Paarl Post – E-edition – 4 September 2025

Page 1


P ‘R

Niks

leuse

Sekondêre motivering die gegee Klein Skool punte 54 drie die met se derbykampi gekroon spel Joubert, punte van het. burg, Maahir die intensiteit was Masjien” het strafskop wat gebring bert is asook

DM ontken nepotisme met munisipale aanstellings

’n Munisipale werker en onberispelike bron het die Drakenstein-munisipaliteit se aanstellingsproses as ’n administratiewe nagmerrie bestempel, met nepotisme glo aan die orde van die dag. Die werker, wat anoniem wil bly, het onthul dat die munisipale werknemersdatabank glo tans meer as 30000 name bevat.

“Mense beweer kandidate word ewekansig uit die databank getrek. Verduidelik jy nou vir my hoe ses mense op 1Junie in dieselfde departement permanent aangestel is en almal van hulle het familielede wat vir die munisipaliteit werk?” het die werker beweer.

Volgens die werker kan dit nie wees dat ’n ewekansige stelsel gebruik word nie.

“Waar is die regverdigheid? Elke kandidaat se CV moet deeglik oorweeg word en diegene wat al langer in die databank is, moet eintlik voorkeur kry.

“Die wyse waarop onderhoude vir sekere poste gevoer word, is ook iets wat my pla. Die unies sit slegs in by die onderhoude, maar is glad nie deel van die besluitneming van wie die pos gaan vul nie.

“Wanneer ’n senior bestuurder dus nie van my hou nie of ons persoonlike probleme met mekaar het, gaan ek mos nooit vir werk in aanraking kan kom nie.

Die Drakenstein- munisipale gebou in die Paarl Foto: Argief/Rasaad Adams

“Hierdie hele aanstellingsproses is ’n administratiewe nagmerrie en jy moet basies iemand daar binne ken,” het die werker aan die koerant gesê

Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek by navraag gesê die databasis bevat glad nie 30000 name soos deur die werker beweer nie.

“Die munisipaliteit gebruik twee databasisse – een vir die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) vir tydelike kontrakte, en ’n munisipalewerkdatabasis vir algemene werkersposisies, wat tans op 6531 aansoekers staan.

“Hoewel dit die verantwoordelikheid bly van diegene wat geregistreer het om hul kontakinligting op datum te hou, publiseer die munisipaliteit af en toe kennisgewings in die plaaslike media, wat diegene wat geregistreer het, herin

Teaching posts same in 2026

The Western Cape Education Department (WCED) has confirmed that the number of teaching posts in the province will remain unchanged for the 2026 academic year, maintaining the 35 934 positions allocated for 2025.

Western Cape Education MEC David Maynier made the announcement following the release of a departmental circular earlier this week by Head of Department Brent Walters, which outlined staffing processes for 2026 Schools were expected to receive their individual staff establishments on Friday 29 August

David

The decision follows consultations with teachers’ unions and School Governing Body (SGB) associations regarding the total number of posts available Last year the province reduced the number of teaching posts in a move described by Maynier as necessary, to ensure fiscal sustainability.

“We chose to protect critical learner-support services such as school nutrition and transport, school Norms and Standards payments, and support for Learners with Special Education Needs ”

He acknowledged that the reduction had placed “significant strain” on schools, but noted that the province was doing its best to maintain stability in the face of ongoing financial uncertainty “While the Basket of Posts allocation for 2025 will remain the same for 2026 we recognise the number of learners in our school system will continue to grow next year ” Maynier warned that any further increase in staffing would depend on the province gaining more certainty around its future budgets “Responding to growth is dependent on having more certainty regarding the budget, and so we will be able to make decisions about this only once we have more budget certainty for 2026 ” The WCED is also working with other provinces to lobby the National Treasury for additional funding for education Maynier expressed his appreciation for the province’s educators: “We thank every one of our teachers, principals and officials for the support they have given, and continue to give to our learners ”

Maynier, Western Cape MEC for Education, confirmed this week that teacher posts will not be reduced for the 2026 school year. Photo: Illustration/Pexels

Ikoon-konserte in die spervuur

Die promotor Wynand de Villiers van die Paarl, wat die Ikoon-konsertreeks reël, is die afgelope weke in die middel van groot omstredenheid gewikkel ná berigte oor wanbetaling, ’n hofgeding en kunstenaars wat hul deelname onttrek De Villiers het egter aan Paarl Post gesê hy het niks om weg te steek nie

THEUNSJORDAAN-HULDEBLYKKONSERT

De Villiers se omstredenheid spruit uit die Theuns Jordaan-huldeblykkonsert, wat sowat drie weke gelede in Amsterdam in Nederland plaasgevind het en waar verskeie kunstenaars en tegnici beweer het hulle het nie hul laaste betaling vir die optrede ontvang nie Van hierdie kunstenaars sluit in onder andere Kurt Darren, Ray Dylan en Bok van Blerk Sunette Bridges, dogter van Bles Bridges, het egter die vertoning gered deur sowat R200 000 aan kunstenaars uit haar eie sak te betaal, het Rapport berig Die bekende promotor het oor hierdie beweringe aan die Paarl Post gesê dat daar ’n “kontantvloei”-probleem was en hy kon dus nie betalings doen nie Volgens hom het sy maatskappy ongeveer R5 miljoen aan die konsert bestee en ’n verlies van R2,5 miljoen gely Hy het ook gesê dit is waar hy en Darren in ’n stryery betrokke geraak het omdat hy ongeveer R92 000 in betaling wou ontvang vir slegs drie liedjies wat hy tydens die konsert gesing het De Villiers het verduidelik dat dit hul verhouding versuur het en aanleiding gegee het tot die Kurt Darren Ikoon-konsert wat nou gekansalleer is Hy het aangevoer dat hierdie optrede gierig was Darren het hierdie bewerings aan IOL ontken en De Villiers se beweringe as “beledigend en onopreg” bestempel Van Blerk het in ’n verklaring op Facebook gesê dat hy tot op hede steeds nie sy volle betaling vir die vertoning ontvang het nie

LIKWIDASIE

Ná die konsert is ’n likwidasiebevel op 22 Augustus in die Kaapse hooggeregshof teen De Villiers se maatskappy, De Villiers National Cycling (Edms ) Bpk (wat ook as Cool Concerts bekend staan) bekragtig Dit is deur Murray Lubbe, die eienaar van Hit Factory, ’n produksiemaatskappy, aanhangig gemaak De Villiers skuld Hit Factory glo R2036527,76 vir die tegniese produksie van verskeie konserte en De Villiers National Cycling is verlede week voorlopig gelikwideer weens die skuld, het Die Burger berig

Volgens De Villiers aanvaar hy hierdie likwidasie en gaan hy dit nie betwis nie Hy het ook gesê hy “gaan nie staan vir die [vermaak]bedryf wat net doen wat hulle wil nie”

Volgens hom het Hit Factory hom “oorgefaktureer” vir hul dienste en het hy besluit om nie daardie bedrae te betaal nie De Villiers wou egter nie verder uitbrei oor watter fakture gestuur is wat hy as foutiewelik beskryf nie

KURTDARRENIKOON-KONSERT

Die Heuwels Fantasties en Refentse het toe ook stelselmatig hul deelname aan die Kurt Darren Ikoon-konsert, wat in Maart 2026 in Pretoria gehou sou word, onttrek De Villiers het intussen aan PaarlPost bevestig dat die vertoning gekanselleer is nadat Darren hom glo reeds drie weke gelede aan die konsert onttrek het Volgens Darren se kantoor “het DeVilliers e-posse na kunstenaars gestuur” om die [Kurt Darren Ikoon-konsert] te kanselleer en deposito’s terug te vra – dit alles terwyl kaartjieverkope vir die Ikoon-konsert nog oop was “Daardie blatante misleiding van die publiek gaan geen kunstenaar duld nie Die kaartjiegeld is – in de Villiers se eie

’n Advertensie van die Ikoon-konsert op 7 Maart 2026, waar Kurt Darren sou optree, maar wat nou gekanselleer is Foto: Facebook

’n Advertensie van die Ikoon-konsert op 26 Oktober vanjaar en waar Steve Hofmeyr steeds glo gaan optree Foto: Facecbook

Wynand de Villiers van die Paarl. Foto: De Villiers National Cycling/ webtuiste

woorde – “in ’n trust waaraan ek nie kan raak nie, dus kan geen ander promotor aan daardie vertoning raak nie ”

Darren het aan Rapport gesê DeVilliers het hom voor die eerste Steve Hofmeyr Ikoon-konsert in Pretoria in Maart vanjaar genader met die voorstel om ook vir Kurt ’n Ikoon-konsert te hou, en hy het ingestem

Hy het van dag een af vir De Villiers gevra om ’n kontrak op te stel om dié ooreenkoms vas te maak, maar die promotor het nooit daarmee vorendag gekom nie

STEVEHOFMEYERIKOON-KONSERT

Volgens De Villiers gaan die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert op 26 Oktober in die DHL-stadion in Kaapstad egter voort met ongeveer 5 000 kaartjies wat reeds verkoop is

Die likwidasiebevel teen De Villiers

National Cycling sal blykbaar nie dié konsert belemmer nie omdat die konsert nie uit hierdie gelikwideerde maatskappy gefinansier word nie

Gaskunstenaars wat ook by hierdie vertoning sal optree, sluit in Nadine, Bobby van Jaarsveld, Gert Steyn en Armand (Steve se seun)

Hierdie konsert is oorspronklik vir Maart vanjaar beplan, maar is weens te min kaartjieverkope tot Oktober uitgestel

