


Ronél van Jaarsveld
Menslike oorskot, wat deur twee jong meisies en hul ouma in die veld langs
Avianpark in Worcester gevind is, laat inwoners wonder of dit die liggaam van Marceleen (Murcia) Kock kan wees. Sy het drie weke gelede in dié woonbuurt vermis geraak.
Die gemeenskap en polisie het reeds verskeie soektogte na die vermiste Kock (23) gehad Haar mansvriend het Maandag (14 Julie) in die hof in Worcester verskyn op aanklagte van onder meer aan-
randing, wat Kock voor haar verdwyning teen hom aanhangig gemaak het Hy moet Woensdag 27 Augustus weer voor die hof verskyn Anna Paulse, wat Murcia geken het, het Maandag saam met haar 11- en 12-jarige kleindogters in die oop stuk veld agter die woonbuurt gaan soek
“Ek het verlede week Donderdag ’n ribbebeen in ’n plas water in die veld sien uitsteek
“ ’n Groep seuns het vir my gesê dis ’n bok Dit het my die heeltyd bly pla, want as kind het ons bokke geslag en dit het nie so gelyk nie Ek het Maandag besluit om weer te gaan kyk, want dit was ook naby ’n plek waar ’n
drom verlede week gebrand het,” het Paulse gesê Haar kleindogter het uitgeroep toe sy ’n gedeelte van ’n hand sien Dit het tot die ontdekking van die res van die oorskot gelei
“Dit blyk die bene is gebrand,” het die raadslid Desiree Judge, wat by die soektog betrokke was, gesê
“Wat ons nie kan verklaar nie, is dat ons verskeie soektogte in daardie deel gedoen het
“Die polisie was ook daar met hul helikopter, hommeltuig en die honde-eenheid het ook in daardie deel gesoek,” het sy gesê Van die inwoners sê die varke wat in die oop stuk veld agter die huise loop, was ná die naweek die heeltyd in daardie omgewing en kon die oorskot moontlik oopgekrap het Reënweer het die soektog na Kock vroeër bemoeilik
AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, het bevestig dat menslike oorskot in die veld gevind is
“Ons kan nie in hierdie stadium bevestig of dit wel Murcia is nie en sal dit eers kan vasstel wanneer DNS-toetse gedoen is,” het sy gesê Klere en skoene wat Kock se suster as Murcia s’n uitgeken het, is Vrydag 3 Junie langs die rivier by die brug by Nekkies-vakansieoord gevind Dit is ’n paar honderd meter van waar die oorskot gevind is Standard Breederivier Gazette het vroeër berig dat Kock volgens die gemeenskap gereeld aangerand is Sy het kort nadat sy klagtes teen haar vriend by die polisie aangemeld het het, verdwyn
Op ’n foto van haar wat tydens die soektog versprei is, is merke aan haar nek en gesig te sien ’n Buurvrou het gesê sy het een aand kort voor haar verdwyning in die nag om hulp geskree, maar hulle was te bang om ondersoek te gaan instel Dinsdagmiddag was verskeie polisievoertuie op die toneel met lede wat verdere leidrade ingesamel het Volgens AO Jacobs duur die ondersoek voort
Polisievoertuie was Dinsdagmiddag (15 Junie) op die toneel waar die oorskot gevind is Anna Paulse en haar twee kleindogters het op die oorskot afgekom Foto s: Ronél van Jaarsveld
Enrico Claassen
’n Man van Robertson is die afgelope Donderdag (10 Julie) 10 jaar tronkstraf opgelê op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en seksuele aanranding.
Op die aanklag van roof met verswarende omstandighede is Devin Kapoei (25) 13 jaar tronkstraf opgelê, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan roof of poging tot roof in die opgeskorte tydperk nie.
Hy is voorts sewe jaar tronkstraf vir
seksuele aanranding opgelê.
Kapoei het op al die klagte skuld beken en ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. In sy pleitooreenkoms sê Kapoei hy het op 6 Julie 2024 by die klaagster se huis in Robertson ingestap. Hy het haar en die tweede klaagster in die woning gewaar.
Kapoei sê hy het besluit om die klaagsters met die mes en ’n panga wat hy by hom gehad het, te dreig – met die bedoeling om die eiendom wat in die eerste klaagster se besit was, te steel
Dié items sluit in ’n Hisense U90-selfoon, een paar swart stewels, een paar Superga-tekkies en een paar swart-en-
’n Tragiese ongeluk die afgelope Sondagoggend (13 Julie) in die vroeë oggendure het die lewe van ’n man van Avianpark in Worcester geëis Volgens AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder vir die Worcester-polisie, het twee mense in ’n silwerkleurige Audi A3 op die Aan De Doorns-pad gery toe die voertuig kort ná 01:00 naby die Aan De Doorns-kelder omgeslaan het Net die een voertuig was in die voorval betrokke.
