Dis tyd vir een van die grootste skolesportgebeurtenisse en ’n jaarlikse hoogtepunt in die dorp – die Interskole tussen twee groot rugbyskole in die land: Die Hoërskool Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl Dié skole se rugby-eerstespankapteine en hul ondersteuners is gereed. Agter, van links, is Dominic Uren (Gim-dirigent) en Philip Malherbe (HJS-dirigent) Voor is Jancka Arangies (Gim-rosettemeisie), Markus Muller (Gim-kaptein), hul gelukbringer, Nols, Steph van der Merwe (HJS-kaptein) by hul gelukbringer, Handré Rust, en Julia Smuts (HMS) Afwesig: Cara Els, HJS se sjampanjenooi, en HMS se netbal-eerstespankaptein wat op ’n netbaltoer was Foto: Ernest Kilowan
‘DA onkant betrap’, sê politieke kenner
PAwenverkiesinginwyk27
Rasaad Adams
Die DA in Drakenstein is waarskynlik onkant betrap en het nie verwag dat hy ’n nederlaag sou ervaar in ’n wyk waarin sy eie voormalige burgemeester woon en wat die afgelope 15 jaar in DAbeheer was nie.
Só het dr. Harlan Cloete, ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat se sentrum vir gender- en Afrikastudies, vandeesweek gesê nadat die Patriotic Alliance (PA) se Veronica Boonzaaier as raadslid van wyk 27 (Amstelhof) in verlede Woensdag (24 Julie) se tussenverkiesing verkies is. Cloete is ook een van die stigterslede van die Paarlse radiostasie KC 107.7.
Die tussenverkiesing het gevolg ná die afsterwe van die DA-raadslid Vanessa Booysen.
Die PA het 988 stemme uit die altesaam 2309 stemme ontvang, gevolg deur die DA met 914 stemme. Die ANC het 391 van die stemme ontvang en die Concerned Drakenstein Residents
“Ons kan nie uitsluit dat ons dalk met ’n koalisieregering in Drakenstein gaan eindig nie.” - Dr. Harlan Cloete
(CDR) 15 stemme.
Altesaam 353 van die ANC se stemme was by die Amstelhof Primêre Skool se stempunt, wat ’n aanduiding gee van die groot steun wat dié party in daardie deel van Amstelhof geniet.
Volgens Cloete was ook hy onder die indruk dat die DA aan bewind sou bly.
“Ek was self verras Hierdie is ’n wyk waarin die voormalige DA-burgemeester Conrad Poole woon Hy het nog altyd groot steun onder die meeste van die kiesers gehad, dus dink ek dit het as ’n groot skok vir die DA gekom.
“My persoonlike gevoel is dat die DA waarskynlik te gerus geraak het. Hulle het waarskynlik gedink die wyk word nou al vir etlike jare deur die DA beheer en dat dit maklik sou wees om dit blou te hou.
“Ek dink dit was ’n wake-up
call en hulle gaan nou aansienlik harder moet baklei om nie meer wyke in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing te verloor nie,” sê Cloete.
Volgens hom sal dit nou ook die PA se strategie wees om die DA se steun in aanloop tot volgende jaar se verkiesing te verswak.
“Hoe meer wyke die PA volgende jaar by die DA kan afneem, hoe meer word die DA se posisie verswak.
“Die DA sal natuurlik sy meerderheid wil behou, dus dink ek hy gaan homself nou moet herontdek en ondersoek gaan instel van waar hy fouteer het om so vinnig so baie steun te verloor.
“Sy grooste verkoopspunt is dat hy ’n gevestigde agtergrond van plaaslike regering het. Aan die kant van die PA sit hulle weer met ’n baie charismatiese
leier. Die mense hou vreeslik baie van Gayton [McKenzie] Ek dink volgende jaar gaan ’n baie interessante plaaslikeregeringsverkiesing wees. Ons kan nie uitsluit dat ons dalk met ’n koalisieregering in Drakenstein gaan eindig nie,” sê Cloete.
Gillion Bosman, die DA se kiesafdelingshoof in Drakenstein, het by navraag aan Paarl Post gesê “die DA in Drakenstein is ten spyte van die terug-
slag in wyk 27 steeds vasberade om dienste aan al die inwoners van Drakenstein te lewer”.
“Ons is trots op die werk van ons kandidaat, Shaleen Solomons. Ons sal saam met haar span aktiviste steeds op die grond en in die gemeenskap wees om die mense van Amstelhof te bly ondersteun
“As die regerende party in Drakenstein en die distrik bly ons toegewyd aan diensuitnemendheid,” sê Bosman.
Veronica Boonzaaier van die PA is verlede week as wyk 27 (Amstelhof) se nuwe raadslid verkies Foto: Rasaad Adams
Polisiesersant in hof ná moord
Die polisiespeurder Wayne Wantza (42), wat na bewering Saterdag (26 Julie) verskeie skote in Schoongezichtstraat, Wellington, afgevuur het en waarin sy gewese meisie ernstig gewond en haar nuwe kêrel, Petrus Jacobs (49) dood is, het Maandag in die landdroshof in Wellington verskyn.
Die klagstaat identifiseer Wantza se eksmeisie as Elzaan Gelant. Wantza het haar glo sewe keer geskiet, maar sy het wonderbaarlik oorleef.
Wantza word van moord met voorbedagte rade sowel as poging tot moord aangekla.
Brig. Novela Potelwa,’n provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat Jacobs, van Chicago in Paarl-Oos, in die skietery dood is, terwyl Gelant ernstige beserings opgedoen het.
Gelant sterk tans in die hospitaal aan.
Die beskuldigde het Maandag emosieloos in die beskuldigdebank gesit en deurgaans afgekyk.
Die saak is tot 13 Augustus vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel. Die verdediging sal dan aanvoer waarom Wantza op borgtog vrygelaat behoort te word. Hy bly dus in aanhouding totdat die aansoek aangehoor word. Die staat het aangedui hy sal borgtog teenstaan Wantza is dieselfde dag (Saterdag 26Julie) in Moorreesburg in hegtenis geneem nadat hy glo ná die voorval van die toneel af gevlug het.
Volgens berigte het die skietery weens ’n vermeende liefdesdriehoek ontstaan.
Jacobs was ten tyde van sy dood getroud, maar volgens inligting van sy vrou vervreem
Potelwa het gesê Wantza het op die dag van die voorval by Jacobs se woning opgedaag en Gelant, met wie hy voorheen ’n verhouding gehad het, genader.
“Volgens inligting van die toneel het die polisiebeampte by die oorledene se woning opgedaag en die vroulike slagoffer genader.
Nadat hy haar opsy geneem en met haar gepraat het, het hy glo op beide die man en die vrou losgebrand,” het sy gesê.
Gelant is glo van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, het Netwerk24 berig.
Tydens die hofverskyning het dit aan die lig gekom dat Wantza as speurder ernstige en gewelddadige misdade, insluitend bendeverwante sake, ondersoek het. Hy was verbonde aan die Kleinvlei-polisiekantoor, soos op Netwerk24 berig.
Volgens die klagstaat woon Wantza ook in Kleinvlei. Hy het volgens inligting wat Paarl Post bekom het, as sersant gedien.
