ST-Gazette-E-edition- 9 September 2025

Page 1


Maan ‘bloos’ terwyl hy vir die son ‘wegkruip’

Die plaaslike fotograaf Neil Geldenhuys van Riebeek-Kasteel het Sondagaand (7 September) se bloedmaan met sy lens vasgevang. Die bloedmaan was die gevolg van ’n algehele maansverduistering – ’n verskynsel wat elke ses maande kan voorkom. Hierdie was dus die tweede maansverduistering van sy soort vanjaar, maar wat hierdie een spesiaal gemaak het, is dat dit die langste verduistering in 10 jaar was en die verduisteringsproses 82 minute geduur het. Foto: Neil Geldenhuys

Lok toerisme só na Weskus

Charlotte Lesch

Die Weskus-distriksmunisipaliteit se hoof van toerisme, Heinrich Robertson, het die afgelope week gedurende vanjaar se Swartland-skou, paneelbesprekings op die skouterrein saam met verskeie gassprekers aangebied, wat tot insiggewende gesprekke gelei het.

Een van die gesprekke was onder meer tussen James Vos, ’n raadsheer van Stad Kaapstad en die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei; Riaan Engelbrecht, ’n boer van Lutzville en die eienaar van Namaqua Koffie; en Mark Botha, ’n boer in die Cederberg, wat sy plaas danksy rotsklim in ’n internasionale bestemming omgeskep het. Die landbouprodusente het meer vertel oor hoe hulle die hulpbronne op hul plase in toerismebestemmings en produkte omgeskep het wat uiteindelik deel is van die nuutse konsep binne die toerismebedryf, naamlik agri-toerisme. Die WDM het ’n insig-

Bemark plaaslik, nie net oorsee

gewende paneelbespreking daaroor aangebied en hoe om toerisme na die Swartland -en Weskusgebied uit te brei. Met Kaapstad as een van die gewildste toerismebestemmings ter wêreld, het Robertson Vos gevra hoe daardie instroming van toeriste na die Weskus gelok kan word. “Hoe kan Kaapstad die Weskus help om sy toerismepotensiaal ten volle te benut en te bereik?” het hy gevra. Volgens Vos is hul doelwit juis om te kyk hoe die geografiese verspreiding van toerisme reggekry kan word sodat toerisme nie net op ’n spesifieke ekonomie fokus nie, maar ’n balans tussen ervarings, produkte en dienste gevind word. Volgens hom toon navorsing besoekers aan die Wes-Kaap wil nie net na ’n hotel of ’n strand of ’n berg gaan nie, maar na goed wat plaaslike mense as deel van hul alledaagse lewe doen.

“Ons moet daardie produkte as ’n kern gebruik om die hele streek te be-

mark. As ’n besoeker in Kaapstad land, bly hy nie net in Kaapstad nie. Dit is hoe ons aanknoop by mekaar, wat die uiteindelike sukses vir die hele toerisme-ekonomie sal wees.”

Hy meen dit is belangrik om ander produkte te nader sodat die ervaring tot die res van die streek kan diversifiseer.

Vos het drie belangrike eienskappe van toerisme gedurende die paneelbespreking identifiseer, naamlik die vrolikheid, die egtheid en ook die vindingrykheid van die landbouprodusente. “Toerisme is ’n baie mededingende sektor, maar dit is baie meer as net bemarking. Ons moet gaan kyk hoe saamgewerk kan word om vir die reisiger, die besoeker, die toeris (wat elkeen ’n spesifieke definisie het) die hele ervaring te bied en aan al hul behoeftes voldoen.”

Hy het verduidellik ’n toeris is byvoorbeeld iemand wat vir ten minste

twee aande oorbly. “In Kaapstad alleen het 2,4 miljoen mense verlede jaar vir twee nagte oorgebly. Dit is ’n belangrike ekonomiese aanwysing, omdat dit die twee sleutelkommoditeite uitwys – naamlik tyd en geld. Dus moet die vraag gevra word hoe ons besoekers langer in ons omgewing of dorp kan hou. Daarom moet ons diversifiseer.” Hy sê verder dit is belangrik om daarop te let dat die Swartland of Porterville nie net ’n plek vir toeriste of reisigers is nie. “Dit is ’n plek met produkte en dienste. Vir ’n plek om ’n goeie plek te wees om oor te bly, moet dit ook ’n goeie plek wees om te besoek. Ons moet die basiese goed regkry, wat bemarking soveel makliker maak. Jy moet daarom die kos, die gemeenskap en die avontuur wat daardie plek te bied het, bemark. In al daardie fokusgebiede gebruik ons produkte om die storie te vertel. Die tyd is verby om jou plek net in die buiteland te bemark. “Wat beteken dit vir besoekers?”

 Na bladsy 2.

Krisis op plase: DM reageer

Die Drakenstein-munisipaliteit sê hy het tot dusver ingetree op slegs vier van die altesaam 14 plase, wat in Junie vanjaar geïdentifiseer en beskryf is as ’n groeiende humanitêre krisis waar bewoners, insluitend kinders, sonder basiese dienste lewe.

Stephen Korabie, die uitvoerende burgemeester, het verlede week op ’n raadsvergadering een van sy burgemeesterskomiteelede weer opdrag gegee om die plase te gaan besoek.

Paarl Post het op 27 Junie vanjaar berig dat die raad eenparig ten gunste gestem het van wat hy noem ’n “interregeringsintervensie”, wat hom in staat sou stel om in oorleg met die nasionale en provinsiale regerings hulp aan plase te verleen waar mense sonder krag, water en sanitasiegeriewe woon.

Die departement van arbeid sou ook – as deel van die intervensie – betrokke raak om plaasarbeiders wat “onregmatig” weggewys is, te help.

Die koerant het in daardie stadium twee plase buite Wellington besoek.

Op die plaas Limitrivier woon 10 huisgesinne al langer as 10 jaar sonder krag en water.

Op die plaas Ou Ruigtevlei is die situasie nog erger, waar tientalle huisgesinne feitlik gestrand gelaat is nadat die eienaar meer as 20 jaar gelede uit die land gedeporteer is.

Die munisipaliteit het vandeesweek benadruk dat hy slegs ’n “fasiliterende rol” vervul en as die “oë en ore” van die ander regeringsfere optree wanneer dit kom by

kwessies wat op plase in sy gebied aangemeld word.

“Wanneer ons bewus raak van ’n probleem op ’n plaas, besoek ’n multidissiplinêre span van die munisipaliteit die plaas om die situasie te bepaal.

ONMIDDELIKE TYDELIK VERLIGTING IN NOODGEVALLE

“Dit is die eerste lyn van assessering, waarna die nasionale regering, die WesKaapse regering en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit van die kwessies wat elkeen moet hanteer, in kennis gestel word,” het Rita Andreas, die burgemeesterskomiteelid vir kommunikasie, interregeringsverhoudinge en landelike ontwikkeling, by navraag gesê.

“Dit kan sosiale, kinderwelsyn- en gesondheidskwessies insluit.”

Andreas sê wanneer ’n kwessie verband hou met die lewering van basiese dienste, soos toegang tot water, sanitasie of vullisverwydering, sal die munisipaliteit die saak met die eienaar van die plaas bespreek om ’n oplossing te vind en te verseker dat die eienaar sy of haar verantwoordelikhede nakom.

“Aangesien plase buite die stedelike grens val, lewer die munisipaliteit nie direkte dienste aan plase nie.