Abraham Swartz, ook bekend as Abon, is in die ongeluk oorlede
Die passasier, Marion le Roux, is deur ’n ambulans hospitaal toe geneem, het Jacobs gesê
“Met die polisie se aankoms het hulle die motor, wat omgeslaan het, aan die regterkant van die pad in die veld gekry Die bestuurder is deur die ambulanspersoneel op die toneel dood verklaar, terwyl die passasier, wat ’n gebreekte femur (bobeen) gehad het, hospitaal toe geneem is,” het Jacobs gesê. Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag
wit-tekkies. Die waarde van dié eiendom is sowat R2200.
Hy sê toe hy die twee klaagsters bewus maak van sy bedoelings, het hulle in vrees en skok gereageer en om hulp geskree Kapoei erken hy het die mes op die eerste klaagster gerig en haar daarmee gedreig. Hy het haar hierna met die panga teruggestoot met die bedoeling om haar ernstig te beseer.
Kort voor Kapoei met die eerste klaagster se eiendom weggehardloop het, het hy sy visier op die tweede klaagster gerig Hy erken hy het die tweede klaagster met geweld gegryp Volgens hom het die klaagster hom fisiek teëgestaan,
maar sy was nie suksesvol nie
Hy sê terwyl hy op haar gegil het, het hy haar sonder haar toestemming op die mond gesoen en betas Kapoei sê die klaagster het met skok gereageer en sy hand probeer wegslaan, wat vir hom ’n aanduiding was sy wou nie hê hy moes aan haar vat nie. Volgens hom het hy daarmee opgehou en met die eerste klaagster se eiendom weggehardloop. Met betrekking tot albei klagte het Kapoei erken sy optrede was onregmatig en strafbaar. Hy het ook erken hy het geen toestemming gehad om die dade te pleeg nie. Elton Willemse was die aanklaer
Nege jaar nadat twee verkeersbeamptes van Ashton op klagtes van bedrog aangekeer is, is hulle saam met ’n derde man wat betrokke was, gevonnis Karel Davids (53), Andile James Dondolo (57) – albei verkeersbeamptes – en Jason Naidoo (59) is Maandag 7 Julie in die Kaapse streekhof aan korrupsie skuldig bevind. Die hof het gehoor dat die polisie in 2016 inligting ontvang het oor twee verkeersbeamptes by die Ashton-verkeersdepartement wat by die uitreiking van vals leerlinglisensies betrokke was.
Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke, oftewel die Valke, het die saak ondersoek en die twee verkeersbeamptes sowel as die man wat hulle aanvanklik genader het, identifiseer. Hulle is in Augustus 2016 in hegtenis geneem.
Die drie verdagtes was uit op borgtog toe die hofsaak in September 2019 begin het.
Nadat die uitspraak verlede week gelewer is, is hul borgtog teruggetrek en hulle bly in aanhouding totdat hulle op 29 Augustus gevonnis word.
’n Man is verlede Saterdagaand (5Julie) net voor 21:00 op die R43-pad buite Rawsonville dood nadat hy noodlottige beserings opgedoen het.
Volgens kapt. Fredrick van Wyk, ’n provinsiale woordvoerder, ondersoek die polisie ’n saak van strafbare manslag nadat die Rawsonville-polisie die saak geregistreer het.
Volgens berigte het die 36-jarige Luke Jimu en sy gesin hul familie in die omgewing besoek. Hul motor het ná ’n
reënbui glo in die modder vasgesit en insleepdienste is gekontak om die voertuig te bevry. Volgens bewerings het Jimu ná ’n woordewisseling met die insleepdienste onder die insleepvoertuig beland en hy is noodlottig beseer.
Van Wyk het bevestig dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie en die ondersoek na die omstandighede rakende Jimu se dood duur voort.
Die Suid-Afrikaanse inkomstediens waarsku landsburgers oor ’n nuwe slenter wat die ronde doen
Met die 2025-belastingopgawes wat op 7Julie begin het en tot Oktober duur, steek nuwe slenters ook weer kop uit
“Slenters is nie nuut nie, maar verbruikers moet asseblief nie naïef wees en alles glo nie Skakel ons of jou boekhouer eerder voordat jy op enige teksboodskap reageer,” vra Sars
Volgens ’n Sars-woordvoerder kry talle verbruikers deesdae ’n e-pos, SMS of selfs telefoonoproep waarin beweer word dat hulle die uitkoms van jou Sars-aanslag kan verander
“Hulle stuur ook vir jou ’n skakel Moet asseblief nie op die skakel kliek nie, omdat jou persoonlike inligting op dié manier verkry kan word,” waarsku Sars
Dr Ivan Meyer, MEC for Agriculture, Economic Development and Tourism in the Western Cape, convened a Western Cape Municipal Economic Summit under the theme “Stepping up tourism and investment”.
Held in Rawsonville, the summit brought mayors, councillors, senior government officials and industry leaders together to explore how municipalities can boost local economies through destination marketing, investment readiness and enhanced public-private collaboration.
Key areas of discussion included the role of public-private partnerships, leveraging tourism to drive economic development, principles of investment facilitation and streamlining municipal processes and policies to create a more investor-friendly environment.