Sy regsverteenwoordiger, Andrew Brown, het aangevoer dat Wantza se werk hom aan gevaar blootgestel het en dat die media dus nie foto’s van hom moet neem of publiseer nie. Die landdros het dié versoek egter van die hand gewys.
Daar is ook beweer dat die polisiekantoor waar Wantza gewerk het, op 21 Mei vanjaar geteiken is toe gewapende aan-
vallers 32 skote op die gebou afgevuur het - vermoedelik as gevolg van onlangse bendeverwante inhegtenisnemings in die gebied.
Jacobs, oorspronklik van die Paarl, het by Metrorail gewerk en was ’n toegewyde ondersteuner van die Lower Paarl Blues-rugbyklub
Sy betrokkenheid by die klub spruit uit ’n lang familieverbintenis, met sy pa wat al jare lank ’n speler van die klub is en steeds ’n lojale ondersteuner is, het Thomas du Plessis, die klub se sekretaris, gesê
Die Jacobs-familie wou nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.
OORLEDENE: Petrus Jacobs (49) Foto: Lower Paarl Blues RFC/ Facebook
Die misdaadtoneel in Schoongezichtstraat in Wellington waar Petrus Jacobs (49) doodgeskiet en sy vermeende meisie in die skietery gewond is Foto: Wellingtoners/ Facebook
Wayne Wantza Foto: Facebook
‘Ja!’ vir nuwe hospitaal
Chantélle Hartebeest
Die beplande nuwe private hospitaal vir die Paarl is ’n goeie toevoeging tot die bestaande mediese fasiliteite in die dorp – veral met die Paarl wat so vinnig uitbrei.
Dit is die mening van Michiel Scharrighuisen, ’n direkteur by die Giflo-groep. Dié maatskappy is bekend vir sy kundige handels- en mediese-eiendom-ontwikkelings. Hul spesialisafdeling, Giflo Medical, is die ontwikkelaar van die nuwe hospitaal asook die mede-eienaar saam met Fairwater.
Die nuwe hospitaal sal as die Paarl Valley Hospital bekendstaan. Die hospitaal sal deur die Life Healthcare-hospitaalgroep bestuur word en dit sal hul eerste hospitaal in 10 jaar wees. Scharrighuisen voeg by die hospitaal sal op die grond waar die Fraaigelegen-plaas langs die R301 (Wemmershoek-pad) was, gebou word.
“Ons is twee partye wat deel is van die nuwe hospitaal wat die eienaarskap en die eiendom betref Dit is dus Giflo en Giflo Medical en dan het ons Fairwater as vennoot. Giflo Medical is ons ontwikkelingsmaatskappy van mediese eiendomme soos hospitale en dialisesentrums. Giflo Medical is ook betrokke op twee vlakke wat die nuwe hospitaal betref – dit is eienaarskap en die ander is om die hospitaal te ontwikkel.
“Die ontwikkeling van Paarl Valley behels dus die ontwikkeling-en-ontwikkeling-bestuursfunksie wat ons vervul. Dit is wyd en sluit die eerste interaksie met die hospitaalgroep in,” sê Scharrighuisen
“Daar is baie hospitaalgroepe en om uit te reik na hulle toe en die belangstelling te gaan soek, want so groot en so mooi soos wat die Paarl is, was dit nie net vir ’n eerste oogopslag en al die hospitaalgroepe val oor hul voete nie. Dit was vir hulle ’n baie groot besluit om betrokke te raak. Ons rol was dus om na die hospitaalgroepe uit te reik en die geleentheid aan hulle voor te lê en belangstellendes dan te oortuig.
“Oortuiging is nie net praat mooi woordjies nie Dit gaan oor syfers, impakstudies en geografiese studies wat hulle wil sien. Hulle wil baie inligting hê, en dan wil hulle ontwerpe ensovoorts ook sien.
“Dit was dus ons taak om die regte ligging te gaan soek. Dan moet jy hulle oortuig oor die bevolkingsyfer en die behoefte. Dit was ook ons rol om uit te reik na dokters, spesialiste en verpleegmense
en te sê hier is die dokters wat die hospitaal sal ondersteun.
“Ons rol sluit verder ook in om die planne in oorleg met Drakenstein goed te keur Dit is waar ons nou is. Die volgende stap is met ons konsultantespan om bouplanne by die Drakenstein-munisipaliteit goedgekeur te kry en eers wanneer ons dit het, kan ons na bou-ondernemings uitreik. Ons doen nie self die bouwerk nie – ons is die ontwikkelaars. Ons doen alles tot en met die bouwerk. Ons bestuur die hele proses totdat die geel masjiene op die terrein is.”
Bouwerk is gereed om op 1 November te begin en sal na verwagting op 31 Mei 2027 voltooi wees.
Volgens Scharrighuisen sal Paarl Valley se gebou 13 621m² groot wees met altesaam 140 beddens
Dié hospitaal sal met verskeie afdelings pronk, waaronder ’n kraameenheid, ’n pediatriese afdeling, ’n pediatriese waaksaal, ’n kardiologieteater vir hartchirurgie en ’n ongevalle-eenheid. Die nuwe hospitaal sal ook ’n paar eerstes vir die Paarl bied, soos ’n neonatale waakeenheid vir pasgebore babas. Die hospitaal sal ook met konsultasiekamers en ses teaters pronk – waarvan een net vir kardiologie sal wees.
Die hospitaal is naby die N1-hoofweg. Indien ’n ongeluk gebeur, sal dit nie te ver wees om pasiënte te vervoer nie.
“Paarl Valley word nie gebou om o by die bestaande twee hospitale in die dorp or te neem nie, maar eerder om dit aan te vul,” sê Scharrighuisen.
“Die Paarl-provinsiale hospitaal is in die middedorp, Mediclinic Paarl in die
noorde van die dorp en nou kom Paarl Valley in die suide van die dorp, en dit bring ’n goeie balans.”
Op ekonomiese vlak gaan Paarl Valley ook ’n groot uitwerking op die dorp hê. Scharrighuisen meen dit gaan geweldig tot werkskepping in die gebied bydra. Hy is van mening dat dit ook eiendomswaardes in die 10-km-radius van Paarl Valley sal beïnvloed.
“Tydens die 18 maande boutydperk gaan ongeveer 120 werksgeleenthede geskep word. Plaaslikekonstruksiefirmas asook kontrakteurs soos loodgieters, elektrisiëns en skrynwerkers en ander sal ook benodig word.
“Wanneer die hospitaal uiteindelik aan die gang is, sal dit werk vir meer as 60 dokters en spesialiste, ongeveer 600 verpleegpersoneel, skoonmaakpersoneel, voedseldienste en linnedienste skep.”
Scharrighuisen sê die hospitaal sal inwoners so ver as Moorreesburg, Porterville en Piketberg bedien.
Binnelandse Sake in Paarl is weer oop
Jana Scheepers
Die Paarlse kantoor van Binnelandse Sake is weer oop ná ’n gewelddadige voorval wat verlede Woensdag (23 Julie) plaasgevind het.
Die departement wat aan Paarl Post bevestig het die kantoor het reeds die volgende dag (op 24 Julie) heropen het vir die afhaal van Slim-ID-kaarte en paspoorte, het vanaf vandag kliënte gehelp met afsprake en die dringende afhalings van amptelike dokumente.
