngendlela emazigcwaliswe ngayo ezizicelo luyafumaneka kwi-Ofisi

At the entrance to the Montagu Hospital is (from left) Sr Marlise van der Walt (Operational Manager at Montagu Hospital), Sr Elbie van Zyl (Assistant Manager: nursing), Dr Nellis Beyers (Manager for the Langeberg sub-region: Western Cape Department Health and Wellness) and Western Cape Minister for Health and Wellness, Mireille Wenger.

Wards 4, 6 election on 15 Oct

The Electoral Commission (IEC) Western Cape has announced by-elections set for Wednesday, 15 October 2025, in Ward 4 (Langeberg) and Ward 6 (Swellendam) local municipalities, following the resignations of councillors in both wards.

In Ward 4 (Langeberg), four candidates will contest the seat:

• Daniël Barranor Baadjies (ANC)

• Rodger Renier Kortjé (DA)

• Errol Justice Vollenhoven (Langeberg Independent Party)

• JJ Johannes Saolomon Januarie (Patriotic Alliance)

The ward has 4 008 registered voters, who must be both registered and resident in the ward to vote.

In Ward 6 (Swellendam), three candidates are standing:

• Henry Frederick Matthysen (ANC)

• Russell Ricardo Goliath (DA)

• Julian Alan Matthysen (Patriotic Alliance)

This ward has 2 759 registered voters eligible to participate.

Special voting will take place on Tuesday, 14 October, from 08:00 to 17:00, for voters

who applied and were approved. Home visits for those with health-related constraints will also occur on the same day during those hours.

On election day, Wednesday 15 October, voting stations will be open from 07:00 to 21:00. All voters in the queue by 21:00 will be allowed to vote. Voters must cast their ballots at the station where they are registered and must present a green barcoded ID book, Smart ID card, or valid Temporary ID Certificate.

Voting will take place at the following venues:

Langeberg Municipality

Happy Valley Community Hall - New Cross Street, Happy Valley, Bonnievalle Swellendam Municipality

PPC Church Swellendam - 2 Gazania Street, Railton, Swellendam

For more information on these By-Elections contact 023 626 1067 (Langeberg) and 028 514 2027/3442 (Swellendam) IEC office on weekdays during office hours. To find out where you are registered, check your registration status online at www.elections.org.za

‘Take exam rules seriously’

With just weeks to go before the start of the 2025 matric exam, Western Cape Education MEC David Maynier has urged learners to take exam rules seriously.

“It is just three weeks to go to the start of the 2025 matric exam, and we appeal to candidates to make sure they are familiar with the rules of the exam,” said Maynier.

He explained that each candidate is required to sign two important documents: “Each of our matric candidates is asked to sign two key documents: a matric pledge, and a commitment agreement.

“The matric pledge is a document signed by the candidate, in which they promise to dedicate themselves to their studies for their exams and do their very best, to follow the rules of the exams, and to report any contravention of the rules that they become aware of.”

He also emphasised the importance of the second document: “The commitment agreement spells out the rules in detail, as well as the consequences for breaking them. It is signed by both the candidate and their parent or guardian, so that

both acknowledge that they are aware of the rules and the consequences. The document also lists the various responsibilities of both the candidate and their parents.”

Maynier issued a strong warning about the consequences of breaking exam rules: “The consequences for infringing on the exam rules are severe. The candidate’s results could be nullified, and they could even be barred from writing up to three subsequent examinations, delaying their post-school employment or education. And if a candidate is found to be involved in the leaking of any examination question paper, they could even face criminal prosecution.”

He noted that in 2024, “a total of 19 candidates were disqualified from the 2024 matric exams for possession of notes or cellphones. Cheating is simply not worth the risk”.

To avoid unnecessary disqualification, Maynier advised: “Every candidate must carefully check their pockets for notes or cellphones before they sit down to write.”

LANGEBERG MUNICIPALITY

PROPOSED CONSENT USE AND DEPARTURE: ERF 132, 44 HOOP STREET, ROBERTSON

Applicant :- Umsiza Planning

Properties :- Erf 132, 44 Hoop Street, Robertson

Owners :- Bateleur College Pty Ltd

Size :- 1595m²

Proposal :- Consent use for a Place of instruction (50 learners); Departure from the development parameters related to the provision of on-site parking, in order to construct 8 of the required 15 parking bays partially on the sidewalk.