“Waar daar egter ’n noodgeval is of geen eienaar teenwoordig is nie, probeer ons onmiddellike tydelike verligting bied (byvoorbeeld die beskikbaarstelling van ’n tydelike watertenk), soos ons begroting dit toelaat.

“Tot dusver het die munisipaliteit die volgende plase besoek en daar ingegryp: Leeurivier, Ou Ruigtevlei, Limietrivier en Bellevue.

“Die munisipaliteit help met die voorsien-

ing van water op sommige van die plase.

“Ons het ook die provinsiale departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling sowel as Child Welfare South Africa in kennis gestel van probleme wat verband hou met die welsyn van kinders en met dwelmmisbruik,” het Andreas verduidelik.

Sy het gesê verdere plaasverwante uitdagings sal van geval tot geval hanteer word.

“Die doel van ons optrede is nie om plase te onteien of dit te koop nie, maar om na die welsyn van al die inwoners van Drakenstein om te sien – insluitend ons plaaswerkers en hul kinders, asook ons grondeienaars,” het Andreas benadruk.

‘DIS NET ’N POLITIEKE FOEFIE’ SÊ CDR

Intussen het die groep Concerned Drakenstein Residents (CDR) die munisipaliteit se optrede as niks anders as ’n politieke foefie bestempel.

“Ander politieke partye, wat werklik in voeling is met die werklikheid van hierdie plaasbewoners, word nie by die intervensies betrek nie.

“Die waarheid is dat daar geen politieke wil in die DA-regering is om hierdie ding te dryf nie.

“Die burgemeester sê een ding, dan doen sy party die volgende omdat hulle nie almal saamstem dat die lewensgehalte op hierdie plase verbeter moet word nie.

“Dit is niks anders as ’n politieke foefie nie,” het die CDR se leier, Bazil Jacobs, gesê.

“Rita Andreas is al vir langer as 10 jaar vir landelike ontwikkeling verantwoordelik, maar ons sien niks ontwikkeling in ons landelike gebiede nie. Dis alles net praat,” het hy bygevoeg.

Swartland-landbouskou goed ondersteun

Die Swartland se bekende Swartlandskou se jaarlikse landbouseminiaar is vanjaar weer goed deur plaaslike produsente in die landbousektor ondersteun. Die tema van vanjaar se paneelbespreking was die toekoms van boerdery, “Landbou 2025: Waarheen is ons op pad?”

Die paneelgesprek is gelei deur Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital en ’n TV-persoonlikheid en het ingesluit dr. Tobias Doyer (uitvoerende hoof van Graan SA), prof. Johan Fourie (professor in ekonomie by die Universiteit Stellenbosch) en die analis JP Landman.

Hoewel kortliks verwys is na die uitdagings wat graanboere in die streek ervaar, is grootliks uitgebrei oor probleme met tariefonderhandelings en die ondersteuning van binne die koalisieregering. Tog is ’n gesonde prentjie oor die landbousektor in Suid-Afrika in geheel geskets. Landman het aangevoer die

Die uitvoerende hoof van Kaap Agri (KAL-groep) Sean Walsh (heel links) het die afgelope Vrydagoggend (5 September) gassprekers by die Swartland Skou se jaarlikse landbouseminaar verwelkom. Langs hom staan dr. Tobias Doyer (die uitvoerende hoof van Graan SA), prof. Johan Fourie (professor in ekonomie by die Universiteit Stellenbosch), Theo Vorster (die uitvoerende hoof van Galileo Capital en ’n TV-persoonlikheid), JP Landman (analis) en Richard Krige (die voorsitter van GSA).

landbousektor verbou vandag dubbel as in 1994. Al drie sprekers was opgewonde oor wat die toekoms vir landbou in Suid-Afrika inhou en het boere aangemoedig om vernuwend te bly en die

Seun (13) van Wellington verdrink in plaasdam

Die Wellington-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat ’n 13-jarige seun verlede Saterdag (30 Augustus) in ’n plaasdam by die Behne-boerdery in die Blouvleigebied verdrink het.

Volgens kol. Johan Barkhuizen, die bevelvoerder van die Wellingtonpolisiekantoor, is die polisie omstreeks 15:45 na die plaasdam ontbied.

“Die 13-jarige slagoffer en vier van sy vriende het kort voor sy verdrinking by die dam geswem. ’n Lykskouing vind tans plaas.

“Hierdie is ’n baie tragiese voorval,” het Barkhuizen gesê.

Die Wellington-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het in ’n verklaring gesê die polisie, die

Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Drakenstein-branddienste, die plaaslike ambulansdienste asook die polisie se duikeenheid was spoedig op die toneel om die seun se lyk uit die dam te haal.

Paarl Post het verneem dat die seun vermoedelik van die Paytonomgewing in Wellington is.

Die Weskus-distriksmunisipaliteit se hoof van toerisme, Heinrich Robertson (middel) het die afgelope week by vanjaar se Swartland-skou ’n paneelbespreking tussen verskeie gassprekers gelei. Bo gesels hy met James Vos, ’n raadsheer van die Stad Kaapstad en burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei; Riaan Engelbrecht van Namaqua Koffie; en Mark Botha, ’n boer in die Cederberg wat sy plaas danksy rotsklim in ’n internasionale bestemming ogeskep het.

Van bladsy 1.

Die kollig word dus geplaas op die ervarings, die gebeurtenisse en die aktiwiteite wat uiteindelik die trekpleister sal wees om mense na jou bestemming te lok en terselfdetyd daardie bestemming markgereed te maak,” verduidelik hy verder. Vos meen ’n vol program moet vir besoekers gebou word sodat daar nie tyd of geld gemors word om te soek na iets om te doen of watter attraksie om volgende in jou area te besoek nie. “Toeriste, reisigers en besoekers aan ons streek vereis ’n vol program sonder verwarring sodat hulle nie geld sal verloor nie.”

Hy sê verder konnektiwiteit is ook ’n sleutelfaktor om toeriste met ander streke te verbind. Volgens hom is die lughawe ’n venster tot ander bestemmings. “Tans land 226 internasionale vlugte weekliks in Kaapstad vol besoekers, toeriste, beleggers en reisigers. Dit is ’n slim bemarking wat daartoe sal lei dat daardie persoon by ’n plek of produk op pad na sy bestemming gaan stilhou.

“Nog ’n belangrike punt is vooruitbesprekings wat solied is. Sonder vooruitbespreking kan jy nie jou besigheid bou of jou produk as volhoubaar bemark nie. Om jou bestemming of produk te gaan bemark, moet volhoubaarheid betrokke wees, die basiese elemente moet reg wees en die prys moet reg wees omdat mededing groot is.” Vos benadruk dit is belangrik om daardie geografiese verspreiding reg te kry, aangesien geld in die plaaslike ekonomie sirkuleer. “Die agri-toerismekonsep is iets waarvan ons ’n groot geleentheid kan maak,” voeg hy opgewonde by.

regering gevra om ’n omgewing te skep waar landbouentrepreneurs kan doen wat hulle doen. Groot klem is geplaas op die rol van moderne tegnologie in landbou en wat dit vir voortuitgang inhou.

Hy herhaal dat samewerking van kardinale belang is. “My doelwit is om Kaapstad se syfers op te stoot, maar ek kan nie die besoeker 24 uur ’n dag vir sewe dae ’n week daar hou nie, want hy wil die res van die streek besoek. Daarom moet daar nouer samewerking wees.

“Weet wat jy bemark, hoe jy dit moet bemark en vir wie jy bemark,” sluit Vos af met dié raad aan elkeen in die plaaslike toerismebedryf.