“This was a very special summit where insightful information was shared – municipalities also received lots of homework to do. Breede Valley Municipality (BVM) was honoured to be the host for such an important summit,” said BVM councillor dr. Julian Kritzinger
“The participation of executive mayors, municipal managers and officials highlighted the region’s readiness to attract and support investors,” said David Joubert, Municipal Manager at West Coast District Municipality (WCDM) He stressed the significance of intergovernmental collaboration, and said as a municipality the WCDM had made great progress in streamlining its value propositions to potential investors.
Various role players joined the economic summit.
“Our proximity to Cape Town, accessibility to the the Saldanha Port and world-class infrastructure have certainly caught the attention of investors. As municipalities we must continue to maintain and improve this investor-friendly environment.”
Heinrich Robertson, responsible for
Skenking maak besoeke makliker
Die Suid-Afrikaanse Tuberkulose-inentingsinisiatief (Satvi) het met die doel om pasiënte se besoeke aan die departement van binnelandse sake in Worcester te vergemaklik, stoele en ’n rolstoel vir die gebruik van besoekers geskenk Die skenking is Dinsdag 9 Julie oorhandig Satvi is deel van die Universiteit van Kaapstad Op die foto is Kelvin Vollenhoven (Satvi/UCT), Lesley Williams (binnelandse sake), Marwou de Kock (Satvi/UCT), Ruwayda Gabriel (binnelandse sake) en Fazlin Kafaar (Satvi/UCT)
destination marketing and stakeholder relations, highlighted a more integrated approach to regional promotion He said investors and tourists don’t see municipal borders “They want value for money and a great experience. Our new approach to destination marketing promotes the district as investment-ready
and world-class tourism destination We are strategically aligning with the City of Cape Town, the Cape Winelands and the broader Western Cape, and we’re already seeing results.”
The success of the summit in Rawsonville lays the groundwork for the upcoming Western Cape Investment Summit,
The Western Cape’s dam levels across the province continue their steady climb, with the Cape Town Water Supply System now sitting at an encouraging 82,06% capacity, yet lower than last years 94,21% level during the same period of time The latest hydrological report from the Department of Water and Sanitation (DWS) shows a good recovery, with levels jumping from 78,84% just one week ago – representing an overall increase of nearly 20% compared to readings taken a month earlier This positive trajectory comes as consistent winter rainfall has provided much-needed relief to the province’s water reserves, which have faced significant pressure in recent years
However, Western Cape Provincial Head of DWS, Ntombizanele Bila-Mupariwa, is cautioning against complacency despite the encouraging figures.
“We are pleased with the recovery of our dam levels and we would like to encourage
both residents and businesses to continue using water responsibly despite the increase as we cannot predict the rain patterns for the following weeks,” Bila-Mupariwa said The recovery has been widespread across the province’s major water sources, with most dams recording significant gains over the past seven days The standout performer has been Steenbras Lower Dam, which recorded a dramatic 22,63 percentage point increase week-on-week, jumping from 51,17% to 73,80% Two dams – Berg River and Steenbras Upper – are now operating above full capacity at 100,50% and 100,60% respectively, indicating optimal water storage conditions The Theewaterskloof Dam, the largest in the Western Cape Water Supply System, has shown steady improvement, reaching 77,59% from 75,57% the previous week. But it still remains quite a bit lower than last year’s level, when it was almost at capacity in July
EnricoClaassen
Op ’n dag in standerd 1 (graad 3) was hy baie angstig. ’n Soort van doodsheid het oor hom gekom Dit het vir hom gevoel dit is sy laaste dag op aarde.
Dié jong seun, wat toe nege jaar oud was, het daardie dag vir die Here gesê: “U is die beskikker van die lewe en dood Help my deur hierdie benoudheid en ek belowe vandag vir U ek sal in U diens staan en mense van U liefde en genade vertel ”
sedert graad 3 sy uitgangspunt Fransman, oorspronklik van Worcester, was op laerskool by die Primêre Skool Riverview Ná sy hoërskooljare aan die Hoërskool Esselenpark (vandag Esselenpark Senior Sekondêre Skool) is hy na die Universiteit Wes-Kaap (UWK) waar hy ’n honneursgraad in teologie verwerf het
AlverUys