Volgens De Villiers was dit die laaste konsert waaraan hy sy naam sal verbind ná bykans drie jaar in die vermaaklikheidsbedryf

Hy beplan om hom voortaan op ander sakeprojekte toe te spits Intussen is hy reeds ongeveer 24 jaar lank ’n bekende figuur in die Suid-Afrikaanse fietsrygemeenskap

Volgens hom was sy betrokkendheid by die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf nooit geldgedrewe nie, maar meer ’n stokperdjie omdat hy die land se musiek as belangrik ag

De Villiers vry ná ‘baie swak saak’

Die MK-lid en voormalige Springbokrugby-afrigter van die Paarl, Peter de Villiers, het verlede Donderdag (28 Augustus) weer in die streekhof in Malmesbury verskyn waar hy op al drie aanklagte teen hom vrygespreek is. Die aanklagte sluit in poging om ’n seksuele misdryf te pleeg, seksuele aanranding en crimen injuria

Die uitspraak volg nadat De Villiers op 13 Augustus by sy hofverskyning by monde van sy regsverteenwoordiger, Hennie le Roux van Geldenhuys en Jonker Inc in Langebaan, om ontslag aansoek gedoen het en dit goedgekeur is

Die staatsaanklaer, Derrick Grootboom, het die aansoek teengestaan

Le Roux het in sy kliënt se aansoek om ontslag op 13 Augustus aangevoer dat die staat die volle onus van bewys dra om De Villiers se skuld bo redelike twyfel te bewys en dat dit betwisbaar is of De Villiers die beweerde oortre- dings gepleeg het

Le Roux het beklemtoon dat die staat slegs steun op een enkele staatsgetuie en die klaagster se hoof by die Good-party, Brett Heron, wat nie eerste kennis gegee het van die voorval nie, asook op die getuienis van ’n mediese dokter wie se

J88-verslag ligte beserings toon Hy het aangevoer dat die beserings nie die beweerde aanval duidelik kan bevestig nie en dat die hof moet bespiegel oor hoe dit ontstaan het

Volgens De Villiers se regslui was die klaagster ook ontwykend en selektief in haar antwoorde en het haar getuienis teenstrydighede bevat

Die saak, het Le Roux in die aansoek om onstlag gesê, is “op sigwaarde hoogstens net immoreel en nie onwettig nie ” Dit was ’n emosionele dag in die hof, met die klaagster, Patricia Lopez, wat geskok was en steeds beweer dat De Villiers nie die waarheid gepraat het nie “My hele lewe het nou in my

gesig ontplof Iemand gaan vir my moet verduidelik hoe ’n misdadiger in die land meer konstitusionele regte as ek en my kinders het,” het Lopez aan Paarl Post gesê Op die vraag of sy die saak verder gaan voer, het sy gesê: “Ek moet my gesin nou beskerm ” Volgens haar faal die regstelsel vroue daagliks

Die VF Plus-raadslid Amber Booysen het ook haar stem dik gemaak en gesê dié uitspraak diskrimineer teen die regte van vroue en kinders De Villiers is daarvan beskuldig dat hy ’n lid van die GOOD-party, Patricia Lopez, op 30 Januarie 2023 in haar huis in Kalbaskraal buite Malmesbury seksueel aangerand het deur haar te probeer soen en op ’n bed in haar huis vas te pen De Villiers en Lopez het ten tyde van die voorval saam aan ’n verkiesingsveldtog vir die GOOD-party in Grabouw gewerk – Lopez as die administrateur en De Villiers as die bestuurder

“Die landdros het reg en geregtigheid laat geskied Dit beteken ons Grondwet word nog deur landdroste ernstig opgeneem Duidelik is hy [De Villiers] onskuldig Die klagte sou absoluut polities gemotiveerd gewees het Die man se lewe het vir ’n geruime tyd stilgestaan. Hy het vidikasie gekry – dit is al wat saak maak,” het Le Roux buite die hof gesê

Die landdros het in haar uitspraak gesê om De Villiers in die getuiebank te sit en “hierdie deurmekaar getuies wat die staat aangebied het [sou] teen sy grondwetlike regte gedruis het ”

“Die man [De Villiers] kan nou aangaan met sy lewe,” sê Le Roux

Peter de Villiers omhels sy regsverteenwoordiger, Hennie le Roux van Geldenhuys en Jonker Ing in Langebaan Foto: Charlotte Lesch/ Swartland Gazette

Vrae oor regsman

Die Paarlse regsfirma Faure & Faure Inc. sê hy het ’n diepgaande interne forensiese ondersoek teen ’n prokureur en voormalige senior vennoot van Wellington, wat die maatskappy glo oor etlike jare van miljoene besteel het, afgehandel en die bevindinge daarvan met die polisie gedeel.

Die regsfirma het reageer nadat Paarl Post aan sy deur gaan klop het met bewerings dat die prokureur steeds praktiseer, selfs nadat Faure & Faure hom verlede jaar by die Wes-Kaapse regspraktisynsraad aangegee het

’n Plaaslike advokaat het verlede week aan die koerant gesê hy loop gereeld die regsman, wie se identiteit aan die koerant bekend is, by die howe raak

“Ek is nie seker vir wie hy nou werk en of hy sy eie ding doen nie

“Maar dit wys weer eens die dubbelle standaarde Gewoonlik as sulke bewerings die ronde doen, word jy deur die hof gevra om jou status by die regspraktisynsraad te bevestig voordat jy enigiemand kan verteenwoordig,” sê die advokaat

Paarl Post het in November verlede jaar berig dat die regsman in April verlede jaar ná ’n tugverhoor afgedank is, waarna die firma met die ondersoek begin het

’n Plaaslike regsgeleerde, wat bekend is met die afgedankte vennoot, het in daardie stadium op voorwaarde van anonimiteit aan die koerant gesê die vennoot, wat in 2011 by die regsfirma aangesluit het, het glo vir etlike jare ’n fiktiewe “advokaat” geskep aan wie maandelikse betalings gemaak is

“Die bewerings is dat hy dan fakture sou laat uitmaak vir hierdie ‘advokaat’ se dienste wat aan die regsfirma gelewer is Die vermoede is dus dat

hierdi van sy persoonlike r

“Hy betaal boonop stebelasting op hierd want dit gaan as ’n u besigheid deur,” het verlede jaar verduid

Faure & Faure het navraag bevestig da soek afgehandel en d reeds na die plaaslik verwys is

’n Gepaardgaande ’n versoek dat hy str word, aangemeld

“Die saak word de ondersoek en Faure saam met die onders die ondersoek te vol dat hy spoedig voor word,” het die firma

Die firma het bena afgedankte regsman like optrede” reeds v regspraktykraad van aangemeld is

“Faure & Faure he ting nagekom wat be ding van sy wederre

Paarlse skool kry sy eie

Chantélle Hartebeest

Die welstand van leerders is uiteraand die grootste voorkeur vir die Hoërskool

Noorder-Paarl, sê die skoolhoof, Natalie Arendse, nadat ’n welstandsentrum verlede week by dié skool geopen is “Ek wil graag glo dat dit absoluut ’n voordeel vir die skool sowel as vir die leerders en ouers sal wees. Ons skool bedien ’n baie diverse gemeenskap Party kinders kom uit huise wat beskermd is en dan is daar gesinne wat baie swaar trek. Armoede, werkloosheid en geweld kom voor en dan kom ons kinders ook dikwels uit [verskillende] gemeenskappe.”

Dr. Rochshana Kemp, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se provinsiale sosialemaatskaplikebestuurder, het met die aanvang van die sentrum gesê die doelwit van die welstandsentrum is om psigososiale ondersteuning nader aan leerders te bring, maar ook om psigososiale ondersteuningsdien-

ste uit te brei.

“Ons leerders gaan baie trauma – hetsy meenskap. Ons besef die gemeenskap of tuis skoolterrein oorspoel ders kom met baie uitdag behoeftes skool toe Ons ’n toegewyde ruimte nodige berading kan Arendse verduidelik dag met agt busse na omliggende plase of sta Mbekweni.

“Waarmee ons dan kind nie maklik by ge kan uitkom nie, want om 14:30 uit. Dan mo gaan en gesondheidsd is dan al amper verby. verskillende rolspelers en ’n gedeelte daarvan dienste wees. Daar is en dit alles speel ’n ro prestasie. Ons kinders

or buy 10 or more for or buy 10 or more for

Faure
Die skoolhoof, Natalie Arendse, saam met die skool se hoofleiers in die nuwe welstandsentrum Langs haar sit Kirah Witbooi en Tibusiso Tsabedze Agter staan Musa Lufele en Zavier Buys Foto: Chantélle Hartebeest

Tref-en-trap eis vrou (47)

Die familie van ’n 47-jarige vrou van Saron sukkel om tot verhaal te kom ná haar tragiese heengaan nadat sy verlede Sondag (24 Augustus) in ’n vermeende tref-en-trap ongeluk dood is.

Andelene Vermeulen-Louw, haar matriekdogter en ’n familielid se seuntjie was op pad huis toe toe die voorval omstreeks 19:15 naby Alheitstraat gebeur het.

Brandon van Niekerk, die bestuurder van ’n Kia-bakkie, het volgens ooggetuies die ongelukstoneel verlaat en is later deur die polisie aangekeer en van strafbare manslag aangekla.

Hy is verlede Dinsdag (26Augustus) deur die Tulbagh-landdroshof op R2000-borgtog vrygelaat.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 10 November uitgestel

“Sy, haar dogter en ’n familie[lid se] seuntjie, wat sy soos haar eie kind aanvaar het, was op pad huis toe hier van ons af.