Existing zoning :- Community zone II (Place of worship)

Notice is hereby given in terms of Section 45 of the Langeberg Land Use Planning Bylaw (PN264/2015) that the abovementioned application has been received and is available for inspection during weekdays between 08:30 and 15:00 at the Town Planning Department at 3 Piet Retief Street, Montagu. Any written comments / objections may be addressed in terms of Section 50 of the said legislation to The Manager: Town Planning, 3 Piet Retief Street, Montagu, 6720 on or before 30 days from the date of publication of this notice, quoting your name, address or contact details, interest in the application and reasons for comments. Telephonic enquiries can be made to Jack van Zyl at 023 614 8000. The Municipality may refuse to accept comment received after the closing date. Any person who cannot write will be assisted by a Municipal official by transcribing their comments.

DP

LANGEBERG MUNISIPALITEIT

VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK EN AFWYKING: ERF 132, HOOPSTRAAT 44, ROBERTSON

Aansoeker :- Umsiza Planning

Eiendomme :- Erf 132, Hoopstraat 44, Robertson

Eienaars :- Bateleur College Pty Ltd

Grootte :- 1595m²

Voorstel :- Vergunning vir ‘n Onderwysplek (50 leerders); Afwyking van die ontwikkelingsparameters ten opsigte van die voorsiening van op-perseel parkering, ten einde 8 van die vereistes 15 parkeerplekke gedeeltelik op die sypaadj e in te rig. Huidige sonering :- Gemeenskapsone II (Plek van aanbidding)

Hiermee word kennis gegee ingevolge Artikel 45 van die Langeberg Verordening op Grondgebruikbeplanning (PK264/2015) dat die bogenoemde aansoek ontvang is en ter insae lê gedurende weeksdae tussen 08:30 en 15:00 by die Stadsbeplanningsdepartement te Piet Retiefstraat 3, Montagu. Enige skriftelike kommentaar/beswaar kan ingevolge Artikel 50 van gemelde Verordening gerig word aan die Bestuurder : Stadsbeplanning by bogenoemde adres, binne 30 dae vanaf die datum van plasing van hierdie kennisgewing en moet u naam adres, kontakbesonderhede, n verduideliking van u belang by die aansoek en redes vir besware insluit. Telefoniese navrae kan gerig word aan Jack van Zyl by 023 614 8000. Die Munisipaliteit mag weier om kommentare te ontvang wat na die sluitingsdatum ingedien word. Enige persoon wat nie kan skryf nie sal deur ‘n Munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar neer te skryf

DP LUBBE

MUNISIPALE BESTUURDER

Langeberg Munisipaliteit Privaatsak X2 ASHTON 6715 [Kennisgewing nommer:- MK 33/2025] NM10031716-BW091025

DM verwerp VF Plus

Die ingang na die Bainskloofpas van Wellington se kant af, wat ’n duidelike hoogtebeperking vir vragmotors aandui. Op die dag wat die foto geneem is, was verkeersdienste ook sigbaar om vragmotors wat die pas wil gebruik, weg te wys. Die pas word as ’n alternatiewe roete vir ligte voertuie aangedui aangesien die Hugenote-tonnel tans gesluit is. Foto: Jana Scheepers

Die VF Plus het skerp kritiek uitgespreek op die besluit van die Drakenstein-munisipaliteit om ’n mosie van die party te verwerp. Dit was op die onlangse raadsvergadering, waarin versoek is dat die munisipaliteit met die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Wes-Kaapse provinsiale regering in gesprek tree oor vragmotors se voortdurende misbruik van die Bainskloofpas.

Stephen Korabie, die DM se burgmeester, het op die raadsvergadering op 30 September aangevoer dat die mosie onakkuraat is en dat die Bainskloofpas nie onder die DM se jurisdiksie val nie aangesien dit ’n provinsiale pad is.

Die mosie het ’n debat tussen die VF Plus en die DA ontlok, waarby die ANC homself ook betrek het.

Die DA en ANC het albei vir ’n reses van 10 minute gevra om die kwessie privaat te bespreek.

Uiteindelik het die speaker van die raad, Koos le Roux, die raad laat stem of die DM die mosie moet aanhoor, waarvan drie (VF Plus-lede) ten gunste gestem het, met 31 stemme teen die mosie terwyl 16 raadslede glad nie gestem het nie.

Korabie het aan die VF Plus gesê dat hy nie die party se “toon” in hul mosie wat geopper is, goedkeur nie, waarin hulle volgens die raadsvergadering se sakelys gesê het dat hul optrede van die DM wat betref Bainskloofpas “demand” (sic), waarna die burgemeester hierdie woord as neerhalend beskryf het.

Landsberg het in ’n persverklaring gesê hy meen egter dat hierdie reaksie “kortsigtig en onversoenbaar is met die verantwoordelikheid om ’n nasionale erfenisroete te beskerm”.