Die koerant het na afloop van die voorval by die departement navraag gedoen, waarna die woordvoerder en adjunk-direkteur-generaal van operasies, Thulani Mavuso, die insident bevestig het.
Volgens Mavuso het die voorval omstreeks 12:00 plaasgevind toe ’n kliënt (vermoedelik 'n man) glo woedend geraak het oor die koste van ID-foto’s. Hy het op personeel begin skree, ’n personeellid aangeval, en daarna in ’n fisieke konfrontasie met ’n ander kliënt betrokke geraak.
Rencia Valentine, wat aan die Inspektoraat vir Immigrasie in die Kaapse
Wynland- en Weskusdistrikte verbonde is, is tydens die insident gebyt. Sy het toestemming gegee dat haar naam gepubliseer mag word en met Paarl Post oor die gebeure gepraat.
Volgens Valentine, het die man eers ’n personeellid “lelik aangespreek” waarna hy na ’n kliënt gedraai en haar in die Binnelandse Sake-kantoor “te lyf gegaan [het]”. Die kliënt het na buite gehardloop, waarna hy haar agtervolg het “en verder geslaan [het],” vertel Valentine.
Volgens Valentine sien sy dit as haar “plig” om die “publiek en staatsbeamp-
tes in die kantoor te beskerm”, en het sy die man probeer keer deur hom op die grond vas te pen asook om lede van die publiek na buite te vergesel.
Die man het haar toe glo met beledigende taal toegesnou, met haar gestoei en haar toe gebyt.
Die man was blykbaar reeds omgekrap toe hy die kantoor vir die eerste keer betree het.
Die Paarl-polisie is na die toneel ontbied en die verdagte is van die perseel verwyder. Valentine het intussen ’n saak teen hom aanhangig gemaak.
Mavuso het bevestig sekuriteit was tydens die voorval teenwoordig, maar dat die man se gewelddadige gedrag daartoe gelei het dat meer persone moes help om hom te beteuel Een werknemer (Valentine) is beseer, terwyl vyf ander personeellede volgens Mavuso “geaffekteer” is Een lid van die publiek is ook beseer. Die departement van binnelandse sake is tans besig om gepaste sekuriteitsdienste in te stel in belang van die veiligheid van personeel en kliënte.
Die Paarl Post het navrae gestuur aan die Paarl-polisie, maar het geen kommentaar ontvang nie.
Michiel Scharrighuisen
’n Voorstel van hoe die nuwe hospitaal sal lyk
Die Paarl-kantoor van Binnelandse Sake in Kasteelstraat Foto: Jana Scheepers
Starlin-saak uitgestel
Chantélle Hartebeest
Dit is bykans ’n jaar sedert die vierjarige Starlin Heswick haar lewe tragies verloor het as gevolg van ’n roekelose motoris wat haar lewe kortgeknip en haar familie emosioneel geknou het.
Dit was ’n rustige Sondagmiddag toe Starlin op 8 September verlede jaar omstreeks 16:30 in Springbokstraat, Chicago, doodgery is.
Haar ma, Malony Juries, is in dieselfde voorval ook getref, maar het die ongeluk wonderbaarlik oorleef.
Juries het egter ernstige beserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.
Chantal Lamberts, ’n niggie van Juries en ook die familie se woordvoerder, het toe aan Paarl Post gesê dit was op Sondagmiddae ’n gewoonte van Juries en Starlin om na die krieket te gaan kyk wat in die Chicagowoonbuurt gespeel word. Na wat verneem word het die jongman wat die ongeluk veroorsaak het, die motor uitgetoets vir ’n werktuigkundige in Chicago en die remme van die motor was glo foutief.
“Malony en Starlin was op pad van waar hulle die krieket
gekyk het om die straat oor te steek. Hy het teen ’n geweldige spoed aangery gekom en Malony het probeer om haar dogtertjie te red. Sy het alles probeer om die kind uit die pad te stoot, maar met die probeerslag het Malony haar grip verloor en Starlin het in die lug getrek en op ’n vullishoop op die oop stuk veld langs Orleansvale Primêr beland ”
Klein Starlin is op die toneel dood verklaar. Paramedici kon daarin slaag om Juries, wat kopbeserings opgedoen het, op die toneel te stabiliseer en hospitaal toe te neem. Laydon Adams is kort ná die voorval van strafbare manslag aangekla, het kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oospolisie, vroeër bevestig
Die saak word tans in die Paarl-landdroshof verhoor.
Volgens Lamberts is die verhoor twee weke gelede weer uitgestel nadat nie een van die staatsgetuies opgedaag het nie.
“Dit was traumaties vir ons as ’n familie, want die ondersoekbeampte was ook afwesig. Slegs die man wie se Nissan op die dag van die ongeluk bestuur is, was in die hof, sowel as ’n polisiebeampte wat op die toneel was.
“In die hof het die aanklaer
Juries se naam geroep. Ons was almal verbaas en haar ma het vir die aanklaer gesê dat sy nie daardie dag in die hof kon wees nie. Ek het toe met die aanklaer gepraat en gevra of Malony gedagvaar is, en haar antwoord was: ‘Ek het maar net ’n kans gewaag’
“Wat die komende verhoor betref, is die Juries- en Heswick-families bekommerd oor die vertragings en moontlike regsdwaling aangesien geen getuies op die verhoordatum op 15 Julie 2025 teenwoordig was nie.
“Die saak is tot 6 November 2025 uitgestel. Ook sal dit op 8September een jaar wees sedert Starlin se ontydige dood, maar steeds geen afsluiting [vir die familie] nie.”
Lamberts voeg by dat Juries onder die omstandighede goed doen.
“Dis ’n reis van genesing en herstel. Haar lewe het vir altyd verander. As ’n wedergebore Christen is haar geloof in God haar troos en krag.”
Wellington-GPF bedank vennote
Die Wellington-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het sy dank en waardering namens die breër gemeenskap uitgespreek teenoor die Drakenstein-munisipaliteit se wetstoepassers, plaaslike veiligheidsmaatskappye en al die vennote vir die suksesvolle optrede wat Saterdag (26 Julie) in die Wellington- sentrale sakegebied uitgevoer is “Jul sigbare teenwoordigheid, spanwerk en toewyding maak werklik ’n verskil Ons sien reeds die positiewe uitwerking wat dit op veiligheid en gemeenskapsvertroue het Dankie vir jul volgehoue diens en beskerming van ons gemeenskap. Saam bou ons aan ’n veiliger Wellington,” het die GPF in ’n verklaring gesê
Die polisie het verlede week weer teruggekeer na die gebied waar die vermoorde 16-jarige Chanelle Plaatjies verlede maand in ’n vlak graf gevind is.
Die tienermeisie van Smartie Town in Paarl-Oos is laas op 14 Mei deur haar familie lewend gesien Haar ontbinde liggaam is op 2 Junie in ’n bebosde gebied agter die Allandale-gevangenis gevind. Keaton Johnson (19), Bradley Mamani (25) en Theodore Qatha (31) is sedertdien Chanelle Plaatjies
Voorts
Stuur briewe in
dis gratis
Ons hoor graag van jou!