“Sy is van agter af in die teenwoordigheid van die twee kinders gestamp Hulle was erg getraumatiseerd,” het Christa Vermeulen, Vermeulen-Louw se grootmaak-moeder, telefonies aan Paarl Post vertel.

“Toe ek by die toneel aankom, het haar dogter aan my gesê sy vermoed haar ma is dood die oomblik toe sy die grond getref het. Sy het geensins gereageer toe haar dogter haar omgedraai en probeer wakker maak het nie,” het Vermeulen bygevoeg.

Volgens Vermeulen het Lene – soos sy onder die familie bekend was – en haar dogter, wat vanjaar in matriek is, Sondag

Andelene Vermeulen-Louw (47)

by Vermeulen se huis deurgebring.

“Ons het juis Sondag gepraat oor dié dat haar dogter vanjaar skool voltooi. Sy was baie trots op haar kind en wou net die beste vir haar hê.

“In dieselfde gesprek het sy ook genoem hoe haar ma gesterf het toe sy in graad 11 was,” het Vermeulen vertel.

“Lene was ’n liefdevolle mens. Sy het nooit met enigiemand vasgesit nie. Die hele Saron het haar so geken

“Sy het altyd ’n glimlag op haar gesig gehad en almal gegroet,” het Vermeulen verder gesê.

Volgens Vermeulen sou Lene se matriekdogter Donderdag (28Augustus) berading ontvang

Die familielid se seuntjie het reeds verlede Dinsdag ’n sielkundige gesien.

“Haar dogter word sekerlik die hard-

ste deur hierdie gebeure getref. Sy was verlede Woensdag so emosioneel dat [sy] [die] skool vroeër moes verlaat.

“Ek het aan haar gesê ons as ’n familie is hier om haar te ondersteun. Dit gaan moeilik wees, maar haar moeder sou wou hê dat sy sukses moet behaal,” sê Vermeulen.

Volgens haar het Lene ook ’n 26-jarige seun.

Reëlings vir die roudiens sal glo eers getref word sodra ’n familielid uit Londen hier aanland

Die begrafnisdiens word voorlopig vir Saterdag 13 September beplan

•Die Paarl Post het na die Saronpolisiekantoor uitgereik oor die aanklagte teen Van Niekerk en bewerings dat hy die toneel verlaat het, maar teen druktyd nog geen kommentaar ontvang nie.

Vrouemaand só afgesluit

Verkeersbeamptes het seker gemaak al die motoriste wat verby die groep in Stellengate-rylaan gery het, se rybewys en motorlisensie is op datum Volgens sers Madilyn Dombas, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-polisie, was Vrydag se geleentheid ’n belangrike, proaktiewe manier vir die veiligheidsrolspelers om Vrouemaand saam af te sluit Foto’s: Yaël Malgas

Vroue van Klapmuts het Vrydag (29 Augustus) vir ’n laaste bewusmakingsveldtog vir Vrouemaand byeengekom Lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die slagoffer-ondersteuningsgroep en die geestelike intervensiegroep asook beamptes van die Klapmuts-polisie en die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeersafdeling, het seker gemaak inwoners agter die stuur het inligting oor geslagsgebaseerde geweld en waar om vir hulp aan te klop

Die ongelukstoneel naby Alheitstraat in Saron verlede Sondagaand (24 Augustus)

Krisis op plase: Só reageer DM

Die Drakenstein-munisipaliteit sê hy het tot dusver ingetree op slegs vier van die altesaam 14 plase, wat in Junie vanjaar geïdentifiseer en beskryf is as ’n groeiende humanitêre krisis waar bewoners, insluitend kinders, sonder basiese dienste lewe.

Stephen Korabie, die uitvoerende burgemeester, het verlede week op ’n raadsvergadering een van sy burgemeesterskomiteelede weer opdrag gegee om die plase te gaan besoek.

Paarl Post het op 27 Junie vanjaar berig dat die raad eenparig ten gunste gestem het van wat hy noem ’n “interregeringsintervensie”, wat hom in staat sou stel om in oorleg met die nasionale en provinsiale regerings hulp aan plase te verleen waar mense sonder krag, water en sanitasiegeriewe woon.

Die departement van arbeid sou ook – as deel van die intervensie – betrokke raak om plaasarbeiders wat “onregmatig” weggewys is, te help.

Die koerant het in daardie stadium twee plase buite Wellington besoek. Op die plaas Limitrivier woon 10 huisgesinne al vir langer as 10 jaar sonder krag en water.

Op die plaas Ou Ruigtevlei is die situasie erger, waar tientalle huisgesinne feitlik gestrand gelaat is nadat die eienaar meer as 20 jaar gelede uit die land gedeporteer is.

Die munisipaliteit het vandeesweek benadruk dat hy slegs ’n “fasiliterende rol” vervul en as die “oë en ore” van die ander regeringsfere optree wanneer dit kom by kwessies wat op plase in sy gebied aangemeld word.

“Wanneer ons bewus raak van ’n probleem op ’n plaas, besoek ’n multidissiplinêre span van die munisipaliteit die plaas om die situasie te bepaal.

“Dit is die eerste lyn van assessering, waarna die nasionale regering, die Wes-Kaapse regering en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit van die kwessies wat elkeen moet hanteer, in kennis gestel word,” het Rita Andreas, die burgemeesterskomiteelid vir kommunikasie, interregeringsverhoudinge en landelike ontwikkeling by navraag gesê.

“Dit kan sosiale, kinderwelsyn- en gesondheidskwessies insluit.” Andreas sê wanneer ’n kwessie verband hou met die lewering van basiese dienste, soos toegang tot water, sanitasie

Hoop vir vervalle blokhuis

JanaScheepers

Toe die nasionale departement van openbare werke traag reageer op jare se pleidooie om die vervalle Wellington-blokhuis te herstel, het die Drakenstein-munisipaliteit en omliggende grondeienaars besluit om nie langer te wag nie In ’n voorbleed van samewerking tussen die munisipaliteit en die gemeenskap het hulle die saak in eie hande geneem en kragte saamgespan om dié eeu oue erfenisbaken te restoureer

Die Wellington-blokhuis, wat aan die nasionale departement van openbare werke behoort, is ’n bekende baken met groot erfeniswaarde en het vir geslagte stil langs die Ou Hermon-pad gestaan, maar die afgelope paar jaar het die gebou stelselmatig verwaarloos en vervalle geraak

Om die Blokhuis in sy vroeëre glorie te herstel, het die Drakenstein-munisipaliteit (DM) in 2020 begin om met die nasionale departement van openbare werke te skakel, maar pogings om herstelwerk te doen, was tevergeefs Die munisipaliteit het daarna

Heritage Western Cape genader om ’n noodherstelbevel uit te reik sodat hulle self die werk kon begin

Heritage Western Cape het egter eerder ’n verpligte herstelbevel aan die departement van openbare werke uitgereik – ook sonder sukses, volgens Seraj Johaar, die DM se direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste

“Heritage Western Cape het egter aangedui dat ’n herstelpermit aan die DM uitgereik kan word sodra gedetailleerde tegniese inligting beskikbaar is Intussen het die gemeenskap besluit om self in te tree,” het Johaar verduidelik

Die Wellington-blokhuis langs die Ou Hermon-pad Foto: Drakenstein Municipality/ Facebook

wag tans op die finale ondertekening van die kontrak, waarna die werklike herstelwerk kan begin

Die organisasie het gesê hy sal die Drakenstein-munisipaliteit bystaan met die versameling van die nodige tegniese data vir die herstelpermit en finansiering verkry om die Blokhuis weer tot lewe te bring, volgens Johaar

Die onderskeie rolle van die munisipaliteit en die organisasie sal later duidelik gemaak word, sodra Heritage Western Cape die vereiste herstelnota uitreik Omdat hierdie nota nog nie uitgereik is nie, kan die DM nog nie ’n begindatum vir die herstelwerk aandui nie

Geskiedenis

Die baksteenblokhuise is tussen Wellington en Merriman (’n klein dorpie in die Karoo) gebou om die KaapstadDe Aar-spoorlyn tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1901) te verdedig Hierdie Britse versterkingswerke het as strategiese waarnemings- en wagposisies langs die roete gedien en is gevestig om die kritieke kommunikasie- en vervoerkorridor teen moontlike aanvalle of sabotasie te beskerm

of vullisverwydering, sal die munisipaliteit die saak met die eienaar van die plaas bespreek om ’n oplossing te vind en te verseker dat die eienaar sy of haar verantwoordelikhede nakom

“Aangesien plase buite die stedelike grens val, lewer die munisipaliteit nie direkte dienste aan plase nie.

“Waar daar egter ’n noodgeval is of geen eienaar teenwoordig is nie, probeer ons onmiddellike tydelike verligting bied (byvoorbeeld die beskikbaarstelling van ’n tydelike watertenk), soos ons begroting dit toelaat.

“Tot dusver het die munisipaliteit die volgende plase besoek en daar ingegryp: Leeurivier, Ou Ruigtevlei, Limietrivier en Bellevue.

“Die munisipaliteit help met die voorsiening van water op sommige van die plase

“Ons het ook die provinsiale departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling sowel as Child Welfare South Africa in kennis gestel van kwessies wat verband hou met die welsyn van kinders en met dwelmmisbruik,” het Andreas verduidelik.

Sy het gesê verdere plaasverwante kwessies sal van geval tot geval hanteer word.

“Die doel van ons optrede is nie om plase te onteien of dit te koop nie, maar om na die welsyn van al die inwoners van Drakenstein om te sien – insluitend ons plaaswerkers en hul kinders, asook ons grondeienaars,” het Andreas benadruk.