“Al val die pas tegnies buite munisipale jurisdiksie, verhoed niks die munisipaliteit om met die provinsiale regering in gesprek te tree om dié nasionale erfenisroete, wat deel van dieVerenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie] (Unesco) se Kaapse Wingerdroete is, te beskerm nie,” het hy gesê.

Volgens hom gebruik vragmotors die Bainskloofpas gereeld as ’n ompad tussen Wellington en Ceres, ondanks ’n verbod.

“By die Preekstoel, waar skerp draaie en ’n oorhangende rotsformasie ’n gevaarlike

hindernis vorm, sit vragmotors dikwels vas sonder enige omdraai-opsie,” sê Landsberg.

“Tussen 2023 en 2025 is reeds 57 voorvalle aangemeld wat padskade, erosie en ure lange verkeersopeenhopings veroorsaak het.”

Volgens Landsberg het die VF Plus in sy mosie versoek dat daadwerklike samewerking tussen provinsiale en munisipale owerhede gekoördineer word om vragmotors die Bainskloofpas te belet.

’n Navraag aan Jandré Bakker, die direkteur van operasionele ondersteuning by die Departement van Infrastruktuur (DOI), oor wat die departement beplan om vragmotorverkeer op dié pas stop te sit, bly onbeantwoord. Bakker het slegs verwys na die padtekens, wat volgens hom aan die vereistes voldoen soos uiteengesit in die South African Road Traffic Sign Manual (SARTSM).

Op die vraag oor wie verantwoordelik is vir die opgradering en toesig van die pas, verduidelik Bakker dat dit ’n provinsiale pad is, met die Wes-Kaapse DOI wat dus die padowerheid vir instandhouding is, maar die DOI het die KWDM afgevaardig om hierdie funksie namens hulle te verrig.

“Instandhouding word tans deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) gedoen ingevolge ’n agentskapsooreenkoms wat nog van krag is.

Hierdie ooreenkoms dek slegs roetine- en kleiner instandhoudingswerk en nie groot kapitaalprojekte nie. Enige grootskaalse projekte sal deur ’n tenderproses hanteer word, maar daar is tans geen planne vir sodanige werke nie.”

Volgens Henry Maart, die KWDM se direkteur van paaie, onderhou die distriksmunisipaliteit padtekens en oorhangghongs om vragmotors oor die hoogtebeperkings te waarsku.

“Die KWDM hou ook [die DOI] op hoogte van enige voorvalle rakende swaar voertuie wat oortree indien ons daarvan weet.” Volgens Maart is die kwessie met die vragmotors wat die padreëls in Bainskloofpas verontagsaam, op verskeie vlakke onder die aandag van die DOI gebring. Die DOI het in sy kommentaar gesê polisiëring van die pas is die KWDM se mandaat, terwyl die KWDM gesê het die mandaat is dié van die DOI.

• Bainskloofpas dien tans as ’n alternatiewe roete nadat die Hugenote-tonnel vir verkeer gesluit is.

Skoolhoofde bekyk

Die bekendstelling van die boek Crossing Boundaries, wat op ’n doktorale studie van dr. Jeremy van Wyk gegrond is, plaas die onderrigrolle van Suid-Afrikaanse laerskoolhoofde onder die vergrootglas.

Van Wyk, wat in Pniël grootgeword en in 1975 aan die Hoërskool Noorder Paarl matrikuleer het, sê die primêre doel van hierdie studie was om die geleefde ervarings van laerskoolhoofde ten opsigte van hul onderrigrolle te ondersoek.

Die studie is in 2020 gedoen.

“Die studie het aan die lig gebring dat die deelnemende Suid-Afrikaanse laerskoolhoofde min ervaring van hul onderrigleiersrolle het as gevolg van ’n gebrek aan toepaslike onderrigpraktyke om onderrig en leer te verbeter asook omdat hulle die meeste van hul onderrigrolle aan hul senior personeellede delegeer.

“Ons beveel aan dat hierdie skoolhoofde meer betrokke raak by hul kernonderrigrol, naamlik om onderrig en leer te verbeter. Hulle moet ook deurlopend hul eie professionele ontwikkeling, sowel as dié van hul personeellede, bevorder ten einde toepaslike kennis en vaardighede te bekom om hul eie onderrigleerpraktyke te verbeter.”

Van Wyk het self ook sy loopbaan in die onderwys as onderwyser gevestig toe hy heelwat jonger was. Hy het reeds langer as 40

Dr. Jeremy van Wyk met sy boek by die amptelike bekendstelling.