Kerkgangers ernstig beseer

Altesaam 14 passasiers, onder wie kinders, is Sondagaand (7 September) in ’n ernstige botsing tussen ’n Kia-bakkie en ’n Mercedes-Benz op die ou Kalbaskraal-pad buite Malmesbury beseer. Die plaaslike polisie ondersoek ’n klag van roekelose en nalatige bestuur nadat die twee voertuie omstreeks 19:00 in ’n botsing reg van voor betrokke was. Hoewel niemand in die botsing dood is nie, het nooddienwerkers ure lank geworstel om insittendes wat in die bakkie vasgekeer was, uit te sny. Die insiitendes vol jeugdiges het kort voor die voorval ’n kerkdiens bygewoon. Dit is in hierdie stadium onduidelik in watter rigting hulle onderweg was. Volgens sers. Henry du Rand, ’n woordvoerder vir die Malmesbury-polisie, het die bestuurders van albei voertuie ernstige beserings opgedoen. Du Rand sê die insittendes is almal van die Chatsworth-omgewing. Al 14 beseerdes is met ambulanse na die Swartland-hospitaal geneem vir behandeling. Die ongelukstoneel is teen 22:00 opgeklaar. Die ongelukstoneel op die ou Kalbaskraal-pad. Foto: Swartland Towing

Swartlandskou ‘oes’ groot

Die 91ste Swartland-skou is vanjaar met groot sukses tussen 3 en 6 September in Moorreesburg aangebied. Die skoukantoor sal later vandeesweek die amptelike syfers vir besoekers aan die skou bevestig.

Gaste genooi vir die jaarlikse produsente-seminaar gesels gesellig na afloop van die geleentheid in die Inteligro-tent.

het baie aandag – en inskrywings – gelok.

het

Uitstallers bemark hul produkte by belangstellende skougangers.
John van Rhyn (12) van Hoekland Herefords berei die beeste voor vir skoutyd.
Skougangers
vanjaar ’n geleentheid gekry om die verskillende skaaprasse se wol te voel.
Een van Jannie du Toit se SA Vleismernino’s van Vlakkerug-boerdery buite Riebeek-Kasteel, aan die beurt by vanjaar se Swartland-skou.
Die SA Vleismerino-kampioenskap
Kassie Carstens, ’n perdekenner van Wellington, loop nooit ’n perdeskou mis nie. By hom sit sy vrou, Lenie, en Elize Otto, wat die Carstens na vanjaar se Swartland-skou in Moorreesburg geneem het.
Die SA Vlaamperd-kampioenskap aan die gang by die Swartland-skou.
Skougangers kyk
’n Skouganger, Ian Lourens (links), stap saam met die skoupresident Jacques Bester (regs) tydens vanjaar se 91ste Swartland-skou in Moorreesburg.

‘Nier die grootste geskenk’

“Suid-Afrika word deur een van die hoogste syfers van chroniese niersiekte ter wêreld in die gesig gestaar –hoofsaaklik gedryf deur diabetes, hoë bloeddruk en MIV. Tog het ons land, ten spyte van die dringende behoefte, een van die laagste orgaanskenkingsyfers wêreldwyd – net 1,2 skenkers per miljoen van die bevolking.”

Só sê Stella de Kock te midde van nasionale nierbewustheidsweek, wat verlede week van 1 tot 5 September gedenk is. De Kock dien as besturende direkteur van die Transplant Education for Living Legacies-organisasie (Tell), wie se missie dit is om Suid-Afrikaners oor orgaan- en weefselskenking op te voed.

“Hierdie Nasionale Nierbewustheidsweek van 1 tot 5 September werp Transplant Education for Living Legacies lig op die kwesbaarste pasiënte van almal – kinders wat met chroniese niersiekte leef. Vir hierdie jong pasiënte kan orgaanskenking – hetsy dit nou van ’n lewende skenker of ’n oorlede skenker is – die verskil beteken tussen jare se indringende dialise en die kans om ’n vol, gesonde lewe te lei.”

De Kock voeg verder by: “Wat baie mense nie besef nie, is dat jy tot 90% van jou nierfunksie kan verloor sonder om duidelike tekens of simptome te toon. Teen die tyd dat simptome verskyn, is nierskade dikwels ernstig en onomkeerbaar.” Sakkie van der Westhuizen (58), wat voorheen in die Paarl gewoon het en tans in Piketberg boer, het in 2006 ’n nieroorplanting ondergaan. Hy vertel hy het van jongs af baie nierinfeksies gehad. Dokters het vasgestel dat hy drie nier-

buise pleks van twee het. Hy het gereeld infeksie in die derde buis, wat nie ’n nier gehad het nie, opgedoen. Ten spyte hiervan het Sakkie nie eens aan die moontlikheid gedink dat sy niere hom sou pla wanneer hy ouer is nie.

“Ek het aan die begin van 2006 baie moeg begin raak. Dit het heeltemal toevallig gebeur dat ek toe aansoek gedoen het om ’n polis – wat afgekeur is – en hulle het my laat weet ek moet die dokter gaan spreek, want hulle het probleme gesien. Hulle (die polismaatskappy) sê mos nie vir jou wat die probleme is nie. Ek is toe na ’n dokter toe en hy het my dadelik na ’n nierspesialis verwys, want hy het gesien ek het probleme. Toe ek daar kom, was ek al baie ver in nierversaking. In daardie stadium was die nierfunksie al van so ’n aard dat hulle my onmiddellik op ’n waglys vir ’n nier geplaas het,” onthou Sakkie nog duidelik.

“Dit was toe al redelik ver gevorderd en onomkeerbaar. Die dokters kon in daardie stadium eintlik niks meer doen nie. My toestand het net erger geraak en hulle het my toe met dialise laat begin. Ek het peritoneale dialise ondergaan. Dit beteken jy kan dit self by die huis doen. Dokters plaas vir jou pypies in jou maag en dan het jy hierdie sakkies wat jy vervang. Ek het dit vier keer per dag gedoen.

“Toe het hulle my laat weet daar is ’n geskikte nier vir my, maar op daai dag toe hulle my bel, was ek toevallig by die dokter weens bronchitis. Ek kon dus toe nie die nier ontvang nie, want ek was nie gesond genoeg daarvoor nie. Jy moet 100% gesond wees, anders kan jou liggaam die nier verwerp.

“Op 15 Desember 2006 was ek besig met dialise toe hulle my bel en sê ek

Nuusbrief

Beveilig jou familie se toekoms hierdie testamentweek: 'n Gids vir alle Suid-Afrikaners

Hallo, ek is Emile Janse van Rensburg, en terwyl ons die nuwe seisoen verwelkom, is dit die perfekte tyd om te dink oor die beskerming van ons geliefdes. Dit is veral waar, soos ons die Nasionale Testamentweek nader, wat van 15 tot 19 September 2025 plaasvind.

Hierdie jaarlikse inisiatief is 'n belangrike herinnering dat 'n testament nie net vir die rykes is nie – dit is 'n fundamentele dokument vir elke Suid-Afrikaner

Baie van ons glo verkeerdelik dat 'n testament onnodig is as ons nie baie bates het nie. Ongeag jou ouderdom of nansiële status, is 'n geldige testament egter die mees effektiewe manier om te verseker dat jou wense nagekom word en jou familie beskerm word nadat jy heengegaan het.