Paarl Post nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storieidees met ons te deel. Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer, of weet van iets nuuswaardig wat in jou gemeenskap gebeur – ons hoor graag van jou! Stuur ’n WhatsApp na 066 484 3728 of stuur jou brief per e-pos na edit@ paarlpost.co.za Jou stem maak saak. Help ons om Paarl ingelig te hou.
We'd love to hear from you!
Paarl Post invites all our readers to share their thoughts, feedback and story ideas with us. Whether you have an opinion, want to comment on local issues, or know of something newsworthy in your community – we’d love to hear from you! Send us a WhatsApp on 066 484 3728 or email your letter to edit@paarlpost.co.za Your voice matters. Help us keep Paarl informed.
’n harde baas
Om hul poging te waardeer en die planmakery te begryp moet u weet watter soort mens in daai wêreld ’n lewe kan uitkerf ’n Boesmanlandse veeboer moet weet dat die natuur hom selde terwille sal wees. Die mens wat kans sien om daar te bly se mondering is in totaliteit heeltemal anders as die persoon wie se lewenstog agter ’n lessenaar en rekenaar is. Boesmanlandse boere het meer moed as verstand. Wat nie beteken hulle is dom nie Sonder meganiese aanleg, handvaardigheid, praktiese denke en onbeperkte kreatiwiteit is voortbestaan daar
boere dus soort van super-wesens. Twee van dié super-wesens, my broer en sy jong buurman, Adriaan, moes ’n ingewikkelde stuk masjinerie uitdink en bou. Met rekenaarhulp het my broer die nodige gedoen en Adriaan het die vereiste gedetailleerde beplanning gedoen in ’n Plan A en Plan B. Met die erns wat die saak verdien het hy Plan A verduidelik en gesê: “Oom, as Plan A nie werk nie dan gaan ons na Plan B toe ” My broer, die ene konsentrasie, wou nog instemmend knik toe Adriaan skielik sê: “Nee! Wag! As Plan A nie werk nie en ons moet na Plan B toe gaan, dan is Plan A
soos ’n Boesmanlander
mos ’n dingese plan.”
Die komiese in die filosofiese uitspraak het my broer so laat lag dat hulle ’n koffiepouse moes vat en Plan B is van die tafel gevee ’n Meesterstuk is gebou en Plan A gedoop Dié storie van Adriaan se Eureka-oomblik was vir my baie snaaks.
Nie lank daarna nie kry ek dit nodig met my groot siekwees toe die spesialis verduidelik dat ’n operasie die beste opsie vir my moontlike genesing is. Sê ek toe soos ons Kanadese vriend vir die dokter wat hom wou opereer: “Doctor, I am not going to leave this planet without all my body parts. No human hand is going to touch this beautiful body of mine Ná dokter se lekker lag teken ek die risiko-lys wat hom vrywaar van enige aanspreeklikheid sou ek uit die teater kom met net een been, ’n halwe voet of iets toegewerk wat oop moes wees of wat ook al afgesny of weggesny is.
Daarna verduidelik hy die operasieprosedure uiteengesit in ’n Plan A en Plan B. Sou Plan A nie werk wanneer my kosbare liggaam ontbloot en klaar oopgesny is nie gaan hy na Plan B toe Ek kon my ore nie glo nie! Met sy toestemming vertel ek hom in regte Boesmanlandse terminologie van Adriaan-hulle se plan-besigheid. Ek is seker geen dokter het al so gelag vir ’n siek pasiënt se teorie nie D-dag in die
teater verseker hy my dat hy vir Plan A gaan Kwalik uit my beswyming ná ’n vier uur lange operasie is hy langs my bed met: “Hester, Plan A het gewerk!” Wat ’n verligting en dankbaarheid. Behalwe vir ’n sny van seker ’n meter lank, is my liggaam ongeskonde en sit en skryf ek ná presies ses jaar as ’n lewende bewys van ’n goeie Plan A. My gesondheid is iets waaroor ek elke dag juig en ek kla oor niks. As jy gesond is, behoort jy die oorloë van hierdie lewe te veg. Nee, ek jok. Ek kla oor die ANC wat slegs beplan het om Suid-Afrika te kry met geen beplanning vir opbou, vooruitgang en instandhouding nie Ek kan nie anders as om agterdogtig te wees oor hul breinvermoë nie Dit kom voor asof dit net die verkeerde kan bedink? Of is klakkelose leuens, leë beloftes steel, verniel verkrag en vermoor van opposisie ’n geboortegeskenk van die verkeerde kant van die spirituele wêreld?
Ramaphosa en kohorte wonder hoekom die ANC in die Wes-Kaap verloor Dis maklik. In die Wes-Kaap is denkers en beplanners. Verder bestaan die ANC grotendeels uit misdadigers. Verwyder hulle dit, is daar geen ANC nie Dalk is dit op die lange duur voordelig vir Suid-Afrika dat sekere mense nie weet van ’n goeie Plan A nie?
- Hester de Kock
South Africa has its very first humanoid now
“I see a person who appears to be a woman. She is smiling; this can be perceived as pretty.”
That was the measured response from George, South Africa’s first locally-produced humanoid robot, designed by the Stellenbosch University (SU), when asked to describe a female staff member standing in front of him.
Developed by the Department of Electrical and Electronic Engineering in SU’s Faculty of Engineering, George is a cutting-edge research and teaching tool He can track movement, mimic gestures, and interact with objects in his environment.
“George, lift your left arm and give a thumbs-up,” instructs Dr William Duckitt, electrical and electronic engineering lecturer and head of the project. With the soft whirring of internal
mechanisms George’s left arm rises in a smooth, mechanical arc. His fingers curl into a fist and, after a brief pause, a clear thumbs-up emerges. “That’s not all,” Duckitt added with a grin. “George can also mimic movements he sees.”
One of the team members types a few lines of code on a nearby keyboard as Duckitt prepares to demonstrate. He stretches out his right arm. George mirrors the motion. The left arm follows Then Duckitt initiates a short routine, marching in place with swinging arms and rhythmic chest thumps. George replicates each motion with uncanny precision.
In between programming sprints and mechanical adjustments George and his creators have made several school visits, and even wowed young minds at SU’s Open Day earlier this year.
Drakenstein ready for AARTO
Rasaad Adams
Drakenstein Municipality this week said it has not been identified as one of the initial 69 municipalities selected for the rollout of the Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (AARTO) Act from October this year
The municipality, however, said that it will comply with the Act when the time comes, and that public awareness campaigns have already began across the municipality
This follows an announcement by the National Transport Department that October will be the new date for the national rollout of AARTO in 69 municipalities
The aim of the Act is not only to penalise with fines, but also to link behaviour directly to licence status, so that habitual offenders will face real consequences.
IOL reports that Transport Deputy Minister Mkhuleko Hlengwa during the department’s budget vote debate in Parliament last week said that while 69 municipalities will be ready to implement AARTO, 144 were not yet ready
“The AARTO system will be rolled out in different phases according to municipal readiness from October 1, 2025, for the 69 municipalities, which are ready for the rollout,” Hlengwa said.
“This is Phase 2 of the AARTO rollout programme, while Phase 3 will be rolled out on February 1, 2026, for the 144 municipalities that will only be ready then,” he added.