Foto: Chantelle Hartebeest

jaar ondervinding en dit sluit verskillende rolle in – van skoolhoof tot hoof van ’n departement en universiteitsdosent. Van Wyk het homself deur die jare verder met verskeie kwalifikasies bemagtig.

“As voormalige hoof van ’n gemeenskapsleersentrum het ek ’n omvattende begrip van die kompleksiteite betrokke by onderwys en gemeenskapsontwikkeling.”

Die bekendstelling is verlede Maandag (29 September) by die Drakenstein-biblioteek in PaarlOos gehou en is deur verskeie onderwysers bygewoon.

Die boek handel verder oor laerskoolhoofde se stemme om uitdagings in onderrigleierskap in die Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika te oorkom.

“Onderrigleierskap is ’n leierskapsbenadering, wat gefokus is op die doelbewuste verbetering van onderrig- en leeruitkomste deur hoofsaaklik op kurrikulum, onderrig en leerdervordering te fokus.

“Dit behels die ondersteuning van onderwysers se professionele ontwikkeling, die skep van hoë verwagtinge vir leerders, die monitering van leervordering en die bevordering van ’n positiewe leerkultuur.

“Hierdie leierskapstyl het ontstaan uit navorsing oor doeltreffende skole in die 1980’s in die VSA en word sedert die jare 2000 deur die Nasionale Departement van Basiese Onderwys as ’n belangrike komponent van skoolsukses in Suid-Afrikaanse skole erken.”

Volgens Van Wyk is die boek ’n dwingende oproep om te herleef en te heroorweeg wat dit beteken om ’n onderrigleier in vandag se wêreld te wees.

“Deur middel van boeiende stories van laerskoolhoofde uit twee heeltemal verskillende omgewings in Suid-Afrika en die VSA sal lesers die uitgebreide wêreld van onderrigleierskap verken.

“Hierdie boek is ’n moet-lees vir skoolhoofde, adjunkhoofde, departementshoofde, onderwysers of enigiemand wat daartoe verbind is om leerderuitkomste te verbeter.”

Van Wyk – én sy boek – word ook ondersteun deur sy vrou, Caroline, met wie hy al 41 jaar getroud is.

Die paartjie woon al jare lank in die Paarl.

• Enigiemand wat belangstel om Van Wyk se boek te koop, kan hom persoonlik via WhatsApp by 082 436 6393 of per e-pos by jerrymark@telkomsa.net kontak.

‘Stu

dissipline in skole’

Chantélle Hartebeest

’n Gesamentlike subkomitee, bestaande uit amptenare van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het onlangs die Wes-Kaapse staande komitee oor onderwys oor sy programme ingelig om geweld by skole in die provinsie te bekamp.

Millicent Merton, ’n woordvoerder vir die WKOD, sê die onderwysdepartement se adjunk-direkteurgeneraal van instellingsontwikkeling en koördinering, Alan Meyer, het die departement se strategiese en operasionele reaksie op leerderveiligheid en -dissipline voor die subkomitee aangebied.

“Hy sê die leidende beginsel is gehalteonderwys vir elke kind in elke klaskamer in elke skool in die provinsie en dat dit nie bereik kan word sonder ’n veilige en gedissiplineerde omgewing waarbinne leerders kan presteer nie,” sê Merton.

“Die fokus van die aanbieding was die strategiese plan rakende die veiligheid en sekuriteit van leerders en die departement se benadering tot leerderdissipline – veral in die lig van onlangse voorvalle, wat oor die provinsie heen aangemeld is.”

Meyer het in sy aanbieding gesê geen blywende oplossing vir die uitdagings van leerderveiligheid en dissipline kan bestaan nie tensy hierdie twee kritieke gebiede op ’n geïntegreerde, strategiese en stelselmatige wyse aangepak word. Hy meen dit is nie twee afsonderlike kwessies

nie en geen veiligheid kan sonder dissipline gewaarborg word nie. Volgens Merton volg die WKOD ’n omvattende, bewysgebaseerde en leerdergesentreerde benadering tot die veiligheid en sekuriteit van leerders en personeel, sowel as leerderdissipline – veral in die lig van toenemende voorvalle in skole in die provinsie. “Die aanbieding het ook beklemtoon dat die geïntegreerde skoolveiligheidstrategie die WKOD se veiligheidsbeplanning lei. Dit vereis regerings- en samelewingsbenaderings en fokus op misdaadbeheer, voorkoming en gemeenskapskohesie. Die Veilige Skole-strategie het ’n drieledige benadering – omgewings-, gedrags- en stelselbenadering. Dit sluit infrastruktuuropgraderings in soos heinings, alarms, hekke, sowel as gedragsprogramme wat traumaberading en portuurgroepbemiddeling insluit.”