Intussen het die groep Concerned Drakenstein Residents (CDR) die munisipaliteit se optrede as niks anders nie as ’n politieke foefie bestempel.

“Ander politieke partye, wat werklik in voeling is met die realiteit van hierdie plaasbewoners, word nie by die intervensies betrek nie.

“Die waarheid is dat daar geen politieke wil in die DA-regering is om hierdie ding te dryf nie.

“Die burgemeester sê een ding, dan doen sy party die volgende omdat hulle nie almal saamstem dat die lewensgehalte op hierdie plase verbeter moet word nie. Dit is niks anders as ’n politieke foefie nie,” het die CDR se leier, Bazil Jacobs, gesê

“Rita Andreas is al vir langer as 10 jaar vir landelike ontwikkeling verantwoordelik, maar ons sien niks ontwikkeling in ons landelike gebiede nie. Dis alles net praat,” het hy bygevoeg

’n Groep omliggende grondeienaars het ’n organisasie sonder winsbejag gestig en ’n vyfjaarhuurkontrak by die departement van openbare werke verseker, met die doel om die Blokhuis te herstel Die organisasie

“Die blokhuise is deur die Royal Engineering Corps ontwerp en met plaaslike materiaal gebou Die Wellington-blokhuis se bouwerk is as baie stewig en doeltreffend beskou,” het Johaar verduidelik

Paarl Post het in Julie vanjaar die plaas Limietrivier buite Wellington besoek, waar bewoners ook al vir jare sonder krag en water is Foto: Rasaad Adams

Paarl Post

Agterstand met poste verdwyn g’n

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement se aankondiging aan die einde van Augustus – dat geen onderwysposte vir die 2026- akademiese jaar gesny sal word nie – klink op die oog af positief, maar wis nie die agterstand wat die besnoeiing van die sowat 2400 poste verlede jaar veroorsaak het, uit nie.

Die WKOD het toe verduidelik dat dit noodsaaklik geraak het om onderwysposte te sny weens gebrekkige finansiering van die nasionale departement, wat daarop neergekom het dat die provinsie 36% van sy salarisbegroting self moes finansier.

Die poste wat besnoei moes word, het grootliks beteken dat onderwysers by skole waar die onderwysdiensstate aangedui het dat personeel botallig is, na skole met vakante poste verskuif is Hierdie onderwysers moes wel bereid wees om te skuif, wat in sommige gevalle daartoe gelei het dat onderwysers nie geakkommodeer kon word nie.

Ander kritiek wat die onderwysdepartement ontvang het, is dat ’n werklike prentjie van die onderwyser-kind-verhouding per klaskamer nie in sekere gebiede geskets is nie en dat onderwysers inderwaarheid soms met oorvol klasse sit.

Die departement het al erken dat die toenemende groei in leerdertalle kommer wek. Met ontwikkeling – nie net in die Paarl nie, maar ook in die Kaapse metropool en landelike gebiede – raak die vraag na skole al groter. Die bou van private skole en tuisonderrig is ook net ’n opsie vir ouers wat dit kan bekostig. Politici sê graag die jeug is die toekoms, maar hoe lyk daardie toekoms sonder die reg op basiese onderrig?

Pitkos

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking. – Jakobus 5:16

Briewe van ons lesers | Letters from our readers

Bewerings oor Dal Josafat ‘ongegrond’

Drakenstein-munisipaliteit het verlede week met groot fanfare sy nuwe parkeerterrein van R7miljoen by die Dal Josafat-stadion geopen. Maar die reaksie van die mense wat elke Saterdag daar rugby gaan kyk, wys hulle is glad nie tevrede nie. Hulle sou eerder wou sien dat die patetiese toiletgeriewe verbeter word, ordentlike sitplekke aangebring word, die kleedkamers reggeruk word, en die rugbyvelde se dreineringstelsels opgeknap word.

Rugby is ’n wintersport, maar die munisipaliteit verklaar gereeld die velde onspeelbaar vir wedstryde en oefeninge wanneer dit baie reën. Die stuk nat kol by die toilette is ook nou al ’n paar jaar lank ’n probleem, want dit maak dit moeilik om die manstoilet te bereik. Miskien kan die agbare stadsbestuurder ook vir ons sê of die hardnekkige gerugte waar is dat die impakstudie vir die parkeerterrein R3,5miljoen gekos het. En dat daardie tender toegeken is

aan ’n maatskappy waarvan die vrou van ’n hoë DM-amptenaar in die ingenieursafdeling ’n aandeelhouer of werknemer is.

DM preek mos deursigtigheid en skoon administrasie, so gee vir ons belastingbetalers die waarheid.

- Sport Eerste, Paarl

• Die Drakenstein-munisipaliteit se waarnemende uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, Faarieg Rhoda, reageer:

Drakenstein-munisipaliteit kan inwoners die versekering gee dat al die toiletgeriewe by die Dal Josafat-stadion in ’n werkende toestand is

Die ondergrondse watertafel by die stadion is buitengewoon hoog, en daarom is ’n sloot langs die B-veld gegrawe om water tydens hoë reënvaltye effektief af te voer.

Alhoewel die rugbyvelde wel baie nat is, was die velde nog nooit onspeelbaar nie

en voldoen die velde aan die Boksmartvereistes vir veilige rugby-geriewe. Die munisipaliteit bly deurgaans in kontak met die organiseerders van rugbywedstryde tydens hoë reënvaltye, veral gedurende die betrokke week voordat naweekwedstryde gespeel word Wanneer ’n wedstryd uitgestel moet word om die speelveld te beskerm, neem die munisipaliteit en die betrokke sportsoort saam die besluit Só word daar verseker dat al die rugbyligawedstryde binne die seisoen gespeel kan word

Die gerugte oor die koste van ’n impakstudie is onwaar, aangesien die parkeringprojek geen impakstudie(s) vereis het en geen studie(s) dus uitgevoer is nie Die aantyging dat so ’n tender onregmatig toegeken is, is ook van alle waarheid ontbloot. Drakenstein-munisipaliteit volg ten alle tye en sonder uitsondering die voorgeskrewe voorsieningskanaalbeleiden prosesse, soos bepaal deur nasionale tesourie.

Al die raad beteken eintlik een ding: Jy’s nou oud

As ek luister na al die stemme via die geskrewe en gesproke woord asook dit wat gereeld en gemaklik oor die eter kom, het elke tweede mens ’n vrysê oor oumense, oudwees, oudword en ouderdom. Laasgenoemde is in moderne terminologie, ’n nuwe buzz word Kwasi-deskundiges oor die wêreld heen het raad en vermanings vir oumense – selfs vraelyste om te bepaal of jy agtertoe of vorentoe verouder (lg. het niks met die verandering van jou figuur te doen nie) Volgens die uitslag van die toets sal diesulkes dan sê hoedat jy behoort te lewe om die beste te maak van die moontlike jare wat jy nog oor het Goeie tyd – die arrogansie van die mens is perkeloos!

Die gekste deel van alles is dat daar skielik ’n spul deskundiges tussen die ouderdom 35 en 58 jaar te voorskyn gekom het, wat alles weet van die oudwordbesigheid Dit het inderdaad ’n besigheid geword – asof Sars nie gedurende ons

finansieel produktiewe jare genoeg uit ons gepers het en steeds uit ons swaar verdiende spaargeld doen nie, maak die genoemde ook moeiteloos geld uit ons

“toestand” Vir elke artikel, praatjie of lesing asook die YouTube-video’s – alles met die hulp van kunsmatige intelligensie

– maak hulle moeiteloos geld deur ons reeds uitgelewerde oumense

Ons word voorgesê hoe ons moet sit opstaan loop grimeer aantrek en watter haarstyl ons nou die beste pas;

POST

SCRIPTUM - Hester de Kock

ook hoeveel slaap ons moet kry en watter medikasie ons behoort te gebruik. Ons word selfs aangesê om blokkiesraaisels in te vul en legkaarte te bou asook baie boeke te lees. In al hierdie gesprekke van ongevraagde raad skuil eintlik ’n versteekte boodskap – julle moet ouetehuis toe gaan. Dan is daar die voorspelbare motivering: Dis veilig en gerieflik daar – oulike woonstelle vir pare en mooi kamers vir enkellopendes; kos op jou tyd; geselskap van jou eie portuurgroep Jou wasgoed word gedoen en jy het vasgestelde rustye want oumense het baie rus nodig. Rêrig? Motorbestuur is ook uit Dis gevaarlik vir ons en veral vir ander padgebruikers Nogal? In elk geval gaan almal een keer per week per bussie dorp toe vir inkopies by sekere uitgesoekte winkels soos voorgeskryf deur die bekwame (jong) bestuur

Daar is toesig vir wegdwaal of val of .?

Natuurlik luister sommige kinders ook hierna en kom dan ewe vroom met dieselfde twakstories. “Dis vir Mamma/ Pappa se eie beswil. Dis n lieg. Dis vir hulle gemak.