Ds Jeffrey (Jeff) William Fransman (65) van die VGK Worcester Sentraal sê op daardie dag het hy die roeping gekry om hom as ’n bediener van die Woord te bekwaam In dieselfde jaar het hy vir hom ’n Bybel gekoop, wat destyds 25 sent gekos het Hy het vandag nog daardie Bybel
Op 29 Junie vanjaar – ná altesaam 39 jaar in die bediening – het Fransman sy afskeidspreek in die VGK Worcester Sentraal gelewer Hy het dié gemeente vir 28 jaar en 10 maande gelei
“Met my afskeidspreek was die kerk stampvol en ek was dankbaar Dit wys net mense het waardering vir wat ’n mens doen Iewers het ek iets reg gedoen ”
Die preek was gegrond op Eksodus 14:14: “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees ” Fransman sê dié betrokke teksvers is
Hy sê hy was nog op hoërskool toe sy oorlede oom Adam gereeld sy bakkie aan hom geleen het Dan het hy Vrydagen Sondagmiddae soos ’n wafferse predikant kerkdienste op plase gaan hou Hy sê grappenderwys sy pa, wyle Jaftha Fransman, het baie keer oor dié bakkie-storie met oom Adam vasgesit
Wyle prof Daan Cloete het Fransman op 5 Julie 1986 bevestig en hy is met hande-oplegging ingeseën
“My ma het daai tyd die toga vir my omgehang Daardie toga is nou 39 jaar oud Hoewel die Noord-Kaapse son hom baie geblyk het, het ek nog nooit gedink om dit
’n Gewilde onderwyser en allemansvriend, die 65-jarige Bernadette Joy Bailey, ’n nooi Neethling, is op 2 Julie slegs ’n paar weke nadat sy ná meer as 10 jaar in China terug in die land was, ná ’n kort siekte oorlede Bernadette was die oudste van vier dogters van wyle Benna en Josephine Neethling, albei onderwysers Sy het haar laerskoolloopbaan aan die NGK Oefenskool voltooi en aan Esselenpark Sekondêr matrikuleer Sy het haar tersiëre opleiding aan die Bellville-opleidingskollege voltooi en later ook ’n spesialisjaar aan Boland Kollege Sy het haar onderwysloopbaan by Victoriapark Primêr begin, daarna by Worcester Junior klasgegee, en later ook by Worcester Senior Sekondêre Skool, die private skool Lanner House asook by YWAM en nog later ook by Abet, waar sy die nasionale toekenning vir uitnemendheid vir onderrig aan volwassenes ontvang het Hierna het sy in China onderrig gegee totdat sy einde Maart 2025 permanent na Suid-Afrika teruggekeer het Sy het voor haar terugkeer eers vir bykans twee maande by haar seun Chesslyn Scott en sy familie in Viëtnam gekuier Bernadette was ’n uitmuntende en passievolle Engels-onderwyser wat altyd die ekstra myl vir haar leerders geloop het. Hiervan getuig die honderde sosiale-
media-inskrywings wat ná haar skielike dood geplaas is Sy was baie geliefd onder haar oud-leerders en haar deugde is vir dae aaneen besin toe haar dood rugbaar geword het
Sy was volgens haar kinders ’n uitstekende kok en gasvrou en baie lief vir haar kinders, kleinkinders en haar susters en dié se gesinne Sy was ook ten nouste betrokke by haar kinders se buitemuurse aktiwiteite en baie lief vir ballet, drama, die St John’s Ambulansbrigade en koorsang en was ook ’n erkende skeidsregter en beoordelaar nadat veral haar seun Chesslyn so uitsonderlik in karate presteer het Sy was ook baie gewild as programdirekteur by uithang-geleenthede en was ook ’n gewilde omroeper by die gemeenskapsradiostasie Vallei FM voordat sy oorsee gaan onderrig gee het
Bernadette laat naas haar drie kinders, Chesslyn, Beauron en Donne, ook haar twee skoondogters, Nikita en Mignon, ses kleinkinders (Phoebe, Catelina, Kaino, Bayne, Connor en Rameses) en haar drie susters, Hilary, Natalie, Daphne en hul gesinne agter
•Bernadette word Saterdag (19Julie) om 10:00 uit die VGK-gemeente Adderleystraat ter ruste gelê Die troosdiens vind om 09:00 by haar huis by Greystraat 66 plaas.
Esselenpark Sekondêr reik uit na gemeenskap
’n Koppie warm sop help om die koue te verdryf Esselenpark Sekondêr se verteenwoordigende raad van leerders (VRL) en hul onderwysers het onlangs warm sop aan behoeftiges op straat, by skuilings en in informele nedersettings bedien Hulle het ook ruim skenkings van klere aan ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag, FASfacts, gegee, wat dit sal versprei “Ons glo dat opvoeding nie net in die klaskamer plaasvind nie. Hierdie projek het die leerders bewus gemaak van die werklike nood in hul eie gemeenskap en hulle geleer hoe belangrik dit is om iets terug te gee,” het Melany Agulhas, een van die onderwysers, gesê
NormanEvertson
McGREGOR – Die McGregor-rugbyvoetbal-klub, of McGelly vir sy ondersteuners, het Saterdag (12Julie) Villagers Montagu, ook bekend as Sesduim, in ’n tweederondeGrootuitdaagbekerligawedstryd 58-38 verslaan
Die eindtelling is nie heeltemal ’n getroue weergawe van die wedstryd nie Dit skep die indruk dat McGelly uit die staanspoor die hef in die hand gehad het, wat nie die geval was nie Sesduim het ’n hengse geveg gevoer Die tuisspan, wat tans goed op dreef is sedert hy die verdedigende Bolandklubkampioen, Robertson Town, vroeër die loef afgesteek het, het eers in die