Die gevare daarvan om sonder 'n testament te sterf

As jy sonder 'n testament sterf, word jou boedel verdeel volgens die Wet op Intestate Erfopvolging. Dit beteken die wet, en nie jou wense nie, bepaal wie jou bates erf. Dit kan lei tot onbedoelde en dikwels pynlike gevolge. Byvoorbeeld, jou

boedel kan verdeel word tussen 'n oorlewende gade en kinders, wat moontlik nie is wat jy in gedagte gehad het nie. Die afwesigheid van 'n testament kan ook lei tot lang en duur regstryde tussen familielede, wat 'n tyd van rou in 'n tydperk van konik verander n Geldige testament bied 'n duidelike, wetlik bindende dokument wat hierdie scenario's voorkom. Dit stel jou in staat om presies te spesiseer wie wat erf, van jou eiendom en bankrekeninge tot sentimentele items. Dit is 'n padkaart vir jou boedel, wat n gladde proses verseker en familieharmonie bewaar

Beskerming van jou belangrikste bates Vir ouers is 'n testament deurslaggewend vir die aanstelling van 'n wettige voog vir jou minderjarige kinders. Sonder 'n testament sal die hof n voog bepaal en aanstel, en hoewel hulle in die kind se beste belang optree, stem hul keuse dalk nie ooreen met jou persoonlike waardes of wense nie. Deur 'n voog in jou testament te benoem, verseker jy dat jou kinders versorg word deur iemand wat jy vertrou. Dit is ook belangrik om bewus te wees van algemene wanopvattings. Jou aftreefonds en lewensversekeringspolisse vorm nie outomaties deel van jou boedel nie. Jy moet begunstigdes vir hierdie afsonderlik nomineer om te verseker dat die fondse korrek verdeelword. Dit is 'n algemene nalatigheid wat kan lei tot

“AL WAT EK VIR DIE MENSE OM MY KAN SÊ, IS ENIGE ORGAANSKENKING IS ’N ONGELOOFLIKE GESKENK.”

moet deurkom, daar is ’n nier vir my. Ek is toe na die Christiaan Barnard-hospitaal en die oorplanting is in die Kaap gedoen.”

Dit is vanjaar 19 jaar sedert die oorplanting en Sakkie is ontsettend dankbaar vir sy tweede kans op lewe. Hy sê dit gaan goed met hom en so ook met die gehalte van sy lewe.

“Ek gebruik die medikasie al vir baie jare, wat onder meer kortisoon insluit, wat op die lange duur nie juis goed is vir ’n ou se liggaam nie. Dinge gaan mos maar stelselmatig so met die ouderdom agteruit. Al wat wel ’n probleem is, is dat my spierfunksies nie so lekker is nie. Ek sal baie maklik byvoorbeeld ’n spier skeur. My spiere verswak maar weens die lang tydperk wat ek die kortisoon gebruik.

“Die ander probleem is as gevolg van die verwerpingsmedikasie – jou liggaam se immuniteit word die heeltyd onderdruk. My liggaam het dus nie die natuurlike vermoë om teen ander siektes te veg nie – siektes soos kanker en sulke goed beteken dat ons, wat oorplantings ondergaan het, baie vatbaar daarvoor is.”

Kanker is in Oktober verlede jaar by Sakkie gediagnoseer. Dit was ’n gewas in sy boudspier en dokters kon ongelukkig nie sny om dit te verwyder nie. Hulle moes ’n ander roete volg na gesondheid en hy het chemoterapie en 28 sessies bestraling ondergaan.

“Sowat ’n maand gelede was ek weer vir toetse in die tonnel en alles is skoon. Ek is baie dankbaar daarvoor, maar dit is mos maar iets wat die heeltyd half oor ’n ou se kop hang. Ek bedoel, ek is bitter dankbaar – dit is amper 20 jaar van ’n ou se lewe wat jy bygekry het. Ek is baie dankbaar die nierfunksie is al die pad baie goed – selfs deur die kankerbehandeling.” Sakkie sê van toe af tot nou was nie ’n maklike pad om te stap nie. Hy sê ten spyte van die berge wat hy moes versit, was hy nog altyd ’n positiewe mens. “Ek het probeer aangaan so goed ek kan, maar ek dink wat ’n mens vergeet, is die invloed wat dit op jou gesin het. Al wat ek vir mense om my kan sê, is enige orgaanskenking is ’n ongelooflike geskenk.”

. Besoek www.tell.org.za vir nog inligting oor hoe om ’n orgaanskenker te word.

Local private healthcare

aansienlike komplikasies vir jou geliefdes.

Moenie uitstel nie: Kom in aksie hierdie testamentweek

Tydens Nasionale Testamentweek bied baie instansies aan om basiese testamente gratis op te stel. Dit is 'n fantastiese geleentheid om hierdie noodsaaklike dokument sonder enige koste te skep. Deur hierdie eenvoudige stap te neem, beskerm jy nie net jou bates nie, maar, nog belangriker, jy verseker die toekoms van die mense vir wie jy die liefste is. 'n Goed opgestelde testament verseker dat jou nalatenskap met sorg en respek hanteer word, wat jou en jou familie onskatbare gemoedsrus gee. Maak 'n plan jou testament Testamentweek te stel –van die proaktiewe liefdevolste wat jy vir familie se toekoms kan doen.

“If Crestcare hadn’t been just minutes away, I might’ve lost my husband.” That’s how Malmesbury resident Mary Abrahams* describes the terrifying moment her husband collapsed while mowing the lawn, clutching his chest in pain.

“I rushed him to Crestcare Malmesbury Hospital. The Emergency Care team acted immediately, diagnosing him and starting treatment within minutes. Thanks to their swift response and the hospital’s proximity, my children still have their father today.”

For years, residents of Malmesbury and the greater Swartland region have had to travel far for quality private healthcare. That has now changed. Crestcare Malmesbury Hospital, a state-of-the-art 84-bed facility, is redefining healthcare access in the region by bringing world-class medical services right to our doorstep.

From its inception in August 2024, Crestcare has been driven by a “community inspired” ethos. The hospital offers a full spectrum of specialist services including orthopaedics, gynaecology, urology, paediatrics, and 24-hour emergency care. It boasts four modern operating theatres, one featuring advanced laminar flow technology, which means patients will receive surgical care in the most sterile environments possible. Critically ill patients are treated in a fully equipped ICU, while the Neonatal and

Paediatric ICUs provide specialised care for newborns and children. Crestcare’s partnership with SCP Radiology and Pathcare Pathology ensures seamless diagnostic services, including MRI, CT scans, and X-rays on site.

But Crestcare is more than just cutting-edge technology. At its heart is a dedicated team of doctors, nurses, and specialists who prioritise patient experience. Women’s health is a key focus, with services ranging from fertility support to menopause care, all delivered with empathy and clinical excellence. Crestcare’s orthopaedic and urology teams offer personalised treatment plans, including robotic-assisted procedures.

Morné Weideman, Hospital Manager at Crestcare Malmesbury, notes: “Bringing critical acute care closer to communities has a ripple effect. We’re not only improving health outcomes but also contributing to local economic growth through job creation and investment”.

Crestcare Malmesbury is a beacon of hope, healing, and progress, ensuring that exceptional healthcare is no longer a luxury, but a local standard.

. To book an appointment or get emergency help, call 087 210 0230 or visit www. crestcare.co.za/malmesbury.

*Name changed

for illustration purposes:

is a beacon of hope, healing, and progress, ensuring that exceptional healthcare is no longer a luxury, but a local standard.

Sakkie van der Westhuizen
Photo
Crestcare Malmesbury
Photo: Chris Allan

tjek.