The AARTO Act was confirmed as constitutional by the apex court, and the department intends to use it to change the behaviour of motorists
The system is currently only operational in the Johannesburg and Tshwane
one of the first 69 identified to implement the system from October, it plans to abide by the Act when the time comes
“I can confirm that AARTO is national legislation, and that Drakenstein Traffic Services remain fully committed to compliance.
“The Act aims to promote safer roads by encouraging better driver behaviour and stricter adherence to traffic laws
“Violators will face clear consequences for unlawful transgressions
“Ahead of the implementation date, a comprehensive media and public awareness campaign will be launched. In addition, Drakenstein Traffic Services have already begun sensitising the public through outreach programmes in shopping centres, taxi ranks, factories, schools and other key locations
“Importantly, Drakenstein is one of the few municipalities in the Western Cape with an AARTO service outlet, located at our Traffic Services offices in Berg River Boulevard, Paarl. This provides an accessible platform for residents to make AARTO-related enquiries and to better understand the new processes,” Cornelissen said
In explaining the Act, IOL reports that every motorist begins with zero demerit points on their driving licence, with different demerit points prescribed for various offences.
If a total of 15 points is exceeded, the licence will be suspended for three months for each point over this threshold These rules also apply to vehicle operator cards.
More than two suspensions will lead to the licence being cancelled altogether, and the driver will then need to redo the entire licensing process, starting with a learner’s licence
Die groot dag is byna hier – aanstaande Saterdag (2Augustus) sal die rugbywêreld se oë weer eens op die Paarl gevestig wees wanneer die Hoërskool Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl mekaar oudergewoonte in die grootste skolerugbywedstryd ter wêreld trotseer.
Met albei Paarlse reuse wat sulke oortuigende vorm toon, beloof Saterdag se Interskole-derby in die Faurestraatstadion om ’n rugbyskouspel uit die boonste rakke te wees. Daarbenewens is Gim in die nommer-een-posisie op die nasionale skolerugbyranglys, en Boishaai
’n kortkop agter in die tweede plek. Die tradisionele kragmeting lok jaarliks duisende toeskouers en word wêreldwyd as die toppunt van skolerugby beskou.
Die hoofwedstryd skop om 16:00 af en word regstreeks uitgesaai op DSTV kanaal 216.
Volg die skakel na die volledige Interskole e-boekie: https://paarlpost.co.za/ laai-af-die-volledige-paarl-interskole-2025program/
•Paarl Post maak met trots die finale 23-tal vir Saterdag se hoogs opwindende interskole-stryd bekend:
Jordan Jooste Johan Kleynhans Louis Koen
Markus Muller (k) Mickyle Booise Migael Turner Nicolaz Burden
Christiaan Burger Pieta Cilliers Quintin Potgieter Thomas Saunders Adriaan van der Lingen
Dawid Badenhorst
Dirk Hugo
Divan Pieters Ethan Barker
Liam de Villiers Francois van der Merwe Kaleb Holmes Iwan Jordaan
Hendré van der Westhuizen
Hendré van Zyl
Tommy Muller Juan van der Merwe Gershom Pieters
Jayden Joubert Wege van Zyl Kobus Wilken Steph van der Merwe (k)
Tristan Joubert
Jeneall Davids Mark Grindlay Christiaan Grundling Bernhard du Toit Cruz Davey
Matthys Laubscher
Gavie Kok Joshua le Roux Leighton Brinkhuis
Cole Moultrie
Jean Dreyer
Regstelling
In ’n artikel getiteld “Parkeerterrein in Paarl te koop”, wat op 10 Julie op bladsy 6 verskyn het, is Derrick America verkeerdelik as ’n ANC-raadslid geïdentifiseer. America is ’n raadslid van die DA en die burgemeesterskomiteelid verantwoordelik vir korporatiewe dienste in die Drakenstein-munisipaliteit. Sy naam is ook in die artikel as “Dereck” in plaas van Derrick verkeerd gespel. Die berig verwar ook twee verskillende transaksies ten opsige van die verkoop van munisipale eiendomme, naamlik die verkoop van die grond oorkant die Paarl-polisiekantoor en die landdroshof en die vervreemding van erf 39379 in Donkervlietstraat in die Daljosaphat-nywerheidsgebied, Paarl, teen ’n markverwante verkoopprys van R2033875 aan Dangold South Africa (Edms.) Bpk., wat in Junie op ’n raadsvergadering deur die munisipale raad goedgekeur is, verkoop Dis korrek dat die parkeerterrein oorkant die Paarl-polisiekantoor en die landdroshof verkoop gaan word, maar nie dat dit R20 miljoen, soos berig, werd is nie.
Paarl Post vra verskoning vir hierdie misverstand.
Brandweer kry nuwe wiele
Rasaad Adams
Paarl Post is verlede week deur die Drakenstein-munisipaliteit genooi om in sy splinternuwe en moderne brandweerwa ’n draai te ry. Die voertuig is onlangs aangeskaf nadat een van die branddienste se hoofwaens brandweerwaens in Maart vanjaar ná ’n ongeluk in die Paarl se Bergrivier Boulevard afgeskryf is.
Dissipline, professionaliteit en stiptelikheid is van die woorde wat gebruik kan word om die Paarlse brandweer se bedrywighede te beskryf.
Die koerant is op ’n eerstehandse toer van die stasie se geriewe, beheerkamer en argiefkamer geneem en ons kon ook met van die brandbestryders aan diens gesels
’n Oproep oor ’n brand in die Paarl het tydens die koerant se besoek ingekom. Die nuwe brandweerwa met sy bemanning – met hul brandpakke aan – het die stasie binne minder as ’n minuut verlaat.
Die koerant is meegedeel dit word van die branddienste vereis om binne drie minute nadat ’n oproep ontvang is, van
Die nuwe brandweerwa het ses toerustingskompartemente met verskeie brandbestrydingstoerusting, asook selfstandige asemtoestelle (SCBA) wat in die agterkajuit gemonteer is Dit is ook toegerus met kameras, wat ’n regstreekse beeld gee terwyl die voertuig ry.
Die nuwe brandweerwa het ook vier herlaai-toestelle vir die brandbestryders se flitsligte.
Die voertuig is ook toegerus met ’n
ADVERTENSIEARTIKEL
Heini Smit neem stuur
oor by Simonsvlei
Simonsvlei, dié wynjuweel langs die R101, het pas hul nuwe hoof uitvoerende beampte, Heini Smit, verwelkom Hy’s vasbeslote om die handelsmerk behoorlik te laat klop op beide plaaslike én internasionale wynverhoë.
Droom groot
Hiérdie restaurant en wynprodusent het die afgelope paar jaar verskeie opgraderings ondergaan onder die eienaarskap van Igor Pinto Dit sluit onder meer die toevoeging van die KCBbierbrouery en bistro in, asook 'n fynproewersrestaurant genaamd ONS Volgens Smit word daar ook binnekort n Portugese restaurant geopen
Daar is ook 'n proelokaal waar Simonsvlei se wyne, asook hul brandewyn, gekoop kan word.