tweede helfte van die wedstryd in rat gekom en toe op alle silinders gevuur
In die eerste helfte het die wedstryd wipplank gery soos wat die spanne om die beurt punte aangeteken het Teen rustyd het die besoekers die pas 24-22 aangegee, maar McGelly het eerste punte op die telbord gehad nadat Luwayne Khani (flank) gaan druk en Reagan Jagers (heelagter) verdoel het om hul span ’n 7-0-voorsprong te gee Sesduim het daarna met twee drieë, waarvan een verdoel is, teruggeslaan en die leisels 12-7 oorgeneem Asisipho Jucwa (haker) en Jordan Snyman (losskakel) het vir die besoekers gedruk Snyman kon egter slegs sy eie drie verdoel
Olé Appollis (skrumskakel)
van McGelly het hierna vir ’n onverdoelde drie oorgegaan en die telling was 12-12 Minute later het Jagers met ’n strafdoel weer die voortou aan sy span besorg nadat Sesduim vir ’n hoogvat gestraf is (telling 15-12) Nie lank hierna nie het Sesduim weer sy neus voor gekry toe sy haastige linkervleuel, Jack van Wyk, ná ’n praglopie agter die doelpale afgerond het Snyman het die maklike doelskop oorgeklits en die telling 19-15 gemaak Sesduim het sy voorsprong hierna verder gerek toe Immanuel Pietersen (heelagter) in die linkerhoek oor is (24-15)
Net voor rustyd het Jovean Jordaan (senter) van die tuisspan vir ’n vyfpunter, wat deur Jagers verdoel is, deurgesuiker om die rustydtelling op 24-22 te staan
Brandvlei-hengelklub katrol sakke vol vis in
Die Brandvlei-hengelklub se klubkompetisie is op 21 Junie by Paarldam gehou Die bobaas-hengelaars was, Megan van Graan (vrouewenner), PG Wium (senior wenner), Jacques van Graan (algehele wenner met 156 visse asook die wenner van die B-sone), Danie Wilmot (wenner van die A-sone en veteranewenner), Zak Coetzee (junior wenner) en Johan Coetzee (vangs van die swaarste sak vis met 38, 39kg) Altesaam 750 visse van 314,38kg is gevang
Die Langeberg Munisipaliteit (Wes Kaap Provins e) bedien die dorpe Ashton Robertson Montagu Bonnievale en McGregor in die skilderagtige Breëriviervallei/Klein Karoogebied, waar mense nog na aan die natuur leef Aansoeke word hiermee ingewag van persone wat oor die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik viraanstellingindieonderstaandeposte:
KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER
Hoof Uitvoerende Ouditeur (Verw Nr 40/2025) ASHTON PERMANENTE AANSTELLING
Vergoeding: R 692 088 – R 898 368 (T16) per jaar, asook die normale byvoordele soos van toepassing op n Plaaslike Owerheid Deelnameaangesubsidieerdevervoerskema
DIREKTORAAT INGENIEURSDIENSTE Superintendent: Vaste Afval (Verw Nr 41/2025) ROBERTSON PERMANENTE AANSTELLING
Vergoeding: R 420 636 – R 545 988 (T12) per jaar, asook die normale byvoordele soos van toepassing op n Plaaslike Owerheid Deelnameaangesubsidieerdevervoerskema
DievolledigeadvertensieinEngelsenAfrikaansisbeskikbaar opwebwerfhttp://www langeberg gov za
Sluitingsdatum: 31 Julie 2025 om 12:00 Aansoeke (Aansoekvorm CV kwalifikasies getuigskrif ID en Bestuurslisensie) moet gestuur word na Ashton Kantoor Fisiese adres: Hoofweg 28 Ashton 6715 of; E-pos: tcarstens@langeberg gov za; Verdere inligting is beskikbaar by die Bestuurder: Menslike Hulpbronne by Ashton Kantoor, Tel (023) 615 8035 en Menslike Hulpbronne Praktisyn: Me V Matthys by Tel (023) 615 8033 tydens normale kantoorure Die a a n s o e k v o r m i s o p d i e m u n s i p a l e w e b w e r f (www langeberg gov za)enbyallemunisipalekantorebeskikbaar NB: Gunswerwing by Raadslede of enige lid van die Aanstellingskomitee sal aansoekers onmiddellik diskwalifiseer Die Munisipaliteit is gebonde aan die beginsels van regstellende optrede soos u teengesit in sy Diensbillikheidsplan Aansoekers wat teen 30 September 2025 nog geen terugvoer ontvang het nie moet aanvaardat hulle aansoeke nie geslaaghet nie CV s sal nie terugbesorg word nie Geen aansoek sal oorweeg word as ‘n aansoekvorm nie voltooi is nie Die Mun sipal teit behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie Alle suksesvolle kandidate se aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en kriminele rekords Indiensneming sal onderworpe wees aan die ondertekening van dienskontrakte en waar nodig prestasieooreenkomste asook openbaarmaking van finansiële belange U stem in dat die persoonlike inligting wat as deel van u aansoek ingedien word, gebruik mag word vir die doeleindes van die Werwing-enKeuringsproses
The Langeberg Municipality (Western Cape Province) serves the towns Ashton Robertson Montagu Bonnievale and McGregor in the picturesque Breede River Valley/Klein Karoo area where people still live close to nature Applications are hereby invited from persons with the necessary qualifications and experience forappointmentinthefollowingpositions:
OFFICE OF THE MUNICIPAL MANAGER
Chief Audit Executive (Ref Nr 40/2025) ASHTON PERMANENT APPOINTMENT
Remuneration: R 692 088 – R 898 368 (T16) per annum as well as normal benefits as applicable to a Local Authority Participationinsubsidisedvehiclescheme
DIRECTORATE ENGINEERING SERVICES
Superintendent: Solid Waste (Ref Nr 41/2025) ROBERTSON PERMANENT APPOINTMENT
Remuneration: R 420 636 – R 545 988 (T12) per annum as well as normal benefits as applicable to a Local Authority Participationinsubsidisedvehiclescheme
The complete advertisement in English and Afrikaans is availableonthewebsite http://www langeberg gov za
Closing date: 31 July 2025 at 12:00 Applications (Application form CV qualifications testimonial IDanddriver slicence)must be submitted to the Municipal Manager at Physical Address: 28 Main Road Ashton 6715; E-mail: tcarstens@langeberg gov za; Further nformation s available from the Manager: Human Resources at Tel (023) 615 8035 and Human Resources
Practitioner: Ms V Matthys at Tel: (023) 615 8033 during normal office hours The application form can be obtained from the municipal website (www langeberg gov za) and is at all administrativemunicipalofficesavailable
NB: Canvassing of Council members or any member of the Appointment Committee will immediately disqualify applicants The Municipality is bound by the principles of affirmative action as set out in its Employment Equity Plan Applicants that have not received any feedback by 30 September 2025 must accept that their applications were unsuccessful CV s will not be returned No application will be considered if an application form is not completed The Municipality have the right not to make an appointment No late applications will be accepted All successful candidates appointments are subject to verification of qualifications and criminal records Appointment will be subjected to the signing of a service contract and where applicable performance contract as well as disclosure of financial interest You are consenting that the personal information submitted as part of your application may be used for the purposes of the RecruitmentandSelectionprocess
te bring – die besoekers nog ’n kortkop voor Enkele minute nadat spel vir die tweede helfte hervat is, het McGelly weer die leisels oorgeneem toe Lee-Aurlen Swarts (vleuel) gaan druk het (27-24) Sesduim het teruggeslaan met Pietersen se tweede drie Snyman se doelskop was in die kol en die besoekers het vir die soveelste keer weer die voortou geneem (31-27)
Jagers het hierna self gaan druk, sy eie drie verdoel en daarmee weer die leisels met 34-31 aan McGelly besorg Van toe af het die gety begin draai Die tuisspan het die een aanval na die ander van stapel gestuur en telkens die bal vinnig in die agterlyn afgeskuif Dit het tot twee drieë kort na mekaar gelei
Eers het Davino Arendorf agter die besoekers se doellyn gaan kuier en daarna is Swarts ook oor vir sy tweede drie Slegs Swarts se drie is verdoel Meteens was die telling 46-31 in McGelly se guns Hoewel tyd teen hom was, het Sesduim nie gaan lê nie Ulfred Terblanché (agtsteman) het ná ’n kragtige skrum op die tuisspan se doellyn oorgeval vir die besoekers se sesde drie Snyman se suksesvolle doelskop het die telling na 46-38 geneem
McGelly was egter soos ’n wegholstoomtrein en het nog twee drieë ingeryg Clement Hamilton en Jershvin Cupido (losskakel) het gaan druk Net Cupido se drie is verdoel, wat die eindtelling op 58-38 te staan gebring het
AlverUys
Worcester Villagers, of sommer net Villa, soos hy onder vriend en vyand bekend staan, het Saterdag (12 Julie) op sy tuisveld, Bolandpark, nog ’n stap nader aan Top-12-deelname gegee toe hy Swellendam in die Grootuitdaagkompetisie in die Langeberg-afdeling van Boland 67-12 vermorsel het nadat hy teen rustyd reeds 24-12 voorgeloop het
Die wedstryd self het heelwat opwinding opgelewer en die groot aantal rugby-liefhebbers wat die koue trotseer het, genoeg rede gegee om tevrede te wees Hoewel Villa eerste bloed geruik het toe sy losskakel, Elton Mfundisi, sommer in die eerste minuut met ’n strafskop geslaag het, was dit Swellies wat met ’n blitzkrieg twee vinnige drieë gedruk het om Villa behoorlik wakker te skud
Eers is die slot Shane Cookson oor vir ’n onvervyfde drie en kort daarna het die buitesenter, Raywin Carelse, ’n drie gedruk en met die geslaagde doelskop deur die heelagter, Ammesine Jansen-Julius, het Swellies teen die verwagting in met 12-3 voorgeloop
Dit was egter ’n keerpunt, want kort hierna is die einste Mfundisi ná ’n skitter-breekslag onder die pale oor en self verdoel Kort daarna het Villa die voortou geneem toe sy skrumskakel,