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, was ook teenwoordig en het ook ’n paar punte voor die subkomitee gelig. Merton sê Maynier het veral oor selfone op die skoolterrein gepraat.

“Wat die gebruik van selfone in skole betref, kan daar moontlik ’n rol vir die staande komitee oor onderwys, as deel van hul toesighoudende rol, wees om skole te besoek wat ’n selfoonvryebeleid aangeneem het en miskien te kyk wat by daardie skole gewerk het en wat nie gewerk het nie,” het Maynier gesê. Hy het bygevoeg hy sal baie belangstel in die komitee se bevindings en moontlike aanbevelings.

This Weeks Specials

Seun se rok ’n wenner

Wat op vyf jaar oud vir Bernardie Hugo as ’n speelse belangstelling begin het – om klere vir sy susters se poppe te maak – het oor die jare tot ’n passievolle roeping in wording ontwikkel. Dié gr. 10-leerder aan die Hoërskool Montana in Worcester het pas sy eerste matriekafskeidrok gemaak en droom daarvan om eendag ’n luukse handelsmerk te ontwerp wat op die mees gesogte modetydskrifte se voorblaaie sal pronk.

Hy vertel sy belangstelling in naaldwerk het van kindsbeen af begin toe hy sy susters se poppe begin aantrek het. “Dit het my gefrustreer dat dit net los lappies was wat ek oor hulle moes hang, so ek het toe by my tannie, Wilna Hugo, geleer hoe om naaldwerk te doen. Dit was aanvanklik maar ’n bietjie slordig, maar met oefening het ek verbeter.”

Die belangstelling het ná ’n ruk bietjie afgeneem totdat hy so ’n paar jaar terug sy liefde vir naaldwerk herontdek het toe hy vir homself ’n hemp gemaak het om op Kersdag te dra. Sy eerste kledingstuk, wat hy dus vir homself gemaak het, was ’n geel-en-wit strepieshemp.

Hy tap inspirasie uit historiese kledingstukke en hoe hulle aanmekaargesit is – veral die handwerktegnieke.

“Toe my naaldwerkmasjien hierdie jaar in die middel van ’n

projek breek, het dit my gemotiveer om uiteindelik uit outydse metodes te leer hoe om naaldwerk met die hand te doen – iets wat my op die ou einde baie met die maak van die matriekafskeidrok gehelp het.”

Dié rok, wat Bernardie nou in die kollig laat beland het, was vir Yvonne Duvenhage, wat sy broer, Gerrit, na sy matriekafskeid vergesel het.

Bernardie vertel dat Yvonne vir hom byna soos ’n suster is en ’n baie goeie familievriend is wat al van gr. 2 af met sy broer bevriend is.

Toe sy hom dus nader om vir haar ’n rok te maak wat sy na Gerrit se matriekafskeid kon dra, het hy geweet hy sal dit sy alles moet gee sodat dit perfek kon wees.

Sy inspirasie vir die rok was dié van ’n tipiese matriekafskeidrok uit die 1970’s en is verder geïnspireer deur ’n foto wat hy vroeër van ’n rok met ’n sjaal gesien het. Dit was die inspirasie

vir die skouergedeelte van die rok wat hy vir Yvonne gemaak het.

Bernardie sê dit is nie die eerste keer dat hy vir ander mense klere maak nie, en hy is al deur vriende en familie gevra om vir hulle klere te maak. Hy het ook al klere teen betaling vir kliënte gemaak.

Hy is ook reeds deur een van sy goeie vriendinne, Giulietta Engelbrecht, gevra om haar matriekafskeidrok vir volgende jaar te maak.

Tussen skoolwerk deur kry hy nog nie soveel tyd om sy eie klere te maak nie, maar skuif so af en toe agter die naaldwerkmasjien in wanneer hy iets nodig het wat aandag sal trek – “ ’n statement piece”.

Wat sy eie persoonlike styl betref, vergelyk hy dit met “ ’n bejaarde tannie wat oor baie jare lukrake artikels op avonture versamel het en wat dinge bymekaar gooi todat dit goed lyk”, skerts hy. Hy hoop om terwyl hy op skool is solank ’n kleinskaalse onderneming te begin, maar het ná skool sy visier op die Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design in Stellenbosch, waar hy modeontwerp wil studeer. Daarna droom hy van ’n luukse handelsmerk wat hom op die loopplank by die Parys-modeweek sal kry.

“Ek wil net baie graag dankie sê aan my tannie, Wilna Hugo, tannie Ria Louw, die verkoopstannies by Demtex in die dorp en my ouma Marianne du Plessis, wat my almal bystaan om my drome in ontwerp te bereik.”