Die perseel word ook gereeld gebruik vir konserte, en bekende name insluitend Karen Zoid, Elvis Blue, Zaan Sonnekus, Droomsindroom, Juan Boucher en Spoegwolf Die première van die komedie, #LoveMySelfie, was ook hier bekendgestel
Inklusiewe bestuurstyl
Smit, wat vir sowat 21 jaar verskeie poste by Boland Kelder beklee het en onlangs as hoof uitvoerende beampte van dié handelsmerk gedien het, sê hy was gereed vir ’ n nuwe uitdaging – om Simonsvlei tot sy volle glorie te laat herleef
Volgens hom was Simonsvlei vir jare n betroubare en gevestigde handelsmerk binne en buite die landsgrense, maar het tydens die Covid-19-pandemie finansiële druk ervaar en uiteindelik in skuld verval
Die handelsmerk is daarna deur Pinto aangekoop Smit is toe aangestel om die handelsmerk te herposisioneer en weer op
te bou
"Ek lewe vir uitdagings," het Smit gesê, en verduidelik dat hy opgewonde is oor die vooruitsig om die besigheid te groei.
Vir Smit begin sukses by die mense agter die skerms.
En sy plan om dié uitdaging die hoof te bied is om te verseker dat die personeel gelukkig gemotiveerd en gewaardeerd voel
Hy volg ’ n bestuursstyl wat hom eerder in die agtergrond plaas - iemand wat nie op soek is na die kollig of krediet nie, maar eerder erkenning gee aan dié op die voorgrond.
“Ek wil hê mense moet voel hulle wíl hier wees, en dat hulle hier hoort,” sê hy Sy oortuiging is eenvoudig: wanneer personeel floreer, floreer die besigheid saam
Die Drakenstein-munisipaliteit het onlangs ’n nuwe brandweerwa ter waarde van R9,2miljoen gekoop Foto s: Rasaad Adams
Die binnekant van die nuwe brandweerwa Links
Heini Smit, Simonsvlei se nuwe hoof uitvoerende beampte. Foto: Jana Scheepers
NG kerk Wellington vier 185 jaar
Jana Scheepers
Die Wellington-Moederkerk, wat reeds sedert die 1800’s soos ’n ikoon in die dorp staan, het die afgelope Saterdag (26 Julie) haar 185ste bestaansjaar gevier.
Hierdie Nederduitste Gerevormeerde (NG) kerk is in 1840 as susterskerk van die Paarlse Strooidakkerk gestig en het sedert die gemeente se totstandkoming geslagte gelowiges verwelkom.
’NKERKVIRWAMAKERSVALLEI
Volgens ds. Dawie Theron, ’n tentmaker van dié gemeente, het twee inwoners van die omgewing, Johan de Villiers en Johannes Marais, ’n amptelike versoek aan die NG gemeente Noorder-Paarl gerig om ’n kerkgebou in die Wamakers- vallei op te rig. Dié versoek is egter afgekeur met die motivering dat ’n afsonderlike gemeente in Wellington nie lewensvatbaar sou wees nie.
Die versoek is in November 1837 hernu – hierdie keer met groter dringendheid weens lidmate wat gesukkel het om in die wintermaande die Bergrivier vir kerkdienste oor te steek.
Die aansoek is onder die leiding van dr. John Addey weer ingedien – dié keer met sukses ten spyte van hewige teenkanting van ds. GWA van der Lingen van die NG gemeente Noorder-Paarl, wat vandag as die Toringkerk bekendstaan “Ná 108 vergaderings en met 500 lidmate as begin is die kerkgebou en gemeentestigting op 27 Julie 1840 gevier,” vertel Theron, wat passievol oor die kerk se geskiedenis is.
KERKKLOKLUIVIRVERKOPEOPMARKPLEIN
Die eerste aanbouing aan die Moeder-
kerk het die grondslag gelê vir wat vandag as die skipgedeelte bekendstaan, met die ikoniese kerkklok as die middelpunt. In die vroeë jare het dié klok selfs as ’n bron van inkomste gedien – boere wat hul produkte na die aangrensende markplein gebring het, kon dit gedurende die week laat lui teen ’n fooi van ’n sikspens, vertel Theron. Een van die mees omstrede aangeleenthede in die vroeë geskiedenis van die kerk was die toekenning van sitplekke.
Ná ses vergaderings het die kerkraad uiteindelik ’n amptelike “stoelreglement” aanvaar, met streng bepalings oor hoe sitplekke toegeken en gebruik moes word. Aanvanklik is 144 stoele gekoop, wat deur kerkraadslede teen £6.80 per dosyn gefinansier is, volgens Theron “Lidmate moes destyds jaarliks betaal om ’n stoel te besit – hoe nader aan die preekstoel, hoe hoër die koste. Die jaarlikse fooi van vyf sjielings moes voor 5 Januarie betaal word om die plek vir
die nuwe jaar te verseker Weens die hoë aanvraag het ’n waglys ontstaan, en sonder betaling is die plek eenvoudig aan iemand anders toegeken.”
Dié proses is as ’n vorm van dankoffer beskou, aangesien tradisionele bankkollektes en kontantofferandes nog nie deel van eredienste was nie.
Die laaste stoele is eers in 1928 verwyder en met die banke wat vandag nog in die kerk gebruik word, vervang.
GEESTELIKEHERLEWINGS
Gedurende die 19de eeu het die NG kerk Wellington verskeie belangrike strukturele en funksionele veranderings ondergaan, wat nie net die groei van die gemeente weerspieël het nie, maar ook die kerk se rol as geestelike en gemeenskapsentrum versterk het, verduidelik Theron
In 1841 is die konsistorie vergroot en dr. Kriegler het ’n skenking vir ’n teksaanhaling, wat vandag steeds bokant die preekstoel pryk, gegee
Die twee syvleuels van die kerk is in 1861 aangebou – hoofsaaklik as gevolg van die geestelike herlewing van die 1860’s en die skerp toename in lidmate, wat die 1000-kerf oorskry het.
Galerye is in 1874 by die syvleuels saam met voorportale by al drie hoofingange van die kerkgebou aangebring.
Die kerktoring is eers in 1891 opgerig en het later ’n prominente visuele baken in die dorp geword.
Die kerkorrel is in 1893 herbou om aan die groeiende behoeftes van die gemeente te voldoen
Die oorspronklike preekstoel is in 1895 met die huidige een vervang, sodat albei predikante tydens eredienste gesien kon word. Hierdie gebruik is egter in 1962 gestaak.
Wellington se ikoniese Moederkerk, ’n Nederduitse Gerevormeerde (NG) kerk in Hoofstraat.
Rotary
Pierre Botha (centre) was recently inducted as the new president of Paarl Rotary With him are his wife, Chantel (right), and Drakenstein town councillor Rita Andreas (left), a guest of honour at the presidential induction dinner
Drakenstein
at Paarl Hospital.
Prayers offered for rugby teams
In the run-up to the annual derby between Klein Nederburg Secondary (KN) and New Orleans Secondary (NOSS) a church service took place on Sunday (27 July) at the United Reformed Church (URC) Huguenot
The service was conducted by Rev Michael Wildeman The derby kicks off next week with the main rugby game (o-19A) being played on 9 August at Faure Stadium At the back are Aurlin Thomas (vice captain of KN o-19A rugby in the absence of captain Maahir Slamdien) and Valentino Williams (captain of NOSS o-19A rugby) In front are Terence Kulsen (acting principal at KN), Rev Michael Wildeman, and Carlyn Oppelt (acting principal at New Orleans)
Bergrivier-skoonhede gekroon
Die skoonheidskompetisie Mnr en Mej Bergrivier Sekondêr 2025 is die afgelope Vrydag (25 Julie) gehou. Die deelnemers het almal gaande gehad.