Gurshwin Africa, wat die kapteinskap in die afwesigheid van die agsteman, Edward Haas, oorgeneem het, onder die pale gaan druk Met Mfundisi wat verdoel het, het die telling na 17-12 in die tuisspan se guns verander Kort voor rustyd het die vaskopstut, Andries de Kock, met brute krag oorgebars en met Mfundisi wat verdoel het, het Villa met ’n 24-12-voorsprong gaan water drink Die voorsprong het kort ná rustyd vergroot toe Africa met ’n strafskop slaag Villa het sy bonuspunt-drie gekry toe sy buitesenter, Percy Bason, gaan druk en Africa verdoel het Die voorsprong het nog gerek toe die regtervleuel, Dwayne Atkins, vir ’n onvervyfde drie oor is Die voorsprong het verder gerek toe Africa oor is en boonop self verdoel het Hierna het die flank Jubalian Titus gedruk en die plaasvervanger-losskakel Gurshwin Joubert het verdoel Die heelagter, Jivanno Melouw, het kort ná mekaar gedruk nadat hy met flinke voetwerk sy opponente behoorlik laat raai het Joubert het altwee verdoel om die eindtelling op 67-12 te staan te bring •In die hoofvoorwedstryd het Villa se naasbestes Swellies B met 42-3 geklop en Villa se derdes was 46-7 bo in die eerste wedstryd van die dag Saterdag speel Villa op Hoffiepark in Rawsonville teen sy bure Rawsonville United
Trevor Human
Die Alberts-rugbyklub het Saterdag ’n kragtige vertoning in De Doorns gelewer toe hy Mountain Stars, die tuisspan, in ’n opwindende wedstryd 34-19 geklop het Alberts het sy stempel van vroeg af afgedruk en die momentum reg deur die wedstryd behou
Die besoekers van Worcester het die eerste punte aangeteken danksy ’n strafskop wat Jadian Buys oorgestuur het Alberts het in die skrums groot druk op Mountain Stars geplaas, wat veroorsaak het dat die tuisspan telkens op die agtervoet beland het
Ná ’n rukkie se versigtige spel van albei spanne, het Alton Hendriks ná volgehoue druk van die voorspelers die eerste drie vir Alberts gaan druk Met die suksesvolle doelskop het die telling 10-0 geword Kort daarna het Shane Pietersen die agterspelers van Mountain Stars met ’n taktiese skop verras en Sergio Adams het dié fout benut om onder die pale te druk Alberts het ná nog ’n suksesvolle doelskop verder voorgeloop (17-0) Die kragtige voor-
spelerspel van Alberts het voortgeduur, wat uiteindelik Cubitt Michaels in staat gestel het om in die hoek te gaan druk om die telling (22-0) te maak Teen die einde van die eerste helfte het ’n paar foute van Alberts die Mountain Stars die geleentheid gebied om twee drieë aan te teken Die rustydtelling het dus op 22-12 geëindig, en dit het die tuisspan nuwe hoop gegee Mountain Stars het vol vuur uit die kleedkamer gekom, met hul toeskouers wat lekker saamgesing het om hul span aan te vuur Maar Alberts het gou die wind uit hul seile geneem toe Ashwill Syster ná ’n agterlynbeweging onder die pale gaan druk het Die doelskop was in die kol en die telling het tot 29-12 gestyg Mountain Stars het dapper teruggeveg en is met ’n drie in die hoek beloon om die telling tot 29-19 te verklein Die wedstryd het in goeie gees sonder enige voorvalle voortgeduur, maar Alberts het die laaste sê gehad toe Cubitt Michaels sy tweede drie van die dag in die hoek gaan druk het – eindtelling 34-19 in Alberts se guns
Donderdag, 17 Julie 2025
Alver Uys
Met die onderskeie ligas in die Boland wat nou vinnig einde se kant toe staan, is dit veral die agterosse wat nou daadwerklik moet begin om hul posisies op die punteleer te verbeter terwyl die voorlopers moet seker maak dat hulle hul huidige posisies beskerm.
In die Grootuitdaag-afdeling speel Swellendam Saterdag tuis in die Powellstadion in Swellendam teen die voorloper op die punteleer, Robertson Town Rawsonville United ontvang op Hoffiepark in Rawsonville besoek van sy bure Worcester Villagers, of Villa, soos hulle bekend staan. Young Hamiltons, of Hammies, hul bynaam vir hul ondersteuners, speel Saterdag in die Esselenparkstadion teen die naasvoorlopers, Montagu Klub (Hou by die Blou), terwyl
Villagers Montagu, of Sesduim soos hulle onder hul volgelinge beken staan, in die King Edwardstadion in Montagu teen die Blue Birds van Bonnievale te staan kom Ashton United, of Unies, soos hulle bekend staan, speel op hul tuisveld in Ashton teen McGregor terwyl Touwpark in Touwsrivier gaan kragte meet met Rangers Robertson, of Never Die, soos hul ondersteuners na hulle verwys In die Streekuitdaag-kompetisie (Breërivier-afdeling) ontvang Laingsburg besoek van Proteas terwyl Villagers Breërivier besoek ontvang van Goudini In De Doorns is dit derbytyd wanneer De Doorns United teen hul bure Mountain Stars gaan kragte meet. Primroses ontvang Saterdag besoek van Klipdrift terwyl Orchard te staan kom teen Overhex. Ook in Worcester is dit derbytyd wanneer die voorlopers, Alberts, te staan gaan kom teen Worcester Perseverance, of sommer net Persies.