Weeskinders gehelp

Mount Royal Golf and Country Estate in Malmesbury het op Vrydag 22 Augustus ’n suksesvolle geldinsamelingsgholfdag ten bate van Huis van Heerde in Moorreesburg aangebied. Die geleentheid het ’n indrukwekkende R120 000 ingesamel om Huis van Heerde se werk te ondersteun. Die gholfdag het deelnemers uit die plaaslike sakegemeenskap en ander gholf-entoesiaste gelok. Onder die pragtige natuurskoon van Mount Royal se baan het spelers ’n dag vol mededinging, netwerk en filantropie geniet. Huis van Heerde, ’n gevestigde instelling in Moorreesburg, verskaf noodsaaklike dienste aan weeskinders in nood. Die weeshuis het die skenking verwelkom as ’n broodnodige hupstoot vir hul programme. Die geleentheid het nodige bewustheid geskep oor die uitdagings wat weeshuise in landelike gebiede ondervind. Mount Royal beplan soortgelyke aktiwiteite om sy verbintenis tot gemeenskapsdiens te versterk. Die deelnemers het die dag as ’n perfekte kombinasie van sport en welsyn beskryf.

Dagboek | Diary

Stuur inskrywings vir die dagboek na: swartlandgazette@novusmedia.co.za. Spertyd is Maandae voor 12:00.

ALGEMEEN:

Die Goue Jare-dienssentrum vier vanjaar jaar hul 40ste jaar met ’n verskeidenheid aktiwiteite: Op Saterdag 20 September sal ’n bewusmakingsoptog deur die strate van Wesbank, Malmesbury, geskied om die gemeenskap van die diensorganisasie se bestaan bewus te maak. ’n Gala-aand volg op Saterdag 18 Oktober by die nuwe tronk in Malmesbury. Kaartjies is beskikbaar by die Alpha Outreach-sentrum in Malmesbury.

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Konsert sal donkies baat

Al die veld is vrolik en saam met die koms van lente hang die opwinding van nuwe dinge in die lug.

Lente in die Langeberg-Breederivierstreek word vanjaar deur ’n merkwaardige musiekgeleentheid wat binnekort in Robertson plaasvind, gekenmerk.

Mense én donkies gaan baat vind by ’n fees van ligte klassieke musiek, wat Sondag (14 September) om 15:00 deur die bekende en gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in die Oos-kerk aangebied word.

Die Eseltjiesrus Donkey Sanctuary bied die konsert Musiek vir Almal aan as ’n positiewe krag wat mense in hierdie uitdagende tye byeenbring.

Afrika se oudste en waarskynlik bekendste simfonie-ensemble tree op met passie, talent en ’n intense verbintenis met die musiek.

Die geleentheid is nie net ’n konsert nie, maar bied die gehoor ’n onvergeetlike ervaring.

Kaartjies kan aanlyn gekoop word by adopt@donkeysanctuary.co.za of op die konsertdag (van 14:15 af) by die deur van die Oos-kerk in Robertson.

Teen slegs R180 vir volwassenes en R90 vir studente is dit ’n belegging in ’n onvergeetlike middag.

Die ouditorium by die kerk bied uitstekende akoestiek en goeie sig uit alle sitplekke.

Die konsertprogram sal gewis wye aanvaarding geniet.

Gunstelinge soos die Blommewals van Tchaikovsky en Offenbach se Can-Can

Vrouemaand op hoë noot gevier

Stepping Stones, ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag in Kalbaskraal, het Vrouemaand op 30 Augustus op ’n hoë noot afgesluit deur ’n vroue-oggend aan te bied. Die tema was, “Women of Strength”. Die spoggerige geleentheid het in die sportklubhuis plaasgevind. Volgens Caroline Coetzee, een van die organisasie se bestuurslede, was die oggend ’n groot sukses met 120 gaste wat tot drie plaaslike leerders se toerkostes vir ’n Raakrugbytoernooi in Durban bygedra het.

Swartland glimlag breed danksy nuwe (eie) tandarts

Die Swartland het nog nooit breër geglimlag noudat dr. Henry O’Callaghan, jarelange tandarts en inwoner van Malmesbury, die opening van sy splinternuwe praktyk, Dr. O’Callaghan Dental Care, gevier het nie. O’Callaghan het die afgelope 19 jaar as tandarts in Melkbosstrand gewerk. Die tyd het aangebreek om nader aan die huis te werk en tot diens van plaaslike inwoners te wees. Sy praktyk sien daarna uit om nuwe pasiënte te verwelkom vir ’n wye reeks professionele behandelings waar die meeste aspekte van tandheelkunde gedek sal word, insluitend krone en brugwerk, gebitte, skoonmaak en bleiking van tande, om net ’n paar op te noem.

By Dr. O’Callaghan Dental Care is dit belangrik om op die pasiënt se grootste probleem te fokus, maar ook na algehele mondgesondheid om te sien. O’Callaghan fokus op gerusstellende, professionele behandeling binne moderne en gerieflike fasiliteite toegerus vir die hele gesin. Wees verseker Dr. O’Callaghan Dental Care staan gereed – hetsy dit nou ’n roetinebesoek of gevorderde behandeling is. Is dit steeds belangrik om jou tandarts minstens elke ses maande te besoek? O’Callaghan sê definitief. “Dit is belangrik om klein probleempies te identifiseer en te herstel en nie te laat ekskaleer tot groter, duursame prosedures nie,” voeg hy vriendelik by. O’Callaghan het nou wel al vir jare as

Dr. Henry O’Callaghan, eienaar van Dr. O’Callaghan Dental Care by Hoofstraat 29, Malmesbury (Basson en Louw-gebou).

tandarts – insluitend tien jaar in Engeland – gepraktiseer, maar die uitdagings wat elke dag bring en die mense wat hy daagliks ontmoet, bly vir hom ’n plesier. Besoek jou nuwe tandarts vandag nog.

sal vermaak, asook die keur van komponiste soos Grieg, Rossini, Smetana en Saint-Saëns.

Van besondere belang sal ’n keurspel wees om erkenning te gee aan die beskermheer van Eseltjiesrus, die alombeminde David Kramer.

Kom geniet Musiek vir Almal en help om ’n positiewe invloed te hê en julself te geniet – alle opbrengste sal die noodsaaklike donkiewelsynwerk van Eseltjiesrus naby McGregor ondersteun.

• Kontak Johan by 083 429 3217 vir enige navrae.

Die donkies by Eseltjiesrus in McGregor lyk skoon opgewonde oor die koms van die Kaapse Filharmoniese Orkes, wat geld vir dié organisasie insamel.
Fredalaine Harmse (bemarkingsbestuurder Huis van Heerde) en Francois Smith (Riverleaf Investments CEO/ Mount Royal ontwikkelaar) met die
Vroue van Kalbaskraal is opgetof vir ‘n deftige vroueoggend, wat op 30 Augustus gehou is. Van links staan Brendalene Kotella, Katriena Haas, Tasneemah Brenner, Caroline Coetzee en Christolene Manewil.

Rolprent leer ons daar’s altyd hoop

Die gewilde selfoonvideo wat in 2019 soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het en waarin ’n jong meisie in Namibië met haar fiets in ’n rugbypaal vasry en die land laat skater het, is nou in ’n rolprent omgeskep.

Die rolprent, My f*k, Marelize! , is tans in teaters in Suid-Afrika en Namibië te sien.

Swartland Gazette se susterskoerant, Paarl Post , het Vrydag die geleentheid gekry om met die bekende Horn-gesin van Windhoek, op wie die rolprent gegrond is, te gesels.