Ek is hartlik gatvol vir almal se “goedbedoelde raad” aan oumense omdat ons skielik nikse sonder verstand geword het Die spul strek van medici tot by polisverkopers, wat dit hul werk maak om vir ons te vertel wat ons moet en nie moet nie LW: Gatvol is nie ’n lelike woord nie; dit kom oorspronklik uit Zoeloe

Die twak wat hierna volg, was ek genoodsaak om te sit en aanluister by ’n teepartytjie vir oumense wat eintlik ’n geldinsameling vir ’n verdienstelike saak was. Die genooide motiveringspreker was 36 jaar oud. Die jongstes in die gehoor was 72 en die oudste 94. Almal het op eie stoom daar gekom. Motivering vir mense in ’n gehoor wat meer as die agterkant van die lewe al teen hulle gehad het en stamina het om aan te hou aanhou? Dis mos gek. Ergste was: Julle oumensies moet toggie vashou aan die verlede nie Dink nuut Kry nuwe belangstellings. Maak ’n klomp nuwe vriende Dis belangrik vir hierdie nuwe seisoen – nog ’n haatlike buzz word – in jul lewe ” Goeie bliksem!En ek moes R250 betaal om na die snert te luister? Toe sy begin om ons te leer van klerekas-beplanning, kleurskemas en die regte soort skoene wat ons behoort

te dra, was my reeds geprovokeerde gedagtewêreld alles behalwe heilig. Toe die stylvolle “ouvrou” langs my fluister; “Rêrig, Hester Moet ons dit deursit?” het ek geweet ek is nie ’n opsetlik dwars en koppige oumens nie

En: Terwyl ons pas kamtige Vrouemaand gevier het, sommer ’n boodskap – veral aan meisies. Daar is mos daai gemene optrede van kinders om ’n oumens in ’n geselskap onsigbaar te laat voel Dis die wyse waarop hul deelname doodgepraat of doodgeswyg of as belaglik afgemaak word. Dit, sê hulle, bestaan eintlik nie meer nie Hierdie gebeur ook wanneer kinders ’n ouer iewers heen vergesel Die vrae of inligting wat van die ouer verlang word, word met die kind gekommunikeer of dié antwoord sommer by voorbaat namens haar ma, wat skielik stom en blind geword het – en soort van deurskynend ook. Hierdie hoor ek dikwels by my vriendinne en onthou ook sommer – al is ons volgens sommige se kinders sintuigloos, luister ons fyn en hoor goed. Verskeie testamente is al verander Al die genoemde beteken nie dat ons nie ontvanklik is vir opregte raad wat liefdevol gekommunikeer word nie By the way Mnr Cyril Ramaphosa en u ou lakeie: Niks is so veragtelik as ’n skelm oumens wat sy lewe lank ander benadeel het deur ondeurdagte en oneerlike optrede nie en steeds so doen Hierdie oumens sê maar net

Bewusmaking oor geweld teen vroue ’n Lid van die Groot Drakenstein-polisiekantoor oorhandig ’n pamflet aan ’n Drakenstein-inwoner. Die Groot Drakenstein-polisiekantoor het in samewerking met die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeersdienste, Victim Empowerment (VEP)-vrywilligers, lede van die plaaslike Community in Blue (CIB) en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Augustus Vrouemaand gevier deur bewusmaking in die Groot Drakenstein-gebied oor geweld teen vroue te skep. Die polisie en die ander rolspelers het praatjies aangebied, pamflette by huise afgelewer en voertuigkontrolepunte gereël, waar die onderwerp ook met motoriste bespreek is

Munisipaliteit gaan weer ’n toerismekantoor open

Die Drakenstein-munisipaliteit (DM) het op die onlangse munisipale raadsvergadering aangekondig dat Wellington eersdaags weer oor ’n toerisme-kantoor, of “toerisme-inligtingsentrum”, soos wat die munisipaliteit dit gedoop het, sal beskik

Dié kantoor sal sy deure op 1 Oktober vanjaar by Hoofstraat 104, naby aan die Pick n Pay-sentrum, open

Volgens Seraj Johaar, die DM se uitvoerende direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste, vorm hierdie inisiatief deel van die DM se “voortdurende verbintenis om toerismedienste te verbeter en plaaslike besienswaardighede reg deur die munisipale gebied te bevorder”

Die nuwe sentrum sal ook kantoorruimte bied vir GoWellington, ’n plaaslike toerisme-organisasie, wat die bemarking van Wellington as ’n toeriste-aantrekking sal doen

Volgens Johaar sal dié organisasie samewerking tussen die DM en plaaslike toerismebelanghebbendes verder versterk

Sodra die DM se toerismekantoor in werking is, sal dit deur twee munisipale werknemers beman word, wat

inwoners en besoekers gedurende gewone munisipale kantoorure sowel as oor naweke sal bystaan

As ’n besoekersinligtingsentrum sal die fasiliteit omvattende toerismeverwante inligting verskaf en gaste help om die kulturele, historiese en na tuurlike aanbiedinge van Wellington asook die wyer Drakenstein-omgewing te ontdek

Hierdie nuwe toevoeging vul die bestaande Paarl toerisme-inligtingsentrum by Hoofstraat 216 in die Paarl aan en verseker dat albei groot dorpe in Drakenstein goed toegerus is om toeriste te verwelkom

Hierdie aankondiging volg nadat die munisipaliteit kritiek uit alle oorde ontvang het, onder meer van plaaslike politici, die Drakenstein-sakekamer en verskeie ondernemings, oor die onvoldoende bevordering van toerisme in die vallei

Dit lyk immers of vordering gemaak word met die konsep-toerismeplan wat op 30 Julie vir openbare kommentaar gesluit het en in September voor die munisipale raad sal dien

Die toerisme- raadgewende raad word ook gefinaliseer en sal na verwagting teen November amptelik aangekondig word

MyF*k,Marelize!hetVrydagaandsyeerstevertoningindiePaarlbyMinimaxgehad.VanlinksZandelleMeyer (syvertolkdierolvanMarelizeHorn),NicholaViviers(syvertolkdierolvanWilmariHorn),diewareMarelize Horn,HeidiHorn(Marelizesema),WilmariHorn(suster)enTiaanHorn(Marelizesepa)

Rolprent leer ons

‘daar is hoop’

JanaScheepers

PaarlPost het die geleentheid gekry om met die bekende Horn-gesin van Windhoek in Namibië oor die selfoonvideo wat in 2019 aanlyn verskyn en miljoene mense aan die lag gehad het en vanjaar in ’n rolprent omgeskep is, te gesels

Die rolprent My F*k, Marelize! is tot 11 September by Minimax in die Paarl te sien Dit volg nadat Lyndon Jaftha, die eienaar van Paarl FM, ’n paar toutjies getrek het deur die regisseur en rolprentvervaardigers van My F*k, Marelize! te kontak, wat toe ingestem het dat die rolprent in dié teater vertoon moet word

Die oorspronklike video wys ’n meisie wat met haar fiets reguit in ’n rugbypaal vasry, terwyl haar ma onvergeetlik uitroep: “My f*k, Marelize!” Die eenvoudige oomblik het onmiddellik ’n internet-sensasie geword, maar agter die humoristiese video skuil ’n intieme gesinsverhaal

Die Namibiese Horn-gesin, wat die rolprent geïnspireer het, word in die rolprent op ’n hartroerende en humoristiese wyse uitgebeeld

Die rolprent het (sover) ongeveer R1 miljoen by die filmloket ingebring en het die topplek in die Suid-Afrikaanse top 10

My F*k, Marelize! se plakkaat Foto: Silwerskermfees/ webtuiste

Wilmari en Zandelle Meyer as Marelize Meyer het ook ‘n Silwerskermtoekenning ontvang vir “Beste vroulike byspeler in ’n ol die rolprent, Zandré klaring verduidelik op gemik is om die e in die regte lewe is, elemente van veraltyd met die gesin se olprent moes soos ’n k en intiem Ons het ganisasie waar Heidi klik behandekiet om hul wêreld so eerspieël ” er sy en die draaiMichael Innes, wou al wat belowe hulle gaan besef dit is nou of bië toe gegaan om die aan, Marelize se pa, is en daar het ons et besef hierdie gesin snaakse video – hulle n herkenbaar ” s die perfekte epic at dit onvergeetlik di se rou, eerlike reakoel dis oukei om jouute te hê ”

Foto ter illustrasie Foto: Drakenstein/ Municipality/ Facebook
Foto: Jana Scheepers

‘Nier die grootste geskenk’

“Suid-Afrika word deur een van die hoogste syfers van chroniese niersiekte ter wêreld in die gesig gestaar –hoofsaaklik gedryf deur diabetes, hoë bloeddruk en MIV. Tog het ons land, ten spyte van die dringende behoefte, een van die laagste orgaanskenkingsyfers wêreldwyd – net 1,2 skenkers per miljoen van die bevolking.”

Só sê Stella de Kock te midde van nasionale nierbewustheidsweek, wat van 1 tot 5 September gedenk word. De Kock dien as besturende direkteur van die Transplant Education for Living Legacies-organisasie (Tell), wie se missie dit is om Suid-Afrikaners oor orgaan- en weefselskenking op te voed

“Hierdie Nasionale Nierbewustheidsweek van 1 tot 5 September werp Transplant Education for Living Legacies lig op die kwesbaarste pasiënte van almal – kinders wat met chroniese niersiekte leef. Vir hierdie jong pasiënte kan orgaanskenking – hetsy dit nou van ’n lewende skenker of ’n oorlede skenker is – die verskil beteken tussen jare se indringende dialise en die kans om ’n vol, gesonde lewe te lei.”

De Kock voeg verder by: “Wat baie mense nie besef nie, is dat jy tot 90% van jou nierfunksie kan verloor sonder om duidelike tekens of simptome te toon. Teen die tyd dat simptome verskyn, is nierskade dikwels ernstig en onomkeerbaar.”