Norman Evertson
ASHTON. – Die Sanlam-Bolandderbydag se mediabekendstelling van die komende derbykragmeting tussen Ashton United-RVK en McGregor-RVK, wat Saterdag (19 Julie) plaasvind, is verlede Woensdagaand (9 Julie) in die VGK-saal gehou Patrick Visser, in Boland-rugbykringe alombekend as “uncle Pettas”, en wat in die kantoor van die tugkomitee van die Boland-rugbyunie werk, was die programleier tydens die aand se verrigtinge, wat ook deur talle spelers en bestuurslede van albei klubs bygewoon is.
Die uniepresident, Bennie van Rooi, was ook teenwoordig. Van Rooi het die twee klubs in ’n kort toespraak met die komende derbystryd voorspoed toegewens Hy het egter eers uitgevaar teen mense wat gedurig die skeidsregters van die Boland-rugbyunie beskuldig as dinge op wedstryddae nie vir hul spanne goed verloop nie. Van Rooi het aan Ashton se voorsitter, pastoor Gerrit Abrahams, gesê: “Ek het nog nie vir ’n ander klub gespeel nie – net vir dié klub Die hartseer vanaand is, as iets verkeerd loop, is dit Bennie van Rooi, die voorsitter. Ek is nou moeg
daarvoor. Dit het nou by die punt gekom dat dit moet stop.” Hy het voorts daarop gewys dat dit veral mense is wat nie eens enige bydrae tot die dorp lewer nie. Hierna het die Boland-rugbybaas weer met almal aanwesig gepraat. “As jy nie ’n visie in die lewe het nie, kan jy maar netsowel doodgaan, want dan is jy op pad na nêrens Rugby se doel is om vriendskapsbande te smee en uit te brei. Dit bring gemeenskappe bymekaar. As jy dit nie kan doen nie, is jy by die verkeerde plek,” meen die president.
“Skep hoop deur op te hou om
die skeidsregters dop te hou. Speel rugby en hou op die skuld iemand anders pak,” het Van Rooi gesê voordat hy sy bakleibaadjie uitgetrek het. Van Rooi het hierna die onderskeie borge van Bolandrugbyunie vir hul enorme bydraes bedank en ook aangekondig nog verwikkelings is vir rugbyklubs op pad Die rugbybaas het voorts McGregor-RVK met sy vertonings gelukgewens – veral in die tweede ronde van die Grootuitdaagbekerkompetisie. “McGregor, uit my hart as president – baie hartlik geluk. Baie dankie vir die vermaak wat julle verskaf.”
Toe het hy hom weer tot die klub waarvan hy ’n lid is, gewend. “Ashton United – ek is nou klaar baklei met julle Bolla, Farrel (verwys na Ashton United-spelers) – julle het alles wat julle moet hê Daar’s niks wat kortkom nie. Julle moet net begin luister en dan die rugby gaan speel wat die afrigters julle leer.”
Van Rooi se kort boodskap aan albei klubs vir die derbydag was: “Maak die 19de die veld vol en gee die mense plesier.” Daarna het die klubs se voorsitters, afrigters en A-spankapteins ’n spreekbeurt gekry.
EN KONSOLIDASIE ERWE 568 & 283, DE DOORNSEIENAAR(S): NG KERK MURRAY GEMEENTE DE DOORNS
KENNIS GESKIED HIERMEE in terme van Artikels 44 en 45 van die Breede
Valle Munisipale GrondgebruikbeplanningVerordening dat n aansoek
ontvang is vir die volgende:
1) Opheffing van beperkende titelvoorwaardes Erf 568, De Doorns, titelakte nr T11103/1972 voorwaardes 11.3 (a), (b), (c) & (d)
2) Opheffing van beperkende titelvoorwaardes Erf 283, De Doorns titelakte nr T8753/2017, voorwaardes B.3 (a), (b), (c) & (d)
3) Onderverdeling van Erf 568 De Doorns in twee gedeeltes naamlik Gedeelte 1 (±319m²) en die Restant (±1553m²).
4) Konsolidasie van Erf 283, De Doorns (942m²) met Gedeelte 1 (±319m²) in terme van Artike 13 van die Breedeva lei Munisipale
GrondgebruiksbeplanningVerordening
Volledige besonderhede van die aansoek is beskikbaar by die kantoor van die Bestuurder: Munisipale Beplanning en Boubeheer 3rde Vloer Burgersentrum,Worcester, gedurende kantoorure
Besware en/of kommentare in terme van Artikel 49 van die Munisipale Grondgebruiksbeplanning Verordeninge moet skriftelik gerig word aan die Munisipale Bestuurder Privaatsak X3046 Worcester, 6849 voor of op 25 Julie 2025. Enige besware/ kommentare ontvang na die 30 dae periode sal geag word as ongeldig Navrae kan gerig word aan Me N Malaka (023) 348 2631/ nmalaka@bvm.gov.za DMcThomas BVMVerwysingsnommer:10/3/1/87 MUNSIPALEBESTUURDER