Fredericks (links), ’n graad 12-leerder en prefek by die Hoërskool Brëerivier, se oom, wat by die o.20- Junior Springbokke betrokke is, het gereël dat die 7’s-Springbok-kaptein, Siviwe Soyizwapi, Auldren na die matriekafskeid vergesel.

Auldren
Tristan Abrahams en Somana Wana
Catelinn Cupido van die Hoërskool Montana was mooi in rooi getooi.
Kihara Cloete van die Hoërskool Brëërivier het ewe swierig in haar blou aandrok gelyk.
Gerrit Hugo saam met sy metgesel
Yvonne Duvenhage en Bernardie Hugo.

HARTMAN, BRENDA RACHEL

GEB: 27.01.1966 - GEST: 04.10.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 10:00 by VGK Worcester-Suid kerk, Swartstraat. Besigtiging is om 09:00 by die kerk.

We miss your beautiful smile, and the sound of laughter still echoes in our hearts. Your joy was our comfort and your love remains our guide. We carry your light with us always, dearest wife and mom. Jacques, Dyllon, Janique and AJ

Ons gun jou die rus ons Moeder, steunpilaar en die een wat vir haar kinders gebid het. Jou pragtige glimlag sal ons onthou tot ons weer ontmoet. Jeandre, Judy-Ann en kinders

We will miss you forever, like the stars miss the sun in the morning skies. Forever in our hearts, filled with love.

Aubryan, Celeste and children

Brenda ons harte is so baie seer. Jou aansteeklike lag en liefde gaan ons mis. "Net Liefde sal jy sê". Rus sag!

Uncle, Nanna en Telogan

May your beautiful soul rest in peace. Till we meet again.

Deresia, Smitty, Thurston, Vegan and Brooklynn

With heavy hearts we say goodbye Brenda. You filled our hearts with laughter and love. You will be missed. Iwan, Marie, children and grandchildren

Rus sag liefste Brenda. Tot ons weer ontmoet. Llewellyn, Landi en gesin

Sag rus tannie Brenda, jou aansteeklike lag en liefde gaan ons mis. Danielle en Dimitri

Brenda your gentle heart and loving spirit will be missed forever. Rest peacefully my sister. Love Wilfred and Sarah

Your laughter and love will echo in our hearts always. Rest in peace.

Doni, Bryan, Ashlynn and Leah

Ons gaan die gelag en liefde baie mis. Rus in vrede tannie Brenda. Colen, Venerecia, Hayley and Brady

Deeply loved, forever remembered. Your laughter lives on in our hearts. John, Sherline, children and grandchildren

Brenda, ons lieflingsuster ons koester die mooi herinneringe in ons harte. Jou opgewekte laggie sal gemis word. Rus sag in Jesus se arms. Van jou liefdevolle broers en susters en hul gesinne

Rus sag Brenda. Ons gaan jou mis, wat God doen is welgedaan. Martin, Miriam en kinders

WILDSKUT, GERT

GEB: 08.11.1952 - GEST: 03.10.2025

Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 12 Oktober 2025 om 11:30 by Benjaminstraat 25, Roodewal en om 13:00 by Maranatha Christen Gemeente, Denisestraat, Johnsonspark.

PEKEUR, AUDREY NICOLENE

GEB: 21.09.1972 - GEST: 30.09.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 09:00 by Buitenkantstraat 231, Parkersdam en om 10:00 by A.M.E Zion Kerk, Le Sueurstraat.

IRISH, JACQUELINE

GEB: 09.10.1990 - GEST: 02.10.2025

Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 12 Oktober 2025 om 09:00 by PA-07 Riverbank, Rawsonville en om 10:00 by Merwida Saal.

CAMPHER, PETRUS

GEB: 26.06.1958 - GEST: 02.10.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 08:00 by Le Sueurstraat 02, Victoriapark en om 09:00 by Faith Church, Leipoldtlaan.

BENN, ERNEST Wat God gedoen het is welgedaan. Ons gun jou die ewige rus. Van jou vrou, kinders, susters en broer.

ERNEST

GEB: 27.03.1963 - GEST: 30.09.2025

Verassingsdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 09:00 by Sunbirdstraat 22, Avianpark en om 10:00 vanuit Nuwe Apostoliese Kerk, Leipoldtlaan. Privaat verassing.

PLAATJIES, ASHLIN

GEB: 24.12.1997

GEST: 05.10.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 10:00 by Brookstraat 20, Riverview en om 11:00 vanuit die Lutherse Kerk, Parkerstraat.