Music educators educated by Aussies
At the beginning of the July school holidays, a group of Frank Pietersen Music Centre educators as well as educators from other schools in and around Paarl attended the eight-day International Kodaly Music Course. This course was presented by lecturers of the Cuskelly College of Music in Australia and was endorsed by the Western Cape Department of Education and the South African Kodaly society This course took place at Hugo Lambrechts Music Centre in Parow Although the course was hard work, the participants all felt a marvellous sense of achievement when the certificates of participation were awarded at the final concert Here are some of the teachers from Paarl schools At the back are Unathi Mahlalela (FPMC), Amalia Reyneke (FPMC), Hannah Swanepoel (Private), Elizma Byleveld (GHS), Ursa Major (GHS), and Sonnika Venter (Private) In front are Adele Newman (FPMC), Carolyn Adams (FPMC), Inge Wittenberg (FPMC), Leandri Louw (FPMC), Anja van der Westhuizen (GHS), and Elizanne van Straaten (Laerskool Drakenstein).
Young musicians in life-changing experience
Fifteen FPMC learners took part in the Stellenbosch Chamber Music Festival from 4-13 July For this ten-day festival, participants are sorted into the Symphony Orchestra and the Concert Orchestra as well as the Saxophone Ensemble They are also placed into chamber groups with participants of the same level from all over the country The chamber groups are coached by members of the faculty that consist of international instrumental specialists from all over the world Every group also has an opportunity to perform together Every morning the two orchestras practise each under a world-renowned conductor. Every evening participants are treated to concerts performed by the faculty, and the two student orchestras performed in the last three days This is a life-changing experience for the learners, and we are grateful for this opportunity At the back are Jason Claassen (Trumpet) and Daneeco Africa (Trumpet). In the second row from the back are Caleb Dlamini (Percussion), Sadé Theunissen (Violin), Somila Magalakangqa (Clarinet) and Kaylin Arendse (Oboe) In the second row from the front are Hannah Purchase (Percussion), Matthew Lamprecht (Violin), Oliver Sales (Saxophone), and Keagan Kearns (clarinet) In front are Lea Prinsloo, Nazlee Hessie (Flute), Charnlin-Angel Baron (Trombone), Chervaundé Adonis (Oboe) and Amy Fredericks (trumpet).
Heywin en sy span die wenners
Heywin Danse van Paarlzicht
Primêr het in die Junie- vakansie sy skool- en die Boland-span by die o 13-Craven/ Akademieweek in Oos-Londen verteenwoordig Heywin en sy span is ná ’n naelbytwedstryd teen WP (23-14) as kampioene van die Akademieweek gekroon
Jazzteater by Die Boer
Dean Balie se Afrikaanse Jazz-teaterstuk, Een Vir My Baby, is aanstaande Woensdag 6 en Donderdag 7 Augustus by Die Boer-teater in Durbanville op die planke.
André Terblanché, van die Paarl, en Karli Heine wat al albei in verskeie teaterproduksies en TV-reekse naam gemaak het, vertolk onderskeidelik die rolle van die ouskoolse speurder Jan Brand en die jazzsangeres Alia Vry Brand moet Vry ondervra nadat haar man, Henkie Uiwe, vermoor is, maar een drankie word gou ’n paar en een liedjie vinnig drie. In hierdie maltrap-verhoog-avontuur kry klassieke jazztreffers ’n nuwe baadjie en word stories blitsig gespin in ’n kroegie met meer as net grondboontjies en goedkoop whisky. Terblanché sê: “Alia Vry is hierdie tipiese Femme Fatalsoort karakter, maar sy is slim. Hoewel Jan die vrae vra en die ondersoekende beampte en slim
speurder is, kan sy hom elke nou en dan nogal goed uitoorlê.”
Die Suidoosterfees 21-produksie, ontwikkel deur die Toyota Stellenbosch Woordfees met regie en teks deur Dean Balie, beloof om die gehoor saam op ’n ontdek-
kingsreis te neem
Kaartjies kos R200 elk en kan op Die Boer se webtuiste bespreek word of deur Die Boer te skakel Kom vroeg en eet iets! Of trek aan in die styl as jy deel wil wees van die atmosfeer.
Vlooi en vriende in die Kunstekaap
Vlooi is terug op die planke, maar hierdie keer groter en beter as die afgelope 24 jaar.
Musiekaand vir skool
JanaScheepers
Musiekliefhebbers kan uitsien na ’n onvergeetlike aand by die Kronenburg-landgoed net buite die Paarl, waar bekroonde musikante soos Sunset Sweatshop op Sondag 26 Oktober ten bate van die Boland Skool vir Outisme op die verhoog is Dié spesiale konsert is die inisiatief van Liezel van Niekerk, ’n ouer van ’n negejarige seuntjie met outisme, wat graag iets betekenisvols vir die skool wou doen
Volgens Van Niekerk het sy voorheen reeds twee danse as geldinsamelingsprojekte vir die skool gereël en vanjaar besluit om iets anders aan te pak
“Die Boland- Skool vir Outisme is ’n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk, wat ten volle afhanklik is van skenkings en geldinsamelings
om kinders op die outismespektrum die ondersteuning en hulpmiddels te bied wat hulle nodig het,” verduidelik sy Die konsert beloof om nie net harte te roer nie, maar ook voete te laat dans Sunset Sweatshop, Klawer, Johan Roos en die top-12-finaliste van die Global Spotlight Talent Search sal almal optree Sommige van die kunstenaars het onderneem om ’n deel van hul inkomste aan die skool te skenk, terwyl ander hul hele fooi as bydrae aanbied – ’n bewys van hul steun aan dié saak
Kaartjies kos tot vandag (31Julie) R200, waarna dit na R250 sal verhoog Besoekers kan hul eie piekniekmandjies inpak en die aand saam onder die sterre geniet, met drankies wat op die perseel te koop sal wees
Die musiekgroep Sunset Sweatshop. Foto: Sunset Sweatshop/ Facebook
Karli Heine en André Terblancé vertolk die rolle van die Jazzsanger Alia Vry en die speurder Jan Brand in Een Vir My Baby, wat op 6 en 7 Augustus by Die Boer in Durbanville op die planke is
Rolbal bly nie uit
Oudleerders en ondersteuners van Gimnasium en Boishaai speel sedert 1994 ’n jaarlikse “interskole” by die Paarl-rolbalklub in aanloop tot en ter ondersteuning van die skolekragmeting hierdie naweek tussen dié twee vooraanstaande rugbyskole Die rolbalspan van Boishaai het die afgelope Saterdag die bordjies verhang en as wenners van die veld af gestap
Die trotse Boishaai-kaptein, dr Carel Stander (regs), ontvang die skild by die Gimmie-kaptein, Jurie Wessels
‘Springbok-vrouespan wen 2de helfte teen Black Ferns’
DavidRossouw
Die Springbokvroue het Saterdag by die Athlone-stadion met ’n geesdriftige vertoning teen Nieu-Seeland se Black Ferns XV hul voorbereiding vir die Rugbywêreldbeker in Engeland voortgesit. Al was Suid-Afrika met 20-12 teen rustyd agter en al het die SA vroue uiteindelik 34-26 verloor, het hulle in die tweede helfte meer punte aangeteken en ’n teken van groei, karakter en taktiese volwassenheid gewys.