Die Horns en twee aktrises in die rolprent, Nichola Viviers en Zandelle Meyer, het die rolprent verlede Vrydagaand (29 Augustus) saam met fliekgangers by Minimax in die Paarl gekyk. Dit was nadat Lyndon Jaftha, die eienaar van Paarl FM, ’n paar toutjies getrek het deur die regisseur en rolprentvervaardigers te kontak, wat toe ingestem het dat dit in dié teater vertoon kan word.

Die oorspronklike video wys ’n meisie wat met haar fiets reguit in ’n rugbypaal vasry, terwyl haar ma onvergeetlik uitroep: “My f*k, Marelize!” Die eenvoudige oomblik het onmiddellik ’n internet-sensasie geword, maar agter die humoristiese video skuil ’n intieme gesinsverhaal.

Die Namibiese Horn-gesin, wat die rolprent geïnspireer het, word in die produksie op ’n hartroerende en humoristiese wyse uitgebeeld.

Volgens Marelize Horn moet sy haarself soggens knyp wanneer sy opstaan en sê die gesin het nooit gedink hierdie video sal “viral” versprei nie. Sy sê haar suster het die video geneem, waarna sy dit na verskeie

WhatsApp-groepe gestuur het en dit toe wyd op sosiale media versprei is.

Die rolprent is nie net humoristies nie, maar beeld ook Marelize en haar suster, Wilmari, se ma, Heidi Horn, se kankerstryd uit.

Op die vraag wat die Horn-gesin deur hierdie hele ervaring geleer het, het almal saamgestem: “Daar is hoop”.

Volgens Tiaan Horn, die patriarg van die familie, “is die lewe vol hekke” en beteken hierdie “hekke” nie dat dit die einde van jou pad is nie, maar net ’n struikelblok wat oorkom moet word.

Die vier akteurs wat die Horn-gesin vertolk, sluit in Je-Ani Swiegelaar as Heidi, Neels Clasen as Tiaan, Nichola Viviers as Wilmari en Zandelle Meyer as Marelize. Meyer het by vanjaar se Silwerskermfees die toekenning vir Beste vroulike byspeler in ’n rolprent vir haar rol ontvang, terwyl Swiegelaar met die prys as Beste aktrise in ’n speelfilm weggestap het.

Die regisseur van die rolprent, Zandré Coetzer, vertel dat sy en die draaiboekskrywer, Brett Michael Innes, al lankal wou saamwerk.

“Ons het besef dit is nou of nooit. Ons het Namibië toe gegaan om die Horns te ontmoet. Tiaan, Marelize se pa, het ’n kroeg by sy huis en daar het ons stories gedeel. Ons het besef hierdie gesin is baie meer as net ’n snaakse video – hulle is hartlik, liefdevol en herkenbaar.”

Die rolprent beklemtoon die universele temas van menslikheid en selfaanvaarding. “Dit was die perfekte epic fail -oomblik, maar wat dit onvergeetlik gemaak het, was Heidi se rou, eerlike reaksie. Dit laat mense voel dis oukei om jouself te wees en jou foute te hê. In jou gesin en by familie kan jy wees wie jy is – hulle rol hul oë, maar ondersteun jou onvoorwaardelik,” sê Coetzer.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 20/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN

ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 322, KALBASKRA AL

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: TH Anamo & BE Wachomo, Riverstraat 33, Kalbaskraal, 7302. Tel no. 0617401289

Verwysingsnommer: 15/3/3-6/Erf_322

15/3/4-6/Erf_322

Eiendomsbeskrywing: Erf 322, Kalbaskraal

Fisiese Adres: Rivierstraat 33, Kalbaskraal

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 322, Kalbaskraal ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 322 (groot 227m²) hersoneer word vanaf Residensiële sone 2 na Sakesone 2 ten einde die bestaande winkel op die perseel te we�g.

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 322, Kalbaskraal ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwyking behels die volgende:

• Afwyking van die 3m syboulyne (noordelike en oostelike grense) na 0m onderskeidelik;

• Afwyking van die vereiste 6 op-perseel parkeerplekke na 2;

• Afwyking van die toelaatbare dekking van 75% na 76%.

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsdienste, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M u n i s i p a l e B e s t u u r d e r, P r i v a a t s a k X 5 2 , M a l m e s b u r y, 7 2 9 9 / Fa k s – 0 2 2 - 4 8 7 9 4 4 0 /e - p o s –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 13 Oktober 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

Munisipale Kantoor

Kerkstraat 1

MALMESBURY 7300 12 September 2025

Tuin van Digters bied baie

Die Afrikaanse digkuns se pad vorentoe ná Breyten Breytenbach; die bekendstelling van digbundels van onder andere die Suid-Afrikaans-Kanadese digter Klara du Plessis van haar nuutste tweetalige digbundel Ek’t Act; van Marlise Joubert, wat vanjaar 80 word, se jongste bundel Atrium; en van Herman Wasserman se debuutbundel Waterman en Wium van Zyl se Poëme Daarby ook die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel, die huldiging (postuum) van die digter Johann de Lange en die die pryswenner- digter en skrywer Gaireyah Fredericks, wat ’n huldigingsgedig aan Breytenbach gaan voordra.

Dit is enkele van die hoogtepunte by vanjaar se 14de Tuin van Digters-digfees, die “Tuiste van die Afrikaanse digkuns”, op 12 en 13 September by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Vanjaar se tema is “Wanatoe”.

Liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan ook uitsien na verskeie ander digtersgesprekke, musikante wat toonsettings van gedigte sing, voorlesings deur opkomende digters van hul gedigte en praguitstallings in die twee galerye.

Volgens Francois Lötter, wat die negende jaar die programorganiseerder van Tuin van Digters is, is die Breytenbach-sentrum se trust en direksie voorberei en gereed om die nagedagtenis van Breytenbach, wat op 24 November 2024 in Parys, Frankryk, oorlede is, en sy visie vir die sentrum in stand te hou.

“Daarom word voortgegaan om gevestigde sowel as jong digters en woord- en kunsskeppers uit alle gemeenskappe te betrek en bewus te maak van die belangrike rol wat Breytenbach deur sy werk en sy menswees vervul het.”

Lötter sê om dit te beklemtoon, bied PEN Afrikaans by vanjaar se Tuin van Digters ’n paneelgesprek, “Hienatoe”, aan. Die digter Danie Marais sal as fasiliteerder saam met die mededigters

Alwyn Roux, Keith Oliver Lewis, Ryan Pedro, Klara du Plessis en Diana Ferrus die feestema “Wanatoe” belig en oor die toekoms van die Afrikaanse poësie gesels – met spesiale aandag aan nuwe wisselwerkings, temas en stemme wat die digkuns vorentoe dra.

Ter huldiging aan Johann de Lange, wat op 27 Maart oorlede is, sal die digter Daniel Hugo, wat nou saam met De Lange gewerk het, ’n praatjie lewer. Chris van Niekerk sal van De Lange se gedigte voorlees.

Twee uitstallings sal gehou word.