VISSER, JEFFREY (JEGGAS) HENRY

GEB: 24.04.1962

GEST: 27.09.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 10:00 by Sohngelaan 31 en om 11:00 by Pishon Ministries, Leipoldtlaan (langs El Shaddai)

TOMMY PETERS My liefste Bokka, môre die 10de is jy 'n jaar weg van my maar tog voel dit soos gister. Vir ewig sal jy in my hart bly. Mis jou. Vroulief

TOMMY PETERS Dedda, 'n jaar terug moes ons afskeid neem. Ons koester nog al die mooi herineringe. Liefde vir altyd. Kinders, kleinkinders en agter kleinkinders.

"HEALER" JOSHUA All family problems Financial problems Relationship problems 067 123 6847

BUY ALL CARS FOR CASH! Call: 084 844 0000

BENN,
JACK, NOMAYEZA REGINA GEB: 09.09.1944 - GEST: 04.10.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 09:00 by Woonstel K-11, Riverview en om 10:00 vanuit die Last Days Family Church, agter Shoprite.
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 11 Oktober 2025 om 08:30 by Sohngelaan 20, Roodewal en om 09:30 by Pishon Ministries, Leipoldtlaan, agter El Shaddai.

Dagboek/Diary

Stuur inskrywings na: info@worcesterstandard.com. Deadline/Spertyd: Mondays/Maandae voor 12:00.

VRYDAG 10 OKTOBER

 Join us for an unforgettable night of fun, music and laughter at our Karaoke Night in the Town Hall, High Street, Worcester from 19:00 till late with DJ Davy Kat. Price: R50 per person. Bring your own food and drinks. Contact Josh at 076 814 9008 or Erika at 072 654 3480.

SONDAG 12 OKTOBER

 Pastore in Verhouding nooi almal hartlik na ’n interkerklike diens, wat Sondag om 17:00 (vyfuur) by die Maranatha-Christen-sentrum in Johnsonpark, Worcester, gehou word. Alle gemeenteleiers en hul gemeentes, sowel as die res van die gemeenskap van die Breedevallei, is welkom om saam te kom aanbid onder die tema: “Een in Jesus Christus.” Kom ervaar ’n tyd van eenheid, lofprysing en bediening van die Woord, waar die liggaam van Christus saamstaan as één familie in geloof.

VRYDAG 17 OKTOBER

 Rocco de Villers en Coenie de Villiers

(foto) bring hul nuwe produksie 88 na die Audenberg- kerksaal in Worcester. Dié twee klavierbekendes sal die eerste keer met hierdie produksie kragte saamspan. Die vertoning het by die KKNK gedebuteer en uitstekende resensies ontvang.

Dit is ook ’n besondere jaar vir die Audenberg-gemeente, wat vanjaar 50 jaar oud is, en hierdie vertoning is hul projek vir die laaste kwartaal van hul verjaarsdagjaar.

Wyn en koeldrank word voor die vertoning aangebied, asook ligte versnaperings. Die konsert begin om 19:00. Kaartjies kos R280. Bespreek by 023 342 1776 of 082 890 5196.

VRYDAG 24 OKTOBER

 Enjoy an outdoor cinema experience at the Worcester Botanical Gardens. As part of Cancer Awareness Month, the movie The Fault in Our Stars will be shown. Tickets available on Webtickets or at any Pick n Pay / Boxer store.

VRYDAG 7 NOVEMBER

 Die Montagu Art Meander word van 7 tot 9 November aangebied. Kunsliefhebbers kan met die strate en galerye wat kleurvol gemerk is, die werk van plaaslike kunstenaars sowel as besoekers geniet.

Kerk ontvang Legendes-geld

Vir ’n goeie doel! Geld wat by die Legendes 2025-byeenkoms, wat deur Standard Breërivier Gazette en Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual) in Junie aangebied is, is onlangs aan die Worcester Christen Gemeente (WCG) vir sy gemeenskapsprojekte geskenk. Op die foto is Stefan Kolver van die Standard, Johan Schoonraad (WCG), JG Hall en Wouter van

Vyver van Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote by die oorhandiging.

OCTOBER

Skenkings maak etes

moontlik

Cecil Dyantyi van die organisasie Vuka Cares for the Community kon op Erfenisdag etes aan honderde bejaardes en kinders in Zwelethemba danksy skenkings van sakelui en inwoners van Worcester gee. Die jonges het ná die ete selfs ’n lekkerny gekry.

Rocco de Villiers en Coenie de Villiers. Foto: The Collective Exchange
der

Donderdag, 9 Oktober 2025

En nou vir die eindstryd!

Vlakkiekrieket op die spits

Luciano du Toit

Die Vlakkiekrieket-toernooi eindig Sondag wanneer die eindstryd gespeel sal word.