Sakkie van der Westhuizen (58), wat voorheen in die Paarl gewoon het en tans in Piketberg boer, het in 2006 ’n nieroorplanting ondergaan. Hy vertel hy het van jongs af baie nierinfeksies gehad Dokters het vasgestel dat hy drie nierbuise het pleks van twee Hy het gereeld infeksie in die derde buis, wat nie ’n nier

Toe ek daar kom, was ek al baie ver in nierversaking. In daardie stadium was die nierfunksie al van so ’n aard dat hulle my onmiddellik op ’n waglys vir ’n nier geplaas het,” onthou Sakkie nog duidelik

“Dit was toe al redelik ver gevorderd en onomkeerbaar. Die dokters kon in daardie stadium eintlik niks meer doen nie. My toestand het net erger geraak en hulle het my toe met dialise laat begin. Ek het peritoneale dialise ondergaan. Dit beteken jy kan dit self by die huis doen. Dokters plaas vir jou pypies in jou maag en dan het jy hierdie sakkies wat jy vervang. Ek het dit vier keer per dag gedoen.

“Toe het hulle my laat weet daar is ’n geskikte nier vir my, maar op daai dag toe hulle my bel, was ek toevallig by die dokter weens bronchitis. Ek kon dus toe nie die nier ontvang nie, want ek was nie gesond genoeg daarvoor nie. Jy moet 100% gesond wees, anders kan jou liggaam die nier verwerp

maar stelselmatig so met die ouderdom agteruit. Al wat wel ’n probleem is, is dat my spierfunksies nie so lekker is nie Ek sal baie maklik byvoorbeeld ’n spier skeur. My spiere verswak maar weens die lang tydperk wat ek die kortisoon gebruik.

“Die ander probleem is as gevolg van die verwerpingsmedikasie – jou liggaam se immuniteit word die heeltyd onderdruk. My liggaam het dus nie die natuurlike vermoë om teen ander siektes te veg nie – siektes soos kanker en sulke goed beteken dat ons, wat oorplantings ondergaan het, baie vatbaar daarvoor is.”

Kanker is in Oktober verlede jaar by Sakkie gediagnoseer. Dit was ’n gewas in sy boudspier en dokters kon ongelukkig nie sny om dit te verwyder nie Hulle moes ’n ander roete volg na gesondheid en hy het chemoterapie en 28 sessies bestraling ondergaan.

“Sowat ’n maand gelede was ek weer vir toetse in die tonnel en alles is skoon Ek is baie dankbaar daarvoor, maar dit is mos maar iets wat die heeltyd half oor ’n ou se kop hang Ek bedoel, ek is bitter dankbaar – dit is amper 20 jaar van ’n ou se lewe wat jy bygekry het. Ek is baie dankbaar die nierfunksie is al die pad baie goed – selfs deur die kankerbehandeling.”

Sakkie sê van toe af tot nou was nie ’n maklike pad om te stap nie. Hy sê ten spyte van die berge wat hy moes versit, was hy nog altyd ’n positiewe mens.

“Ek het probeer aangaan so goed ek kan, maar ek dink wat ’n mens vergeet, is die invloerd wat dit op jou gesin het. Al wat ek vir mense om my kan sê, is enige orgaanskenking is ’n ongelooflike geskenk.”

•Besoek www.tell.org.za vir nog inligting oor hoe om ’n orgaanskenker te word.

Disaster readiness bolstered

The Cape Winelands District Municipality’s (CWDM’s) Fire Services received specialised hazmat equipment, made possible by the Western Cape Government’s Disaster Management, during a handover in Stellenbosch last Thursday (28 August).

The provincial government has embarked on an initiative to strengthen municipal fire services through the added financial support, in recognition of the critical role that suitable equipment plays in the successful management of disasters relating to chemical, biological, and radioactive substances.

A budget of R500 000 was allocated by provincial Disaster Management to help co-fund the acquisition of specialised hazmat equipment in the 2024-’25 financial year The funding enabled the CWDM’s Fire Services to procure pneumatic pip-plug kits, universal pressure-test kits, large leak-sealing bags, personal electronic dosimeters, zone tarpaulins, hazmat plug and wedge kits, portable decontamination showers, and portable rechargeable LED light kits

The initiative aims to ensure municipal fire services are compliant with national benchmarks and standards, while also strengthening preparedness to respond effectively and safely to incidents involving dangerous goods. This ultimately helps protect personnel, community members and the environment.

Building on this success, provincial government will release an additional R500 000 for more equipment during the current financial year (2025-’26).

The CWDM’s Fire Services responded to three hazmat incidents during the previous financial year All the incidents were successfully managed and had little or no impact on the environment.

Sakkie van der Westhuizen

‘Ondersoek ná aanvalle sloer’

JanaScheepers

’n Onlangse nuusberig oor drie gevalle van aanvalle en rooftogte op gasteplase in Franschhoek vanjaar het opslae gemaak nadat bronne in die berig beweer het die plaaslike polisie sloer om dié sake op te los.

In die mees onlangse voorval op 2Augustus is ’n man en vrou op die Chamonixwynlandgoed-en-gasteplaas naby Uitkykstraat in Franschhoek kort ná middernag oorrompel – só erg dat hulle in die hospitaal opgeneem moes word

Die Paarl Post het berig dat die voorval in die vroeë oggendure plaasgevind het toe drie gewapende rowers by by die wyn- en gasteplaas naby Uitkykstraat in Franschhoek ingebreek, die paartjie aangerand en hulle van verskeie besittings beroof het

In ’n soortgelyke voorval sowat twee maande tevore is vier vroue op 8 Junie op die Terra de Luc-gasteplaas ook deur drie mans oorrompel Dit was omstreeks halftwee die oggend. Die verdagtes het blykbaar twee vroue vasgebind en beveel om op die maag te lê terwyl die ander twee vroue op die bed gesit het

In nog ’n voorval (op 31 Mei) op die Val d’Or-landgoed in Hoofstraat is ’n soortgelyke modus operandi gevolg toe drie mans toegang tot ’n wooneenheid verkry, die twee gaste aangeval en een in die been gesteek het

Elektroniese toestelle en juweliersware is in al die voorvalle gesteel

POLISIESEREAKSIE

Volgensl lt kol Frederick Rossouw, die bevelvoerder van die Franschhoekpolisiekantoor, word die drie voorvalle steeds ondersoek Dit is volgens hom nie waar dat die plaaslike polisiekantoor sloer om dié sake op te los nie Rossouw wou egter geen ander kommentaar lewer nie en het die koerant na die provinsiale polisiekantoor verwys Paarl Post wil onder meer weet watter sake ondersoek word en hoe ver die Franshhoek-polisie met hul ondersoek strek Geen antwoord is teen druktyd ontvang nie Die koerant verneem dat slegs sake van huisroof aangemeld is

KLAGTES

Die Burger het op 27 Augustus berig die laaste twee slagoffers, wat in die jongste voorval op Chamonix aangeval is, het glo ’n private speurder aangestel om die voorval te ondersoek Die private speurder het toe

Foto ter illustrasie:

Foto: Franschhoek Wine Valley/ Facebook

die bankkaart van een van die slagoffers tot by ’n winkel in Wellington nagespoor en vasgestel dat dieselfde voertuig in al drie rooftogte en aanvalle vanjaar op kringtelevisie-beeldmateriaal te sien is Volgens die nuusberig is hierdie inligting aan die Franschhoek-polisie oorhandig.

Rossouw weerlê egter hierdie verklaring en sê die Franschhoek-polisie het geen inligting van die private speurder ontvang nie Volgens hom bestaan prossese vir private speurders om saam met die polisie te werk en inligting te deel

Die Burger berig dat die familiewoordvoerder van die man en vrou, wat op Chamonix aangeval en beroof is, “besef het die ondersoek gaan nie vorder nie”

Hy het die ondersoekbeampte gevra of hy ’n artikel 205-lasbrief verkry het sodat die diensverskaffers gevra kan word om te kyk of daar nuwe simkaarte in die gesteelde fone was Die ondersoekbeampte het toe glo gevra “of die private speurder dit gedoen het”

REAKSIEVANGASTEPLASE

Volgens ’n anonieme verteenwoordiger van Val d’Or is dit vir die gasteplaas moeilik om te bepaal watter ekonomiese impak die huisrooftog op dié plaas se inkomste het omdat toerisme as ’n reël in die wintermaande in hierdie gebied afneeem

Die bron sê dat die gasteplaas tevrede is met die Franschhoek-polisie, wat dadelik op die toneel was toe die rooftog aangemeld is, se dienste om vingerafdrukke te neem en ander inligting te verkry

’n Ander ingeligte bron sê die publiek moet onthou dat die polisie landwyd toegegooi is onder werk

Terra de Luc wou geen kommentaar lewer nie en geen terugvoer is van Chamonix ontvang nie

Carstens (70, links) saam

Paarl neem afskeid van voormalige DM-geldhoof

JanaScheepers

Jacques Carstens (70), een van die Drakenstein-munisipaliteit (DM) se voormalige finansiële hoofde asook ’n geliefde Paarliet – veral op die rolbalbaan en op fietsryroetes – is op 22 Augustus ná ’n kort maagkankerstryd oorlede nadat hy in 2016 ’n leweroorplanting ondergaan het Volgens Jaco Carstens, Jacques se seun, was sy pa oorspronklik van Worcester, maar het die laaste 12 jaar in die Paarl gewoon

Hier het hy volgens ’n verklaring deur die munisipaliteit onder meer van 2012 tot sy aftrede in 2020 die pos as die DM se uitvoerende direkteur van finansies en later as finansiële hoof beklee, lui ’n verklaring deur die munisipaliteit

Jacques laat drie kinders – Francois Carstens, Jacques en Annerie van Deventer – asook sy vrou, Elsa Carstens, en ses kleinkinders agter Jaco het verduidelik dat sy pa in 2016 ’n leweroorplanting moes ondergaan weens ’n Alfa-1-antitripsien-tekort wat gewoonlik skade aan die longe of lewer veroorsaak

In Jacques se geval het hy lewersirrose ondervind en is daarna ná ongeveer twee jaar op ’n waglys vir ’n oorplanting goedgekeur

Die Carstens-familie wil graag die Donald Gordon- mediese sentrum van die Universiteit van die Witwatersrand bedank vir hierdie suksesvolle oorplanting wat hul geliefde pa “’n tweede kans op die lewe [gegee het] en nege volle en gesonde jare wat ons [die Carstens-familie] nie andersins

sou gehad het nie”

In hierdie nege jaar het Jacques voluit geleef en onder meer in 2023 ’n silwermedalje vir rolbal by die 24ste Wêreldoorplantingspele in Perth in Australië gewen

As dit nie vir sy kankerdiagnose was nie, was hy weer op pad na die Wêreldoorplantingspele in Dresden in Duitsland in Augustus vanjaar – vir fietsry.