J J SCHOLTZ

Munisipale Bestuurder

SSSSSS-ST090925

Vir “Gee, Aangee: Nooit Opgee” in die Breytenbach-galery is gevestigde kunstenaars deur die hoofkurator, Anne-Ghrett Erasmus en die kunstenaar Louis Jansen van Rensburg, genooi om ’n visuele gesprek met Breytenbach “te voer”. Kunstenaars kon Breyten se digkuns én

skilderkuns as vertrekpunt en inspirasie gebruik om kunswerke te skep wat sy nalatenskap vereer. Vir die uitstallings “Wanatoe; Soentoe” in die Cloete-gemeenskapsgalery het Anne-Ghrett en die kunstenaar, onderwyser en lektor Marieke Kruger jong, ongevestigde kunstenaars van die toekoms geïnspireer en leiding gegee. Kruger het ’n keuse van haar top-oudstudente van verskillende instansies genooi om aan hierdie uitstalling deel te neem om die pad vorentoe ná Breyten in hul kuns aan te dui. Bespreek by AnneGhrett Erasmus Coetzee by 083 415 0002. Marí Borstlap, ’n regisseur, aktrise en ontwerper wat onder meer die regie van Onder ’n Bloedrooi Hemel gedoen het, en in Breytenbach se laaste drama, Verwelkingslied, by vanjaar se Suidoosterfees [opgetree het], is die openingspreker van die kunsuitstallings. Dit vind op Vrydag 12 September om 18:00 plaas. Musiek en toonsetting van gedigte word ook nie agterweë gelaat nie. Buiten Danie (Reënwolf) du Toit en sy pa, ook Danie, se sang en gedigte, tree Ilana de Vlakte van Aranos in die suide van Namibië Vrydagaand op. Sy sing toonsettings van haar eie gedigte sowel as van dié van Breytenbach.

Saterdag kom voorlesings en die sing van getoonsette gedigte van Breytenbach deur Laurinda Hofmeyr en ook Ilana de Vlakte, met Schalk Joubert op die baskitaar, aan die beurt.

Die sanger, digter, kunstenaar, akademikus en Breyten-gespreksgenoot Andries Bezuidenhout sing van sy eie nuwe toonsettings, ’n paar Koos du Plessis-nommers van sy mees onlangse album, asook liedjies uit jare gelede van die Brixton Moord en Roof Orkes. Kapelaan Pat Plank, ook bekend as die beeldhouer Gerhard Barnard, is saam met hom op die verhoog as die akoestiese weergawe van die Brixton Moord en Roof Orkes se kitaarslaner. Die volledige program en ander besonderhede oor Tuin van Digters 2025 is by https://breytenbachsentrum.co.za/ wp-content/uploads/2025/08/tuin-vandigters-2025-program.pdf beskikbaar. Dit is ook op die Breytenbach-sentrum se webblad by www.breytenbachsentrum.co.za en die Facebook-blad te sien. • Tuin van Digters word deur Dagbreektrust se trust vir kuns, kultuur en erfenis en NB Uitgewers geborg. Kaartjies kan by Quicket by https:// www.quicket.co.za gekoop word. Kaartjies kos R100 per volwassene vir Vrydag 12 September (alle programitems ingesluit), R250 per volwassene vir Saterdag 13 September (alle programitems ingesluit), R300 per volwassene vir ’n naweekkaartjie, R100 per student vir ’n naweekkaartjie en R50 per dag vir kinders onder 16.

My f*k, Marelize! is verlede Vrydagaand by Minimax in die Paarl vertoon. Van links is die aktrises Zandelle Meyer en Nichola Viviers, wat onderskeidelik die rolle van Marelize en Wilmari in die fliek vertolk, die ware Marelize Horn, Heidi Horn (Marelize se ma), die ware Wilmari Horn (Marelize se suster) en Tiaan Horn (Marelize se pa). Foto: Jana Scheepers

AANDAG !!! Alle Kliënte VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen bankaflosse.

BUY ALL CARS FOR CASH! Call: 084 844 0000

Gazette

Kontak ons vir advertensies en nuus

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.

Advertensies

Loraine Malan

T: 022 4824669

S: 071 4929797

E: loraine.malan@novusmedia.co.za

Geklassifiseerde advertensies

Jaydene Sampson

S: 071 434 7583

E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za

Redakteur

Maryke Swart

T: 022 713 1066

E: maryke.swart@novusmedia.co.za

Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za

OMBUDSMAN

Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

MEIRING PRIMÊR AANSOEK VIR TENDER - VERVOER VAN LEERDERS

Hiermee wil ons graag aankondig dat ons op soek is na `n vervoerkontrakteur om ons leerders te vervoer vir die volgende roete en die roetespesifikasies:

Roete WCE 402 - Die vervoer van 67 leerders oor `n afstand van 13,5km vanaf Waterbron en Swartdam/ Môrester-afdraai na Meiring Primêr, slegs op amptelike skooldae.

Die kontraktydperk sal wees vanaf 1 Oktober 2025 - 30 September 2026.

CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.

en Boland

WhatsApp: 066 290 6512 Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Die aansoek moet die tenderdokumente, sowel as al die nodige dokumente soos die padwaardigheidser��kate, lisensies van die voertuie en bestuurders, “Opera�ng ”l i s e n s i e v i r d i e r o e t e , s o o s a a n g e d u i , b e w y s v a n versekering van die voertuie en derde party, ens. Insluit. Indien die dokumente nie ingesluit word nie, sal die aansoek nie oorweeg nie.

Tenderdokumente is beskikbaar by die skool. Dit moet by skool ingehandig word deur dit in die boks, genaamd, “ Tender- Roete 402”, te plaas in die voorportaal van Meiring Primêr, Leliestraat, Riebeek-Kasteel.

Die slui�ngsdatum vir inhandiging van tenderdokumente is 21 September 2025 om 12:00. NM10027402-ST090925

SW TLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 21/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING, REGISTRASIE VAN SERWITUTE EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP GEDEELTE 35 VAN PLA AS JACOBUS KRA AL NO 554, AFDELING MALMESBURY

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: WACS at Koffiefontein Pty Ltd, Kontanna Rylaan 96, Centurion, 0157. Tel no. 0726278611

Verwysingsnommer: 15/3/3-15/Farm_554/35

15/3/4-15/Farm_554/35

15/3/8-15/Farm_554/35

Eiendomsbeskrywing: Gedeelte 35 van plaas Jacobus Kraal no 554, Afdeling Malmesbury Fisiese Adres: 4km oos van Yzerfontein langs die R315

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van gedeelte 35 van plaas Jacobus Kraal no 554, Afdeling Malmesbury i n g e v o l g e a r � ke l 2 5 ( 2 ) ( a

Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat ’n gedeelte van plaas 554/35 (groot 60m²) hersoneer word vanaf Landbousone 1 na Spesialesone ten einde ’n telekommunikasie fasiliteit en infrastruktuur te akkommodeer

Die aansoek om registrasie van reg-van-weg en dienste serwitute op gedeelte 35 van plaas Jacobus Kraal no 554, Afdeling Malmesbury ingevolge ar �kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die reg-van-weg serwituut voorsien toegang tot die telekommunikasiefasiliteit en infrastruktuur en die diensteserwituut beskerm op�ese veselkabels.

Badisa wag aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en n pos tiewe lewensingesteldheid.

Verantwoordelikhede sluit in: • Toesig en bestuur van maatskaplike dienspersoneel • Programbestuur en -ontwikkeling • Menslike hulpbronbestuur • Betrokkenheid by finansiële bestuur bemarking en fondswerwing • Leiding en ondersteuning aan Beheerrade • Skakeling met departementele streekkantore, forums en ander rolspelers • Verteenwoordiging en onderhandeling binne gemeenskappe en gemeentes.

Vereistes: Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor minstens vyf (5) jaar praktiese er varing ten opsigte van kinderbeskerming super visie en bestuur Verdere vereistes sluit in u tstekende fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikbestuur, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk, en rekenaar vaardighede. Registrasie by die Su dAfrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend.