Die afrigter, Swys de Bruin, het die spelers se geesdrif geloof en dit as ’n deurslaggewende faktor in hul tweede-helfte-herlewing beskryf Volgens hom het die span nie net gewys hulle kan fisiek teen ’n wêreldklasteenstander meeding nie, maar die geestelike vermoë het om onder druk te groei en hul spel te verbeter
“Ek het groot waardering vir die houding waarmee die spelers die tweede helfte aangepak het Hulle het nie ná ’n moeilike eerste helfte teruggestaan nie, maar eerder gekies om aan te val, vasberade te speel en te wys waarvoor Bok-rugby staan – moed, aanpassingsvermoë en ’n wil om te wen,” het De Bruin gesê
Hy het verder beklemtoon dat sulke wedstryde belangrik is vir die span se ontwikkeling en dat elke wedstryd se leergeleentheid tot die groter prentjie van wêreldbekervoorbereiding bydra
“Ons het dalk op die gebied van die telling verloor, maar het die tweede helfte gewen – en dit wys ons potensiaal ”
Die Black Ferns het vroeg momentum
gekry en twee vinnige drieë en ’n onderskepdrie in die 25ste minuut gedruk
Suid-Afrika het met kragtige spel voor gereageer, ’n strafskop afgedwing en hul tweede drie met ’n rolmaal afgesluit, wat die telling op 15-12 gebring het Ná twee geelkaarte teen die Bokke en konstante druk het Nieu-Seeland sy vierde drie behaal en rustyd 20-12 voorgeloop
Die besoekers het ná rustyd voortgebou en vinnig nog twee drieë gedruk, waarvan een onder die pale ná ’n mislukte inskop deur SA, wat die telling tot 34-12 gerek het
Die Bokke het egter nie opgegee nie ’n Rolmaalbeweging het tot ’n derde drie gelei en later het vars energie van die bank af ’n verskil gemaak ’n Vierde poging ná strafskoppe en ’n lynstaan is aanvanklik as ’n drie gegee, maar ná die TMO-oorsig weens obstruksie is dit ongeldig verklaar
Die Bokke het in die laaste minute weer ’n drie gedruk en die telling tot 34-26 verminder, maar kon nie die agt-punte-verskil uitwis nie
“Ons het besluit om meer direk en fisiek te speel – en dit het gewerk Ons was naby om die uitslag om te keer en ek is baie trots op die groep Hierdie wedstryd was deel van ons leerproses voor die Wêreldbeker,” het De Bruin die taktiese verskuiwing verduidelik
Ondanks verdedigingsprobleme in die eerste helfte het die vroue-Bokke in die tweede helfte meer kompak en met doelgerigte spel vorendag gekom. “Die wedstryd het hoopvolle tekens vir die toekoms gelewer en ’n span wat bereid is om vir mekaar te veg,” het De Bruin gesê
Titaniese stryd kom ’n lang pad
Paarl – geleë tussen die Kaapse Wynland en die berg – is dalk beroemd vir sy wingerde, maar onder die wakende oë van Paarlberg se reuse-granietrotse lê Suid-Afrika se mees legendariese rugbystryd – die jaarlikse botsing tussen die Hoër Jongenskool Paarl en Paarl Gimnasium. Dit het gegroei tot wat baie as die grootste skoolseunrugbywedstryd ter wêreld beskou en gereeld skares van meer as 25000 passievolle ondersteuners lok.
Die Hoër Jongenskool Paarl (“Boishaai”), wat in 1868 gestig is, is een van Suid-Afrika se oudste en mees gerespekteerde instellings. Hierdie tradisionele koshuis-skool – omring deur eikebome en Victoriaanse argitektuur –het geslagte lank rugby-bekendes grootgemaak, insluitend Springbokke soos Corné Krige, Carel du Plessis en Mannetjies Roux.
Hul aartsvyande, Paarl Gimnasium (“Gimmies”), wat in 1858 gestig is, is ’n bekende rugbyfabriek wat bekendes soos die Burger-brigade (Schalk sr en jr.), Kobus Wiese, Jan Pickard, Jean de Villiers en Handré Pollard voortgebring het. Onlangse roem en 2025-voorbereiding: In verlede jaar se Interskole het Gimmies met ’n oortuigende 30-8-oorwinning, oorheers met Quintin Potgieter wat as Speler van die wedstryd aangewys is. Paarl Boishaai het net een laat drie deur die slot Jayden Joubert gedruk, wat hulle honger gelaat het vir wraak.
Met die oog op 2025 het die momentum dramaties verskuif Gim is onoorwonne op nr.1 op die nasionale skolerugby-ranglys, wat onvergeetlike oorwinnings insluit – soos ’n 47-20- verpletterende nederlaag van die voorheen onoorwonne Hoërskool Durban en ’n merkwaardige 92-punt-telling teen HTS Drostdy. Gim se ster en kaptein, Markus Müller, is onstuitbaar en het hierdie seisoen al meer as 20 drieë gedruk. Intussen het Boishaai ’n goeie 2025-veldtog gehad. Ná ses oorwinnings het hulle onverwagte nederlae teen Wynberg, Paul Roos en Affies gely, maar sedertdien met deurslaggewende oorwinnings momentum herwin Hul vinnige agterlinie en mobiele losvoorspelers bied hoop om die vormspan van Suid-Afrikaanse skoolseun-rugby te versteur
Die uiteindelike toets Wanneer hierdie titane op 3Augustus in die Faurestraat-stadion teen mekaar te staan kom, sal meer as spogregte op die spel wees. Albei skole het meer as 40 Springbokke tussen hulle opgelewer, wat hierdie botsing ’n vertoonvenster van toekomstige internasionale talent maak. Die tradisies bly heilig: Boishaai se “Big Brag”-seremonie, waar die 1ste XVspelers hul kleure ontvang, Gimmies se keuse van die “Sjampanjemeisie” en die week lange opbou wat die hele dorp in geel-en-groen- of blou-en-wit-kampe verdeel
Hierdie byeenkoms verteenwoordig
die toppunt van skoolseun-rugby al vir 110 jaar. In 2025, met Gimmies wat hul oorheersing wil verseël en met Boishaai desperaat om hul trots terug te wen, kan nog ’n hoofstuk waardig van hierdie legendariese wedywering verwag word. Soos die ou rugby-spreekwoord lui: Vorm is tydelik, maar klas is permanent. Wanneer hierdie twee maghebbers bots, kan enigiets in 80 minute suiwer SuidAfrikaanse rugby-towerkuns gebeur
Interskole: Dawid Kellerman van Paarl Gimnasium duik in ’n vorige interskole-kragmeting deur die Hoër Jongenskool Paarl se verdediging in die o.19A-wedstryd. Foto: Jaco Marais
Macaela Sambooya van Malmesbury, ’n vleuel van die Springbok-vrouespan, probeer die bal by ’n Black Fern-speler afneem