’n Baie suksesvolle 10-boulbeurt-toernooi is verlede Sondag in Riverview deur die Breedevallei Gemeenskapskrieket- vereniging gehou met sewe klubs wat deelgeneem het. Wedstryde is op Giantspark in Jasonstraat, Challengerpark in Brookstraat, Viewpark in Swartsstraat en Yorkshirepark by die Riverview-woonstelle voor redelik groot skares gespeel.

Young Stars het verras deur ’n sterbelaaide Clovers op Giantspark uit te skakel terwyl View Giants se openingskolwers korte mette met Zazon se boulaanval gemaak het deur die verlangde 59 lopies binne ses boulbeurte te moker. Op Viewpark het die Rising Stars maklik met die Hartwig Lions afgere-

ken terwyl die Pumas se teenstanders – in hierdie geval die View Pros – nie opgedaag het nie en Pumas outomaties tot die halfeindronde deurgedring het.

In die Viewpark-halfeindronde moes die Giants enduit gefokus bly om ’n begeesterde Rising Stars te klop en kon hulle eers met die laaste bal die wenlopie aanteken vir hul plek in die eindstryd, terwyl Young Stars weer eens verras het deur ’n sterk Puma-span met die kous oor die kop huis toe te stuur. Young Stars sal Sondag (12 Oktober) teen View Giants in die eindstryd op Yorkshirepark by die Riverview-woonstelle speel.

Dié wedstryd, wat om 14:00 begin, behoort ’n tien-boulbeurtriller te wees. Albei spanne beskik oor wedstrydwenners wat die kroon na hul span kan swaai. Toeskouers word gevra om baie vroeg op te daag om hul plek langs die veld in te neem – juis omdat dit ’n baie kort weergawe van krieket is.

Kom stap, draf saam

Die RunWalkForLife (RWFL) van die Robertson-klub het sy amptelike opening op 6 Augustus gehou. Die klub beoog om ’n verskil te maak in die gemeenskap om ’n klub daar te stel wat toeganklik is vir elkeen wat ’n tuiste soek om deel te wees van ’n groep atlete – oud en jonk – om hul liefde vir die sport uit te leef. Die klub nooi almal om elke Woensdag by hulle aan te sluit vir ’n groepoefening en/of tydtoets om 18:00 vir stappers en vir drawwers by die Hoërskool Robertson, en deel te wees van hierdie inspirerende gemeenskap wat positiewe verandering dryf.

Villa begin sy aanslag Saterdag met glorie

Alver Uys

Worcester Villagers, of Villa, soos hy algemeen bekend staan, begin sy aanslag op Top-12-glorie Saterdag (11 Oktober) met ’n wegwedstryd teen die Overberg-kampioenspan in die Grootuitdaagkompetisie van Boland-Botrivier.

Botrivier, wat vriend en vyand met hul puik spel vanjaar verras het, is gewis nie ’n span wat ligtelik opgeneem moet word nie, terwyl Villa die afgelope Saterdag (4 Oktober) in die Van Zylstraatstadion in Robertson met 33-52 teen Robertson, die Langeberg-af -

deling se wenners in die PicknPay Gold Cup, vasgeval het. Robertson het egter nou ’n steil hekkie voor, want Saterdag moet hy nie net die KZN-kampioenspan College Rovers in die Van Zylstraatstadion aandurf nie, maar ook sy Boland wedstrydverpligtinge in die Top-12-kompetisie nakom. Robertson Town speel Saterdag ook in die hoofvoorwedstryd van die Gold Cupkompetisie teen Safcol van Grabouw in die Top-12-kompetisie. Hier gaan Robertson se diepte gewis beproef word, want Safcol is nie ’n span om sonder handskoene aan te pak nie. Villa se oorblywende wedstryde in

die Top-12-kompetisie is: Saterdag 18 Oktober tuis op Bolandpark teen Sentraal se kampioenspan, Roses United; op 25 Oktober reis Villa na Vredenburg waar hy die Weskusspan in hul agterplaas aandurf; op 1 November reis hy dan weer – hierdie keer na Malmesbury – waar hy die Swartland-kampioenspan, Wesbank, die stryd gaan aansê. Op 8 November speel hy dan sy laaste verpligte wedstryd in die kompetiisie teen die Noordweste se kampioenspan, die Eagles, daar uit Van Rhynsdorp. Dit is gewis ’n tawwe hekkie om oor te kom, maar uit ’n ondersteunersoogpunt lekker rugbyvooruitsigte.

Die View Giants-span vir die eindstryd Sondag (12 Oktober) teen die Young Stars.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.