Volgens Jaco het sy pa vanjaar beplan om ’n ander sportsoort tydens die spele te beoefen en hy het pligsgetrou vir ’n jaar ter voorbereiding vir die 2025-oorplantingspele geoefen

Volgens Jaco het sy pa in April vanjaar erge maagpyn ervaar, waarna hy ’n noodoperasie in die Mediclinic Paarl ondergaan het Tydens dié operasie het dit aan die lig gekom dat kanker om sy dunderm gevorm het, waarna die medici ’n omleiding verby die deel om die dunderm waar die kanker gegroei het, moes doen

Die familie is ná die operasie meegedeel dat hy fase-vier-maagkanker het en dat die dokters niks meer vir hom kan doen nie

Die familie bedank egter die hospitaal vir sy professionaliteit

Dié geliefde gesinsman het sy laaste asem nou, sowat vier maande later, by Dochas@Home, waar hy twee dae voor sy dood versorg is, uitgeblaas

Die familie wil ook die Paarl-hospies bedank, wat Jacques pligsgetrou tuis versorg het

Sy begrafnisdiens was die afgelope Vrydag (29 Augustus) by die AGS-kerk in Hoofstraat

Konsert sal donkies baat

Al die veld is vrolik en saam met die koms van lente hang die opwinding van nuwe dinge in die lug.

Lente in die Langeberg-Breederivierstreek word vanjaar gekenmerk deur ’n merkwaardige musiekgeleentheid wat binnekort in Robertson plaasvind

Mense én donkies gaan baat vind by ’n fees van ligte klassieke musiek, wat aanstaande Sondag (14September) om 15:00 deur die bekende en gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in die Oos-kerk aangebied word

Die Eseltjiesrus Donkey Sanctuary bied die konsert Musiek vir Almal aan as ’n positiewe krag wat mense in hierdie uitdagende tye byeenbring

Afrika se oudste en waarskynlik mees bekende simfonie-ensemble tree op met passie, talent en ’n intense verbintenis met die musiek

Full details of tender no ces are available on www.drakenstein.gov.za, www.etenders.gov.za and www.cidb.org.za (construc on related tenders) and on the municipal no ce board. A non-refundable fee of R450 00 is payable to Drakenstein Municipality for collec on of documents No fee will be charged when the tender document is requested electronically Tenders may only be submi ed on the tender documenta on provided by the Municipality andmustremainvalidforaminimumof120daysa�ertenderclosingorasspecifiedinthetenderdocument. DR JH LEIBBRANDT CITY MANAGER Paarl Post – 04 September 2025 NM10027023-PL040925

Die geleentheid is nie net ’n konsert nie, maar ’n onvergeetlike ervaring Kaartjies kan aanlyn gekoop word by adopt@donkeysanctuary co za of op die konsertdag (van 14:15 af) by die deur van die Oos-kerk in Robertson Teen slegs R180 vir volwassenes en R90 vir studente is dit ’n belegging in ’n onvergeetlike middag

Die ouditorium by die kerk bied uitstekende akoestiek en goeie sig uit alle sitplekke

Acity of excellence

Die konsertprogram sal gewis wye aanvaarding geniet

Gunstelinge soos die Blommewals van Tchaikovsky en Offenbach se Can-Can sal vermaak, asook die keur van komponiste soos Grieg, Rossini, Smetana en SaintSaëns Van besondere belang sal ’n keurspel wees om erkenning te gee aan die beskermheer van Eseltjiesrus, die alombeminde David Kramer Kom geniet Musiek vir Almal en help om ’n positiewe invloed te maak en te geniet – alle opbrengste sal die noodsaaklike donkiewelsynwerk van Eseltjiesrus naby McGregor ondersteun • Kontak Johan by 0834293217 vir enige navrae

Jacques Carstens (70)
Jacques
met sy vrou en van sy kleinkinders Van links is Daniël Carstens, Alex Carstens, Elsa Carstens (Jacques se vrou) met Lia van Deventer op haar skoot en Luka Carstens Voor is JD Carstens en Shani Carstens.
Die donkies by Eseltjiesrus in McGregor lyk skoon opgewonde oor die koms van die Kaapse Filharmoniese Orkes, wat geld vir dié organisasie insamel

Laerskool Paulus Joubert maak skoonskip

At the annual derby against Paulus Joubert Primary School, the pom-pom dancers from Charleston Hill Primary entertained spectators with their dance moves just before the start of the main game From left are Isiphile Hala, Nditsheni Lepita, Ndalwentle Mahlanza and Mivuyo Kowa.

Die Laerskool Paulus Joubert (LPJ) het vanjaar in sy jaarlikse derbystryd teen Charleston Hill Primêr opslae gemaak toe sy o 13-rugbyspan weer eens as die derby-oorwenner weggestap het LPJ se o 13’s het met 24-10 geseëvier By die trotse rugbyspelers met hul medaljes, is hul afrigters Davin Titus (heel agter tussen die leerders), Lyle Arendse en Ethan Oliphant Afwesig: Brad Ephraim (spanbestuurder) LPJ het ook die o 13-seuns se basketbalwedstryd gewen Die gedugte o 13-skaakspelers het ook met 9-3 koning gekraai.

Atleet skitter

Die atletiekafrigter Freddie Neff is trots op Eli du Plessis oor sy onlangse atletiekprestasies. Eli, ’n leerder aan die Laerskool Drakenstein, het aan die Cossasa-spele in Eswatini deelgeneem.

Hy het goud vir verspring

ontvang en ook sy persoonlike beste na 6,08 m verbeter. Eli het by die Boland-kampioenskap ook goud vir hoogspring en brons vir verspring losgespring. In die Wes-Kaap-kampioenskap het hy silwer vir hoogspring en verspring ontvang en is die veldatleet van dié byeenkoms.

Jong Paarlse atlete skitter in Eswatini

Die Hoër Meisieskool Paarl-atlete Lara Stander (o.16) en Skyler van Dyk (o.18) het onlangs aan die Cossasa- spele in Eswatini deelgeneem Hulle het die SA skolespan verteenwoordig Lara het goud in die 800m en 1500m gewen en Skyler goud in verspring en driesprong Skyler is ook in die o 18 SA span opgeneem, wat verlede maand in Nigerië aan die Afrika-kampioenskap deelgeneem het. Sy het daar vierde geëindig.

Eli du Plessis en Freddie Neff
Photos: Ernest Kilowan
Die netbalspelers van die Laerskool Paulus Joubert het in hul jaarlikse derby- kragmeting teen Charleston Hill Primêr gewys wie is baas op die netbalbaan toe hulle met 11-8 gewen het Agter,van links,is Tess-Lee Davids,Nikila Kotze,Veronique Rhode (spanbestuurder),Ava Zwaan,Amira Albertus en Amy-Lee Naudé Voor is Roneecka Hendricks,Jenique van Wyk en Tamika Hendricks Afwesig: Misha Stroebel (spanbestuurder)
Goud en silwer vir Amstelhof Primêr se uitsonderlike kore Die junior koor van Amstelhof Primêr, onder leiding van Francisca Geneke, het by die onlangse jaarlikse eistedfodd goud verower Foto: Ernest Kilowan

’n Kykie agter die Kavaliers se rugbyskerm

Rugby is deel van die kultuur van die Boland én Suid-Afrika Daarom was die Boland Kavaliers-span, wat vanjaar ná jare sy terugkeer tot die Curriebeker-kompetisie gemaak het, die fokus van die onlangse “Dis my ding, Wellington”-gespreksaand by die Breytenbachsentrum Kapt Thurlow Marsh (naaslinks) en die afrigter Hawies Fourie (links) het die gehoor ’n kykie agter die skerms van die span se werksaamhede en fokus gegee, en ook meer oor hul onderskeie loopbane vertel “Dis my ding, Wellington” is ’n gespreksreeks wat Wellingtonners wat ’n indruk maak in die kollig plaas. By Fourie en Marsh is, van links, Courtney Prince, Engela Duvenage (gespreksleier) en André Terblanché (bestuurder van die Breytenbach-sentrum) Foto: Ernest Killowan/Boland Rugby Media

Dagboek/Diary

SATURDAY 6 AND SUNDAY 7 SEPTEMBER

Stand bookings for the Winelands Bridal Fair are now open This year’s event will take place on 6 and 7 September at the beautiful Klein Joostenberg between Stellenbosch and Klapmuts Call Donato Events on 076 406 4020 or send an email to desiree@ donatoevents co za if you are interested in exhibiting or would like more information about the event and available rates