Ingevolge die organisasie se transformasiebeleid sal kandidate uit die aangewese groepe by aanstelling voorkeur geniet.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreefonds, asook ruim verlofvoordele.

Standplaas: Onderhandelbaar, in werksarea

Sluitingsdatum: 19 September 2025

Diensaanvaarding: So gou moontlik

Stuur asseblief ’n volledige CV, met bewys van registrasie, voor of op 19 September 2025 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op gedeelte 35 van plaas Jacobus Kraal no 554, Afdeling Malmesbury ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwyking b e

infrastruktuur te akkommodeer

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsdienste, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die

swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 13 Oktober 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1

MALMESBURY

7300

12 September 2025

Malmesbury-spelers vereer

Die Wesbank-rugbyklub is die Swartland-streekkampioen van die Boland Grootuitdaagbeker en sal eersdaags in die top12 uitspele deelneem.

Die Malmesbury-krieketklub het sy jaarlikse bekeruitdeling op 30 Augustus gehou, waar die pas aangestelde hoofafrigter, Alvin Merang, amptelik aan die publiek en media bekend gestel is. Sy inspirerende toespraak het ’n nuwe tydperk van spanidentiteit en toewyding ingelui en die klub se visie vir die 2025/26-seisoen duidelik gestel. Sterpresteerders van die vorige seisoen is vereer, insluitend Donovan Dudley as Beste kolwer én Beste bouler van die eerste span en Moshin Khan as Sportman van die Jaar én Beste bouler van die tweede span. Imitiyaaz Larey is aangewys as Beste kolwer van die tweede span. ’n Opregte dankie is gerig aan Johnny Philander, wie se inspirerende woorde die spelers se moed en motivering versterk het. ’n Spesiale huldeblyk is ook gebring aan Azraa Larey en haar moeder, Najieda, vir hul onwrikbare toewyding as klub-tellers – hul noukeurige werk agter die skerms is ’n stille pilaar waarop die klub se administrasie steun.

Die klub se eerste en tweede spanne het hul seisoen Saterdag (6 September) met T20-vriendskaplike wedstryde teen Kuilsrivier op die Dieprivier-sportterrein ingelui. Die wedstryde het as voorbereiding vir die Boland Krieketunie-seisoen gedien en het Merang die geleentheid gebied om sy span in aksie te sien.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 22/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING EN VERGUNNINGSGEBRUIK OP ERF 1327, RIEBEEK KASTEEL

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: Gondovert Pty Ltd, Pieter Cruythoffstraat 30, Riebeek Kasteel, 7307. Tel no. 084 746 9669

Verwysingsnommer: 15/3/3-11/Erf_1327

15/3/10-11/Erf_1327

Eiendomsbeskrywing: Erf 1327, Riebeek Kasteel

Fisiese Adres: Pieter Cruythoffstraat 30, Riebeek Kasteel

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 1327, Riebeek Kasteel ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat ’n gedeelte van erf 1327 (groot 2638m²) hersoneer word vanaf Residensiële sone 1 na Residensiële sone 5.

Die aansoek om vergunningsgebruik vir tuinbou op ’n gedeelte van erf 1327 (groot 2638m²), Riebeek Kasteel ingevolge ar�kel 25(2)(o) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang ten einde die bestaande hidroponiese kweekhuistonnels te we�g. Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsdienste, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M u n i s i p a l e B e s t u u r d e r, P r i

swartlandmun@sw artland.or g.za gestuur word voor of op 13 Oktober 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1

Wesbank eindig heel bo

David Rossouw

’n Droom wat Mcneil Hendricks en sy span gekoester het, het destyds op 8 Maart op die Wesbank sportterrein teen Saron afgeskop – en op 6 September op Porterville triomfantlik teen Voorberg geëindig.

Met hul doelwit reeds bereik, het Wesbank hul lojale ondersteuners ’n laaste blik op kampioen-rugby gegee en vir dié wat hul span vir 26 weke deur wind en weer gevolg het, was die laaste liga-wedstryd van Boland Rugbyunie se Grootuitdaag-kompetisie ’n gepaste beloning.

Hoewel Wesbank reeds ’n week tevore as kampioen gekroon is, het hulle seker gemaak dat die seisoen op ’n hoë noot eindig — nie net vir die klub nie, maar ook vir die gemeenskap wat hul pad ondersteun het. Voorberg, wat vir die eerste keer in die Swartlandstreek se Grootuitdaag-kompetisie deelgeneem het, het met moed en vasberadenheid gespeel. Hul vuurdoop was kliphard, maar hul gees het gewys dat hulle ’n plek verdien.

Voorberg het verrassend begin met ’n vroeë drie, maar Wesbank het vinnig teruggeslaan met drieë deur Keanan Solomons en Maxville Nero, waarvan Gavin Skippers een verdoel het. ’n Strafskop deur Skippers en ’n drie deur Dillon Strydom het die tell -

ing teen halftyd op 20-5 gestel. Ná die hervatting het Solomons twee verdere drieë gedruk en sy driekuns voltooi. Skippers het een verdoel en Farmer het agter die pale gaan kuier met ’n suksesvolle doelskop – 39-5. Voorberg het laat met ’n onverdoelde drie geantwoord, maar Wesbank het die eindtelling met ’n sewende drie deur Tyreec Liedeman, verdoel deur Dashton Wellman, op 46-12 afgesluit. Vir Wesbank was die oorwinning meer as net ’n telling – dit was ’n viering van toewyding, groei en ’n droom wat vervul is. Hulle gaan nou saam met die Abbotsdale Lillies die Swartlandstreek verteenwoordig. Die span het gewys dat ware kampioene nie net wen nie, maar ook inspireer. Met die Grootuitdaag-trofee reeds in die kas, kyk Hendricks en sy troepe vorentoe na die Sanlam-Boland-Top-12uitspeelwedstryde, wat op 11 Oktober afskop. Een ding is onbetwisbaar: Swartland se kampioene het hul merk gemaak. Nou staan die streek gereed – nie net om te kyk wie wen nie, maar om saam te leef en te onthou wie Boland se storie verder gaan skryf. Die vraag bly: Wie van Abbotsdale, Botrivier, Eagles, Hillcrest, Robertson, Roses United, Delicious NW, Safcol, Saldanha, Villagers Worcester, Vredenburg óf Wesbank gaan met die 2025-Sanlam-Boland-Top-12-trofee van Boland Rugbyunie wegstap?

Gimnaste op pad na SA’s

Plaaslike gimnaste van die Malmesbury se gimnastiekklub, wat veral bekend is vir hul prestasie in akrogimnastiek, het onlangs aan die 2025Wes-Kaap-kampioenskapskompetisie deelgeneem.

Hul deelname aan die provinsiale kampioenskap volg nadat dié gimnaste gedurende die onlangse Weskus-distriksproewe vir die streekspan gekwalifiseer het. Dié kampioenskap het van 22 tot

24 Augustus in Saldanhabaai plaasgevind, waartydens verskeie deelnemers goud, silwer en brons verwerf het. Die gimnaste wat vir die Wes-Kaapspan gekwalifiseer het en eersdaags van 10 tot 12 Oktober aan die nasionale kampioenskap in akro-gimnastiek in Gauteng gaan deelneem, word binnekort bekend gemaak.

Hou hierdie ruimte dop om te sien hoe dié deelnemers van Malmesbury op nasionale vlak gevaar het.

Die Malmesbury-krieketklub se spelers en bestuur by die jaarlikse bekeruitdeling by die Dieprivier- sportkompleks.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.