SATERDAG 11 OKTOBER

’n Uitsonderlike musikale ervaring wat gees en verbeelding aangryp ontluik in die nuut

gerestoureerde Goodnow-saal in Wellington

O Fire of the Spirit weef eeue oue mistieke klanke saam met hedendaagse stemme in ’n meesleurende klank-landskap van transformasie en hoop Die konsert dien ook as ’n simboliese wedergeboorte met die historiese heropening van die Goodnow-saal Die konsert begin om 12:00 Dr Adrienne van As lewer ’n kort historiese inleiding Kaartjies kos R180; (studente: R100; pensioentrekkers: R162) Besoek www quicket co za vir besprekings Die ikoniese Taalmonument vier sy 50ste bestaansjaar met ’n heerlike opskop in die Paarl-stadsaal Almal is genooi Besoek quicket co za of die Historium, Pastorieweg 11, Paarl, vir kaartjies (R150) Die deure open om 18:00 Skakel 021 863 0543 vir nog inligting

Tuin van Digters bied weer baie

Die Afrikaanse digkuns se pad vorentoe ná Breyten Breytenbach, die bekendstelling van digbundels van onder andere die Suid-Afrikaans-Kanadese digter Klara du Plessis van haar nuutste tweetalige digbundel Ek’t Act, van Marlise Joubert, wat vanjaar 80 word, se jongste bundel Atrium, en van Herman Wasserman se debuutbundel Waterman en Wium van Zyl se Poëme

Daarby ook die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuutbundel, die huldiging (postuum) van die digter Johann de Lange en die pryswennende digter en skrywer Gaireyah Fredericks, wat ’n huldigingsgedig aan Breyten Breytenbach gaan voordra

Dit is enkele van die hoogtepunte by vanjaar se 14de Tuin van Digters-digfees, die “Tuiste van die Afrikaanse digkuns”, op 12 en 13 September by die Breytenbach- sentrum in Wellington

Vanjaar se tema is “Wanatoe”

Liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan ook uitsien na verskeie ander digtersgesprekke, musikante wat toonsettings van gedigte sing, voorlesings deur opkomende digters van hul gedigte en praguitstallings in die twee galerye

Volgens Francois Lötter, wat die negende jaar die programorganiseerder van Tuin van Digters is, is die Breytenbach-sentrum se trust en direksie voorberei en gereed om die nagedagtenis van Breyten, wat op 24November 2024 in Parys, Frankryk, oorlede is, en sy visie vir die sentrum in stand te hou

“Daarom word voortgegaan om gevestigde sowel as jong digters en woord- en kunsskeppers uit alle gemeenskappe te betrek en bewus te maak van die belangrike rol wat Breytenbach deur sy werk en sy menswees vervul het ” Lötter sê om dit te beklemtoon bied PEN

inspirasie gebruik om kunswerke te skep wat sy nalatenskap vereer, erken en verder neem Vir die uitstallings WANATOE; SOENTOE in die Cloete-gemeenskapsgalery het Anne-Ghrett en die kunstenaar, onderwyser en lektor Marieke Kruger jong, ongevestigde kunstenaars van die toekoms geïnspireer en leiding gegee Kruger het ’n keuse van haar top-oudstudente van verskillende instansies genooi om aan hierdie uitstalling deel te neem om die pad vorentoe ná Breyten in hul kuns aan te dui Bespreek by Anne-Ghrett Erasmus Coetzee by 083 415 0002 Marí Borstlap, ’n regisseur, aktrise en ontwerper wat onder meer die regie van Onder ’n Bloedrooi Hemel gedoen het, en in Breyten Breytenbach se laaste drama, Verwelkingslied, by vanjaar se Suidoosterfees [opgetree het], is die openingspreker van die kunsuitstallings Dit vind op Vrydag 12 September om 18:00 plaas Musiek en toonsetting van gedigte word ook nie agterweë gelaat nie Buiten Danie (Reënwolf) du Toit en sy pa, ook Danie, se sang en gedigte, tree Ilana de Vlakte van Aranos in die suide van Namibië Vrydagaand op Sy sing toonsettings van haar eie gedigte sowel as van dié van Breyten Breytenbach

Saterdag kom voorlesings en die sing van getoonsette gedigte van Breyten Breytenbach deur Laurinda Hofmeyr en ook Ilana de Vlakte, met Schalk Joubert op die baskitaar, aan die beurt

KITAARSLANER

Die sanger, digter, kunstenaar, akademikus en Breyten-gespreksgenoot Andries Bezuidenhout, sing van sy eie nuwe toonsettings, ’n paar Koos du Plessis-nommers van sy mees onlangse album, asook liedjies uit jare gelede van die Brixton Moord en Roof Orkes Kapelaan Pat Plank ook

AANDAG !!! Alle Kliënte VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960 Doen bankaflosse.

Vurige driekuns vir ’n vlugvoetige vleuel

Rosesmaakgeskiedenis

Charl Williams

Roses United het sy greep op die Boland-Grootuitdaagkompetisie Saterdag (30 Augustus) verder verstewig met ’n oortuigende 48-24-oorwinning teen Bella voor ’n entoesiastiese skare by Pelikaanpark.

Die Wellington-gebaseerde klub is nou onbetwis die Witsentraal-ligakampioen vir 2025 en het ook amptelik vir die Top-12-kompetisie, wat later vanjaar plaasvind, gekwalifiseer. Roses bly onoorwonne ná 21 wedstryde – ’n prestasie wat alle rekords in dié liga laat spat het. Roses se vlugvoetige vleuel Easton Arendse het vroeg reeds die eerste punte

op die telbord gesit. Bella het met ’n doeltreffende rolmaalbeweging geantwoord en sy enigste voorsprong van die dag geneem (7-5). Die tuisspan het egter dadelik teruggeslaan toe Corniel Solomons ’n drie gaan druk het; suksesvol verdoel deur Garth April. Ondanks tye van stewige skrumwerk deur Bella se voorspelers, het Roses se aanval ten volle begin werk. Luyola Ndlamafa, wat soos ’n senter deur die middelveld gebars het, het die derde drie gedruk, gevolg deur Conwin Timmie, wat die bonuspunt verseker het. Arendse het later sy tweede drie bygevoeg ná ’n skitterende lopie van Denvor Cloete, met April wat die rustydtelling op 31-7 vasgemaak het. Kort ná die afskop vir die tweede

Two Oceans Marathon is back

The Totalsports Two Oceans Marathon (TTOM), one of the world’s most iconic running events, has officially been confirmed for the weekend of 11-12 April 2026 in Cape Town. The Board of the Two Oceans Marathon NPC today announced the appointment of Stillwater Sports as the official Staging and Commercial Partner. This partnership will ensure a world-class race experience for athletes, supporters, and the broader running community.

Widely known as “the world’s most beautiful marathon”, the Totalsports

Two Oceans Marathon continues to attract thousands of elite and recreational runners from across the globe The confirmation of the 2026 event underscores a shared commitment by the Two Oceans Marathon NPC, and Stillwater Sports to elevate the race to new heights while celebrating its rich legacy

“The Two Oceans Marathon has a proud history,” said Chris Goldschmidt, Chairman of the Board of the Two Oceans Marathon NPC, “and this partnership marks a significant step forward

in ensuring its future as a world-class event. We are confident that with Stillwater Sports’ proven expertise, alongside the continued support of Totalsports, the 2026 edition will set new benchmarks for excellence and inclusivity.”

With a reputation for delivering premier mass participation events, Stillwater Sports brings a wealth of expertise and innovation to the Totalsports Two Oceans Marathon.

“We are honoured to be entrusted with the staging and commercial delivery of the Totalsports Two Oceans Marathon,” said Michael Meyer, Managing Director of Stillwater Sports. “This is a landmark event on the global running calendar and, with the backing of the Two Oceans Marathon Board and Totalsports, our focus will be on delivering an excellent runner experience, and importantly increasing the runner value. We look forward to getting to work immediately.”

Planning for the 2026 edition is already underway, with announcements set to be made in the coming weeks. Visit www. twooceansmarathon.org.za for more.

helfte het Cloete self ’n drie gedruk, weer verdoel deur April, voordat hy plek gemaak het vir Xavier Solomons Bella het dapper teruggeveg met twee drieë deur sy voorspelers, maar Arendse het sy driekuns voltooi – ’n bewys van sy uitstekende verrigting op die dag Solomons het die wedstryd in styl afgesluit met ’n drie ná ’n vinnige teenaanval van die Roses-span.

Volgens Roses se voorsitter, Herman Bailey, is die span se sukses nie net die gevolg van talent op die veld nie, maar ook danksy deeglike beplanning en ’n breër visie.

“Ons het reeds in 2024 begin beplan vir wat tans gebeur,” sê Bailey.

“Ons wil nie net op die veld wen nie,

maar ook ’n werklike invloed op ons gemeenskap hê

“Ons bou langtermyn-verhoudings met plaaslike sakeondernemings en vennote wat in ons waardes glo Rugby is vir ons die voertuig om verandering en eenheid in die gemeenskap te bring.” Bailey sê verder afrigters en spelers is “op dieselfde bladsy” wat doelwitte en ontwikkeling aanbetref en dat dié gesamentlike fokus die dryfveer agter die span se uitsonderlike 2025-seisoen is

Puntemakers: Roses United (48): Drieë: Easton Arendse (3), Corniel Solomons, Luyola Ndlamafa, Conwin Timmie, Denvor Cloete, Xavier Solomons Doelskoppe: Garth April (4)

Paarl hockey women tops

Paarl Men 1st hockey team managed a good first half and kept within a goal or two of Maties during the two teams’ match on Saturday (30 August). The second half Maties linked better and could pull away from Paarl with the final score 10-4 for Maties. The first women’s team also had a tough encounter against Limitless but took the lead in the last part of the match to win 5-4.

Easton Arendse het geskitter en ’n driekuns in Roses United se wedstryd teen Bella behaal Foto: Taschen Hendricks

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.